document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
5,000 | hendrick.txt | 80,201 | Dit is reg - uit die rigting van 111 uit - agter die hostel - daai Murray & Roberts se hostel. |
5,000 | hendrick.txt | 80,202 | Goed, nou miskien moet ek vir u maar nou op hierdie stadium vra om te kyk na die plan wat ons het van die omgewing. Daar behoort 'n klein replika van die plan voor u te wees, indien nie, dan gaan ek vra dat onse ondersoekers dit vir u gee. |
5,000 | hendrick.txt | 80,203 | Goed daar is nou 'n kleiner replika van die groter sketsplan wat op die verhoog is, miskien kan u eers net daarna kyk en uself oriënteer sien u die twee strate NY1 en NY111 op die plan. |
5,000 | hendrick.txt | 80,204 | Dit is reg Edele. |
5,000 | hendrick.txt | 80,205 | Nou ons weet dat daar in NY1 'n brug is, in die lig van vroeër getuienis wat ons aangehoor het in die saak, kan u, uself oriënteer het u 'n idee waar die brug is op die - op die sketsplan? |
5,000 | hendrick.txt | 80,206 | Die brug sal hier bokant wees hier wat - naby wat die NY1 geskrywe is - teen daai kant sal die brug wees - die kant toe. |
5,000 | hendrick.txt | 80,207 | So net so onder die opskrif sketsplan. |
5,000 | hendrick.txt | 80,208 | Onder - dis reg. |
5,000 | hendrick.txt | 80,209 | As ek dit reg het, sou dit die noorde kant wees as 'n mens die windrigtings neem. |
5,000 | hendrick.txt | 80,210 | Die noordelike kant ja. |
5,000 | hendrick.txt | 80,211 | Dit sou noord wees daardie. |
5,000 | hendrick.txt | 80,212 | Is noord ja. |
5,000 | hendrick.txt | 80,213 | Nou net om te verduidelik hoe u beweeg het tot op die toneel - het u in NY1 langs gekom of in NY111 - hoe het u op die toneel gekom langs watter pad? |
5,000 | hendrick.txt | 80,214 | Vanaf - van die noorde kant daar. |
5,000 | hendrick.txt | 80,215 | So u het van noord na suid beweeg. |
5,000 | hendrick.txt | 80,216 | Oor die brug. |
5,000 | hendrick.txt | 80,217 | Oor die brug. |
5,000 | hendrick.txt | 80,218 | Goed, en waar het u - terloops het u bestuur of mnr Schilder. |
5,000 | hendrick.txt | 80,219 | Het hy bestuur? |
5,000 | hendrick.txt | 80,220 | Hy het bestuur. |
5,000 | hendrick.txt | 80,221 | Waar is u voertuig tot stilstand gebring op die toneel - in watter straat? |
5,000 | hendrick.txt | 80,222 | Is dit nog voordat 'n mens die interseksie kry soos jy ingekom het? |
5,000 | hendrick.txt | 80,223 | Voor jy die interseksie kry van 111 en NY1. |
5,000 | hendrick.txt | 80,224 | Goed, nou ek aanvaar u het toe uitgeklim uit die voertuig uit? |
5,000 | hendrick.txt | 80,225 | Dis reg ja. |
5,000 | hendrick.txt | 80,226 | En het u beweeg weg van die voertuig af? |
5,000 | hendrick.txt | 80,227 | In die rigting van 111. |
5,000 | hendrick.txt | 80,228 | Van 111 ja. |
5,000 | hendrick.txt | 80,229 | Goed, en waar - in watter straat het u vir Kaptein Kleyn gesien buite die voertuig? |
5,000 | hendrick.txt | 80,230 | As 'n mens nou na die plan kyk, noord is bo - suid is onder aan die regterkant is oos en aan die linkerkant is wes - aan watter kant van die interseksie in NY111 was Kaptein Kleyn. |
5,000 | hendrick.txt | 80,231 | Ek sal sê aan die - die weste kant - soos ons kyk na die plan aan die linkerkant. |
5,000 | hendrick.txt | 80,232 | Aan die linker - ja aan die linkerkant van daai plan. |
5,000 | hendrick.txt | 80,233 | Goed, so hy was iewers daar in NY111 en hy het buite die voertuig gestaan - ek aanvaar saam met ander kollegas van hom. |
5,000 | hendrick.txt | 80,234 | Sal u my net verskoon asseblief as die - as die linker - u is die - L/K op u regterkant. |
5,000 | hendrick.txt | 80,235 | Ja dis - nee - nee op die linkerkant hier by L/K se kant. |
5,000 | hendrick.txt | 80,236 | Ja die dis die linkerkant op daai kant ja. |
5,000 | hendrick.txt | 80,237 | Ja hy was daar gewees. |
5,000 | hendrick.txt | 80,238 | Goed nee ons verstaan mekaar baie dankie. Goed u het ook gesê dat u het opgemerk dat daar 'n persoon is wat in een van die hostelle staan en wat op die toneel af gekyk het. |
5,000 | hendrick.txt | 80,239 | Dit is reg ja. |
