document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
78 | 10022610151003.txt | 3,179 | Ons kondig graag aan dat ons in die Regering dinge op 'n nuwe manier gaan doen. |
78 | 10022610151003.txt | 3,180 | Departemente se werk sal gemeet word deur uitkomste, wat op grond van ons prestasie-monitering-en-evalueringstelsel ontwikkel word. |
78 | 10022610151003.txt | 3,181 | Die ministers wat vir 'n bepaalde uitkoms verantwoordelik is, sal 'n gedetailleerde leweringsooreenkoms met die president onderteken. |
78 | 10022610151003.txt | 3,182 | Hierdie ooreenkomste sal duidelik uiteensit wat gedoen moet word, hoe, deur wie, binne watter tydperk en met behulp van watter maatreëls en hulpbronne. |
78 | 10022610151003.txt | 3,183 | onderwys, gesondheid, landelike ontwikkeling en grondhervorming, skepping van ordentlike werksgeleenthede en die bestryding van misdaad. |
78 | 10022610151003.txt | 3,184 | Daarbenewens sal ons werk om die effektiwiteit van plaaslike regering, infrastruktuurontwikkeling en menslike nedersettings te verbeter. |
78 | 10022610151003.txt | 3,185 | Ons sal 'n aantal sleutelaktiwiteite onderneem ter bereiking van hierdie uitkomste. |
78 | 10022610151003.txt | 3,186 | Ons het onderwys en vaardigheidsontwikkeling as die middelpunt van hierdie regering se beleide gestel. |
78 | 10022610151003.txt | 3,187 | In ons 2010-program wil ons die vermoë van kinders om in die grondslagjare te lees, skryf en tel, verbeter. |
78 | 10022610151003.txt | 3,188 | As ons dit nié doen nie, sal ons nie die gehalte van die onderwys kan verbeter nie. |
78 | 10022610151003.txt | 3,189 | Ons onderwysteikens is eenvoudig, maar van kritiese belang. |
78 | 10022610151003.txt | 3,190 | Ons wil hê dat leerders en onderwysers betyds in die skool, in die klas moet wees, besig om sewe uur per dag te leer en te onderrig. |
78 | 10022610151003.txt | 3,191 | Ons sal onderwysers help deur gedetailleerde daaglikse lesplanne te voorsien. |
78 | 10022610151003.txt | 3,192 | Ons sal werkboeke wat maklik is om te gebruik in al 11 tale aan studente voorsien. |
78 | 10022610151003.txt | 3,193 | Van vanjaar af sal alle leerders in graad 3, 6 en 9 geletterdheids- en gesyferdheidstoetse skryf, wat onafhanklik gemodereer word. |
78 | 10022610151003.txt | 3,194 | Ons mikpunt is om die slaagsyfer vir hierdie toetse van die huidige gemiddeld van tussen 35 en 40% tot minstens 60% teen 2014 te verhoog. |
78 | 10022610151003.txt | 3,195 | Die uitslae sal aan die ouers gestuur word om vordering te monitor. |
78 | 10022610151003.txt | 3,196 | Daarbenewens sal elk van ons 27 000 skole deur amptenare van die Departement van Basiese Onderwys geassesseer word. |
78 | 10022610151003.txt | 3,197 | Dit sal in 'n ouditeerbare skriftelike verslag opgeteken word. |
78 | 10022610151003.txt | 3,198 | Ons beoog om die aantal matriekstudente met universiteitstoelating teen 2014 tot 175 000 per jaar te verhoog. |
78 | 10022610151003.txt | 3,199 | Ons spoor ouers aan om met ons saam te werk om 'n sukses hiervan te maak. |
78 | 10022610151003.txt | 3,200 | Ons verwelkom verlede maand se verklaring deur die drie onderwysersvakbonde, NAPTOSA, SADTU en SAOU, waarin hulle hulle vanaf die begin van 2010 herverbind het tot die Kwaliteit Leer- en Onderrigveldtog. |
78 | 10022610151003.txt | 3,201 | Ons moet in ons jeug belê ten einde 'n vaardige en bekwame werksmag te verseker wat groei en werkskepping ondersteun. |
78 | 10022610151003.txt | 3,202 | Ons beplan dus om die opleiding van 16 tot 25-jarige persone te verbeter in verdere onderwys-en-opleidingsfasiliteite. |
78 | 10022610151003.txt | 3,203 | Dit sal ons in staat stel om aan diegene wat nie vir universiteit kwalifiseer nie, nog 'n kans op geleerdheid te bied. |
