document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
25
04022609461004.txt
1,926
Nieteenstaande hierdie druk, was ons nog steeds in staat om die belastingslas op werkende mense te verlaag, alhoewel minder as in vorige jare.
25
04022609461004.txt
1,927
Aan die uitgawekant, stel ons meer geld beskikbaar aan Provinsies omdat hulle verantwoordelik is vir die groot maatskaplike dienste - skoolopvoeding, gesondheidsdienste en welsyn. Ons het ook R15 miljard begroot vir die uitgebreide openbare werke program met die doel om meer werks- en opleidingsgeleenthede te skep. Oor die volgende drie jaar sal ons ook R47,3 miljard aan munisipaliteite oordra.
25
04022609461004.txt
1,928
Bo en behalwe hierdie uitgawes begroot ons ook meer vir polisieëring, justisie, grondhervorming, binnelandse sake, en vir die weermag, om hulle in staat te stel om vrede elders op die Afrika vasteland te bevorder.
25
04022609461004.txt
1,929
Dit is uiters belangrik om hierdie uitgawes te sien in die konteks van die HOP (Heropbou en Ontwikkelingsprogram). Ons kan met trots sê dat ons oor die laaste tien jaar 'n groot verbetering gebring het in die lewensgehalte van ons armstes. Die verbeterings is sigbaar en meetbaar, maar daar is duidelik oorblywende uitdagings.
25
04022609461004.txt
1,930
Hierdie uitdagings moet aangespreek word binne die raamwerk van beperke finansiële hulpbronne en die kapasiteit van die staat op alle vlakke.
25
04022609461004.txt
1,931
Twee van die grootste uitdagings is werkskepping en die omvang van armoede, twee lewensaspekte wat nou saamhang. Werkloosheid is dwarsoor die wêreld 'n problem en daar is op die oog af nie maklike antwoorde nie.
25
04022609461004.txt
1,932
Tegnologiese ontwikkeling veroorsaak dat al hoe meer vervaardiging in groot lande soos Sjina plaasvind, waar tegnologie beskikbaar is, arbeid spotgoedkoop is, die mark geweldig groot is, en waar onderdrukking steeds aan die orde van die dag is.
25
04022609461004.txt
1,933
Al hoe meer mense werk in die dienstesektor.
25
04022609461004.txt
1,934
Die kapasiteit van regerings om mense in diens the neem het afgeneem.
25
04022609461004.txt
1,935
Lande soos Suid Afrika wat afskop met 'n gebrek aan vaardighede, kan vinnig, verder en verder agter raak.
25
04022609461004.txt
1,936
Dit is uiters belangrik dat almal van ons - in die staat, die privaatsektor, die gemeenskap en, natuurlik, in die vakbonde hierdie aangeleentheid bespreek. Die Groei- en Ontwikkelingsberaad verlede jaar was 'n goeie begin. Maar ook maar net 'n begin. Inisiatiewe soos die uitgebreide openbare werke program vloei direk uit die beraad, so ook die konferensie van die konstruksiesektor wat voorlê.
25
04022609461004.txt
1,937
Moeilik soos hierdie aangeleentheid is, moet die soek na oplossings ons almal betrek - daar is nie 'n enkeling in hierdie saal wat nie deur werkloosheid geraak word nie - hetsy deur 'n familielid, bure of voormalige kollegas.
25
04022609461004.txt
1,938
Werkskepping is aan die einde van die dag nie allen die plig van die staat nie, en ons standpunt is dat die privaatsektor die enjin vir werkskepping moet wees - maar hulle kom klaarblyklik nie die mas op nie. Daar is weliswaar oor die afgelope tien jaar meer as 2 miljoen addisionele werksgeleenthede geskep, maar teen die agtergrond van 'n arbeidsmag wat oor dieselfde tyd met 5 miljoen mense gegroei het, is die gaping vanselfsprekend.
25
04022609461004.txt
1,939
My beroep is vir totale eerlikheid. Werkskepping staan uit as die saak waaroor die leegste verkiesingsbeloftes gemaak word. Ondervra gerus maar die partye wat so leeg belowe, daar is bitter min antwoorde. Mense wat aan werkloses leuens vertel, het geen begrip van hoe onmenslik werkloosheid is nie, en hoe dit mense se selfagting verpletter nie. Werkloosheid is nie 'n saak vir slagspreuke nie, dit is die grootste uitdaging vir almal van ons wat daadwerklik glo dat 'n verskil gemaak moet word.
25
04022609461004.txt
1,940
Ek maak dus'n beroep op almal van julle om met ons hande te vat, om oplossings te soek vir werkskepping.
25
04022609461004.txt
1,941
Met die toenemende belangrikheid van dienste en nuwe tegnologie fokus ons sentraal op die beskikbaarheid en kwaliteit van onderwys en opleiding.
25
04022609461004.txt
1,942
Ons is besig om 'n ommekeer te verseker in onderinvestering in infrastruktuur oor die laaste 25 jaar. En met baie van hierdie projekte is ons verbind tot 'n groter arbeidsinhoud. Voorbeelde is behuising en die instandhouding van paaie, maar dit is inderdaad die sentrale fokus van die uigebreide openbare werke program.
25
04022609461004.txt
1,943
n Uitbreiding van steun vir landbouontwikkeling as deel van die grondhervormingsprogram.
