document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
57
07112614451005.txt
2,458
Dit is amper asof die geskiedenis homself herhaal op dag en datum. Verlede jaar het ek op 24 November 2006 in amper soortgelyke projek in 'n ander deel van die provinsie, naamlik Op die Berg naby Piketberg, 'n behuisingsprojek aan 56 gesinne oorhandig. Wat nog meer merkwaardig is, is dat die twee projekte feitlik dieselfde naam het. Die ander projek staan bekend as die Oak View Village.
57
07112614451005.txt
2,459
By daardie geleentheid het ek onder andere gesê, en ek haal aan: Die afgelope twee weke was werklik waar 'n tydperk van hoogtepunte en laagtepunte vir ons in landbou. Twee Saterdae gelede het ons 'n wonderlike ervaring gehad waar ons nie minder as agt bemagtigingsprojekte aan plaaswerkers oorhandig het waar hulle nou ook volwaardig deel sal hê aan dieselfde boerdery-aktiwiteite waar hulle tot nou toe net werkers was.
57
07112614451005.txt
2,460
Die Maandagoggend is ons almal geruk deur die grusame ongeluk waarin plaaswerkers hulle lewe verloor het op pad werk toe. In die twee weke tot nou toe het ons as provinsie en landbougemeenskap gewys dat elkeen vir ons belangrik is in hierdie groter familie. Die regering van die Wes-Kaap, private ondernemings, die breë gemeenskap en die landbougemeenskap het onmiddellik gereageer om die groot verlies vir die agtergeblewenes sowel as die geaffekteerde persone so lig as moontlik te maak.
57
07112614451005.txt
2,461
U weet almal van die twee padongelukke wat die lewens van plaaswerkers die afgelope twee weke geeis het. Hierdie gebeure het ook weer eens die lot van plaaswerkers onder die soeklig gebring, en mense wat nie weet nie vra vir ons wat doen julle om plaaswerkers se omstandighede te verbeter.
57
07112614451005.txt
2,462
Nog 'n belangrike fokus vir hierdie jaar sal die heropleiding van werklose uitgesette plaaswerkers wees. Hierdie groep is regtig kwesbaar en al is die bestuur of beheer van uitsettings nie ons mandaat nie, lê die verknorsing waarbinne hulle hul dikwels bevind, my na aan die hart. Vir hierdie rede gaan ons poog om aan hierdie groep mense nuwe vaardighede soos sweiswerk, basiese konstruksiewerk en instandhouding van besproeiingstelsels, te bied. Ook het ons vroeër hierdie week 'n uiters suksesvolle konferensie vir sowat 300 plaaswerkers, produsente en kundiges aangebied oor alkoholmisbruik onder plaaswerkers en die moontlike voorkoming daarvan. Ons help alreeds vir FASfacts, 'n nie-regeringsorganisasie wat op fetale alkoholsindroom fokus, 'n bydrae van R738 928 gegee om opleiding aan leerders sowel as volwassenes te bied. Hierdie is 'n vierjaar projek.
57
07112614451005.txt
2,463
Een van die plaaswerker-ontwikkelingsinisiatiewe waarop ek geweldig trots is, is ferm gebou op vennootskappe. Die idee is om die lewensomstandighede van plaaswerkerkinders in die Aan De Doorns-omgewing te verbeter en die groot behoefte aan 'n veeldoelige gemeenskapsaal, 'n addisionele klaskamer, 'n crèche en sportfasiliteite aan te spreek. Die grond langs die Aan De Doorns Primêre Skool is deur die plaaslike boer, Steven Hugo, beskikbaar geste.
57
07112614451005.txt
2,464
In die Wes-Kaap wil ons hê dat die woorde; Waardigheid, Billikheid en Welvaart nie net dooie woorde sal wees nie, maar dat 'n lewende werklikheid vir elke inwoner van hierdie provinsie sal wees in ons strewe om 'n tuiste vir almal in die Wes-Kaap te skep. Binne in hierdie proses is dit egter so dat ons as Regering dit nie alles alleen kan doen nie, maar het ons almal se samewerking nodig om die ongeregtighede van die verlede aan te spreek en die regering se planne tot uitvoer te bring. Een van daardie doelwitte is om aan mense die reg te gee tot toegang tot huisvesting.
57
07112614451005.txt
2,465
Hierdie tuiste wat die regering wil skep vir almal, beteken ook dat ons projekte soos hierdie waarby u betrokke is in ons gemeenskappe wil vestig om u deel te laat hê aan welvaart wat ons in die Provinsie wil skep. Dit beteken ook dat elkeen 'n blyplek van sy eie sal hê waarop hy of sy trots kan wees. Dit beteken ook dat baie van u wat u lewe hier deurgebring het nie hiervandaan hoef pad te gee nie.
57
07112614451005.txt
2,466
As Minister van Landbou in die Wes-Kaap is ek bekommerd oor die bewerings dat daar toenemende voorvalle rondom uitsettings en die hele kwessie van verblyfreg is. Nie net bring dit onsekerheid by u as mense wat lank op 'n sekere plek gewerk het nie, maar bring dit ook spanning mee binne die landbousektor en meng dit in met die hooftaak van landbou, naamlik om toe te sien dat daar kos op die tafel van die mense van hierdie land is. Dit kan ook 'n verkeerde beeld skep by die mense in die buiteland waarna ons, ons produkte uitvoer en hulle mag net besluit dat hulle nie meer ons produkte wil koop nie. Die gevolg hiervan is dat daar 'n vermindering aan inkomste is wat daartoe kan ly dat mense afgedank word en hulle inkomste verloor.
