document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
4,993
ct00351.txt
79,494
En hy was Tygerberg Hospitaal toe geneem nie waar nie?
4,993
ct00351.txt
79,495
Ek het hom geneem Tygerberg toe, maar hulle het niks vir my daar gesê watter koeëls is dit nie, want hulle het dit seker nog nie uitgehaal uit hom uit nie, sy [onduidelik] want hulle het gesê die een koeël wat deur die oor is, is in sy skedelbeen in sy kop.
4,993
ct00351.txt
79,496
Hy het van hom niks af geweet nie, hy het nie gepraat nie niks, hy het net gebly lê wat hy so toegedraai gelê het in die laken van die hospitaal.
4,993
ct00351.txt
79,497
En dit is waar hy oorlede was in Tygerberg nè.
4,993
ct00351.txt
79,498
En het u enige sertifikate van die hospitaal van die dokters wat verduidelik hoe - wat met hom gebeur het of hoe hy gesterf het, mediese sertifikate?
4,993
ct00351.txt
79,499
Nee, net die doodsertifikaat van die datum wat hy dood is, wat hulle gestuur het daarvandaan af saam met die pa wat hom - wat die lyk gaan haal het.
4,993
ct00351.txt
79,500
Net 'n doodsertifikaat.
4,993
ct00351.txt
79,501
Nee ek het hom nie gegee nie, want hulle was nog nie betrokke met my gewees nie.
4,993
ct00351.txt
79,502
So u het daardie doodsertifikaat?
4,993
ct00351.txt
79,503
Die doodsertifikaat het ek van hom.
4,993
ct00351.txt
79,504
En u kan dit beskikbaar maak vir die Kommissie.
4,993
ct00351.txt
79,505
Ja want dit - dis by sy ouma dit is daar.
4,993
ct00351.txt
79,506
En was daar 'n saak - 'n hofsaak?
4,993
ct00351.txt
79,507
Nee daar was nie - niks gewees nie.
4,993
ct00351.txt
79,508
Nee niks nie, daar was niks polisie gewees nie.
4,993
ct00351.txt
79,509
Was jou seun nog op skool?
4,993
ct00351.txt
79,510
Nee hy was nie op skool nie, hy was al uit die skool uit gewees.
4,993
ct00351.txt
79,511
En voor dit was daar - was daar enige probleme met die - met jou seun en die polisie of die kitskonstabels het hulle jou huis besoek of jou seun gewaarsku of was daar enige soort van kontak tussen jou seun en die polisie?
4,993
ct00351.txt
79,512
Nee daar was niks by my kontak gewees nie nou van hom nie.
4,993
ct00351.txt
79,513
So hierdie was iets skielik wat net op daai dag gebeur het.
4,993
ct00351.txt
79,514
Geen geskiedenis van die polisie wat miskien vir hom gedreig het of gesê het - enige iets gesê nie.
4,993
ct00351.txt
79,515
Nee, want ek was mos nie op die toneel daar gewees wat hy en Selwyn gewees het nie, daarvan weet ek net dat hulle my gelaat kom het na die hospitaal toe, wat ekke nou vertel - waarheen ek nou met hom gegaan het.
4,993
ct00351.txt
79,516
En op daai dag toe hulle geskiet was, het enige iets in die - in die township gebeur of wat was - wat het aangegaan daai dag toe hulle geskiet was?
4,993
ct00351.txt
79,517
Dit was stil by ons daar gewees in die onderkant, ek weet nie want Bhongolethu lê ver van ons af, is nog 'n lokasie van ons af, ek weet nie, ek kan nie sê wat daar gebeur is nie.
4,993
ct00351.txt
79,518
Baie dankie mevrou. En so u wou ook van die Kommissie weet wat eintlik gebeur het, is dit wat - of is daar enige iets anders wat u van die Kommissie wil hê?