25
04022609461004.txt
1,944
n Vennootskap met besigheid en arbeid, byvoorbeeld deur die "Trots Suid-Afrikaans" veldtog en die finansiële dienste sektor handves wat mik om toegang tot dienste te verbeter.
25
04022609461004.txt
1,945
En waar mense nie tot die arbeidsmark kan toetree nie, het die regering gesorg dat die veiligheidsnet nou veel wyer is - deels as gevolg van groeiende toegang tot ouderdoms en ongeskiktheidspensioene, maar veral deur die instelling en uitbreiding van die kinderonderhoudstoelaag. Hierdie jaar het 7- en 8-jaar-oud kinders toegang gekry. Oor die volgende twee jaar sal kinders tot 13-jaar oud kwalifiseer. Waar meer as vier miljoen kinders nou ondersteuning uit die oord kry sal die getal styg tot oor die ses miljoen in 2006.
25
04022609461004.txt
1,946
Die impak van armoede is 'n probleem wat gesamentlike aandag moet geniet. Die demokratiese Suid-Afrika is inderdaad bevoorreg. Die armstes is ongelooflik geduldig en waarderend maar ons mag dit nie as vanselfsprekend aanvaar nie.
25
04022609461004.txt
1,947
Ons moet alles in ons vermoë doen om armoede te beveg. Dit is werklik die plig van elkeen.
25
04022609461004.txt
1,948
Ten slotte wil ek 'n beroep doen vir 'n verskuiwing van ons ontwikkelingsparadigma/ons siening van ontwikkeling: ons kan nie voortbeweeg met 'n aktiewe staat en 'n passiewe bevolking nie. Ons moet verseker dat die benadering van Batho Pele in die staatsdiens seëvier - ons moet saamwerk om die gehalte van die staat se dienste te verbeter. 'n Meer doeltreffende staatsdiens sal besparings lewer wat gebruik kan word in die stryd teen werkloosheid en armoede. Elke skool, kliniek, hospitaal, polisiestasie, hof, kantoor van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens of die department van binnelandse sake, elke instansie wat geld van die staat kry, behoort meer plaaslik aanspreeklik en aanspreekbaar te wees. My beroep is dus beide aan Solidariteit as vakbond, en aan elkeen as lid van die gemeenskap, om 'n verskil te maak. Dit is die aktiewe demokrasie van die HOP en die Vryheidshandves. Dit is waar die verskil gemaak gaan word, dit is die vennootskap vir verandering. Dit is ons volkskontrak. Dit is ons toekoms.
25
04022609461004.txt
1,949
Baie dankie vir die luister.
26
04032410461003.txt
1,951
In die meeste lande en veral Europa word die dag as't ware gevier omdat tering in daardie lande feitlik uitgewis is. In ons land en veral in die Wes-Kaap, dien dit vir gesondheidspersoneel as 'n nuwe aansporing om een van ons grootste gesondheidsgevare met nog groter ywer die hoof te bied.
26
04032410461003.txt
1,952
Hierdie boodskap is so baie belangrik dat ek dit kortliks in Afrikaans herhaal. Ek het gesê dis tyd die mense van die Wes-Kaap groter verantwoordelikheid aan die dag lê wanneer dit om tering gaan. Dit is juis onverantwoordelike optrede wat veroorsaak dat ons elke jaar duisende nuwe grafte moet grawe. En dit hoef nooit 'n dodelike siekte te wees nie. Dit is behandelbaar.
26
04032410461003.txt
1,953
Hier in sekere Wes-Kaapse dorpe is die aantal teringgevalle kommerwekkend hoog en neem dit jaarliks toe. Ek het pas 'n toer van verskeie dele van ons mooi provinsie gemaak waar ek vasgestel het wat die toedrag van sake op die verskillende dorpe is. Op Clanwilliam het 1 405 uit elke 100 000 van die bevolking tering in 2001 gehad. 'n Jaar later het 1 622 uit elke 100 000 mense TB gehad. En moenie dink dat dit anders daar is as hier op Stellenbosch nie.
26
04032410461003.txt
1,954
Die boodskap aan al ons inwoners is dat wanneer iemand 'n knaende hoes ontwikkel moet daar dadelik na 'n kliniek gegaan word. Die behandelingsproses strek oor 6 tot 8 maande, maar as die herstelprogram nie voltooi word nie, kan 'n terugslag beleef word en dan word die siekte weer van vooraf versprei. Baie mense voltooi nie die program nie, omdat hulle reeds na omtrent 'n maand nie meer siek voel nie en dan met medikasie ophou. Maar dit beteken nie dat jy gesond is nie. En wat dit nog erger maak is dat die sieke se kanse op genesing verminder.
27
04100510451004.txt
1,956
Afrikaans is nie my moedertaal nie, maar dis belangrik dat ek u in die taal waarmee u gemaklik is, toespreek. Dit is die Boland wat daartoe bygedra het dat die Weskaap nou onder ANC-regering staan. Dit is die Boland wat ons regering bystaan om die probleme van al ons mense aan te pak. Dit is die Boland wat ons van helde in ons gemeenskappe voorsien. Daar is talle van ons helde in sport, die sakewêreld, politiek, in die regering, in ons kerke - oral in die lewe vind ons helde - en as jy in hul geskiedenis teruggaan, sal jy uitvind dat hul herkoms in die Boland is. Daar is Breyton Paulse, daar is Chris Nissen, daar is Cecil Esau, daar is Ashwin Willemse en talle andere.