57
07112614451005.txt
2,467
Dit is vir ons aangenaam om te weet dat dit nie net die regering is wat by projekte betrokke is om die ongelykhede van die verlede uit te wis nie, maar dat kommersiële boere en georganiseerde landbou en privaat instansies, almal betrokke is om seker te maak dat ons 'n vennootskap het wat werk en wat toesien dat bemagtiging in Landbou in die Wes-Kaap behoorlik plaasvind. Hierdie projek is 'n sprekende voorbeeld hiervan.
57
07112614451005.txt
2,468
Hoekom is ons saam met u bly oor wat vandag hier gebeur?
57
07112614451005.txt
2,469
Vandag word die titelaktes van 107 huise aan inwoners oorhandig tesame met 'n ouetehuis met agt wooneenhede vir egpare. Daar is nog een bewoonbare eenheid wat nie vandag oorhandig gaan word nie.
57
07112614451005.txt
2,470
Daar is ook ander geboue en fasiliteite wat aan die Oaks Village Korporasie oorgedra word.
57
07112614451005.txt
2,471
Programdirekteur, ek wil afsluit deur vir u te sê dat met die oorhandiging van hierdie 107 huise en ander fasiliteite wys ons vir u wat gedoen kan word wanneer ons mekaar se hande vat. Hierdie is 'n gebeurtenis wat deur die regering saam met produsente geskep is om aan u te sê dat ons ernstig is om die ongelykhede van die verlede uit te wis. Ons wil hê dat u moet voel soos ware huisgenote in die tuiste vir almal wat deur die ANC regering in die Wes-Kaap gevestig word.
57
07112614451005.txt
2,472
Ek wil my dank aan al die Molteno Broers Trust betuig vir die toewyding aan die projek, nie omdat u gedwing voel nie, maar omdat u glo dat dit die regte ding is om te doen deur ook aan ander die geleentheid te bied wat vir baie jare van hulle ontneem is. Ek wil ook my dank aan die amptenare van die Departement van Grondsake oordra vir die werk wat u ingesit het om die projek tot op hierdie stadium te bring. Ek wil ook in dieselfde asem vir die begunstigdes vra om hierdie bates wat julle nou bekom het, op te pas en te versorg sodat julle kinders en hulle kinders ook voordeel daaruit kan trek.
58
08022110151002.txt
2,474
Veroorloof my om by hierdie geleentheid van die voorlaaste Gesamentlike Sitting van die derde Parlement vir die jaarlikse debat oor die stand van ons nasie, al die agbare lede van die Parlement 'n voorspoedige en produktiewe nuwe jaar toe te wens.
58
08022110151002.txt
2,475
Ek vertrou dat 2008 een van die merkwaardigste jare van ons demokrasie sal wees, soos wat ons almal saamwerk om die kernstrewe van ons mense te verwesenlik om 'n beter lewe vir almal te bewerkstellig. Ek sê dit want, na ons oordeel, is dit selde dat daar 'n beroep gemaak word op 'n nasie word om alles moontlik te doen om 'n droom te verwesenlik. En sodanig is dit die opdrag wat die geskiedenis ons vandag oplê.
58
08022110151002.txt
2,476
Mevrou die Speaker, ek praat vandag in die teenwoordigheid van my moeder, Epainette Mbeki, MaMofokeng, wat 'n ondubbelsinnige boodskap gebring het van die landelike mense van Transkei, tussen wie sy al dekades lank woon. Sy sê dat hierdie menigte van almal van ons wat daarop aanspraak maak dat ons hul leiers is, eis dat ons hulle en ander soos hulle elders in die land, kan verseker dat ons steeds verbind is tot die onderneming wat ons gemaak het dat môre beter sal wees as vandag. Oor agt dae, op 16 Februarie, sal sy 92 jaar oud wees. Sy wil die waarheid as 'n verjaarsdaggeskenk hê. Ek dank haar dat sy die moeite gedoen het om vandag saam met ons te wees, en vertrou dat ons haar nie sal teleurstel nie.
58
08022110151002.txt
2,477
Ek wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om hulde te bring aan President Nelson Mandela, een van die uitmuntende stigters van ons demokrasie, wat op 18 Julie vanjaar sy 90ste verjaarsdag sal herdenk.
58
08022110151002.txt
2,478
Ons verwelkom Mnr Dinilesizwe Sobukwe, seun van die uitstaaande patriot en leier, Robert Sobukwe, wat ook 30 jaar gelede oorlede is nadat hy baie jare se tronkstraf, verbanning en ander vorme van onderdrukking verduur het. Ons gee erkenning aan die menige stigters van die United Democratic Front, 25 jaar gelede, wat vandag beide as agbare lede en gaste teenwoordig is.
58
08022110151002.txt
2,479
Al hierdie agbare gaste wat herinnering sowel as hoop verteenwoordig, herinner ons deur hul teenwoordigheid dat ons taak dié is van 'n afloswedloop van voortdurende hergeboorte sodat die droom van 'n beter lewe 'n werklikheid word vir alle Suid-Afrikaners. Hulle verteenwoordig inderdaad 'n feesviering van die onblusbare gees van ons mense, en stel 'n uitdaging aan ons almal om só op te tree dat ons nie die verwagtinge van die mense verraai of teleurstel nie.
58
08022110151002.txt
2,480
Ons staan op die vooraand van die laaste volledige finansiële jaar van die huidige en derde demokratiese parlement en regering, waarna ons binnekort ons vierde algemene verkiesing sal hou. Die Regering het dus 'n oorsig gedoen van die vordering wat gemaak is met betrekking tot die implementering van die mandaat wat deur die mense gegee is in 2004.
