document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
78 | 10022610151003.txt | 3,279 | Dit het 'n verskil aan baie Suid-Afrikaners se lewens gemaak. |
78 | 10022610151003.txt | 3,280 | Ons kan mev Buziwe Ngaleka van Mount Frere hier noem, wie se oproep oor haar oorlede man se pensioen die eerste oproep was wat ons op die eerste dag van die klagtelyn geneem het. |
78 | 10022610151003.txt | 3,281 | Sy is vanaand hier saam met ons. |
78 | 10022610151003.txt | 3,282 | Ons het ook mnr Nkululeko Cele hier by ons, wat bygestaan is om sy identieitsdokument te kry sodat hy by die Tshwane Universiteit van Tegnologie kon inskryf. |
78 | 10022610151003.txt | 3,283 | Dit is net twee van die talle suksesstories. |
78 | 10022610151003.txt | 3,284 | Uit hierdie en ander voorbeelde het ons swakhede geïdentifiseer wat deur die onderskeie regeringsfere reggestel moet word. |
78 | 10022610151003.txt | 3,285 | Deur die Speaker het ons 'n veelparty-afvaardiging van die Parlement uitgenooi om die oproepsentrum te besoek, sodat LP's eerstehandse ervaring kan kry van die werk wat gedoen word. |
78 | 10022610151003.txt | 3,286 | Ek het 'n uiteensetting gegee van die hoofelemente van ons planne vir 2010, ons kollektiewe verbintenis as regering teenoor die mense van Suid-Afrika. Die Staatsrede bied 'n breë oorsig oor ons aksieplan. Ministers sal die details in hul onderskeie begrotingsredes verskaf. |
78 | 10022610151003.txt | 3,287 | In November vanjaar vier ons die 150ste herdenking van die aankoms van die Indiërs in Suid-Afrika. Dit bied 'n geleentheid om erkenning te gee aan die belangrike bydrae van die Indiese gemeenskap op die gebied van arbeid, die sakesektor, wetenskap, sport, godsdiens, kuns en die bereiking en konsolidasie van ons demokrasie. |
78 | 10022610151003.txt | 3,288 | Ek wil weer van hierdie geleentheid gebruik maak om ons almal se diepe meegevoel te betuig teenoor die Regering en die mense van Haiti met die enorme tragedie wat hulle getref het. |
78 | 10022610151003.txt | 3,289 | Ons is bly dat ons reddingspanne hulle kon gaan bystaan. |
78 | 10022610151003.txt | 3,290 | Ek wil graag besondere erkenning verleen aan een Suid-Afrikaner wat nooit huiwer om in tye van nood en rampe te help nie, en ons help om die visie van 'n sorgsame gemeenskap te bevorder. Ons verwelkom vandag dr Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers in hierdie huis. |
78 | 10022610151003.txt | 3,291 | Om as gasheerland vir die FIFA Wêreldbeker op te tree, maak van 2010 voorwaar 'n jaar van aksie. |
78 | 10022610151003.txt | 3,292 | Ons beplan reeds jare lank aan hierdie Wêreldbeker. Daar is nog net drie maande oor voor hierdie geskiedkundige gebeurtenis plaasvind. En ons is vasberade om 'n sukses daarvan te maak. Die nodige infrastruktuur, sekuriteit en logistieke reëlings is alles gereed om 'n suksesvolle toernooi te verseker. |
78 | 10022610151003.txt | 3,293 | President Mandela het 'n sentrale rol gespeel om die land te help om die gasheerregte vir hierdie groot geleentheid te wen. Ons moet dus tot sy eer 'n sukses van die Wêreldbeker maak. |
78 | 10022610151003.txt | 3,294 | Landsgenote, kom ons skaar ons ook agter ons nasionale span, die Bafana Bafana. |
78 | 10022610151003.txt | 3,295 | Die belangrikste is, wees in besit van julle kaartjies, landsgenote! |
78 | 10022610151003.txt | 3,296 | Kom ons koop almal betyds kaartjies sodat ons die wedstryde kan bywoon. |
78 | 10022610151003.txt | 3,297 | Wanneer ons vandag Madiba se vrylating gedenk, herverbind ons onsself tot versoening, nasionale eenheid, nie-rassigheid en om 'n beter toekoms vir ons as Suid-Afrikaners, swart en wit, te bou. |