78 | 10022610151003.txt | 3,204 | Ons werk saam met hoëronderwysinstellings om te verseker dat studente wat daarvoor kwalifiseer, deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente finansiële bystand ontvang. |
78 | 10022610151003.txt | 3,205 | Ons het ook ambisieuse doelwitte gestel vir vaardigheidsontwikkeling om addisionele ingenieurs en tegnici te kweek en om die aantal gekwalifiseerde Wiskunde- en Wetenskaponderwysers te vermeerder. |
78 | 10022610151003.txt | 3,206 | Ons moet verseker dat meer jongmense leerderskappe in die privaat- en openbare sektor betree. |
78 | 10022610151003.txt | 3,207 | Nog 'n sleuteluitkoms is om 'n lang en gesonde lewe vir alle Suid-Afrikaners te verseker. |
78 | 10022610151003.txt | 3,208 | Ons sal voortgaan om ons gesondheidsorgstelsel te verbeter. |
78 | 10022610151003.txt | 3,209 | Dit sluit in die bou en opgradering van hospitale en klinieke en die verdere verbetering van die werksomstandighede van gesondheidswerkers. |
78 | 10022610151003.txt | 3,210 | Ons het 'n vennootskap met die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (DBSA) gesluit om die funksionaliteit van openbare hospitale en hul distrikskantore te verbeter. |
78 | 10022610151003.txt | 3,211 | Ons moet die feit in die gesig staar dat lewensverwagting by geboorte van 60 jaar in 1994, tot net onder 50 jaar vandag, gedaal het. |
78 | 10022610151003.txt | 3,212 | Ons doen dus stappe om sterftesyfers onder moeders te verlaag, om nuwe MIV-infeksies te verminder en om MIV en tuberkulose effektief te behandel. |
78 | 10022610151003.txt | 3,213 | Ons sal ook babasterftesyfers deur 'n massiewe immuniseringsprogram verlaag. |
78 | 10022610151003.txt | 3,214 | Ons sal gesondheidsprogramme in skole herinstel. |
78 | 10022610151003.txt | 3,215 | Ons sal al die ondernemings wat op Wêreldvigsdag met betrekking tot die voorkoming van nuwe MIV-infeksies en die behandeling daarvan gemaak is, implementeer. |
78 | 10022610151003.txt | 3,216 | Intensiewe stappe word geneem om te verseker dat hierdie werk op skedule bly. |
78 | 10022610151003.txt | 3,217 | Ons werk hard om te verseker dat almal in Suid-Afrika veilig voel en veilig is. |
78 | 10022610151003.txt | 3,218 | Ons sal ons werk uitbrei om ernstige en geweldsmisdade te verminder en te verseker dat die regstelsel doeltreffend funksioneer. |
78 | 10022610151003.txt | 3,219 | Ons implementeer planne om die aantal polisiemanne en -vroue oor die volgende 10 jaar met 10% te vermeerder. |
78 | 10022610151003.txt | 3,220 | Ons het die stryd teen kapings, besigheids- en huisrooftogte asook kontakmisdade soos moord, verkragting en aanranding, as ons topprioriteite geïdentifiseer. |
78 | 10022610151003.txt | 3,221 | Ons het almal 'n rol om te speel. |
78 | 10022610151003.txt | 3,222 | Laat ons aan gemeenskapsveiligheidsforums deelneem. |
78 | 10022610151003.txt | 3,223 | Kom ons hou op om gesteelde goedere te koop. |
78 | 10022610151003.txt | 3,224 | Laat ons altyd gereed wees om die polisie van inligting oor misdaadaktiwiteite te voorsien. |
78 | 10022610151003.txt | 3,225 | Deur saam te werk sal ons misdaad verslaan. |
78 | 10022610151003.txt | 3,226 | Die plaaslike regering moet werk. |
78 | 10022610151003.txt | 3,227 | Munisipaliteite moet die voorsiening van behuising, water, sanitasie, elektrisiteit, afvalbestuur en paaie verbeter. |
78 | 10022610151003.txt | 3,228 | Ons het verlede jaar met burgemeesters en munisipale bestuurders vergader. |
78 | 10022610151003.txt | 3,229 | Dit het waardevolle insig in die uitdagings op die terrein van plaaslike regering gebied. |
78 | 10022610151003.txt | 3,230 | Na afloop van die Balfour-besoek het ons 'n ministeriële span, bestaande uit nege lede, gestuur om die gebied te besoek en aandag te skenk aan die kwessies wat deur die gemeenskap geopper is. |
