document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
4,992
bothma.txt
79,093
Voormelde verklaring wil ek verduidelik waarom ek die stelling gemaak het, dat dit nie die aangewese tyd was on die swartmans te konfronteer nie. Indien konfrontasie op daardie punt sou plaasvind en hulle sou weghardloop die agtervolging in die bos, moeilik en onnodig gevaarlik sou wees.
4,992
bothma.txt
79,094
Die gebou waarna verwys word in die sewende reël van hierdie paragraaf is die gebou op die Suid-westelike hoeke van waar NY1 en NY111 kruis. Die groep het vanaf NY1 na NY111 uit sig verdwyn van waar ons in NY1 ten suide van die kruising was.
4,992
bothma.txt
79,095
Toe ons uit NY1 by NY111 in draai het die groep van vier swartmans op die noorde kant van die pad in 'n westelike rigting gestap.
4,992
bothma.txt
79,096
In die laaste paragraaf verwys ek na skietery in my rigting. Een van die drie swartmans wie op hierdie stadium in die rigting van die bos gehardloop het, het met 'n pistool in sy regterhand oor sy linkerskouer in ons rigting gevuur, 2 of 3 skote terwyl hy voort hardloop. Die ander een was aan my regterkant.
4,992
bothma.txt
79,097
Die persoon na wie ek in die eerste sin in hierdie paragraaf verwys, word op foto nr 6, 35, 36, 42 aangedui deur die letter M.
4,992
bothma.txt
79,098
Ek was op hierdie stadium oortuig dat hierdie swartmans lede van die terroriste groep was wie die polisiebussie sou aanval.
4,992
bothma.txt
79,099
Daar was genoem, ek kan nie presies sê wie nie maar daar was genoem gewees dat daar twee informante in die bussie sal wees - daar moet met groot omsigtigheid opgetree word.
4,992
bothma.txt
79,100
Dis reg ja.
4,992
bothma.txt
79,101
Hy het die deur oopgemaak - ek glo hy het - sy pistool in sy hand gewees, ek glo hy wou hulle gekonfronteer het. Op daardie oomblik het iemand - een van die drie of vier - iets na die kar gegooi, ek kon hoor hy val erens teen die kar of in die kar.
4,992
bothma.txt
79,102
En Kaptein Kleyn duik weg, van die voertuig af, plat geval. Op daai stadium het Coetzee die kar vinnig vorentoe getrek. Ek glo ek het gesê vir hom die ding is onder die kar of dalk in die kar - gee pad vorentoe en hy het toe so 'n kar-lengte of ietsie vorentoe getrek.
4,992
bothma.txt
79,103
Dit - dis reg Edele.
4,992
bothma.txt
79,104
Die ontploffing was geweldig - dit was die eerste handgranaat wat ek van naby hoor.
4,992
bothma.txt
79,105
Waar die handgranaat die deur getref het ja.
4,992
bothma.txt
79,106
Dit was voor die ontploffing - dit was die gooi van.
4,992
bothma.txt
79,107
Ja ek het uitgespring.
4,992
bothma.txt
79,108
So - soos die plan hier aangedui het, is hy nie soos hy gestaan het na die ontploffing nie - ek glo die plan was so opgetrek net om aan te dui waar die granaat geval het nadat hy die voertuig - teen die voertuig gebots het. Die voertuig was veel vorentoe.
4,992
bothma.txt
79,109
Die persoon na wie ek geskiet het, het hier rond gelê - hier - tussen die handgranaat ontploffing hy het hier afgekom - die motor het hier rond gestaan, Kaptein Kleyn het daar gelê en ek was skuins agter die kar.
4,992
bothma.txt
79,110
Herhaal net asseblief.
4,992
bothma.txt
79,111
Nee - nee ek het hom nie gesien nie.
4,992
bothma.txt
79,112
Dis reg Edelagbare.
4,992
bothma.txt
79,113
Die een het na my geskiet - ek het sy vuur geantwoord, hy het omgedraai, sy regterhand op sy linkerskouer gesit en aangehou skiet. Ek het nog vinnig 'n paar skote geskiet en op daai stadium platgeval.
4,992
bothma.txt
79,114
Toe gaan daar 'n groot geskietery af.
4,992
bothma.txt
79,115
Net op hom.
4,992
bothma.txt
79,116
Die eerste skote ongeveer ses meter - daarna ongeveer seker tot tien meter. Toe het ek gestaak, want toe gaan daar - dit was toe onmoontlik vir my om hom in te haal om hom te arresteer as gevolg van die ander skietery daar.
4,992
bothma.txt
79,117
Nee hy was by - by N.
4,992
bothma.txt
79,118
Nee M was of liewer die - waar hy die kar gevang het was op die deur. Hierdie wys nie so aan nie.
4,992
bothma.txt
79,119
Toe ons hulle die eerste keer gesien het, was hulle vyf.