27
04100510451004.txt
1,957
Hulle mag nou in die groot stede woon, maar hulle kom van die Boland. Hulle is mense soos julle. Hulle is die trots van die Boland en hulle hoort hier by julle. Daarom, is ek bly om hier te wees.
27
04100510451004.txt
1,958
Ek is hier om u die geleentheid te gee om u regering toe te spreek. Ek is hier om na u te luister. Ek is hier om te kyk of ek u kan help om u lewe beter en makliker kan maak. Ek is hier om ons beloftes, as regering, aan u na te kom. Ek is hier om te hoor wat u probleme is en, gesamentlik, te kyk hoe ons dit kan aanpak. Ek mag nie al die antwoorde vir u het nie, maar ons sal probeer, saam met die burgermeesteres en andere, om antwoorde aan u te verskaf. Daar waar ons nie antwoorde kan gee nie, sal ons dit aan die relevante departement oorhandig om antwoorde en oplossings te verskaf.
27
04100510451004.txt
1,959
Een van die ander hoofredes waarom ek hier is, is om u te nooi om saam met die Departement van Korrektiewe Dienste 'n vennootskap aan te gaan. Ons wil u deelmaak van die werk wat ons doen. Ons wil seker maak dat u verstaan dat gevangenes, ten spuite van hul misdade, nog altyd deel van ons gemeenskappe uitmaak. Hulle het foute begaan. Hulle het van ons, in ons gemeenskappe seergemaak. Hulle het ons trane laat stort. Hulle het leed aan ons kinders gedoen. En hulle moet daarvoor boet. Hulle moet hul tyd in die gevangenis uitdien. Maar ons kan hulle nooit verwerp nie. Ons kan nooit ons rug op hulle draai nie. Ten spyte van die foute wat hulle in die lewe begaan het, moet ons hulle wys dat daar nog altyd 'n kans is om te verander en om hul lewens te verbeter. Ons moet hulle hoop gee. Ons moet hulle wys dat daar goed in almal van ons is. Al wat hulle moet doen is om te erken dat hulle fouteer het. Hulle moet berou en om verskoning vra en sê dat hulle die straf wat deur die hof opgelê is, aanvaar en sal uitdien.
27
04100510451004.txt
1,960
Ons moet hulle wys dat ons menslik is; dat soos ons Vader, sal ons hulle nie veroordeel nie. Ons moet aan hulle sê dat ons hulle graag terug in ons gemeenskappe wil hê, maar dat hulle eers aan ons moet bewys dat hulle dit verdien om terug te kom. Hulle moet rehabiliteer. Hulle moet regmaak daar waar hulle verbrou het. Eers dank kan ons ons deure oopmaak.
27
04100510451004.txt
1,961
My beroep aan u vandag is om ons te help sodat ons u kan help. Daar is te veel misdaad in ons gemeenskappe. Daar is te veel moorde, verkragtings, kinder-molesterings, rooftogte, vroue-mishandeling en bendes in ons gemeenskappe. Ons moet dit tot 'n einde bring en dit kan in ons huise begin. Dit begin by ons. Dit begin daar waar ons woon. Elkeen van ons kan tot 'n beter lewe bydra.
27
04100510451004.txt
1,962
Ons moet seker maak dat wanneer hulle uit die gevangenis kom, dat hulle nie na misdaad teruggaan nie.
27
04100510451004.txt
1,963
Dit help nie dat ons mense na hulle uitreik nie en dan gaan hulle met hul misdaad voort. As dit gebeur, sal ons hulle so lank moontlik binne hou. Ons sal seker maak dat hulle nie parool kry nie want ons kan nie toelaat dat hulle verdere kwaad in in ons gemeenskappe doen nie.
27
04100510451004.txt
1,964
Dit is nie nodig nie. Laat ons saamstaan - die kerke, organisasies, sportklubs, gemeenskappe- en veg teen dit wat ons agteruit hou.
27
04100510451004.txt
1,965
As Korrektiwe Dienste, wil ons bydra tot veranderinge in jul lewens. Ons wil na julle uitreik. As u Sondagaand na 'n program op TV gekyk het, sal jy gesien het dat baie mense sê dat ons nog gevangenisse moet bou, dat die doodstraf moet terugkom, dat ons gevangenes langer in die tronke moet hou, dat ons hulle nie drie male moet voed nie. Maar dit sal nie ons probleme oplos nie. Dit sal net ons probleme vererger.
27
04100510451004.txt
1,966
Ons moet liewers help om hulle te verander sodat hulle goeie burgers kan word. Binne Korrektiwe Dienste wil ons hulle wys dat hulle menslik is en dat ons seker wil maak dat hulle wel kan verander. Maar ons het u hulp nodig. Reik uit asseblief. Kom nader.
27
04100510451004.txt
1,967
Daar is nou die geleentheid vir gemeenskappe om in Paroolrade betrokke te raak. Ons skep 52 Paroolrade dwarsoor die land. Die voorsitters van Paroolrade kom van ons gemeenskappe en nog twee gemeenskapslede sal op die Rade dien. Dit gee ons gemeenskappe die kans om te besluit of 'n gevangene vir parool kwalifiseer en onder watter voorwaardes. Raak betrokke by ons paroolrade sodat u kan seker maak dat net mense wat rehabiliteer, vrygelaat word voordat hul vonnisse uitgedien is. Dit gee hulle die kans om te vergoed vir dat wat hulle verkeerd gedoen het.
