document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
70
09021915451002.txt
2,871
Ironies genoeg is die infrastruktuur en administratiewe en onderwyservermoëns juis die minste indrukwekkend waar onderwys die nodigste is om die siklus van armoede te verlig.
70
09021915451002.txt
2,872
Die Regering se maatskaplike programme het die batebasis van arm mense verbeter, in die vorm van behuising - met 2,6 miljoen gesubsidieerde huise wat voorsien is.
70
09021915451002.txt
2,873
Natuurlik moet ons ook toegee dat die grondherverdelingsprogram en die na-vestiging-ondersteuning vinniger en beter hanteer kon word.
70
09021915451002.txt
2,874
Oor die algemeen is ons trots op die vordering van ons maatskaplike programme. Maar ons kan nie tevrede wees met slegs kwantitatiewe verandering nie.
70
09021915451002.txt
2,875
Hetsy in onderwys, gesondheid, behuising, water of sanitasie, die sentrale vraag waarmee ons elke dag gekonfronteer word, is hoe om die kwaliteit van hierdie dienste te verbeter! Ons het nog baie werk wat dit aanbetref.
70
09021915451002.txt
2,876
Die euwel van misdaad bly 'n hoofbron van onsekerheid vir Suid-Afrikaners. Daar is daagliks, beide in arm en ryk buurte, vrees vir die moontlikheid van 'n gewelddadig aanval.
70
09021915451002.txt
2,877
In openbare en privaatinstansies is die moontlikheid van misdadige skemas wat hulpbronne uitwis deur korrupsie altyd 'n bron van groot kommer.
70
09021915451002.txt
2,878
Die feit is dat die algehele misdaadkoers, nadat dit in 2002 'n hoogtepunt bereik het, bestendig gedaal het. Allerhande statistieke kan aangehaal word om dit te bevestig.
70
09021915451002.txt
2,879
Maar ons weet dat die afname nie vinnig genoeg gebeur nie, nie eens teen die koers van 7% tot 10% wat ons vir onsself in verskeie kontakmisdaadkategorieë gestel het nie. Die feit dat voorvalle van gewelddadige inbrake in huise en besighede toegeneem het, en dat misdaad teen vroue en kinders nie beduidend afgeneem het nie, is rede tot groot kommer.
70
09021915451002.txt
2,880
Dit dui op swakhede in ons buurte, veral om bande van gemeenskaplike solidariteit te bou wat ons sal help om misdaad te voorkom en te bekamp. Dit dui op swakhede in die doeltreffendheid van die hofstelsel, beide met betrekking tot tegniese en ander infrastruktuur en bestuur.
70
09021915451002.txt
2,881
Hierdie is die kwessies wat nou aangespreek word deur omvattende veranderinge in die kriminele regstelsel.
70
09021915451002.txt
2,882
Tog, as ons heeltemal eerlik wil wees, moet ons nie die feit uit die oog verloor dat ons 'n stelsel beoordeel wat by verre meer legitimiteit geniet as wat ons ooit tevore in ons land gehad het nie.
70
09021915451002.txt
2,883
Dit is te danke aan die transformasie wat hierdie instansies ondergaan het betreffende hul doktrines, gebaseer op 'n kultuur van menseregte, hul demografiese samestelling en hul stelsels vir aanspreeklikheid.
70
09021915451002.txt
2,884
Maar ons moet onsself nie flous nie: soos op alle maatskaplike gebiede, is sulke transformasie steeds in wording. Ons het nog 'n ver pad om te gaan.
70
09021915451002.txt
2,885
Ek is seker dat die agbare lede sal saamstem dat die menslikheid van ons demokratiese bedeling uitdrukking behoort te vind in die mate waartoe ons aandag skenk aan die weerbaarste lede van ons samelewing.
70
09021915451002.txt
2,886
In hierdie opsig het ons, deur wetgewing, internasionale konvensies, regulasies en veldtogte, verseker dat daadwerklike pogings gemaak word om die toestande van kinders, vroue, mense met gebreke en bejaardes te verbeter.
