document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
77 | 10020113551001.txt | 3,078 | Vryheid is inderdaad 'n swaard wat na twee kante sny. Maar: Ek weet dat omdat u wat aan hierdie kompetisie deelgeneem het, u reeds u verantwoordelikhede vierkantig in die oë gekyk het. |
77 | 10020113551001.txt | 3,079 | U weet dat om voorentoe in die lewe te vorder harde werk en toewyding verg. Dit verg 'n gevoel van trots en eienaarskap op jou werk. |
77 | 10020113551001.txt | 3,080 | Ek wil vir u sê dat elkeen van u wat vannaand hier is, is 'n wenner. As Minister van Landbou is ek trots op u. Ons benodig u toewyding en vaardighede in die Wes-Kaap se landbou sektor. |
77 | 10020113551001.txt | 3,081 | My Departement op Elsenburg staan gereed met 'n verskeidenheid van kursusse wat spesiaal gemik is op plaaswerkers. Ons staan ook reg vir u kinders wat skool suksesvol klaargemaak het. As u kinders het wat sterk in wiskunde en wetenskap is, sal ons beurse gee vir hul studies in landbou rigtings, en ek waarborg ook vannaand vir hulle werk in my Departement. Ons soek dringend veeartse, landbou-ingenieurs en ekonome. |
77 | 10020113551001.txt | 3,082 | As hierdie tipe werke vir u vreemd of "te hoog" klink, wil ek hê u moet weer dink. Onthou wat ek vroeër gesê het oor die Oop Geleentheid Samelewing. U kinders kan universiteit of kollege toe gaan (dit is die geleentheid), maar dan moet hulle eers hard werk op skool (die verantwoordelikheid). U kan hulle help om hoogtes te bereik waarvan u nog net gedroom het, maar dan moet u as ouers die huislike omstandighede skep waar dit vir hulle moontlik is. |
77 | 10020113551001.txt | 3,083 | Die Oop Geleentheid Samelewing daag u uit om daardie vlammetjie wat binne jou bors brand, wat vir jou sê: "Ek kan beter doen", om daai vlammetjie toe te laat om na jou kop te gaan. En dan moet u begin glo dat u daadwerklik "beter kan doen". Dit is hoe 'n mens vorder van algemene werker tot 'n toesighouer tot 'n assistant-bestuurder tot bestuurder en met bietjie geluk aan jou kant, tot 'n trotse boer van jou eie plaas. |
77 | 10020113551001.txt | 3,084 | Ek sluit af deur vir u aantemoedig: Werk hard, droom groot, aanvaar u verantwoordelikhede, en die toekoms behoort aan u. |
78 | 10022610151003.txt | 3,086 | Ons is baie bly om hierdie spesiale aand saam met u te kan deel. |
78 | 10022610151003.txt | 3,087 | Ek staan vanaand hier voor u, 20 jaar nadat President Nelson Rolihlahla Mandela as 'n vry man uit die gevangenis gestap het. |
78 | 10022610151003.txt | 3,088 | Ons het juis hierdie dag gekies om hierdie Gesamentlike Sitting van die Parlement byeen te roep om die Staatsrede te lewer en sodoende 'n waterskeidingsoomblik wat ons land se geskiedenis vir ewig verander het, te gedenk. |
78 | 10022610151003.txt | 3,089 | Madiba se vrylating was die uitkoms van Suid-Afrikaners se onvermoeide stryd. Voormalige politieke gevangenes en veterane wat hier saam met ons is, was deel van daardie proses en kan getuig daarvan. |
78 | 10022610151003.txt | 3,090 | U sal natuurlik onthou dat die massas in hierdie land, in hul onderskeie formasies, met vasberadenheid gereageer het op die oproep om die land onregeerbaar en apartheid onwerkbaar te maak. |
78 | 10022610151003.txt | 3,091 | Ons vier hierdie dag saam met voormalige politieke gevangenes wat ons spesiaal uitgenooi het om hier by ons aan te sluit. |