27
04100510451004.txt
1,968
Ek wil nou kortliks op die Departement se Witskrif raak. Dit is die nuwe beleidsrigting van Korrektiewe Dienste. Deur die Witkskrif, wil ons gemeenskappe betrokke in ons werk kry.
27
04100510451004.txt
1,969
Wees gewaarsku. Ons sal jou nie binne Korrektiewe Dienste duld nie. Jy sal wel bewus wees dat ons net verlede week 'n voormalige Streekskommissaris afgedank het. Die saak het lank geneem. Hy het gedink hy kan ons uitoorlê. Hy het 'n duur prys daarvoor betaal. En ons is nie klaar met hom nie. Hy sit nou sonder werk maar ons gaan voort met 'n kriminele saak van bedrog teen hom. Dis sulke mense wat die naam van Korrektiewe Dienste beswader. Dis sulke mense wat nie in die diens behoort nie. Hulle gee ons almal 'n slegte naam maar ons sal van hulle ontslae raak en met mense wat wil werk, vervang. Daar is baie mense in ons gemeenskappe sonder werk wat bereid sal wees om met trots te dien. Ons sal jou uitskop en met goeie mense vervang.
27
04100510451004.txt
1,970
In gisteraand se koerant is daar verskillende aantuigings teen Malmesbury gemaak. Dit is nie 'n goeie storie nie. Ek wil weet wat daar aangaan. Die Area Kommissaris, die hoof van die sentrum en die streekkantoor moet my kom sê wat daar aangaan. As daar enige waarheid in die berigte is, dan moet die skuldiges weet dat jou dae getel is. Ons gaan jou uitvind. Jy gee ons 'n slegte naam. Jy maak Korrektiewe Dienste seer. Jy laat ons bloei.
27
04100510451004.txt
1,971
Ek wil nou graag u die kans gee om met my, die Adjunkminister en andere hiervoor te praat. Deel met ons hoe jy voel. Sê vir ons wat ons moet doen. En dan wil ons graag sien hoe ons met u kan saamwerk.
27
04100510451004.txt
1,972
Ek dank u almal.
28
04290x70097.txt
1,974
Een van die kragbronne van die nuwe Suid-Afrikaanse nasie waaraan ons bou, is gelee in die ruimte wat dit bied aan elke taal, kultuur en godsdiens om te groei en gedy. Ons is vandag hier in Upington bymekaar om ons eenheid te vier deur vrye uiting te gee aan die ryk verskeidenheid van ons kultuur. Dit is juis die rykdom van ons verskeidenheid wat krag en diepte verleen aan die eenheid van ons nasie.
28
04290x70097.txt
1,975
Deur ons nasionale Vryheidsdag hier in die Noord-Kaap te vier bring ons hulde aan 'n skitterende voorbeeld van nasie-bou en versoening; betoon ons eer aan die inwoners van die provinsie - mense wat ver weg van die media-kollig, deur gesamentlike optrede een van die ergste erfenisse van vernalating in ons land, te bowe kom; gee ons erkenning aan 'n streek met 'n besielende geskiedenis en 'n kultuurskat wat vir te lank buite sig gehou is.
28
04290x70097.txt
1,976
Hierdie deel van ons land vertoon in sy samestelling 'n rykdom van verskeidenheid, amper gelyk aan die van die nasie. Hier word 'n nuwe kenmerkende identiteit geweef uit die samekoms van Griekwa en Tswana; Khoikhoi en Afrikaner; San en Xhosa; Keurling, Blanke, Indier en African.
28
04290x70097.txt
1,977
Dwarsoor die land is gemeenskappe en navorsers besig om die verwronge beelde van ons geskiedenis waaraan ons vir so lank onderwerp is, reg te stel. Ons erfenis van honderde, selfs duisende, jare se beskawing word her-ontdek en in ere herstel. Die grootse verhale van die heldhaftige weerstand van trotse gemeenskappe om hul land, onafhanklikheid en waardigheid te beskerm, word nou opnuut vertel vir almal om te hoor.
28
04290x70097.txt
1,978
Later vandag sal ons die visie van Abraham September herdenk - 'n man, gebore in slawerny, wat die besproeiing begin het waardeur hierdie streek so vrugbaar gemaak is. Op hierdie wyse sal ons help om erkenning te gee aan die kennis en vaardighede van gewone mans en vroue. Dit is daardie vaardighede en kennis wat oor die eeue hen die natuurlike bronne van ons land omskep het in die rykdom van die nasie.
28
04290x70097.txt
1,979
Die soeke na die waarheid van ons verdeelde verlede, is 'n pynlike proses. Om te staan te kom voor die bittere kennis van die leed wat ons in die laaste jare van apartheid mekaar aangedoen het, is om as nasie die pyn weer te herleef. Maar die werksaamhede van die Waarheids- en Versoeningskommissie het vir ons bewys, meer as wat ons ooit kon gedink het, dat die waarheid helende krag besit. Ons moet van hierdie geleentheid gebruik maak om die Kommissie geluk te wens met die werk wat hulle verrig.
28
04290x70097.txt
1,980
Ons is baie bemoedig deur die groeiende getal mense wat na vore kom om die Kommissie te help in sy pogings om die waarheid in verband met growwe skending van menseregte bloot te le; ons vertrou dat vele meer daardie voorbeeld sal volg.