78 | 10022610151003.txt | 3,298 | Gedurende my lewe het ek myself toegewy aan hierdie vryheidstryd van die mense van Afrika. |
78 | 10022610151003.txt | 3,299 | Ek het gestry teen blanke oorheersing en ek het gestry teen swart oorheersing. |
78 | 10022610151003.txt | 3,300 | Ek het die ideaal gekoester van 'n demokratiese en vrye samelewing, waarin almal in harmonie saamleef met gelyke geleenthede. |
78 | 10022610151003.txt | 3,301 | Dit is 'n ideaal waarvoor ek hoop om te lewe en te bereik. |
78 | 10022610151003.txt | 3,302 | Maar, as dit nodig sou wees, is dit 'n ideaal waarvoor ek bereid is om te sterf. |
78 | 10022610151003.txt | 3,303 | Besiel deur ons ikoon Madiba, is dit nou vir my 'n eer om hierdie 2010-Staatsrede aan al ons helde en heldinne, besonge en onbesonge, bekend en onbekend, op te dra. |
78 | 10022610151003.txt | 3,304 | Kom ons werk saam om hierdie jaar van aksie 'n suksesvolle jaar vir ons land te maak. |
78 | 10022610151003.txt | 3,305 | Ek dank u. |
79 | 10050311451001.txt | 3,307 | Vriende en landbouers, dankie vir die uitnodiging om hierdie skou vannaand te open. Landbouskoue het 'n lang en keurryke geskiedenis in Suid Afrika. Ook in die Wes-Kaap hoef ons nie terug te staan nie. Dankie aan almal wat agter die skerms werk om hierdie skou moontlik te maak. |
79 | 10050311451001.txt | 3,308 | En vanjaar is 'n ekstra besonderse jaar, aangesien die Wêreld Sokker Beker ons oor 'n paar maande gaan tref. Die hele planeet se oë gaan op ons wees, en ook die Breëriviervallei gaan internasionale aandag geniet. |
79 | 10050311451001.txt | 3,309 | So net soos u hier met die streek se landbou skou, moet ons ook met ons dorpe, ons provinsie, en ons land, skou tydens die toernooi. |
79 | 10050311451001.txt | 3,310 | Ek is persoonlik 'n groot voorstaander van landbouskoue. En wil vannaand vir u sê hoekom ek so voel. Maar voor ek dit doen, laat my toe om iets te sê oor xenofobia en water. |
79 | 10050311451001.txt | 3,311 | Ons het verlede jaar die onsmaaklike episode in De Doorns gehad met beweerde Xenofobia en bewerings van arbeidsvergrype aan die kant van boere. Die situasie blyk steeds te sluimer, en ons hou dit dop. In retrospeksie is ek steeds trots op die boere van die Hexriviervallei en staan ek by my oortuiging dat hulle niks verkeerd gedoen het nie. Ek skroom ook nie om dit in die openbaar te sê nie. |
79 | 10050311451001.txt | 3,312 | Maar ek doen ook 'n beroep dat die aanhitsers van xenofobia, ook as dit politici is, swaar gestraf sal word. Ek sien hierdie dade in dieselfde lig as 'n bomplanter of brandstigter, wat geen beheer het oor die uiteindelike effek van sy dade nie. Ons moet immers met ons politici ook kan skou. |
79 | 10050311451001.txt | 3,313 | U is besproeiingsboere. Toekomstige waterskaarste gekoppel aan ESKOM se tariefverhogings gaan u dwing om in die nabye toekoms oor elke kubieke meter water wat gepomp word te besin. Ek wil ook graag met ESKOM kan skou. |
79 | 10050311451001.txt | 3,314 | Ek het aan die einde van 2009 die eerste, en Bergriviere besoek met die fokus op besoedeling. Daar is nog baie werk wat in hierdie verband gedoen moet word. Ek was egter verras deur die goeie gesindheid van die verskillende rolspelers, en ek is versigtig optimisties dat daar lig in die tonnel is. |
79 | 10050311451001.txt | 3,315 | Ek is bewus daarvan dat daar ook by die Breërivier kommer is oor die gehalte van die water. Dit is 'n kwessie wat ons in hierdie jaar sal aanspreek. Ek is oortuig dat indien die verskillende vlakke van regering saam werk en fokus op die probleem en nie op onderlinge verskille nie, dit suksesvol bestuur kan word. |
