document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
4,992 | bothma.txt | 79,193 | Dis reg ja. |
4,992 | bothma.txt | 79,194 | En u was op 'n sekere punt geplaas juis om mense wat mag ontvlug af te sny nie waar nie. |
4,992 | bothma.txt | 79,195 | Dis reg ja. |
4,992 | bothma.txt | 79,196 | So as deel van u beplanning het u voorsien vir mense wat moontlik kan weghardloop van die toneel af. |
4,992 | bothma.txt | 79,197 | En u het basies die toneel omsingel nie waar nie. |
4,992 | bothma.txt | 79,198 | Ons moes op een punt bly ja - hulle sou na ons toe kom as daar 'n aanval sou gewees het. |
4,992 | bothma.txt | 79,199 | Moes ons [onduidelik] moes ons verhoed dat hulle wegkom. |
4,992 | bothma.txt | 79,200 | Ja maar dis die punt wat ek aan u stel is die toneel was basies omsingel deur polisiebeamptes. |
4,992 | bothma.txt | 79,201 | Op daai stadium het ek nie geweet of hulle al onttrek het nie Edelagbare want hulle het reeds 'n instruksie gehad om te onttrek. |
4,992 | bothma.txt | 79,202 | En ons het onttrek en toe na die uitgebrande voertuig loop kyk, en daarna teruggekom op pad nou huis toe. |
4,992 | bothma.txt | 79,203 | Maar nou - u het 'n - u het 'n radio in u voertuig nè. |
4,992 | bothma.txt | 79,204 | Daar was 'n radio in u voertuig. |
4,992 | bothma.txt | 79,205 | Daar was 'n radio ja. |
4,992 | bothma.txt | 79,206 | Goed, het u toe probeer om hierdie berig op te volg - gevra wat moet ons nou doen, waar is julle - waar is die res van julle kollegas? |
4,992 | bothma.txt | 79,207 | Nee ek het agter in die kar gesit en ek het nie daaraan gedink nie. |
4,992 | bothma.txt | 79,208 | U het niks gedoen nie? |
4,992 | bothma.txt | 79,209 | En die Kaptein Kleyn - wat het hy gedoen? |
4,992 | bothma.txt | 79,210 | Hy het ook niks gedoen nie, hy het net gesê ons kan hulle nie vir veiligheidsredes kan ons hulle nie hier konfronteer nie. |
4,992 | bothma.txt | 79,211 | So hy het gesê maar ons kan hulle nie hier konfronteer nie. |
4,992 | bothma.txt | 79,212 | Dis te naby aan die bos, dis onnodig gevaarlik. |
4,992 | bothma.txt | 79,213 | U is seker daarvan. |
4,992 | bothma.txt | 79,214 | Dis reg ja. |
4,992 | bothma.txt | 79,215 | U kan dit goed onthou? |
4,992 | bothma.txt | 79,216 | Ek onthou goed. |
4,992 | bothma.txt | 79,217 | U weet u is onder eed? |
4,992 | bothma.txt | 79,218 | Goed, nou beweeg u in NY1 en die mense is uit u sig uit en u beweeg nou weer terug na NY111. |
4,992 | bothma.txt | 79,219 | Dis reg ja. |
4,992 | bothma.txt | 79,220 | En u sien hulle weer daarso. |
4,992 | bothma.txt | 79,221 | Wat doen u toe? |
4,992 | bothma.txt | 79,222 | Ons ry toe by hulle verby - dit was toe die bespreking, dit was instruksies van Kaptein Kleyn, ry by hulle verby, draai en laat ons hulle van voor af nader. |
4,992 | bothma.txt | 79,223 | So nou gaan u hulle van voor af konfronteer. |
4,992 | bothma.txt | 79,224 | Goed, het Kaptein Kleyn toe nou opdrag gegee vir Coetzee om die voertuig stil te laat staan. |
4,992 | bothma.txt | 79,225 | Hy het gesê stop ver voor hulle. |