78 | 10022610151003.txt | 3,231 | n Hele aantal sake het reeds aandag geniet. |
78 | 10022610151003.txt | 3,232 | Ek het die ministers beveel om die uitstaande aangeleenthede ook op te los. |
78 | 10022610151003.txt | 3,233 | Ons wil herbeklemtoon dat geen griewe ooit geweld en die vernietiging van eiendom kan regverdig nie. |
78 | 10022610151003.txt | 3,234 | Ons het wetstoepassingsagentskappe beveel om strenger op te tree teen wetteloosheid in Balfour en ander gebiede. |
78 | 10022610151003.txt | 3,235 | In Desember 2009 het die Kabinet 'n omkeerstrategie vir die plaaslike regering goedgekeur. |
78 | 10022610151003.txt | 3,236 | Dit sal verseker dat die plaaslike regering oor die korrekte bestuurs-, administratiewe en tegniese vaardighede beskik. |
78 | 10022610151003.txt | 3,237 | Laat ons gedurende hierdie jaar van aksie saamwerk om plaaslike regering almal se besigheid te maak. |
78 | 10022610151003.txt | 3,238 | Ons werk daaraan om goed geleë informele nedersettings op te gradeer en om teen 2014 aan minstens 500 000 huishoudings behoorlike dienste en grondbesit te verskaf. |
78 | 10022610151003.txt | 3,239 | Ons beplan om meer as 6 000 hektaar goed geleë openbare grond vir lae-inkomste en bekostigbare behuising opsy te sit. |
78 | 10022610151003.txt | 3,240 | n Nuwe sleutelinisiatief sal wees om mense te akkommodeer wie se salarisse te hoog is om regeringsubsisies te ontvang, maar wat te min verdien om vir 'n normale bankverbandlening te kwalifiseer. |
78 | 10022610151003.txt | 3,241 | Ons sal 'n waarborgfonds van R1 biljoen opsy sit as aansporingsmaatreël om die private bank en behuisingsektor aan te moedig om nuwe produkte te ontwikkel om in hierdie vraag na behuising te voorsien. |
78 | 10022610151003.txt | 3,242 | Verlede jaar het ons gesê dat mense op die platteland ook die reg het om elektrisiteit, water, spoeltoilette en paaie te hê. |
78 | 10022610151003.txt | 3,243 | In hierdie verband het ons in Augustus verlede jaar die eerste loodsterrein van die Omvattende Landelike-ontwikkelingsprogram in Giyani, Limpopo, geloods. |
78 | 10022610151003.txt | 3,244 | Sedertdien is 231 huise gebou. |
78 | 10022610151003.txt | 3,245 | Vordering is ook gemaak met die voorsiening van infrastruktuur om landbou-ontwikkeling en opleiding vir gemeenskapsleiers te ondersteun. |
78 | 10022610151003.txt | 3,246 | Toegang tot gesondheids- en onderwysgeriewe het verbeter. |
78 | 10022610151003.txt | 3,247 | Ons implementeer tans soortgelyke programme in sewe terreine regoor die land, tot voordeel van 21 wyke. |
78 | 10022610151003.txt | 3,248 | Ons beoog om teen 2014 terreine in 160 wyke te hê. |
78 | 10022610151003.txt | 3,249 | Ons mikpunt is dat 60% van huishoudings in hierdie terreine teen 2014 uit eie produksie in hul voedselbehoeftes sal voorsien. |
78 | 10022610151003.txt | 3,250 | Tree vir tree sal ons dit maak, soos die spreekwoord lui, landsgenote, groot dinge begin met klein treetjies. |
78 | 10022610151003.txt | 3,251 | Ons wil ook grondhervornming en landbou-ondersteuningsprogramme beter integreer. |
78 | 10022610151003.txt | 3,252 | Ons sukses op hierdie terrein sal gemeet word deur die toename in die aantal kleinskaalse boere wat ekonomies lewensvatbaar word. |
78 | 10022610151003.txt | 3,253 | Ons is nie 'n waterryke land nie. |
78 | 10022610151003.txt | 3,254 | Maar steeds verloor ons baie water deur lekkende pype en onvoldoende infrastruktuur. |
78 | 10022610151003.txt | 3,255 | Ons sal maatreëls instel om ons waterverlies teen 2014 met die helfte te verminder. |
78 | 10022610151003.txt | 3,256 | As deel van ons pogings om groter ekonomiese groei aan te moedig, doen ons stappe om die koste verbonde aan kommunikasie te besnoei. |