28
04290x70097.txt
1,981
Die grootste vergoeding wat aan die slagoffers gemaak kan word, en die kragtigste middel tot versoening, is die sukses wat ons sal bereik in die bou van 'n nuwe samelewing.
28
04290x70097.txt
1,982
Die nuwe Grondwet, en die plek wat dit in die harte van ons mense ingeneem het, is ons beste versekering dat Suid-Afrika nooit weer sal toelaat dat sulke vreeslike dinge gebeur nie.
28
04290x70097.txt
1,983
Vandag sal ons ook 'n eksemplaar van die Grondwet aan die Upington Veertien oorhandig. Hul lyding, as deel van 'n onderdrukte gemeenskap, vertel die verhaal van onnoembare getal Suid-Afrikaners, hier in die provinsie en dwarsoor die land.
28
04290x70097.txt
1,984
Toe hul teregstelling afgewag het, en daar 'n internasionale veldtog was om hul lewens gespaar te kry, het die naam van Upington wereldwyd bekend geword. Vandag stuur Upington 'n ander boodskap aan die wereld uit: naamlik, dat dit 'n plek is waar mense hande gevat het in die poging om die droom van 'n beter lewe vir almal te verwerklik; om die ideale van ons Grondwet te verwesenlik. Die vryheid wat hulle ons gehelp het om te bereik, word vandag met groot vrug benut.
28
04290x70097.txt
1,985
Dit is inderdaad die boodskap wat dwarsoor die land weerklink soos gemeenskappe skouer aan die wiel sit om in samewerking met hul demokraties-verkose Rade hul lewens te verbeter.
28
04290x70097.txt
1,986
Dit is reg dat ons nou, hier verby die halfpad-merk van ons eerste termyn van demokratiese regering, onsself afvra: Hoe het ons as nasie gevorder met die vervulling van daardie belofte om gesamentlik ons lewens te verbeter?
28
04290x70097.txt
1,987
Ons kan met vertroue verklaar dat die fondamente van 'n beter lewe gele is. Die regering beskik oor die regte beleidsplanne om die uitdagings vor ons aan te pak. Stadig maar seker is die beleid besig om resultate op te lewer en 'n verskil te maak aan die wyse waarop mense lewe. As regering het ons ons program van aksie verskerp en aan onsself duidelike doelwitte vir die jaar en verder vorentoe gestel. U, die mense, kan en behoort ons toespreeklik te hou vir die bereiking van daardie doelwitte.
28
04290x70097.txt
1,988
Dit verskaf ons ontsaglik veel trots en vreugde dat daar sedert 27 April 1997, aan miljoene mense vir die eerste keer toegang tot skoon water besorg is; tot elektrisiteit; behuisingstoelae; gratis gesondheidsorg; voedingsprogramme; en grondbesit. In die begroting wat die regering sopas aanvaar het, is nog meer meddele aan maatskaplike besteding toegese sodat hierdie programme in die loop van die komende jaar verder uitgebrei kan word.
28
04290x70097.txt
1,989
In die verband, moet ons die regering van Noord-Kaap, sowel as die van ander provinsies, gelukwens met hul planne om die fondse wat deur die nasionale regering beskikbaar gestel is, aan te wend vir versnelde lewering van basiese behoeftes.
28
04290x70097.txt
1,990
Verder verdien die Polisie van hierdie provinsie ons gelukwensinge vir die wyse waarop hul die grootste misdaad-sindikaat in die provinsie aan die kaak gestel het.
28
04290x70097.txt
1,991
Dit is deurbrake soos die - hier en elders - wat ons help om stadig maar seker die geveg teen misdaad te wen. Die groter middele wat die regering beskikbaar stel vir die versterking van die kriminele regsplegingstelsel, sal verder daartoe bydra. So ook die hoe-digtheid misdaadbekamping-veldtog waaraan die Polisie en 10 000 lede van di Nasionale Weermag tans deelneem.
28
04290x70097.txt
1,992
Hierdie welslae is die gevolg van toegewyde diens deur ons Polisie - die oorgrote meerderheid waarvan mans en vrouens is met 'n onwrikbare verbintenis tot die veiligheid en sekerheid van ons mense. Hulle moet dikwels onder baie moeilike en gevaarlike omstandighede werk. En ons doen 'n beroep om elke gemeenskap en alle gedeeltes van ons samelewing om hulle met by te staan in die stryd teen misdaad en misdadigers.
28
04290x70097.txt
1,993
Blywende en lang-termyn oplossings vir die misdaad-probleem sal voortvloei uit verbeterings in lewensomstandighede en die uitwissing van armoede. Op sy beurt, hang dit weer af van die sukses wat ons met ons ekonomiese beleid behaal.
28
04290x70097.txt
1,994
Alles dui daarop dat ons goed op spoor is. Die verstarde ekonomie wat ons ge-erf het, is nou weer op die pad van volgehoue groei as gevolg van die toename in beleggings, produktiwiteit en uitvoere.
28
04290x70097.txt
1,995
Die provinsies het die uitdaging aanvaar om binne die nasionale raamwerk hul eie planne vir groei en ontwikkeling uit te werk, sodat hul in staat is om die besondere behoeftes van hul streke aan te spreek, en terseldertyd by te dra tot die ekonomiese sukses van die land.