4,992 | bothma.txt | 79,226 | En toe klim Kleyn alleen uit? |
4,992 | bothma.txt | 79,227 | Dis reg ja. |
4,992 | bothma.txt | 79,228 | Met sy vuurwapen getrek. |
4,992 | bothma.txt | 79,229 | In sy hand ja. |
4,992 | bothma.txt | 79,230 | En kommunikeer hy met die groepie op enige manier? |
4,992 | bothma.txt | 79,231 | Het hy vinnig uitgespring of wat het gebeur? |
4,992 | bothma.txt | 79,232 | Hy was in die posisie om uit te klim toe die gooi van die handgranaat kom en daarna gebeur dit net vinnig, toe duik hy plat weg - toe ons besef wat aangaan, kar - gesê trek die kar vorentoe. |
4,992 | bothma.txt | 79,233 | O! so hy het nog - hy was nog in die proses om uit te klim. |
4,992 | bothma.txt | 79,234 | Dis reg ja Edele. |
4,992 | bothma.txt | 79,235 | Toe word die handgranaat gegooi. |
4,992 | bothma.txt | 79,236 | Dis reg ja. |
4,992 | bothma.txt | 79,237 | Goed, Kaptein Kleyn duik nou op die grond en die voertuig beweeg 'n bietjie vorentoe as ek u korrek verstaan het. |
4,992 | bothma.txt | 79,238 | Dis reg ja. |
4,992 | bothma.txt | 79,239 | En wat gebeur toe? |
4,992 | bothma.txt | 79,240 | Toe die ontploffing - saam met die ontploffing het ek uitgespring agter uit - dit is feitlik dieselfde tyd wat die handgranaat afgaan was ek besig om uit te klim aan die regterkant daarvan. |
4,992 | bothma.txt | 79,241 | Goed, en u skiet toe nou soos u vir ons verduidelik het. |
4,992 | bothma.txt | 79,242 | U skiet toe op iemand soos u vir ons verduidelik het. |
4,992 | bothma.txt | 79,243 | Dis heeltemal reg ja. |
4,992 | bothma.txt | 79,244 | En u het gebly min of meer in daardie omgewing waar u voertuig was. |
4,992 | bothma.txt | 79,245 | Die hele tyd ja. |
4,992 | bothma.txt | 79,246 | U het nie agter die voortvlugtendes aangehardloop nie. |
4,992 | bothma.txt | 79,247 | Het enige een van Coetzee of Kaptein Kleyn agter die mense aangehardloop? |
4,992 | bothma.txt | 79,248 | So u het - Kaptein Kleyn weet ons het gevuur - het Coetzee gevuur? |
4,992 | bothma.txt | 79,249 | Hy het gevuur ja. |
4,992 | bothma.txt | 79,250 | So al drie van u het gevuur. |
4,992 | bothma.txt | 79,251 | Dis reg Edelagbare. |
4,992 | bothma.txt | 79,252 | Op die voortvlugtende persone? |
4,992 | bothma.txt | 79,253 | Ek glo hulle het op die handgranaat man - wat die handgranaat gegooi het, geskiet. Ek weet nie, maar ek glo hulle het [onduidelik] op hom geskiet, ek het die een geskiet wat na my geskiet het. |
4,992 | bothma.txt | 79,254 | Het - kyk daar was omtrent so vier - vyf het u gesê in die groepie nè. |
4,992 | bothma.txt | 79,255 | In daai stadium dink ek was daar net vier. |
4,992 | bothma.txt | 79,256 | Net vier gewees. |
4,992 | bothma.txt | 79,257 | Dit is reg. |
4,992 | bothma.txt | 79,258 | Toe u hulle konfronteer. |
4,992 | bothma.txt | 79,259 | Het al vier van hulle toe in die rigting van die bosse gehardloop? |
4,992 | bothma.txt | 79,260 | Wat het gebeur? |