78 | 10022610151003.txt | 3,257 | Die Suid-Afrikaanse publiek kan uitsien na 'n selfs verdere verlaging in breëband-, selfoon-, landlyn- en openbaretelefoon-tariewe. |
78 | 10022610151003.txt | 3,258 | Ons sal stappe doen om breëbandspoed te verhoog en 'n hoë standaard van internet-dienste te verseker wat in ooreenstemming met internasionale norme is. |
78 | 10022610151003.txt | 3,259 | Hierdie regering sal verseker dat ons omgewingsbates en natuurlike hulpbronne goed beskerm en deurentyd verbeter word. |
78 | 10022610151003.txt | 3,260 | Saam met Brasilië, Indië en China, en in samewerking met die Verenigde State, wat die ontwikkelde wêreld verteenwoordig, het ons 'n wesenlike bydrae gelewer tot die ooreenkoms wat in Desember verlede jaar by die Klimaatberaad in Kopenhagen aanvaar is. |
78 | 10022610151003.txt | 3,261 | Alhoewel dit nie ver genoeg gaan nie, is dit tog 'n belangrike stap in die regte rigting, aangesien dit alle lande daartoe verbind om op klimaatsverandering te reageer. |
78 | 10022610151003.txt | 3,262 | Ons sal harder met ons internasionale eweknieë moet saamwerk om 'n wettig bindende verdrag te beding. |
78 | 10022610151003.txt | 3,263 | As Suid-Afrika, het ons ons vrywillig verbind tot spesifieke uitlaatgas-verlagingsteikens, en ons sal aanhou werk aan ons langtermynstrategie om klimaatsverandering teen te werk. |
78 | 10022610151003.txt | 3,264 | Ons sal harder werk om Suid-Afrika se belange wêreldwyd te bevorder. |
78 | 10022610151003.txt | 3,265 | Ons sal pogings ondersteun om die politieke en ekonomiese integrasie van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap- (SAOG) streek te bespoedig en intra-streekhandel en beleggings te bevorder. |
78 | 10022610151003.txt | 3,266 | Suid-Afrika gaan voort om 'n toonaangewende rol te speel in kontinentale pogings om die Afrika Unie en sy organe te versterk en na eenheid te streef. |
78 | 10022610151003.txt | 3,267 | Ons sal ons energie daarop toespits om die Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling (Nepad) te laat herleef, as 'n strategie vir ekonomiese ontwikkeling op die vasteland. |
78 | 10022610151003.txt | 3,268 | Die Staatsdiens moet reageer op die beroep om hierdie termyn deur vinniger optrede en beter prestasie deur die staat te laat kenmerk. |
78 | 10022610151003.txt | 3,269 | Ons vereis uitnemendheid en harde werk. |
78 | 10022610151003.txt | 3,270 | Ons benodig staatsamptenare wat toegewyd en bekwaam is en wat na landsburgers se behoeftes omsien. |
78 | 10022610151003.txt | 3,271 | Die Regering werk reeds aan die ontwikkeling en implementering van 'n staatsdiens-ontwikkelingsprogram, wat die norme en standaarde vir staatsamptenare in alle sfere sal bepaal. |
78 | 10022610151003.txt | 3,272 | Ons sit ons pogings voort om korrupsie en bedrog in verkrygings- en tenderprosesse uit te wis, asook in aansoeke om bestuurderslisensies, maatskaplike toelaes en identiteitsdokumente, om net 'n paar te noem. |
78 | 10022610151003.txt | 3,273 | Ons is tevrede met die vordering van die regering op sommige terreine. |
78 | 10022610151003.txt | 3,274 | Hierdie week het ons 32 687 onregmatige maatskapliketoelaagbetalings opgeskort, ter waarde van R180 miljoen. |
78 | 10022610151003.txt | 3,275 | Ons Inter-Ministeriële Komitee op Korrupsie ondersoek maniere om korrupsie doelgerig die nek in te slaan. |
78 | 10022610151003.txt | 3,276 | Deur saam te werk kan ons meer doen. |
78 | 10022610151003.txt | 3,277 | Soos u weet, het ons die Presidensiële Klagtelyn ingestel om die regering en die Presidensie meer toeganklik vir die publiek te maak en om te help om blokkasies in dienslewering uit die weg te ruim. |
78 | 10022610151003.txt | 3,278 | Die klagtelyn verteenwoordig ons vasberadenheid om dinge anders in die regering te doen. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.