4,993
ct00351.txt
79,519
Ja ek wil vra as die Kommissie my nie kan help nie, want ek het - ek het net my man se inkomste en kan niks vir my werk nie, en hy sal ook nie vir my gewerk het.
4,993
ct00351.txt
79,520
Het u ander kinders?
4,993
ct00351.txt
79,521
Ek het drie meisie kinders maar hulle is werkloos en twee gaan skool.
4,993
ct00351.txt
79,522
So hy was jou enige seun?
4,993
ct00351.txt
79,523
Ja - ek sal u net 'n oomblik gee want ek weet hierdie is baie - baie swaar om iemand te verloor.
4,993
ct00351.txt
79,524
Kan u miskien vir ons 'n bietjie vertel van die begrafnis, want ek sien dat daar probleme was toe - toe julle jou familie wou begrawe, was daar - kan jy net vir die Kommissie sê wat eintlik gebeur het.
4,993
ct00351.txt
79,525
Die polisie het van die huise af gegaan tot by die graveyard saam met ons, ge-escort tot daarso en weer terug en toe ons nou terugkom toe gaan ons nou weer weg van ons af, van die rygoed af, toe draai hulle nou uit, hulle kante.
4,993
ct00351.txt
79,526
Was daar bepalings betrokke tot die begrafnis, het hulle gesê dat net sekere mense kon kom en nie meer as sekere mense na die begrafnis toe moet kom, of het hulle jou net laat - net jou familie begrawe soos julle wil.
4,993
ct00351.txt
79,527
Daar was baie mense gewees - dit was enige - almal kon [onduidelik] by die begrafnis, maar net hulle het ons daar bewaar en [onduidelik] solank die begrafnisdiens nog aangehou geraak het en so het hulle ons ge-escort tot bo by die graveyard en weer terug.
4,993
ct00351.txt
79,528
En hulle was op dieselfde dag begrawe?
4,993
ct00351.txt
79,529
Nee, my kind was nog in die Kaap gewees, want ek het nog 'n bietjie gesukkel om die lyk hier te kry, en as [onduidelik] vir hom nie gaan haal het nie, dan moet ek nog R400-00 betaal het en toe is dit wat die Staat my help om - om die lyk te kry tot in Oudtshoorn, Kaptein Marx.
4,993
ct00351.txt
79,530
Nee - hy het self die vervoer gekry van - van hulle - hulle eie vervoer het hulle hom mee gaan haal.
4,993
ct00351.txt
79,531
O! hulle het jou seun gaan haal in die Kaap.
4,993
ct00351.txt
79,532
Weer baie dankie mevrou.
4,993
ct00351.txt
79,533
Yes you - ons wou graag net sê dat ons aan u - onse simpatie wil vertoon en ons - ons dink dit is vir ons 'n baie groot voorreg om aan u te luister en ons is baie bly vir hierdie geleentheid dat u hier - julle storie kan vertel aan onse hele nasie, dat mense moet weet wat het gebeur hierso in hierdie klein dorpies, want stories soos die wat u ons vertel het, het nie altyd in ons nuusblaaie verskyn nie.
4,993
ct00351.txt
79,534
En nou is dit die tyd wanneer die hele nasie kan weet watter smart mense gely het. En ons hoop tog so baie dat eintlik wat gebeur het sal nie weer gebeur in ons land nie. Dat ons almal sal vry wees en almal sal gelukkig wees in hierdie land. Maar baie dankie.
4,994
ct00644.txt
79,536
Ek verstaan mos nie Engels nie - is Engels wat hulle praat, ek verstaan mos nie.
4,994
ct00644.txt
79,537
Me Koopman u kan maar daai oorfone afhaal - haal maar die oorfone af. U verkies om in Afrikaans te praat nè - u wil Afrikaans praat is dit reg - okay. Dan kan ek en u mekaar verstaan - u moet net wag tot ek klaar gepraat het, dan kan u dit aansit hoor.
