document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
4,992
bothma.txt
79,293
Hy het weggekom so ver as wat dit u aanbetref.
4,992
bothma.txt
79,294
Wat my aanbetref.
4,992
bothma.txt
79,295
En u kan ook nie sê of die ander twee ook weggekom het en of hulle doodgeskiet was of nie.
4,992
bothma.txt
79,296
So dis moontlik dat uit daai groep van vier dit net die handgranaatgooier was wat doodgeskiet was en die ander drie kon weggehardloop het.
4,992
bothma.txt
79,297
Daar is - weet ons op die getuienis is daar uiteindelik drie liggame gekry in die omgewing of in die rigting min of meer waarin hierdie vier persone sou gehardloop het.
4,992
bothma.txt
79,298
Ek weet nie Edele regtig ek weet nie.
4,992
bothma.txt
79,299
Maar selfs - selfs as ons aanvaar dat dit die groep was, dat hierdie drie oorledenes is deel van daai groep wat u gekonfronteer het dan is daar nog een wat weggekom het hierso.
4,992
bothma.txt
79,300
Ja ek meen kyk daar is nou - daar is vier persone wat vlug in die rigting van die bosse en later is daar drie lyke gekry in daai omgewing.
4,992
bothma.txt
79,301
Dis reg Edelagbare.
4,992
bothma.txt
79,302
Een weet ons is die handgranaatgooier.
4,992
bothma.txt
79,303
U het hom geïdentifiseer, die ander twee aanvaar ek u kan nie hulle - u kan nie vir ons help met hulle identiteit nie.
4,992
bothma.txt
79,304
Maar dan sou daar een van daai groep - minstens een weggekom het.
4,992
bothma.txt
79,305
Dit lyk so ja.
4,992
bothma.txt
79,306
Goed, daar is 'n persoon wat aangetref was by Punt no P, op die sketsplan, as u dit net kan kry - het u Punt P daar.
4,992
bothma.txt
79,307
Ek het punt P.
4,992
bothma.txt
79,308
Nou dit blyk op die getuienis tot op hierdie stadium dat dit die persoon is wat deur Kaptein Kleyn geskiet was. Kan u onthou of dit die handgranaatgooier is of wat?
4,992
bothma.txt
79,309
Ek glo so, want onmiddellik na die algemene skietery stil geraak het, het ons na hom toe gestap saam met die Kaptein en na hom - na die persoon toe gegaan en hy was toe duidelik dood.
4,992
bothma.txt
79,310
Nee hy was heeltemal 'n ent van die bosse af.
4,992
bothma.txt
79,311
So ons - dit lyk ons praat van dieselfde persoon.
4,992
bothma.txt
79,312
Dis reg Edele.
4,992
bothma.txt
79,313
En dit was die handgranaatgooier gewees.
4,992
bothma.txt
79,314
Want u het later daarnatoe gestap en hom gesien dood lê daar.
4,992
bothma.txt
79,315
Kan ek net vir u kommentaar want u het die getuienis ook self gehoor u was gister hier gewees toe die eerste getuie, een van u kollegas wel een van u - u is nou nie meer 'n polisiebeampte nie, maar op daai stadium was hy ook 'n polisiebeampte gewees - sou ook een van u kollegas gewees het.
4,992
bothma.txt
79,316
U het sy getuienis gehoor dat toe hy op die toneel aankom voor die skietery, het Kaptein Kleyn buite gestaan nie in 'n voertuig was nie, maar hy was buite gewees daar in die omgewing van die betrokke toneel.
4,992
bothma.txt
79,317
Ek het gehoor hy sê dit Edelagbare.
4,992
bothma.txt
79,318
Kan u dit in herinnering roep?
4,992
bothma.txt
79,319
U kan nie.
4,992
bothma.txt
79,320
Ek glo hy kon 'n fout gemaak het.
4,992
bothma.txt
79,321
Wat se fout dink sou hy - kon hy gemaak het?
4,992
bothma.txt
79,322
Hy het gepraat van die skietery wat daar aangegaan het en op daai stadium was alles verby.
4,992
bothma.txt
79,323
Was - ek is jammer op daai stadium was alles oor?
4,992
bothma.txt
79,324
Dit was - die groot skietery was verby - daar was wel skote agterna nog in die bos se rigting, ek verneem gister was dit genoem dit was 'n hond wat daar geskiet was. So ek wonder of hy nie die skote verwar nie.