70
09021915451002.txt
2,887
Deur bewusmakingsveldtogte en inderdaad as gevolg van die vennootskappe wat ons gesluit het met organisasies wat hierdie kwesbare groepe verteenwoordig, het ons bewustheid rondom die kwessies wat hulle beïnvloed verbeter; en toenemend die belangrikheid van hierdie sake aangemoedig.
70
09021915451002.txt
2,888
Ons kan byvoorbeeld met trots getuig dat huishoudings waar vroue aan die hoof staan 'n groter as gemiddelde deel van die maatskaplike toelaes ontvang het, insluitend behuising en gesondheidsorg; en dat van die suksesvolste programme dié rondom kinderimmunisasie en -voeding was.
70
09021915451002.txt
2,889
Tog is toegang tot werksgeleenthede 'n swaar las op plattelandse vroue, jeugdiges en mense met gebreke. MIV het die grootste impak op jong vroue. Geweld teen vroue en kinders is ook heeltemal te hoog.
70
09021915451002.txt
2,890
Al hierdie dinge verg aandag in die tyd wat kom.
70
09021915451002.txt
2,891
Dit is dan sommige van die vooruitgang wat die demokrasie meegebring het, en die vordering wat die Regering gemaak het om aan die verkiesingsmandaat te voldoen.
70
09021915451002.txt
2,892
Dit kan geensins ontken word dat die vooruitgang sedert 1994 gemeet aan enige maatstaf indrukwekkend is nie. Maar daar is ook geen twyfel dat daar nog baie uitdagings is nie.
70
09021915451002.txt
2,893
Ek het die lang pad na vryheid geloop. Ek het probeer om nie struikel nie; ek het 'n paar misstappe langs die pad gegee. Maar ek het die geheim ontdek dat, nadat jy 'n groot heuwel oorkom het, vind jy daar is nog soveel ander heuwels om te klim. Ek het 'n oomblik geneem om te rus, om vlugtig na die roemryke vista rondom my te kyk, om terug te kyk oor die afstand wat ek al afgelê het. Maar ek kan net vir 'n oomblik rus, want saam met vryheid kom verantwoordelikhede, en ek durf nie talm nie, want my lang pad is nog nie verby nie.
70
09021915451002.txt
2,894
Oor 'n paar maande van nou af sal die mense van ons land besluit wie se leierskap hulle verkies om die edel werk van hierdie groot vryheidsvegter en ander stigters van ons demokrasie voort te sit.
70
09021915451002.txt
2,895
Terwyl ons benaderings mag verskil, is die doelwitte waarvoor ons moet mik duidelik en ondubbelsinnig uiteengesit in ons Grondwet: om 'n verenigde, nie-rassige, nie-seksistiese, demokratiese en vooruitstrewende samelewing te skep wat 'n positiewe bydrae lewer tot die skep van 'n beter wêreld.
70
09021915451002.txt
2,896
Ses jaar gelede het die leiers van die mense bymekaargekom vir die Wêreldberaad oor Groei en Ontwikkeling en ooreengekom oor die take wat ons moet uitvoer om die lewenskwaliteit van Suid-Afrikaners te verbeter, spesifiek om werkloosheid en armoede teen 2014 te halveer.
70
09021915451002.txt
2,897
die skep van meer werk, beter werk en behoorlike werk vir almal deur hoër vlakke van belegging, openbarewerke-programme, sektor-vennootskappe en -strategieë, plaaslike verkryging, die bevordering van klein ondernemings en ondersteuning vir koöperasies die aanspreek van beleggingsuitdagings deur spaarfondse te verbeter, en om hulpbronne met betrekking tot pensioen- en voorsorgfondse, behuising, bydraes van die finansiële sektor en swart ekonomiese bemagtiging toepaslik aan te wend die bevordering van gelykheid, die ontwikkeling van vaardighede, die skep van ekonomiese geleenthede en die uitbreiding van dienste, plaaslike aksie en implementering vir ontwikkeling, insluitend die voorsiening van infrastruktuur en toegang tot basiese dienste.