58
08022110151002.txt
2,481
Ek is verheug om te sê dat ons inderdaad baie uitgerig het om die verbintenisse wat ons aan die mense in 2004 gemaak het, te implementeer. Maar - en glad nie onverwags nie - is dit duidelik dat ons in hierdie verband nog baie uitstaande werk het om te doen.
58
08022110151002.txt
2,482
Aangesien ons die einde van ons mandaattydperk nader, het die Regering besluit om 'n lys top-prioriteite te identifiseer waarop daar op 'n spesiale manier gefokus moet word. Dit sal gebruik word om die doelwitte wat die mense ons opdrag gegee het om na te streef, nog vinniger te bereik.
58
08022110151002.txt
2,483
Gelukkig het hierdie Staatsrede my die geleentheid gebied om verslag te doen aan die Regering en die mense ten opsigte van 24 top-prioriteite, wat vir eerbare lede beskikbaar sal wees op die Regering se webtuiste gedurende die verloop van volgende week.
58
08022110151002.txt
2,484
Die identifisering van die top-prioriteite beteken dat al drie sfere van die Regering - nasionaal, provinsiaal en plaaslik - op uitvoerende sowel as administratiewe vlak, hierdeur 'n beliste onderneming maak dat ons die kort tydperk wat vir ons voorlê sal benut om ons strewe na die verwesenliking van die allerbelangrike doelwit van 'n beter lewe vir al ons mense, met mag en mening te bevorder.
58
08022110151002.txt
2,485
Ons regeringstelsel in sy geheel onderneem dus dat, in die tydperk wat voorlê, hy sy beste sal doen om die opdrag van "Besigheid Buitengewoon" uit te voer! Wanneer ons praat van "Besigheid Buitengewoon" verwys ons nie na enige veranderings in ons bestaande beleide nie, maar wel na die spoedige, doeltreffende en doelmatige implementering van hierdie beleide en programme, sodat die lewensgehalte van ons mense ten goede kan verander, eerder vroeër as later.
58
08022110151002.txt
2,486
Om te verseker dat dit gebeur, het ons die nodige stappe geneem om seker te maak dat die jaarlikse Begroting wat die Minister van Finansies later hierdie maand sal voorlê, die nodige toewysings sal maak om ons van die middele te voorsien om die top-prioriteite te implementeer.
58
08022110151002.txt
2,487
die verdere versnelling van ons ekonomiese groei en ontwikkeling n versnelling in die proses van die oprigting van infrastruktuur om ons ekonomiese en maatskaplike doelwitte te bereik n verbetering in die doeltreffendheid van ons ingrypings wat gerig is op die Tweede Ekonomie en die uitwissing van armoede n verbetering in die impak van ons programme wat gerig is op die krities belangrike gebied van onderwys en opleiding n versnelling in ons strewe om die doelwit van gesondheid vir almal te bereik die opknap van ons strafregstelsel om ons geveg teen misdaad te verskerp n verdere versterking van die Regering se werksaamhede om te verseker dat dit die kapasiteit het om aan ons ontwikkelingsdoelwitte te voldoen n verbetering in ons fokus op sleutelgebiede met betrekking tot ons stelsel van internasionale betrekkinge, met spesifieke fokus op sommige Afrika-aangeleenthede en Suid-Suid-betrekkinge.
58
08022110151002.txt
2,488
Die situasie wat ons land en nasie in die gesig staar, en die take wat ons onsself opgelê het, vereis nou, meer as ooit tevore, dat ons ons mense inspireer en organiseer om saam te staan, om alles te doen wat gedoen moet word, en om te begryp dat, in die ware sin van die woord, ons toekoms in ons almal se hande is!
58
08022110151002.txt
2,489
Terwyl ons saamstaan oral in ons land, moet ons ook begryp dat ons nou te make het met "Besigheid Buitengewoon"!
58
08022110151002.txt
2,490
Terwyl ek hierdie toespraak voorberei het, het een van my kollegas aangevoer dat ons land geteister word deur sterk dwarswinde wat dit veral moeilik maak om te voorspel waar ons land more gaan wees.
58
08022110151002.txt
2,491
Hy het voorgestel dat ek die welbekende woorde waarmee Charles Dickens sy novelle A Tale of Two Cities geopen het, aanhaal om die werklikheid wat ons in die gesig staar, vas te vang.
58
08022110151002.txt
2,492
U mag vra of ek saamstem met hierdie evaluering, en of ek ook glo dat ons 'n tydperk van verwarring betree het, waar ons nie anders kan as om die pad byster te raak nie, onseker waarheen ons op pad is, onvas op ons voete, bang vir die toekoms!
58
08022110151002.txt
2,493
My antwoord op hierdie vraag is 'n besliste Nee! Soos die res van ons regering, is ek oortuig daarvan dat die grondslag wat gelê is vir ons land se vooruitgang gedurende die afgelope 14 jaar nog steeds in plek is. Dit voorsien ons nog steeds van 'n sterk basis van waar ons moet voortgaan terwyl ons doelgerig streef om die doelwit van 'n beter lewe vir al ons mense te bereik. Daarom moet ons almal weereens bevestig dat ons op koers sal bly terwyl ons voortgaan in ons strewe om hierdie nasie 'n wenner te maak.
58
08022110151002.txt
2,494
Soos al die agbare lede, is ek egter bewus van die feit dat baie mense in ons gemeenskap geteister word deur 'n diepliggende gevoel van onrus oor waar ons land more gaan wees.