5,000 | hendrick.txt | 80,240 | Kan u, uself oriënteer op die plan en vir ons 'n aanduiding gee waar - waar min of meer het hierdie persoon gestaan. |
5,000 | hendrick.txt | 80,241 | Is hier op - dit sal nou wees op my regterkant se - op die hostel, in die hostel hier bo. Dit is by Dairy Belle. |
5,000 | hendrick.txt | 80,242 | Goed, maar in elk geval die persoon het, het hy bo-op een van die vloere gestaan. |
5,000 | hendrick.txt | 80,243 | Goed - goed en u is toe nou weg van die - nadat u gestaan het is u op pad weer terug na u voertuig toe. |
5,000 | hendrick.txt | 80,244 | Dit is reg ja. |
5,000 | hendrick.txt | 80,245 | En toe het u nou die persone opgemerk. |
5,000 | hendrick.txt | 80,246 | Voor ek - voor ek geloop het, het daar persone vanaf die weste kant gekom - agter die hostel om - sewe of agt stuks ja. En ek het geloop na die - na die kar toe terug en met - toe ek die deur oopmaak toe hoor ek skote klap, toe ek omdraai - toe ek teruggaan na die toneel toe, toe het daar - toe lê die mense daar reeds dood. |
5,000 | hendrick.txt | 80,247 | Nou u sê dat die persone het - waar u hulle gesien het, hulle was aan die weste kant van die interseksie gewees in NY111. |
5,000 | hendrick.txt | 80,248 | Dis reg ja. |
5,000 | hendrick.txt | 80,249 | Aan dieselfde kant waar - waar Kleyn was. |
5,000 | hendrick.txt | 80,250 | Dis reg ja. |
5,000 | hendrick.txt | 80,251 | Goed, nou voor die skietery gebeur het, voordat - voordat u skote gehoor het, het u enige waarskuwings gehoor wat geskree word - enige ander iets wat gesê word of was dit net skote wat u gehoor het. |
5,000 | hendrick.txt | 80,252 | Al wat ek gehoor het was net skote gewees. |
5,000 | hendrick.txt | 80,253 | Goed, u sê ook dat na die skietery het u van die liggame gesien. |
5,000 | hendrick.txt | 80,254 | Dis reg ja. |
5,000 | hendrick.txt | 80,255 | Van die oorledenes. |
5,000 | hendrick.txt | 80,256 | Dit is reg. |
5,000 | hendrick.txt | 80,257 | Kan u kyk na die plan en vir ons 'n idee gee waar die persone was wat u gesien het, die oorledenes wat u gesien het. |
5,000 | hendrick.txt | 80,258 | Kan ek maar die nommers noem solank. |
5,000 | hendrick.txt | 80,259 | Ja noem maar wat die nommers of die letters ook al is. |
5,000 | hendrick.txt | 80,260 | Ja hier by L en K - daar by L/K. |
5,000 | hendrick.txt | 80,261 | Net so 'n oomblik. So dis L/K. |
5,000 | hendrick.txt | 80,262 | Verskoon my by - is by H - G -G. |
5,000 | hendrick.txt | 80,263 | By G goed. |
5,000 | hendrick.txt | 80,264 | Neem maar u tyd kyk maar mooi na die plan daar is nie 'n haas nie. |
5,000 | hendrick.txt | 80,265 | Hier wat U is - U. |
5,000 | hendrick.txt | 80,266 | Ek is jammer herhaal net weer waarso? |
5,000 | hendrick.txt | 80,267 | By U - ja ek is amper self verlore nou. Ek wil hê u moet heeltemal seker maak of u die toneel reg vertolk soos hy op die sketsplan gegee word, soos ek sê neem u tyd en kyk goed na die toneel. En dan kan u vir ons verduidelik waar oral u mense gesien het - oorledenes gesien het. |
5,000 | hendrick.txt | 80,268 | Miskien wil u - miskien wil u daar is 'n baie groter sketsplan reg agter u, is baie meer gerieflik as die kleiner plan wat voor u geplaas is, so miskien kan u mnr Malebatse vir u daai 3B vir u net so bietjie draai na u toe. Dan kan u - dan kan u na die groot plan ook kyk dis makliker om op die groot plan te kyk eintlik - so daar agter u is die groot plan. |
5,000 | hendrick.txt | 80,269 | Dis reg so Edele. |
5,000 | hendrick.txt | 80,270 | Goed einde van Band 1, kant A all right kom ons - kom ons los die plan vir 'n oomblik - so as ek dit korrek verstaan dan het u lyke gesien - oorledenes gesien in die bos. |
5,000 | hendrick.txt | 80,271 | Daar in die omgewing en die ander het u gesien hier in die omgewing van die straat van die interseksie. |
5,000 | hendrick.txt | 80,272 | Dit is reg Edelagbare. |
5,000 | hendrick.txt | 80,273 | Goed, en ek aanvaar hulle was almal oorlede gewees. |
5,000 | hendrick.txt | 80,274 | Dis reg ja. |