70
09021915451002.txt
2,898
Ek is oortuig daarvan dat Suid-Afrikaners sal saamstem dat daar as deel hiervan en bykomend tot hierdie doelwitte 'n behoefte is om die onderwysstelsel te verbeter; om doeltreffende, behoorlike en billike gesondheidsorg te bied; om ons plattelandse gebiede te ontwikkel en voedselsekuriteit te verseker; en om die geveg teen misdaad en korrupsie te verskerp.
70
09021915451002.txt
2,899
Ek noem nie hierdie kwessies omdat hulle omvattend is of omdat ons alle probleme in ons samelewing sal oplos as ons hulle identifiseer nie. Die rede hoekom ek hulle noem is om die punt te beklemtoon dat Suid-Afrika nie 'n gebrek aan ideale het nie. Ons uitdaging is om hierdie ideale om te skakel in programme en projekte wat doeltreffend geïmplementeer kan word.
70
09021915451002.txt
2,900
Hierdie ideale word deur die hele mensdom gedeel, soos dit weerspieël word in die Verenigde Nasies se millennium ontwikkelingsdoelwitte.
70
09021915451002.txt
2,901
En tog word die mensdom vandag gekonfronteer met die gevaar dat die bereiking van hierdie doelwitte nog vir baie jare, indien nie dekades nie, uitgestel kan word weens die ekonomiese krisis wat die wêreld oorval het.
70
09021915451002.txt
2,902
Wat oppervlakkig as 'n finansiële krisis tussen 'n paar krediteure ontstaan het, het ontplof in 'n wêreldwye kredietnood, met erge gevolge vir werklike produksie en handel.
70
09021915451002.txt
2,903
Ons kan die gulsigheid, kortsigtigheid en sorgeloosheid van bestuurders van groot korporasies, wat die krisis bespoedig het, blameer. Ons kan regeringsbeleide verdoem wat nie behoedsaam was nie en toegelaat het dat die hebsug van ongereguleerde markte verwoesting saai onder finansiële stelsels. Ons kan al hierdie dinge doen, en ons sal heeltemal korrek wees.
70
09021915451002.txt
2,904
Maar tog is ons belangrikste en noodsaaklikste taak om die algehele gevolge van hierdie verwikkelinge op ons eie ekonomie en ons streek behoorlik te verstaan, en om antwoorde te vind wat die impak daarvan sal beperk, veral op die kwesbaarste sektore van ons samelewing.
70
09021915451002.txt
2,905
Wat ons wel weet, is dat ons land se regulerende omgewing en die teensikliese begrotingsbeleide wat ons aanvaar het, gehelp het om die ergste impak van die krisis te vermy.
70
09021915451002.txt
2,906
Maar ons is tog ten volle bewus dat die aanvraag na ons uitvoere verminder omdat ons sterk in die wêreldekonomie geïntegreer is; dat toegang tot finansies en kapitale invloei versleg het; dat laer aanvraag tot 'n afskaal in produksie gelei het; dat die skep van werk negatief beïnvloed is en dat personeelvermindering in sommige sektore 'n realiteit geword het.
70
09021915451002.txt
2,907
Hierdie probleme het saamgeval met 'n tydperk waarin inflasie en rentekoerse steeds te hoog was.
70
09021915451002.txt
2,908
Tesame voorspel hierdie dinge niks goed vir die inkomste wat ons nodig het om die voorsiening van dienste uit te brei en om ons infrastruktuur-projekte te implementeer nie. Daarom is ons gedwing om ons vooruitsigte met betrekking tot groei en werkskepping af te skaal.
70
09021915451002.txt
2,909
Ons weet ook dat Suid-Afrika veel minder geraak word as baie ander lande. Inderwaarheid kan Suid-Afrika en die res van die kontinent steeds groei verwag, al is dit teen 'n stadiger koers, in 'n tyd wanneer ander lande resessies ervaar of voorspel.
