document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
5,015 | nuusbrief.txt | 80,716 | Baie dankie, Anne-Marie. Jy is n regte riem onder die Afrikaanse harte! Ons sien uit na jou volgende kuier. Intussen sal ons die leesstof aanstuur? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,717 | In Januarie 1993 was ek vir die eerste keer in Suid-Afrika en ek het in Bloemfontein enige dae gebly. In my klein reisgids was NALN genoem. So het ek NALN besoek. Maar want ek kon nie Afrikaans lees, het ek niks verstaan. Terug na Frankryk het ek probeer om Afrikaans te leer en n jong vrou van Bloemfontein wat in Parys woon het my Afrikaans geleer? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,718 | So in 1994 het ek weer NALN besoek en dan n dame van NALN, wat Frans praat, het my die Museum gewys (en ook in 1996). Maar nou kan ek die verduideliking in Afrikaans les? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,719 | Sedert 1994, ontvang ek die NALN nuusbrief wat ek baie geniet. So het ek n biografie van Langenhoven en "Nuwe perspektief oor die geskiedenis van Afrikaans" gelees? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,720 | Ek was ook baie interessiert deur die voorstelling van die twee volkslieds.. So vanjaar kom ek om NALN te besoek, terug. |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,721 | Eendag lank gelede het n troebadoer en sy gevolg by n letterkundemuseum in n stad gaan kuier. Sy naam was toe nog André Letoit en hyt nou al mooi groot geword as Koos Kombuis. Die tannies van NALN (soos hy hulle gedoop het in De Kat) het ook intussen groter geword (no pun intended, liewe leser), maar hulle hou nog steeds daarvan as troebadoere en meermanne en meerminne vir hulle kom kuier, soos wat gedurende die eerste paar maande van 1998 gebeur het? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,722 | Vroeg in die nuwe jaar het n meermin, in die persoon van Antoinette Pienaar, vanuit die Karoo saam met die goeie reën op NALN se voorstoep uitgespoel. En omdat die tannies van NALN baie besorgd is oor meerminne en feetjies en prinse het hulle haar met NALN se lawende en helende "water" behandel en spoedig was sy weer haarself en só beïndruk met NALN en haar tannies dat sy belowe het om n belangrike rol in die feesvieringe van NALN se kwarteeubestaan te speel? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,723 | Die tannies het nog gebaai in die glorie van die meermin se besoek toe parkeer Summer Holiday se dure bus en produksie (wat van Engeland af kom, hoor die tannies later eerstehands) feitlik op NALN se voorstoep. Die NALN-tannies bedink dus n bose plan om sommige van die NAME in die produksie by hulle te laat kuier. En omdat veral twee NAME hulle besighou met bedrywe soos skrywe en toneelspeel (een van ons susters hier by NALN is mos die Nasionale Toneelmuseum) bring die goeie fee genaamd Hélène Coetzer vir Steve Hofmeyr en Tobie Cronjé om te kom tee drink een oggend. Die fee moes haar towerstaffie geswaai het, want - te goed om waar te wees - raak ALBEI van hulle heeltemal verlief op die lekkergoed-huisie (wat gewone mense as die Ou Goewermentsgebou en NALN ken), en hulle kom sommer weer en weer kuier. Al wat n stiefma is en nare dinge oor mense glo, is verstom om te hoor dat dié twee oulike kinders (een van hulle amper nog n bogsnuiter) opreg belangstel in die boeke-, skrywers- en toneelwêreld. Die res van die mense wat hoor dat Bruce (dis nou Ant Stienie se loseerder en Lejanatjie se boyfriend) en Rompelstompel rêrig hier was, is om die beurt hartseer en erg jaloers: hoe lekker kan sommige mense se werk dan wéés? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,724 | En asof dit nie genoeg is nie: Hier kom n man uit Malelane, en noem homself Boendoe. Stil man dié, en n denker, maar met heeltemal genoeg binnepret (kom die tannies later agter, want soos dit in ware sprokies gaan, neem die "prins" hulle uit vir ete. Staatsdiens het mos nie meer geld nie, né). En dis die lekkerste kuier in die lekkergoedhuis, want dié Boendoe (du Plessis en skepper van Gallie die held van Gat) was P.J. Schoeman se vertroueling, en bring hy vir ons briewe en getekende kopieë van Schoeman se boeke as aanvulling tot ons versameling? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,725 | Nou ja, wat laat mense terugkom na NALN Die tannies weet ook nie. Hulle werk te lekker hier, vir altyd en altyd. En al sê hulle ook moet op prinse (en prinsesse en meerminne) nie vertrou nie, weet ons van beter? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,726 | Die afgelope jaar het, soos ons almal al aan gewoond geraak het, n ryke oes aan skenkings opgelewer. Aan al die "nuwe" skenkers wat so positief gereageer op ons beroep om voltooide skrywerskaarte, biografiese sketse, manuskripmateriaal, ensomeer n baie groot dankiesê. Ons hoop dat dit die begin van n lang en vrugtevolle verhouding met NALN sal wees? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,727 | Tydens die Boekmakietie in September 1997 het Marietjie Coetzee van die Gautengtak van Human & Rousseau namens haar broer, Pieter Pieterse, n foto wat P.J. Schoeman aan hom gegee het, vir NALN saamgebring. Die foto het beslis "ver paaie" geloop voordat dit by ons uitgekom het, maar dit sal sy regmatige plek in die P.J. Schoeman-kamer inneem. Pieter Pieterse het in handskrif agterop die foto die volledige dokumentasie gedoen wat dit nog meer waardevol maak. Ook gedurende die Boekmakietie (dit was n besige paar dae) het Cecilia Britz, namens Perskor, die plakkate wat hulle vir die uitstalling gebruik het, by NALN gelos. Daar is ook onderhandel vir die skenking van hulle boeke, wat intussen hier uitgekom het. Baie dankie, Cecilia. Uit Pretoria het prof. Piet Roodt aantekeninge en handgeskrewe gedigte van bekende skrywers namens prof. A.P.B. Breytenbach saamgebring? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,728 | Daar is van ons skrywers wat in antwoord op ons roetine-navraag na materiaal, in groter detail reageer. Charl-Pierre Naudé, skrywer van Die nomadiese oomblik, het n lêer met die interessantste materiaal daarin gestuur - van sy heel eerste probeerslae tot sy jongste gedigte. Chanette Paul, kortverhaal- en hygromanskywer, het van haar eerste pennevrugte gestuur. Elsa Briel het in haar ma, Ella Eloff-van der Walt, se voetspore gevolg en baie meer gestuur as waarvoor ons gevra het. Ons weet dit sal nie die einde van hulle skenkings wees nie? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,729 | Floris Brown van Worcester vul sy bestaande mate-riaal by NALN gereeld aan met nuwe skenkings en dit is wat ons wil hê - dat almal sommer vanself aan NALN sal dink! Só het Robert Pearce ná die dood van sy vriend, Patrick Petersen, vir ons onder meer dokumente gestuur wat opgestel het rondom die skrywer se begrafnis. In Augustus 1997 het prof. N.J. Snyman sy versameling knipsels oor veral die Afrikaanse letterkunde, aan NALN oorgedra. Dié versameling van oor die 700 knipsels vul ons bestaande tydskrifbank goed aan. Mev. B. van Rensburg het voordragprogramme, lesings en poësieplate van M.P.O. Burgers geskenk. |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,730 | Personeel van NALN het in Januarie Kaapstad en omstreke besoek en het weereens nie met leë hande huistoe gegaan nie. Soos gebruiklik het Danie Botha van Tafelberg Uitgewers ons baie gul ontvang en interessante manuskripte geskenk, o.a. dokumente rondon Wys my waar is Timboektoe. Ettie Williams was met vakansie, maar sy het per pos die beloofde manuskripte van Identikit, Klawervier en Koors gestuur. By Queillerie Uitgewers het n oud-Vrystater, Riana Barnard, ons in die afwesigheid van Frederik de Jager baie tuis laat voel en gesorg dat bokse vol materiaal saam terug Vrystaat toe gaan. Onder die manuskripte is Abraham Phillips se aantekeningboek met die verhaal van Die Messiasbende daarin. George Weideman het sy belofte van n jaar of wat terug nagekom en dit wat hy nog nie vir NALN gegee het nie, nou geskenk. Ons het ook by prof. Hennie Aucamp (in die skadu van Tafelberg) gekuier en die mooiste toneelplakkate en nóg materiaal rondom Timboektoe gekry. Aan almal wat NALN se mense so gul en vriendelik ontvang het, n baie groot dankie. Dié wat belowe het dat hulle in die toekoms skenkings aan NALN sal maak, moet weet dat ons sal sorg dat dit beslis nie by beloftes sal bly nie? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,731 | Ons het al vantevore gemeld dat van die uitgewers manuskripte aan NALN skenk. Dié praktyk gaan op n deurlopende basis voort en as ons dit nie altyd noem nie, weet dat ons dit opreg waardeer. Erik van den Bergh van KAIROS in Nederland stuur gereeld knipsels uit Nederlandse koerante en tydskrifte wat verband hou met die Afrikaanse letterkunde. Baie dankie daarvoor - dit is n bykomende bron van inligting wat ons andersins baie moeilik sou bekom het. Dr. Frances Galloway het haar navorsing van baie jare oor Breyten Breytenbach NALN toe laat kom. Ons wag al lank daarvoor en dit vul n besliste leemte in ons versameling? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,732 | In 1996 het NALN, reeds in Ernst van Heerden se leeftyd, n groot skenking van hom ontvang. Na sy dood het dr. Lucas Malan toegesien dat die res van sy lêers, asook personalia soos sy lessenaar en ander driedimensionele voorwerpe NALN toe kom. In F.A. Venter en W.A. de Klerk se testamente is ook bemakings van voorwerpe aan NALN? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,733 | Hierdie is n besondere "lywige opgawe" van skenkings aan NALN. Indien enigiemand oorgesien is, vra ons om verskoning (dit klink amper soos Nagmaal). Ons glo dat die komende jaar, veral omdat dit NALN se 25ste verjaardag is, nog meer kosbaarhede sal oplewer? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,734 | Sita de Kock, die bekende Afrikaanse skryfster, is in 1987 kort voor haar 89ste verjaarsdag oorlede. Toe haar boek Die spookhuis, in Sita se 83ste jaar verskyn het en daar nog vier boeke by uitgewers gewag het, was dit, volgens haarself, haar 130ste publikasie. |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,735 | Sy was van kleins af n storie-uitdinker en n storieverteller wat haar eie ervarings, sowel as die doen en late van haarself en haar vyf susters, haar twee seuns en haar kleinkinders as inspirasie gebruik het vir haar skryfwerk. Sy het gretig alles gelees wat sy in die hande kon kry, so ook die Brandwag en veral die kinderrubriek van Tannie van die Brandwag wat van haar briefies gepubliseer het. Haar skryfloopbaan het met erns n aanvang geneem nadat bydraes van haar in Die Huisvrou gepubliseer is, daarna ook in Die Huisgenoot en in Die Boervrou. In 1938 verskyn haar eerste bundel Outa Fransie en ander verhale by J.L. van Schaik-uitgewers. Daarna was daar geen keer aan haar skryfwerk nie. In n onderhoud in Hoofstad in 1981, sê Sita: Skryf is soos n biologiese honger en dors. En as mens dit nie doen nie, voel jy gefrustreerd.? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,736 | Sita, soos haar leserspubliek haar geken het, het veral kinder- en jeugboeke geskryf, maar daar het ook n hele aantal romans, bundels kortverhale en sketse asook n lywige genealogiese werk soos Die Bosmans van Suid-Afrika uit haar pen verskyn. Sita het ook dramatekste voorsien aan die bedrywige Afrikaanse rondreisende toneelgeselskappe, soos bv. Bennie-Boet, wat later as jeugboek gepubliseer is, maar wat oorspronklik as drama geskryf is spesiaal vir Benn Potgieter, een van die beroemde Afrikaanse kindertoneelspelers. Haar baie gewilde boek Janette - die dogter wat nie n dame wou word nie, het sy verwerk vir die jong aktrise Pikkie Uys, die liefling van die Afrikaanse toneel van die 1930s en 40s? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,737 | Die versameling van meer as n honderd briewe weerspieël Sita se gewildheid, die groot aanvraag na haar werk en ook die inspirasie wat sy vir haar uitgewers en kollegas was: van 1936 tot 1947 was sy redaktrise van die kinderdeel Die Touleiertjies, in Die Brandwag. Op 2 November 1973 skryf Bennie Fritz, in antwoord op Sita se brief van gelukwensing met sy aanstelling as redakteur van Rooi Rose: wil ek dan ook baie graag n dankie tot u adres rig: dankie vir jare wat ek Touleier kon gewees het. Dankie vir al daardie besielende briefies wat u gereeld elke week die wêreld ingestuur het, elkeen met n boodskap, elkeen as leiding. Weet u, ek dink dat u harde werk destyds, die grondlegging vir baie van ons wat vandag iewers gekom het, was. Ook my sukses in die lewe het dáár begin, u aanmoedigings oor die geringste ou tekenprentjie ... u lieflike menswees. Dus, dankie dat u meegehelp het om my te bring waar ek vandag is!? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,738 | NALN beskik oor heelwat briewe en dokumente in hierdie kategorie, wat strek oor n tydperk van ongeveer 1940 tot 1984. Dit sluit onder meer n lywige petisie in van persone wat versoek dat Uit Juffrou se dagboek oorweeg moet word vir televisie-uitsending? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,739 | Die ongekunstelde briefies met betrekking tot die touleiertjie-rubriek is van die mees treffende, veral gesien in die oorspronklike holograafvorm: van Jan Maritz, Middelburg, 15 Mei 1945: Beste maats, ek hoop hierdie brief verskyn. Want dit openbaar groot geheim. In die boek rooi rose van Maart 19/45 is n kiekie van Tant Sita. Volgings die kiekie van Tant Sita het ek haar nog meer lief gekry. Op haar gesig lees? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,740 | Van Estelle Kemp, Ingogo, 23 Oktober 1945: "Die aandeel wat u het aan die bou van ons nasie word seker deur baie min mense na waarde geskat " Van Marthie Prinsloo, Angola, 12 Januarie 1946: "U briewe is altyd so aanmoedigend. Vir my hier in die verte is daan geen ander troos behalwe u briewe nie." |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,741 | n Besonder interessante reeks briewe is die van Mieke Hulle. Mieke, n Hollandertjie, het in die veertigerjare uit Sumatra aangesluit as n touleiertjie. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog volg n lang stilte van Mieke se kant, en ná die oorlog ontvang Sita n briefie van Mieke, op toiletpapier geskryf, waarin sy van haar en haar familie se ontberinge in n krygs-gevangenekamp vertel. Mieke het as volwasse vrou haar korrespondensie met Sita volgehou, en - sekerlik deur Sita se inspirasie - self met skryfwerk begin? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,742 | Wat briewe van lesers betref, beskik NALN oor items vanaf ongeveer 1934; byvoorbeeld die volgende: "Liewe Sita, ons is bitterlik spyt dat Uit Juffrou se dagboek gesluit is. Skryf dan hoe het dit verder gegaan. As dit kan, laat die hele storie in boekvorm verskyn." |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,743 | Gedurende die sewentigerjare het Sita en die letterkundige Lambert Swerts, gereeld gekorrespon-deer. Deur die briefwisseling is hegte vriendskapsbande gesmee. In die Gazet van Antwerpen skryf Lambert Swerts op 18 Desember 1974 n artikel oor Sita en haar werk, waarin selfs Sita se stukke in "het letterkundig museum te Bloemfontein" ter sprake kom? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,744 | Dat Sita n hegte familiemens was, is alombekend. Die warmte van n familie wat groot hoogtes bereik het en tog baie na aan mekaar is, spreek uit die groot aantal familiebriewe, en meer as wat enige biografie kan doen, lewer dié briewe getuienis van "Moedie Sita" en "Oupa Kokkie". Sita se suster Bets, getroud met Coert Steynberg, skryf op 19 November 1975: "Jou susters is trotser op jou as wat jy besef, en ek wens baie keer jy kon hoor as hulle van jou praat. Ons is nie net trots op jou prestasies nie, maar op die dapper manier waarop jy jou beproewinge dra en aanvaar. Wees bly en dankbaar vir jou man en kinders" "Mens kry altyd die indruk dat julle so lekker, gelukkig en gesellig woon.? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,745 | Die humoristiewe briewe van Sita se vriendin, die skryfster Elizabeth Saunders, spreek van n leeftyd se gesamentlike belangstelling - skryfwerk - en n gees van optimisme wat weier om geknel te word deur die ouderdom: op 2 Oktober 1975 skryf sy: Mensdom maar was deeske grys ou vrou gister in haar noppies. Kry n tjek op de verkoop van ... Die kapokhennetjie. Jong toe was ek so opgewonde dat dit alles in my bene getrek het en ek die ganske middag in die bed gelê het.? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,746 | Of, op 26 Maart 1974: "Ai, hoe bly is ek tog dat Petrus [Nienaber] weer gaan trou en dit met iemand op wie hy toeka se dae verlief was. Dis tog eienaardig hoe dinge in n mens se lewe gereël word. Elke stukkie pas in die patroon." Woorde wat van NALN se briewe- en dokumentbesit ook gesê kan word: Daagliks word stukkies van die legkaart van ons Afrikaanse literêre wêreld, van die lewe en werk agter die skerms, ontdek? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,747 | Die versameling bevat min briewe deur Sita self geskryf: wel tikskrifkopieë van briewe aan uitgewers, of met betrekking tot genealogiese navorsing, maar slegs enkele persoonlike briewe. |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,748 | NALN besit egter oorspronklike tikskrifte en tikskrif-deurslagkopieë van Sita se pragtige briewe aan haar kleindogter Karin. Van dié briewe skryf Sita: "Toe ons tyding van die geboorte van ons eerste kleinkindjie ontvang, was ek totaal oorstelp. Ek het gelag, gebid en gehuil en toe spontaan uit die volheid van my hart, my eerste brief aan die klein vreemdelingetjie geskryf." |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,749 | Sita het vir 17 jaar die briewe geskryf, en, op aandrang van Karin self is dit in 1976 gepubliseer onder dit titel Liefste Kadie. |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,750 | Sita se sprankelende humor kom na vore in die enkele briewe aan vriendinne wat in NALN se besit is; bv. aan Anna Neethling-Pohl (Potchefstroom, 12 Augustus 1954): Bossie het seker vir jou vertel dat ek nou op my oudag n winkelier geword het! Ek verkoop die sies en die vies, alles net soos die miesies wiel. Ek verkoop hom die roltwak, die horseshoe, die blaartwak, die snuif, die doepa, duiwelsdrek, rooipoeier, kraamdruppels ... Ek staan met my twee pote in die werklike lewe ... Ek gaan my tikmasjien toesluit en wegbêre en dan jaart ek agter my toonbank die jaarts-goed af en hulle gapataal my die int van die aankomste Maandag se week en ek sjee hulle die pasella? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,751 | Die groot aantal briewe en dokumente weerspieël die geweldige taak wat só n geslagsregister behels en wat Sita bereid was om aan te pak. Treffend van die meer as 280 Bosman-briewe is die waardering en entoesiasme vir die taak? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,752 | Soos gesê bevat die versameling relatief min briewe deur Sita self geskryf. Dié versameling bevat egter die meeste briewe deur haarself geskryf, onder meer roerende briewe na haar seun Bosman se dood: "Hy het my toe laat belowe dat, as ek met die Bosman-album klaar is, ek ook sal help om die bal aan die rol te sit omtrent die de Kocks se voorgeslagte " "Hy was reeds in die hospitaal toe die eerste briewe van die de Kocks begin inkom... Twee dae later is hy skielik ... oorlede. Maar my belofte aan hom moet ek volvoer." Brief aan familie, 23 Sept. 1967. |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,753 | Sita het gelukkig nie haar tikmasjien in 1954 toegelsuit nie: die legende leef voort. Sonder haar dokument-versameling sou ons haar egter net uit haar boeke en biografiese sketse kon ken en onthou. Verdere gegewens oor Sita sou uit sekondêre bronne gehaal moes word: verwerkings van dieselfde deuntjie. |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,754 | Tannie Sita" se versameling is dus - soos al NALN se dokumentversamelings - n volkserfenis van onskatbare waarde en onontbeerlik as primêre bron van inligting. Dit is ondenkbaar dat ons skrywers se stemme hoegenaamd moet stilraak: ons kan n persoon se hele lewe uit sy briewe leer ken. Tog is dit n tragiese feit dat die kuns van brieweskryf besig is om uit te sterf. Om dié rede het argiewe reeds begin met onderhoudvoering op band, en geniet die kwessie van "oral history" toenemende aandag in die argiefwese. Bandopnames kan wel stemme, menings en ervarings bewaar, maar ongelukkig kan geen band die spontaniëteit en intimiteit van n brief vervang nie? |
5,015 | nuusbrief.txt | 80,755 | Indien u die Nuusbrief op 'n gereelde grondslag wil ontvang, kan u ons kontak per faks, e-pos of ander skriftelike wyse. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,757 | In Hollands of Engels? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,758 | Wie besit nog P.J. Schoeman-briewe? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,759 | Ná die koerant se voorbladberig "Skrywer Gerhard Beukes sterf in Bloemfontein" stap jy op n pelgrimstog by sy "kamer" in NALN in, en dáár leef hy nóg, soos altyd. Met n vonkel in die oog? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,760 | Teen n landskap van die Noord-weste, n fotobeeld wat van sy jeug- en studentejare tot sy akademiese topposte oorspan, vrolike plakkate van sy gemoedelike produksies, die dokumente en eerbewyse uit sy loopbaan, sy boeke en manuskripte, lesings, resensies en korrespondensie, vind mens die spore van sy bydraes. n Fokuspunt is die borsbeeld deur Laura Rautenbach? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,761 | Toe sy seun Johan, toe nog n jóng, opkomende argitek, in 1978 die oorspronklike inkleding van die Beukes-kamer op versoek van NALN saam met sy pa gekonsipieer en ingerig het, het hy die kokerboom as leitmotiv gebruik - klein "foamolite"-embleme wat as herkomsgedagte plek-plek in die lewensoorsig gevoeg is? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,762 | Die uitstalling is deur die jare verskeie kere hersien, uitgebou, vernuwe. Maar die kokerboommotief het gebly. Want dié petit-bonkige boomaalwyn, gehard in sy grasie, van vele nut vir mens en omgewing, die sieraad van die Noordweste genoem, som Gerhard Beukes beter op as wat woorde kan doen. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,763 | Ek is een van dié groepie mense, oud-studente seker meestal, vir wie dit in die finale instansie irrelevant is wat die literêr-akademiese waardeoordeel oor Gerhard Beukes se statuur as skrywer of literator is. Hy was n literatuurpedagoog wat mens bybly. Hy was n mens wat sonder pretensie geleef en gedien het, gedoen het wat sy hand gevind het om te doen en wat sy era van hom gevra het? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,764 | As jou pad naby hom verbygeloop het, het iéts van hom, van sy menswees, in jou vesels neerslag gevind en deel van jou geword. Ten goede. Hy was n te-goed-om-waar-te-wees-mens, n wandelende oase van rus en lafenis en rykdom van die gees. n Totaal onbekonkelde mens, wat die kwaliteite wat die Skepper en die natuur in hom weggelê het, teen enige teenslae en verguising in, met n naïewe kristelike deernis bly deel het? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,765 | So ongekompliseerd as om by n padpredikant te gaan pad vra, so onthou ek die samesyn met hom - as student, as rou deeltydse dosentjie, later jare as skutheer van sy nalatenskap by NALN? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,766 | Daar is dinge wat ek prof. Beukes nie hoor doen het nie: sy eie beuel blaas, ander mense - kollegas, mede-skrywers - afkraak, robuuste taal gebruik Ek eer hom byvoorbeeld daarvoor dat hy by my so n positiewe ingesteldheid teenoor die letterkunde nagelaat het. n Akkommoderende, verdraagsame waardering vir die literatuur, die teks, die woordmens, die woord, ongeag. Wat hom in die venynige wêreld van die literêre bendegeweld grootliks tot ignorering gestrek het - sy onbevange waardering bó verbete geslypte/geslepe kritiek - was mý wins? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,767 | Want vandag bevind ek my in n beroep - indirek ook deels deur sy toedoen - waar dit my dagtaak en bestaansreg is om in n sekere sin as rentmeester van die literêre nalatenskap van alle skeppende gebruikers van die Afrikaanse woord op te tree - sonder aansiens des persoons, sonder persoonlike of professionele voorkeure of vooroordele, sonder literêre, ideologiese of ander dienstighede: van die hoger-ste ghoeroe tot die naïefste agtergeblewe verteller en "onthouer"? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,768 | Daarin het ek, benewens n bepalende huislike en kulturele gegewe, twéé mentors gehad, die een so onwegdenkbaar as die ander: prof. Gerhard Beukes en prof. Petrus Nienaber. Nou is albei van hulle weg, en dit laat n volgende geslag met die taak en voorreg om in erkentlikheid reg te laat geskied aan hulle nalatenskap? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,769 | Die grootste geskiedskrywer van alle tye bly die Tyd self. Maar intussen, om by die beperkte visie van tydgenootlike oordele verby te kyk, bly die "as"-toets n nogal bruikbare meetinstrument. Byvoorbeeld: ás jy Gerhard Beukes uit die Afrikaanse letterkunde sou wegdink, sou alles nog dieselfde gewees het? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,770 | Meer as twee dekades lank het hy sy passie vir die woordkuns en die Afrikaanse letterkunde aan duisende studente oorgedra (voorgraadse Afrikaans-klasse het destyds in honderde getel; in my Honneursjaar dink ek was ons om en by twintig). Kan die dividende van dié belegging bereken en goedskiks weggedink word Die literatore, skrywers, uitgewers, resensente, akteurs, skakel-, kommunikasie- en advertensiemense, onderwysers, leeskringlede en veral die baie wat nie-literêre koerse ingeslaan het, maar met n Beukes-nawerking rondom die Afrikaanse woordkuns in die gemoed? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,771 | Met sy publikasies het hy heelwat rekordlyste gehaal; selde indien ooit n uitgewer se "remainder"-lys. Sy publikasies was by uitstek gebruiksuitgawes: voorgeskryf en opgevoer. Ruim meer as n miljoen eksemplare is daarvan verkoop. Hoeveel pare oë het dus via Gerhard Beukes se publikasies met n toneelteks kennis gemaak, dalk vir die eerste keer, dalk vir die enigste keer n Miljoen, konserwatief gesproke In n spraakgemeenskap van net enkele miljoen As jy dié effek dan sou wegdink, dié kennismaking met die Afrikaanse woord, die Afrikaanse toneelteks, sou kanselleer? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,772 | In sy huldigingsrede destyds met die inwyding van die Beukes-kamer het mnr. P.P.B. Breytenbach ("Oom Breytie" van die NTO) gewys op die buitengewone gewildheid wat Beukes se toneelstukke geniet het: "In die gang van ons toneelontwikkeling vorm hy - saam met een of twee ander - n sleutelfiguur tydens die jare veertig en vyftig. Die publiek het na sy stukke gestroom en so is n liefde vir die toneel ontwikkel, veral op die platteland." Selfs in 1978 was hy, wat die betaling van letterkundige regte betref, nog onder die eerste ses uit n totaal van meer as 200 skrywers wat toe deur DALRO verteenwoordig is, aldus mnr. Breytenbach. As n mens nou hierdie "Beukes-faktor" in die vestiging van n landwye Afrikaanse toneel- en teaterkultuur sou wegdink, sou alles nog dieselfde gewees het: die streekrade, die belangstelling in drama- en toneelonderrig sedert die sestigerjare, selfs die vroeë hoogbloei van Afrikaanse TV-produksies wat deur die toe bestaande toneelkultuur ondersteun is? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,773 | Benewens sy eie toneelstukke het hy eenbedrywe van verskeie ander skrywers - oueres, tydgenote en jongeres - prominent onder die oog laat kom deur dit op te neem in die reeks versamelbundels wat onder sy redaksie verskyn het. Volgens mnr. Breytenbach se telling in 1978 behels dit 42 eenakters van ander skrywers. (Hoeveel daarvan sou andersins ongepubliseerd gebly het? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,774 | Deur Beukes se toedoen is die eenakter ook as genre in voorgeskrewe werk in die hoërskole van die destydse onderwysdepartemente ingevoer. Oor die betekenis vir sowel dramaturg as skoolkind van hierdie blootstelling aan toneeltekste deur van ons belangrikste dramaturge kan die "as"-toets maar net bespiegel. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,775 | Prof. Beukes was oor n lang loopbaan by tallose kommissies, komitees en instellings betrokke, byvoorbeeld die Komitee van ondersoek na die finansiële lewensvatbaarheid van NTO, die Komitee van ondersoek na amateurtoneel, die Kommissie van ondersoek na die daarstelling van n televisiediens, ens. Hy het op die rade van instellings soos die Nasionale Toneelbiblioteek, NTO, SUKOVS en NALN gedien en op die direksie van DALRO. Van 1973 tot 1975 was hy voorsitter van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns, en sy voorsittersrede het bygedra tot die opdrag aan die Niemand-kommissie van ondersoek na die uitvoerende kunste, wat die bestendiging van die uitvoerende kunste in Suid-Afrika beoog het? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,776 | NALN het by verskeie geleenthede erkentlikheid teenoor prof. Beukes betuig. Nadat hy n omvangryke skenking van boeke, manuskripte, korrespondensie, dokumente, fotos, toneelplakkate, sertifikate, eerbewyse en dergelike personalia geskenk het, is die Gerhard J. Beukes-kamer ingerig en op 26 Oktober 1978 in NALN amptelik geopen? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,777 | By geleentheid van sy 75ste verjaardag het NALN in 1988 n huldigingsgeleentheid vir hom en sy tydgenoot Anna M. Louw aangebied, en met sy 80ste verjaardag, in 1993, is n oggendteegeselligheid vir hom en sy vriende gehou? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,778 | Proff. Gerhard Beukes en Felix Lategan het albei n besondere verbintenis met NALN gehad. Dit dateer reeds uit die era toe die vestiging van n "Vrystaatse skrywersbiblioteek" in Bloemfontein bepleit is. Dié ideaal is toe later in die groter konsep van NALN opgeneem, en hulle het onvervangbare dienste aan die Museum gelewer? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,779 | In sy voorsittersrede by die jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns pleit prof. P.J. Nienaber in 1966 vir die skep van n "Afrikaanse Letterkundige Museum in n sentrale plek, bv. in die nuwe gebou van die Akademie"? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,780 | Hy kon met gesag oor so n saak praat, want hy het die Nederlands Letterkundig Museum in Den Haag en die Archief en Museum voor het Vlaamse Cultuurleven in Antwerpen toe al verskeie kere besoek? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,781 | Verder was hy bekend as die grootste private versamelaar van boeke, manuskripte en dergelike in verband met die Afrikaanse taal en letterkunde. Die Afrikaanse Skrywerskring kon al in 1943, tydens sy tweede "boekweek", n uitstalling oor die eerste taalbeweging en die geskiedenis van die Afrikaanse Bybelvertaling met materiaal uit prof. Nienaber se persoonlike besit inrig? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,782 | Terwyl prof. Nienaber in die daaropvolgende paar jaar dié gedagte by agtereenvolgens die Akademie, die pasgestigte Randse Afrikaanse Universiteit, wéér die Akademie, en later die toe pasgestigte Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) probeer bemark, begin daar ook in die Vrystaat n ideaal roer? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,783 | Binne die destydse Vrystaatse Adviserende Biblioteekkomitee word in die loop van 1967 kommer daaroor uitgespreek dat eerste drukke, manuskripte en personalia van skrywers verlore raak, en ontstaan die gedagte van n "Vrystaatse Skrywersbiblioteek"? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,784 | Prof. Beukes word as voorsitter van n ad hoc-komitee aangewys om die saak te ondersoek, en prof. Lategan is een van die lede. Prof. Beukes is daarna, saam met die voorsitter van die Adviserende Biblioteekkomitee, mnr. H.J.R. Simes, LUK, en die Biblioteekorganiseerder, mnr. A. Cornelissen, deel van die afvaardiging wat die wenslikheid van so n onderneming met die Provinsiale Sekretaris, mnr. F.W. Liebenberg, en die Administrateur bespreek? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,785 | Op 3 Mei 1968 keur die Uitvoerende Komitee die stigting van n skrywersbiblioteek "onder die persoonlike sorg" van die provinsiale sekretaris in beginsel goed. Beide proff. Beukes en Lategan dien as lede van die ad hoc-komitee wat die Provinsiale Sekretaris daarin bystaan. Verder is prof. Beukes mnr. Cornelissen behulpsaam om n kortlys van die belangrikste Vrystaatse skrywers saam te stel. (Dit is later uitgebrei tot ongeveer 240 skrywers met die een of ander Vrystaatse verbintenis.? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,786 | Intussen het prof. Nienaber se volgehoue vertoë vir n museum of dokumentasiesentrum daartoe gelei dat die Raad van die RGN in Maart 1969, op slegs sy tweede vergadering, besluit het om n "navorsingsinstituut vir taal, lettere en die kunste" te vestig. Daardeur is n hele nuwe situasie geskep, wat die strewe na n Vrystaatse Skrywersbiblioteek by n kruispad gebring en onderhandelinge met prof. Nienaber en die RGN genoodsaak het? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,787 | Hiervandaan verder sou prof. Nienaber tot die sentrale figuur ontwikkel: terwyl hy enersyds n lid van die Raad van die RGN was, is hy op grond van sy kundigheid en ervaring deur die Universiteit van die Witwatersrand na die RGN gesekondeer om as "kurator" die beoogde 5 dokumentasiesentrums te vestig, elk weer met n eie direkteur aan die hoof. Terselfdertyd ontwikkel daar skakeling met die Vrystaters, en bedien hy hulle by geleentheid van strategiese advies? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,788 | Prof. Nienaber word na Bloemfontein genooi, en uit dié gesprek vloei n strategie om die RGN oor te haal om die te stigte instituut/dokumentasiesentrum vir taal en lettere in Bloemfontein te vestig. Die topbestuur van die RGN word daarop na Bloemfontein genooi, en gratis akkommodasie vir die instituut in die Raadsaal en die Ou Goewermentsgebou word aangebied. By albei hierdie geleenthede is prof. Beukes deel van die Vrystaatse afvaardiging? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,789 | Die RGN is nie vatbaar vir hierdie aanbod nie, maar prof. Nienaber stel n kompromis voor: dat daar in Bloemfontein, as gesamentlike onderneming van die Provinsiale Administrasie en die UOVS, "n letterkundige museum" gevestig word, terwyl die RGN se "dokumentasiesentrum" in Pretoria bly. Die RGN sou graag behulpsaam wees met die uitbou van die museum? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,790 | Die Vrystaatse ad hoc-komitee is nie tevrede nie en vra n onderhoud met die Minister van Nasionale Opvoeding aan. Prof. Beukes is weer eens lid van die afvaardiging. Dié onderhoud lei tot die aanwysing deur die RGN van n komitee van ondersoek onder voorsitterskap van prof. J.M. du Toit van Stellenbosch. Tydens sy ter plaatse besoek aan Bloemfontein is sowel prof. Beukes as prof. Lategan deel van die ad hoc-komitee wat die Komitee van ondersoek te woord staan? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,791 | By die oorweging van die J.M. du Toit-verslag deur die Raad van die RGN in Junie 1971 bepleit prof. Nienaber die konsep van desentralisasie, en lei hy die Raad om dit as beginsel te aanvaar. Die RGN se vroeëre standpunt word dus gehandhaaf, maar naas die "nasionale" dokumentasiesentrum in Pretoria, word ruimte nou ook gelaat dat ander streke in die land streeksentra kan ontwikkel, met onderlinge samewerking en uitruiling van kopieë van materiaal. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,792 | Saam met die "nasionale letterkundige museum" kon daar in die Vrystaat dus nou ook n dokumentasiesentrum ontwikkel word, en dit kon enige skenker vrystaan om sy of haar materiaal dáár te skenk. Teen hierdie agtergrond verstaan n mens beter waarom die"nasionale" en "navorsingsentrum" so prominent in die uiteindelike naam van NALN ingebou is? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,793 | Dit het nou n belangrike nuwe weg gebaan. Die Vrystaatse ad hoc-komitee word na Pretoria genooi, en die president van die RGN versoek die Direkteur van die Instituut vir Taal en Lettere, dr. P.G. du Plessis, en prof. Nienaber om n "miniatuurmuseum" in te rig om vir die Vrystaters te toon hoe die uitstallings kan lyk wat hulle in n letterkundige museum in Bloemfontein kan vestig? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,794 | Die besluit van die gesprek was in wese dat die beoogde museum in Bloemfontein met die aktiewe hulp van die RGN op nasionale vlak uitgebou en deur die RGN as die enigste van sy soort erken sou word. Finansieel sou die RGN nie kon help nie: die museum sou "aanvanklik geheel en al deur die Vrystaatse Administrasie gefinansier word". |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,795 | Op grond van hierdie ooreenkoms het die Vrystaatse Administrateur op 9 Februarie 1972 "die skepping van n Nasionale Letterkundemuseum as n verantwoordelikheid van die Provinsiale Administrasie" goedgekeur. In die woorde van prof. Nienaber: "Dit het stil gebeur, maar ons kan 9 Februarie 1972 beskou as die geboortedatum van die NALN." Die Museum is toe op 24 Maart 1973 amptelik geopen? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,796 | Hier het proff. Beukes en Lategan se betrokkenheid by NALN allermins geëindig: in hulle aktiewe jare was hulle steunpilare; in hulle bejaardheid steeds lojale vriende. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,797 | Albei van hulle is as lede van die eerste Advieskomitee (later Beheerraad/Adviesraad) van NALN benoem. Toe dit mettertyd hersaamgestel is, is bepaalde ampte verteenwoordig. As hoof van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die UOVS het prof. Beukes steeds lid gebly tot met sy aftrede in 1978. In dié hoedanigheid het hy ook gedien op die NALN-beurskomitee en die kuratoriums van die Stigting NALN en die A.D. Keet-publikasiefonds. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,798 | Prof. Lategan se kleinerige, maar goeie versameling boeke en manuskripte is deur die Provinsie aangekoop om NALN onmiddellik van n stewige kernversameling te voorsien. In aansluiting daarby het hy sekere unieke materiaal geskenk, asook later sy lessenaar en ander items uit sy studeerkamer? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,799 | Veral prof. Beukes het as skenker n uitsonderlike voorbeeld gestel. Uiteindelik het hy, met uitsondering van sy boekery wat na sy ou skool in Upington is, sy totale literêre en verwante nalatenskap aan NALN geskenk. Na beraming beloop dit meer as 10 000 items, waarvan n deel in die Gerhard J. Beukes-kamer uitgestal word? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,800 | In die finale instansie was albei van hulle pleit-besorgers vir NALN. In hulle wye kontak met skrywers en akademici het hulle die Museum se belange met groot toewyding gedien. So het prof. Lategan gehelp om P.J. Schoeman te oorreed om sy hele studeerkamer en dokumenteversameling aan NALN te skenk. Prof. Beukes, weer, het help onderhandel dat Mikro se nalatenskap hier bewaar word. Ook in die onderhandelinge om die Van Schaik-kamer en argief te bekom, het hy deur sy noue vriendskap met die Van Schaik-broers n konstruktiewe rol gespeel? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,801 | Hulle heengaan is ook NALN se verlies. Ons betuig graag opregte meegevoel met hulle naasbestaandes. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,802 | Cornelis Jacob Langenhoven is gebore in die nag tussen 12 en 13 Augustus in 1873. In die doopregister word sy geboortedatum aangegee as 13 Augustus. Die skrywer self het egter verkies om sy verjaardag op die twaalfde te vier. Met sy opvoedkundige projek op 12 Augustus vanjaar wou NALN hierdie voorkeur van die Chief respekteer. Op die ou end het dit egter ook na die 13de oorgeloop, met nagenoeg 400 kinders wat die program bygewoon het. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,803 | Langenhoven is almal se erfenis - dit het die geskiedenis voldoende bewys. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,804 | Ons moes by die kinders begin vir wie Langenhoven sewentig jaar gelede wou leer lees. Ook: die skoolgaande jeug wat, deur sy toedoen, in 1914 vir die eerste keer in hulle eie taal onderrig kon ontvang, al was Afrikaans aanvank-lik net erken vir laerskool-onderrig. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,805 | Dus het NALN uitnodigings aan Bloemfonteinse hoërskole gestuur om op die skrywer se verjaardag in die Museum te kom besoek aflê. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,806 | Die Engelse meisieskool Eunice was die eerste skool wat op dié dag voor ons deur kom staan het om te kom kyk na Herrie wat die trem trek, en na die mensvreters Brolloks en Bittergal wat ook nog saam met die ander spoke hier ronddwaal! |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,807 | Bang meisies is hulle sekerlik nie, en ook nie bygelowig nie, want op die dertiende was dit wéér Eunice wat die voortou geneem het deur nóg vier groepe na die museum te bring. Die museum se gange het gewemel van die skoolkinders. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,808 | Dr. Blok Sekondêre Skool van Heidedal het n skoolbus volgepak om te kom kyk en te kom luister, en die seuns van die Hoër Tegniese Skool Louis Botha het met groot bewondering gekyk na die figuur-saagwerk in sy kamer, wat Langenhoven se vaardige hande self gemaak het? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,809 | In Arbeidsgenot se tuin het die skaduwee van die sonnewyser intussen aangeskuif. Uit die prentrame teen die muur het die mooie jong Engela vir hulle geknipoog, en selfs Vroutjie en Saartjie het minder streng afgekyk uit die familieportret waar die groepie saam met die hond Jakhals en n houtolifant in die tuin geposeer het..? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,810 | Deur Langenhoven se toedoen word Afrikaans in 1914 erken as onderrigtaal in die laerskool en uiteindelik op 8 Mei 1925 deur die Regering erken as amptelike landstaal naas Engels. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,811 | Charles, n kleinkind van die Rynse sendeling A.F. Weich, het in 1898 saam met sy ouers na die Paarl verhuis, waar sy vader aangestel is as predikant. Teen die tyd wat die briefwisseling begin, bly sy ouers reeds op Worcester en loseer Charles in die Paarl. Jack Holloway se oupa het as kind uit Engeland na Suid-Afrika gekom, maar die familie het as deel van die boeregemeenskap in die omgewing van Hopetown, spoedig heeltemal verafrikaans. In 1896 vestig Jack se vader hom op Stellenbosch, waar Jack met behulp van afleweringswerk vir De Wet Gebrs. help om die pot aan die kook te hou, om later met n beurs van dieselfde firma verder te studeer. Charles se briewe handel oor skoolseundinge - n bietjie akademie, baie geselskap, klavierlesse, rugby, meisies en dan veral een meisie, Flava? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,812 | Die briewe gee n bekoorlike beeld van die lewe van die laaste skooljaar van n goed opgevoede en entoesiastiese lid van n Kaapse familie uit die begin van die twintigste eeu en kan uit n verskeidenheid oogpunte bestudeer word. Wat veral opgeval het, is die probleme wat die Afrikaners van daardie tydperk gehad het om korrekte Nederlands te skryf en daarom briefwisseling liewers in Engels gevoer het om n beter indruk te maak. Charles se Engels was feitlik foutloos, maar alhoewel hy aspirasies gehad het om baie goed te doen in die Taalbond-eksamen, was sy Nederlands nie van so n hoë standaard as wat hy gedink het nie - n probleem waarvan hy eers bewus geword het nadat hy vir Jack Holloway begin briewe skryf het? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,813 | Die briefwisseling begin dus in Engels. Hier en daar word n Afrikaanse tussenwerpsel gebruik - die spelling so effens Hollands. Na Charles se vierde Engelse brief antwoord Jack hom in Hollands en dit laat Charles wonder of hy uit hoflikheid nou die volgende brief in Hollands moet skryf? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,814 | Die laaste brief in die versameling is gedateer 11 November 1911. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,815 | Altwee die jongmans het hulle stempel afgedruk op die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Charles Weich is nie met Flava getroud nie, maar met I.D. du Plessis se suster Issie Davida. Onder die skuilnaam "E-mol" was hy jare lank die musiekkritikus van Die Burger en as voordragkunstenaar by Radio-omroep Kaapstad, het hy bekendheid verwerf as "Org Treurniet" in die reeks Kriekbult Roep. Sy lewe was verweef met dié van bekende Suid-Afrikaanse komponiste, skrywers en ander kultuurmense. Hy was lank voorsitter van die Oranjeklub en menige jongmens het hulle eerste tuiste in Kaapstad gevind in sy huis in Tamboerskloof. Jack Holloway se professionele lewe het begin as onderwyser aan Grey Kollege. Daarna word hy dosent in Geskiedenis aan die Grey Universiteits-kollege en later Suid-Afrika se leidende ekonoom, en nog later ambassadeur in Engeland. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,816 | Dinsdae is die dag van die kind se vioolles. Terwyl háár dogter poog om die notasies en die vibratos aan myne oor te dra, gesels ek en sy oor die lang pad wat sy reeds geloop het, en die wonderlike dae wat sy so helder en lewendig onthou Die landelike agtergrond van die begin van hierdie eeu het soveel skeppende geeste gevoed! Die naam van haar grootouers se plaas kort anderkant Calvinia was Kokkoboos - dit sing soos die bergstroom waaruit die vrugteboord natgelei is. Natuurlik het sy altyd vakansies daar by haar ouma gaan kuier, die ouma na wie sy as oudste dogter vernoem is? |
Subsets and Splits