document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
44
06110310451001.txt
2,245
Môrester Landgoed is 'n familie-onderneming van bykans 95 jaar oud. Môrester is al baie jare besig om die kwaliteit van lewe van sy werknemers te verbeter deur opleiding, verskaffing van fasiliteite met o.a. 'n kliniek, bewaarskool, sportgronde en gemeenskapsentrum asook bemagtiging in die werksplek. In 2002 het Môrester besluit dat hy graag die proses van bemagtiging wil uitbou deur eienaarskap te vestig en het toe saam met die permanente personeel 'n werkerstrust nl. Harmony Trust gestig.
44
06110310451001.txt
2,246
Hoewel u aansoeke vir die grondherverdelingsprogram vir landbou-ontwikkeling (LRAD) vir fondse ingedien het, het u nie agteroor gesit en wag vir die hulp van die staat af nie. U het voortgegaan om intussen op klein skaal in vennootskap te boer met groente en beeste. Ek verstaan u het intussen 'n stewige Bankbalans opgebou. Harmony Trust het nou die 1 084-ha plaas Harmonie gekoop en vandag besit die 84 begunstigdes 100% van die grond met 'n plaas as betaalde bate ter waarde van R2.8milj, met 'n stewige bankbalans en beeste ter waarde van R200 000, wat u sowat R3.12miljoen sterk maak.
44
06110310451001.txt
2,247
Die plaas word verbou deur "Harmony Farming" wat 'n 50/50 vennootskap is tussen Harmony Trust en Môrester Landgoed.
44
06110310451001.txt
2,248
U vennootskap is 'n bevestiging van die suksesse wat behaal kan word wanneer mentorskap behoorlik geïmplementeer word. Dit bevestig ook my siening dat elke bemagtigingsprojek gekoppel moet wees aan 'n volledige mentorskapprogram.
44
06110310451001.txt
2,249
Ek wil glo dat die Môrester Landgoed se betrokkenheid as mentor daartoe bydra dat Harmony reeds 'n sterk "brand" gevestig het met aartappels en uie op die munisipale markte oor die afgelope drie jaar.
44
06110310451001.txt
2,250
Ek wil u almal bedank vir die pragtige bydrae om te toon dat grondhervorming en bemagtiging binne landbou suksesvol kan plaasvind. Baie geluk met u prestasie tot dusver en alle sukses met u planne vir die toekoms. Ek wil die hoop uitspreek dat u nog van krag tot krag sal gaan en as een van die blink sterre binne landbou sal skyn.
45
06110311451001.txt
2,252
U sal met my saamstem dat 'n geleentheid soos hierdie waar ons mense binne landbou in staat stel om internasionale ondervinding in die bestuur en instandhouding van wynvate in Frankryk op te doen, praktiese uitvoering gee aan die kweek van die seisoen van hoop.
45
06110311451001.txt
2,253
As deel van die bevordering van vaardigheidsontwikkeling in landbou, bied die Departement van Landbou in die Wes-Kaap nog 'n eerste aan in die proses van bemagtiging van werkers binne ons sektor. In samewerking met die wynbedryf, wat verteenwoordig word deur die Suid-Afrikaanse wynbedryfstrust (SAWIT), in hierdie geval, kry vyf persone in die wynbedryf geleentheid om internasionale ondervinding op te doen in hulle vakgebied.
45
06110311451001.txt
2,254
Die gekeurde persone sal vanaf 13 tot 25 November 2006 Beaune, Frankryk besoek, waar hulle aan alle komponente van die maak en instandhouding van houtvate blootgestel sal word deur lesings by te woon, kelders te besoek en praktiese opleiding te ontvang. 'n Serfikaat van Beaune CFPPA (Centre de Formation Professionnelle et de Promotion Agricole) sal aan die einde van die kursus aan die kandidate uitgereik word.
45
06110311451001.txt
2,255
Hierdie toevoeging tot ons reeds bestaande programme, om wyn- en kaasmakers na Boergondië te stuur, gee ook uiting aan een van die strategieë van Ikapa Elihlumayo, naamlik die bou en ontwikkeling van menslike kapitaal.
46
06110r11697.txt
2,257
Laat my ten eerste toe om u van harte te bedank vir die oor- handiging van die pragtige geskenke. En veral, om u te bedank vir die warmte waarmee u vir my en Mevrou Graca Machel vanaand hier ontvang het.
46
06110r11697.txt
2,258
Feitlik my hele grootmens-lewe is, op een of ander wyse, in die bevrydingstryd deurgebring. En ek wil een deurlopende ervaring van daardie lewe vanaand met u deel. Dit is, naamlik, die opwinding wat n mens deurgaans gevoel het oor die moontlikhede wat daar bestaan in 'n bevryde Suid-Afrika waarin all inwoners van die land as gelykes, as broers en susters, in vrede en harmonie kan saamleef.
46
06110r11697.txt
2,259
In hierdie nuwe demokratiese samelewing waaraan ons bou, word soveel van wat toe opwindende moontlikhede was, nou inderdaad verwerklik. En ek wil erken dat weinig dinge my meer opgewonde en dankbaar maak, as die wyse waarop mense uit die Afrikaanse gemeenskap sonder voorbehoud besig is om deel te word van die nuwe samelewing en van die bou-proses. Die warmte en natuurlike gasvryheid waarmee ons vanaand hier by die Randse Afrikaanse Universiteit ontvang is, is 'n sprekende voorbeeld daarvan.