70
09021915451002.txt
2,910
In hierdie opsig, agbare lede, is ek bly om te berig dat ons tydens die interaksie tussen Die Kantoor van die President en leiers van verskeie maatskaplike vennote gesamentlik saamgestem het om bemiddelings daar te stel wat die impak van die krisis op ons samelewing sal beperk.
70
09021915451002.txt
2,911
Eerstens sal die Regering aanhou met openbare beleggingsprojekte, waarvan die waarde vermeerder is na R690 biljoen oor die volgende drie jaar. In hierdie opsig sal ons, waar nodig, kreatiewe maniere vind om fondse in te samel.
70
09021915451002.txt
2,912
Tweedens, sal ons openbaresektor-werkskeppingsprogramme uitbrei. Aan die een kant sal planne voortgaan om werksgeleenthede uit te brei in sektore soos gesondheid, maatskaplike werk, onderwys en wetstoepassingsagentskappe. Aan die ander kant sal ons die bekendstelling van die volgende fase van die Program vir Uitgebreide Openbare Werke bespoedig.
70
09021915451002.txt
2,913
Derdens, sal versagtende aksies binne die privaatsektor gedoen word om die buitensporige afname in belegging en onnodige sluiting van produksielyne of aanlegte teen te werk.
70
09021915451002.txt
2,914
Alternatiewe tot afleggings sal ondersoek word, insluitend langer vakansies, langer opleidingstye, korttyd en posdeling. Dit sal gekombineer word met die bevordering van die Trots Suid-Afrikaanse-veldtog en fermer optrede teen onwettige invoere.
70
09021915451002.txt
2,915
Vierdens, sal die Regering maatskaplike besteding handhaaf en uitbrei, insluitend om toenemend die Kindersorgtoelae na kinders tot en met 18 jaar uit te brei en die ouderdom waarop mans geregtig is om ouderdomspensioen te ontvang na 60 jaar verminder.
70
09021915451002.txt
2,916
Boonop sal ons die Maatskaplike Noodverligting-toelae en voedselsekuriteit-maatreëls meer gereeld aanwend, spesifiek om ook diegene te teiken wat nie deur die Werkloosheidsversekeringsfonds gedek word nie of wie se voordele uitgeput is.
70
09021915451002.txt
2,917
Ons sal ook aanhou om spesiale aandag te skenk aan die uitdaging van anti-kompeterende gedrag deur sommige van ons korporasies. In hierdie opsig prys ons die Kompetisiekommissie vir die ferm hand waarmee hulle verseker dat oortreders aan die pen ry.
70
09021915451002.txt
2,918
Ons hoop egter dat die burgerlike gemeenskap hul eie vlak van aktivisme sal verskerp om onder andere te verseker dat die voordeel deur die samelewing gevoel sal word soos wat insetkoste afneem.
70
09021915451002.txt
2,919
Hierdie onmiddellike maatreëls sal gelei word deur die beginsel van 'n teensikliese fiskale beleid. Ons sal nogtans verseker dat die leningsvlakke van die Regering versigtig en volhoubaar is. Dit impliseer ook 'n vinnige afname in regeringskuldvlakke wanneer toestande weer 'n gunstige wending neem.
70
09021915451002.txt
2,920
Ons pogings sal ook ingelig word deur die wete dat die maatreëls om die omgewing te beskerm en om die impak van klimaatsverandering af te weer ook kan bydra tot werkskepping.
70
09021915451002.txt
2,921
In beide die G20-vergaderings en ander interaksies met multilaterale instansies het ons regering redes aangevoer vir toepaslike en dringende ingrypings, veral ten opsigte van ontwikkelde lande waar die krisis ontstaan het en waar dit die ergste gevoel word. Ons glo dat die tyd nou aangebreek het om binnelandse regulasies en oorsigte oor die finansiële stelsel te verstewig, maar ook dat strenger toesig oor en optrede op 'n wêreldwye skaal onvermydelik en noodsaaklik geword het.