4,992
bothma.txt
79,325
Ken u hom?
4,992
bothma.txt
79,326
Het u hom - ken u hom voor gister?
4,992
bothma.txt
79,327
Baie goed - ons ken mekaar jare.
4,992
bothma.txt
79,328
Is dit - o! ja u was mos deel van dieselfde - u was ook in Moord- en Roof.
4,992
bothma.txt
79,329
Hy was Moord- en Roof saam met my - en ag ek ken hom van voor daai tyd af.
4,992
bothma.txt
79,330
Want ek dink ons moet minstens aanvaar dat hy sou nou nie vir Kaptein Kleyn verwar het met iemand anders nie, ek meen hy behoort Kaptein Kleyn goed te geken het, ek meen hulle het saam gewerk lyk dit - in dieselfde eenheid van Moord- en Roof.
4,992
bothma.txt
79,331
Dis reg ja.
4,992
bothma.txt
79,332
Dit lyk asof julle onder in die groot eenheid het julle kleiner eenhede gehad lyk dit en dit lyk asof hy en Kaptein Kleyn in dieselfde sub eenheid saam gewerk het.
4,992
bothma.txt
79,333
Dis reg ja.
4,992
bothma.txt
79,334
Want u sien ons moet - ons moet handel met daardie getuienis so u sê dat hy kon miskien na die skietery aangekom het daarso - na die groot skietery.
4,992
bothma.txt
79,335
Ek glo want die posisie wat hy beskryf dit sou uiters gevaarlik gewees het vir die skoot - die skietery aangegaan het.
4,992
bothma.txt
79,336
Goed, daar is een ander aspek wat ek graag u wil na toe verwys, weer eens op die plan by Punt L en K as u dit net kan kry op die plan het u L en K daarso.
4,992
bothma.txt
79,337
Dis reg Edelagbare.
4,992
bothma.txt
79,338
Dis hier nader na die interseksie toe. Nou daar is 'n oorledene gekry op daai punt.
4,992
bothma.txt
79,339
Het u daardie liggaam gesien daar?
4,992
bothma.txt
79,340
Ek het daar verbygestap ja.
4,992
bothma.txt
79,341
Het u daai skietery gesien?
4,992
bothma.txt
79,342
Het u enige idee wie daai persoon geskiet het?
4,992
bothma.txt
79,343
Nie 'n idee nie.
4,992
bothma.txt
79,344
Want u sien u het vir ons gesê dat u was nader na die interseksie toe as wat die voertuig op die plan aangedui was - aangedui word vroeër nie waar nie - korrek?
4,992
bothma.txt
79,345
En eintlik net om dit ook duidelik te maak die idee van u plan was nooit eintlik om te wys presies waar u voertuig gewees het nie, dis maar net om u voertuig op die toneel te plaas.
4,992
bothma.txt
79,346
Dis reg ja.
4,992
bothma.txt
79,347
Die punt wat nou - die vaste punt amper as ek dit so mag noem is hierdie - is hier waar die ontploffing hier by N - waar die ontploffing plaasgevind het.
4,992
bothma.txt
79,348
Dis reg ja.
4,992
bothma.txt
79,349
So - so u getuienis is dat u voertuig was meer na regs op die plan nader na die interseksie toe gewees.
4,992
bothma.txt
79,350
Dis heeltemal reg.
4,992
bothma.txt
79,351
So - so u moes redelik naby gewees het aan die punt waar die persoon geskiet was by L en K - en u het ook vir ons gesê dat u het nooit weg beweeg van daai [onduidelik] af nie.
4,992
bothma.txt
79,352
Nee ek het nooit weg beweeg nie. Ek was - nou moet u onthou die motor is nou tussen my en die hoek. Ek het agter die motor gebly - so selfs sou ek soontoe gekyk het, twyfel ek, of ek enige iets sou kon gesien het want die kar sou my uitsig belemmer het.
4,992
bothma.txt
79,353
Het u - het u gebly lê of het u opgestaan of wat?
4,992
bothma.txt
79,354
Ek het plat gebly lê - want die geskietery was oorweldigend en dit - ek was nie seker van waar af kom dit nie, ek het net geweet die veilige plek is nou op die grond.
4,992
bothma.txt
79,355
En wanneer het u opgestaan?
4,992
bothma.txt
79,356
Toe die skietery verby is.