78 | 10022610151003.txt | 3,092 | Dit is ook ons voorreg om die regspan van die Rivonia Hoogverraadverhoor - Lord Joel Joffe, wat tans in Londen gebaseer is, en Regter Arthur Chaskalson hier by ons te hê. |
78 | 10022610151003.txt | 3,093 | Hy was onder andere ook 'n lid van die Rivonia-regspan. |
78 | 10022610151003.txt | 3,094 | Ons bedank graag ons vriende en comrades in die internasionale gemeenskap vir hul stryd saam met ons om ons vryheid te wen. |
78 | 10022610151003.txt | 3,095 | n Spesiale woord van welkom aan die Madiba-familie. |
78 | 10022610151003.txt | 3,096 | Hulle is 'n simbool van die opofferings wat baie moes maak wat soveel weens apartheid moes trotseer. |
78 | 10022610151003.txt | 3,097 | Ons groet die leiers van die regerende party en sy Alliansie-vennote, vir wie hierdie 'n besonder spesiale geleentheid is. |
78 | 10022610151003.txt | 3,098 | Op hierdie spesiale dag moet ons ook die bydrae erken van diegene in die leierskorps van die Nasionale Party, wat uiteindelik besef het dat apartheid geen toekoms sou hê nie. |
78 | 10022610151003.txt | 3,099 | Laat ek spesifiek die rol van voormalige President PW Botha hier noem. |
78 | 10022610151003.txt | 3,100 | Dit was hy wat die bal aan die rol gesit het met gesprekke oor die moontlike vrylating van politieke gevangenes. |
78 | 10022610151003.txt | 3,101 | Hulle het 'n sleutelrol gespeel in die proses wat tot Madiba se vrylating gelei het. |
78 | 10022610151003.txt | 3,102 | Suid-Afrika moet nog ten volle erkenning gee aan die deurslaggewende rol van die voormalige President van die ANC, Comrade Oliver Tambo, wat die grondslag gelê het vir hierdie land om 'n uitmuntende voorbeeld van demokrasie en vryheid te word. |
78 | 10022610151003.txt | 3,103 | Dit is te danke aan sy uitstaande leierskap, versiendheid en duidelike visie dat hy die ANC kon lei om die strewe na 'n onderhandelde skikking te verskerp. |
78 | 10022610151003.txt | 3,104 | Sy wysheid het ook duidelik geblyk uit die Harare Deklarasie, wat hy geskryf en onvermoeid bepleit het. |
78 | 10022610151003.txt | 3,105 | Hierdeur is die basis gelê vir die historiese aankondigings wat President FW de Klerk 20 jaar gelede gemaak het. |
78 | 10022610151003.txt | 3,106 | President de Klerk het hierdeur groot moed en besliste leierskap aan die dag gelê. |
78 | 10022610151003.txt | 3,107 | Op hierdie groot dag wil ek ook die rol van wyle me Helen Suzman uitlig. |
78 | 10022610151003.txt | 3,108 | Sy was baie lank die enigste stem in die Parlement wat haar onverpoosd vir verandering beywer het. |
78 | 10022610151003.txt | 3,109 | Ons erken ook die rol van die leier van die Inkatha Vryheidsparty, Inkosi Mangosuthu Buthelezi, wat Madiba se vrylating geëis het, asook die vrylating van ander politieke gevangenes en die terugkeer van uitgewekenes. |
78 | 10022610151003.txt | 3,110 | Ons herbevestig ons innige dankbaarheid teenoor die internasionale gemeenskap vir hul onwrikbare steun vir ons stryd. |
78 | 10022610151003.txt | 3,111 | Hierdie oomblikke in ons geskiedenis demonstreer ons vermoë om saam te werk, selfs onder moeilike omstandighede, en om die land se belange bo alle ander oorwegings te stel. |
78 | 10022610151003.txt | 3,112 | Deur saam te werk, kan ons meer bereik. |
78 | 10022610151003.txt | 3,113 | Gedurende die loop van hierdie jaar sal ons die eeufeesviering van die stigting van die Unie van Suid-Afrika vier, wat in 1910 tot stand gekom het. |
78 | 10022610151003.txt | 3,114 | Dit het tot 'n verenigde staat gelei. |