4,992
bothma.txt
79,120
Mnr Bothma kan u net vir ons 'n meer duidelike uiteensetting gee van hoe die groepie persone beweeg het. Begin waar u hulle vir die eerste keer gesien het.
4,992
bothma.txt
79,121
Hulle het gestap met hulle hande in hulle sakke in die rigting van NY1 se kruising en NY111.
4,992
bothma.txt
79,122
So hulle was in NY111.
4,992
bothma.txt
79,123
En hulle loop in die rigting van die kruising van NY111 en NY1.
4,992
bothma.txt
79,124
Dis reg ja.
4,992
bothma.txt
79,125
In watter rigting is dit - watter windrigting is dit?
4,992
bothma.txt
79,126
Ek dink dis wes.
4,992
bothma.txt
79,127
Kyk op die plan daarso dan gee u vir ons 'n aanduiding, is dit soos 'n mens na die plan kyk van links na regs of van regs na links.
4,992
bothma.txt
79,128
As ons die plan voor ons het dan is aan my regterkant is waar die bosse was, wat ons verbygeloop het.
4,992
bothma.txt
79,129
Ja nee maar wag kom ons - ons sal nou by die bosse kom, kom ons praat nou eers van hoe die mense gestap het in NY111.
4,992
bothma.txt
79,130
Soos 'n mens na die plan kyk het hulle gestap van regs na links of van links na regs.
4,992
bothma.txt
79,131
Van regs na links.
4,992
bothma.txt
79,132
Van regs na links - goed. So met ander woorde hulle was aan die oostelike kant van die interseksie tussen 111 en NY1. Met ander woorde aan die regterkant soos ons kyk.
4,992
bothma.txt
79,133
Ja dis reg.
4,992
bothma.txt
79,134
Regterkant soos ons kyk na die plan.
4,992
bothma.txt
79,135
Is dit korrek?
4,992
bothma.txt
79,136
Goed, en waar is u voertuig toe?
4,992
bothma.txt
79,137
Ons voertuig beweeg in die pad af by hulle verby.
4,992
bothma.txt
79,138
In die teenoorgestelde rigting?
4,992
bothma.txt
79,139
Nee dieselfde rigting.
4,992
bothma.txt
79,140
Aan watter kant van NY111 stap die groepie persone?
4,992
bothma.txt
79,141
Aan die verste kant.
4,992
bothma.txt
79,142
Aan die verste kant.
4,992
bothma.txt
79,143
Waar C en B staan sou hulle aan die voorkant by C en B gewees het en A sal ongeveer hier wees waar ons voertuig gestaan het.
4,992
bothma.txt
79,144
Nee maar wag eers laat ek miskien verduidelik dat ons nou nie bymekaar verby praat nie. Hulle beweeg in NY111 van regs na links weet ons, aan die regterkant van die interseksie soos ons kyk na die plan. Aan watter kant van die pad soos hulle nou af beweeg is dit aan die soos hulle beweeg aan die linkerkant van die pad of aan die regterkant van die pad. Met ander woorde waar die bosse is of waar hierdie gebou is.
4,992
bothma.txt
79,145
Waar die bos is - waar die bosse is, die regterkant.
4,992
bothma.txt
79,146
Goed, ons weet dis die - dis die noordekant van die plan. All right so hulle beweeg aan die bosse se kant aan die noordekant van NY111.
4,992
bothma.txt
79,147
En u beweeg aan die suidekant van die pad met ander woorde aan die geboue se kant.
4,992
bothma.txt
79,148
Goed, so u nader hulle van agter af. U nader hulle van agter af.
4,992
bothma.txt
79,149
Dis reg ja.
4,992
bothma.txt
79,150
Goed, nou was daar nou enige suspisie op daai stadium toe u - toe u hulle nou vir die eerste maal sien - kyk u kom van agter af aan en hier stap die mense in die pad af.
4,992
bothma.txt
79,151
Dit het - hulle het suspisieus gelyk.
4,992
bothma.txt
79,152
Die manier wat hulle, hulle hande in hulle sak geloop het.
4,992
bothma.txt
79,153
Asof jy iets versteek of iets moeilik dra.
4,992
bothma.txt
79,154
In hulle sakke in.
4,992
bothma.txt
79,155
Het elkeen van hulle met hande in die sakke gestap?
4,992
bothma.txt
79,156
Ek sal nie sê elkeen nie, ek het nie elkeen so goed gekyk nie oor die algemeen nie - was dit die indruk wat ek gekry het.
4,992
bothma.txt
79,157
So u het die indruk gekry dat hulle stap met hulle hande in hulle sakke - is dit korrek?
4,992
bothma.txt
79,158
Dis korrek ja.