28
04290x70097.txt
1,996
Ons het groot bewondering vir die doelgerigtheid waarmee hierdie provinsie wee soek om sy tradisionele afhanklikheid van die landbou en die mynwese, af te skud deur uit te brei na vervaardiging en toerisme. 'n Vennootskap met die privaatsektor om meer fabrieke op te reg om waarde toe te voeg tot die mynbou-produkte, kan lei tot vermeerderde werkskepping in die provinsie. En dit sal bydra tot die bervordering van uitvoere - en van die kern-oogmerke van ons ekonomiese plan.
28
04290x70097.txt
1,997
Maak nie saak watter goeie beleid 'n regering het nie. Sonder die daadwerklike deelname van ieder en elk van ons, kan daardie planne nie slaag nie. Dit is slegs wanneer gemeenskappe betrokke raak dat ons demokrasie 'n lewende werklikheid en 'n krag vir verandering en omvorming sal word; gemeenskappe wat hul verkose verteenwoordigers tot verantwoording roep; wat hul behoeftes en wense uitspreek; wat hul vorstelle tot verbetering van sake op die tafel le; en wat hul burgerlike verpligting nakom deur hul dienste te betaal.
28
04290x70097.txt
1,998
Ons gedeelde visie van 'n nie-rassige samelewing sal verwesenlik word, deur bewustelike optredes aan die kant van gemeenskappe en rade om die rasse-karakter van ons stede en dorpe af te breek. Daardeur sal hulle die ware aard van ons reenboog-nasie weerspieel.
28
04290x70097.txt
1,999
Die positiewe reaksie op die hernude Masakhane veldtog, is 'n bemoedigende teken dat gemeenskappe en rade inderdaad besig is om hande te vat in die poging om ons verskeurde samelewing te herstel.
29
05101008451001.txt
2,001
Ons as regering van die Wes-Kaap is tans met 'n Imbizo program besig en het reeds vandag heeldag, van vroeg vanoggend af hier in u omgewing met verskillende belange groepe ontmoet. Ons aktiwiteite word môre om 8 uur op Vredendal voortgesit en sluit Sondag middag op Grabouw af.
29
05101008451001.txt
2,002
Laat my toe om u eerstens geluk te wens met die verrigtinge vanaand en ook dan spesifiek die 100 jarige feesvieringe wat u op 'n paslike wyse laat plaasvind. Die geskiedenis van water en die Nuyrivier is 'n merkwaardige een wat ook aandui dat die probleme en die uitdagings van toe en nou nog steeds dieselfde is soos blykmuit die geskiedenis.
29
05101008451001.txt
2,003
As gevolg van wisselende klimaatsomstandighede en periodieke droogtes was water in die Nuy-omgewing van tyd tot tyd in oorvloed, maar meestal heeltemal ontoereikend en wisselvallig. Dit was dan die oorheersende faktor wat aanleiding gegee het tot die versoek van 11 boere uit die Nuyvallei dat 'n Besproeiingsdistrik hier gestig word. 'n Proklamasie op 31 Mei 1905 verleen toestemming tot die stigting van die Nuyrivier Besproeiingsraad in dieselfde jaar.
29
05101008451001.txt
2,004
Reeds met die tweede Raadsvergadering in dieselfde jaar word besluit op die bou van 'n deeldam by Vierde Drif. Hier sou die hele stroom in twee gelyke dele verdeel word tussen Boonste Besitters en Onderste Besitters. Hierdie deeldam is offisieël op 30 September 1908 deur John X. Merriman geopen.
29
05101008451001.txt
2,005
Die belangrikste bron van water vir die Nuyvallei gedurende daardie jare en steeds vandag kom vanaf Keerom in die Montagu distrik. As gevolg van geskille tussen die Raad en Keerom-bewoners oor onreëlmatige verdeling van water, word daar met die De Kock broers van Keerom onderhandel en grond word in dele hier aangekoop teen 18 725 pond. Totale onkostes vir hierdie hele projek sou min of meer 35 000 pond beloop.
29
05101008451001.txt
2,006
Reeds in 1920 is beplan om 'n bewaringsdam by Keerom op te rig, maar eers in 1953 word Keeromdam, 'n private onderneming, gebou teen 'n koste van 152 000 pond met 'n kapasiteit van 1900 miljoen gellings. Die dam word in 1954 voltooi en oorstroom sy walle in Augustus van dieselfde jaar.
29
05101008451001.txt
2,007
In Januarie 1981 beleef die Nuyvallei die Laingsburg-vloed wat 'n spoor van verwoesting nalaat. Wingerde en landbougrond van onskatbare waarde word verwoes en toegeslik. Om die gehawende Nuyrivier min of meer tot sy oorspronklike loop te kanaliseer sou ± R160 000 beloop. Hiertoe dra die Staat 80% by d.m.v 'n subsidie. As gevolg van toeslikking en groter waterbehoeftes word die wal van Keeromdam gedurende 1889 - 1990 met 3 - 4 verhoog. Die onkoste beloop R1 135 000 en die kapasiteit word met ± 3 miljoen m3 vermeerder.
29
05101008451001.txt
2,008
Dit is duidelik dat daar 'n vennootskap was tussen die mense van die omgewing en die regering van die dag, anders sou daar geen aksie gewees het rondom die belangrike aspek van water nie en ek wil vir u sê dat daardie vennootskap vandag nog net so belangrik is..
