document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,917 | n Fraai klein dubbelverdiepinggebou is op die plaas Kleinbosch in Dal Josafat, net buite die Paarl, opgerig. Dit is vandag een van Afrikaans se kosbaarste erfenisstrukture. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,918 | Eerder as om bloot n monument te bou, is gevoel om n skool te stig en n skoolgebou op te rig waar die kinders van die Afrikaanssprekende Hugenote-nasate, wat onder die streng verengelsingsbeleid in die Kaapse staatskole van destyds gebuk gegaan het, in hulle moedertaal onderrig sou kon word. Christelike onderrig, wat in die staatskole binne amptelike skooltye verbode was, sou in die Gedenkschool fondament én sluitsteen vorm? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,919 | Die Gedenkschool was n hoogtepunt in die destydse beweging om vanuit die gemeenskap "vrye Christelike skole" as teëhangers vir die godsdiens-neutrale Engelse staatskole te stig. Die Afrikaanse Patriot het dié gedagte baie sterk gepropageer, onder meer met n reeks uitvoerige hoofartikels? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,920 | Die koerant se redakteur, D.F. du Toit, D.P.sn., bekend as Oom Lokomotief, was natuurlik vroeër self in die onderwys. Voor hy die redakteurskap aanvaar het, was hy juis die onderwyser van n staatskool in Dal Josafat, wat onder sy leiding deur die plaaslike gemeenskap tot n vrye Christelike skool omskep is? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,921 | Teen hierdie agtergrond is dit verstaanbaar waarom Oom Lokomotief versoek is om, gelyklopend met sy redakteurskap, ook as die eerste onderwyser die Gedenkschool op vaste voet te plaas. Te perd, later met n perdekarretjie, moes hy daagliks tussen Dal Josafat en die Paarl pendel om albei beroepe te behartig? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,922 | Goed twee en n half jaar lank was hy, hetsy as enigste onderwyser of as hoofonderwyser of in toesighoudende hoedanigheid, vir die onderwyspraktyk van die Gedenkschool verantwoordelik. Tot met sy vrou se onverwagse dood in Julie 1884 het hulle trouens ook by die skool, wat ook n kosskool was, ingewoon om toesig te hou? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,923 | Die Gedenkschool het van krag tot krag gegaan, en Afrikaanssprekendes van oor die land heen het hulle kinders daarheen gestuur. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,924 | Ná uniewording in 1910 is die skool egter gesluit. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,925 | Sedertdien is die gebou as n buitegebou op die plaas gebruik, onder meer as wynkelder. Mettertyd het dit erg vervalle geraak? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,926 | Op geesdrif van die skrywer W.A. de Klerk en die Paarlse Kultuurraad is die ideaal gevestig om die Gedenkschool se geboutjie van sloping te red: geld is ingesamel en die Helpmekaar Fonds het n ruim skenking gedoen, sodat n serwituut in 1987 op die gebou en n omliggende stukkie grond teen n bedrag van R10 000 bekom kon word. Dit het daartoe gelei dat n Trustraad geskep is met die oogmerk om die gebou volledig as dubbelverdieping te restoureer en as n permanente lewende taal- en kultuursentrum te ontwikkel. Die gedagte is byvoorbeeld dat daar deurlopend slypskole en dergelike aangebied sal word. Die projek is deur Naspers onderskryf? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,927 | Daar is beraam dat R500 000 vir die restourasie nodig sou wees, met ten minste n verdere R500 000 vir die ontwikkelingsplanne en n rentedraende kapitaal vir die toekomstige instandhouding van die projek? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,928 | n Kleinood n Groot geldinsameling is die afgelope paar jaar deur Die Burger se naweek-kultuurbylae, Woon-Burger (redakteur Martiens van Bart), geloods. Goeie vordering is gemaak om die eerste mikpunt van R500 000 te haal. Maar die groot uitdaging lê by die tweede R500 000: n korttermyn red-aksie sonder die kapitaal om n langtermyn-strategie te ondersteun, is futiel? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,929 | Die Gedenkschool is ons almal, oral waar Afrikaans lewe, se erfenis. In die besonder het diegene wat daagliks verryk word deur die Afrikaanse letterkunde en die ander geestes-erfenisse wat deur die Gedenkschool nagelaat is, n ereskuld om n regmatige bydrae tot hierdie projek te lewer? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,930 | Ons doen hiermee n oproep aan individue, leeskringe, skrywersverenigings, kultuurverenigings, skole, ens. om tot hierdie saak by te dra. Geen skenking sal te groot of te klein wees nie: daar kan kwalik n beter tema gevind word om taaltrots prakties en konkreet uit te leef? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,931 | Skenkings moet asseblief DIREK AAN WoonBurger gedoen word. Gekruisde tjeks moet uitgemaak word aan: Hugenote-Genkskool Trust. Indien verkies, kan u van die bygaande vormpie gebruik maak om te toon dat u in die NALN-Nuusbrief daaromtrent gelees het. Alle skenkings sal erken word. U kan WoonBurger ook bel by tel. 406 2823. Laat, indien nodig, u naam, telefoon-nommer en n boodskap op die antwoordapparaat? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,932 | Vrouedaglesing op haar verjaardag n Vergete legende en haar Bloemfonteinse spore was die tema van mnr. Otto Liebenberg, kurator van NALN, se lesing wat hy by geleentheid van NALN se viering van Nasionale Vrouedag op 10 Augustus 1998 gelewer het. Die openbare vakansiedag het vanjaar toevallig op haar verjaardag geval. Sy is op 10 Augustus 1903 in die distrik Tulbagh gebore vanjaar 95 jaar gelede. Ons gee hier 'n samevatting en enkele uittreksels uit die lesing? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,933 | Dr. E.J.M. (Elizabeth/Bettie) Conradie is byna 60 jaar gelede in die ouderdom van 'n skrale 36 jaar in die verre Nederland oorlede en begrawe. In daardie stadium het sy tydelik die professoraat in Afrikaans aan die Gemeentelike Universiteit van Amsterdam beklee, en was sy die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se verteenwoordiger in Nederland en België. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,934 | Dr. Conradie het 'n selfverterende gedrewenheid gehad om die onderlinge kulturele bande uit te bou, en het in dié proses die Suid-Afrikaanse Instituut (SAI) gestig, wat vandag steeds 'n belangrike rol speel. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,935 | In haar era was sy 'n lewende legende; vandag weet bitter min egter van haar. In die yuppie-era, waar baie mense om baie redes baie belangrik is, het sy in die waas van die verlede verdwyn en nietig geraak. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,936 | Haar tasbare nalatenskap, bestaande uit kleding-stukke, 'n naaldwerksakkie, 'n aktetas en vulpen, en 'n beursie met 'n paar Suid-Afrikaanse seëls, kon in 'n enkele handkoffer gratis na haar moeder in Suid-Afrika verskeep word. Met die geld wat sy nagelaat het, sou daar 'n slagskaap of wat gekoop kon word: £3.15.9. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,937 | Maar dalk het die tyd nog steeds nie aangebreek om die kulturele erfenis wat sy vir die Afrikaanssprekende en die land as geheel nagelaat het, na volle waarde te bereken nie. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,938 | Om oor dr. Bettie Conradie te lees vanuit die perspektief van NALN, sy voorgeskiedenis en veral sy "argitek" en vormgewer, die legendariese woelgees prof. Petrus Nienaber, is 'n fassinerende ervaring. Want wat oor hulle gesê kan word betreffende dinge soos roepingsgevoel, ondernemingsgees, toewyding, werk-ywer, dryfkrag, en dergelike, is feitlik uitruilbaar. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,939 | Aan UKOVS was die jong Nienaber 'n student van haar, en toe sy einde 1933 na Nederland is om te promoveer op haar baanbrekende proefskrif Hollandse skrywers uit Suid-Afrika, was hy ook op die skip, op pad om in Nederland verder te gaan studeer. "Die woord Africana het ek die eerste keer gehoor by dr. Elizabeth Conradie", skryf hy in sy beskrywing van NALN se geskiedenis. En dan herinner ek my verskeie verwysings na haar in gesprekke met hom: sy het 'n indruk op haar studente gemaak, sy was 'n mentor. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,940 | Briewe uit sy versameling in NALN getuig eweneens van hierdie verrykende mentorskap, wedersydse hulp en die deel van insigte en visie insigte, oortuigings en benaderingswyses wat in die lig van prof. Nienaber se aandeel aan die totstandkoming van NALN uiters insiggewend is? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,941 | Met die uitsig wat ons vandag het op die hernieude hegterwordende bande tussen Suid-Afrika en Nederland-België, spesifiek tussen Afrikaans en die Nederlandssprekende wêreldbevolking van sowat 'n 40 miljoen mense, wil ek die voorspelling maak dat daar oor vyf jaar verder, wanneer Elizabeth Conradie se honderdste geboortedagherdenking in die jaar 2003 beleef sal word, met gans nuwe oë na haar nalatenskap gekyk sal moet word. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,942 | Sy het gesterf op die kulturele kruin aan die vooraand van die Tweede Wêreldoorlog - waarmee die halfeeulange woestyntog van Afrikaans-Dietse verhoudinge ingelui is. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,943 | Die effek van die tweede demokratiese verkiesing in Suid-Afrika wat, na vermoede, eers die éintlike afrikaniseringsfase van die land en spesifiek die "Afrikaanse" kultuurlewe gaan inlui (waarbinne internasionale bande met Nederland, Vlaams-België en ander Nederlandssprekende gebiede nuwe aktualiteit sal wen). |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,944 | Binne die nuwe wêreldorde sal Nederland en België belangrike poorte tot 'n magtige Europese supermoondheid wees, en Suid-Afrika waarskynlik die aanvoerder van 'n "Afrika-renaissance" en adamante getalsterke Onverbonde Lande-konglomeraat in die VN en elders. Net die tyd sal dan kan leer wat die werklike rol en bate van uitbreidende, opbouende, effektiewe interaksie tussen die Afrikaanssprekende gemeenskap in Suid-Afrika en die Nederlandssprekende gemeenskappe in Europa en die res van die wêreld sal wees (daarmee saam ook nog die Afrikaanssprekende gemeenskapppe wat nou weens die Afrikaner-diaspora wêreldwyd aan die ontwikkel is). |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,945 | Hierdie bate gaan uiteraard in die eerste plek vir die Afrikaanse gemeenskap wees, maar indirek potensieel ook vir die inklusiewe Suid-Afrika, ook in sy uitkringende affiliasies. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,946 | Die futiliteit al dan nie van 'n leier se strewe en sterwe word nie binne sig van sy/haar leeftyd bepaal nie, maar eers dekades, selfs eeue later. Dit is dus nie vreemd dat die legende van Bettie Conradie kon vervaag het nie, gereduseer tot grotendeelse sentiment in die herinneringe van haar enkele, gryserwordende tydgenote. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,947 | Kykende vanuit die uitsigloosheid van die kulturele woestyntog van die afgelope paar dekades, het haar ideale inderdaad na anachronismes gelyk. Vanuit die polities-korrekte vertrekpunte van die huidige is die Eurosentrisme daarvan dalk nog steeds ongemaklik. Maar daar is op sowel die Suid-Afrikaanse as die globale toneel staatkundige en kulturele kragte aan die werk wat die perspektief oor vyf jaar verder, vanuit 'n nuwe millennium, heelwat anders daar kan laat uitsien. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,948 | Die rol wat Bettie Conradie se nalatenskap in terme van byvoorbeeld die Suid-Afrikaanse Instituut gespeel het om selfs in die era van uiterste isolasie basiese skakeling in stand te hou, kan nooit onderskat word nie. Die uiteindelike waardebepaling sal egter eers eendag gedoen kan word wanneer die Suid-Afrikaanse Instituut en die ander fasette van haar nalatenskap se rol in die nuwe millennium geboekstaaf sal kan word. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,949 | Ek sien NALN duidelik as deel van haar indirekte nalatenskap, en as definitiewe rolspeler in die internasionale proses wat ek hierbo geskets het. Dáárvoor moet ons huidige geslag amptenare en ondersteunerspubliek hierdie instelling naas vir talle ander grondvlakse gemeenskapsgerigte uitdagings reg posisioneer. Daardeur sal ons betekenis gee aan die oënskynlike ontydige dood en vervaagde ideale van 'n formidabele vrou uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,950 | Met spesifieke verwysing na dr. Bettie Conradie, sal ek daarom graag wil sien dat die bande met die Suid-Afrikaanse Instituut uitgebou word. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,951 | As simboliese aanduiding daarvan, sou ek aanbeveel dat NALN volgende jaar, by geleentheid van die SAI se 60ste bestaansjaar, 'n formele groeteboodskap aan die SAI sal stuur. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,952 | Hierdie samewerking behoort dan ook voortgesit te word met die oog op die viering van haar eeujaar in die jaar 2003 hier te lande én in Nederland. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,953 | Die hoeveelste kabinet? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,954 | Jan Scholtz, skrywer, regisseur en vervaardiger van die onlangse TV-treffer Die vierde kabinet het op 21 Augustus by NALN opgetree en ook n skenking saamgebring om sy bestaande versameling manuskripte, draaiboeke, boeke en dergelike aan te vul? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,955 | Mnr. Scholtz het gepraat by geleentheid van die Skrywers 98-prysaand, die afsluiting van die landwye skryfwedstryd wat deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) - in samewerking met NALN en geborg deur die Stigting vir Afrikaans - aangebied is. (Mnr. Scholtz het ook die volgende dag die BSV se Slypskool vir ontluikende skrywers gelei.? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,956 | Jan Scholtz is een van die suksesvolste mense in die film- en TV-bedryf in Suid-Afrika, met ook verskeie boeke en radioverhale op sy kerfstok. Hy is sedert die vroeë sewentigerjare in die film- en TV-bedryf aktief. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,957 | Hy is die skrywer, regisseur of vervaardiger - dikwels al drie - van 25 vollengte rolprente en sowat 40 televisiereekse. Al 18 van sy Afrikaanse TV-reekse was onder die SAUK/SABC se top tien-programme - die meeste van hulle inderwaarheid die top-programme. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,958 | Hy het al haas elke moontlike prys in sy bedryf ontvang: n Star-toekenning, n Artes (vir Jopie Fourie), twee Rapport Oscars, twee Star Tonight-toekennings, drie toekennings van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en twee ATKV-toekennings. Hy is al ses keer vir n Artes genomineer? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,959 | Jan Scholtz het in 1978 sy eerste skenking aan NALN gedoen: manuskripte en draaiboeke van sy destyds so gewilde radiovervolgverhale en films. Hy het dit nou aangevul met onder meer die volledige draaiboek van Die vierde kabinet, die manuskrip van die eerste episode daarvan in sy ink-handskrif - ja, hy skryf nog alles met die hand! - en die blaaibordvelle waarop hy die karakters en hulle interaksie ge-"plot" het. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,960 | Die skenking sluit verder die manuskrip van n baie interessante ongepubliseerde roman in. Dit is n verwerking van n TV-draaiboek wat, toe daar reeds met verfilming begin sou word, afgekeur is omdat dit n té realistiese uitbeelding van kru historiese gegewe sou behels. Volgende jaar, of so, vertel ons méér oor hierdie teks..? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,961 | Jan noem terloops dat hy in sy eie argief nog kopieë van feitlik ál sy draaiboeke besit, behalwe van Beeld van Jeannie, wat hy as sy beste film beskou. Selfs nie die akteurs kon help nie, behalwe één, wat gesê het Jan kan sy kopie by kom kóóp. Toe kon NALN dadelik help: Beeld vir Jeannie se getikte manuskrip (met handskrifkorreksies) het Jan destyds vir bewaring aan ons geskenk, en ons kon vir hom n fotostaat daarvan aanbied? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,962 | NALN se "Leeskringdiens 2000", n herstrukturering en uitbreiding van die Museum se bekende en gevestigde nasionale diens aan leeskringe, is op 21 September amptelik bekend gestel. Dr. Riana Scheepers, skakelredakteur: fiksie van Tafelberg-uitgewers, was die gasspreker by dié geleentheid. Dit is ook bygewoon deur heelwat mense wat vir die daaropvolgende twee dae se Boekmakietie in Bloemfontein was? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,963 | Die ontstaan en ontwikkeling van die leeskringkultuur vorm n belangrike tema in die geskiedenis van die Afrikaanse literatuur en die Afrikaanse boek. Ofskoon leesgroepe/leeskringe n heelwat ouer verskynsel in Suid-Afrika is, het dit veral sedert die vyftiger- en sestigerjare tot n beduidende samelewingsverskynsel op literêre gebied ontwikkel? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,964 | Leeskringaktiwiteite het mettertyd n unieke en belangrike rol begin speel om, veral in die periode van akute vervreemding tussen skrywer en leser vanaf die sestigerjare, n leeskultuur in Afrikaans te voed en n progressie in die leessmaak van die ontwikkelde leser te kweek. Dit het ook n beduidende invloed op die kopersmark en biblioteekaanvraag t.o.v. Afrikaanse boeke begin uitoefen? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,965 | Dit is realiteite wat vir NALN, in sy dokumentering en reflektering van die ontwikkelingsgeskiedenis van die Afrikaanse letterkunde, van absolute belang is. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,966 | Gegewe huidige tendense rondom die Afrikaanse taal en letterkunde en die Afrikaanse boek, en scenarios wat vir die toekoms geprojekteer kan word, moet redelikerwys aanvaar word dat ontwikkelinge binne die leeskringkultuur een van die dominante faktore gaan wees wat hierdie toekoms sal bepaal? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,967 | Dit is dus van die allergrootste belang dat NALN se interaksie met leeskringe in stand gehou en aktief uitgebou moet word. As unieke artefak- en data-gebaseerde instelling in diens van die Afrikaanse letterkunde en leser, het NALN derhalwe ook n onverhandelbare taak om enersyds die leeskringaktiwiteite te ondersteun, en andersyds op n wetenskaplike basis data daaromtrent te versamel, statisties te genereer en te bewaar ten einde mettertyd die nodige akademiese analises en interpretasies moontlik te maak? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,968 | Dít is gespesialiseerde museumverwante prosedures wat nie deur universiteite, uitgewers of enige ander instellings of organisasies onderneem kan word nie die analises en interpretasies wél, en daarvoor moet NALN dan die data paraat hê. So word die Museum deur uitgewers, boekhandelaars en andere genader om sy adreslys van leeskringe beskikbaar te stel - onlangs ook deur die Afriklub en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, ten einde omsendskrywes aan leeskringe uit te stuur? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,969 | Leeskringdiens 2000 is ontwikkel vanuit die realiteit dat NALN, sover dit die Afrikaanse letterkunde betref, die primêre verskaffer van inligting aan leeskringe, asook van inligting omtrent leeskringe is. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,970 | advies t.o.v. die saamstel van jaarprogramme/leeslyste; en optredes by leeskringe. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,971 | NALN het oor die jare, soos wat inligting aangevra is, n uitgebreide adreslys van leeskringe en leeskringlede opgebou. Uit die korrespondensie en die aard van die navrae kan daar ook insiggewende indrukke omtrent die aktiwiteite van leeskringe en tendense in die resepsie van Afrikaanse boeke gevorm word? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,972 | Hierdie tipe inligting stel die Museum eweneens aan navorsers en ander belanghebbendes beskik-baar. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,973 | Teen hierdie agtergrond beoog NALN se "Leeskringdiens 2000" om op nasionale basis en toenemend ook internasionaal n gebruikers- en behoef-tegerigte diens te lewer wat sowel die Afrikaanse letterkunde as die lees-kringkultuur sal dien, en wat aan die hoogste standaarde van professionaliteit kan voldoen? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,974 | Die projek omvat twee komponente, t.w. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,975 | die "leeskring-modem"-komponent, wat in wese die bestaande inligtingdiens insluit, opgegradeer om die potensiaal wat deur ontwikkelende tegnologie ontsluit word ten volle te benut, asook om leeskringe landwyd en internasionaal effektief te kan bedien; en die "leeskring-lapa"-komponent, wat NALN se bestaande databasis en kommunikasie met leeskringe as vertrekpunt het, maar pro-aktief die uitbreiding daarvan tot n komprehensiewe inligtingsbank en interkommunikasie beoog, en kreatief sinergie met alle ander rolspelers en belangstellendes aktiveer? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,976 | Wat beklemtoon moet word, is dat NALN hom tot dienslewering en fasilitering beperk. "Leeskringdiens 2000" moet geen sweem van beheer of voorskriftelikheid inhou nie. Die krag van die leeskringkultuur lê immers juis daarin dat leeskringe so spontaan en outonoom moontlik ontstaan en funksioneer. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,977 | So kan NALN nie aktief by die stigting en funksionering van bepaalde leeskringe betrokke raak nie, maar individue, groepe of organisasies wat dit doen, wel aanmoedig en ondersteun. Die behoefte aan leeskringe vir kinders, mans en nie-moedertaallesers, is n voorbeeld hiervan? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,978 | NALN moet doen wat hy goed kán doen: om inligting te dissemineer, om te dokumenteer en te reflekteer; en ver-der om as n gevestigde en alombekende kommunikasie- en skakelpunt te funksioneer? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,979 | Dit is dus in almal se belang dat NALN n sentrale gesaghebbende databank omtrent leeskringe en hulle aktiwiteite sal opbou en byhou. NALN is die enigste instelling wat, op grond van sy inligtingverskaffingsdiens aan leeskringe, die kontinuïteit, infrastruktuur en kapasiteit het om oor die lang termyn n volhoubare kommunikasie-proses en databank van hierdie aard te bedryf? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,980 | Leeskringdiens 2000" is die eerste formele projek wat uit die "Saamdinkberaad NALN 2000" voortgevloei het. Dié beraad is in Maartmaand as deel van die Museum se kwarteeubestaansviering gehou, en het n proses van gemeenskapsinspraak in NALN se toekoms van stapel gestuur? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,981 | As sodanig vorm dit deel van die transformasieproses waartoe die Museum hom verbind het. Die oogmerk is n gemeenskapsgedrewe, behoeftegerigte proses van heropbou en ontwikkeling wat NALN as instelling en diensleweraar oor die wydste moontlike register van belanghebbendes t.o.v. die Afrikaanse letterkunde relevant sal maak? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,982 | Sekere aspekte van die projek het egter ook n baie lang aanloop. Meer as tien jaar gelede, tydens n besoek aan NALN deur Audrey Blignault, is dit al met haar bespreek. NALN het destyds egter nog nie oor rekenaarfasiliteite beskik nie, en personeel om dit met n kaartstelsel te bedryf was nie beskikbaar nie? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,983 | Leeskringe gaan gevra word om een keer per jaar, verkieslik net nadat die bestuur vir die volgende termyn gekies is, n datavorm te voltooi en aan NALN terug te stuur. Dit sal inligting bevat omtrent die ampsdraers/ skakelpersone, die leeslys/jaarprogram, waar en hoe dikwels die leeskring vergader, kommunikasie met ander leeskringe, waar hulle boeke en inligting verkry, ens. Inligtingstukke word eersdaags uitgestuur? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,984 | Deur aan "Leeskringdiens 2000" mee te werk, sal leeskringe NALN in staat stel om n noodsaaklike diens te verrig. Daar word ook in die vooruitsig gestel dat sekere insentiewe aan meewerkende leeskringe aangebied kan word, bv. afslag op tariewe, verlaagde ledegeld t.o.v. die vereniging Vriende van NALN (wat geheraktiveer gaan word), ens? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,985 | Wie besit nog P.J. Schoeman-briewe? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,986 | In ons vorige nuusbrief (Nr. 16, April 1998, p. 10), het ons uitgewys dat P.J. Schoeman (1903-1988) se eeujaar in die jaar 2003 paslik gevier behoort te word, en dat NALN die leiding daarin gaan neem. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,987 | Schoeman, "die Afrikaanse letterkunde se geskenk aan Afrika", moet herontdek en herwaardeer word. n Nuwe eeu, n nuwe, selfontdekkende Afrika en n groen-gerigte samelewing kan/behoort n mens met vars oë te laat kyk na die geykte "laaste woorde" omtrent Schoeman se plek en betekenis, wat ruim al n kwart- na n halfeeu gelede vanuit n verbygegane verwysingsraamwerk gevorm is? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,988 | Daar word beoog dat skole, leeskringe, kultuurverenigings en andere landwyd aangemoedig en ondersteun moet word om Schoeman-temas te behandel. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,989 | Verskeie projekte word reeds oorweeg, en informeel is die instemming en samewerking van sekere sentrale rolspelers reeds verkry. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,990 | Almal wat in hierdie projek belang stel en in hulle eie omgewing inisiatief kan neem, word genooi om van hulle te laat hoor. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,991 | P.J. Schoeman was n aktiewe briefskrywer: lang, gemoedelike geselsbriewe in die tipiese Schoeman-styl, vol inligting oor sy omstandighede, sy lewensfilosofie en sy skryfwerk? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,992 | Schoeman het n wye vriende- en korrespondente-kring gehad, wat ook nie tot die literêre wêreld beperk was nie. Oor die baie dekades van sy lang en vrugbare lewe moes hy honderde briewe geskryf het. En omdat sy briewe so kenmerkend van die "swerwerfilosoof" was en hy die vermoë gehad het om elke korrespondent in eie reg belangrik te laat voel, het mense sy briewe as kleinode bewaar? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,993 | Ons vermoed dus dat daar oral in privaatbesit nog honderde Schoeman-briewe behoue sou gebly het. As navorsingsbron met die oog op die Schoeman-herdenkings-jaar is dit n bron van onskatbare belang? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,994 | NALN sal graag dringend wil hoor van alle mense wat sulke Schoeman-dokumentasie besit. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,995 | n Toonaangewende Bloemfonteinse gastehuis se spontane aanbod dat amptelike NALN-gaste by geleentheid as húlle gaste gratis daar kan tuisgaan, stel n belangrike en welkome voorbeeld vir die toekoms. NALN, soos alle museums, sal toenemend op borgskappe aangewese raak? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,996 | Geld sal vir NALN nooit geil wees nie, en ons rieme is klaar breekdun gesny; tog probeer ons die maksimum met die minimum doen om n noodsaaklike kultuurdiens vol te hou. Hierdie aanbod toon hoe die belangegemeenskap NALN kan help om steeds positief oor die toekoms te bly? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,997 | Marthinus en Ilse Jordaan se gastehuis, "Die Statige Gastehuis", was vanjaar een van drie semi-finaliste in sy kategorie vir die AA en SAA se Akkommodasietoekennings vir gastehuise. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,998 | Hulle is mense wat die toeriste- en gasvryheidsbedryf van alle kante ken. Marthinus was vroeër aan Satoer se destydse Bloemfontein-kantoor verbonde en tans is hy onder meer deeltydse dosent in Toerisme aan die Technikon Vrystaat. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,999 | Ons maak met vrymoedigheid van hulle gul aanbod gebruik en kan hulle diens by alle vriende van NALN en lesers van die NALN-nuusbrief sterk aanbeveel. Bykomend by kamers wat vir rolstoelgebruikers ingerig is, het hulle nou ook twee kamers spesiaal vir gesig- en gehoorgestremdes aangepas (bv. met braille- aanwysings). |