46
06110r11697.txt
2,260
Ek huiwer om te maklik te praat van "die Afrikaners". En veral hier vanaand, sal dit sekerlik dubbel onvanpas wees om te gladweg te veralgemeen. U inrigting self het bewys hoedat 'n tradisionele wit Afrikaner-instelling aanpas, verander en omvorm om die verskeidenheid van u breer omgewing te begin weerspieel en dien, sonder dat dit wat kultureel belangrik is vir Afrikaners verloen word.
46
06110r11697.txt
2,261
Dit is deel van die opwindende bevrydings-moontlikhede waaroor ons gedroom het. Al meer en meer mense uit die Afrikaanse gemeenskap is besig om hulself te bevry van beperkende omskrywings van hul Afrikanerskap - omskrywings wat daarop gemik was om hulle polities en kultureel gevange te hou, afgesonderd van en in stryd met hul landgenote.
46
06110r11697.txt
2,262
Die bevryding van ons Afrikaanse landgenote uit daardie beperk- ings, is ons almal se bevryding. Dit is nie tot die voordeel van enigiemand in die land dat enige gedeeltes van ons samelewing eenkant, ontevrede of afgesonderd staan nie. Die gees van Afrikaner-pessimisme wat deur sekere intellektuele en kommentators aangewakker en bevorder word, is nie slegs skadelik vir die moreel van Afrikaners nie. Dit vreet aan die sement en boustof van ons hele nuwe samelewing en nasie.
46
06110r11697.txt
2,263
Dit is om daardie rede dat wat hier by RAU gebeur, en dit wat deur u en u werk verteenwoordig word, ons soveel vreugde verskaf. Van wat ons weet van u inrigting en sy bedrywighede, sien ons hier die aangesig van die nuwe Afrikaans-sprekende intellektueel IN en VAN die nuwe Suid-Afrika.
46
06110r11697.txt
2,264
Afrikaners as groep het in sekere opsigte die mees unieke ervaring, en daarom, geleentheid in Suid-Afrika. U ken in u geskiedenis die ervaring van die onderdrukte te wees - soms wreed en onmenslik onderdruk. U ken ook die geskiedenis van heerser wees - dikwels met swaar lyding deur die oor wie daar geheers is. Weinig, indien enige, ander groep kan met daardie historiese ervaring kom aansit by die bou-tafel van die nuwe Suid-Afrika.
46
06110r11697.txt
2,265
Nou het lede van die Afrikaanse gemeenskap die geleentheid en uitdaging om met al daardie middele, vaardighede en ervaring, onmisbaar deel te word van die nuwe samelewing. Ons praat hier van middele en vaardighede in die breedste sin - materieel sowel as intellektueel. En ook die menslike en geestelike middele wat uit so 'n geskiedenis kon groei, en waaruit ons almal kon leer en baat.
46
06110r11697.txt
2,266
Dit is daarom ook dan dat die reaksie van sommige leiers om die Waarheids-en-versoeningskommissie af te maak as 'n heksejag op Afrikaners, so jammerlik en so afbreukend is. Ek hoef nie te herhaal wat ek in die Parlement gese het nie: geen groep staan kollektief in die beskuldigde-bank nie.
46
06110r11697.txt
2,267
En leiers van 'n bevolkingsgroep wat beide onder verdrukking gely het en later self weer deel van 'n onderdrukkende stelsel was, sou deur die Waarheids-en-Versoeningskommissie veel kon bydra tot die versoenende genesing van ons samelewing.
46
06110r11697.txt
2,268
Meneer die Rektor, ek sou ten slotte tog net ook weer 'n woord- jie wou spreek oor die kwessie van Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika en dan meer besonderlik, Afrikaans binne die universiteits-wese.
46
06110r11697.txt
2,269
Kort en kragtig en ondubbelsinnig: daar is niks in die beleid of benadering van my regering wat uitsluit dat 'n bedeling beding kan word waar sekere inrigtings 'n spesifieke taal as die hoof-medium van wetenskaps-bedryf mag he nie.
46
06110r11697.txt
2,270
Sover dit Afrikaans betref, is daar die gevaar dat sekere kamp- vegters vir die andersinds heel wettige aansprake van Afrikaans, andere kan vervreem deur die indruk te laat dat Afrikaans die enigste taal is wat in die gedrang is; of dat die belange van Afrikaans-sprekendes die enigste is wat ter sprake is by die oorweging van die saak.
46
06110r11697.txt
2,271
Dit is weer eens ons indruk dat wat hier aan die RAU gebeur, 'n rigtingwyser is van hoe daar met die ingewikkelde kwessie omgegaan kan word. Afrikaans het hier 'n ruimte waar hy kan bly voortbestaan en groei as akademiese medium en wetenskaps-taal. Terselfdertyd, soos ons dit verstaan, word daadwerklike pogings aangewend en middele gebruik om veeltaligheid te bevorder en andertaliges as volle lede van die universiteit te betrek. En wat ons veral opval in verband met die breedte van u fokus, is nie slegs die taalkwessie nie. Die wyse waarop u programme uitreik na die breer gemeenskap, maak van u inrigting 'n waardevolle en onmisbare vennoot in die heropbou en ontwikkeling van ons hele samelewing.