58
08022110151002.txt
2,495
Hulle is besorg oor die nasionale noodtoestand waarin ons land gedompel is as gevolg van die onverwagte onderbrekings in elektrisiteitsvoorsiening.
58
08022110151002.txt
2,496
Hulle is besorg oor sekere verwikkelings in ons ekonomie, veral die bestendige toename in rentekoerse en kos- en brandstofpryse wat die veral die armes nog armer maak. Sommige mense is bekommerd oor die moontlike uitwerking wat die dreigende ekonomiese reses in die Verenigde State op ons eie ekonomie mag hê.
58
08022110151002.txt
2,497
Hulle is bekommerd oor ons vermoë om die demokratiese regte en die demokratiese Grondwet wat uit enorme opofferings gebore is, te beskerm. Hierdie kommer word aangevuur deur verwikkelings soos die vervolging van die Nasionale Kommisaris van die Polisie, die skorsing van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, en vrese rondom die bedreiging van die onafhankliheid van die regstelsel en landswette, en die huidige aantygings oor die misbruik van regeringsmagte vir politieke doeleindes.
58
08022110151002.txt
2,498
Hulle is besorg dat ons land moontlik bedreig word deur die anargie wat verteenwoordig is deur die kriminele brandstigting wat verlede maand plaasgevind het op ses passasierstreine in Tshwane.
58
08022110151002.txt
2,499
Alhoewel hulle die reg van die regerende party om sy eie sake te behartig erken en respekteer, is hulle besorg dat die party moet voortgaan om sy rol te vervul as een van die hoofargitekte van 'n demokratiese, nie-rassistiese, nie-seksistiese en vooruitstrewende Suid-Afrika.
58
08022110151002.txt
2,500
Dit sal duidelik onverantwoordelik wees om hierdie en ander besorgdhede te ignoreer en hulle af te maak as die tipiese gesanik van doemprofete. Die werklike uitdaging is om op hierdie besorgdhede ag te slaan op so 'n wyse dat dit 'n duidelike boodskap aan almal in ons land uitdra en aan die miljoene mense in Afrika en elders in die wêreld wat ons land met belangstelling dophou. Hierdie boodskap is dat ons ferm staan by ons besluit om voort te gaan om 'n Suid-Afrika te bou wat hoop bied aan ons mense sowel as baie ander buite ons grense.
58
08022110151002.txt
2,501
Ek wil dit dus duidelik stel dat hierdie geskiedkundige oomblik vereis dat ons land verenig soos nog nooit tevore nie, en dat ons alles in ons vermoë moet doen om ons gemeenskaplike uitdagings aan te spreek en om die droom te behou wat ons almal aangespoor het gedurende ons lang en ongekaarte tog na die skepping van die Suid-Afrika wat in ons Grondwet vorm aangeneem het.
58
08022110151002.txt
2,502
Die nasionale noodtoestand wat veroorsaak is deur die huidige kragonderbrekings bied 'n uitdaging en die geleentheid aan ons hele nasie om gehoor te gee aan die beroep wat ons so pas gedoen het dat ons almal moet saamstaan om ons land op koers te hou. Dit sê aan ons almal dat ons inderdaad 'n tydperk van uitdagings in die gesig staar, maar hierdie uitdagings is oorkombaar. En juis omdat dit 'n tydperk van uitdagings is, is dit ook 'n tydperk van geleenthede!
58
08022110151002.txt
2,503
Dit is egter ook nodig dat ons van hierdie geleentheid gebruik maak om namens die Regering en Eskom die land om verskoning te vra vir die nasionale noodtoestand wat tot gevolg gehad het dat ons almal die gevolge van beurtkrag moes ervaar. Ek wil ook alle landsburgers bedank vir hul deursettingsvermoë en geduld in die lig van die huidige moeilikhede.
58
08022110151002.txt
2,504
Gedurende die afgelope twee weke het die ministers van minerale en energiesake en van openbare ondernemings die aard van die noodtoestand wat ons in die gesig staar, omskryf asook wat elkeen van ons kan doen om die toestand te normaliseer. Verlede week het die agbare lede die geleentheid gehad om oor hierdie aangeleenthede te besin.
58
08022110151002.txt
2,505
Uiteraard het die aansienlike styging in die behoefte aan elektrisiteit gedurende die afgelope twee jaar die nuwe kapasiteit wat ons beskikbaar gestel het oorskry. Die inperking in voorsiening wat daardeur teweeg gebring is, maak die stelsel kwesbaar vir enige insident wat die beskikbaarheid van energie kan beïnvloed. Die huidige situasie verg dat ons onbeplande kragonderbrekings moet verminder, en die enigste manier waarop ons dit onmiddelik kan doen, is om die aanvraag te verminder en gevolglik 'n beter reserwegrens te verseker.
58
08022110151002.txt
2,506
As die Regering, is dit ons taak om die land nou te lei en te verenig in die veldtog vir energiedoeltreffendheid wat hierdie uitdaging sal aanspreek. Ons moet, onder andere, die huidige teenspoed aanwend om te verseker dat ons huise en ekonomie meer energiedoeltreffend word.
58
08022110151002.txt
2,507
Daar is daadwerklike stappe wat elke indivdu, huishouding en besigheid kan neem. Hierdie inligting word deur die Departement van Minerale en Energiesake versprei en ons verwelkom enige ander voorstelle wat u, ons medeburgers, aan ons wil maak en met mekaar wil deel.