4,994
ct00644.txt
79,538
U getuienis gaan oor 'n voorval waar daar traangas geskiet was daar waar u woon in Ditloung in Olifantshoek nè.
4,994
ct00644.txt
79,539
Kan u vir ons kortliks verduidelik - vertel wat gebeur het.
4,994
ct00644.txt
79,540
Dit was 1993 - 1993 - 16 June, toe was dit getoi-toi daai oggend. En toe het die polisie gebegin skiet om die mense uitmekaar uit te maak en toe het hulle begin weghol daar om die rondte waar ek bly. Dis daar waar die hele stoom gewees het, en hulle het begin skiet net daarso - en hulle het aanhou net geskiet daar - geskiet daar op die huis - daai - die doppe het geval daar bo-op die huis en rondom die huis - langsaan die huis omdat die - die span rondom die huis gehol - gehardloop het.
4,994
ct00644.txt
79,541
En so het hulle geskiet - daar was vreeslike rook gewees, vreeslike rook en hulle het nie kans gegee nie - hulle het net geskiet daarso, hulle het net daarso geskiet. En ouma lê in die huis - ouma is blind hy kan nie sien nie - ouma is maar altyd in die hoek - en ek was maar net besig met die kleintjies om vir hulle help vir die rook en vir my ook self. En so het hulle geskiet, hulle het sommer geskiet daarso - soos die kinders as hulle se koppe so uithaal - so skiet hulle - soos hulle so terug - so skiet hulle bo-op die dak het daai goete geval. Dit was omtrent 'n rook gewees daai dag, daarso by daai huis. Want die hele bondel was net daar.
4,994
ct00644.txt
79,542
Hulle het geskiet ek kan nie sê tot hoe lank het hulle geskiet nie, daai rook. En na die geskietery - na alles en alles wat dit nie meer geskiet is nie, wat dit nou stil is, die tyd wanneer ek nou na ouma toe kom - kry ek ouma is stil. Ek het geroep aan ouma en ouma is stil en ek het nader gekom en gekyk, toe sien ek maar lyk ouma is nie meer saam met ons nie. En toe sal ek kyk toe sien ek maar ouma is nie meer saam met ons nie, is my skoonma maar ek roep hom ouma.
4,994
ct00644.txt
79,543
En soos ons weet ouma was nie siek nie, ouma het maar net 'n verkoue gehad, dis al wat ons van weet, maar siek was hy nie siek nie.
4,994
ct00644.txt
79,544
Iets wat daar gebeur het, weet u wie geskiet het?
4,994
ct00644.txt
79,545
onduidelik in Bloemfontein hulle het gekom by ons toe sê hulle ek moenie die begrafnis reëlings eers tref nie, hulle gaan vir my sê wanneer moet ek begrawe en hulle het vir ouma gevat Bloemfontein toe en die lyk het daar gebly in Bloemfontein en toe is die lyk - toe het die lyk die ander week teruggekom van Bloemfontein af.
4,994
ct00644.txt
79,546
En wat die lyk terugkom van Bloemfontein af, toe het die mnr Erken ek weet nie die van Danielskuil - toe het hy gebel en gesê ek moet die papier gaan vra, wat saam met die lyk kom van Bloemfontein af. En ek het gegaan daarso en ek het die papier geloop vra wat saam met die lyk kom van Bloemfontein af, ek ken ook nie daai polisie daarso nie, ek bly met hulle, maar ek ken hulle ook nie. Ek het die papier gaan vra en die antwoord was gewees daai papier wat jy het hy is reg, jy kan solank aangaan met hom en begrawe. Die papier sal van die Binnelandse Sake afkom.
4,994
ct00644.txt
79,547
En hy het die papier, ons kan maar begrawe en ons het toe begrawe en na die begrafnis 'n tyd daarna toe kom die papier van die Binnelandse Sake af en die papier wat dan daarvandaan kom is nog dieselfde papier die wat ek hierso het. So het ons nie - nou nog nie - ons het nog nie die regte ding, wat het my skoonma doodgemaak nie.