46
06110r11697.txt
2,272
Soms wonder 'n mens of die Afrikaanse intellektuele wat so pessimisties klink, nie uit pas is met die gewone Afrikaans- sprekende burgers van die land nie; want onder laasgenoemde onder vind ek oor die algemeen net 'n positiewe ingesteldheid tot en betrokkenheid by die nuwe Suid-Afrika. As ek sien en hoor wat by die Randse Afrikaanse universiteit aan die gang is, voel ek nog meer oortuigd dat daardie doemprofete nie slegs uit pas is met die gewone Afrikaanssprekende man en vrou nie; hulle is ook nie verteen woordigend van die hele Afrikaanse intellektuele gemeenskap nie.
46
06110r11697.txt
2,273
Dankie vir 'n heuglike aand, en vir die voorreg om met die nuwe Afrikaanse intellektueel te kan verkeer.
47
06111312451001.txt
2,275
Landbou in die Wes-Kaap was die afgelope tyd baie in die spervuur oor verhoudings en die beweerde onmenslike behandeling van plaaswerkers deur produsente, en gepaardgaande onverantwoordelike optrede deur mense en instansies wat aan hulle self die reg toe-eien om van landbou ''n politieke speelbal te maak. Ek moes die afgelope ses maande by herhaling vrae beantwoord en debatte voer in die parlement oor grondhervorming en afsettings en die lewensomstandighede van mense op plase. Dit laat noodwendig by jouself vrae ontstaan oor mense se werklike motiewe en of ons uiteindelik daarin gaan slaag om die verlede uit te wis.
47
06111312451001.txt
2,276
En dan beleef jy dae soos vandag waar jy ervaar wat ons in hierdie land kan vermag en waartoe ons in staat is wanneer ons hande vat in opregte pogings om bemagtiging 'n werklikheid te maak en dit te laat slaag.
47
06111312451001.txt
2,277
In die projekte wat ons vandag oorhandig het is daar 'n verskeidenheid van inisiatiewe en modelle wat aan elke projek sy eie unieke karakter verleen. Ek dink dit is gepas dat ek kortliks na elkeen verwys.
47
06111312451001.txt
2,278
In 2003 het die eienaar, Pieter Naude van Denau Boerdery, die Denau Werkers Trust gestig wat bestaan uit 118 begunstigdes. In 2005 is 'n maatskappy gestig wat handel dryf as Hoogland Boerdery. Die maatskappy het die plaas Kleinstraat, geleë tussen De Doorns en Touwsrivier, by Denau Trust gekoop. Die twee trusts het elk 50% aandeel in die nuwe maatskappy. Daar is reeds 24 ha tafeldruiwe onder net gevestig en 'n verdere 14 ha is ook onder net ontwikkel. Die mikpunt is dat oor 4 jaar 'n totaal van 50 ha ontwikkel moet wees.
47
06111312451001.txt
2,279
Die projek bestaan tans uit 8 ha tafeldruiwe van verskillende kultivars. Die eienaar is Osplaas Brd Edms Bpk en bestaan uit 36 aandeelhouers. Die eiendom sal sy water verkry uit die nuwe Osplaasdam aanvullingskema wat teen Junie 2007 voltooi sal wees. Intussen voorsien die Hexvallei Besproeiingsraad water aan die groep uit hul bestaande bronne. Gedurende 2005 is die eerste stokkies geplant en vanjaar is die plaas vergroot na 8 ha. 'n Verdere 4 ha is beskikbaar vir uitbreiding.
47
06111312451001.txt
2,280
André Thops is die alleeneienaar van die plaas Olyfkloof wat hy in 2004 gekoop het (42 ha). Die plaas het lank braak gelê nadat 'n varkboerdery daar ten einde geloop het. André is reeds die afgelope vier jaar besig om olyfbome op groot skaal te kweek. Op Olyfkloof is hy tans besig met die vestiging van ses ha olyfbome en een ha Colombar. Makadamia- en pekanneutbome en jojoba-struike is ook reeds geplant. Volgende jaar gaan die kwekery vergroot word om ook laventel, roosmaryn, hoodia en boegoe te kweek.
47
06111312451001.txt
2,281
Die Uitkoms boerdery is in 2006 aangekoop deur twee kommersiële boere, Boetie Kriel en Theuns Rabie, met die uitsluitlike doel om 'n 40% aandeel aan die Osplaas Brd beskikbaar te stel. Dit verseker ook onmiddellike toegang tot pakfasiliteite aan die Osplaas aandeelhouers. Daar sal uiteindelik 16 ha tafeldruiwe ontwikkel word waarvan twee ha reeds in 2006 aangeplant is.
47
06111312451001.txt
2,282
Die projek bestaan uit 1.7 ha Colombar wyndruiwe. Die eienaar is die Sandrift Nuwe Boere BK en bestaan uit drie lede naamlik Andries Francies, Arrie de Bruin en Andrew Kidelo. Die eiendom sal sy water verkry uit die nuwe Osplaasdam aanvullingskema wat teen Junie 2007 voltooi sal wees. Intussen voorsien die Hexvallei Besproeiingsraad water aan die groep uit hul bestaande bronne. Die groep het gedurende 2006 hul eerste oes van 6.52 ton afgehaal.