58
08022110151002.txt
2,508
Die Regering sal begin met die implementering van 'n veldtog om doeltreffende beligting te verseker, asook watervehitting deur middel van sonkrag, die beheer van die las van warmwatertoestelle in huishoudings, insluitend behuisingstandaarde vir alle nuwe huise en ontwikkelings. Ons maan alle huishoudings wat dit kan bekostig om dit te oorweeg om onmiddelik hierdie energiebesparingsmaatreëls te implementeer.
58
08022110151002.txt
2,509
Alle regeringsgeboue is aangesê om hulle elektrisiteitsverbruik te verminder, en neem asseblief die vrymoedigheid om diegene wat dit nie doen nie, by die naam te noem.
58
08022110151002.txt
2,510
Die besonderhede van ander vrywillige en verpligte optredes in die Kragbesparingsprogram is deur die ministers uiteengesit en sal verfyn word deur middel van samesprekings met die onderskeie belanghebbendes. Dit sal dan gepubliseer word.
58
08022110151002.txt
2,511
Die massiewe Eskom-bouprogram ten opsigte van nuwe opwekking- , transmissie- en verspreidingskapasiteit sal voortgaan; en waar moontlik sal sommige projekte bespoedig word. In hierdie opsig, wil ek die privaatsektor bedank vir hul bereidwilligheid om ons op enige moontlike wyse behulpsaam te wees. Tydens 'n vergadering met die Voorsitter van General Electric verlede week, het General Electric aangebied om hulp te verleen deur skaars turbinetoerusting names ons aan te koop. In Suid-Afrika is groot maatskappye soos Sasol, Anglo en BHP Billiton almal betrokke by samesprekings met die departemente van minerale en energiesake en van openbare ondernemings om koste-effektiewe en volhoubare oplossings te vind vir die voorsieningsbeperkinge. Die benadering is een van gesamentlike optrede eerder as wedersydse verwyt..
58
08022110151002.txt
2,512
Ek wil veral die mynbedryf loof vir die manier waarop hulle ons en die ekonomie behulpsaam was om 'n werklike krisis wat ons op 24 Januarie getref het, op te los. Ons sal almal saamwerk om die negatiewe uitwerking wat hierdie gebeure op die ekonomie gehad het, hok te slaan.
58
08022110151002.txt
2,513
Gesamentlike pogings en beraadslaging is die kern in ons antwoord op hierdie noodtoestand. Taakspanne is tans werksaam in baie gebiede. Aanstaande week sal die provinsiale premiers met die burgemeesters vergader om energiebesparingsmaatreëls te beplan en te implementeer in al die munisipaliteite regoor die land. Hulle sal ondersteun word deur die tegniese spanne van EDI Holdings, Eskom en die Nasionale Agentskap vir Energiedoeltreffendheid. Die Departement van Provinsiale en Plaaslike Regering sal hierdie aktiwiteite koördineer en sal bygestaan word deur die departemente van minerale en energiesake en van openbare ondernemings.
58
08022110151002.txt
2,514
Ons staar 'n noodtoestand in die gesig, maar ons kan die probleme in 'n relatiewe kort tydjie oorbrug. Hierdie situasie het die onvermydelike besef dat die tydperk van goedkoop en voldoende elektrisiteit op 'n einde is, verhaas. In die lig van ons groot basis van geïnstalleerde opwekkingskapasiteit, sal ons ekonomie egter nog vir geruime tyd een van die min ekonomieë wees met bekostigbare elektrisiteit.
58
08022110151002.txt
2,515
Ons ekonomie is gebaseer op ons minerale hulpbronne. Ons moet dus voortgaan om die mynbedryf te ondersteun. Dit is onvermydelik dat, indien ons voortgaan om te groei as 'n vervaardigingsland, ons ook sal moet voortgaan om die prosesseringsbedryf te ondersteun. Dit is egter noodsaaklik dat alle ondernemings meer energiedoeltreffend word. Energiedoeltreffendheid het inderdaad ekonomiese geleenthede tot gevolg.
58
08022110151002.txt
2,516
Laat ons dus hierdie noodtoestand gebruik om die eerste boublokke te lê van die noodsaaklike energiedoeltreffende toekoms wat ons nie kan vermy nie. Kom ons verseker dat almal aan boord is om die ontwrigtings wat ons getref het, aan te spreek, geïnspireer deur die wete dat ons omstandighede nou vra vir "Besigheid Buitegewoon"!
58
08022110151002.txt
2,517
Dit is presies dieselfde benadering wat ons moet aanneem terwyl ons voortgaan met voorbereidings om as gasheer op te tree tydens die FIFA Konfederasiebeker-toernooi in 2009 en die 2010 FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi, wat 854 dae van nou af sal afskop. Ek verwys vandag na hierdie belangrike gebeurtenis, want die uitdagings wat ons tans in die gesig staar het daartoe gelei dat sommige mense elders in die wêreld weereens wonder of ons in staat is om hierdie toernooie suksesvol aan te bied.
58
08022110151002.txt
2,518
Ek twyfel natuurlik glad nie dat ons ons beloftes sal gestand doen aan FIFA en die wêreldgemeenskap van sokkerspelers en -liefhebbers nie om al die nodige omstandighede te skep om die beste FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi ooit aan te bied.
58
08022110151002.txt
2,519
Die indruk wat ons kry onder alle sektore van die Suid-Afrikaanse gemeenskap en oor ons grense heen, en wat verteenwoordig word deur die werklike daaglikse vooruitgang wat gemaak word in ons algehele voorbereidings is een van "Besigheid Buitegewoon": almal aan boord vir 2010! En ons moet seker maak dat ons hierdie benadering volhou.