79 | 10050311451001.txt | 3,316 | Suid Afrika behoort met al sy riviere te kan skou. Kom ons aanvaar die uitdaging om die voortou te neem in die Wes-Kaap. Kom ons maak werk daarvan om skouriviere in ons provinsie te hê. |
79 | 10050311451001.txt | 3,317 | Ek noem dit net kortliks om 'n aanduiding te gee van die kwessies wat reeds op die tafel is vir 2010. Daarby kom 'n betoog vanaf die Wes-Kaap dat aandeelhoudingskemas as 'n manier van grondhervorming weer ingestel moet word. |
79 | 10050311451001.txt | 3,318 | Daar is tans 'n moratorium op hierdie transaksies, maar ek glo dat dit tot op hede seker die beste en mees suksesvolle model vir grondherverdeling was. Ek wil ook met grondhervorming kan skou, en daarvoor benodig ons meer suksesverhale. Maar vannaand is ons hier omdat dit Worcester se landbouskou is. En soos ek aan die begin gesê het: Skou is belangrik. |
79 | 10050311451001.txt | 3,319 | Dit is slegs mense wat iets het om mee te spog wat skou. By implikasie kan slegs 'n landboustreek skou indien dit gesond en suksesvol is. Mense wat skou is trots op hul handewerk. |
79 | 10050311451001.txt | 3,320 | My oë het onlangs gerek toe 'n werkskolega, wat 'n gesoute wêreldreiseger is, vir my meedeel dat sy nog nooit op 'n plaas in Suid Afrika was nie. Ek sluit nou nie besoeke aan wynkelders met proelokale hierby in nie. Maar dit het my aan die dink gesit. Die algemene publiek het nie toegang tot plase nie. |
79 | 10050311451001.txt | 3,321 | Daar is 'n hek; dit is privaat grond, en indien jy nie vriende het wat boer nie, gaan jy dit nooit beleef hoe dit op 'n gewone plasswerf gaan nie. Dalk minder so hier op die platteland, maar vir stadsmense is dit wel die realiteit. |
79 | 10050311451001.txt | 3,322 | So hier by die skou is die perfekte geleentheid vir stadsjapies om kennis te maak met regte landbou. Dit is ook ons geleentheid, as landbouers, om die publiek positief in te stem teenoor landbou. Miskien is dit 'n aspek van landbouskoue wat meer aandag kan kry. Landbouskoue word deur landbou beheer. Ons bepaal die agenda. |
79 | 10050311451001.txt | 3,323 | By verlede jaar se From the Earth skou in Kaapstad was daar byvoorbeeld karoo boere wat inligting oor skaap verliese as gevolg van roofdierprobleme aan die publiek bekend gemaak het. |
79 | 10050311451001.txt | 3,324 | Dit is daardie kant van die saak wat nie altyd die algemene pers haal nie. Dit is by skoue wat ons as boere die geleentheid het om landbou aan die verbruiker aan te bied soos dit is, en nie soos Woolworths of Pick and Pay se reklame afdeling dink dit moet wees nie. |
79 | 10050311451001.txt | 3,325 | So hier is ons kans om ook ons kant van die saak te stel. By skoue kan al die werk wat agter die skerms gedoen word vir sosiale opheffing erkenning kry. Dit is 'n geleentheid om aan verbruikers te wys dat ons nie monsters is wat hulle probeer vergiftig met gevaarlike chemikalieë nie. Ons is mense wat lief is vir die natuur. |
79 | 10050311451001.txt | 3,326 | Boere is immers die eerste linie van natuurbewaarders in die land. En elke boer weet dat hy sy brood en botter net uit 'n gesonde natuurlike omgewing kan verdien. |
79 | 10050311451001.txt | 3,327 | U ken almal die kosteknyptang wat ons elke jaar dwing om meer produktief te boer. Nuwe tegnologie en navorsing is die wapen waarmee ons hierdie uitdaging die hoof kan bied. Die ekonoom, Roelof Botha het twee weke gelede by Vinpro se konges gesê dat ons ekonomie slegs kan herstel as ons goed koop. En jy kan volgens hom maar op skuld koop, solank jy die rente kan diens. Ek neem aan dat hy u dus sal aanmoedig om na die nuwe trekkers en bakkies te kyk en patriotiese besluite met die beursie sal maak. |