47
06111312451001.txt
2,283
Die projek is in 2005 begin met nege aandeelhouers wat bestaan uit die personeel van die De Doorns Wynkelder. 1.8 ha wyndruiwe (Colombar) is net langs die Wynkelder gevestig op nuwe onbewerkte grond. Die verwagting is dat die eerste oes in 2007 gelewer sal word.
47
06111312451001.txt
2,284
Siyazama beteken "nuwe begin". Die projek is in Augustus 2006 aangepak deur agt persone met Frans Hugo as mentor en behoort voor die einde van die jaar gefinaliseer te word. Op Klipland (23.9 ha) word met ses kultivars uitvoerdruiwe geboer. Hulle beoog ook om later ses ha wyndruiwe op oop grond te vestig. Die ander plaas, La Serene, word van die Breedevallei Munisipaliteit gehuur. Daar gaan 5.6 ha medisinale plante en later 9.6 ha wyndruiwe gevestig word.
47
06111312451001.txt
2,285
Die huidige eienaar, Francois Jourdan Familietrust, het die huidige besigheid geherstruktureer sodat die al die werknemers van Amandelrivier nou 'n 30% aandeel in die besigheid besit. Die transaksie is gefinaliseer via 'n leningsrekening vanaf die huidige eienaar. Effektiewe datum van implimentering is 1 Julie 2006.
47
06111312451001.txt
2,286
Mnr De Villiers Graaff het die plaas De Hoop in 2005 in die Hexvallei gekoop om 'n sinvolle bemagtigingsprojek daar te stel vir die mense wat al jare lank in die Graaffs se diens staan. 'n 60% aandeel is aan die 213 aandeelhouers verkoop. Die aandeelhouers is die werknemers van die plase De Hoop, The Pines, en Naudeshof van mnr Graaff asook die plaas Zandhoek van mnr A Reyneke, sy vennoot op The Pines. Die plaas bestaan uit 35 ha tafeldruiwe met 23 ha oop grond wat vir verdere ontwikkeling bestem is vanaf 2007. Die projek is reeds in volle gang met 'n direksie wat maandeliks vergader en sake bestuur. Aandeelhouers ontvang gereeld opleiding rondom die projek.
47
06111312451001.txt
2,287
Ek wil u almal wat op een of ander manier betrokke is by enige van die projekte bedank vir u bydrae en toewyding om van die projekte 'n sukses te maak. Ek weet daar is van die produsente wat werklik diep gedelf het in hulle eie sakke om die projekte te finansier en nog verder gaan terwyl hulle wag vir die staat se bydrae.
47
06111312451001.txt
2,288
Ek wil hê dat hierdie poging 'n aansporing vir produsente moet wees om nie te sit en wag nie. Ek hoor dikwels mense sê hulle is gereed om bemagtiging te laat plaasvind. Die vraag is hoe lank wil diesulkes gereed wees voordat hulle oorgaan tot die implementering van projekte. Hier is van hierdie projekte wat in 'n rekordtyd afgehandel is. Die positiewe is dat almal wat bemagtig is, werkers op plase in hierdie streek is.
47
06111312451001.txt
2,289
Die regering is op die oomblik baie ernstig oor versnelde implementering aangesien ons ver agter is op ons doelwit.
47
06111312451001.txt
2,290
voorraadopname te doen met betrekking tot die vordering wat gemaak is met die implementering van programme.
47
06111312451001.txt
2,291
programme in lyn te bring en lewering te bespoedig.Die woord is eintlik fast track.
47
06111312451001.txt
2,292
Daar is gesamentlik besin oor die magdom uitdagings wat voorlê en vanaf regeringskant het ons ons verbind aan Siyagijima, wat letterlik beteken om te hardloop.
47
06111312451001.txt
2,293
In lyn met die gees van Siyagijima is verskeie areas vir vinnige implementering oor die volgende vyf maande tot aan die einde van die boekjaar, geprioritiseer, asook vir die daaropvolgende twee jaar.
47
06111312451001.txt
2,294
Die finalisering van alle stedelike restitusie eise teen Maart volgende jaar en die afhandeling van alle landelike eise teen 2008 soos deur die President aangekondig tydens die opening van die Parlement in Februarie vanjaar.
47
06111312451001.txt
2,295
Versnelling van die implementering van die besluite wat tydens die Grondberaad geneem is, met gepaardgaande terugrapportering aan belanghebbendes oor die vordering wat gemaak is.
47
06111312451001.txt
2,296
Finalisering van die Swart Ekonomiese Beamgtiging vir die landbou (Agri-SEB) handves teen die einde van hierdie jaar. Transformasie in die landbousektor en die bemagtiging van vroue, die stedelike sowel as die plattelands armes en spesifiek die jeug moet groot momentum kry.
47
06111312451001.txt
2,297
Biobrandstof - indien dit korrek ontwikkel word - hou groot groeipotensiaal in vir die landbousektor en behoort ook opkomende boere te ondersteun. Die regering is reeds besig om met opkomende boere in hierdie verband te onderhandel. Ek is baie ernstig daaroor dat die Wes-Kaap ook sy regmatige aandeel ten opsigte van die ontwikkeling van die biobrandstof bedryf sal kry.