78 | 10022610151003.txt | 3,115 | Van besondere belang is dat die uitsluiting van swart mense van hierdie Unie een van die hoofredes was vir die stigting van die African National Congress in 1912. |
78 | 10022610151003.txt | 3,116 | Wanneer ons later vanjaar hierdie eeufees vier, moet ons besin oor hoe ver ons reeds as 'n land gekom het. |
78 | 10022610151003.txt | 3,117 | Ek staan voor julle, nie as 'n profeet nie, maar as 'n nederige dienaar van julle, die mense. |
78 | 10022610151003.txt | 3,118 | Julle onvermoeide en heldhaftige opofferings het dit vir my moontlik gemaak om vandag hier te wees. |
78 | 10022610151003.txt | 3,119 | Daarom plaas ek die oorblywende jare van my lewe in julle hande. |
78 | 10022610151003.txt | 3,120 | Hierdie woorde inspireer ons om nie te rus totdat ons die ideale bereik het van 'n samelewing wat vry is van armoede en ontneming nie. |
78 | 10022610151003.txt | 3,121 | Gedurende die twee dekades sedert Madiba se vrylating het ons land fundamentele veranderinge ondergaan. |
78 | 10022610151003.txt | 3,122 | President Mandela het hierdie land verenig tot 'n nie-seksistiese, nie-rassige, demokratiese en welvarende Suid-Afrika as doelwit. |
78 | 10022610151003.txt | 3,123 | Waar ons vandag Madiba se vrylating vier, moet ons onsself weer daartoe herverbind om 'n beter toekoms vir alle Suid-Afrikaners, swart en wit, te bou. |
78 | 10022610151003.txt | 3,124 | Kom ons streef opnuut na die ideaal waarvoor Madiba sy hele lewe lank geveg het - die ideaal van 'n demokratiese en vrye samelewing, waarin alle mense in harmonie en met gelyke geleenthede saamleef. |
78 | 10022610151003.txt | 3,125 | Ons het hierdie gesamentlike sitting in die aand byeengeroep sodat die meerderheid van ons land se mense, werkers en skoolkinders, ook deel van die geleentheid kan wees. |
78 | 10022610151003.txt | 3,126 | Ons is beïndruk deur die entoesiasme van die jeug oor hierdie geleentheid. |
78 | 10022610151003.txt | 3,127 | Tweehonderd ses-en-sestig kinders van al die provinsies het deelgeneem aan die pre-Staatsrede-debat oor die rol van die jeug in die stryd teen armoede. |
78 | 10022610151003.txt | 3,128 | Baie geluk aan die algehele wenner, Charlotte Le Fleur van Worcester Sekondêre Skool, asook aan al die deelnemers vir hul harde werk. |
78 | 10022610151003.txt | 3,129 | Ons ontmoet hier teen die agtergrond van 'n wêreldwye ekonomiese krisis. |
78 | 10022610151003.txt | 3,130 | Verlede jaar het ons ons eerste resessie in 17 jaar ervaar. |
78 | 10022610151003.txt | 3,131 | Die krisis het ons ekonomie ongeveer 900 000 werksgeleenthede gekos. |
78 | 10022610151003.txt | 3,132 | Baie mense wat hul werk verloor het, was die broodwinners van arm families. |
78 | 10022610151003.txt | 3,133 | In Februarie verlede jaar het die regering, sakelui, arbeidsektor en gemeenskapsverteenwoordigers ooreengekom op 'n pakket van maatreëls om die skaal en impak van die krisis te bekamp. Ons het talle van hierdie maatreëls reeds in werking gestel. |
78 | 10022610151003.txt | 3,134 | Ons het besliste teen-resessiebesteding deur die regering geïmplementeer, veral op infrastruktuur. |
78 | 10022610151003.txt | 3,135 | Ten einde 'n veiligheidskussing vir armes te skep, het ons die verhogings in maatskaplike toelaes vervroeg, en die Kindersorgtoelaag uitgebrei na kinders ouer as 14 jaar. Gedurende die volgende drie jaar sal 'n addisionele twee miljoen kinders uit arm gesinne en huishoudings tussen die ouderdom van 15 en 18 jaar, by die Kindersorgtoelaag baat vind. |
