document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,817 | Anna van Niekerk (née Holloway) is in 1907 in Kimberley gebore, en moes haar skoolonderrig in Engels ontvang. Musiekonderrig was privaat in daardie dae, sy moes elke week per trem na die orrelmeester by die Newton-kerk. Die Noordkaap se diamante is blink en hard, veral as hulle reg geslyp word: ná matriek is Anna na die Musiekkonservatorium op Stellenbosch om klavier, sang en orrel te bestudeer. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,818 | In die dertigerjare, toe die geslag van Van Wyk Louw, Eybers en Hettie Smit n nuwe geluid in die Afrikaanse letterkunde laat weerklink het - ai, hoe opgewonde was ons nie oor Sy kom met die sekelmaan en Belydenis in die skemering nie! - begin die jong Anna Holloway klavierlesse gee in Dutoitspan, Wesselsbron en Edenville. Orrelposte was skaars in die jare na die Depressie, en Wesselsbron se gemeente moes nog kerk bou, hulle kon haar nie genoeg betaal nie: sy moes immers losies ook nog betaal! Maar Edenville het ook n orreliste nodig gehad, en die liewe domineesvrou het sommer gesê, Jy bly net hier by my!? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,819 | As die jong skoolhoof van Wesselsbron hom nie deur n mielieboer uit die distrik wou laat voorspring nie, sou hy maar gereeld die grondpad na Edenville moes aandurf. Aanhouer het gewen: In 1940 trou Anna met J.P. van Niekerk, en die groeiende dorpie Wesselsbron is n leeftyd lank verseker van n orreliste! En van n toegewyde onderwyseres wat nie net twee geslagte inwoners deur hulle musiekeksamens geloods het nie, maar bekende Vrystaters in n musiekloopbaan ingelei het? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,820 | In 1997 verhuis Anna na haar dogter in Bloemfontein, en haar klavier trek saam. Maar dis nie al nie, sy wil nog met die rekenaar ook leer werk, sodra iemand tyd het om haar bietjie touwys te maak. Daar is nou wonderlike musiekprogramme beskikbaar vir die rekenaar... |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,821 | Dit laat haar juis onthou van haar tante se kinderversies wat sy destyds getoonset het. Haar oom was byna sterwend, sy moés aan sy versoek voldoen om sy geliefde vrou wat al in 1967 in Johannes-burg oorlede is, se gedagtes weer te laat sing. Op sy sterfbed het sy dogter Leonie die woorde vir hom "van blad gesing", en haar oom Jack het geglimlag en tevrede teruggeleun. Daardie selfde nag het hy stil gesterf en Anna was so dankbaar dat sy dit vir hom kon doen! |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,822 | Die manuskripte Hulle moet nog iewers wees, ja. Dirkie de Villiers het destyds twaalf daarvan uitgesoek en laat publiseer. Miskien moet sy verder werk aan die toonsetting: sommer hierdie week nog begin? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,823 | Die doos onder die bed Ja waarlik, daar kom die hele vonds tevoorskyn.. Saam met die boekies, en die briefwisseling met haar oom Jack en met Dirkie. Materiaal vir die museum, voorwaar! Want ja, miskien het u al geraai: die tante was niemand anders nie as die beminde Tienie Holloway! Sy was die skryfster van n groot aantal kinderversies en rympies in Afrikaans, reeds vanaf die dertigerjare. Haar eerste liefde was die "Kindergarten" waarvoor sy opgelei was, maar in 1913 trou sy met J.E. Holloway en vergesel hom later na Washington en Londen as Ambassadeursvrou? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,824 | By geleentheid het die Ambassadeurspaar op Wesselsbron kom besoek aflê. Natuurlik is daar toe n onthaal gereël - dit was vir jou n gedoente hoor! Die Vrystaters weet hoe om fees te vier. Tant Tienie was n deftige vrou, en haar vlotheid in beide Afrikaans en Engels was destyds al van groot waarde in die uitvoering van die tweetaligheidsbeleid van die Hertzog-onderwyswet. Anna was self tuis in Engels, maar sy moes tog die aanspreekformules vooraf oefen - só was Oom Jack en Tant Tienie dit immers gewoond tydens hul ampstermyn in Washington en in Londen - sodat sy hulle op Engels aan die Wesselsbronners kon voorstel: Please allow me to introduce you to my aunt, Mrs Christina Holloway So moes sy elke keer sê. Met dié mense se boere-hartlikheid het tant Tienie egter nie rekening gehou nie. Dag niggie! Van der Merwe is die naam! Noem my sommer Koos. En mevrou is nou seker Anna se hoge familie wat oor die water was? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,825 | In 1962 skryf Tobie Brümmer n artikel "Was sy Sarie Marais", in Die Byvoegsel tot Die Burger (13 Januarie 1962). Sy navorsing het hom gelei na n dossier, saamgestel deur J.P. Toerien in sy soeke na die waarheid oor die legendariese Sarie Marais. Hierdie dossier word by NALN bewaar en bevat al die briewe en dokumente wat Brümmer gebruik het om die volgende artikel te skryf? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,826 | Wie was Sarie Marais - die Sarie oor wie die liedjie gesing word? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,827 | In my soektog na die oplossing van dié vraag het ek n interessante dossier raakgeloop. Hierdie dossier, met sy sowat 100 000 woorde, bevat ou dokumente en waardevolle stukke wat deur die jare deur mnr. J.P. Toerien van Bergvliet versamel is. Hy is n neef van die Toerien-susters? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,828 | Dit bevat o.m. die stukke van Renier, rubriekskrywer van Die Volksblad, Jan Burger, rubriekskrywer in n Engelstalige koerant, en Lawrence Green, wat kant kies vir mev. Malherbe, en drr. P.J. en G.S. Nienaber, wat in hul boeke kant kies vir die Toeriens. Dit alles bring ons nog geen duim nader aan die oplossing nie? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,829 | Die vraag wie die regte Sarie was, het in 1937 vir die eerste keer onder die openbare aandag gekom toe n verslaggewer van Die Volksblad in Bloemfontein by mev. Susara Margaretha Toerien opgedaag het. Ná baie mooipraat het mev. Toerien erken dat sy die Sarie is van wie so gesing word en dat haar man, J.P. Toerien, in die dae van die Eerste Taalbeweging beter bekend as Jepete, die skrywer van die woorde is? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,830 | Maar mev. Toerien was baie godsdienstig en sy het die verslaggewer versoek om nie n bohaai daaroor op te skop nie. Sy het hom gevra om die berig eers aan haar voor te lê voor hy dit publiseer. Toe die verslaggewer egter later daar opdaag, wou sy nie hê dat dit gepubliseer word nie? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,831 | Die saak is daar gelaat totdat n briefskrywer in Die Volksblad beweer het dat die skrywer van die lied darem n papbroek was, want hy was dan "so bang dat die kakies hom sou vang". Die waarheid is dat die liedjie oorspronklik gesing is. "Sy was so bang dat die kakies my sou vang."sic? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,832 | Nietemin het dit die Toerien-dogters hewig ontstel want, het hulle gesê, "ons vader was beslis geen papbroek nie". Maar toe die saak eindelik ná n hewige briefwisseling opgelos is, het die drie susters weer net soos voorheen geswyg en kon mnr. J.P. Toerien van Bergvliet geen verdere inligting by sy groot dossier voeg nie? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,833 | Net so het die drie susters, Jeannette, Garty en Dana, geswyg toe ek hulle hierdie week in hul huis in Bellville besoek het. "Ons wil geen bohaai daaroor opskop nie," het hulle gesê, "maar daar is by ons geen twyfel nie dat ons vader, Jepete, die lied se woorde geskryf het, of altans die oorspronklike woorde geskryf het en dat dit deur die jare gedurig verander is." Hul twee susters en twee broers wat ook nog lewe, bevestig dit. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,834 | Mev. Ella Unsworth, jongste dogter van Jepete wat nou in Windhoek woon, is waarskynlik die enigste van die kinders wat met sekerheid kan sê of haar vader die skrywer is na wie al so lank gesoek word. Kort voor haar moeder se dood in 1939 is die kinders versoek om n trommel met waardevolle ou dokumente van Jepete daarin te vernietig. Wat die rede daarvoor was, kan nie een nou met sekerheid sê nie, maar hulle glo dat hul moeder vernederd gevoel het omdat die liedjie Sarie Marais "deur elke Jan Rap en sy maat" op danspartye gesing is en dat sy geen publisiteit wou hê nie? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,835 | Ella, aan wie die opdrag gegee is om die ou trommel met dokumente te vernietig, het egter in die trommel gekyk en o.m. n gedig gesien wat haar vader oor haar moeder geskryf het toe hy haar nog die hof gemaak het. Sy het ook ander gedigte daarin gesien? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,836 | Volgens die Toerien-susters kon hierdie trommel die oorspronklike woorde van Sarie Marais bevat het en was die een wat Ella gesien het waarskynlik die oorspronklike kopie. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,837 | Vir n man soos Jepete is dit onwaarskynlik dat hy nie ook n gediggie oor sy vrou geskryf het nie. So n gedig kon nog nooit opgespoor word nie, behalwe dat die Toerien-susters sê daar was een en dat Ella wel so n gedig gesien het? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,838 | Ons moeder het altyd gesê die geheim van Sarie Marais sal ná haar dood opgelos word," het mej. Dana Toerien gesê, "maar sy het naderhand anders besluit, want dit het haar altyd diep seergemaak om te sien hoe almal haar lieflingsliedjie sing. Daarom was dit vir geeneen van die kinders snaaks dat sy opdrag gegee het dat die trommel met dokumente vernietig word nie." |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,839 | Die presiese geheim van die ou trommeltjie wat Sarie Maré Toerien met haar na die graf geneem het, kon nie een van die susters my egter meedeel nie. "Ons kan maar net vermoed dat dit die gediggie is wat sy graag vernietig wou sien omdat sy so sterk godsdienstig was," sê hulle. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,840 | Die geskiedenis van Jepete en die goeie werk wat hy gedoen het, kan boekdele vul, en so ook die beweringe van die vrou in Durban, mev. Janie Malherbe, wat sê mev. Ella de Wet is die skrywer van Sarie Marais se woorde. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,841 | Tussen die dokumente wat ek opgespoor het, is daar geen bewys dat mev. De Wet ooit gesê het sy het die woorde geskryf nie. Sy het net gehelp om dit te publiseer. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,842 | Mev. Malherbe sê mev. De Wet, eggenote van wyle mnr. N.J. de Wet, later hoofregter van die Unie, het op n dag in 1902 by genl. Botha se kommando in die omgewing van Utrecht opgedaag. In n ou plaaswoning het sy die burgers onthaal deur op n klavier te speel. Die liedjie wat die meeste byval gevind het, was Ellie Rhee, wat die oorspronklike wysie van Sarie Marais is? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,843 | n Ds. Nel, wat die kommandos as kapelaan vergesel het, het die Boere vertel van sy moeder wat so n beeldskone mens is, en die burgers het die woorde Ellie Rhee deur Sarie Marais vervang. So het Sarie Marais ontstaan, sê mev. Malherbe, en in 1920 is dit deur n Kaapse drukker uitgegee, soos saamgestel deur Ella de Wet? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,844 | En as n mens die woorde van die twee liedere vergelyk, dan is daar beslis n ooreenkoms? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,845 | Voordat die oorlog begin. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,846 | Van albei liedere is net die eerste versie geneem. Later is by die Afrikaanse weergawe nog n versie deur mev. De Wet gevoeg? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,847 | Mev. Malherbe sê ook Jepete kan nie die skrywer van die lied wees nie, want eers in die Tweede Vryheidsoorlog is van kakies gepraat. In die eerste oorlog is hulle Rooibaadjies en tommies genoem. As n mens in aanmerking neem hoe dikwels die woorde van die lied al verander is, kan dit moontlik wees dat Jepete geskryf het: "Sy was so bang dat die tommies my sou vang." Dit kan later deur kakies vervang gewees het toe die Engelse begin het om kakieklere te dra? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,848 | In die brief sê mej. Neethling dat sy die persoon is wat volgens mev. Malherbe met mev. De Wet na die Boerekommandos gegaan het om haar man te besoek? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,849 | Sy skryf: "Mev. De Wet was nooit in die oorlog naby Utrecht nie. Dit is nie waar dat sy saans voor die klavier gesit het en vir die burgers liedjies gespeel het nie. Utrecht was toe in die hande van die Engelse en elke Boer wat sy gesig daar durf waag het, sou dadelik gevange geneem gewees het." |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,850 | Mej. Neethling wys ook daarop dat die wyk Mooirivier nie in Natal was nie, maar net die rivier met daardie naam. Daar was wel n wyk Mooirivier in Transvaal? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,851 | En sover ek met behulp van die dossier kon vasstel, het mev. De Wet self nooit beweer dat sy dié liedjie geskryf het nie. Sy het wel in die jare twintig hand bygesit om die lied reg te stel, en dit is deur n Kaapstadse drukker uitgegee? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,852 | Wat interessant is, is dat daar op die laaste oomblik voor die artikel ter perse gegaan het, ontdek is dat mev. Malherbe se oupagrootjie waarskynlik n broer van die Toeriens se oupa was. Daar is egter nog geen duidelikheid oor hoe verlangs hulle verwant is nie, maar hulle is beslis familie? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,853 | Die Toerien-susters is, soos hul moeder en vader was, baie godsdienstig en weier nou enige verdere kommentaar op die aangeleentheid. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,854 | Dit maak net baie seer om te hoor hoe ons moeder se lieflingsliedjie so misbruik word op partytjies, en elke keer is daar n stertjie by, sê hulle egter? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,855 | Maar die Toerien-susters glo dat oor die geheim van Sarie Marais nooit saamgestem sal word nie en dat die oorspronklike woorde vernietig is toe Ella die dag volgens haar moeder se opdrag die trommel met die ou dokumente vernietig het. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,856 | En as dit so is, dan was daardie woorde beslis nie dieselfde as wat vandag gesing word nie. Al wat ons weet, is dat ons moeder nooit n leuen sou vertel nie, en vóór sy besluit het dat haar geheim met haar na die graf sal gaan, het sy tog uitdruklik gesê haar Jepete het n lied oor haar geskryf.? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,857 | Die susters glo ook dat hul moeder daarteen gekant was dat haar lied soos Ellie Rhee op elke straathoek gesing word. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,858 | Hierdie "magtige geheim", soos dit al beskryf is, het selfs al die verbeelding van manne soos Lawrence Green aangegryp. Uit ou koerantknipsels het hy besluit om die standpunt van mev. Malherbe te aanvaar, min wetende dat hy eintlik net bevestig dat Sarie Marais, soos dit vandag gesing word, n verdraaiing van n geheim is wat in 1939 met Susara Margaretha Toerien na die graf is? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,859 | Dit is waarom ek glo dat geeneen van hierdie dik dossiere en geen verslaggewer ooit die geheim gaan oplos nie. Ons sal eers moet besluit na watter Sarie ons nou eintlik soek. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,860 | Eers as iemand met sekerheid kan sê of Sarie Marais al in die Eerste Vryheidsoorlog gesing is, en of die Boere in die Tweede Vryheidsoorlog die woorde vir die eerste keer gehoor het, kan daar weer oor die geheim gepraat word. En eers dan sal mnr. J.P. Toerien van Bergvliet miskien sy dossier kan aflsuit. Maar dit is n groot miskien..? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,861 | Dit gebeur maar min dat n skrywer op haar honderdste verjaardag met die heruitgawe van n boek vereer word en nog lewe om die boek self in ontvangs te neem. Dit is die voorreg wat Hettie Cillié te beurt geval het op 18 Februarie 1985, n dag na haar honderdste verjaardag, toe mnr Daan Retief aan haar n herdenkingsuitgawe oorhanding het van Rachel, die koppige meisiekind, n jeugverhaal wat reeds in 1958 vir die eerste keer verskyn het. Baie van haar kinderboeke weerspieël die verloop van haar eie lewe. Miskien moet ons Hettie Cillié toelaat om dit in haar eie woorde te vertel? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,862 | Patatskloof was die naam van my vader, D.G. Cillié se wynplaas in Drakenstein, Kaap Provinsie. Daar was hy onvermoeid besig in sy wynkelder; die maak van rosyne en die kook van sy heerlike moskonfyt wat besonder gewild was. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,863 | En toe ewe skielik besluit hy om sy plaas te verkoop, sy meubels en sy plaasgereedskap van die hand te sit en met sy vrou en vier kinders na Transvaal te trek om daar te gaan skoolhou. En dit op Donkerhoek, omtrent veertig myl van Pretoria waar die wêreld destyds nog wild en woes was, met net n enkele Boerehuis hier en daar. Die reis na die verre Suid-Afrikaanse Republiek sou buitendien nie maklik wees nie. Die trein het nog maar net tot op Beaufort Wes geloop. Daarvandaan moes reisigers maar met ossewaens oor die pad kom? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,864 | Die Cillié gesin het dit nogal gelukkig getref. Toevallig was daar n bestelling nuwe ossewaens van Wagenmakersvallei, Wellington, op pad na Pretoria waar dit moes afgelewer word. En die eienaars was meer as gewillig om die landverhuisers in hul waens te vervoer. Die ossewatrek het omtrent n maand geduur? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,865 | Maar waarom so n onnodige omwenteling in n mens se lewe as alles tog goed gaan sou n mens kon vra. Maar D.G. Cillié het hom laat ompraat van Ds. S.J. du Toit (vader van Totius) wat juis aangestel was as Superintendent van Onderwys in die Suid-Afrikaanse Republiek. My vader was goed bevriend met die Dominee vir wie hy n groot bewondering gehad het en altwee het aan die Genootskap van Regte Afrikaners behoort? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,866 | Die Dominee het sy taak as Superintendent van Onderwys in Transvaal met groot geesdrif aangepak. Private skole deur die Staat ondersteun is oor die land gestig maar onderwysers vir al die skole het ontbreek. Die leerkragte wat uit Holland gekom het was veels te min. Daarom dat hy toe in die Kaap Provinsie onder sy bekendes na onderwysers begin soek het. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,867 | In Pretoria aangekom moes my ouers natuurlik weer per ossewa na Donkerhoek reis. Lid van die skoolkommissie het hulle kom haal. Onderwyl die lang span osse met die tentwa langsaan in die maanhaarpad deur die veld slinger, het die goeie Boere-oom dit sy plig geag om Meester se vrou te waarsku: "Tante moet nou darem nie n huis met glas ruite verwag nie." En sy het hom gerusgestel en verseker dat sy haar in alles kon skik? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,868 | Toe hulle eindelik stilhou was dit dan ook voor n klein grasdak huisie sonder stoep, met kleimure, grondvloere, n groot skoorsteen en klein plankvenstertjies. Die skool n entjie van die huis af was n lang geboutjie met n paar klaskamers. Daar anderkant was ook nog gerieflike perdestalle want die Sederberg poskoets het gereeld hier kom oorspan op sy togte tussen Pretoria en Lydenburg en dan was n span uitgeruste perde nodig? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,869 | My moeder, soos altyd selfs onder die moeilikste omstandighede, het sonder kla of kerm ingetrek en haarself tuisgemaak in die nuwe omgewing. Die landskap, n digbeboste wildernis met n paar skilderagtige koppies en blou rantjies hier en daar, was nie sonder bekoring nie en die gesin het gou heeltemal gelukkig en tevrede op Donkerhoek gewoon? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,870 | Daar was egter iets waaraan my moeder haar lewe lank nooit gewoond geraak het nie, miskien as gevolg van die eerste ondervinding hier op Donkerhoek. Dit was die geweldige Transvaalse donderstorms. Wanneer so n donker, dreigende onweer oor die aarde losbars moes die ondigte deure en klapvenstertjies styf toegemaak word. En dan het die gesin in die duisternis by kerslig gesit en geluister na die gedreun van woeste rukwinde en skokkende donderslae daarbuite waar die reën in strome neerstort. Vreesbevange het my moeder dan vurig verlang na haar vorige veilige woonhuis in Drakenstein? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,871 | Soos reeds gesê het die poskoets hier kom oorspan op sy togte tussen Pretoria en Lydenburg. Dan is n possak hier agtergelaat en n ander een is ontvang om verder vervoer te word. Saam met sy pligte as onderwyser moes my vader toe ook nog diens doen as posmeester. Briewe moes geweeg en possakke moes verseël word. Die skaaltjie wat hy gebruik het om die posstukke te weeg is in Pretoria in die museum in Boomstraat te sien? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,872 | En hier, op Donkerhoek, het ek op 17 Februarie 1885 die eerste lewenslig aanskou. Dokters en verpleegsters was natuurlik uit die kwessie. n Liewe ou Boere tannie was meer as gewillig om te kom verpleeg en sover in haar vermoë moeder en baba op die regte manier te versorg. Soos hulle my vertel het was dit maar n toiingrige baba, huilerig en ontevrede. Maar later het dit glo darem beter gegaan? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,873 | Na enige jare is ons weg van Donkerhoek. My vader het sy bedanking ingestuur want hy wou liewer weer gaan boer as om langer skool te hou. Dit het nogal moeilik gegaan om n plaas naby Pretoria te kry. Die gesin het ondertussen hier en daar woonplek gevind o.a. op die plaas van Jopie Fourie se ouers. Eindelik in 1891 het die blye dag aangebreek dat ons na Skietfontein, agter Magaliesberg kon trek. Die plaas Skietfontein, omtrent agtien myl van Pretoria het aan Kom. Gen. Piet Joubert behoort en hy was van plan om dit van die hand te sit. My vader het dit dan ook later gekoop? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,874 | Skietfontein was 2 000 morg groot. Die baken in die suidekant het bo-op Magaliesberg gestaan en die een in die noorde, daar onder in die wye vlaktes. Die groot gerieflike woning met sy uitstekende buitegeboue was aan die voet van die berg. Daar was n waenhuis, stal en buitekamers. Daar was n pragtige veekraal met hoë klipmure, n skuur, kalwerhok en n outydse "trapvloer" waarop die vorige eienaar sy koring deur perde laat uittrap het. Groot koringlande het net onderkant die dam gelê n dam waarin die water van n sterk standhoudende fontein uit die berg dag en nag geloop het. Daar was n groentetuin, vrugtebome van alle soorte en n lemoenboord waar jy die lekkerste lemoene kon gaan pluk? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,875 | Hier het ons kinders (vyf susters en drie broers) opgegroei. En ongetwyfeld was dit die gelukkigste tyd van ons lewe. Die hoë suikerboskop net agter die huis wat jy so maklik kaalvoet kon uitklim tot daar bo op die top, die digte bosse in die pragtige klowe van Magaliesberg, die spruit met sy stroompie koel water onder die bome waar n mens die heerlikste klei vir die maak van kleiosse kon gaan haal, was almal speelplekke wat ons op ons tien vingers geken het. Ons het presies geweet wanneer die stamvrugte in die berg ryp is en waar die groot donkergroen boom staan wat die soetste moepels dra. En daar was natuurlik n plaasskool..? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,876 | En toe breek die Tweede Vryheidsoorlog uit en n nuwe hoofstuk in my lewe begin..? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,877 | Met die twee oudste broers (die jongste van die twee nog maar sestien) op kommando en my vader gevange geneem, het my Moeder met haar dogters en jongste seuntjie op die plaas agtergebly tot ses maande voor vrede gemaak is. Vurig het sy gehoop om end uit met rus gelaat te word. Maar eindelik was die vyand ook op Skietfontein om die huis met alles wat daarin was te verbrand en ons met n ossewa na n konsentrasiekamp te vervoer. Die lang geskiedenis van ontbering daar op die plaas, van gevare en noue ontkomings gedurende die oorlog het ek in my boek En die Winde het Gewaai vertel (Uitgewers HAUM)? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,878 | Na die vrede gesluit is was die skole in Transvaal in so n toestand dat ek saam met n suster na La Rochelle Hoër Meisiesskool, Paarl, K.P. gestuur is. Vyf jaar lank was ons daar op kosskool. Maar hierdie storie met al sy vreugde en verdriet, pret en kaskenades het ek in my boek Chrissie en Joey breedvoerig beskryf. Hierdie boek was die allereerste kosskool boek vir meisies in Afrikaans? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,879 | Na vyf jaar op kosskool kon my suster en ek terug na Pretoria. Die Christelike Nasionale skole was gestig en die Eendrag Hoër Skool in Pretoria het n matriekklas met uitstekende onderwysers gehad, o.a. Dr. N.M. Hoogenhout. Die Normaal Kollege was ook al daar vir die studente wat n onderwysers-kursus wou loop? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,880 | My ondervindinge gedurende die vyf-en-twintig jaar wat ek skool gehou het was m.i. buitengewoon interessant en opwindend, maar ook al weer veels te lank en ingewikkeld om hier vertel te word. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,881 | Dit was m.i. sommer toevallig dat ek begin skryf het. My vurigste begeerte was om kunsskilder te word. Ek het feitlik in niks anders belanggestel nie. Op kosskool het ek vyf jaar lank kunsklasse bygewoon maar verder het dit nie gekom nie Na die Tweede Vry-heidsoorlog was ons Transvalers in so n hopelose toestand van armoede dat die kinders maar so gou as moontlik moes begin werk om iets te verdien. Ter gedagtenis aan daardie jammerlik mislukte poging om kunsskilder te word bewaar ek nog twee ingekleurde tekeninge wat ek op sewejarige leeftyd gemaak het? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,882 | Ek het begin skoolhou en, seker maar om myself te troos, tussenin kort verhale geskryf, die meeste onder n skuilnaam. Tot my verbasing was die skrywery n groot sukses. Tot so n mate dat toe J.L. van Schaik my vra om n meisiesboek te skryf ek moed genoeg gehad het om dit te waag. Senatus, Vol. 5, no? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,883 | Nog lank voordat haar boek, Chrissie en Joey, in 1925 gepubliseer is, was Hettie Cillié reeds ten nouste betrokke by die ontwikkeling van die Afrikaanse letterkunde as medewerker aan tydskrifte soos Die Brandwag, Die Boervrou, Die Kleinspan en Die Volkstem. Reeds met die verskyning van die eerste Brandwag op 31 Mei 1910, is sy as medewerker genader. Haar eerste skryfwerk was egter nie vir kinders nie. Dit was eers nadat sy begin skoolhou het op Dullstroom en haar leerlinge begin vergas het op haar eie stories, dat sy vir kinders begin skryf het. Haar bekendste jeug- en meisieverhale het verskyn terwyl sy nog skoolgehou het, maar haar grootste bydrae tot die Afrikaanse kinderletterkunde het gevolg nadat sy die onderwysberoep in 1940 vaarwel geroep het. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,884 | Behalwe die talle geskiedenis-, aardrykskunde- en natuurstudie-pamflette wat sy geskryf het, het sy ook bydraes gelewer vir Afrikaanse skoolleesboek-reekse soos Prettige praatstories en Stories vir almal. Die dertien stories wat sy geskryf het vir haar Dieretuin-stories, was baie gewild en sommige van hulle is ook in Suid-Sotho vertaal. Vir hierdie boekies wat in die 1940s verskyn het, moes sy reeds baie navorsing doen, maar in 1958 vra dr. C.F. Albertyn haar om bydraes te lewer vir sy reeks Kinders van die wêreld. Vir hierdie werk moes sy omtrent harder studeer as ooit voorheen in haar lewe? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,885 | By NALN word verskeie dokumente van Hettie Cillié bewaar - dokumente oor haar eie lewe asook n aantal wat genealogiese en biografiese inligting oor haar familie bevat. Die stamvader was Jacques Malan wat in 1688 of 1689 na die Kaap gevlug het. In die J.S. Gericke biblioteek op Stellenbosch is ook van haar manuskripte gedeponeer vir bewaring? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,886 | Soos vele ander Europese taalgeleerdes het sy aanvanklik Nederlands as universiteitsvak gekies, en toe Langenhoven en sy Loeloeraai se jongste taal in die wêreld ontdek! Ja Jana, mens praat van Loeloeraai se taal, daar is geen ander manier om dit te sê nie, en Afrikaans het regtig nie naamvalle nie! |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,887 | Ons toer deur die Afrikaanse letterkunde; sy wil weet watter boeke sy nog almal móét lees, want sy moet hulle gaan bestel by die boekwinkel en solank laat verskeep na Duitsland. Die drie ure is glad nie genoeg vir al die inligting wat sy hier wil versamel nie. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,888 | In die Dertigers se kamer staan ons stil voor W.E.G. Louw se uitstalling. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,889 | in die middel - as naaf van n wiel - is? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,890 | en daaromheen is n wilde mallemeule van ruiters op perde, kamele, bokke en bere? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,891 | Een verdwaasde ry op? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,892 | hy leun agteroor, in so n drif beswym n mens sou dink hy slaap ..? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,893 | O, maar kyk die verskriklike monsters uit die Middeleeuse verbeelding! Dit moes onmenslik gewees het om in daardie tyd te lewe, met soveel vrees .. .. Geen wonder die titel van die bundel is Vensters op die vrees nie! |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,894 | Baie geluk jong Duitsertjie, dat jy van so vér na die suidpunt van Afrika gekom het om n Middeleeuse Nederlandse skilder se kuns te kom herontdek, en daarmee saam n stewige sny uit die koek van die Afrikaanse Letterkunde te nuttig? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,895 | Wanneer die besoeker aan die Letterkundige Museum vandag onder die reuse sederbome se beskermende takke deur die Ou Goewermentsgebou binnestap, wel, dan het hy miskien die gevoel dat hulle maar daar hoort! Of maar altyd daar was... |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,896 | Die sederbome, die toringhoë sipresse, selfs die twee inheemse olienhoutbome weerskante van die ingangshek, het egter nie sommer op eie hout(jie!) hier in die hart van die Vrystaatse hoofstad kom groei nie! Soos die naamplaatjies by die oudstes van die boomreuse vandag nog aandui, is hulle geplant deur hoogwaardigheidsbekleërs, soms besoekers van ver. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,897 | Aan die buitekant van die hoofhek word die tuin bewaak deur die standbeeld van Jan Brand. Hy tuur in die lengte van Maitlandstraat af en herinner ons in Nederlands dat alles wel sal regkom (as elkeen sy plig doen, soos u mos óók gesê het, President)! En dit was dan ook die president self wat die boomplant-tradisie in die tuin van die Ou Goewermentsgebou begin het? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,898 | Om nege-uur die Maandagoggend van 24 Februarie 1879 het President Brand en sy vriend Moritz Leviseur, n Joodse handelaar, twee sipresbome aan weerskante van die hoofingang van die Goewermentsgebou geplant. Die geleentheid was die viering van die 25-jarige bestaan van die Vrystaatse Republiek. Die hoofstad was nog maar n dorpie, en die enigste "kwekery" was mnr. Leviseur se eie tuin, dus het laasgenoemde sommer die boompies ook verskaf? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,899 | Elf jaar later is Bloemfontein se isolasie van die res van die land luisterryk beëindig met die koms van die stoomtrein. Die inwyding van die spoorlyn het gepaard gegaan met feesvierings wat dae lank geduur het. Op 17 Desember 1890 het die versierde lokomotief Bloemfontein se stasie binnegestoom om die sylint te breek. Vlae van die twee republieke en die twee Britse kolonies was daaroor gedrapeer, en die verteenwoordigers van sowel die twee Britse kolonies as die twee Boererepublieke het voor op die lokomotief gesit: Sir Charles Mitchell van Natal, Lord Henry Loch van die Kaapkolonie, dr. W. Leyds namens president Paul Kruger van die Z.A.R., en natuurlik die Vrystaatse Republiek se eie president F.W. Reitz. Vanselfsprekend was daar toesprake, n banket, n bal en n tuinparty! Op 19 Desember het die verteenwoordigers elkeen n sipresboompie in die tuin van die Goewermentsgebou geplant? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,900 | Die feestelikhede van die einde van die negentiende eeu is helaas gou oorskadu deur die donker wolke van die Anglo-Boereoorlog. Teen 1902 is Brittanje aan bewind en die twee nuwe Britse kolonies onder Lord Alfred Milner se bestuur. Kort daarna word vyf lemoenbome in die binnehof van die vergrote Rege-ringsgebou geplant om aan te pas by die lemoenboom wat op die wapen van die Oranjerivierkolonie verskyn. Eers dekades later is besef dat die lemoene op die boom te lande gekom het deur n misverstand - die boom op die eerste Vrystaatse wapen was sonder vrugte? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,901 | Op 3 Februarie 1903 besoek die Britse Minister van Kolonies, Robert Chamberlain, die klein stad. Hy verkies egter om die middag te gaan rus, sodat die eer mevrou Chamberlain te beurt val om twee meidoring-struike in die voortuin te plant. Ook die goewerneurs Hamilton Goold-Adams en Lord Selborne laat in 1905 elkeen n groeiende gedenkteken na in die gestalte van n Cedrus Deodara wat vandag al byna daarin slaag om die toring van die ou gebou te verberg..? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,902 | Die Britse heersers was nie die enigste buitelanders wat aan die begin van die eeu deur die tuin kom wandel het nie: die jong Hertog van Braganza (1887 - 1908), Dom Luiz Filippe, besoek die stad vlugtig op 26 Augustus 1907 en plant sy boom in die tuin. Kort na sy terugkeer na Portugal word die prins vermoor - hy was die seun van Carlos I. Maar die plaatjie tussen die klimop herinner ons vandag nog dat ook hierdie jong aristokraat eenmaal die milde winterson van die Vrystaat oor hom voel skyn het. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,903 | Nog veranderings het spoedig op die herstel ná die oorlog gevolg: die Oranjerivierkolonie het deel geword van die Unie van Suid-Afrika, en Langenhoven se taal is deur die Unieparlement aanvaar. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,904 | President Brand sou dié vernuwings seker goedgekeur het; hy het nog steeds stewig gestaan in die middel van die straat wat na hom vernoem is, voor die ingang na die tuin wat hy begin aanlê het. Kort ná die Uniewording het die beweging van die trems aan die bopunt van die hoofstraat egter genoodsaak dat die beeld teruggeskuif moes word, nader na die ingang. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,905 | Die sestigerjare word ingelui deur die Uniefees in Bloemfontein, wat seker die oudste inwoners van die Vrystaatse hoofstad met heimwee sou laat terugdink het aan die koms van die spoorweë in 1890 In 1961 volg nog n groot omwenteling: die Unie word die Republiek? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,906 | Die ry bome aan die binnekant van die heining het teen hierdie tyd al so hoog gegroei dat sommige verwyder moes word, omdat die kontoere van die statige gebou glad nie meer sigbaar was nie. Die ou historiese bome is behou. Maar die gebou kon nie meer al sy amptenare huisves nie en die nuwe H.F. Verwoerdgebou (vandag die Lebohanggebou) het spoedig daaragter verrys, sodat die toring nou nooit meer teen die skoon lug afgeëts gesien kon word nie. Die bome het wag gehou en gegroei. |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,907 | In 1979 vier die tuin sy honderdste verjaardag, en kry as geskenk n klein inheemse olienhoutboom uit die hand van die destydse administrateur van die provinsie, mnr. A.C. van Wyk. Byna twintig jaar later staan sy boonste takkies al amper op die hoogte van die president-standbeeld se kop? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,908 | Vanweë die vestiging van NALN in die Ou Goewermentsgebou in 1974, het n ander Vrystaatse president, boek in die hand, in 1986 sy staan gekry binne in die tuin: die vroeë Afrikaanse digter F.W. Reitz? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,909 | Op 1 Oktober 1992 kry mnr. Van Wyk se olienhoutboompie langs die hoofhek n maat, geplant deur die eerste direkteur van NALN, prof. P.J. Nienaber. En op boomplantdag ses jaar later staan Professor se boompie al regop van gestalte en hoër as menshoogte? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,910 | President Brand en Moritz Leviseur se oorspronklike sipresse is in 1932 vervang met nuwe bome, geplant deur mev. J.S. Gates, dogter van die President, en deur die weduwee Sophie Leviseur. Een lemoenboom is ook vervang, maar die ander vier troon in 1998 steeds oor die agapante in die ou binnehof. Al ken die plek nie meer sy eertydse Engelse amptenare nie... |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,911 | NALN het op 14 Augustus vanjaar n muntinsameling ten bate van die restourasie van die "Gedenkschool der Hugenoten" in Dal Josafat geloods. Daardeur wil die Museum sy daadwerklike steun toon vir die ideaal om hierdie bakermat van die Afrikaanse letterkunde te restoureer en tot n lewende kultuursentrum te ontwikkel? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,912 | Die muntlegging is gehou tydens die Afrikaansdagprogram wat deur die Breë Afrikaanse Inisiatief (BAI) in Bloemfontein gereël en op dié se versoek in NALN se voortuin n hoogtepunt bereik het. Ons is voornemens om ook op ánder wyses skenkings vir hierdie restourasiefonds te bemiddel, en versoek die lesers van die NALN-nuusbrief om geld vir hierdie lofwaardige saak te skenk? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,913 | Die Afrikaanse letterkunde het n skatpligtigheid teenoor die Gedenkschool wat moeilik oorbeklemtoon kan word? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,914 | Vier van ons bekendste vroeë skrywers is deur die Gedenkschool gevorm: Eugène Marais, Totius, D.F. Malherbe en A.G. Visser. n Mens kan jou die Afrikaanse literêre erfenis moeilik voorstel sónder hulle onderskeie bydraes. En dan was hulle indirekte invloed dalk nog groter: dink maar aan Totius se bydrae as Bybelvertaler en Psalmberymer; Malherbe se rol in die taalstryd en met sy toneeltoere, albei se akademiese invloed, uiteindelik as rektore van universiteitskolleges, en hulle invloed as kultuurleiers en oratore van formaat; die weerklank wat al vier hierdie skrywers in mindere of meerdere mate in die werk van latere skrywers gevind het, tot selfs dekades ná hulle dood..? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,915 | n Mens praat dus van n kumulatiewe impak waaroor n spreekwoordelike verhandeling geskryf sou kon word. Benewens sy onpeilbare groot invloed op die ganse Afrikaanse taal- en kultuurlewe, het die beskeie Gedenkschool en die opvoeding wat daar gegee is, dus in die Afrikaanse letterkunde n monumentale erfenis nagelaat? |
5,016 | nuusbrief2.txt | 80,916 | Die "Gedenkschool der Hugenoten" is in 1883 op inisiatief van ds. S.J. du Toit, leier van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) opgerig, met kragdadige steun van Die Afrikaanse Patriot. Dit moes dien as gedenkteken ter herinnering aan die koms van die Franse Hugenote na die Kaap twee eeue tevore. |
Subsets and Splits