5,016 | nuusbrief2.txt | 81,000 | Ondersteun die Statige Gastehuis asseblief as u in Bloemfontein moet tuisgaan. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,002 | Rikie Postma laat steeds die lig uit die Ooste helder brand - sewentig jaar later! |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,003 | Spesiale besoekers n Nuwe boek oor S.J. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,004 | NALN nou ook ondergronds n Groeiende familie van letterkundige museums? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,005 | Gestel, oor n aantal jare, bestaan daar in Suid(er)-Afrika n reeks, n konstellasie, n familie van letterkundige museums/sentrums/instellings wat deur hulle holistiese netwerk-interaksie die gesamentlike letterkundige erfenis van Suid(er)-Afrika sal versamel, bewaar, ontsluit, navors, toeganklik maak en bekend stel? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,006 | Die konsep van n "letter-kundige" museum is internasionaal goed gevestig, dog steeds in sy kinderskoene. Hoewel museums, veral huismuseums, vir individuele skrywers oral in die wêreld bekend is, is museums vir n hele land of n hele taalgemeenskap se letterkun-dige erfenis nog baie beperk? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,007 | Selfs die wêreld se oudste en rykste letterkundes beskik dus nie oor die fasiliteit van n inklusiewe "letterkundige museum" nie. Duitse, Franse en ander Europese besoekers aan NALN het byvoor-beeld al by geleentheid met n onmiskenbare klank van afguns van dié feit melding gemaak. En dit onderstreep waarom NALN en NELM gesamentlik en afsonderlik n onverhandelbare nasionale kul-turele bate vorm? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,008 | Te midde van enersyds ander verwante tipe instellings soos argiewe, biblioteke, dokumentasie-sentrums, navorsingsinstitute, ens., en andersyds die baie soorte en tipes museums, skets die vooraf-gaande die institusionele konteks waarbinne die letterkundige mu-seum sy eiesoortigheid handhaaf. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,009 | Van die sigbaarste onder-skeidende kenmerke is dat? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,010 | n opvoedkundige instelling is waarin versameling-gebaseerde uitstallings n primêre wyse van kommunikasie vorm; en n instelling is wat vanuit die aktualiteit van die historiese vertrekpunt as kultuurpromotor binne sy temaveld optree? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,011 | In Suid-Afrika moet daar met n páár realiteite in hierdie verband rekening gehou word? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,012 | Meertaligheid is n feit, n bate en n grondwetlike reg en opdrag. En elkeen van hierdie tale dra n unieke ryk literêre erfenis - elk n bydraende deel tot die gesa-mentlike nasionale erfenis? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,013 | Dekades gelede was daar die visie om vir die literêre erfenisse in Afrikaans en Engels letterkundige museums tot stand te bring. Die ander tale is egter geregtig op dieselfde fasiliteite. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,014 | Hoe gemaak n Superstruk-tuur êrens in die land skep, die bestaandes daarin oplos, die bykomendes ondervang, en alles van bo af op die gemeenskap afdwing Of net die bestaandes se missies verruim en sê: doen nou alles? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,015 | Sulke modelle is onses insiens té simplisties. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,016 | Verskeie van die tale ter sprake word hoofsaaklik net in sekere streke van die land gebruik, en hulle literêre erfenis bestaan oorweldigend nog in die monde-linge vorm: in die herinneringe van die taalgebruikers, daar waar hulle elke dag leef. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,017 | n Letterkundige museum wat dáárdie erfenis wil bedien, sal dus met n intieme taalrapport binne-in die betrokke taalgemeenskap moet funksioneer om téén die tyd op rekord te plaas en te dokumenteer voordat die draers van die stories wegsterf. Veel meer as die twee gevestigde museums, sal so n museum op oudio-visuele vasleg-ging moet steun, wat eiesoortige infrastruktuur en kundigheid ter plaatse sal verg? |
Subsets and Splits