29
05101008451001.txt
2,009
Die Sagte Vrugte Bedryf met al sy vertakkings is vir die Wes-Kaapse Regering van groot belang aangesien die bedryf in sy geheel 'n baie groot bydrae maak tot die ekonomie van die Provinsie. Nie alleen verskaf die bedryf aan baie mense werk nie, maar is dit ook vir ons 'n advertensie dwars oor die wêreld as gevolg van die vrugte wat op die winkelrakke van meeste lande oorsee te vinde is. Ons is deeglik bewus van die probleme waarmee u te make het en as 'n departement poog ons om saam met u die pad te stap om oplossings te vind vir die uitdagings Die grootste uitdaging vir ons in Landbou is sekerlik die kwessie van bemagtiging in al sy fasette, maar veral die kwessie van grondhervorming en die vestiging van opkomende boere. Ons wil glo dat ons in die Wes-Kaap gerat is om die uitdagings die hoof te bied en dat hoewel die proses stadig begin het, ons in staat sal wees om spoed op te tel. Daar is vir ons twee belangrike beginsels wat moet geld, naamlik dat die vestiging van nuwe boere op so 'n wyse sal geskied dat dit volhoubaar is en tweedens dat ons moet omsien na die welstand van ons kommersiële boere. U het 'n belangrike taak ten opsigte van mentorskap en om te sorg dat die Landbousektor sy belangrike rol in die ekonomie van die Provinsie sal speel.
29
05101008451001.txt
2,010
In hierdie opsig glo ons in die Departement van Landbou in die Wes-Kaap dat een van die hoekstene van landbou se bydrae tot die ekonomie, doelgerigte voorpunt navorsing is, en daarom het ek hierdie jaar byna R46 miljoen vir Tegnologie, Navorsing en Ontwikkeling in die Landboubegroting bewillig.
29
05101008451001.txt
2,011
Wat navorsing betref is dit belangrik om te beklemtoon dat dit langtermyn van aard is, met uitkomste gerig op die bevordering van die mededingendheid en volhoubaarheid van die landbousektor van die Provinsie, met ander woorde op ekonomiese groei wat weer werkskepping en instandhouding tot gevolg het. Inligting wat gegenereer word deur die navorsingsaktiwiteite van die Departement, vorm die basis van tegnologie-oordrag en boerdery-ondersteuningsprogramme aan die totale landbougemeenskap van die Provinsie. Ons het dit as volg opgedeel.
29
05101008451001.txt
2,012
R25,4 miljoen word aangewend vir die befondsing van direkte navorsing, waarvan R9,8 miljoen spesifiek vir diereproduksienavorsing, R8,8 miljoen vir plantproduksienavorsing en R2,6 miljoen vir hulpbrongerigte navorsing aangewend word. 'n Verdere bedrag van ongeveer R2,0 miljoen word spesifiek geoormerk vir die ontwikkeling en opgradering van navorsingsinfrastruktuur op die sewe proefplase van die Departement. Die rol wat proefplase as buitelug laboratoria speel vir die demonstrasie van beste landboupraktyke, kan nie onderskat word nie. Dit speel ook 'n sleutelrol in die opleiding van die groeiende opkomende landbousektor van die provinsie.
29
05101008451001.txt
2,013
Ontledings het aangetoon dat die waterverbruik van die Kaapse Metropool binnekort die voorsiening vanuit die beskikbare waterbronne gaan oortref. Kompetisie tussen die verskillende verbruikersektore om die beskikbare water gaan nog toeneem. Die besproeiingssektor is verantwoordelik vir ongeveer 50% van totale huidige verbruik en moet dus betrokke raak by die vind van gebalanseerde oplossings.
29
05101008451001.txt
2,014
Die Departement tree pro-aktief op met onder andere 'n program om die werklike waterverbruik deur besproeiing in die belangrikste sektore in die Wes-Kaap te bepaal en te vas te stel hoe die waterverbuiksdoeltreffendheid verbeter kan word. Die koste van die projek beloop R615 000 per jaar. Die Provinsie het ook 'n bedrag van R3 miljoen beskikbaar gestel vir 'n ondersoek na alternatiewe waterbronne. Dr van Rooyen, die hoof van ons Departement staan aan die hoof van die werkgroep wat die proses moet dryf.
29
05101008451001.txt
2,015
U weet dat ons hierdie jaar die 50ste herdenking van die vryheidsmanifes vier en daarin word die regte van elke Suid-Afrikaner uitgestippel. Die vryheidsmanifes vorm ook die basis van die Grondwet. Ons as Regering in die Wes-Kaap is intens bewus van ons verantwoordelikheid teenoor elke lid van die samelewing en die ideale waarna ons moet streef om die vryheidsmanifes 'n lewende dokument te maak. So onthou ons ook die woorde van Hoofman Albert Luthuli in 1958, toe hy sy visie vir ons land vir die eerste keer beskryf het as 'n "Tuiste vir Almal" Hy het ook gepleit vir die ruimheid van gees en 'n oproep om eenheid onder al ons mense gedoen. Hy het gevra dat ons almal saam sal bou aan 'n toekoms met groter gelykheid, nie-rassigheid, multikulturaliteit, godsdiensverdraagsaamheid, veeltaligheid en nie-seksisme.