58
08022110151002.txt
2,520
Ons is heeltemal bewus daarvan dat 'n kritieke bestanddeel van ons voorbereidings die bou is van 'n sterk Suid-Afrikaanse span op wie ons en die hele sokkergemeenskap trots kan wees. Ek is seker dat die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, ons afrigters onder leiding van Carlos Alberto Parreira, en die spelers self bewus is van die geweldige verantwoordelikheid wat op hul skouers rus om 'n nasionale span voor te berei waarop ons en Afrika trots kan wees.
58
08022110151002.txt
2,521
Ek wil weereens die Springbokke bedank wat die aanvoorwerk gedoen het toe hulle die Rugbywêreldbeker verlede jaar gewen het. Dit moet Bafana Bafana inspireer, net soos wat dit ons atlete wat in die Beijing Olimpiese Spele later vanjaar deelneem, moet inspireer.
58
08022110151002.txt
2,522
Veroorloof my om aan te beweeg na die top-prioriteite wat ek genoem het.
58
08022110151002.txt
2,523
Om ons ekonomiese groei en ontwikkeling nog verder te bespoedig, sal ons die Industriële Beleidsaksieplan implementeer. Die Regering sal voortgaan met ons industrialiseringsprogram en om geleenthede te skep vir groei en werkskepping. In hierdie opsig, is R2,3 biljoen begroot vir nywerheidsbeleidinisiatiewe en 'n verdere R5 biljoen belastingaansporings oor drie jaar sal die nywerheidsbeleid ondersteun.
58
08022110151002.txt
2,524
Ons sal ook, so gou moontlik en in samewerking met die besigheid- en arbeidsektor, sleutelaksieplanne ontwikkel in sektore waar sulke planne nie bestaan nie, byvoorbeeld myn- en mineraleveredeling, duursame goedere vir verbruikers, die kleinhandel met die klem op verbeterde ondersteuning van kleinsake-ondernemings, konstruksie, die skeppende nywerhede, landbou en agro-prosessering.
58
08022110151002.txt
2,525
Op makro-ekonomiese vlak sal ons voortgaan om 'n fiskale beleid vol te hou wat voortdurende ekonomiese groei en ontwikkeling ondersteun en ons eksterne kwesbaarheid verminder.
58
08022110151002.txt
2,526
Om die bou van infrastruktuur te bespoedig sal ons die ontwikkeling van 'n geïntegreerde infrastruktuurplan finaliseer, met spesifieke klem op energiedoeltreffendheid. Dit behels die koördinering van staatsondernemings se planne en toesig oor al die infrastruktuurplanne, insluitend vrag en ander logistiek, energiepypleidings, inligting- en kommunikasietegnologie, paaie-infrastruktuur, en water en elektrisiteit, ten opsigte van beide hul tydsberekening en geografiese ligging.
58
08022110151002.txt
2,527
Oorkoepelend aan hierdie planne en dus 'n kritiese prioriteit, is inligting- en kommunikasietegnologie wat beide 'n fasiliteerder en 'n sektor in eie reg is. Ons sal dus vanjaar die lisensiëring en inwerkingstelling van Infraco afhandel. Geld is reeds aan Sentech toegewys om 'n koordlose Internetgroothandelaar te word en om sy digitasie te finansier. In samewerking met ander regerings op die kontinent en met die privaatsektor, sal ons die proses om kabels onder die see aan te lê, afhandel.
58
08022110151002.txt
2,528
Terselfdertyd beoog ons om digitale uitsending aan 50% van die bevolking beskikbaar te stel teen die einde van die jaar. Hiermee gepaardgaande is 'n vervaardigingstrategie vir die ontwikkeling van "set top boxes" in Suid-Afrika, wat teen die middel van die jaar gefinaliseer behoort te wees.
58
08022110151002.txt
2,529
In die lig van die traagheid waarmee die Regering aansoeke verwerk ten opsigte van beleggings met betrekking tot aangeleenthede soos grondverkryging, infrastruktuur en omgewingsimpakevaluerings - waarvan almal somtyds beleggers se besluite positief of negatief kan beïnvloed - het ons besluit, in die gees van "Besigheid Buitengewoon", om so gou moontlik 'n inbelsentrum op te rig sodat beleggers en die Regering hierdie prosesse kan moniteer. Werk het alreeds begin.
58
08022110151002.txt
2,530
n Element van die Regering se top-prioriteite is 'n doelbewuste fokus op aangeleenthede rakende die ontwikkeling van vaardighede. Die hersiening van die Nasionale Menslike Hulpbronontwikkelingstrategie sal hierdie jaar afgehandel word, en die projekte wat onderneem is deur die gesamentlike span wat bestaan uit regering-, arbeid-, besigheid- en akademiese instellings, en wat gereël word deur die "Joint Initiative on Priority Skills Acquisition" (Jipsa), sal verskerp word.
58
08022110151002.txt
2,531
Ons voel inderdaad bemoedig deur die goeie reaksie vanuit die privaatsektor, soos gedemonstreer deur die onderneming van die hoof uitvoerende beamptes van 70 van die maatskappye wat op die Johannesburg Securities Exchange gelys is, om saam met die Regering te werk om die uitdaging van skaars vaardighede aan te spreek.
58
08022110151002.txt
2,532
Bykomend tot hierdie onderneming is ons prioriteit gedurende die komende tydperk ook verdere ingrypings in die voortgesette onderwys- en opleingskolleges (VOO-kolleges), die sektorale onderwys- en opleingsowerhede (SETAs), befondsing van skole in die laagste drie kwintiele sodat hulle vrygeskeld kan word van die verantwoordelikheid om fondse te verhaal, en die bespoediging van indiensopleiding vir professionele gegradueerdes.