78 | 10022610151003.txt | 3,136 | Die Regering het 'n "opleidingsafleggingskema" ingestel om aan werkers die opsie van 'n opleidingstydperk, in plaas van aflegging, te bied. |
78 | 10022610151003.txt | 3,137 | Hierdie pogings is deur ons Openbare Werke-program versterk. |
78 | 10022610151003.txt | 3,138 | Die nasie sal onthou dat ek tydens die 2009-Staatsrede aangekondig het dat die Uitgebreide Openbare Werke-program teen Desember 2009 500 000 werksgeleenthede sou skep. |
78 | 10022610151003.txt | 3,139 | Ek wil beklemtoon dat dit nie poste in die hoofstroom-ekonomie is nie. Hierdie is werksgeleenthede wat geskep is om werklose mense van 'n inkomste, ervaring en opleidingsgeleenthede te voorsien. |
78 | 10022610151003.txt | 3,140 | Ons kondig graag aan dat ons teen die einde van Desember reeds meer as 480 000 openbare werksgeleenthede geskep het, met ander woorde, 97% van die doelwit wat ons gestel het. |
78 | 10022610151003.txt | 3,141 | Hierdie poste is in areas soos konstruksie, tuis- en gemeenskapsgebaseerde sorg en omgewingsprojekte. |
78 | 10022610151003.txt | 3,142 | Ons het 'n aantal terreine geïdentifiseer waar ons in die toekoms verder gaan verbeter, soos om meer arbeidsintensiewe projekte te verseker. |
78 | 10022610151003.txt | 3,143 | Ons weet egter dat hierdie en ander maatreëls nie die uitwerkings van die resessie heeltemal kan temper nie. |
78 | 10022610151003.txt | 3,144 | Ons is dankbaar vir die gees van familie, gemeenskap en vrywillige werk wat soveel mense inspireer om diegene wat die swaarste deur die krisis getref word, deur hierdie moeilike tye te help. |
78 | 10022610151003.txt | 3,145 | Ekonomiese aanwysers dui daarop dat ons nou deur die ergste van die ekonomiese resessie is. |
78 | 10022610151003.txt | 3,146 | Ekonomiese aktiwiteit is aan die toeneem in Suid-Afrika, en ons verwag groei in die toekoms. |
78 | 10022610151003.txt | 3,147 | Die arbeidstatistiek wat Dinsdag vrygestel is, dui daarop dat die ekonomie tans werksgeleenthede skep eerder as om dit in te boet. |
78 | 10022610151003.txt | 3,148 | Dit is egter te gou om seker te wees oor die tempo van hierdie herstelproses. |
78 | 10022610151003.txt | 3,149 | Die Regering sal dus nog nie sy ondersteuningsmaatreëls opskort nie. |
78 | 10022610151003.txt | 3,150 | Dit is nou die tyd om die basis te lê vir sterker groei in die toekoms en vir groei wat tot meer werksgeleenthede lei. |
78 | 10022610151003.txt | 3,151 | Ons langtermyn-infrastruktuurprogram sal ons help om vinniger te groei. |
78 | 10022610151003.txt | 3,152 | Ons onderwys- en vaardigheidsprogramme sal ons produktiwiteit en mededingendheid verhoog. |
78 | 10022610151003.txt | 3,153 | Ons Nywerheidsbeleids-aksieplan en ons nuwe fokus op groen werksgeleenthede sal sterker en meer arbeids-absorberende nywerhede bou. |
78 | 10022610151003.txt | 3,154 | Ons landelike ontwikkelingsprogram sal landelike produktiwiteit verhoog en die lewens van die mense in landelike gebiede verbeter. |
78 | 10022610151003.txt | 3,155 | Ons kapitaalinvesteringsprogram lê ten grondslag aan ons strategie vir ekonomiese herstel en groei. |
78 | 10022610151003.txt | 3,156 | Oor die volgende drie jaar sal die regering R846 biljoen aan openbare infrastruktuur spandeer. |
78 | 10022610151003.txt | 3,157 | Op die terrein van vervoer, sal ons ons padnetwerk in stand hou en uitbrei. |