47
06111312451001.txt
2,298
Versnelling van die Ruimtelike Beplanningsproses om effektief met die uitdagings van die gebruik van landbougrond vir ander tipe ontwikkelings te deel en die bespoediging van die proses van grondvoorsiening vir behuisingsdoeleindes. Die huidige vestigingstendense moet hersien word om sodoende heeltemal te breek met die verlede.
47
06111312451001.txt
2,299
Die bestaande akteregistrasiemetodes sal moet hersien word sodat die proses meer vaartbelynd sal wees om onnodige vertragings uit te skakel wat 'n negatiewe impak op groei het en gevolglik die teikens van die versnelde en gedeelde groei-initiatief vir Suid-Afrika (AsgiSA) negatief kan beïnvloed.
47
06111312451001.txt
2,300
Landbank sal sy rol ten opsigte van sy mandaat moet vervul en sal gevolglik sy operasionele aanslag moet verander en baie meer verbruikersvriendelik raak, veral ten opsigte van opkomende boere en Agri-SEB projekte.
47
06111312451001.txt
2,301
Ek wil weer eens die hoop uitspreek dat hierdie pragtige poging in die Hexvallei, soos in die geval van die plaaswerkerkompetisie, 'n aansporing sal wees vir ander streke om dieselfde te doen sodat ons die doelwit van 30% van die grond vir bemagtiging, teen 2014 sal bereik.
48
06111611451002.txt
2,303
Op 15 Januarie 2003 was ek ook hier vir die roudiens van slagoffers van die treinongeluk op 7 Januarie 2003 toe 'n passasierstrein met 'n goederetrein gebots het by die Klipheuwel/Stellenbosch-verbinding naby die R304. Weer eens staan ek vanaand hier met baie hartseer in my - maar dalk nog meer as drie jaar gelede omdat dit plaaswerkers is wat baie onskuldig op pad was om te gaan werk.
48
06111611451002.txt
2,304
Wat 'n dag moes wees vol hoop en verwagtinge vir die nuwe week het ontnugtering en groot verdriet gebring. Wat 'n dag moes wees met 'n tydelike afskeid omdat mense werk toe gegaan het, het 'n permanente afskeid geword.
48
06111611451002.txt
2,305
Die Wes-Kaap rou saam met die gemeenskap van Klapmuts. Baie families se lewens is onherroeplik geraak deur die dood van hul naasbestaandes. Baie families in die Wes-Kaap sonder broodwinners moet nou aangaan met hul lewens en moet probeer om vrede en berusting te vind.
48
06111611451002.txt
2,306
Die Kabinet van die Provinsiale Regering het met leedwese en skok verneem van die tragedie in u gemeenskap. Woorde kan nie altyd vergoed vir die groot verlies wat mens in hierdie tyd ervaar nie. Namens die Premier van die Wes-Kaap, mnr. Ebrahim Rasool en die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap dra ek graag meegevoel en simpatie oor aan die families en die gemeenskap van Klapmuts. Twintig lewens vol belofte en vol hoop vir die toekoms is van hul families en uit die gemeenskap weggeruk en daar is nie altyd antwoorde vir die wroeginge en worstelinge van die families na so 'n tragedie nie.
48
06111611451002.txt
2,307
Iemand het eenkeer gesê: "Die dood is nie 'n afskakeling van die lig nie; dit is net die uitblaas van die lamp omdat die dag gebreek het." Die twintig slagoffers van die treinongeluk se lampe is vroeër uitgeblaas as wat dit moes en onder omstandighede wat onbegryplik en onverstaanbaar is. Baie families in die Wes-Kaap is in rou gedompel en heelwat families het meer as een familielid aan die dood afgestaan. 'n Paar gemeenskappe moet weer die skerwe optel na die tragiese dood van hierdie mense. Daarom is daar begrip vir die rou en die seer van die gemeenskap. Langs hierdie weg wil ek graag die wens uitspreek dat u as families, vriende en gemeenskap wel berusting sal vind maar in die wete dat tyd die groot heler en geneser is.
48
06111611451002.txt
2,308
Lewe is die kosbaarste besitting wat 'n provinsie en sy regering moet koester en omvou. Die Provinsiale Regering het ten doel om die kwaliteit van lewe van al die mense in die provinsie te verbeter. Ons wat in regering is het hierdie verantwoordelikheid aanvaar. Die treinongeluk waarin 20 mense dood is en soveel beseer is bring die realiteit van die kosbaarheid van lewe na vore. Alvorens die amptelike ondersoek afgehandel is, kan en moet geen instansie of individu geblameer word nie. Die reg moet sy loop neem en ons as breë gemeenskap van die Wes-Kaap moet toelaat dat dit gebeur en nie voortydig vingers wys nie.
48
06111611451002.txt
2,309
Dit is onder hartseer en tragiese omstandighede maar ook met heimweë dat ek vandag in Klapmuts is. Enersyds omdat ek hier grootgeword het en omdat ek afhanklik was van die trein sodat ek skool toe kon gaan en omdat my pa en ek self vir die spoorweë gewerk het. Net so is duisende mense se lewens afhanklik van ons openbare spoorvervoerstelsel. Wanneer 'n ongeluk wel gebeur moet ons alles in ons vermoë doen om vas te stel wat die oorsaak daarvan was sodat ons ook daaruit kan leer en 'n volgende ongeluk vermy kan word.