4,992 | bothma.txt | 79,261 | Op daai stadium toe lê ek plat, en ek het net die wat in my gesig is, gesien, dit was twee. Links - meer links het die handgranaat man en twee het soos - in 'n wig weggehardloop van mekaar in die rigting van die bos. |
4,992 | bothma.txt | 79,262 | So twee hardloop in die rigting van die bosse. |
4,992 | bothma.txt | 79,263 | En die handgranaat man, wat van hom? |
4,992 | bothma.txt | 79,264 | Hy het aan die linkerkant - ook in dieselfde rigting gehardloop. |
4,992 | bothma.txt | 79,265 | In die rigting van die bosse. |
4,992 | bothma.txt | 79,266 | Het u die persoon gesien wat die handgranaat gegooi het? |
4,992 | bothma.txt | 79,267 | Dis reg Edelagbare hy het net die handgranaat gegooi en dadelik beginne hardloop. Hy het 'n bietjie voor die ander weggevlug. |
4,992 | bothma.txt | 79,268 | Maar het u - u het nie na hom geskiet nie. |
4,992 | bothma.txt | 79,269 | U het na iemand anders geskiet. |
4,992 | bothma.txt | 79,270 | Dis reg ja. |
4,992 | bothma.txt | 79,271 | Die ander man was voor my, hy is meer in my gesigslyn en hy het na my geskiet. |
4,992 | bothma.txt | 79,272 | Het hy eers na u geskiet of het u eers na hom geskiet? |
4,992 | bothma.txt | 79,273 | Hy het eers na my geskiet - hy het [onduidelik] gekom - toe skiet hy na my - toe antwoord ek sy vuur. |
4,992 | bothma.txt | 79,274 | Het u hom raak geskiet? |
4,992 | bothma.txt | 79,275 | Ek glo nie Edele. |
4,992 | bothma.txt | 79,276 | Hy het nie geval nie, daar was nie 'n teken dat ek kon glo ek het hom raak geskiet nie. |
4,992 | bothma.txt | 79,277 | Het hy net aan - het hy weggehardloop of wat? |
4,992 | bothma.txt | 79,278 | Hy hardloop toe weg ja. |
4,992 | bothma.txt | 79,279 | U skiet op hom maar u kan hom nie tref nie. |
4,992 | bothma.txt | 79,280 | Of hy val nie? |
4,992 | bothma.txt | 79,281 | Hy het nie geval nie, daar was - ek kon nie 'n afleiding maak dat ek hom wel raak geskiet het nie. |
4,992 | bothma.txt | 79,282 | Het u later gekyk na die liggame wat op die toneel gelê het. |
4,992 | bothma.txt | 79,283 | Ons het na die een gaan kyk wat by die - die handgranaat gegooi het en dan die ander wat daar in die pad af gelê het, in die bos het ek nie gegaan nie. |
4,992 | bothma.txt | 79,284 | So is die enigste liggaam van die vier wat - was dit die handgranaatgooier wat u toe later gesien het. |
4,992 | bothma.txt | 79,285 | Dis reg - dis reg ja. |
4,992 | bothma.txt | 79,286 | U het nie een van die ander drie gesien. |
4,992 | bothma.txt | 79,287 | Liggame gesien nie. |
4,992 | bothma.txt | 79,288 | Nee ek het nie. |
4,992 | bothma.txt | 79,289 | U kan nie sê of daai - enige een van daai drie doodgeskiet was op die toneel nie. |
4,992 | bothma.txt | 79,290 | Ek weet nie, ek kon hulle nie identifiseer nie my aandag was net op die een wat op my geskiet het. |
4,992 | bothma.txt | 79,291 | En - en daardie een wat op u geskiet het, hy was definitief nie onder die wat oorlede was nie. |
4,992 | bothma.txt | 79,292 | Nie daar nie - ek weet nie waar hy miskien oorlede gewees het nie, maar hy het weggekom. |
Subsets and Splits