document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,118 | Die grootste ontdekking oor S.J. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,119 | Toe n tiental vergeelde briewe uit n argief opgediep is, het ek n ontdekking gemaak wat my letterlik n dag nie laat slaap het nie. Dit was die korrespondensie (as "konfidensieël" gemerk) tussen Gustav Preller en S.J. du Toit in 1905. Vir dae lank het die één ingrypende feit my gedagtes oor-heers: Dit lyk asof die geskiedenis van die Tweede Taalbeweging weer herskrywe moet word - on-danks die uitmuntende studies wat reeds daaroor bestaan. Ruimte laat dit gladnie toe om hier enigsins breër daarop in te gaan nie - dit word in n lang hoofstuk vertel? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,120 | Die harde, kil, kliniese feit is dat Gustav Preller se manifes (E.C. Pienaar se benaming) van die Tweede Taalbeweging in 1905, woordeliks, letterlik uit S.J. du Toit se briewe en geskrif Afrikaans as Volkstaal oorgeneem is. Dit het werklik gebeur terwyl manne van die Afrikaanse taalgeskiedenis beweer dat sy bydrae vir die Tweede Taalbeweging "n patetiese getuienis was" (E.C. Pienaar) of "n totale nul" (J.H.H. de Waal)? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,121 | Navorsing oor S.J. du Toit vereis om ook na Europa te gaan. Daardie argiewe vertel van die lywige korrespondensie tussen hom en dr. A. Kuyper. In Amsterdam lê daar byvoorbeeld n uiters belang-rike brief van Lord Derby, die Britse minister van Kolonies waarin die twee republiekies Stellaland en Goosen in 1884 aan Transvaal toegesê word. Dit was een van die gronde waarop S.J. du Toit die hysing van die Vierkleur op die wesgrens in opdrag van die president waargeneem het. In Henriëtte Grové se drama Toe hulle die Vierkleur op Rooigrond gehys het, laat sy Du Toit op Paul Kruger se verwyt oor die hysing van die Vierkleur antwoord: "Dan hys u die wit vlag". Dit blyk uit die doku-mente nie vergesog te wees nie? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,122 | In die buiteland ontdek n mens ook dat die eerste Afrikaanse roman, Die Koningin van Skeba in die Duitse boekwinkels as Das Geheimnis der Goldfelder ver-koop word. Juis die "Nachwort" (slotsom) in hierdie boek is van groot belang. Daarin word die Afrikaanse taal as die nuwe Afrika-taal sterk onder die aandag van die Duitse lesers gebring. En dit is dinge wat vandag gebeur? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,123 | Wie weet dit ooit n Belgiese stoomskip vir passasiers het van 1884 af S.J. du Toit se naam gedra. Die redery was Van Maenen & Van den Broeck (Antwerpen)? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,124 | Van skepe gepraat. Toe die skeepvaart met stoomskepe in 1880 in volle swang was, maak S.J. du Toit n merkwaardige Jules Verne-agtige voorspelling. Toe alreeds beweer hy dat die skeep-vaart wat massas mense om die aarde vervoer, binne n halwe eeu geleidelik met lugvaart sou vervang word wat op sy beurt massas mense in die 20ste eeu sou vervoer. Hy was presies korrek. Hy het ook reeds in die vorige eeu die totstandkoming van die staat Israel voorspel en dat die Jode per lug na hulle land sou terugkeer. Ons weet dat dit in 1948 gebeur het? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,125 | In Maartmaand 1898 het S.J. du Toit in n brief aan sy seun Jaap (Totius) presies die Eerste Wêreld-oorlog met Brittanje en Duitsland as die twee opponente voorspel. Hier word n nuwe wêreld in verband met sy visie vir die "Verenigde State van Suid-Afrika" geopen. Sy poli-tieke visie is nog nooit in sy diepte bestudeer nie? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,126 | Oor S.J. du Toit is die ontdek-kingsreis nog nooit voltooi nie. Wie weet byvoorbeeld dat sy naam wat eers bo-aan die lys van "taalhelde" op die Taalmonument van Burgers-dorp ingegrafeer was, op die vooraand van die onthulling van daardie monument in 1893 weer afgehaal is Waarom Deur wie En wie het ooit geweet dat dit die Vrymesselaars onder leiding van n prominente Afrikaner was wat vir S.J. du Toit uit die Afrikanerbond uitgewerk het Dokumentêr staan dit vas (dit word in die boek bewys) dat een van die grootste Afrikaner-leiers in Kaapland Master of the Supreme Court van hierdie ge-heime organisasie was en later Deputy Grand Master National in 1874? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,127 | Miskien is dit tyd dat die vergeelde papiere van die argiewe ná 100 jaar oor die lewe van S.J. du Toit weer opgediep word. Die nuwe boek is n poging daartoe - weens die massas materiaal nog steeds n onbegonne taak om alles te vertel? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,128 | Twee lekker hoogtepunte vir NALN was die museum se televisietyd vroeër vanjaar. Eers as deel van Pasella en later ingesluit by die Sondagaandprogram But is it art? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,129 | Nou kyk, as n mens eers deur daardie beroemde Coenie de Villiers-mond aangekondig is, is jou kop deur. Die Pasella-span het n daglange kuier by ons deurgesien, met Maurice Carpede (of was dit nou Lucas Phiri in lewende lywe) as die leier-prater. En alhoewel slegs die baas op televisie verskyn het, kon die res van ons ons heerlik baai in die skitterlig van akteur en kamera? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,130 | Op n alternatiewe noot was ons ook deel van die strydvraag rondom kitsch al dan nie. But is it art het onder meer gekyk na die Afrikaanse prenteverhaalboekies soos Dr. Conrad Brand, Suster Theresa, e.a. Agter die skerms, en in ons soektog na gepaste items vir die televisiespan, kon ons heimlik glimlag oor die interessante (en soms skurwe!) geskiedenis van die fotoboekie in Afrikaans - n era wat inderdaad verbygegaan het. (Indien u dalk nog van die boekies in u besit het, kan u gerus daaraan dink om dit vir NALN te stuur. Ons het maar min daarvan in voorraad, en binne die groter verband van Afrikaanse tekste vorm dit n nie te verswyge skakel)? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,131 | Die sukses wat die Bloemfonteinse skrywer Berna Ackerman met haar jeugroman, Liesbet Delport se Oorlogboek, gehad het, was die direkte aanleiding tot n spesiale literêre toer ter viering van vanjaar se Internasionale Museumdag. Hoewel die amptelike datum vir 18 Mei vasgestel is, het ons keuse op die voorafgaande Sondagnamiddag geval? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,132 | Om aan te sluit by die tema van die Tweede Wêreldoorlog wat in Berna se boek die sentrale gegewe is, is drie ander jeugboeke met dieselfde historiese agtergrond gekies, geskryf deur mense met n Bloemfonteinse verbintenis: Karel van Krieketstraat (Philip de Vos), Hitler sterf in die Vrystaat (Sheugnet Buys) en In die hemel eet n mens mieliepap (Maretha Maartens)? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,133 | Berna Ackerman was die skrywersgas en sou self Liesbet se verhaal aan die hand van Bloemfonteinse bakens vertel. Net daar het ons eerste probleem ontstaan, want die huis waarin die jong Liesbet grootgeword het (in President Steynlaan 30), is juis toe, as gevolg van n omvangryke restourasieproses, ontoeganklik vir die publiek? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,134 | Maar die eienaar, mnr. Gagiano, is besonder tegemoetkomend en stem in om self die middag die deur oop te sluit vir die toergangers, sodat Berna ons deur die huis kan vergesel en spesiale vertrekke en anekdotes kan uitlig. Die "probleem" word uiteindelik n hoogtepunt, een van n hele paar dié middag. Want die gaste wat saamry, is min of meer oorwegend van n geslag wat die oorlogtyd nog ná aan eie lyf ervaar het, en mense wat n vroeër Bloemfontein helder in die herinnering kan roep: die Grand Teater (reeds gesloop), die vroeë stasiegebou, besighede wat deur Joodse eienaars bedryf is, die Maximes (n bioskoop, ook lankal gesloop), die gebou (in Oos-Burgerstraat) waarin The Friend se kantoor in die dertiger-/veertigerjare gehuisves was en wat n paar maande gelede deur n brand beskadig is. In dié proses is die metaalplaat-fasade verwyder, en het die koperletters van The Friend sigbaar geword. Hierdie is almal plekke wat in die genoemde tekste ter sprake kom? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,135 | Dis n nostalgiese rit, maar een wat n mens opnuut die léwe in die historiese laat ervaar. Berna het goed voorberei, en het vele plekke om uit te wys. En tussendeur vul die toergangers ewe entoesiasties aan: een van die vondste van die toer was juis mnr. Alf Abrahams se inligting oor die presiese plek waar Karel van Krieketstraat gebly het (hyself het vroeër jare in nommer 13 gewoon, vandag n motorhawe-terrein)? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,136 | Die laaste afklimplek was die Militêre Museum by Tempe, die weermagbasis net buite die stad. In Berna se verhaal het die hoofkarakter in dié saal gelê terwyl sy van maagkoors herstel het. Vandag huisves dit n interessante militêre uitstalling, wat oorloop in verskeie tenks en ander pantser- en gevegsvoertuie wat buitenshuis te siene is. Hier is koffie gedrink, en is die Museumdag-aspek sinvol beklemtoon? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,137 | Ek het onlangs die artikel oor Sita de Kock in u April 1998 nuusbrief gelees. Ek het gedink dit sal vir u inte-ressant wees om te weet dat ek die kleindogter, Karin, is na wie in die artikel verwys word en vir wie die briewe in Liefste Kadie geskryf is. Ek is Sita se oudste kleindogter, gebore Karin de Kock. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,138 | Die artikel het wonderlike herinneringe aan my Ouma teruggebring. Sy was n baie besonderse mens en het my lewe onbeskryflik verryk. Ek was baie lief vir haar en vir my Oupa Kokkie (Arend Josias de Kock, of "A.J." vir sy vriende). Hulle was vir my meer soos n tweede ma en pa as n ouma en oupa. Ek het dan ook my Ouma "Moedie Sita" genoem en nie Ouma nie, want toe ek gebore is was sy nog te jonk (en te mooi!) om ouma genoem te word. Toe ek een jaar oud was, het my pa, Bosman de Kock, n aanstelling by die BBC in Londen gekry en het ek n jaar lank by Moedie Sita en Oupa Kokkie op hulle plaas buite Potchefstroom (Potjiestroom soos Sita altyd gesê het!) gaan bly. Daar is die besonderse band tussen ons gesmee en deur al die jare wat ek geseënd was om haar as my ouma te hê, het dit verinnig? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,139 | Dit was inderdaad ek wat Sita aangemoedig het om die briewe wat sy aan my geskryf het in boekvorm uit te gee. Ek het myself Kadie Kokkie genoem toe ek klein was (ek kon nie sê Karin de Kock nie) en my ouma het my altyd "Kadie" genoem. Sy het ná my sestiende verjaardag aanhou skryf aan my, tot ek een en twintig geword het. Dit was baie besonders om die briewe te lees en jouself so te sien grootword deur die oë van iemand wat jou liefhet. Alhoewel ek nie Sita se besonderse skryftalent geërf het nie, het ek wel die liefde vir tale gekry en is ek reeds bykans dertig jaar lank n taalpraktisyn. Ek het ook onlangs vir die eerste keer ouma geword en Sita se mooi tradisie voortgesit om vir my oudste kleinkind by haar geboorte n brief te skryf en elke jaar daarna op haar verjaarsdag? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,140 | Ek het al die oorspronklike briewe wat Sita aan my geskryf het wat in die boekie Liefste Kadie is, asook die briewe wat sy daarna nog geskryf het, en ek het gewonder of u dalk sou belangstel om die briewe by die versameling oor Sita in die Museum te voeg. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,141 | So kom alles dan tog uiteindelik bymekaar en is dit dít wat ons werk hier by NALN só interessant en die moeite werd maak. Baie dankie, Kadie! |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,142 | Die afgelope jaar het sy kwota interessante navorsers in NALN se binnehowe opgelewer. Vir die personeel is dit altyd baie aangenaam om ou vriende met ope arms terug te verwelkom of nuwe navorsers op tipies Vrystaatse gasvryheid te trakteer. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,143 | Een van die ou vriende wat op n gereelde basis ons navorsingskamer met sy teenwoordigheid vereer, is prof. Jaap Steyn van die UV. As hy vir n paar maande nie hier was nie, wonder almal of prof. Steyn siek is of vakansie hou. Hy het hier teen die middel van 1998 en weer vanjaar deur Die Huisgenoot gewerk vir inligting oor, ja u het reg geraai, die Anglo-Boereoorlog. Nog n ou bekende wat áltyd welkom is en áltyd met ope arms ontvang word, is Danie Botha van Tafelberg Uitgewers? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,144 | Danie het in Augustus 1998 en weer vanjaar in Meimaand, tydens die bekendstelling van Anlen Marais se boek, Muur van berge, sy navorsing oor die Afrikaanse toneel hier kom voortsit en ons sien uit na nog baie besoeke. Prof. Victor DAssonville van Potchefstroom het geweet dat navorsing vir sy boek oor S.J. du Toit nie volledig sal wees as hy nie n draai by NALN gemaak het nie. (Kyk die artikel deur prof. DAssonville elders in die Nuusbrief)? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,145 | Uit die Eikestad het Brönnhilde Ekermans gekom om ekstensief gebruik te maak van ons Jan Bouws-versameling vir haar navorsing. Sy was verlede jaar in September hier en het so pas weer besoek afgelê. Ons hier by NALN ondervind dit telkemale dat as iemand eers eenmaal by ons gekuier het, hulle nie kan wegbly nie. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,146 | Dr. Jerzy Koch, navorser en lektor van die Universiteit van Wroclaw, een van ons goedgesinde en meewerkende vriende in die buiteland, was, afgesien van die navorsingsmateriaal wat hy van tyd tot tyd aanvra, ook al per geleentheid n geëerde gas by NALN? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,147 | Om te begin met die bundel: Die uittreksel daaruit (in, vir ons, leesbare Duits!) het Hettie Smit se roman Sy kom met die sekelmaan as uitgangspunt, en is n feministies-gebaseerde beredenering van dié noe-menswaardige en vroeë teks in Afrikaans. In 1998 was dit 200 jaar sedert die geboorte van die Poolse digter Adam Mickiewicz en die begin van sy nasionale epos Pan Tadeusz ("Meneer Tadeusz") lyk baie op die begin van Jan Celliers se Martjie. Koch moes vir hierdie referaat n gedeelte van Martjie in Pools oorsit, ter verduideliking aan sy gehoor. Hierdie stukkie Poolse Martjie, tesame met dr. Koch se referaat (in Pools) was die tweede kosbare vonds in die koevert? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,148 | Ons laat dr. Koch self afsluit: In my artikel konfronteer ek die opmerklike ooreenkomste tussen beide werke, maar dis nie in eerste instansie die vraag of Celliers die Duitse of Engelse vertalings van Pan Tadeusz gelees het en in sy werk verafrikaans of aangepas het (soos hy dit met verskillende andere werke van Engelse en Nederlandstalige skrywers gedien het). Daar is wel bewyse dat toe Celliers in Switserland gebly het, baie ewenemente (lesings en publikasies) in Switserland rondom Mickiewicz gebeur het; Mickiewicz het daar 50 jaar vroeër gewoon en Slawiese literatuur gedoseer. Vir my is die tekstuele ooreenkomste ook spektakulêr en die posisie van die werke in nasionale literatuur in S.A. en Pole vergelykbaar. En dit was ook weer n geleentheid om vir die breë publiek oor die Afrikaanse literatuur te praat? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,149 | Aan almal wat in mindere of meerdere mate van NALN as navorsingsentrum gebruik gemaak het en nog gaan maak, wees verseker dat ons altyd sal probeer om diens van hoogstaande gehalte te lewer. Sterkte met almal se studies en skryfwerk en ons sien uit na die volgende besoek. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,150 | Toe ek dié uittreksel sien, was dit vir my n persoonlike vinjet. Dr. Murray was my vader se enigste kollega as sendingdokter in Mkoma (wat pres. Banda na 70 jaar tot "Nkoma" laat verander het); en met die hulp van n Swart vroedvrou was dit sý wat my in die lewe help bring het. Ansie se pa was n sendeling-dominee, Oom Kallie van der Colff. Haar jonger sussie, Erna, was van sub. A tot st. 4 saam met my in dieselfde klas ek en drie meisies - in die sendingskooltjie op Mkoma.? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,151 | Só vertel prof. Francois Retief, wat in 1955 self as medikus gekwalifiseer en daarna in die interne geneeskunde en bloedsiektes gespesialiseer het; in 1970 die stigter-dekaan van die nuwe Mediese Fakulteit aan die UOVS geword het, toe die eerste rektor van die Mediese Universiteit van SA (Medunsa); 5 jaar lank direkteur-generaal van die Nasionale Departement van Gesondheid was; en in 1997 afgetree het as rektor en vise-kanselier van die UOVS. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,152 | Hierdie sydelingse anekdote was maar één van n stroom van wetenswaardighede waardeur die gehoor geboei is tydens n Leipoldt-oggend op Saterdag 14 Augustus 1999, aangebied deur die Bloemfonteinse kultuurvereniging Dames Perspektief in samewerking met NALN, en geborg deur Tafelberg-uitgewers en Lipton-rooibostee? |
5,018 | ortambo_afrikaans.txt | 81,154 | Hierdie Orde word aan buitelandse burgers (staatshoofde en regeringshoofde) en ander buitelandse hoogwaardigheidsbekleërs toegeken. Dit word toegeken vir vriendskap wat aan Suid-Afrika betoon is. Om hierdie rede is dit 'n orde vir vrede, samewerking en die daadwerklike uitspreek van solidariteit en ondersteuning. Die Orde verteenwoordig 'n noodsaaklike pilaar op die terrein van internasionale en multilaterale betrekkinge. |
5,018 | ortambo_afrikaans.txt | 81,155 | Al die toekennings sluit vier elemente in: 'n staf, 'n nekwapen, 'n miniatuur en 'n lapelroset. Die laaste Orde bestaan uit drie elemente: 'n nekwapen, 'n miniatuur en 'n lapelroset. |
5,018 | ortambo_afrikaans.txt | 81,156 | OR Tambo: OR Tambo het 'n belangrike rol in die uitbouing en ontwikkeling van die internasionale solidariteitsbeweging teen rassisme en apartheid gespeel. Hy het onder andere die eerste Missies van die vryheidsbeweging in Egipte, Marokko, Ghana en Londen gevestig. Dit was 'n beskeie begin om die vriende van Suid-Afrika wêreldwyd saam te snoer in 'n voortdurende en volgehoue mobilisering van die internasionale gemeenskap ten gunste van 'n vrye en demokratiese Suid-Afrika en teen die euwels van rassisme, onderdrukking en apartheid. |
5,018 | ortambo_afrikaans.txt | 81,157 | Majola (molslang): Die slang wat pasgebore babas besoek. Die slang berokken nóg die baba, nóg die gesinslede enige skade, en daar is net een vriendelike manier om van die slang ontslae te raak: die moeder moet van haar eie borsmelk op die slang spuit. Die slang besoek die baba om hom of haar op 'n suksesvolle en veilige volwasse lewe voor te berei. Dit kom as 'n vriend en berskermer. Die vriendskap wat die slang uitdruk is nie in 'n goedaardige demonstrasie van welwillendheid veranker nie, maar is veel eerder 'n daadwerklike uitdrukking van solidariteit en strewe ter ondersteuning en aannmoediging van die langtermynsukses van die jong en groeiende lede van die menslike ras. Die slang leef in die Afrika-mitologie voort danksy 'n klassieke vertelling van AC Jordan, getiteld The wrath of the ancestors. Hierdie vertelling ondermyn die konvensionele opvatting van 'n slang as iets wat net giftig is, en bring 'n breër Afrika-interpretasie na vore wat die slang as 'n vriend en lid van 'n dinamiese ekologie beskou. |
5,018 | ortambo_afrikaans.txt | 81,158 | Staf - dit is uit donker, inheemse hout gesny; 'n teken van waardering vir die steun en solidariteit wat betoon is, en 'n ewe sterk verbintenis om, in ruil daarvoor, die ontvanger daarvan te ondersteun en by te staan. |
5,018 | ortambo_afrikaans.txt | 81,159 | Majola - die waaksame ook met hake aan die bokant en onderkant versinnebeeld erkenning vir die daadwerklike betuiging van solidariteit en steun aan Suid-Afrika. |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,161 | BLY KALM!Meld die geval by jou naaste SAPD-stasie aan ofskakel 10111. Jy HOEF NIE 24 uur te wag nie! |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,162 | Moenie dat jou kinders klere dra met hulle name op nie - 'n Kind sal na enige persoon luister wat hom of haar op die naam noem. |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,163 | Neem twee tot drie keer per jaar foto's en video-opnames van jou kind. |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,164 | Moenie jou kind alleen laat terwyl jy inkopies doen of by bure of vriende kuier nie. Jy mag jou kind onder geen omstandighede alleen in 'n kar los nie. |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,165 | Maak seker dat jou kind jou altyd sê voordat hy of sy saam met iemand iewers heen gaan. |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,166 | Maak seker dat jou kind reeds op 'n vroeë ouderdom sy of haar adres en telefoonnommer ken. 