70
09021915451002.txt
2,922
Uiters belangrik is dat ons ook die integriteit van die wêreldhandelstelsel moet beskerm, die huidige samesprekings van die Doha-rondte moet voltooi en verseker dat ontwikkelingshulp nie afgeskaal word nie.
70
09021915451002.txt
2,923
Die grootste les om uit hierdie ervaring te leer is dat ons sterker vennootskappe tussen plaaslike en globale ekonomiese rolspelers nodig het, nie net om die impak van die krisis te stuit nie, maar ook om maatreëls in plek te stel wat 'n herhaling daarvan sal voorkom.
70
09021915451002.txt
2,924
In ons eie land sal ons al hierdie dinge doen as deel van die proses om ons samelewing op 'n pad van hoër groei en ontwikkeling te plaas. Dit gaan beteken dat dit effens langer gaan neem om 'n hoër trajek te bereik. Maar ons twyfel nie dat dit wel een of ander tyd sal aanbreek nie.
70
09021915451002.txt
2,925
In hierdie opsig sal dit uiters belangrik wees hoe ons die land posisioneer om voordeel te trek uit die unieke geleenthede wat oor ons pad gekom het. Ek verwys hier spesifiek na die FIFA-Wêreldbeker in 2010, sowel as die Konfederasiebeker 'n paar maande van nou af. Byna al die projekte en planne is voltooi of naby aan klaar - van stadions, vervoerinfrastruktuur, veiligheidsmaatreëls, kwessies rondom akkommodasie, tot gesondheid- en immigrasieplanne - wat die vertroue bevestig van die globale sokkerwêreld dat hierdie 'n waarlik suksesvolle toernooi sal wees.
70
09021915451002.txt
2,926
En ons glo, ná vyf agtereenvolgende oorwinnings, dat die nasionale sokkerspan nou met meer selfvertroue voorberei om bo verwagting te presteer!
70
09021915451002.txt
2,927
Maar meer as dit, die ware erfenis van hierdie skouspel sal ons vermoë wees om Suid-Afrikaanse en Afrika-gasvryheid en medemenslikheid ten toon te stel - om eens en vir altyd die persepsies oor ons land en ons kontinent in die oë van die wêreld te verander. Dit gaan van ons afhang, en daar kan nie 'n prys daaraan geheg word nie!
70
09021915451002.txt
2,928
Ons wil ook graag in hierdie opsig al ons sportspanne gelukwens wat Suid-Afrika se strewe na uitnemendheid gedurende die afgelope jaar bevestig het. 'n Spesiale woord van lof aan ons krieketspan wat die kruin van die wêreldranglys bereik het.
70
09021915451002.txt
2,929
Ons is natuurlik ook die rugby-wêreldkampioene; Giniel de Villiers en sy span het die Dakar-wedren gewen; ons paralimpiese atlete gee ons voortdurend 'n rede om trots te voel; en ons onder-20-sokkerspan het heel goed gevaar in 'n uiters kompeterende omgewing.
70
09021915451002.txt
2,930
Slegs twee weke gelede het Suid-Afrika saam met Mali 'n deel van die argiewe voltooi om die antieke manuskripte van Timboektoe te bewaar.
70
09021915451002.txt
2,931
Hierdie ryk erfenis dui op Afrika as die baken van wetenskap en letterkunde, filosofie en handel, wat verbreek is deur die slawehandel en 'n gejaag na Afrika se rykdom.
70
09021915451002.txt
2,932
Hierdie inisiatief kan ons aanspoor om saam te werk met ander lande op ons vasteland en verder weg om die toestande van mense te verbeter.
70
09021915451002.txt
2,933
Ons het inderdaad gedurende die afgelope 15 jaar nie 'n kans laat verbygaan om te verseker dat Afrika die hernuwing beleef in wat eintlik die Afrika-eeu moes wees nie. Stadig maar seker vorder ons vasteland na renaissance, met die belange van ons mense wat bo-aan ons leiers se agenda is. Ons vasteland wys die wêreld hoe hoop en deursettingsvermoë lyk.