29
05101008451001.txt
2,016
Die Regering van die Wes-Kaap het dit aangegryp en ons eie gemaak en met u 'n kontrak aangegaan in ons visie van "'n Tuiste vir Almal". Met ons visie sê ons dat ons nie mekaar hoef te vrees nie; dat ons verskille en diversiteit nie verdelend hoef te wees nie, maar dat ons juis daaruit moet put om 'n groter eenheid te vorm waarin ons mekaar kan aanvul met die rykheid van dit waaroor ons elkeen beskik. Terwyl ons aan 'n verenigde Provinsie bou, moet daar ruimte wees vir al ons identiteite om verstaan, gerespekteer en gewaardeer te word. Ons moet almal kan sê, dat ongeag ras, klas, geslag, ouderdom, godsdiens, kultuur, taal, etnisiteit, geografiese of seksuele oriëntasie, die Wes-Kaap 'n Tuiste vir Almal is. Die harde werklikheid is dat ons mekaar nodig het en dat nie een van ons op ons eie sal oorleef nie.
29
05101008451001.txt
2,017
Ek wil vir u dankie sê dat u as kommersiële boere lankal reeds ook besig is om u bydrae te maak om ons te help om te bou aan hierdie tuiste vir almal en dat u nie wegskram van hierdie verantwoordelikheid nie.
29
05101008451001.txt
2,018
Ek wil u sterkte toewens met die volgende 100 jaar en die versekering gee dat ons van die Departement van Landbou se kant af daarna uitsien om die pad saam met u te loop.
30
05111709451003.txt
2,020
Dit is 'n wonderlike voorreg vir my om deel van hierdie geleentheid vanaand te wees.
30
05111709451003.txt
2,021
Die Afrikaanse Taalmuseum- en Monument is vir 'n baie lang tyd al 'n kenteken van die identiteit van alle Afrikaanssprekendes.
30
05111709451003.txt
2,022
Die vryheid om onsself uit te druk is een van die wonderlike prestasies van ons nuwe demokrasie. Hierdie vryheid kan duidelik gesien word in die feit dat ons reeds elf amptelike tale het.
30
05111709451003.txt
2,023
Vandag vier ons die 30ste herdenking van die ontstaan van die Afrikaanse Taalmuseum- en Monument. Terwyl die museum geopen is op 14 Augustus 1975, is die monument amptelik op 10 Oktober 1975 onthul. Hierdie erfeniskompleks is nie net ontwerp om die Afrikaanse taal te ontwikkel en te bewaar nie, maar ook die gebruik van die taal te bevorder. Daarom is Afrikaans vandag een van die tale wat se invloed verby die gebruik daarvan as 'n kommunikasie-werktuig strek. Afrikaans het op so 'n manier ontwikkel dat dit moontlik is om hoogs gesofistikeerde wetenskaplike konsepte en teorieë oor te dra.
30
05111709451003.txt
2,024
Dit is egter vir my kommerwekkend dat ons net twee nasionale museums het wat aan die Afrikaans- en Engelssprekendes voorsien. Alhoewel hierdie twee museums hulle bes doen om ook aan die ander tale te voorsien, dink ek steeds nie dat ons genoeg doen nie.
30
05111709451003.txt
2,025
Ons nuwe demokratiese grondwet waarborg gelykheid van waarde van al ons amptelike tale. Aan almal wat 'n mening wil uitlig en aanvoer dat ons taalbeleid nie kan werk nie, of dat dit te veel sal kos om te implementeer, wil ek verseker dat dit kan slaag, indien ons almal saamwerk om sukses te verseker.
30
05111709451003.txt
2,026
Op internasionale front, poog organisasies soos UNESCO ook om taal en kulturele diversiteit te bevorder.
30
05111709451003.txt
2,027
Die gebruik van 'n persoon se moedertaal word gesien as 'n universeel menslike reg. Die universele verklaring van kulturele diversiteit voer aan en waarborg dat alle persone die reg het om hulself uit te druk en om skeppend te wees, asook om hul werk te versprei in die taal van hul eie keuse.
30
05111709451003.txt
2,028
Dit sluit in 'n vrye meningsuiting, meervoudige media, veeltaligheid, gelyke toegang tot kuns en ook tot wetenskaplike en tegnologiese kennis, asook in digitale vorm en die moontlikheid vir alle kulture om toegang te hê tot die vorm en verspreiding van uitdrukking.
30
05111709451003.txt
2,029
Internasionale Moedertaaldag, nog een van UNESCO se programme, word ook in Suid-Afrika elke jaar op 21 Februarie gevier. Die program beoog om bedreigde tale en taalkundige diversiteit te bevorder en te beskerm as 'n noodsaaklike deel van die lewende erfenis van menswees. Mnr Koïchiro Matsuura, die direkteur-generaal van UNESCO, het hierdie jaar op Internasionale Moedertaaldag aangevoer dat taal diversiteit beskerm en om 'n moedertaal aan iemand te leer, van kardinale belang is vir die ontwikkeling wat elke individu se verbintenis aan sy of haar inheemse kultuur beskerm, terwyl dit ook verseker dat elke persoon in aanraking kan kom met ander kulture, en sodoende die voordeel kan trek uit 'n wêreld wat elke dag meer wisselwerkend word.
30
05111709451003.txt
2,030
Die Europese Unie het byvoorbeeld begin met elf tale, tot op hede het dit vermeerder na 21. Behalwe vir die 400 vertalers wat in die permanente diens van die Unie is, is daar 'n groot aantal vryskutvertalers. Dit is benewens die feit dat vertalings slegs 0,8% van die totale begroting uitmaak. Dit werk min of meer uit op 2 tot 3 Euros per persoon per lidstaat.