48
06111611451002.txt
2,310
Ons moet ook alle personeel van die verskillende nooddienste wat betrokke was bedank en loof vir die spoedige reaksie en optrede na die ongeluk.
48
06111611451002.txt
2,311
n Ideale en perfekte wêreld weet nie van treinrampe, motor- en vliegtuigongelukke, brande, vloede en dade van oorlog en terreur nie. 'n Ideale wêreld weet nie van die verskriklike hartseer waardeur families moet gaan na die tragiese dood van 'n familielid nie. 'n Ideale wêreld weet nie van die skok vir 'n gemeenskap nie. Ons is vandag hier omdat ons leef in 'n wêreld wat nie ideal en perfek is nie. Die taak van een en elkeen van ons wat hier is, is om toe te sien dat ons 'n wêreld probeer skep wat so na as moontlik aan die ideaal is. Daarom moet ons ons koppe optel en met groot dankbaarheid dink aan hulle wie se nagedagtenis ons vandag hier eer.
48
06111611451002.txt
2,312
Iemand het eenkeer gesê: "wie in die gedagtes van sy geliefdes leef, is nie dood nie, hy is net ver."
48
06111611451002.txt
2,313
Ter afsluiting wil ek vandag vir u as families en gemeenskap van Klapmuts sê u staan nie alleen nie - u rou is ons rou, u seer is ons seer en u verlies is ons verlies. Die regering van die Wes-Kaap gaan u nie versaak in u tyd van hartseer nie. Ons is tans op verskeie fronte aan die werk om te kyk hoe ons u kan help.
48
06111611451002.txt
2,314
Die Provinsiale Regering is tans aan die werk. Dr Lionel Louw van die Premier se Kantoor is persoonlik getaak om die begrafnisreëlings te koördineer en die regering gaan ook die koste van die begrafnisse dra.
48
06111611451002.txt
2,315
In samewerking met Agri Wes-Kaap, wat aangebied het om 'n noodfonds te administreer vir die families van naasbestaandes, 'n fonds begin en het ek vanoggend by Die Burger R50 000 ontvang wat hulle bygedra het tot die fonds. Ons dank ook aan Agri Wes-Kaap wat die fonds administreer en hulle infrastruktuur en personeel beskikbaar stel met die fonds. Die fonds sal na die medium- en langtermyn behoeftes kyk van families wie se broodwinners weg is en omsien na onder andere skool- en verdere onderrig behoeftes, veral vir die kinders.
48
06111611451002.txt
2,316
Ek was reeds in gesprekke met dr. Christo Wiese van Pep Stores en met Shoprite Checkers nadat hulle aangebied het en kan ek ook vandag vir u sê dat vir al die families vir ten minste die volgende drie maande die nodige ondersteuning sal kry om kos op die tafel te sit en Januarie skool toe te gaan omdat skoolklere en skryfbehoeftes reeds voor gesorg is.
48
06111611451002.txt
2,317
Wees ook verseker dat u in gebede opgedra word en daarom glo ek ook dat die families die nodige vertroosting sal vind en ook die krag van God sal ontvang om u deur hierdie tyd te dra.
49
06121309151001.txt
2,319
Aan die studente wil ek dankie sê dat u juis Elsenburg gekies het om u verder te bekwaam om in die toekoms 'n betekenisvolle bydrae tot landbou te lewer. Ook baie geluk aan u wat vandag hier u diplomas en toekennings ontvang. Ek hoop u gaan van tyd tot in u lewe terugkyk na die ervarings en wedervaringe wat u hier op Elsenburg gehad het, en dan vir uself sê dat dit "goed" was.
49
06121309151001.txt
2,320
Ons by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap en dan meer spesifiek, hier by die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding glo dat opleiding in al sy fasette 'n belangrike rol speel in ons strewe om die volhoubaarheid van landbou te verseker, deur gespesialiseerde landbou-opleiding en die ontwikkeling van persone wat by landbou betrokke is.
49
06121309151001.txt
2,321
Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap is daarop ingestel om gelyke toegang tot landbou te verseker en seker te maak dat elkeen wat by landbou betrokke is elke moontlike kans moet kry om hom of haar te bekwaam om die beste bydrae te maak. Die groot vennoot in hierdie proses is hierdie instelling waar u nou u kwalifikasie behaal het.
49
06121309151001.txt
2,322
Die Departement van Landbou is baie ernstig oor ons bydrae om die Wes-Kaap 'n tuiste vir almal te maak. Soos wat die regering van ons verwag, sien ons dit as ons plig om aan al ons mense 'n geleentheid te bied om hulle self verder te bekwaam en ons wil veral die klem lê op mense uit die voorheen benadeelde gemeenskappe, sodat hulle ook hulle regmatige plek in die Landbousektor kan inneem. Ons doen dit omdat ons uit ons oortuiging glo dat ons met elke moontlike middel tot ons beskikking, daaraan moet werk om die ongeregtighede van die verlede uit te wis.