5,000 | hendrick.txt | 80,275 | Goed, het u enige wapens opgemerk by - by hierdie liggame wat u gesien het. |
5,000 | hendrick.txt | 80,276 | Edele ja ek kan - wat ek onthou kan ek by L/K waar hulle gelê het, het ek gesien 'n handgranaat. |
5,000 | hendrick.txt | 80,277 | Ja by L/K waar hulle gelê het, was daar 'n handgranaat gewees. C/B - G, F, E, D en U kan ek nie sê nie, daar het ek nie gesien nie. |
5,000 | hendrick.txt | 80,278 | Vir 'n handgranaat - gesien hier by L/K het ek een onder so nog onder - daar was twee handgranate - een ons - een langs hulle gelê. |
5,000 | hendrick.txt | 80,279 | So behalwe vir dit het u een ander - ander wapens gesien nie. |
5,000 | hendrick.txt | 80,280 | Ander [onduidelik] gesien nie. |
5,000 | hendrick.txt | 80,281 | Goed, nou die skietvoorval self of die skietery self het u nie veel van gesien nie. |
5,000 | hendrick.txt | 80,282 | Goed, nou het u enige vooraf kennis gehad dat daar die optrede gaan wees deur die polisie op hierdie toneel. |
5,000 | hendrick.txt | 80,283 | Geensins Edele - geensins. |
5,000 | hendrick.txt | 80,284 | Miskien kan ek u net vra om kommentaar te lewer oor getuienis wat ons alreeds gehoor het, van Kaptein Kleyn wie erken dat hy op daai toneel was en wat vir ons vertel het laaste keer wat volgens hom nou daar gebeur het op die toneel - net miskien een aspek. Kaptein het vir ons vertel dat net voordat die skietery gebeur het, het hy in sy voertuig gery, hulle het daar in die omgewing van daai interseksie het hulle met hulle voertuig beweeg. Hy sê inderdaad hulle het daar in NY111 het hulle gery en op 'n stadium toe hy nou daar naby die interseksie kom, het hy nou mense agterdogtig - of agtertogwekkende mense - mense wat sy agterdog gewek het, gesien en toe het hulle nou hulle voertuig gestop en hy het uitgeklim om die mense te gaan konfronteer en toe gooi iemand 'n handgranaat en toe is daar is daar nou 'n hele skietery. |
5,000 | hendrick.txt | 80,285 | Maar nou die kommentaar wat ek wil hoor is - hy sê dat hy het gery in 'n voertuig en gestop net voor die skietery om die mense te gaan - wat daar in die straat loop te gaan konfronteer. Maar stem dit ooreen met u waarnemings. |
5,000 | hendrick.txt | 80,286 | Ek het dit nie gesien nie, ek kan nie daarvan verklaar nie Edele ek wet nie - dit het ek nie gesien nie. |
5,000 | hendrick.txt | 80,287 | U sê u het hom - u het hom nie binne-in 'n voertuig gesien nie. |
5,000 | hendrick.txt | 80,288 | Nie wat ek daar gekom het nie. |
5,000 | hendrick.txt | 80,289 | En u was vir 'n paar minute op die toneel voordat u teruggestap het na u voertuig toe. |
5,000 | hendrick.txt | 80,290 | Dit is reg ja. |
5,000 | hendrick.txt | 80,291 | En in daai tyd was Kaptein Kleyn die heeltyd op die toneel. |
5,000 | hendrick.txt | 80,292 | Was hy daar op die toneel gewees ja. |
5,000 | hendrick.txt | 80,293 | Buite - buitekant - buite die voertuig. |
5,000 | hendrick.txt | 80,294 | Dis korrek ja. |
5,000 | hendrick.txt | 80,295 | Goed, het enige van die ondersoekbeamptes wat met die saak belas was, op enige stadium vir u genader vir 'n verklaring - ons weet daar was geregtelike doodsondersoeke gewees, twee van hulle en ons weet ook daar was 'n kriminele verhoor gewees op 'n stadium. |
5,000 | hendrick.txt | 80,296 | Het enige iemand doer die tyd vir u genader van die ondersoekbeamptes om 'n verklaring te gee. |
5,000 | hendrick.txt | 80,297 | Hoe het dit gebeur dat die Waarheidskommissie by u uitgekom het? |
5,000 | hendrick.txt | 80,298 | Ek het 'n oproep gekry by my werk - ek - dat mense my sal kom sien, het hulle my gevra waar by die werk of by die huis. Ek het [onduidelik] by my huis en hulle was daar gewees, ek dink dit was Novembermaand [onduidelik] en hulle het toe gekom. Het hulle my verduidelik en vir my gesê dat hulle my op videoband gesien het - so het ek die verklaring vir hulle gegee. |
5,000 | hendrick.txt | 80,299 | So die personeel van die Kommissie het vir u genader en gesê dat u was opgemerk op die video. |
5,000 | hendrick.txt | 80,300 | Dis reg ja. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.