4,994
ct00644.txt
79,548
Die bewys - die amptelike sertifikaat wat u gekry het - selfs na Bloemfontein - wat sê dit wat is die oorsaak van dood?
4,994
ct00644.txt
79,549
Hulle sê nie wat is die veroorsaak van die dood nie, die papiere is net so geskryf is natuurlike oorsaak - daar is nie hoe nie - wat daarvan nie.
4,994
ct00644.txt
79,550
Was daar - u het gesê daar was geskiet daar na die huis se kant toe, was dit met die traangas wat daar geskiet was na die huis toe waar ouma in was.
4,994
ct00644.txt
79,551
Ja die traangas is baie geskiet daarso by ouma en dis groot doppe - dis omtrent soos hierdie groot torch doppe so groot was daai goeters gewees. Daar was 'n vreeslike rook en die wind het van die kant af gekom - al die rook het net daar gestoom en dis daar waar die klomp kinders gewees het, toe word dit net daarso so geskiet. Nou ouma kan nou niks maak nie, hy is blind.
4,994
ct00644.txt
79,552
En daar die doppe wat u van praat wat u gekry het waar was dit gewees, was dit daar by die huis of waar was dit?
4,994
ct00644.txt
79,553
Is dit nou die dokter - ja die doppe daar by die huis.
4,994
ct00644.txt
79,554
Is dit op die dak of waar was dit?
4,994
ct00644.txt
79,555
Die anders het op die dak geval - so het hulle geskiet bo-op die dak het die ander doppe geval - klomp op die dak en die anders het sommer hier rondom die huis geval - opgetel, maar ek weet nie wat het geword daarvan van daai doppe nie.
4,994
ct00644.txt
79,556
Ken u van die polisie wat geskiet het daar die dag met die traangas.
4,994
ct00644.txt
79,557
Ek ken nie een van hulle nie, ek ken hulle nie, want hulle was klomp gewees en daar was nie nou - ek het nie kan gekyk wie goed is dit die nie, want ek het die kindertjies ook hier gebeskerm.
4,994
ct00644.txt
79,558
Baie dankie me Koopman - wat wil u graag hê moet ons doen in verband met u saak?
4,994
ct00644.txt
79,559
Ek weet nie eintlik hoe kan ek sê nie, as julle my net kan help daarso met daai dinge want ons het nooit die waarheid gekry van waarvan is ouma dood nie.
4,994
ct00644.txt
79,560
Baie dankie, is daar vrae - nee. Ons is baie dankbaar dat u - beide van u hier opgedaag het om getuienis te gee om getuienis te gee, ons wil net sê ons voel saam met u, en ons sal probeer om julle begeerte miskien na te kom.
4,994
ct00644.txt
79,561
Wat 'n mens agterkom is dat so baie van onse mense het gely - baie mense het baie seergekry - hartseer gekry vir hierdie bevryding wat ons nou het. En ons vra maar dat God u sal seën en dat God u sal troos, baie dankie.
4,995
ct05601.txt
79,563
Afrikaans, wil jy Afrikaans praat, my Afrikaans is nie so goed nie, maar ek sal - ek sal probeer. So jy gaan oor u seun praat.
4,995
ct05601.txt
79,564
Selwyn Botha wat geskiet was op die 16de Januarie 1988. Ek gaan nou vir u vra om vir die Kommissie te vertel wat gebeur het met u seun.
4,995
ct05601.txt
79,565
Ek is die ma van die seun, Selwyn Botha, hy is geskiet in - die 16de Januarie 1988. Hy het tussen die voormiddag en die middag van my huis af gegaan, hy het ook vir my - aan my gesê hy gaan na sy broer toe Freddie Botha in Toekomsrus en ons almal loop deur Toekomsrus.