79 | 10050311451001.txt | 3,328 | Ten slotte: Die jaar is so vol dat wanneer jy jou oë uitvee is dit weer verby. Ons leef by mekaar verby, so gebruik ook die geleentheid om weer op te vang met ou vriende. Die skou is ook die ideale geleentheid om nuwe kontakte op te bou. Gesels weer met jou verskaffers en gaan dan terug plaas toe met nuwe moed vir die jaar wat voorlê. |
80 | 10300w41296.txt | 3,330 | Dit is vir my 'n besondere groot voorreg om vandag hier met u te kan wees. Ek is diep geraak daardeur dat ek vandag vereer word deur die inwoners van 'n dorp waar ek voorheen as gevangene tyd deurgebring het. Dit is egter ook 'n dorp wat ek as my tuiste aanvar het, omdat ek geweet het dat die meerderheid van die inwoners my as hul bloed en vlees aanvaar het. |
80 | 10300w41296.txt | 3,331 | Toe ek in Februarie 1990 uit Victor Verster-gevangenis gestap het, was dit met 'n hart vol hoop vir ons toekoms. Ek bedank u vir die geleentheid om te mag terugkeer om die Vryheid van Paarl te ontvang; om dit te ontvang van mense wat nou weet hoe dit voel om hul verteenwoordigers self te verkies - sy dit as nasie, as provinsie of as dorp. Dit was 'n lang pad, maar vandag is ek hier, vas in die oortuiging dat ons stewig op die weg is na 'n beter lewe vir almal. |
80 | 10300w41296.txt | 3,332 | Dit is altyd 'n groot vreugde om hier te kan wees in die pragtige vallei wat soveel digters besiel het; in hierdie plek wat wereld-wyd bekend is vir haar skoonheid; onvergeetlik vir enigeen wat ooit hier gewoon het. Die stem mens tot nederigheid om te mag staan in 'n kleinerige dorp wat deur die kaliber en gehalte van haar inwoners 'n diep kerf op die boom van ons geskiedenis gelaat het; 'n dorp wat verbind word met baanbrekers op verskeie terreine. |
80 | 10300w41296.txt | 3,333 | Vandag erken ons dat die bydrae tot die ontstaan en ontwikkeling van die Afrikaanse taal meer geskakeerd en kleurryk is as wat op 'n sekere tydstip te kenne gegee is. Geen herskryf van daardie geskiedenis sal egter die baanbrekers-bydrae van Paarl tot die amptelike erekenning van Afrikaans, kan misken nie. |
80 | 10300w41296.txt | 3,334 | Die verloop van ons geskiedenis en die aard van magsverhoudinge het bepaal dat hierdie mooi taal sedertdien ook gekoppel is aan onreg en onderdrukking. Nou staan ons egter weer voor die wonderlike geleentheid om Afrikaans te laat groei en gedy as 'n taal van al die mense, in al haar rykdom en verskeidenheid. |
80 | 10300w41296.txt | 3,335 | Die KWV-hoofkwartiere is 'n monument tot die bydrae wat die vroee wynbouers van hierdie gebied tot ons wynbedryf gemaak het. Laat ons nou hulde bring aan die slawe wat vir geslagte lank sonder dank hier moes arbei; aan die plaaswerkers wie se regte deur apartheid ontneem is; en aan diegene wat vir hulle swoeg en sweet tot die dop-stelsel verdoem is. Al hierdie mense het saam bygedra om die fondamente te le van ons wyn-bedryf; 'n bedryf wat vandag die vermoe het om ons uitvoer en ons toeriste-bedryf enorm te stimuleer. |
80 | 10300w41296.txt | 3,336 | Dit is ook vir my van besondere betekenis om my verbintenis met Paarl te kan deel met 'n hele paar uitsonderlike vroue wie se opofferings die vlam van vryheid brandend gehou het. Ek dink, byvoorbeeld, aan Lizzy Nomaliso Phike. Ray Alexander, Lizzie Abrahams. Elizabeth Mafikeng en soveel ander leiers in die gemeenskap se weerstand teen apartheid. |