'n Tweede telefoonnommer van 'n vriend of familielid is baie nuttig. |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,167 | Leer jou kind hoe om 'n noodoproep te maak en om te begin met "Ek is in die moeilikheid; ek het hulp nodig ". |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,168 | Maak seker dat jou kind weet hy of sy moet al die vensters en deure toe en gesluit hou; en nooit vir iemand laat agterkom dat hy of sy alleen in die huis is nie. Hy of sy mag niemand laat inkom nie - selfs al sê die persoon hy is van die polisie of die brandweer. Hierdie professionele mense weet hoe om in 'n noodgeval in te kom. |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,169 | Maak seker jou kind weet dat hy of sy moet skree en weghardloop indien iemand hom of haar op 'n dreigende manier nader. Leer jou kind om ALTYD dadelik vir jou te vertel as 'n vreemdeling met hom of haar praat, hulp vra, presente of lekkers aanbied of op een of ander manier bangmaak. |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,170 | Maak veiligheid deel van jou kind se daaglikse lewe deur hierdie vaardighede te oefen - sonder om die kind bang te maak. |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,171 | Beplan die veiligste pad na jou bestemming toe. |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,172 | Kies besige, goedverligte strate. |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,173 | Stap aan die regterkant van die pad sodat jy aankomende voertuie kan sien en deur hullegesien kan word. |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,174 | Stap naby randstene sodat iemand wat inbosse of struike skuil, jou nie kan verras nie. |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,175 | Bly buite bereik as iemand in 'n voertuig jou vir padaanwysings vra. |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,176 | Moenie op verlate terreine, soos leëspeelgronde, parke, boupersele of stortterreine speel nie. |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,177 | Gebruik die "buddy"-stelsel - speel, stap, ry fiets of skaatsbord saam met 'n vriend. |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,178 | Laat altyd jou ouers weet as jy veilig by die huis aangekom het. |
5,019 | protectingyourchildrenAfr.txt | 81,179 | Moet NOOIT naby 'n vreemde voertuig gaan nie! Hou aan loop of hardloop as dit nodig is. Onthou net SS -Skree en Skop! |
5,020 | reds_notice_afr.txt | 81,181 | Die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit het 'n hersiening van elektrisiteitsdienslewerings-meganismes in sy jurisdiksiegebied onderneem soos bepaal in Deel 2 van Hoofstuk 8 van bogenoemde Wet. |
5,020 | reds_notice_afr.txt | 81,182 | Die doel van hierdie kennisgewing is dus om die plaaslike gemeenskap in kennis te stel van die Munisipaliteit se voorneme om die moontlikheid te ondersoek dat die elektrisiteitsdiens deur 'n eksterne meganisme voorsien word, soos vereis by artikel 78 (a) van die Wet, en om die standpunte van die plaaslike gemeenskap te verkry soos vereis by artikel 78 (b)(iii) van die Wet. |
5,020 | reds_notice_afr.txt | 81,183 | Lede van die publiek, besighede, gemeenskapsgebaseerde organisasies, nie-regeringsorganisasies en alle belanghebbende en geaffekteerde partye word dringend versoek om hul standpunte in te dien oor die lewering van 'n elektrisiteitsdiens in die Tshwane munisipale gebied deur middel van 'n eksterne meganisme. |
5,020 | reds_notice_afr.txt | 81,184 | Tel: 012 358 9330/9320/9327/9331/9295 Waltloo-kliëntedienssentrum, Petroleumstraat, Waltloo - Tel: 012 803 3334/2944/2941/2802 Winterveld-kliëntedienssentrum, Standplaas 1864, Beirut-kantoor, Winterveld - Tel: 012 358 9603 Die tariefskedule is beskikbaar by: www.tshwane.gov.za. Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie kan vir Sarel Brill om bystand nader om die inhoud en implikasies van hierdie kennisgewing te verduidelik en, indien nodig, sal die beampte ook behulpsaam te wees met die transkribering van die persoon se kommentaar of vertoë. Openbare verhore sal deur die Munisipaliteit gehou word op die datums en tye en by die plekke hierna aangetoon om die standpunte van die plaaslike gemeenskap en ander rolspelers te verkry oor die Munisipaliteit se gemelde voorneme. Enige persoon, liggaam of instansie wat insette by 'n openbare verhoor wil lewer, mag enigeen van die vergaderings in die tabel hierna aangetoon, bywoon. Skakel die skakelbeamptes vir nadere inligting oor die vergadering. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,186 | Ten tye van haar dood het ons geweet dat Mama Adelaide Tambo kort vantevore uit die hospitaal ontslaan is. Maar omdat ons ook geweet het dat sy die volharding van gees en die wilskrag het om die stryd saam met die lewendes voort te sit, was dit ons voorneme om haar en ander lede van haar gesin as ons gaste by hierdie deurlugtige geleentheid te verwelkom. Dit was ons helaas nie beskore nie. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,187 | Môre sal ons die laaste eer aan haar betoon wanneer ons haar oorskot ter aarde bestel. Sy sal dus slegs in die gees by ons wees wanneer ons in Oktober vanjaar die 90ste herdenking van die geboorte van Oliver Reginald Tambo - haar eggenoot, die vader van haar kinders, haar metgesel, haar kameraad, en 'n vooraanstaande seun uit die geledere van ons mense - vier. Ons betuig weereens ons meegevoel aan die Tambo-gesin. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,188 | Ek is egter besonder bly om vandag die agbare Albertina Luthuli in ons midde te verwelkom; dogter van ons eerste Nobel-vredespryswenner, Inkosi Albert Luthuli, wie se tragiese dood, 40 jaar gelede, ons vanjaar herdenk wanneer ons die tragiese dag in herinnering roep waarop aangekondig is dat hy in die suikervelde van KwaDukuza deur 'n voortsnellende trein vermorsel is. Sy dood was net so skokkend en geheimsinnig as wat sy lewe 'n leidster was wat vooruitgewys het na die vryheid wat ons vandag geniet. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,189 | Ek voel ontsaglik trots dat demokratiese Suid-Afrika verstanding en fyngevoelig genoeg was om erkenning te gee aan wat Albert Luthuli en Oliver Tambo vir ons volk beteken deur twee van ons nasionale ordes na hulle te vernoem: die Orde van Luthuli, en die Orde van die Metgeselle van OR Tambo. Ek dra ook kennis van die diepe trots wat ervaar is deur almal wat tot die geledere van die hoogaangeskrewe nasionale ordes toegelaat is. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,190 | Dit is ook vir my 'n genoeë om die aktiviste van die vroue-optog van 1956 en die Soweto-opstand van 1976 in die Parlement te verwelkom waar hulle in die Presidentslosie sit, asook die hooggeagte patriotte uit al ons provinsies, wat deur ons provinsiale speakers genooi is om hulle aan te sluit by die groep belangrike gaste wat vandag hier saam met ons vergader is. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,191 | Die Regering van die mense van Suid-Afrika, namens wie ek vandag hier praat, soos ek ook in voorafgaande jare bevoorreg was om te doen, is in 2004, na afloop van die algemene verkiesing van daardie jaar, tot stand gebring. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,192 | Verlede maand, tydens sy jaarlikse lekgotla of bosberaad in Januarie, het die nasionale Kabinet, wat aan die spits staan van die regeringstelsel wat ons die voorreg het om te bestuur, besin oor die feit dat daardie ontmoeting die halfpadmerk verteenwoordig het in die bestaan van die Regering wat tydens ons mees onlangse verkiesing, in 2004, in die lewe geroep is. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,193 | In die lig daarvan is dit vanselfsprekend dat ons onsself sou afvra watter vordering ons gemaak het in ons pogings om die doelwitte te bereik waartoe ons toegewy is, soos ons die nasie in alle eerlikheid verseker het, en wat daartoe gelei het dat ons mense op oorweldigende wyse aan ons die gesag verleen het om ons land van 2004 tot met die volgende verkiesing in 2009 te regeer! |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,194 | Met u vergunning wil ek graag verder teruggaan, en in die herinnering roep wat ons, as verteenwoordigers van ons mense, in 2004 gesê het in die teenwoordigheid van ons vriende van die res van die wêreld, wat byeengekom by die regeringsetel by die Uniegebou in Pretoria, op Vryheidsdag, die 10de herdenking van ons bevryding, en in deelname aan die inhuldiging van die President van die Republiek, wat deur ons Parlement verkies is ooreenkomstig die wil wat ons mense op demokratiese wyse tydens die 2004-verkiesing uitgespreek het. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,195 | Ons land het te lank dit wat lelik en weersinwekkend in die menslike samelewing is, bevat en verteenwoordig... |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,196 | Dit was 'n plek waarin om swart gebore te word, gelykstaande was aan om 'n lewenslange vloek te erf. Dit was 'n plek waarin om wit gebore te word, gelykstaande was aan om 'n permanente las van vrees en verskuilde woede te dra... |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,197 | Dit was 'n plek waarin smerigheid, die stank van armoede, die oop riole, die ontbindende verrotting, die malende skare van misrabele armsaliges, die nimmereindige beelde van 'n landskap gestrooi met agterlosig neergesmyte vullis 'n aansig aangeneem het wat noodsaaklik skyn te gewees het om die skoonheid van 'n ander wêreld vol netjiese strate, boomryke lane, en bloeisels teen die groen, singende gras en voëls en huise geskik vir konings en koninginne, en liriese musiek, en liefde te beklemtoon. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,198 | Dit was 'n plek waar om in sommige plekke te woon 'n uitnodiging gebied het aan ander om op jou jag te maak, of om jouself te verdoem om op ander jag te maak, veral bure wat nie anders kon nie as om die prooi te word van alkohol- en dwelmverdowing wat die pyn van bestaan sou demp, wat geweet het dat hulle lewens nie normaal sou wees sonder moord in hulle midde nie, en verkragting en brutale persoonlike oorloë sonder oorsaak of rede. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,199 | Dit was 'n plek waar om in ander woonbuurte te woon, beteken het dat jy veiligheid en sekuriteit geniet het, want om veilig te wees was om beskerm te wees deur hoë mure, geëlektrifiseerde heinings, waghonde, polisiepatrollies en militêre regimente wat gereed was om diegene te beskerm wat ons meesters was, met gewere en tenks en vliegtuie wat die dood sou laat neerreën op diegene wat die meesters se vrede versteur... |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,200 | Ons het vandag hier byeengekom, op Vryheidsdag, omdat daar 'n tyd gekom het toe ons mense, saam met biljoene ander mense vanoor die wêreld, mense wat ons medestryders is, en wat deur ons uitgelese gaste verteenwoordig word, besluit het om te sê: dit moet einde kry!... |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,201 | Ons is grootliks bemoedig deur die feit dat ons algemene verkiesing bevestig het dat al ons mense, ongeag van ras, kleur of etnisiteit, vasberade is om saam te werk om 'n Suid-Afrika te skep wat deur 'n gemeenskaplike droom gedefinieer word... |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,202 | Geeneen van die groot maatskaplike probleme wat ons moet oplos, kan buite die konteks van werkskepping en die verligting en uitwissing van armoede slaag nie. Dit het betrekking op alles, van die verbetering van die gesondheid van ons mense, tot die verlaging van die vlak van misdaad, die verhoging van die vlak van geletterdheid en gesyferdheid, en die oopgooi van die deure van leer en van kultuur vir almal Ons belowe plegtig teenoor al die helde en heldinne wat offers gebring het ter wille van ons vryheid, asook teenoor ... ons vriende uit die res van die wêreld, dat ons nooit die vertroue sal verraai wat julle in ons gestel het toe julle gehelp het om ons die kans te gee om Suid-Afrika in 'n demokratiese, vreedsame, nie-rassige, nie-seksistiese en vooruitstrewende land te verander nie, toegewy aan die edel visie van menslike solidariteit. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,203 | Die werk om daardie Suid-Afrika tot stand te bring, het begin. Daardie werk sal tydens ons tweede dekade van vryheid voortgesit word. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,204 | Vyftig jaar gelede, toe hulle besig was om voor te berei vir die sameroeping van die Volkskongres, wat die Vryheidsmanifes aanvaar het, het die patriotte van destyds gesê: "Laat ons saam praat, ons almal saam - Afrikaan en Europeaan, Indiër en Gekleurde al die mense van Suid-Afrika ... Laat ons saam oor vryheid praat. En oor die geluk wat mans en vroue te beurt kan val as hulle in 'n land woon wat vry is." |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,205 | Ons moet vandag ons belofte herbevestig om saam te praat oor vryheid, om in vennootskap op te tree om vir almal daardie geluk te skep wat gepaardgaan met vryheid, om saam te werk om 'n Suid-Afrika te skep wat gedefinieer word deur 'n gemeenskaplike droom, om saam, deur optrede, te sê: ons het genoeg gehad van alles wat veroorsaak het dat ons land dit wat lelik en weersinwekkend in die menslike samelewing is, bevat en verteenwoordig het! |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,206 | Ons moet voortgaan om te reageer op die perspektief waaroor ons gepraat het toe die huidige Regering sy dienstermyn begin het, ten volle bewus van die feit dat "geeneen van die groot maatskaplike probleme wat ons moet oplos, buite die konteks van werkskepping en die verligting en uitwissing van armoede opgelos kan word nie" en dat "die stryd om armoede uit te wis 'n kernaspek van die nasionale poging om die nuwe Suid-Afrika tot stand te bring, was en steeds sal wees". |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,207 | die tempo van belegging in die Eerste Ekonomie te verhoog die koste om in ons land sake te doen, te verlaag die groei van die klein- en mediumsakesektor te bevorder die proses van vaardigheidsontwikkeling te versnel ons uitvoerprestasie te verbeter, met die fokus op dienste en vervaardigde goedere besteding aan wetenskaplike navorsing en wetenskapsontwikkeling te verhoog gedetailleerde programme in werking te stel om die uitdagings van die Tweede Ekonomie die hoof te bied programme gerig op die bevordering van breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging in werking te stel programme gerig op die daarstelling van 'n maatskaplike sekerheidsnet om armoedeverligting te bewerkstellig, voort te sit toegang tot dienste soos water, elektrisiteit en sanitasie uit te brei die gesondheidsprofiel van die nasie in die geheel te verbeter die behuisingsprogram te versterk bykomende maatreëls wat die deure van onderrig en kultuur wyer open, in werking te stel die veiligheid en sekuriteit van alle burgers en gemeenskappe te verhoog te sorg dat die openbare sektor sy verantwoordelikhede as 'n kritieke rolspeler in die groei, heropbou en ontwikkeling van ons land nakom die proses vir die hernuwing van die Afrika-kontinent te versnel toenemend tot die oplossing van groot vraagstukke wat die wêreldbevolking in die gesig staar, by te dra. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,208 | Dit verskaf my plesier om verslag te doen dat die Regering steeds hard bly werk om te sorg dat die doelstellings van die nasie bereik word. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,209 | Teen 'n gemiddeld van meer as 4,5% was die groeikoers van ons ekonomie oor die afgelope twee-en-'n-half jaar die hoogste sedert ons in 1994 'n demokrasie tot stand gebring het. Belegging in die ekonomie deur sowel die openbare as die privaatsektor het met ongeveer 11% toegeneem, en die algehele besteding aan openbare-sektor infrastruktuur teen 'n jaarlikse gemiddeld van 15,8%. Vandag is vaste belegging as persentasie van die bruto binnelandse produk - teen sowat 18,4% - op sy hoogste vlak sedert 1991. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,210 | Die getal werkende mense het oor die afgelope drie jaar met ongeveer 'n halfmiljoen per jaar toegeneem. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,211 | Daar was bestendige vooruitgang in swart mense se vordering binne die ekonomie. Hulle eienaarskap van die markkapitalisasie van die JSE het toegeneem van net meer as 3% in 2004 tot byna 5%; en die verhouding van swart mense in die topbestuur het van 24% van die totaal tot 27% toegeneem. Ten spyte hiervan moet ons steeds besorgd bly oor die feit dat hierdie getal steeds bitter laag is. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,212 | Die vooruitgang van die ekonomie het groot uitdagings vir ons almal meegebring. Die massiewe en volgehoue toename in verbruikersaanvraag weerspieël 'n gesonde groei in vlakke van voorspoed oor die breë spektrum van die bevolking; en die groot infrastruktuurprojekte wat ons nou aanpak, verg massiewe lewering van voorraad en masjinerie. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,213 | Maar ons internasionale handelsbalans toon dat ons nie daarin geslaag het om die kapasiteit te skep om die verbruikers- en kapitale goedere wat ons land nodig het, te lewer nie. Terwyl huishoudelike skuld breedweg teen dieselfde koers toegeneem het as die groei in inkomste, beteken die feit dat Suid-Afrikaners minder spaar dat ons op die spaargeld van ander nasies moet staatmaak. Die voortgesette onbestendigheid van ons geldeenheid het ook geen goed vir ons uitvoerindustrie voorspel nie. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,214 | Die ekonomie het oor die afgelope drie jaar ongeveer anderhalf miljoen werksgeleenthede geskep. Dit is bemoedigend dat 300 000 van die werksgeleenthede wat net in die jaar van Maart 2005 tot Maart 2006 geskep is, in die formele sektor, buite die landbousektor, val - dit verteenwoordig 'n groeikoers van sowat 4%. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,215 | n Klein deeltjie hiervan is die permanente werksgeleenthede wat deur die Uitgebreide Program vir Openbare werke (EPWP) geskep is. Maar daar bestaan geen twyfel dat hierdie program in 'n beduidend hoër rat oorgeskakel kan en moet word nie. Daar is ook geen twyfel nie dat ons meer selfwerksaamheid kan skep deur middle van klein en mikro-ondernemings. En gegewe dat 'n groot meerderheid van die werkloses jongmense is, kan ons baie beter doen deur ingrypings soos die Nasionale Jeugdiens en die ontwikkeling van jong entrepreneurs. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,216 | Dit is vir ons iets om op trots te wees dat ons, ooreenkomstig ons belofte om 'n sorgsame gemeenskap te skep, sedert 2004 dienslewering en ander aspekte van die maatskaplike bestel verbeter het. Waar daar in 2004 omtrent agt miljoen begunstigdes van maatskaplike toelaes was, het 11 miljoen arm Suid-Afrikaners vandag toegang tot hierdie toelaes. Dit is bemoedigend dat die toename in die koers waarteen hierdie toelaes opgeneem word oor die afgelope tyd binne beheerbare perke geval het namate die programme volwassenheid bereik. Dit sal volhoubaarheid verseker, én die aanwending van meer regeringshulpbronne om ekonomiese dienste te verskaf om meer werk- en sakegeleenthede te skep. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,217 | In die behuisingsprogram is byna 300 000 nuwe subsidies oor die afgelope twee jaar toegestaan. Aangesien ons egter probeer het om die gehalte te verhoog en planne te ontwikkel vir diegene wat buite die huidige openbare- en privaatsektorplanne val, was die leweringstempo baie stadiger as wat ons verwag het. Deur ons optrede moet ons hierdie situasie verander. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,218 | Soos die agbare lede weet, het ons oor die afgelope paar jaar verskeie programme ter verbetering van passasiersvervoer ontwikkel en in werking begin stel. Dit sluit die taxi-herkapitaliseringsprogram en provinsiale inisiatiewe soos die Moloto-spoorkorridor in Mpumalanga, waaraan haalbaarheidswerk reeds begin het, die Klipfontein-korridor in Kaapstad en die Gautrein-projek met sy skakels met die res van die openbare vervoerstelsel in. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,219 | Hierdie en baie ander inisiatiewe is deel van 'n omvattende passasiersvervoerstrategie wat pad en spoor kombineer. Ons sal aan die dringende implementering van hierdie planne aandag gee om sodoende die lewensgehalte van veral werkende mense te verhoog. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,220 | Toegang tot elektrisiteit, water en sanitasie het verbeter. Teen 2005 het Suid-Afrika reeds die Millenniumontwikkelingsdoelwit met betrekking tot basiese watervoorsiening bereik deurdat toegang tot water van 59% in 1994 tot 83% in 2006 toegeneem het. Volgens die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsplan (UNDP) is Suid-Afrika een van die min lande wat minder aan sy militêre begroting as aan water en sanitasie bestee het. |
5,021 | sona_afrikaans.txt | 81,221 | het Suid-Afrika gedemonstreer hoe die mensereg tot water as 'n meganisme vir bemagtiging en 'n riglyn vir beleid kan dien Waterhervorming wat op hierdie reg gebaseer is, het die land in staat gestel om toegang uit te brei en die erflating van rasseongelykheid, wat 'n apartheidsnalatenskap was, deels deur regsgebaseerde geregtigheid te oorkom |
Subsets and Splits