70
09021915451002.txt
2,934
En dit is om hierdie rede, en slegs om hierdie rede, dat ons aanhou om die mense van Zimbabwe te probeer help om 'n blywende oplossing vir die krisis in daardie land te vind. Ons wil graag in hierdie verband al die partye in Zimbabwe gelukwens met die onderhandelinge wat hulle aangegaan het, met die uiteindelike prys wat nog altyd die wens van die mense van daardie land en die subkontinent as 'n geheel was, naamlik 'n stabiele en wettige regering wat die uitdagings wat deur die mense in die gesig gestaar word, wil aanspreek. Ons is opreg bemoedig dat die Zimbabwiese Parlement gister Wysiging 19 van die Grondwet aanvaar het, wat die basis vorm vir die implementering van 'n inklusiewe regering.
70
09021915451002.txt
2,935
Spesiale vermelding moet in hierdie opsig gemaak word van die SAOG-fasiliteerder, voormalige President Thabo Mbeki, en die span wat onvermoeid en geduldig gehelp het om die proses suksesvol te voltooi.
70
09021915451002.txt
2,936
Nou kan die heropbouwerk in erns begin, en Suid-Afrika is gereed om te help waar ons kan. In hierdie opsig is daar 'n dringende behoefte om die menseregte-krisis in daardie land te help aanspreek. Ons is vol vertroue dat die internasionale gemeenskap, omdat hulle omgee, saam met die mense van Zimbabwe sal werk om 'n nuwe pad vorentoe oop te maak.
70
09021915451002.txt
2,937
Ongeag die stampe en stote wat klaarblyklik die vordering van die mense van die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) op hul pad na stabiliteit en vooruitgang karakteriseer, is dit ook bemoedigend dat vooruitgang daar gemaak word.
70
09021915451002.txt
2,938
Die vennootskap wat die afgelope tyd ontstaan het tussen die leierskorps van die DRK en Ruanda beloof vooruitgang in die toekoms rakende sake soos veiligheid en die hantering van die menseregte-krisis; maar hopelik ook ten opsigte van politieke dialoog. Op dieselfde wyse sal ons aanhou om saam met ander lande en die Afrika-Unie te werk om hierdie doelwitte in Burundi, Soedan, Westelike Sahara, die Ivoorkus, Somalia en elders na te streef.
70
09021915451002.txt
2,939
Soos verskeie verwikkelinge tydens die afgelope paar maande bewys het, sal Suid-Afrika die voorreg as voorsitter van die SAOG gebruik om hierdie noodsaaklike streeksinstansie te versterk, met spesifieke klem op die implementering van beraadsbesluite en die versterking van strategiese streeksamehang.
70
09021915451002.txt
2,940
Terselfdertyd wil ons ook SAOG se interaksie met die Gemeenskapsmark vir Oos- en Suider-Afrika (COMESA) en die Oos-Afrika Gemeenskap (OAG) verbeter. Hierdie inisiatiewe sal onderneem word ten einde die diepgrondige verhoudings wat ons binne die Suider Afrikaanse Doeane-Unie geniet. te versterk eerder as te verswak.
70
09021915451002.txt
2,941
Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om die mense en leierskorps van Zambië, Ghana en die Verenigde State van Amerika geluk te wens met verkiesings wat simbolies die nougesette grense van hul lande oorgesteek het.
70
09021915451002.txt
2,942
Ons sal altyd poog om samewerking met hierdie en ander lande te versterk ten einde die mensdom tot voordeel te strek.
70
09021915451002.txt
2,943
Ons is bevoorreg om hierdie jaar die einde van die eerste dekade van ons diplomatiese verhouding met China te vier. Deur die jare het dit duideliker as ooit geraak dat hierdie vennootskap baie wedersydse voordele inhou.
70
09021915451002.txt
2,944
Ons wil ook graag weereens ons verbintenis bevestig aan die noue bande wat ons met Brazil en Indië gevorm het deur die IBSA; en ook die versterking van bande wat ons land gesmee het met Rusland en lande in Asië, die Midde-Ooste, sowel as Latyn- en Noord-Amerika.
