document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,018 | Enige model wat n enkele gesentraliseerde instelling - waar ookal geografies geleë - voorsien, is derhalwe n teoretiese abstrak-sie: dit sal onprakties en koste-ondoeltreffend wees - en ontoe-ganklik vir die oorgrote deel van die gemeenskap wie se "stories" dit wil dokumenteer, bewaar en kommuni-keer. Binne n staatsdiens wat moet verklein om te oorleef, is so n megastruktuur tans n onbe-kostigbare luukse? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,019 | Die visie wat NALN wil voorhou, voldoen daarenteen aan die eise van deursigtige demokratiese ge-meenskapsgedrewe aksies, wat vanuit die onderskeie gemeenskap-pe opwerk tot die uiteindelike ideaal om die land se totale saamgestelde literêre erfenis gebalanseerd te bedien. Op die kort termyn is dit minder groots en flambojant, maar op die langer termyn kan dit van Suid-Afrika n wêreldleier op hierdie gebied maak? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,020 | Volgens hierdie voorstel word die verskillende taalliterêre ge-meenskappe genooi en aange-moedig om intern die behoefte te kommunikeer en ryp te maak om hierdie fasiliteit te wil hê, en om dit te artikuleer. Daarmee saam word enige owerheid (bv. n provinsie) of instelling (bv. n universiteit) of kultuurliggaam (bv. n taal- of skrywersvereniging) wat die ini-siatief wil neem om so n fasiliteit te inisieer en te huisves, genooi om na vore te tree? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,021 | Die minimum voorskriftelikheid behoort te geld: die maksimum fokus op resultate, bekostigbare volhoubaarheid en die bemagtiging van alle betrokkenes. Van die kant van die twee bestaande letter-kundige museums - en hier is NALN en NELM geesdrigtig eens in hulle bereidwilligheid - word alle moontlike hulp ten opsigte van inligting, voorligting, opleiding van personeel, ens. aangebied. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,022 | Ofskoon die reeks instellings wat op spontane wyse hieruit gaan ontspring nie homogeen in voor-koms, bedryfsmodel, e.d.m. gaan wees nie, gaan hulle missies min of meer dieselfde wees - en ook hulle geesdrif, probleme en resultate. En dít, saam met die ervaring en kundigheid van NALN en NELM, gaan die basis lê vir n unieke konstellasie: n reeks instellings, geografies geplaas binne die swaartepunte van die onderskeie spraakgemeenskappe, maar deur middel van versoenbare program-matuur en tegnologie besig om te "network" en gesamentlik te bou aan n komprehensiewe databasis oor die kollektiewe Suid(er)-Afrikaanse letterkunde? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,023 | Mettertyd sal hierdie instellings waarskynlik nader aan mekaar groei. En as die behoefte uitein-delik gemeenskaplik ontwikkel om in een oorkoepelende struktuur oor te gaan, sal dit n natuurlike demokratiese proses wees. n Bonus, maar nie noodsaaklik vir die lewering van resultate nie. Die beperkte beskikbare geld en mannekrag sal aangewend word om die werk te doen - nie om die struktuur te bou nie? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,024 | Hierdie netwerk van letter-kundige museums/instellings in Suid-Afrika sal tot n unieke fenomeen en fasiliteit kan ont-wikkel, tipies van en gerat vir die "global village"-era. Nie net sal die onderskeie literature in die inheemse tale binne hierdie "intranet" vryelik in interaksie wees nie, maar die netwerk as? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,025 | via die instellings vir die Afrika-tale se literêre erfenisse en hulle gesamentlike databasis met die letterkundes van die res van Afrika kan skakel - o.m. om die ideaal van? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,026 | Indien hierdie visie kan materia-liseer, sal Suid-Afrika dus n wêreldleier op die gebied van letterkundige museums word. Dit is byvoorbeeld nie so vergesog om te dink dat die lande en tale wat tans in die nuwe Europese eenheid opgeneem word, eendag n soort-gelyke behoefte kan ontwikkel om hulle gesamentlike en afsonderlike literêre erfenisse by wyse van n genetwerkte konstellasie van mu-seums en verwante instellings te dokumenteer nie. Dan het ons in Suid-Afrika al n betekenisvolle loodsprojek deurgevoer? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,027 | Weens n sameloop van omstandighede het dit so gebeur dat NALN, ofskoon n nasionale fasiliteit, histories binne die destyd-se Vrystaatse Provinsiale Admini-strasie gevestig en ontwikkel is. En dat die kundigheid t.o.v. die vestiging en bedryf van n letter-kundige museum dus hier beskik-baar is? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,028 | Terselfdertyd lê die swaarte-punt van die Sesotho-sprekende gemeenskap ook binne die grense van die Vrystaat. Dit is n taal met n baie ryk literêre tradisie, wat nog gedokumenteer, bewaar en nage-vors moet word. Dit het duidelik geblyk uit n informele behoefte-bepaling en wenslikheidstudie wat NALN verlede jaar as een van sy NALN 25-projekte onderneem het? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,029 | Dít vorm die agtergrond vir die Vrystaatse Minister van Sport, Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie, mnr. Webster Mfebe, se aankondiging in Februarie vanjaar in die Vrystaatse Wetgewer dat sy departement n museum vir die Sesotho letterkunde gaan ontwikkel. Dit sal met die hulp van en naas NALN ontwikkel word? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,030 | Die besonderhede t.o.v. ligging, inkleding, ens. sal nog in kon-sultasie met die Sesotho-gemeen-skap bepaal word, maar sekere kundigheid en infrastruktuur sal waarskynlik met NALN gedeel kan word. Verder is die Provinsie se Biblioteek- en Inligtingsdiens, veral deur sy infrastruktuur van streek- en gemeenskapsbiblioteke, goed geplaas om n ondersteunende funksie te verrig, en is waardevolle insette reeds gelewer? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,031 | Opwindende moontlikhede be-staan reeds vir die uitbou van hierdie nuwe museum se versame-lings, byvoorbeeld in die vorm van beloftes van uitgewers, biblioteke, akademici, private versamelaars en veral Sesotho-skrywers en individuele lede van Lesiba, die vereniging van Sesotho-skrywers. Steun is ook vanuit Lesotho beloof, want soos NALN, sal hierdie mu-seum se missie ook oor staatkun-dige grense heen sny. n Oproep word derhalwe gedoen aan alle instansies, organisasies en indivi-due om mee te werk? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,032 | Terwyl NALN sy bydrae lewer om die grondwerk vir die Sesotho Letterkundige Museum te doen, is die verwagting dat dié museum in die loop van volgende jaar in bedryf gestel sal kan word. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,033 | Na verwagting sal die ontwik-keling van die Sesotho Letterkun-dige Museum ander taal- en kul-tuurgroepe aanspoor om dergelike inisiatiewe te neem. Dit sal beteke-nisvolle stappe in die rigting van die ideaal van n konstellasie van letterkundige museum/instellings wees. NALN - en ons kollegas by NELM, weet ons - sal graag aanmoediging, advies en onder-steuning verleen, sover enigsins moontlik? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,034 | Laat verlede jaar kry ons besoek van mev. Essie Honiball, weduwee van die geliefde spot-prenttekenaar, T.O. Honiball. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,035 | By die Langenhoven-uitstalling vertel sy dat haar man destyds gevra is om die illustrasies te doen vir die heruitgawe van Langenhoven se kinderboeke, waar-onder die verhaal van Brolloks en Bittergal. Hy het n tekening gemaak van Soetlief wat deur Brolloks gejaag word. Mej. Sarah Goldblatt, die "bewaarderes" van Langenhoven se nalatenskap, was egter glad nie tevrede met die tekening nie, want die vlugtende klein heldin is al te onverfynd uitgebeeld. A nee a! Sy is dan soos n feetjie: sy moet baie mooier en waardiger lyk as dit! - sy mag nie lyk soos Pluimfina wat vir n leeu geskrik het nie! Die onbeïnvloedbare, ervare Ochse Honiball kon hom egter nie laat voorskryf oor hoe Soetlief in die oomblik van haar grootste vrees moes lyk nie. Dus moes Saartjie maar n ander illustreerder kry? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,036 | In die gang, net vóór die deurgang na die stoep waaruit die Honiball-uitstalling bereik word, staan mev. Honiball stil by die groot geraamde kleurprent van die Adoons-familie wat na n TV-uitsending kyk. Op die skerm kom n jong bobbejaan-meisie, in n bikini geklee, in volle vaart uit die branders gehardloop op n vakansiestrand, met n keffende nat brak langs haar voete - laasgenoemde duidelik die attraksie wat ook die Adoons-gesin se huisbrak laat saamkyk en stertswaai. Adoons se tong hang ook uit van die lus, maar dis nie die skerm se hond wat hom so laat kwyl nie! Want kyk hoe gluur Keesje hom aan .. . Haar oë vonkel as sy met die hand na al die geliefde, bekende karakters beduie. Dié prent het haar man destyds geskep vir Die Huisgenoot, in opdrag van die SAUK - dit was in die vroeë sewentigs, om die koms van televisie na Suid-Afrika te vier? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,037 | In die Honiball-kamer aangekom, kyk ons weer eens na die reeks oorspronklike tekeninge van die drie tydskrifreekse wat T.O. Honiball geskep het vir Die Huisgenoot (Adoons-hulle), Die Landbouweekblad (Oom Kaspaas) en Die Jongspan, die kindertydskrif (Jakkals en Wolf). |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,038 | In swart ink is hulle geteken, die één bykomende kleur op elke bladsy het die koerantmense self ingesit. Hy het egter nie n pen gebruik soos ons aangeneem het nie - nee, as ons mooi kyk na die foto van sy hand wat besig is met n skets, dan is die dun kwassie in die hand duidelik sigbaar! Hierdie kwassie het slegs twee hare gehad; daarmee het hy ook die teks by elke tekening geskryf - wat byna ongelooflike vaardigheid moes geverg het? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,039 | Ek is nie n filatelis nie, maar my oudste dogter, Melita, wel. Sy is lid van Junior Seëlklub De Kuilen (o.l.v. Dennis Horn) en sy neem sedert haar 12de jaar deel aan die Junior Nasionale Seëlskou (JUNASS)? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,040 | Die meeste beoefenaars van hier-die stokperdjie openbaar n paar bewonderenswaardige eienskappe: n nougesette wetenskaplikheid en presisie, volgehoue nuuskierigheid, n intense belangstelling in die geskiedenis (hetsy van n land, tydperk of filateliese periode), n kreatiewe gees, gesonde mede-dinging en n respek vir feite? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,041 | Al hierdie positiewe eienskappe (maar ook hul teëhangers, soos bv. hebsug, materialisme, verenging of selfs manipulasie van die geskie-denis, ens.) kom in die storie van Die onderskepper, of, Die dorp wat op n posseël pas, tereg? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,042 | Die boek het grootliks ontstaan tydens my en my dogter se reis na Bloemfontein in 1996, en uit ons bywoning van Junass 96. Ons het vanaf Kaapstad deur talle dorpies gereis (ook omdat ek haar n onbekende deel van die land wou wys) en dit, tesame met my eie dorpservaringe as kind en later onderwyser, het gekulmineer in die behoefte om n "dorpsroman" te skryf. Baie van die dorpies is so klein dat n mens maklik kan oordryf en vertel dat hulle op n posseël sou pas - vandaar, ten dele, die ondertitel. Wat my van jongs af interesseer, is hoe sulke dorpies "inmekaarsit", m.a.w.: die dorpspolitiek, die aard van die dorpe en die soort verhoudinge waarin mense hulle bevind? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,043 | Die posmeester, die dorpsdokter en die skoolmeester is gewoonlik die mense wat die meeste van die dorp af weet. Daarom speel hierdie drie - asook ouma Ragie - dan ook n belangrike rol in Die onder-skepper - met posmeester Arend Visser wat dan as verteller/ hoofkarakter optree. Hy vertel die storie, en hy doen dit onder meer met behulp van seëls en ander filateliese materiaal - ook aanha-lings uit briewe, o.a. briewe wat die filatelis dr. Dennis aan hom skryf en waarin feite of beskouinge oor seëlversameling na vore kom. (Die inligting kom uit n rits boeke oor die filatelie, wat ek in die bronnelys agterin Die onderskepper vermeld. Dis veral die interessante werk van Otto Hornung, The illustrated encyclopedia of stamp collec-ting, wat my gedagtes geprikkel het.)..? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,044 | Die meeste van die seëls word ironies aangewend. Op hierdie manier vorm hulle nie net n parallel met wat in hoofstukkonteks (of binne die verband van die boek as geheel) gebeur nie; dit bring n dimensie van bevraagtekening by en wil graag ander vlakke van "betekenis" oproep. Of dit altyd slaag, is n vraag wat die gewone leser en u as filateliste beter sal uitmaak. Uiteraard kan ek, binne die toegelate tyd, nie op al die seëls ingaan nie. Ek wys hier op? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,045 | Die Lundy-gedenkseël hfst. 1: Saam met die hoofstuktitel "Care of the postmaster" moet dit die ironie na vore bring wanneer ons agterkom dat dié gerespekteerde man briewe oopstoom. Hy "rasio-naliseer" natuurlik daaroor ons lees later dat hy homself soms as "bewaarder" of "beskermer" van dorpsgeheime sien - en dit gee nou n ander betekenis aan die woord "care" "caritas". Die seël roep die vroeër werklik gerespekteerde uiters verantwoordelike werk van die briewebesteller na vore - maar Arend is ook briewebesteler? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,046 | Hoofstuk 2 begin met n seël die land het my ontgaan waarop n hardlopende perdemerrie uitge-beeld word. Wat van belang is, is dat hierdie soort seëls nou nie juis ernstige filateliste opgewonde sal maak nie. As ek dit reg het, is dit n tipiese sg. "swartlys"-seël - m.a.w. kwessis soos "egtheid" en "onegt-heid" duik hier op. Nou moet n mens onthou dat die dorp veel van hul "dorpsikoon", Sybokkie, verwag het - maar die "verhaal" openbaar n ander sy: sy het voete van klei; sy is per slot van sake soos ook Lady Diana - vgl. die Diana- hfst. 10 en Groenlandse meermin-seëls hfst. 18 - volgens my bronne wél n "waardevolle" stuk!? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,047 | Aan die een kant is sy die dorpsgodin, aan die ander kant is Sybokkie vir party mense dalk niks meer as n "merrie" nie! Let in hierdie verband veral op die motief van "etniese suiwering", rassebe-wustheid en apartheid, soos wat dit ook in seëls rondom die Nazi-tyd na vore kom; insluitende die Hitler-seël hfst. 9 en "weermagstempel" hfst. 17? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,048 | Die Switserse sprokieseël (hfst. 3), wat uit Melita se eerste tematiese uitstalling (Junass 96: "Vertel my n storie") kom, is natuur-lik Aspoestertjie en haar "prins" - wat uiteraard Helena (Sybokkie) Sybrandse se "drome" of "illusies" op menslike vlak verteenwoordig. In die storie het Sybokkie die aand van haar dood die hoofrol in die opvoering van dieselfde sprokie gespeel - en toe buitentoe gegaan om haar "prins" te ontmoet. In werklikheid stap sy dan haar dood tegemoet? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,049 | Hoofstuk 4 begin met n "Uilspieël"-seël (eweneens uit Melita se uitstalling). Uilspieël is in die letterkunde die dorpsgek ("fool") wat soms in sy "dwaasheid" groot waarhede openbaar. Dat die in-houd van die hoofstuk in hoofsaak handel oor die kwessie van n "vreemde" prokureur met n "vreemde" opdrag (DM 28 is darem dik vir n daalder!), asook oor Arend se reaksie daarop, mag die leser voorlopig twee keer laat dink: is hier nie n soort kullery, n gekkespul, aan die gang nie Die hoofstuk begin ook met n terugflits na die toneel onmiddellik ná Sybokkie se dood - en dieselfde Uilspieëlagtige ondersoekbeampte (Sersant Pien-kes) tree deurgaans op, later selfs vanuit die ouetehuis waar hy hom bevind! Het hy nie self skuld daaraan dat die moord nooit "opgelos" is nie (Vgl. ook die Sherlock Holmes- en Peter Sellers-seëls, hfste. 21 en 25)? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,050 | Die werklike (groter) ellende van die mensdom, maar óók die hoop op verlossing, word o.a. deur die seëls by hoofstukke 30 en 38 gesuggereer. By hfst. 30 "gedenk" die Oradour-seël een van die ergste gebeurtenisse in Wêreld-oorlog II - selfs kerke waarin vroue en kinders geskuil het, is nie ontsien nie! (Hedendaagse parallelle bestaan natuurlik ook.) Die hoofstuk self bied egter ook hoop: enersyds het die "kreatiewe opwelling" reeds n soort eenheidsgevoel in die dorp teweeggebring (n groter begrip vir mekaar), terwyl ons óók hoor "Daar moet altyd plek vir individualiste wees" (p. 215). Andersyds ontwaak die Kerk (hier in die figuur van Vader Vant Westeinde) om almal tot berou op te roep. Dat die dorp ook "na buite" moet reik, word verder aangedui deur die SOS Child Care-seël (hfst. 38). In feite neem die gekomiteerde kinders (wat nie dorpsbewoners is nie) tog ook deel aan die fees - só word hulle deel van die dorp en die mensdom se groter verantwoorde-likheid? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,051 | Ook vir die hartseer van die individu is daar plek. Gestremdes (wat ook al hul persoonlike "geskiedenisse"), soos die hardvog-tige Basie Stroebel se suster, Lam Berthatjie, is nie net gemargina-liseer nie; sy is deel van die "dorpskande" omdat sy verkrag is én omdat hulle toegelaat het dat n skelm geloofsgeneser haar valse hoop gee. Die rolstoel-seël dui op die (moderne) bewustheid van ge-stremdes se rol en plek in die samelewing; haar eie broer se houding teenoor haar verraai die teendeel? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,052 | In die verhaal self is verskeie briefgedeeltes opgeneem - o.a. die korrespondensie tussen dr. Dennis en sy vriend Arend Visser. Soos die seëls verteenwoordig dit vir Arend kontak met n wêreld wat veel groter is as sy eie, klein, bekrompe omgewing. Dit bied ook die geleentheid tot ironiese kom-mentaar - soos oor die relatiewe waarde van seëls (d.w.s. hul versamelaarswaarde én hul "face value"). n Duitse seël waarop DM50 gedruk is, relativeer ook die "fortuin" waarna almal op die dorp so graag streef (en dit kan in die briewe aan Arend uitgelig word). Net so relativeer die woord "Ablösung" (wat iets gans anders in die filatelie beteken) die idee van "aflaat" (as jy bieg, word jy vergewe) wat ons die laaste paar jaar rondom die WVK leer ken het (en ook in godsdienstige verband)? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,053 | Ten slotte: Die rol van water. Reeds vroeg in die boek (hfst. 5) dui n seël op die sentrale rol van water (as simbool van absolute suiwerheid en lewe) in Die onderskepper. (Die titel, terloops, roep natuurlik - naas "interceptor" - ook die moontlikhede van "die mens as onderSkepper" teenoor Die Skepper op; tot in die mens se godspelery. Daarby wil die titel, saam met die put-water-beeld, soos op die ersatz-seël agterop die omslag uitgebeeld, suggereer dat n mens diep moet gaan skep om by Die Waarheid uit te kom). Ek gaan hier nie verder in op die watermotief nie; dis voldoende om daarop te wys dat ook die visarend, die kruik (hfst. 6), die druipsteengrotte (hfst. 12) en die meermin (hfst. 18) die belang van dié motief benadruk? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,054 | Die onderskepper is in vele opsigte n emblematiese roman - dit sluit dus aan by Middeleeuse kunsvorme (ook in die skryfkuns) waar simbole in die vorm van "embleme" (dikwels grafiese voorstellings) optree om die "verhaal" te vergesel of aan te vul. Ek vertrou dat die lees van die boek ook vir u as versamelaars van egte "embleme" plesier kan verskaf. Ek het baie uit die filatelie geleer? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,055 | Rikie Postma laat steeds die lig uit die Ooste helder brand - sewentig jaar later! |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,056 | In 1929 verskyn die eerste uitgawe van Rikie Postma se "Vertellinge uit Bijbellande" in boekvorm by J.L. Van Schaik Uitgewers. Dit is die subtitel van Lig uit die Ooste, en is aanvanklik as n reeks sketse in Die Kerkblad van die Gereformeerde Kerk gepubliseer. Die tweede, hersiene uitgawe van Lig uit die Ooste verskyn in 1966, nadat die skrywer reeds oorlede is. Nes die eerste uitgawe is dit ryklik toegelig met Bybeltekste, maar in hierdie nuwe weergawe kom die aanhalings uit die 1933-vertaling. Die volledige getikte manuskrip, saam met die nota van die tikster, word in NALN bewaar? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,057 | Die Museum besit ook nog agt klein blaadjies van n handgeskrewe manuskrip van die vroegste aanvang van hierdie "Vertellinge" - reghoekige blokkies van n groot gelinieerde foliobladsy wat deur Postma self opgeknip en dwars gedraai is sodat sy bo-oor die blou lyntjies kon skryf. Weens papierskaarste of om gerieflik in die vrouehand te pas? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,058 | Wonderlik is die verhale - hoe die Heilige Boek saamgestel is en deur al die eeue heen, ten spyte van vervolging ... |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,059 | Daar is ook ander dokumente uit die Van Schaik-versameling wat verband hou met Lig uit die Ooste. Eerstens is daar die eerste buiteblad-ontwerp, n swart penskets op wit papier van n sewe-armige kandelaar - die Joodse tempelkandelaar - met die boektitel daar-onder. Rikie Postma wy die slothoofstuk van Lig uit die Ooste aan "Die goue kandelaar" en verduidelik hoe elke getroue Joodse gesin op die "fees der Ligten" so n Chanucca-lamp in hul vensters laat brand om die lig na die donker wêreld buite uit te straal. Die boek eindig dan ook met die woorde. "In Uw licht sien wij het Licht.? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,060 | Hoofstuk 21 vertel n ou Kersverhaal uit Italië: Langs n ander weg verby. Dit is die verhaal van die Palestynse vrou Befana wat te besig was met haar huiswerk om die Wyse Manne uit die Ooste te gaan groet toe hulle kamele verbytrek na Bethlehem? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,061 | By die put, die bymekaarkomplek, sit die vrouens eers te rus by hulle kruike en bespreek die gerugtes. Die kindertjies, wat met groot oë na die snaakse kamele met hulle ryk versiersels en klinkende belletjies aan die tome, gekyk het, vertel ook vir hulle maatjies. En, toe die vreemdelinge uiteindelik in gesig kom en die kinders opgewonde roep na hulle moeders, wat nog binne die huise mag wees en uitsnel, wil die vlytige, koppige Befana nog nie notiesie neem nie, of haar werk n oomblikkie opsy sit nie..? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,062 | Uit die Bybelse geskiedenis weet ons maar alte goed waarom die Wyse Manne nie weer daarlangs teruggereis het nie. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,063 | En, vir haar straf, .. .. .. moet sy nog altyd wag. Om nou op te maak vir haar onbelangstellendheid teenoor die Wyse uit die Ooste, wat die presente gebring het om aan die voete van die Here Jesus te lê, gaan sy nog elke jaar rond, na kersfees, en bring geskenke aan al die kinders van die wêreld. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,064 | Goud, wierook en mirr vir Hom? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,065 | Sy eie gaw ook hoe gering? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,066 | Sy sal hul blydskap later hoor. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,067 | Vergeefs nog wagtend daar sit sy. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,068 | Is langs n ander weg verby? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,069 | Laat alles tog n wyle wag? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,070 | Die jaar is maande, weke lang? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,071 | Maar het één enkel Kersfeesdag! |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,072 | In 1937 onderneem Rikie Postma n uitgebreide reis na Europa en die Midde-Ooste saam met haar oom en tante, Totius en Maria. Uit Jerusalem skryf sy n borrelende brief aan Liewe Pa en Susters, waarvan die oorspronklike ook in NALN se besit is. "O, die Suez kanaal was wonderlik! Ons het eers buite gelê en wag en signale gemaak vir n piloot," vertel sy ekstaties. By Port Said het hulle die skip verlaat, om later vanaf El Kantara na Jerusalem per trein te reis: "n nagmerrie van n reis"? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,073 | Toe ek Mej. Rikie Postma die laaste keer gesien het, was sy vol van die aanstaande Bloemfonteinse fees ter verwelkoming van die ossewaens wat die volgende dag sou arriveer. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,074 | En verder: Toe dit bekend geword het dat my vrou en ek n uitgebreide buitelandse reis sou onderneem, het Mej. Postma dadelik geïnformeer of sy kan saamgaan? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,075 | Haar teenwoordigheid en vrolike geselskap het ons opgefleur in oomblikke van swaarmoedige gepeins oor die dierbares wat so ver van ons verwyder was en wat ons, al verder reisende, al verder van ons af geweet het. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,076 | Uit Rikie Postma se pen het artikels verskyn in byna elke Afrikaanse tydskrif en dagblad van die tyd. Benewens Lig uit die Ooste het sy ook n hele paar kinderboeke geskryf (Elsie die veldkindjie, 1921, is miskien die bekendste), en ook n boek oor oudhede in Kaapstad (Ou dae en dinge, 1935)? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,077 | In 1933 verskyn Krismisland, n storie vir stadskinders, waarin Postma vertel van die tweeling Kotie en Katotjie se kuier in Krismisland. Oom Karolus, Vader Krismis se voorman, verduidelik aan hulle dat die ou weldoener nie in sonnige Suid-Afrika n (rooi) woljas en -mus dra nie, maar n mooi wit linnejas, met n breërand-strooihoed, wat die Mieliebaard-Dwergies vir hom vleg. By die lees van hierdie kinderboek met die fyn tekeninge word dit darem gou vir die leser van meer-as-ses-dekades-later duidelik dat die skrywer n onderwyseres was! Want by monde van die einste Oom Karolus gee sy die kinders van die dertigerjare n hele paar lesse. Oom laat hulle groot name leer, almal woorde wat met die letter K begin, van goeie dinge, slegte dinge en ook van núttige dinge, soos koffiekan, ketel en komfoor, asook kruithoring en kanon? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,078 | Ja, wat ek wou vra, kinders: Raai, raai waarom noem ons hierdie gevlegde koek Koeksisters" en hy spel "K-o-e-k-s-u-s-t-e-r-s.? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,079 | Oom, is dit nie Koeksisters nie vra Katotjie? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,080 | Nee, kind, Koeksisters is Engels, ons praat nou Afrikaans, - Koeksusters - waarom so n naam? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,081 | Nee, ek weet nie, Oom, antwoord Katotjie, omdat hy na haar kyk. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,082 | Maar jy behoort te weet, stompkoppie, jy met jou kortgeknipte hare. Waar is jou vlegseltjies .. . ? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,083 | Die haarsnyer het hulle afgesny, Oom, antwoord Katotjie. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,084 | Ongelukkig gee die onnutsige oom nooit vir Katotjie die regte antwoord nie. Hy vertel vir haar dat koek-sisters gemaak word van sustertjies se afgesnyde haarvlegseltjies wat in suiker gelê word! |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,085 | n Opgawe van skenkings aan NALN het laas in ons Nuusbrief van April 1998 verskyn. Sedertdien was die oes - soos altyd - ryk, uiteenlopend en baie interessant. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,086 | Die geleentheid vir n besoek aan Kaapstad en omgewing het hom weer in Desember 1998 voorgedoen. En soos almal weet, laat geen Vrystater n besoek aan Kaapstad verbygaan nie! Daar aangekom, het Otto Liebenberg en Erika Terblanche hulle kragte verdeel om die maksimum produk-tiwiteit uit n enkele week te haal. n Wye verskeidenheid skenkings is in n oorlaaide Venture en sleep-waentjie teruggebring. By Tafel-berg en Queillerie Uitgewers het ons ons gereelde pakke en pakke manuskripte gekry. Interessante toevoegings tot ons versameling is Eben Venter se manuskrip van Ek stamel, ek sterwe; die manuskrip met verbeteringe deur François Bloemhof van Hostis; Skink nog n uur in my glas: nagelate verse van Koos du Plessis met variasies van sommige gedigte (almal van Queillerie); P.J. Bosman se Soms mis die hart nog n slag met korreksies deur die outeur en die redakteur; Swerfgesange vir Susan en ander deur Petra Müller en die oorspronklike manuskrip, asook finale kopie van Wensbeen deur Donald Riekert (van Tafel-berg). Tafelberg het ook argief opgeruim terwyl ons daar was en met die hulp van mej. Bettie Marais het ons letterlik duisende lêers met inligting oor elke boek en skrywer wat by hulle gepubliseer het, Bloemfontein toe versend. Dit was wonderlik georden en ons kon net kom wegpak ná die vakansie? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,087 | Boeke, boeke en nogmaals boeke is ook gestuur vanaf Tafelberg. Aan almal by die twee uitgewerye wat te midde van groot omwentelinge ons personeel só vriendelik ontvang het, sê ons baie dankie. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,088 | Tydens die Kaapse besoek het ons heerlik in die skadu van Tafelberg se agterkant by Rachelle Greeff in Rondebosch gekuier en ook nie leëhande daar weggegaan nie. Rachelle het verskillende weergawes van haar roman, Al die windrigtings van my wêreld, saam teruggestuur met beloftes van nog báááie skenkings in die toekoms. Johann de Lange het sy reeds bestaande versameling by NALN aangevul met dokumente rondom Wat sag is vergaan. In ons bedryf loon dit gewoonlik om geduldig te wees. Johnita le Roux het na n aanvanklike besoek twee jaar gelede haar materiaal wat verband hou met Die dagstêrwals bymekaar gemaak en dit kon net opgelaai word. Uit pragtige Stellenbosch het dr. Arnold Blumer sy Duitse vertaling van A.H.M. Scholtz se Vatmaar gegee - met die oog op die Vertalingskamer wat tans ingerig word, is dit meer as welkom? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,089 | Toe die komponis Arnold van Wyk in 1983 oorlede is, het hy sy vleuelklavier en die inhoud van sy musiekkamer aan NALN bemaak. Dit is al die tyd deur prof. Jan du Toit "opgepas" totdat ons dit kon gaan haal het. In n vorige uitgawe van die Nuusbrief is gemeld dat W.A. de Klerk voorwerpe aan NALN bemaak het? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,090 | By mev. De Klerk in die Paarl is al die fotos en ander aandenkings wat in sy studeerkamer teen die mure, op die lessenaar en op die boekrakke was, opgelaai. En op Wellington, by Rud. P. Visser se kleinseun, ds. R.P. Visser, is verdere dokumente wat sy oupa se bestaande versameling by NALN aanvul, in ontvangs geneem. By Appèlregter Leonora van den Heever het ons die gipsborsbeeld van Toon van den Heever (deur Laura Rauten-bach) gaan oplaai om saam te vat na Bloemfontein. Ook het ons by dr. A.D. Keet jr, seun van die skrywer, dr. A.D. Keet, gaan inloer en aanvullende skenkings ingelaai? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,091 | Nog n geval waar ons geduld op die ou end beloon is, is die skenking van Trienke Laurie. Tydens die Boekmakietie in September 1997 is daar tentatief met haar gesels oor die moontlike skenking van dokumente aan NALN. En op 28 November 1998 daag sy en haar man, prof. Dirk Laurie, persoonlik by NALN op met manuskripte en ander materiaal rondom haar digbundel, Skiet-spoel, wat met die Ingrid Jonker-prys bekroon is. Dié interessantste knipsels en artikels wat duidelik aandui hoe Trienke se kreatiewe gees haar gelei het, maak deel uit van die skenking. Ons sien uit na die volgende besending, Trienke? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,092 | Die Boekmakietie was nog altyd n geleentheid waar skrywers bearbei kon word om materiaal aan NALN te skenk. Paul J. Bosman, wie se debuutbundel Ryp geel kring met die Ingrid Jonker-prys bekroon is, was verlede jaar by die Boekmakietie om sy bundel kort-verhale, Soms mis die hart n slag, met n groep gretige lesers te bespreek. Hierdie "jong" skrywer is net daar vasgekeer en n belofte is van hom gekry: hy sou sy manuskripte aan NALN skenk. En hy het woord gehou! n Maand later het die groot wit koevert hier aangekom met die getikte manu-skrip van gedigte uit Ryp geel kring, met verbeterings daarop in sy eie handskrif, asook n brief van Jan Rabie namens die destydse Skrywersgilde waarin hy in kennis gestel word dat sy bundel met die Ingrid Jonker-prys bekroon is. Paul, nou wag ons nog net vir die groot vel papier teen die muur agter jou lessenaar waarop allerhande versies, tekste en vermanings oor die jare neergepen is? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,093 | Hennie van Deventer wat met sy uittrede Uitvoerende Hoof: Koeran-te van Naspers was, het sy plak-boeke met knipsels, briewe, resensies, ens. oor Scoops en skandes, Flaters en kraters, Oos wes - reismoles! en Kroniek van n koerantman vir NALN geskenk, asook die manuskripte en reke-naar-"stiffies". (Die versameling dokumente wat in die plakboeke byeengebring is, is van die beste voorbeelde oor die resepsie-geskiedenis van publikasies)? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,094 | Die lys begin nou al soos n inventaris of voorraadopname voel, maar nog is het einde niet! Soveel skrywers aan wie ons die skrywers-kaarte met versoeke vir biografiese en ander inligting stuur, reageer positief op ons versoeke. Daarvoor is ons u baie dank verskuldig, want sonder u bereidwilligheid kan ons nie die diens lewer waarop baie mense staatmaak nie. So het Deon van Zyl, skrywer van die humoris-tiese bundel n Gevaarlike talent en ander stories, manuskrip-materiaal, knipsels, klankkassette met onderhoude en vele ander materiaal geskenk in antwoord op ons beroep? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,095 | Vader Bonaventure Hinwood het dokumente rondom die vertaling van psalms en gesange gestuur, asook n skildery deur die digter Phil du Plessis. Dit is blykbaar die enigste skildery wat Du Plessis ooit geskilder het. Prof. Deon Knobel, broer van wyle Wilhelm Knobel, het na sy moeder se afsterwe die restant van sy broer se nalating wat boeke, personalia en ander arte-fakte insluit, ook aan NALN besorg? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,096 | Die eerste ses maande van 1999 was dr. George Weideman in Bloemfontein as resident-skrywer by die UV. Benewens al sy verplig-tinge by die universiteit, leeskringe, ens. het hy NALN nie vergeet nie. Sy versameling by ons is uitgebrei met manuskripmateriaal van sy nuwe jeugverhaal, Dana se jaar duisend, en enkele dokumente rondom sy nuwe roman, Die draaijakkals. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,097 | n Besonder omvangryke sken-king is ook ontvang vanaf Die Instituut vir Kinder- en Jeuglektuur in Potchefstroom, nl. die kinder-boekmanuskripte van die Uitgewery Daan Retief. Met die sluiting van Kagiso het die lêers van HAUM-Literêr se publikasies ook in NALN se skoot geval en kan ons nou daarop aanspraak maak dat die dokumente van die meeste uit-gewers in die land by NALN is. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,098 | P.W. Buys, bekende digter van Potchefstroom, het einde verlede jaar die moeite gedoen om per-soonlik Bloemfontein toe te kom en n geskenkkopie van sy jongste bundel vir NALN te bring. Van sigbare en onsigbare dinge het n besonder positiewe ontvangs in die media gehad. Prof. Buys het ook n eksemplaar van Waar paaie saam-woon geskenk, n huldigings-bundel wat - soos sy digbundel - in 1998 gepubliseer is, en deur sy kollegas saamgestel is? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,099 | So het ons aan die einde van die lys gekom. Dit lees amper soos n "Whos Who" van die Afrikaanse letterkunde. Indien enigiemand uit-gelaat is, vra ons om verskoning. U kan egter altyd verseker wees dat enige skenking wat verband hou met die Afrikaanse woord (hoe klein ook al) altyd n veilige rusplek by NALN sal vind. Baie dankie aan almal se getroue ondersteuning? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,100 | Ons glo graag dat NALN n toeganklike tuiste is vir almal wat belang het by die skeppende woord. Vanjaar het dan ook reeds n stewige kwota spesiale gaste opgelewer? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,101 | Antoinette Pienaar, wat deesdae nogal dikwels die kollig steel met haar teaterwerk (én haar persoonlikheid!) het in Januarie haar waterwyfie Eporia Bloemfontein toe gebring. Tydens haar kuiertjie by ons het sy, soos altyd kopvol stories, saam met ons om n bord yskoue waatlemoenblokkies sit en gesels - nog met die nimf se vloeiende bewegings aant beduie, maar alreeds besig met Johanna, die Anglo-Boereoorlogvrou. Antoinette is een van daardie fris briesies wat deur Afrikaans waai: altyd iets vir die stoere oueres, maar byderwets genoeg om die jongeres hulle ore te laat spits? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,102 | Die plaaslike Departement Afrikaans en Nederlands het gedurende die eerste semester vanjaar n "immigrant" van die Kaap as resident-skrywer ontvang. Op inisiatief van prof. Hennie van Coller het dié skrywer, George Weideman, in Maart n oggendlesing by NALN aangebied oor sy bekroonde werk, Die onderskepper, of, Die dorp wat op n posseël pas. Leeskringe het veral die geleentheid benut om vrae te vra en die skrywer te ontmoet, terwyl George, innemend en interessant soos altyd, oor sy ambag gesels het. (Terwyl hy hier in Bloemfontein was, het hy die roman Draaijakkals voltooi. Dié splinternuwe toevoeging tot sy oeuvre sal op 13 Oktober in NALN bekendgestel word, waar die manuskrip alreeds vasgebind en weggepak lê!). (Lees ook elders in die Nuusbrief George Weideman se praatjie oor "Die seëlmotief in Die onderskepper"? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,103 | n Projek wat op inisiatief van dr. Manie Wolfaardt van die Technikon Vrystaat saam met NALN aangebied is, was n glansryke skrywersaand met die Port Elizabethse skrywer Anlen Marais. Haar jongste poësiebundel Muur van berge het n besonderse ontstaansgeskiedenis, naamlik die lang siekbed en dood van haar moeder. Die skrywer het die briefies deur middel waarvan haar ma met hulle gekommu-nikeer het, as boustof vir die gedigte in dié bundel gebruik. Mnr. Danie Botha, uitgewer by Tafelberg, het oor die eenheidsbundel as literêre soort gepraat, terwyl die digter tussendeur gepaste verse voorgelees het vir n gehoor wat met meelewing elke woord geniet het. Toe Anlen die volgende oggend by NALN kom kuier het, het sy n klein versameling briefies saamgebring. In omvang miskien klein, maar saamgelees met die bundel bly dit bevestiging van die intense tragiek wat soms tot die kreatiewe proses aanleiding kan gee? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,104 | In heel ander toonaard was die besoek van Eben Venter, wat in Suid-Afrika was vir die bekendstelling van sy nuwe roman, My simpatie, Cerise. Dit was n ontspanne kuier saam met Eben en sy uitgewer, Riana Barnard van Queillerie, met Eben so aant gesels oor sy nuutste baba. Hoewel die meeste van ons in daardie stadium nog nie die inhoud onder oë gehad het nie, was sy kort voorlesing daaruit n besliste lusmaker. Dit was miskien ook gepas dat ons hulle afgesien het met ons eie heellemoenkonfyt en tuisgemaakte lemoen-likeur. Synde n chef van formaat daar in Australië sou dit darem lekker wees as NALN-se-lemoene eendag in een van sy boeke opduik. Hy sê juís hy gebruik so van tyd tot "werklike" karakters? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,105 | n "Ko-produksie" (dié keer met die Vrystaatse Universiteit) wat besonder baie belangstelling ontlok het, was n Nederlandse aand met skrywers Nelleke Noordevliet, Rob Schouten, Roland Jooris en Monica van Paemel. Die bekoring wat woorde het wanneer hulle deur hul "makers" voorgelees word, is uniek, en dié kuieraand, hier teen die einde van Maartmaand, was sprekende bewys hiervan. Dit was n aand waarin NALN deurlugtige besoekers gehad het: die Vrystaatse Universiteit was goed verteenwoordig en van Potchefstroom het prof. Jacques van der Elst gekom, die man met die beursie, wat die uitbetalings namens die Nederlandse Taalunie gedoen het; ook prof. Heilna du Plooy was hier, dr. Reneé Marais en Riet de Jong-Goossens. Met laasgenoemde, n gevierde vertaler van Afrikaanse werke in Nederlands, kon ons gesprek voer oor vertalings, en haar belofte van toekomstige samewerking waar moontlik was n toegif? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,106 | n Appel wat nie ver van die boom geval het nie - dít besef ons dadelik toe Jaco Scholtz onlangs met NALN kom kennismaak het. Want dit is n jongman wat wéét wat hy wil, en kennelik genoeg van alles weet sodat hy vinnig en sonder veel moeite daar kan uitkom! n Mens hoor sommer vir Ma Hettie Scholtz as Jaco begin uitvra en gesels, kennelik die regte man vir sy pos as skakelbeampte by Human & Rousseau. Ons wens hom graag beroepsplesier toe, veral as hy so nou en dan vir ons bewaringsboekery n goeie woordjie kan doen? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,107 | Werk n mens by NALN, is jy altyd bedag op die (soms vreemde) onderlinge verhoudinge tussen mense, en die broosheid van verbintenisse. Ons wag dus skigtig, maar opgewonde die besoek af van Annette Botha (vroeër getroud met skrywer Chris Barnard) en haar man, dr. Abel Botha. Maar watwo! Die bruisende blonde vroutjie wat saam met haar man hier instap vee enige vertwyfelinge vinnig en skóón weg. n Mens besluit uiteindelik moeilik oor dié besoek: Wat was nou die blywendste, die skenking van kosbare Watermeyer-items, of die interessante en onderhou-dende gesprek waaraan ons deel kon hê G.A. Watermeyer se vrou, die pragtige Letsie (voor haar troue n nooi Ferreira, en aktrise), was bekend vir haar keurige en indrukwekkende onthale. Van die porselein het ons nou, via die Bothas, n paar voorbeelde present gekry. Daar was ook verdere skatte, soos onder meer die pet wat Watermeyer gedra het wanneer hy kleiduif geskiet het, en n paar boeke met persoonlike inskripsies voorin? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,108 | Ná n byna vyfuurlange kuier is dr. en mev. Botha hier weg, vermoedelik (hoop ons!) diep onder die indruk dat die kosbare inligting waaroor hulle beskik, op een of ander wyse bewaar moet word. En gerusgestel dat hulle ywer vir die Afrikaanse boek deur ons gedeel word? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,109 | Dit is n ongemaklike ding om te doen: vir n skrywer om n vertelling oor sy eie boek te gee. Gelukkig het ek dit nooit self versoek nie, maar NALN het my daarvoor gevra. En die feit dat dit n biografie is, maak - soos die boksmense sou sê - jou kakebeen wyd oop vir n uitklophou. Veral in die geval van S.J. du Toit? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,110 | Die historikus-skrywer Thomas Carlyle het op n keer gesê: "History is the essence of innumerable biographies." Met S.J. du Toit betree ons n gedeelte van Suid-Afrika se geskiedenis van die laaste helfte van die 19de eeu en die eerste dekade van die 20ste eeu - n uiters opwindende tydperk met ingrypende krisisse. En met S.J. du Toit loop jy op die wêreld van die geniale mens, die verstommend veelsydige mens. Dit is die tydperk tussen sy geboortedag op 9 Oktober 1847 op Kleinbosch, Daljosafat en sy sterfdag op 28 Mei 1911. Sy geboortekamer was ook sy sterfkamer en sy graf is n klipgooi daarvandaan in die ou Hugenote begraafplaas. Sy graf-steen vertel die verhaal: Vader van die Afrikaanse taal, stigter van die Afrikanerbond, stryder vir die Calvinisme? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,111 | Die boek S.J. du Toit van die Paarl (1847-1911) sal eersdaags by Martix, Roodepoort, verskyn. Die navorsing daarvan het eers indirek, spontaan op n koue wintersaand in 1961 begin toe n oorspronklike brief van Totius op n plaas naby Greytown in Natal ontdek is. Die doelbewuste, deel-tydse navorsing oor J.D. du Toit (Totius) vir baie jare lank, het vanselfsprekend ook nuwe doku-mente oor sy vader S.J. du Toit in die lêers laat beland. Nadat die Totius-biografie in 1993 voltooi is, kon daar met die versamelde S.J. du Toit-dokumente n begin ge-maak word? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,112 | Die leemte in Totius se biografie oor sy vader (S.J. du Toit in Weg en Werk, 1917) waarin belangrike dele van S.J. du Toit se lewe ontbreek (nie moedswillig nie), kom vir die eerste keer na vore. Hier dink ons byvoorbeeld aan die Europese toer van 1889 toe hy as n miljoenêr vertrek het en as n brandarm man teruggekeer het. Of die onbekende intriges wat Leyds, die Staatsekretaris en sy vrou Louise, agter die skerms gevoer het om van S.J. du Toit as Superintendent van Onderwys van die Z.A.R. ontslae te raak. Ook belangrike feite en dokumente in verband met die hysing van die Vierkleur op die wesgrens in 1884 is nog nooit vantevore gepubliseer nie? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,113 | Stormvoël, wilde esel of profeet? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,114 | Ds. S.J. du Toit, onder andere stigter van die Genootskap van Regte Afrikaners in 1875, redakteur van die eerste Afrikaanse koerant Di Patriot, oprigter van die Afrikanerbond, stryder vir die Afrikaanse taal, Bybelvertaler en onderwysman was een van die mees omstrede figure van ons geskiedenis. |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,115 | Sy eie seun Totius skryf dat sy vader n Ismael was, sy hand teen almal, en almal se hand teen hom. Lees ons die Bybel verder op daardie plek van Ismael dan sien ons dat dit ook "n wilde esel van n mens" is? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,116 | Die skrywer W.A. de Klerk noem S.J. du Toit n man wat "naas J.C. Smuts; seker een van die mees begaafde geeste was wat Suid-Afrika nog opgelewer het". Die Staatsekretaris van die Z.A.R. dr. W.J. Leyds noem S.J. du Toit in n dokument in Nederland "n ver-vloekte huigelaar" en "een boze geest"? |
5,017 | nuusbrief3.txt | 81,117 | Die teenstrydige uitsprake oor hierdie mens S.J. du Toit kan met dosyne vermenigvuldig word. |
Subsets and Splits