58
08022110151002.txt
2,533
Nadat die tekortkominge wat ons verelde jaar in ons Basiese Volwassene-Opleidingsprogram uitgelig het, reggestel is, gaan ons hierdie maand die Kha Ri Gude (kom ons leer) massa geletterdheidsveldtog van stapel stuur. Ingesluit is die opleiding van meesteropleiers wat basiese geletterdheidsklasse vir 300 000 volwassenes en jong mense sal aanbied in 2008.
58
08022110151002.txt
2,534
Die kern van ons ekonomiese programme was, en moet altyd wees, die oorweging of die sukses daarvan bydra om die lewensgehalte van alle Suid-Afrikaners te verbeter, en of die programme dien as 'n belangrike wapen in ons oorlog teen armoede en in die versnelling van ons strewe om doelwitte soos die afname in werkloosheid te bereik en om die doelwit van gesondheid vir almal te bevorder.
58
08022110151002.txt
2,535
Ten opsigte van die program om volhoubare menslike huisvesting te verskaf, is ons nou in staat om 260 000 behuisingseenhede per jaar te voorsien, en 'n ooreenkoms is bereik met Salga om 'n moratorium te plaas op die verkoop van grond wat aangewend kan word vir die behuisingsprogram.
58
08022110151002.txt
2,536
Tesame met die vordering wat ons maak ten opsigte van die verskeidenheid van ingrypings wat op die vermindering van armoede gerig is, gaan ons voort om 'n aantal tekortkominge aan te spreek, insluitend die prosessering van die Konsepwet op Grondgebruik, die finalisering van grondhervormingsgevalle, die ondersteuningsprogram vir diegene wat grond bekom, en die ontwikkeling en implementering van 'n vasgestelde landelike ontwikkelingsprogram.
58
08022110151002.txt
2,537
Hierdie is 'n paar van die aangeleenthede wat vanjaar spesiale aandag sal geniet, en wat sal verseker dat ons die doelwitte wat ons vir onsself daargestel het, bereik.
58
08022110151002.txt
2,538
Nog 'n kritiese top-prioriteit is die uitbreiding van 'n geïntegreerde en omvattende anti-armoedestrategie wat veral diegene in die bevolking aanspreek wat die ergste geraak word. Dit sluit in kinders, vroue, jongmense, mense wat in landelike gebiede en informele nedersettings woon, mense met gebreke of kroniese siektes, en bejaardes.
58
08022110151002.txt
2,539
Sommige van die belangrikste intervensies is: die uitbreiding van die openbare werke-program, werksubsidies vir direkte werkskepping vir geoogmerkte groepe, verbetering van werksoekvermoë, verbetering van onderwys en opleiding, verbetering van dienste aan en bates van arm gemeenskappe, spesifieke ingrypings in arm huishoudings, en om die doeltreffendheid te verseker van instellings wat vroue en ander sektore ondersteun. Ons sal onder andere ook die geslagskwessie evalueer om alle aspekte wat verband hou met die bemagtiging van vroue, te verbeter.
58
08022110151002.txt
2,540
Gelyklopend met hierdie onderneming is 'n spesiale projek om ingrypings te ondersoek wat nodig is ten opsigte van kwesbare kinders ouer as 14.
58
08022110151002.txt
2,541
Ons moet egter saamstem dat ons gemeenskap en veral die armes nie kan wag vir strategieë en samesprekings en slypskole nie - hoe belangrik hulle ook al mag wees. In elk geval is die meeste van die ingrypings dinge wat die Regering alreeds doen, alhoewel dit nie genoegsaam geïntegreerd is nie. Daarom, in die gees van "Besigheid Buitengewoon", is die Regering van plan om vanjaar die veldtog te verskerp om spesifieke individuele huishoudings en individue wat uiters swaarkry, te identifiseer en om intervensies in te stel wat tydens die tussenkomende tyd sal bydra om die verknorsing in daardie individuele huishoudings te verlig.
58
08022110151002.txt
2,542
Om dit te doen, benodig ons 'n nasionale oorlogkamer vir die oorlog teen armoede, en waartydens departemente soos maatskaplike ontwikkeling, provinsiale en plaaslike regering, handel en lywerheid, landbou en grondsake, openbare werke, en gesondheid sowel as provinsiale en plaaslike administrasies, byeen sal kom en saam met nie-regeringsorganisasies en -besighede sal werk om die ingrypings wat in spesifieke huishoudings nodig is, te identifiseer en om hulle as 'n noodsaaklikheid te implementeer.
58
08022110151002.txt
2,543
Ons sal vanjaar aandag skenk aan ander spesifieke prioriteite wat noodsaaklik is vir die land se oorlog teen armoede, in ons strewe na sosio-ekonomiese insluiting.
58
08022110151002.txt
2,544
Die bespoediging van grondhervorming met gedetailleerde planne vir grondverkryging, 'n verbetering in die implementering van landbou-ondersteuningsdienste en voedselverskaffing aan huishoudings, en 'n verbetering in die kapitaalbasis en omvang van Mafisa om mikro-krediet te verleen aan hierdie sektor. Groter klem sal geplaas word op gebiede met groot hoeveelhede plaasbewonders en gebiede met hoë uitsettingsyfers, en ons beplan om swart entrepreneurskap in landbouproduksie met 5% per jaar te verhoog. Die oudit van grondeienaarskap sal ook bespoedig word.