4,992
bothma.txt
79,159
Goed, ek wil net hierdie mikrofone omruil - ek dink die tegnici het iets teen my vandag. Thank you - goed so u kry die indruk dat die mense nou oor die algemeen met hulle hande in hulle sakke loop.
4,992
bothma.txt
79,160
Dis reg ja.
4,992
bothma.txt
79,161
En dit val u as suspisieus op.
4,992
bothma.txt
79,162
En wat - wat doen u nou - die insittendes van die voertuig - praat u nou en sê maar kyk - kyk hierdie vier wat hier voor loop, lyk hulle nie vir julle ook bietjie suspisieus nie.
4,992
bothma.txt
79,163
Ja ons het die saam opgemerk.
4,992
bothma.txt
79,164
En toe wat sê u vir mekaar?
4,992
bothma.txt
79,165
Ek kon onthou daar was iemand wat oor die radio gesê het hulle is langs julle. En ek het toe verwys dit - of gedink dit verwys miskien na die mense wat die aanval moes doen, want die aanval moes al gebeur het en daar het niks gebeur nie.
4,992
bothma.txt
79,166
So daar - so op die tyd wat u die groepie persone in die pad nader in NY111 toe kom daar 'n berig oor die radio wat sê hulle is langs julle.
4,992
bothma.txt
79,167
Iemand het so iets genoem ja.
4,992
bothma.txt
79,168
Iemand praat oor die - oor die polisieradio en sê hulle is langs julle.
4,992
bothma.txt
79,169
Maar het hulle gesê langs wie, of het die stem net gesê kyk hulle is langs julle.
4,992
bothma.txt
79,170
Nee - ja dis wat hulle gesê het.
4,992
bothma.txt
79,171
Kan nie onthou nie. Goed - toe weet u mos nou ek meen die is die aanvallers.
4,992
bothma.txt
79,172
Nie verseker nie - maar jy vermoed dit.
4,992
bothma.txt
79,173
Ja maar kyk u sien nou die groepie hulle het alreeds u agterdog gewek en nou kom die berig oor die radio dat hulle is langs julle. Ek meen - ek meen na wie het u gedink na wie verwys die radioberig?
4,992
bothma.txt
79,174
Ek het geglo hulle verwys na hulle.
4,992
bothma.txt
79,175
En na die aanvallers?
4,992
bothma.txt
79,176
Dis reg ja.
4,992
bothma.txt
79,177
Nie waar nie - nou weet u nou hierso is die aanvallers.
4,992
bothma.txt
79,178
So ek meen daar is geen ander rede waarom die mense vir julle sal sê hulle is langs julle nie, korrek?
4,992
bothma.txt
79,179
Dis reg ja.
4,992
bothma.txt
79,180
Wat doen u toe?
4,992
bothma.txt
79,181
Ons gaan toe verby hulle - draai op in die polisiestasie se rigting van NY1 en op daai stadium stap hulle aan en oor die kruising van NY1 - nog steeds in NY111 - hulle verdwyn uit ons sig, as gevolg van die gebou op die hoek versper dit nou ons oog kontak - draai om, en beweeg weer agter hulle aan, toe stap daar vier aan die regterkant van die pad nog steeds in die rigting wat hulle geloop het.
4,992
bothma.txt
79,182
Nou as ek u nou korrek verstaan dan sê u dat u is suspisieus daar kom 'n berig oor die radio wat eintlik u suspisies bevestig, hulle sê hulle is langs julle - julle weet in die voertuig dat daar word verwys na die aanvallers en u ry heeltemal weg tot op 'n punt waar hulle uit u sig uit verdwyn.
4,992
bothma.txt
79,183
Nee, maar nie vir lank nie.
4,992
bothma.txt
79,184
Maar waarom doen u dit - waarom konfronteer u hulle nie?
4,992
bothma.txt
79,185
Ons wou op daai punt sou dit nie goed gewees het nie, dis reg oor 'n bos indien hul sou weghardloop sou ons in elk geval nie kon gevang het nie. Dit was net nie die aangewese plek nie.
4,992
bothma.txt
79,186
U het hulle - u het hulle later ook in elk geval reg oor die bos gekonfronteer nie waar nie?
4,992
bothma.txt
79,187
Volgens u getuienis.
4,992
bothma.txt
79,188
Nee daar was nie 'n bos nie.
4,992
bothma.txt
79,189
Was daar niks bos nie waar u hulle gekonfronteer het nie.
4,992
bothma.txt
79,190
Nee die bos is baie verder aan - dit was 'n oop stuk grond gewees.
4,992
bothma.txt
79,191
Sê u - sê u vir ons dat die bosse is nader aan die strate aan die regterkant van die interseksie soos 'n mens na die plan kyk as aan die linkerkant van die interseksie.
4,992
bothma.txt
79,192
Maar nou - u het vroeër in u getuienis vir ons gesê dat as deel van die instruksies die oggend was daar persone wat uitgeplaas was in verskillende posisies.