80 | 10300w41296.txt | 3,337 | Vandag moet ons ook dink aan die slagoffers van apartheid. Die name van sommige het slegs bekend geword vir die wyer publiek toe die Waarheids- en Versoeningskommissie onlangs hier vergader het. Die verskyning van die N G Kerk se Ring by daardie verhore het 'n baie sterk boodskap uitgestuur dat ons besig is om die verlede te oorkom terwyl ons die nuwe nasie bou. Die baanbrekers-karakter van daardie optrede, die nederigheid en eerlikheid daarvan, het 'n ontsaglike stoot gegee aan die helings-proses. |
80 | 10300w41296.txt | 3,338 | Ons sien dieselfde verbintenis tot eenheid in die wyse waarop die demokraties-verkose en verenigde Raad verskille ter syde gestel het om die groter onthalwe van Paarl. |
80 | 10300w41296.txt | 3,339 | Dit is deur op die wyse saam te werk dat ons die las en erfenis van apartheid sal kan aanspreek. Plaaslike demokrasie bring aan u, die mense van Paarl, die middele om self verantwoordelikheid te neem vir u toekoms. Dit sal u in staat stel om die uitdagings voor u met eie krag aan te pak - tesame met die res van ons nasie. |
80 | 10300w41296.txt | 3,340 | Vooraan staan die uitdaging om te verseker dat ons demokraties verkose plaaslike owerhede doeltreffende middele word vir die verbetering van die lewens-gehalte van al ons mense. |
80 | 10300w41296.txt | 3,341 | Stil en sonder die publisiteit van die stede, is u besig om te lewer aan diens-verbetering: planne om teen die einde van hierdie boekjaarelektrisiteit, riolering en afvoer-water aan al die inwoners van Paarl te voorsien, vorder goed. Ook op die behuisings-front is die vordering bemoedigend en 'n riem onder die hart. |
80 | 10300w41296.txt | 3,342 | Baie belangrik is die ooreenkoms tussen die plaaslike raadslede en gemeenskaps-organisasies betreffende betaling van diensgelde en huur. Die uitvoering hiervan sal help om ons demokrasie te laat werk. |
80 | 10300w41296.txt | 3,343 | Masakhane beteken vennootskap; dit beteken dat ontwikkeling almal moet bevoordeel, nie slegs sommige mense nie. Om die wan-balanse van die verlede reg te stel, sal krag en geduld vereis. As die vervanging van verouderde onderwys- en gesondheidstelsels deur nuwe en beter stelsels vereis word vir die beswil van Suid-Afrika se mense, dan is dit wat ons moet doen. U eie stadsraad voorsien 'n skitterende voorbeeld in die verband. |
80 | 10300w41296.txt | 3,344 | n Verdere groot uitdaging is om ons swaar-gewonne vryheid te beskerm teen diegene wat dit bedreig deur misdaad en bende-bedry- wighede. Die stigting van drie gemeenskaps-polisie-forums in die Paarl omgewing is 'n blyke van die Polisie se vasberadenheid om met die gemeenskap saam te werk. Hulle doen dit ten spyte van die skaarste aan middele waaronder hulle gebuk gaan. Hulle benodig en verdien u ondersteuning. Daardeur sal misdadigers en bende-lede duidelik die gesamentlike boodskap kan hoor dat daar geen plek vir hulle in die Paarl is nie. |
80 | 10300w41296.txt | 3,345 | Ek is trots om 'n burger van Paarl te wees, want ek is vol vertroue dat die mense van Paarl hulself getrou sal bewys aan die beste aspekte van hul baanbrekers-geskiedenis. Die tyd vir nuwe baanbrekers het aangebreek - mans, vroue en jongmense wat daad- werklik sal deelneem in die bou van 'n nuwe gemeenskap wat 'n beter lewe vir almal sal verseker. |
80 | 10300w41296.txt | 3,346 | Ek bedank u. |
81 | 114724_1.txt | 3,348 | Dui vertaalde weergawe van die vraag aan. |
81 | 114724_1.txt | 3,349 | Dui 'n vraag vir mondelinge beantwoording aan. |
81 | 114724_1.txt | 3,350 | Dui 'n skriftelike vraag aan wat vir mondelinge beantwoording oorgeplaas is op versoek van die betrokke lid (Reël 117). |