58
08022110151002.txt
2,545
Die Begroting sal voorsiening maak vir 'n verhoging in die maatskapliketoelae-stelsel deur die ouderdom vir ouderdomspensioen gelyk te stel aan 60, en wat gevolglik ongeveer 'n halfmiljoen mans sal bevoordeel.
58
08022110151002.txt
2,546
Die verskerping van pogings wat alreeds 'n aanvang geneem het om hulp aan koöperatiewe en kleinsake-ondernemings te verleen, veral aan diegene wat vroue insluit, met die klem op die verskaffing van opleiding en markte, en wat blootstelling aan gevestigde ondernemings insluit.
58
08022110151002.txt
2,547
Die uitbreiding van die openbare werke-program, wat, deur die vasgestelde doelwitte te oortref, die potensiaal getoon het om meer nuwelinge te absorber. Dit sal insluit 'n verhoogde inname van jongmense in die program om openbare infrastruktuur in stand te hou, die verdubbeling in die aantal kinders wat ingeskryf is vir programme vir vroeë ontwikkeling van kinders (Early Childhood Development) na 600 000 deur die totstandkoming van 1 000 nuwe persele met meer as 3 500 praktisyns wat opgelei en in diens geneem is, en deur die aantal versorgers te verhoog. Ongeveer R1 biljoen sal oor die basislyn toegeken word aan programme wat binne die openbare werke-program val.
58
08022110151002.txt
2,548
Die instelling van 'n stelsel van produkte vir voorkeurverskaffing aan die Regering deur klein- , medium- en mikro-ondernemings; en die daarstelling van 'n nougesette stelsel deur die "Small Enterprises Development Agency" om te verseker dat die 30-dag betalingstydperk nagekom word.
58
08022110151002.txt
2,549
Ons sal ook die program integreer om die ontwikkeling van volhoubare menslike nedersettings te bespoedig, en verskerpte pogings sal, as noodsaaklike prioriteit, aangewend word om universele toegang tot water, sanitasie en elektrisiteit te bespoedig sodat ons teen 2014 ordentlike nedersettings sal hê en dat alle huishoudings toegang tot hierdie dienste sal hê.
58
08022110151002.txt
2,550
Die bespoediging van ons strewe na die doelwit van gesondheid vir almal sluit in verskerpte implementering van Nasionale Strategiese Plan teen MIV en Vigs. Ons beoog ook om gedurende hierdie jaar die hoeveeldheid mense wat versuim om TB-behandeling te voltooi, te verminder van 10% na 7%, en om meer as 3 000 gesondheidspersoneel op te lei in die bestuur van die siekte, en om seker te maak dat alle pasiënte wat bestand is teen TB-medikasie, behandeling ontvang.
58
08022110151002.txt
2,551
Ons beplan om die werk ten opsigte van die uitgebreide maatskaplike sekuriteitstelsel af te handel, en voordeel te trek uit die samesprekings wat alreeds met maatskaplike vennote gevoer is.
58
08022110151002.txt
2,552
Terwyl ons aan boord gaan en regmaak vir "Besigheid Buitengewoon", moet ons ook nasionale dialoog uitbrei ten opsigte van die aangeleenthede wat ons as 'n nasie definieer.
58
08022110151002.txt
2,553
Twee van hierdie aangeleenthede verdien om vlugtig bespreek te word.
58
08022110151002.txt
2,554
Die eerste is 'n voorstel dat ons 'n eed ontwikkel wat deur leerders opgesê word tydens die oggendbyeenkoms, asook 'n Eed vir die Jeug wat die voordele van menslike gedrag en eenheid onder Suid-Afrikaners sal beklemtoon. Die Minister van Onderwys sal volgende week oor die nasionale debat oor hierdie aangeleenthede uitbrei.
58
08022110151002.txt
2,555
Die tweede aangeleentheid het te doen met geografiese en plekname, wat 'n gesinchroniseerde proses regoor al die provinsies verg sodat ons 'n basis kan vorm vir die veranderings wat ons voorstel. Hierdie gesinchroniseerde proses sal binnekort van stapel gestuur word, onder leiding van die Suid-Afrikaanse Raad vir Geografiese Name en sy provinsiale komitees.
58
08022110151002.txt
2,556
Toe ons besin het oor misdaad tydens verlede jaar se Gesamentlike Sitting van die Parlement, het almal ernstige kommer uitgespreek oor die hoë misdaadsyfer en ook oor die feit dat dit wou voorkom of omstandighede vererger het, veral ten opsigte van moord - iets wat alle vooruitgang sedert die demokrasie in die wiele ry.
58
08022110151002.txt
2,557
Daarom het ons verlede jaar stelselmatig begin om besigheids- en ander sektore van die bevolking te nader om sodoende 'n holistiese benadering te ontwikkel ten opsigte van die verbetering van die strafregstelsel in sy geheel.
58
08022110151002.txt
2,558
In die gees van "Besigheid Buitengewoon", het die Kabinet dus ooreenkomstig besluit op 'n aantal veranderings wat nodig was om 'n nuwe, moderne, doeltreffende en getransformeerde strafregstelsel te skep. Dit sal onder andere behels dat 'n nuwe koördinerende en bestuurstruktuur op alle vlakke van die stelsel opgestel word, van nasionale vlak tot plaaslik, en wat die Regsbank en magistrate verenig, asook die polisie, aanklaers, korrektiewe dienste en die Regshulpraad, sowel as ander intervensies, insluitend die bemagtiging van die gemeenskapspolisiëringsforums.