4,995
ct05601.txt
79,566
Hy het toe weggebly, hy en die seuntjie langsaan my, hy was 15 jaar, hulle twee is op pad soontoe. En drie van my kinders het winkel toe gegaan, ek was alleen by die huis en hulle het teruggekom en aangehardloop gekom en gesê mamma ons hoor Selwyn is geskiet. En ek sê dit kan nie wees nie, hulle hardloop uit, maar [onduidelik] hospitaal toe, en ek hou een dogter agter en ek en sy gaan agterna.
4,995
ct05601.txt
79,567
En toe ek by die hospitaal kom, het ek eerste gestaan en met die Here gepraat om vir my sterkte te gee. Ek is daarna in die hospitaal in en ek kom by die hospitaal toe is my kind dood geskiet. Ek het - toe ek vra dood geskiet, toe weet ek van myself af nie, ek het teruggekom huis toe en ek sal ook nie, miskien nou baie vergeet, want dit is jare terug wat ek in my verklaring opgestel is, maar dit is blykbaar naby.
4,995
ct05601.txt
79,568
Ek het ook alleen gestaan, want die Vrydagaand het sy pa gaan werk soek in die Kaap en ek het ook vroeg opgestaan vyfuur die oggend, toe gaan ek hom bel en gesê jou seun is doodgeskiet. En daarna het ek - het ek die begrafnis aan my gehad en na die begrafnis, maar op die toneel weet ek niks wat daar aangegaan het nie, was nie op die toneel nie, ek weet ook nie wat op die toneel aangegaan het nie.
4,995
ct05601.txt
79,569
Na die kind begrawe is, daarna was dit 'n hofsaak gewees, ek wil ook maar vandag aan die Waarheidskommissie kortliks vertel wat ek net weet wat die waarheid is. En toe was ek in die hof gesit vir vyf jaar, die gevoel waarvoor ek seer voel, omdat sy naam was nie genoem nie, en ek weet ook nie as dit 'n gesamentlike saak was nie, maar daar is niemand vir hom aangehou nie en ek weet ook nie wie het hom doodgeskiet nie.
4,995
ct05601.txt
79,570
En dit is al blykbaar wat ek dan nou kan vertel as die heilige waarheid wat ek weet waar hy op die toneel was ek nie gewees nie. So ek kan niks sê wat op die toneel gebeur het nie. Maar enige vrae wat ek nou miskien vergeet het uit hierdie verklaring uit, is min of meer wat ek - ek sal baie min uitgelaat het.
4,995
ct05601.txt
79,571
Was daar enige persoon met Selwyn daai dag toe hy geskiet was, wat miskien 'n beter idee het wat gebeur het.
4,995
ct05601.txt
79,572
Is net die vriendjie van hom langsaan, want hy was ook doodgeskiet, hy het darem nog gelewe na die oggend vyfuur - Sondagoggend vyfuur toe, maar daar was geen [onduidelik] dit moet my klem - wat ek die klem lê dat daar was geen verklarings in die hof van hom nie, en sy naam was ook nie genoem nie.
4,995
ct05601.txt
79,573
Want dit en ek sê dit weer - ek herhaal dit weer, ek weet nie of dit 'n gesamentlike saak was nie.
4,995
ct05601.txt
79,574
En hoe oud was Selwyn toe hy gesterwe het - u seun hoe oud was hy?
4,995
ct05601.txt
79,575
Hy was 23 as ek dit korrek het.
4,995
ct05601.txt
79,576
En het hy enige familie gehad van sy eie?
4,995
ct05601.txt
79,577
Hy het susters en broers.
4,995
ct05601.txt
79,578
Geen kinders nie?
4,995
ct05601.txt
79,579
Nee hy het geen kind nie en hy was ook nie getroud nie, maar hy was my broodwinner.
4,995
ct05601.txt
79,580
Hy was geen betrokke - geen politieke nie, hy was 'n eenvoudige kind.