49
06121309151001.txt
2,323
Net soos in elke ander beroep is dit waar dat 'n mens baie verder kom as jy kan bewys dat jy ook formele opleiding ondergaan het. Sonder gefokusde opleiding is dit nie moontlik nie. Ons glo dat pasgemaakte en behoefte-gedrewe opleiding steeds een van die belangrikste hoekstene tot die bevordering van volhoubare landboubeoefening is. Meer nog, dit is een van die kragtigste instrumente om gelyke toegang tot die landbou te verseker.
49
06121309151001.txt
2,324
Landbou-opleiding beklee 'n belangrike plek in die diensleweringsketting aan begunstigdes van die regering se grondhervormingsprogram. Ons is trots op die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding wat, onder die vleuels van die Departement, die voorste verskaffer van kwaliteit landbou-opleiding in die provinsie is.
49
06121309151001.txt
2,325
Hierdie instelling bestaan reeds vir meer as 100 jaar en het met die tye verander om tred te hou met die behoeftes van die landboubedryf.
49
06121309151001.txt
2,326
Die filosofie van lewenslange leer en uitkomsgebaseerde onderrig vorm die hoeksteen van die opleiding wat in 'n verskeidendheid vorme aangebied word. Dit is dan ook om hierdie rede dat ons probeer om opleiding so na as moontlik aan die mense te bring deur middel van ons satelliet-opleidingsfasiliteite op George, Oudtshoorn, Clanwilliam en in die Overberg.
49
06121309151001.txt
2,327
Opleidingskursusse aan hulpbronarm boere en plaaswerkers in 'n hele aantal vakgebiede soos diereproduksie, landbou-ingenieurswese, plantproduksie, finansiële bestuur, lewensvaardighede, wingerdbou en pomologie word in die vorm van kortkursusse op 'n gedesentraliseerde basis aangebied. Ons glo dat die kursusinhoud ook aangepas moet word volgens die behoeftes van kursusgangers, sodat elke kursusganger pasgemaakte opleiding ontvang.
49
06121309151001.txt
2,328
Ons is ingestel daarop om landbou-opleiding aan studente uit voorheen benadeelde groepe van die samelewing beskikbaar te maak, maar die kostefaktor is nog altyd een van die groot struikelblokke. Daar is weer eens vanjaar miljoene rande deur middel van die nasionale finansiële hulpskema vir studente aan tersiêre instellings beskikbaar gestel. Dit is egter ontstellend om te weet dat studente wat aan landboukolleges studeer van hierdie hulpskema uitgesluit word. Die tragedie hiervan word eers besef as dit in aanmerking geneem word dat opleiding aan landboukolleges veral gemik is op die behoeftes van landelike gemeenskappe en die ekonomie van landelike gebiede. Ons by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap stel al vir 'n tyd lank met groot sukses beurse aan studente beskikbaar en is voortdurend op soek na moontlike befondsingsmetodes om aan die behoefte te voorsien.
49
06121309151001.txt
2,329
Daar is vir baie jare baie min gedoen vir die suksesvolle ontwikkeling en kapasiteitsbou van plaaswerkers. Ons het hierdie jaar op verskeie terreine geleenthede aan plaaswerkers gebied om selfs oorsee opleiding te ontvang.
49
06121309151001.txt
2,330
As deel van ons ooreenkoms met die streeksregering van Boergondië het ons weer hierdie jaar 10 plaaswerkers gestuur om opleiding in die maak van wyn te ontvang. Ons het in terme van dieselfde ooreenkoms vyf aspirant kaasmakers na Beaune gestuur asook vyf persone wat opleiding in wynbediening ontvang het.
49
06121309151001.txt
2,331
Ons is trots op ons internasionale verbintenis met die Universiteit van Wageningen wat ons in staat stel om deur middel van die NUFFIC Projek vyf MSc en twee PhD studente van Elsenburg vir verdere studie oorsee te stuur.
49
06121309151001.txt
2,332
Ek kan nie nalaat om ook die studente wat daartoe bygedra het om Elsenburg se naam hoog te hou op die rugbyveld te bedank nie. Ons het hierdie jaar vir die 30ste keer as die kampioenspan van die veld gestap by die PANNAR Rugbyweek vir Landboukolleges. Nie alleen het ons die trofeë vir die wenner van die toernooi, die meeste drieë en die mees konstruktiewe rugby gespeel, verower nie, maar het ons ook nege spelers in die SA Landboukolleges span gehad. Die agterspeler van die toernooi kom ook uit ons span uit.
49
06121309151001.txt
2,333
Ek wil graag my dank uitspreek teenoor elke personeellid wat daartoe bydra om van hierdie Instituut 'n uitstaande akademiese instelling te maak, wat reeds sy stempel afgedruk het binne die totale transformasie van die landbousektor in die Wes-Kaap. Dankie vir u visie en u toegewydheid om van landbou 'n ware tuiste vir almal te maak.
49
06121309151001.txt
2,334
Weer eens geluk aan diegene wat vandag hier diplomas ontvang het. U moet trots wees op uself net soos wat ons trots is op u. Ek glo dat die opleiding wat u hier op Elsenburg voltooi het, die begin van 'n nuwe era vir u elkeen sal wees en dat die kennis wat u hier opgedoen het waarde sal toevoeg tot u eie volkome mens wees en dat u dit sal terugploeg om ons in staat te stel om landbou, veral in die Wes-Kaap, nog sterker te maak.