4,992
bothma.txt
79,357
Toe dit stil raak.
4,992
bothma.txt
79,358
Dis reg ja.
4,992
bothma.txt
79,359
Goed, toe u opstaan toe het u hierdie liggaam gesien hier by L en K.
4,992
bothma.txt
79,360
Nee toe het ons eers gestap na die een toe wat Kaptein Kleyn gesê het ons moet gaan kyk of die man wat hy geskiet wat die handgranaat gegooi het, ons stap toe [onduidelik] en ons kom van hom af terug en op pad terug, toe sien ek die persoon hier lê. En toe lê hier op die kruising ook nog iemand en daar het ook twee mense gelê.
4,992
bothma.txt
79,361
Nou - nou ek stel net belang in L en K eintlik, het u hierdie voertuig J wat net so verby die interseksie is, in NY1 het u dit opgemerk?
4,992
bothma.txt
79,362
Na alles verby was het hy daar gestaan.
4,992
bothma.txt
79,363
So hy was daar - hy was daar op die toneel op daai punt soos dit aangedui word hierso.
4,992
bothma.txt
79,364
Dis reg - min of meer ja.
4,992
bothma.txt
79,365
Min of meer - ja. Goed, toe u by hierdie liggaam by L en K kom, wie het u daar gekry, wie van u kollegas was daar gewees?
4,992
bothma.txt
79,366
Ek dink nie daar was iemand nie.
4,992
bothma.txt
79,367
Daar was hoegenaamd niemand by daai liggaam nie.
4,992
bothma.txt
79,368
Ek weet nie.
4,992
bothma.txt
79,369
As synde die persoon wat - of persone wat hierdie persoon geskiet het by L en K nie.
4,992
bothma.txt
79,370
Dit sal 'n mens by die ondersoekbeampte moet uitvind.
4,992
bothma.txt
79,371
Nee - nee ek vra nou van u, u was daar op die toneel gewees.
4,992
bothma.txt
79,372
Ja-nee ek het daar niemand gesien nie.
4,992
bothma.txt
79,373
So daai liggaam het alleen gelê daarso?
4,992
bothma.txt
79,374
Dis reg ja.
4,992
bothma.txt
79,375
Niemand het enige spesifieke aandag aan daai liggaam gegee nie?
4,992
bothma.txt
79,376
U was - was dit u en Kaptein Kleyn en Coetzee wat by die liggaam was?
4,992
bothma.txt
79,377
Ons het daar verby gestap ja.
4,992
bothma.txt
79,378
U het verby gestap?
4,992
bothma.txt
79,379
U het nie - u het nie daar gebly staan om te kyk wat gaan daar aan nie.
4,992
bothma.txt
79,380
Mens staan mos maar bietjie, jy kyk en dan stap jy aan.
4,992
bothma.txt
79,381
U het daar vir 'n rukkie vertoef.
4,992
bothma.txt
79,382
Vir 'n oomblik ja.
4,992
bothma.txt
79,383
Het u nie gevra daar rond nie, maar yes jong wie het die man geskiet, waarvandaan kom die man dan nou?
4,992
bothma.txt
79,384
Ja maar ek meen vergeet nou maar van die ander mense, ek praat nou net van L en K.
4,992
bothma.txt
79,385
Nee wat ek het geglo daar is op hom geskiet, daar moes op hom geskiet gewees het, hy is dood.
4,992
bothma.txt
79,386
Ja - ja nee daar is geen twyfel daaraan nie.
4,992
bothma.txt
79,387
Waarvandaan hy kom weet ek nie.
4,992
bothma.txt
79,388
Ek meen wie het die man geskiet of het iemand een van onse kollegas dood geskiet of dalk hier na die voertuie toe gegaan om te sien wat aangaan of met iemand probeer praat.
4,992
bothma.txt
79,389
Ek het geen ondersoek ingestel nie.
4,992
bothma.txt
79,390
U het niks - u het nie belang gestel daarin nie.
4,992
bothma.txt
79,391
Mens stel belang maar wat - jy - wat kan jy daaraan doen Die enigste belangstelling wat ek gehad het is om te kyk daarna en ons het weggestap en aangestap na die kruising toe?
4,992
bothma.txt
79,392
So het u - het u aanvaar dis een van die aanvallers of het u nie gedink maar miskien is die nie een van die siviele persone op die toneel wat in die kruisvuur vasgevang was nie.