4,995
ct05601.txt
79,581
So jy kan nie verstaan waarom hy geskiet was nie.
4,995
ct05601.txt
79,582
Ja dit is nou al my hele lewe wat ek aan die Waarheidskommissie moet sê dit kwel my hele lewe. Want as ek net weet wie het hom doodgeskiet en wat het van die persoon geword.
4,995
ct05601.txt
79,583
U was geen verduideliking gegee nie, van die polisie of van enige iemand anders nie.
4,995
ct05601.txt
79,584
Net dat die polisie hulle mos gesê het daar - toe hulle by my kom as ek weet hoe was my kind doodgeskiet, toe sê ek nee, toe sê hulle hy was dwarsdeur sy hart op slag doodgeskiet.
4,995
ct05601.txt
79,585
En het hulle geen redes gegee, het hulle miskien gesê dat hy betrokke was in iets of dat hy probeer weghardloop of wat het die polisie eintlik vir u gesê?
4,995
ct05601.txt
79,586
Hulle het aan my niks kon sê nie, want die polisie het nie aan my self toe weer teruggekom nie.
4,995
ct05601.txt
79,587
So mevrou wat is dit eintlik wat u hoop die Waarheidskommissie vir u kan doen, wat is dit wat u eintlik wil weet?
4,995
ct05601.txt
79,588
Ek wil net by die Waarheidskommissie weet, as dit moontlik is, as dit eendag sal kan - as ek eendag uitvind wie het my kind doodgeskiet, is daar iemand vir hom aangehou, want dit is net die woorde wat ek voor wag en dan moet ek die Waarheidskommissie vanmôre bedank omdat ek sulke mense as 'n Waarheidskommissie kon mee gehelp word.
4,995
ct05601.txt
79,589
Baie dankie mevrou.
4,996
designers_afrikaans.txt
79,591
Gold Mametja het 'n geseënde naam wat sy talent beklemtoon. Sy ontwerpe is gekies uit dosyne ander wat voorgelê is nadat die GCIS juweliersontwerpers genooi het om ontwerpe vir die nuwe nasionale ordes voor te lê.
4,996
designers_afrikaans.txt
79,592
Sy biografie bevat 'n lang lys vandie prestasies wat hy behaal het sedert hy by die Technikon Witwatersrand weggegaan het. Hierdie prestasies sluit 'n reeks ontwerpe vir die Suid-Afrikaanse korporatiewe wêreld, en die goudstawe vir die Comrades-marathon in.
4,996
designers_afrikaans.txt
79,593
Mametja, saggeaard en beskeie, reken sy werk aan die nasionale ordes was: "Die beste ding wat nog ooit met my gebeur het. Om my toe te laat om hierdie ontwerpe te maak, was die grootste eerbetoon wat die land my kon gee." Mametja werk as industriële ontwerper by die WNNR in Pretoria. Hy woon in Kempton Park saam met sy vrou en twee kinders.
4,996
designers_afrikaans.txt
79,594
Gareth Smart het hom oor 'n wye spektrum van inhoudelike platforms as ontwerper gevestig sedert hy 'n BA-graad in Grafiese Ontwerp by die Midrand Graduate Institute behaal het. Hy het in 3D-multimedia gespesialiseer. Sy portefeulje toon dat hy in 'n kort tydsbestek 'n indrukwekkende lys korporatiewe kliënte opgebou het.
4,996
designers_afrikaans.txt
79,595
Om gekies te word om die nuwe nasionale orde te ontwerp, was vir hom 'n geleentheid wat hom net eenmaal in 'n leeftyd voordoen. Hy woon in Pretoria en werk op vryskutgrondslag as grafiese ontwerper, animasiekunstenaar en konseptualiseerder om kliënte se behoeftes te vervul.
4,997
dispensers.txt
79,597
Is daar geskikte en voldoende metodes vir die wegdoen van afval produkte.