78 | 10022610151003.txt | 3,158 | Ons sal verseker dat ons spoornetwerk betroubaar en mededingend is en beter met ons seehawens geïntegreer is. |
78 | 10022610151003.txt | 3,159 | Om betroubare kragtoevoer te verseker, het ons 'n Inter-Ministeriële Komitee oor Energie ingestel, om 'n 20-jaar geïntegreerde hulpbronplan te ontwikkel. |
78 | 10022610151003.txt | 3,160 | Hierdie komitee sal, onder andere, kyk na die deelname van onafhanklike kragprodusente, en arm mense teen stygende elektrisiteitspryse beskerm. |
78 | 10022610151003.txt | 3,161 | Ons sal 'n onafhanklike stelseloperateur instel, wat afsonderlik van Eskom Beherend sal funksioneer. |
78 | 10022610151003.txt | 3,162 | Eskom sal voortgaan om addisionele opwekkingskapasiteit te bou en die instandhouding van sy kragstasies te verbeter. |
78 | 10022610151003.txt | 3,163 | Ten einde 'n inklusiewe ekonomie te verseker wat groei en ontwikkeling bevorder, het ons die Adviesraad oor Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging in die lewe geroep, onder voorsitterskap van die President. |
78 | 10022610151003.txt | 3,164 | Beleidsverandering moet fokus op ingrypings om werksgeleenthede vir jongmense te skep. |
78 | 10022610151003.txt | 3,165 | Voorstelle sal ingedien word om die koste van die indiensneming van jonger werkers te subsidieer ten einde ondernemings aan te moedig om onervare personeel in diens te neem. |
78 | 10022610151003.txt | 3,166 | n Verdere uitbreiding van openbare-werkskeppingsprogramme is ook reeds aan die gang. |
78 | 10022610151003.txt | 3,167 | Dit sluit in plaaslike-infrastruktuur- en tersiêre projekte en geletterdheidsprojekte, tuisgebaseerde versorging, skoolinstandhouding en vroeëkindontwikkelings-inisiatiewe. |
78 | 10022610151003.txt | 3,168 | Verlede jaar het ons die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap in die lewe geroep. |
78 | 10022610151003.txt | 3,169 | Ons het die Agentskap aangesê om vinniger te werk om sy strukture regdeur die land te vestig sodat dit ons kan help om jeugontwikkelingsprogramme in die regering as hoofstroomprojekte te loods. |
78 | 10022610151003.txt | 3,170 | Toe hierdie administrasie verlede jaar aan bewind gekom het, het ons onsself daartoe verbind om harder te werk om 'n sterk ontwikkelingstaat te bou. |
78 | 10022610151003.txt | 3,171 | Ons het gesê dat dit 'n staat sou wees wat op die mense se behoeftes en aspirasies reageer, en wat beter en vinniger presteer. |
78 | 10022610151003.txt | 3,172 | Hierdie jaar, 2010, sal 'n jaar van aksie wees. |
78 | 10022610151003.txt | 3,173 | Die onderskeidende kenmerk van hierdie administrasie sal wees dat dit weet waar mense bly, hulle behoeftes verstaan en vinniger daarop reageer. |
78 | 10022610151003.txt | 3,174 | Die Regering moet vinniger, harder en slimmer werk. |
78 | 10022610151003.txt | 3,175 | Ons sal van die Uitvoerende Gesag en die Staatsdiens verwag om aan hierdie visie te voldoen. |
78 | 10022610151003.txt | 3,176 | Ons bou 'n staat wat op effektiewe werkverrigting fokus. Dit sal bereik word deur beplanning asook prestasie-monitering en -evaluering te verbeter. |
78 | 10022610151003.txt | 3,177 | Ons moet ook geslagsgelykheidsmaatreëls in die Regering se Aksieprogram integreer. |
78 | 10022610151003.txt | 3,178 | Hierdie optrede sal verseker dat vroue, kinders en persone met gestremdhede toegang tot ontwikkelingsgeleenthede kry. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.