70
09021915451002.txt
2,945
Ons het al op vele geleenthede ons kommer uitgespreek oor die volharding van konflik in die Midde-Ooste oor die algemeen, en spesifiek in Israel en Palestina. Ons afgryse met die onlangse eskalasie van die konflik en massiewe lewensverlies van veral burgerlikes - insluitend kinders, vroue en bejaardes - kan nie in woorde uitgedruk word nie.
70
09021915451002.txt
2,946
Daar is geen regverdiging vir sodanige dade van moedswillige vernietiging en wreedheid nie. En ons hoop hierdie keer dat hernude pogings deur die internasionale gemeenskap om blywende oplossings vir hierdie konflik te vind, vrugte sal afwerp sodat die Israeliete en die Palestyne as bure vrede en sekuriteit kan geniet binne hul soewereine gebiede.
70
09021915451002.txt
2,947
Ons spesiale gelukwensing gaan aan die Regering en mense van Kuba met die 50ste herdenking van hul soewereiniteit en, daarmee saam, die vryheid om hul eie ontwikkelingspad te kies.
70
09021915451002.txt
2,948
Ons was gedurende die afgelope jaar in staat om verdere onderhandelinge met die Europese Unie te voer oor ons strategiese vennootskap; en ons hoop dat die goeie gees waarin die gebeure plaasgevind het, sal voortduur soos ons die multilaterale onderhandelinge oor die ekonomiese vennootskapooreenkomste met lande in ons streek finaliseer.
70
09021915451002.txt
2,949
Ons sien ook uit daarna om hierdie vennootskap te versterk wanneer ons later hierdie jaar die Suid-Afrika-EU-beraad aanbied.
70
09021915451002.txt
2,950
Saam met ander suidelike lande sal ons aanhou om die saak van die herstrukturering van die Verenigde Nasies, die Internasionale Monitêre Fonds en ander multilaterale instansies na te streef, sodat hulle die veranderde en veranderende globale werklikheid weerspieël en op 'n demokratiese, gelyke en openlike wyse bedryf word.
70
09021915451002.txt
2,951
Ons verbind onsself ook daartoe om te voldoen aan die oogmerke van internasionale ooreenkomste, insluitend die Kyoto Protokol en die opvolgers daarvan, tot voordeel van toekomstige generasies van ons eie mense en mense regoor die wêreld.
70
09021915451002.txt
2,952
Daar is twee basiese beginsels wat ons lei in ons strewe: die noodsaaklikheid om die mandaat uit te voer wat in 2004 aan hierdie regering gegee is; en om seker te maak dat die Regering wat ons opvolg na die verkiesing 'n platform kry wat gereed is vir die implementering van programme sonder onnodige oponthoud.
70
09021915451002.txt
2,953
In die volgende paar maande wat die nasionale en provinsiale verkiesings voorafgaan, sal ons poog om ons algemene mandaat uit te voer.
70
09021915451002.txt
2,954
Hierdie en ander programme, insluitend die Apex-Prioriteite wat in verlede Februarie se Staatsrede geïdentifiseer is, vorm die basis van ons pogings om aan ons mandaat te voldoen en die grondwerk vir die toekoms te doen.
70
09021915451002.txt
2,955
Ons sal ons pogings verskerp, geïnspireer deur die entoesiasme, hoop en veerkragtigheid van die Suid-Afrikaanse mense in 'n strewe na dit wat die beste is vir ons almal. Dit, hoofsaaklik, is die bron van ons vertroue wanneer ons sê dat dit goed gaan met ons nasie. Ons demokrasie is gesond. Dit word toenemend sterker.
70
09021915451002.txt
2,956
En dus, in die woorde van voormalige President Mandela, "durf ons nie talm nie, want ons lang pad is nog nie verby nie".
70
09021915451002.txt
2,957
Ek dank u.
71
09030516451001.txt
2,959
Geagte programdirekteur, verskeie verteenwoordigers van organisasies wat betrokke is by die projek, begunstigdes van die projek, senior amptenare van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, dames en here.