81 | 114724_1.txt | 3,351 | President van die Republiek 2, 4, 6 Adjunkpresident ... 7 Minister van Arbeid... 10, 11,16, 17 Minister van Behuising ... 3, 8, 20 Minister van Binnelandse Sake ... 10, 11, 21, 22 Minister van Buitelandse Sake ... 4, 6 Minister van Finansies... 9, 10 Minister van Gesondheid... 20 Minister vir Intelligensie ... 8 Minister vir Justisie en Staatkundige Ontwikkeling... 12, 13 Minister van Korrektiewe Dienste ... 6 Minister van Kuns en Kultuur ... 18 Minister vir Landbou en Grondsake... 5, 14 Minister van Maatskaplike Ontwikkeling ... 3, 4, 9 Minister van Minerale en Energie... 3, 9, 15 Minister van Omgewingsake en Toerisme... 5, 14, 15, 16, 17, 18 Minister van Onderwys... |
81 | 114724_1.txt | 3,352 | Vrydag, 6 Februarie 2009 2 Minister vir Openbare Ondernemings 7, 8, 14 Minister van Openbare Werke ... 9, 22 Minister vir Provinsiale en Plaaslike Regering ... 8, 10, 11, 19, 20 Minister van Veiligheid en Sekuriteit ... 5, 6, 11, 12, 13, 17 Minister van Verdediging ... 7, 10 Minister van Vervoer... 2, 4, 18, 19 Minister van Waterwese en Bosbou... 21, 22 Minister van Wetenskap en Tegnologie... |
81 | 114724_1.txt | 3,353 | of haar departement oor 'n beleid beskik wat die jaarlikse verhoging in skoolgeld reguleer; so nie, waarom nie, so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? |
81 | 114724_1.txt | 3,354 | of die maatstawwe vir die keuring van sokkerlegendes etniese groepe en ras in oorweging neem; so ja, wat die statistieke is ten opsigte van sokkerlegendes wat volgens ras gekeur is? |
81 | 114724_1.txt | 3,355 | of die verslag van dié oudit en/of ondersoek aan die publiek beskikbaar gestel sal word; so nie, waarom nie; so ja, wanneer? |
81 | 114724_1.txt | 3,356 | of daar spesifieke tekorte aan (a) maatskaplike werkers en (b) kinder- en jeugsorgwerkers in deur geweldgeteisterde gebiede is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, in watter gebiede? |
81 | 114724_1.txt | 3,357 | of sy departement dit oorweeg om die betrokke rolspelers ten opsigte van dié saak te betrek; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? |
81 | 114724_1.txt | 3,358 | watter (a) provinsies en (b) munisipaliteite die hoogste aanvraag na rehabilitasiesentrums vir middelmisbruik het wat ten volle of gedeeltelik deur die Staat beheer word? |
81 | 114724_1.txt | 3,359 | Of die Regering ter wille van besparing olie direk van olieprodusente koop en nie van handelaars nie; so nie, waarom nie? |
81 | 114724_1.txt | 3,360 | a Hoeveel huise die Regering in die boekjaar i 2006-07, ii 2007-08 en iii 2008-09 in die Wes-Kaap gebou het, b watter koste in elk van die boekjare aan dié bouprojekte verbonde was, c hoeveel mense in dié huise gehuisves word en di wat die huidige agterstand met behuisingsvoorsiening in die Wes-Kaap is en ii die gemiddelde wagperiode vir individue is om staatsbehuising te ontvang? |
81 | 114724_1.txt | 3,361 | a Hoeveel i slaggate sy departement in die boekjaar aa 2006-07, bb 2007-08 en cc 2008-09 herstel het op paaie wat onder sy departement se toesig val, ii motorongelukke in die boekjaar aaa 2006-07, bbb 2007-08 en ccc 2008-09 direk deur dié slaggate veroorsaak is en iii mense in dié ongelukke aa beseer en bb oorlede is en b wat sy departement se begroting vir die herstel van paaie in dié onderskeie boekjare was? |
81 | 114724_1.txt | 3,362 | a Met verwysing na haar antwoord van 21 Julie 2006 op vraag 442 en van 6 Junie 2006 op mondelinge vraag 177, watter armoedegradering of "poverty measure" die Regering as amptelike maatstaf gebruik om armoede te bepaal, b wat die totale koste verbonde was aan die proses om die armoedegradering vas te stel en c watter impak dit op haar departement se werk in verband met maatskaplike toelaes gehad het? |
81 | 114724_1.txt | 3,363 | Of die Regering steeds betaal vir die verblyf en ander koste wat met die verblyf van. |