50
06121508451001.txt
2,336
As ek vanoggend vir u sê dat dit werklik waar vir my 'n besondere eer en voorreg is om hier by u te wees, dan doen ek dit binne die konteks van transformasie en die geleenthede wat daar binne die nuwe Suid-Afrika vir ons almal behoort te wees. Ek sê dit omdat ek nooit kon dink dat ek eendag 'n gehoor van studente op Stellenbosch sou toespreek nadat ek in standerd sewe die skool moes verlaat en as 'n arbeider op 'n plaas hier in die Klapmuts-omgewing begin werk het nie. Ek staan vandag hier in nederigheid omdat ek deur die geloof wat ander mense in my gehad het, my Meestersgraad in Teologiese Etiek kon behaal. Vandag is ek bevoorreg om as Minister, die politieke funksionaris van landbou in die Wes-Kaap te wees.
50
06121508451001.txt
2,337
Prof. Botman, ek dra graag die gelukwense vanaf landbou in die Wes-Kaap aan u oor met u aanwysing as nuwe rektor van hierdie Universiteit.
50
06121508451001.txt
2,338
Laat my ook toe om u te bedank vir die wonderlike verstandhouding en gees van samewerking wat daar tussen hierdie Fakulteit en die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, en in die besonder die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding, bestaan. Ons is trots op hierdie verbintenis en eweneens trots op die eerste 68 studente wat hier hulle B. Agric graad sal ontvang; 52 vandag en die ander 16 in Maart 2007.
50
06121508451001.txt
2,339
Die uitdaging lê verder daarin dat ons as vennote ons programme so sal plooi dat ons te gelykertyd tred sal hou met die behoeftes en probleme van die bestaande industrieë deur middel van volgehoue doelgerigte voorpunt navorsing, terwyl ons die nodige ontwikkelingsgeleenthede skep vir jong groeiende toetreders soos fynbos, boegoe, rooibostee en essensiële olies.
50
06121508451001.txt
2,340
U as afgestudeerde Landbou- en Ingenieurstudente het die rol om 'n betekenisvolle bydrae te lewer binne die waardeketting van landbou om sodoende volgehoue groei van die sektor en die ekonomie te verseker. Die vraag is waarvan moet u bewus wees. Ek noem graag vir u 'n paar.
50
06121508451001.txt
2,341
a Grondhervorming en Swart Ekonomiese Bemagtiging in landbou AgriSEB.
50
06121508451001.txt
2,342
b Die vervaardiging van veilige, gesonde sowel as omgewings- en sosiaal vriendelike landbouprodukte.
50
06121508451001.txt
2,343
c Die toenemende nasionale en internasionale sensitiwiteit oor die veiligheid van voedsel van dier- en plantoorsprong plaas groot druk op die lewering van standaarde wat vereis word vir uitvoer sertifisering op hierdie produkte en vir verspreiding vir nasionale huishoudelike gebruik.
50
06121508451001.txt
2,344
d As gevolg van die internasionale gemeenskap se sensitiwiteit oor die teenwoordigheid van chemikalieë en ander faktore wat gesien word as nadelig vir die omgewing en menslike gesondheid, word pro-aktiewe monitering van sulke stowwe n vereiste en sal ons moet verseker dat gesonde boerderypraktyke toepas word om rekords daar te stel wat bo verdenking is.
50
06121508451001.txt
2,345
e Die hantering van uitdagings deur kompetisie van sommige van ons mededingers as gevolg van subsidies en tariefplafonne en die beskerming van bestaande buitelandse markte.
50
06121508451001.txt
2,346
f Die skuif van kommoditeitsgedrewe produksie na die 21ste eeuse niche-produkte en -markte en die ontwikkeling en verowering van hierdie markte met landbouprodukte met 'n hoë voedingswaarde, met gepaardgaande waardetoevoeging deur middel van verwerking van die basiese produk.
50
06121508451001.txt
2,347
g Konstruktiewe bydrae tot die ontwikkeling van Afrika deur die nuwe venootskap vir Afrika se ontwikkeling, NEPAD.
50
06121508451001.txt
2,348
Ons sal op 'n effektiewe wyse tegnologiese ontwikkelings moet inisieer wat aan ons die nodige voorsprong in die volgende dekade sal voorsien ten einde volhoubare boerderypraktyke te verseker.
50
06121508451001.txt
2,349
Klimaatsverandering vra van ons om proefnemings te doen met nuwe gewasse en variëteite en die aanwending van satelliettegnologie om weerstoestande en groeipatrone te bepaal. Ek is bewus daarvan dat u reeds ver gevorder is met u eie programme in hierdie verband. Ek wil die hoop uitspreek dat ons in die toekoms baie nou met mekaar sal kan saamwerk om hierdie program verder uit te bou.
50
06121508451001.txt
2,350
Die vooruitgang van die landbousektor is direk gekoppel aan die mate waarin primêre produksie ooreenstem met die behoeftes van die ekonomie, sowel wat direkte verbruik van basiese kommoditeite as die vraag na landbouprodukte vir verwerking aan betref, asook grondstowwe in die vervaardigingsbedryf. Dit is daarom dat dit belangrik is dat die visie vir landbou binne die breër visie van die globale ekonomie gesien moet word, eerder as 'n beperkte fokus op basiese landbouproduksie.