71
09030516451001.txt
2,960
Soos altyd is dit vir my 'n voorreg om op plekke te kom waar die Departement van Landbou in die Wes-Kaap intens betrokke is by ons mense wat voorheen nie deel was van landbou anders as om net maar gewone werkers te wees en nie die hoop gehad het om eendag ook as volwaardige boere 'n lewe te maak uit landbou nie.
71
09030516451001.txt
2,961
Dit is nog lekkerder as ek weet dat dit nie net die regering is wat by projekte betrokke is om die ongelykhede van die verlede uit te wis nie, maar dat kommersiële boere en georganiseerde landbou en privaat instansies, almal betrokke is om seker te maak dat ons 'n vennootskap het wat werk en wat toesien dat bemagtiging in landbou in die Wes-Kaap volhoubaar plaasvind.
71
09030516451001.txt
2,962
Ek is absoluut oortuig daarvan dat hierdie projek 'n sprekende voorbeeld hiervan is.
71
09030516451001.txt
2,963
Die Elim Melkeryprojek het sy ontstaan te danke aan die Elim-gemeenskap se behoefte om natuurlike hulpbronne tot hul beskikking optimaal te benut. So is daar ses jaar gelede 'n melkery op Elim geïdentifiseer en is die Departement van Landbou in die Wes-Kaap genader om met die beplanning van die melkery te begin. Daarna moes die skep van die nodige infrastruktuur kom en uiteindelik moes die produksie-eenheid behoorlik in werking gestel word.
71
09030516451001.txt
2,964
Soos dit soms maar gaan het skepping van die infrastruktuur langer as die beplande skedule geneem en is daar besluit om na strategiese vennote te soek om te help met die inwerkingstelling van die produksie-eenheid.
71
09030516451001.txt
2,965
Insetkosteverskaffers wat bestaan uit Overberg Agri-Landbou Besigheid, die veevoermaatskappy mMeadow, die chemiese maatskappy Terrason, kunsmisverskaffer Omnia, Erasmus Petroleum wat brandstof voorsien en die maatskappy wat drade en pale verskaf, Cape Gate. So u sien dat daar 'n groot aantal rolspelers is wat 100 persent aan die projek verbind is.
71
09030516451001.txt
2,966
Ek glo die projek bevat al die elemente om 'n sukses te maak. Dit het al die bestanddele van 'n suksesvolle boerdery.
71
09030516451001.txt
2,967
Die oogmerk was om met 40 koeie te begin en die projek so uit te bou dat dit as 'n volwaardige besigheidseenheid kan opereer.
71
09030516451001.txt
2,968
Daar is twee besigheidsentiteite geskep. Een waarin die melkery gesetel sal wees en tweede waarin koeie wat ingehuur sal word, opgeneem sal word. Albei gevalle met volwaardige direksies.
71
09030516451001.txt
2,969
Ons glo dat die projek homself daartoe leen vir uitstekende toepassing van swart ekonomiese bemagtigingsprojek (SEB) binne landbou en spesifiek ten opsigte van die fasilitering van spesiaal gestruktureerde lenings deur banke waardeur die opkomende gemeenskap melkkoeie kan aankoop. Hierdeur kry die gemeenskap die geleentheid om volwaardig tot landbou toe te tree soos enige kommersiële boer.
71
09030516451001.txt
2,970
Suiwel sal as gesonde voedsel direk in opkomende markte se huise ingedra word deurdat hulle eienaarskap opgeneem het en op die manier kan suiwel deel wees van die regering se strewe om deur middel van sy Accelerated and Shared Growth Initiative for South Africa (AsgiSA)-program ses persent groei in die ekonomie te laat plaasvind.
71
09030516451001.txt
2,971
Kommersiële suiwelprodusente kan volgens die unieke konsep ook koeie verhuur aan die projek en daardeur punte op hul SEB-telkaart kan verwerf. Werkers van suiwelprodusente kan deur middel van 'n lening of deur 'n skenking van die werknemer beeste verhuur aan die Elim-projek.