81 | 114724_1.txt | 3,364 | of die Regering . keerdatum daargestel het tot wanneer die gemelde persoon as presidensiële gas gehuisves sal word; so ja, wat dié datum is; so nie, waarom nie? |
81 | 114724_1.txt | 3,365 | van watter begroting die koste vir dié proses verhaal is? |
81 | 114724_1.txt | 3,366 | a hoeveel Afrikaans-dubbelmediumskole sedert 1994 na Engels-mediumskole verander het, b in watter provinsies die skole is en c waarom die Afrikaans-dubbelmediumskole sedert 1994 na Engels-mediumskole verander het? |
81 | 114724_1.txt | 3,367 | of hy . verklaring oor die aangeleentheid sal doen? |
81 | 114724_1.txt | 3,368 | of sy . verklaring oor die aangeleentheid sal doen? |
81 | 114724_1.txt | 3,369 | of hy . verklaring oor die aangeleentheid sal doen? |
81 | 114724_1.txt | 3,370 | Of die Regering die aanbevelings van die Jali-kommissie aanvaar het; so nie, waarom nie; so ja, of al die aanbevelings aangaande vonnisvermindering met betrekking tot aangehoudenes wat voor die kommissie getuig het in werking gestel is; so nie, waarom nie, so ja, wanneer? |
81 | 114724_1.txt | 3,371 | Of die Regering. |
81 | 114724_1.txt | 3,372 | of die gebrek aan kapasiteit in Suid-Afrika se ambassade vir die Verenigde Nasies enige betrekking op die Regering se besluit gehad het om nie die verklaring te steun nie; so ja, (a) wat die aard van die kapasiteitsprobleem is, (b) in hoeverre Suid-Afrika se deelname aan die aanneem van ander verklarings ingeperk is en (c) watter planne ingestel is om dié probleem aan te pak? |
81 | 114724_1.txt | 3,373 | Of, met betrekking tot die aankondiging deur die Regering in Desember 2008 van bystand aan Zimbabwe (besonderhede verstrek), die Regering sodanige bystand verleen het; so ja, (a) waarom die bystand verleen is in die afwesigheid van. |
81 | 114724_1.txt | 3,374 | of enige ooreenkomste aangegaan is of besluite geneem is aangaande wie die bystand gaan ontvang; so nie, waarom nie; so ja, (a) wat die tersaaklike besonderhede is en (b) hoe die Regering navolging van dié ooreenkomste of besluite moniteer? |
81 | 114724_1.txt | 3,375 | Of . sekere persoon (naam verstrek) steeds beskerming deur die SA Polisiediens sal ontvang; so ja, (a) vir hoe lank en (b) wat die koste van sodanige beskerming per maand beloop? |
81 | 114724_1.txt | 3,376 | wat die totale bedrag is wat tot dusver aan die projek bestee is? |
81 | 114724_1.txt | 3,377 | In die lig van die onlangse aankondiging in die media deur twee maatskappye (name verstrek) rakende die vertraging van ongeveer drie jaar met die lewering van die A400M Airbus militêre vragvliegtuie, wat die uitwerking op Denel en die SA Verdedigingsverwante Nywerheid (SADRI) ten opsigte van (a) die voorgenome vervaardiging van onderdele vir die vliegtuie en (b) die voorsienbare finansiële gevolge gaan wees? |
81 | 114724_1.txt | 3,378 | Of sy departement . kontrak met . private huurmaatskappy en/of enige ander maatskappy aangegaan het om. |
81 | 114724_1.txt | 3,379 | of die departement . alternatief en meer lonende reëling gaan bedink om dié funksie uit te voer; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? |
81 | 114724_1.txt | 3,380 | of enige terugvoer as gevolg van dié advertensies van die publiek ontvang is; so ja, (a) watter terugvoer en (b) watter stappe haar kantoor as gevolg van die terugvoer gedoen het? |
81 | 114724_1.txt | 3,381 | of alle personeel in diens van die Departement van Intelligensie en Sekuriteit (DIS). sekuriteitsklaring gedoen het toe hulle by die NIA ingeskakel is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is? |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.