document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,789 | Bakterieë kan selfs in die vrieskas groei. Moenie voedsel vir langer as 30 dae in die vrieshokkie van die yskas hou nie. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,790 | Gebruik ontdooide voedsel onmidddelik, want dit is gevaarlik om die voedsel weer te vries. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,791 | Ontdooi voedsel in die yskas, indien beskikbaar. Bakterieë groei in voedsel by kamertemperatuur en hierdie voedsel kan infeksies veroorsaak. Ontdooi voedsel op 'n koel plek- nie in direkte sonlig nie- wanneer 'n yskas nie beskikbaar is nie. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,792 | Beskerm water wat gebruik word vir kookdoeleindes, drinkwater, bad- of waswater van kontak met feses en vuil water. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,793 | Hou water wat met emmers gehaal word, bedek en so skoon as moontlik. Gebruik 'n skoon koppie om water uit houers te skep. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,794 | Hou diere weg van drinkwater. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,795 | Gebruik skoon water om voedsel en skottelgoed mee te was. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,796 | Was die werksoppervlaktes (tafels, toonbanke, wasbakke, rakke, ens.) met water en seep. Moenie bakterieë toelaat om te groei nie. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,797 | Was alle vars vrugte en groente. Skil vrugte en groente indien dit nie gewas is nie. Meng 1 teelepel blykmiddel met 1 liter skoon water om vrugte en groente in te was. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,798 | Gebruik slegs melk met die word "gepasteuriseerd" op die etiket. Dit is nie noodwendig veilig om tuisgeproduseerde melk te gebruik nie, daarom moet ongepasteuriseerde melk gekook word voor gebruik. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,799 | Moenie rou eiers, vis, vleis en pluimvee eet nie. Kook kos om bakterieë te vernietig en maak seker dat dit heeltemal gaar is. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,800 | Hou afval in 'n toe houer. Maak die houer gereeld leeg en was dit. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,801 | Ontsmet lappe, sponsies en skuurders met blykmiddel. Sonlig is 'n effektiewe manier om bakterieë op 'n natuurlike wyse te vernietig. Hang lappe dus in sonlig om te droog. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,802 | Moenie met rou en gaar voedsel op dieselfde oppervlak werk nie. Die rou voedsel kan die gaar voedsel besoedel. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,803 | Hanteer voedsel so min as moontlik met die hande, gebruik liefs skoon eetgerei om voedsel te hanteer. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,804 | Eetgerei moet verkieslik in warm seepwater gewas word. Vervang water wanneer dit te vuil is. Iindien geen watertekorte bestaan nie, is dit 'n goeie idee om skottelgoed af te spoel nadat dit gewas is. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,805 | Barste in koppies en skottels, asook krapmerke in plastiese houers is ideale broeiplekke vir bakterieë en is moeilik om deeglik skoongemaak te word. Vervang hierdie ou skottelgoed vir veiligheid. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,806 | Gaar voedsel behoort so gou moontlik geëet te word. Moenie voedsel wat afgekoel het teen kamertemperatuur berg nie. Oorskietkos en gaar voedsel moet teen 'n baie hoë temperatuur opgewarm word om bakterieë te vernietig. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,807 | Moenie gaar voedsel vir langer as 2 uur teen kamertemperatuur laat nie. Voedsel by partytjies en troues word gewoonlik vir lang tye teen kamertemperatuur gehou en veroorsaak dikwels ongestelde mae. Kliënte met chroniese siektes moet baie versigtig wees. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,808 | Indien jy onseker is waar voedsel vandaan kom of hoe dit voorberei is, is dit veiliger om dit nie te eet nie. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,809 | Wanneer 'n mens reis kan jy in kontak kom met nuwe kieme waaraan die liggaam nie gewoond is nie. Diarree is 'n algemene gevolg. Wanneer die liggaam deur HIV/VIGS verswak is, raak 'n mens makliker siek van voedsel en water. Gesonde mense sal nie noodwendig probleme ondervind nie. Raai kliënte aan om ekstra versigtig te wees met voedselkeuses wanneer op reis. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,810 | Siekte en selfs medikasie - wat infeksie en /of siekte behandel- kan simptome veroorsaak wat die persoon se vermoë om gesond te eet, beinvloed. Hoe beter 'n persoon hierdie siekte hanteer, hoe meer/beter sal die persoon kan eet. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,811 | Probeer ongewensde gewigsverlies voorkom! |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,812 | Volroom melk en melkprodukte (melkpoeier, maaskaas, joghurt) kan by voedsel gevoeg word om meer energie en proteïen te gee. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,813 | Voeg olie en vette soos margarien, botter en mayonnaise by voedsel vir ekstra energie en om die smaak van voedsel te verbeter. As u 'n probleem het met diarree of ongemaklik voel wanneer u ekstra vet inneem, eet minder vette en olies. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,814 | Souse en vleissouse gee ekstra energie en kan help om voedsel makliker te sluk. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,815 | Suiker of heuning gee smaak en ekstra energie aan u voedsel. Eet gerus nagereg en roomys vir ekstra energie. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,816 | Eet voedsel tussen etes om seker te maak dat u genoeg eet. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,817 | Kom ons kyk hoe u die simptome van siekte- wat veroorsaak dat u minder eet en gewig verloor- kan hanteer. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,818 | Wat kan ek doen as ek geen eetlus het nie? |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,819 | Siekte, depressie en eensaamheid mag veroorsaak dat u aptyt verloor. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,820 | Voedsel soos suiker, melkpoeier en olie verskaf baie energie, selfs in klein hoeveelhede. Dit kan by ander voedsel gevoeg word waar moontlik. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,821 | Probeer om nie alleen te eet nie - dit is baie lekkerder om saam met iemand maaltye te geniet. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,822 | Geniet u etes in 'n aangename omgewing om die ete lekkerder te maak (met musiek, onder 'n boom of in 'n parkie). |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,823 | Moet nie etes tot spesifieke tye beperk nie - eet wanneer u lus voel om te eet. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,824 | Ligte oefening soos stap, verbeter die aptyt. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,825 | Drink deur die dag vloeistowwe wat baie energie verskaf, soos melkskommel, versoete vrugtesap en tuisgemaakte sop. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,826 | Eet die voedsel waarvan u die meeste hou - so sal u waarskynlik meer eet. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,827 | Vermy voedsel met 'n sterk geur soos kool en koffie, indien dit veroorsaak dat u aptyt verloor. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,828 | Indien die medisyne wat u drink lei tot 'n verlies in aptyt, vra die gesondheidsorg-werker of u die medisyne na etes kan neem. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,829 | Het u probleme met sooibrand en opgeblasenheid? |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,830 | Geniet klein, gereelde etes om te voorkom dat u ongemaklik voel. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,831 | Voedsel soos bone, uie, kool, brokkolie, blomkool en gaskoeldrank vorm gas en behoort vermy te word vir 'n tydjie. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,832 | Sterk gegeurde voedsel wat baie kerrie, peper of ander speserye bevat, asook vetterige en gebraaide voedsel, vererger sooibrand en opgeblasenheid. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,833 | Eet stadig en kou voedsel deeglik. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,834 | Wag vir ten minste twee ure na 'n ete voordat u gaan lê. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,835 | Alkohol, koffie, peperment en sjokolade mag sooibrand vererger en moet eerder vermy word. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,836 | Vermy sigarette en rook. Dit vererger sooibrand en is nie goed vir u gesondheid nie. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,837 | Probeer baie vloeistowwe drink soos skoon water en tee. Probeer om vloeistowwe tussen etes te drink en nie saam met of net voor etes nie, omdat dit die maag ongemaklik vol kan laat voel. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,838 | Hanteer naarheid en braking... |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,839 | Medikasie veroorsaak dikwels naarheid en braking. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,840 | Eet klein gereelde etes - naarheid is erger wanneer die maag leeg is. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,841 | Wag tot u beter voel voordat u eet, maar moet nie die ete heeltemal oorslaan nie. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,842 | Vermy sterk gegeurde en vetterige voedsel. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,843 | Geniet ligte gesoute en droë voedsel soos droë brood, roosterbrood, beskuitjies en droë graankos voordat u opstaan uit die bed soggens en gedurende die dag. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,844 | Drink vloeistowwe tussen etes - dit mag help om die vloeistof stadig deur 'n strooitjie te drink. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,845 | Voeg 'n bietjie suurlemoensap of 'n skyfie suurlemoen by koeldranke. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,846 | Probeer om voedsel koud te eet, sodat die reuk van voedsel nie naarheid veroorsaak nie. Die liggaam hanteer koue voedsel dikwels beter. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,847 | Sorg vir goeie ventelasie in die huis. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,848 | Sit regop na ete - wag ten minste 20 minute voordat u gaan lê, om braking te voorkom. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,849 | Wat van koors? |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,850 | Wanneer u koors het, is dit belangrik om die vloeistowwe wat u deur sweet verloor, te vervang. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,851 | Drink baie vloeistowwe - meer as net om u dors te les. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,852 | As u regtig nie lus het om te eet nie, kan u sop maak van bone, aartappels, wortels of enige ander groente wat u beskikbaar het. Dit sal energie en voedingstowwe aan die liggaam verskaf. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,853 | Gebruik voedsel om hardlywigheid te behandel. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,854 | Hardlywigheid is wanneer stoelgange hard is en moeilik om te passeer. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,855 | Vermy die gebruik van lakseermiddels of enige"reinigers" soos lakseermiddels. Lakseermiddels en enemas, veroorsaak verliese van belangrike voedingstowwe en is slegs 'n korttermyn oplossing, aangesien dit nie die oorspronklike probleem aanspreek nie. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,856 | Meer voedsel geniet wat baie vesel (growwerigheid) bevat, soos hawermout, ongesifde mieliemeel, volgraan brood, rou groente en vrugte met die skil. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,857 | Eet minder verfynde en geprosesseerde voedsel soos witmeelprodukte koeke, pastye ens. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,858 | Drink baie water en ander vloeistowwe. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,859 | Wees meer aktief! Gereelde stap sal help om hardlywigheid te verbeter. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,860 | Probleme om diarree te stop? |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,861 | Diarree is wanneer 'n mens drie of meer los, waterige stoelgange per dag het. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,862 | Diarree kan swak voeding veroorsaak, aangesien die voedsel te vinnig deur die liggaam beweeg sodat die liggaam dit nie kan gebruik nie. Die persoon eet ook minder as gevolg van 'n swak aptyt. Tydens diarree, droog die liggaam uit, omdat soveel vloeistowwe verlore gaan. Dit word dehidrasie genoem. Dehidrasie is baie gevaarlik en mense kan daarvan doodgaan. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,863 | Wat moet ek doen wanneer ek diarree het? |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,864 | Drink baie vloeistowwe om vloeistof in die liggaam te vervang. Om 'n tuisgemaakte rehidrasie drankie te maak, neem een liter water wat gekook is en afgekoel is, voeg 8 teelepels suiker en 'n halwe teelepel sout by. Drink slukkies van hierdie mengsel so gereeld as moontlik. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,865 | Laktose is 'n suiker wat natuurlik in melk voorkom. Tydens siekte kan die liggaam soms nie laktose so goed soos gewoonlik gebruik nie. Dit veroorsaak diarree en dit mag beter wees om minder melk en melkprodukte te gebruik. Suur en gefermenteerde suiwelprodukte soos maas en joghurt kan gebruik word indien diarree nie te ernstig is nie. U kan ook "laktose-vrye" sojamelk of baba sojaformule gebruik. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,866 | Voedsel wat baie vet, olie, spek of botter bevat soos gebraaide voedsel, wors en vetkoek kan diarree vererger. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,867 | Neute, sade en volgraanbrood mag die dermkanaal irriteer en diarree vererger. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,868 | Koffie en ander voedsel soos koladrankies en sjokolade bevat kaffeïen en tree op as 'n stimulant wat diarree kan vererger. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,869 | Gasvormende voedsel soos kool, droë bone en erte, blomkool en brokkolie, sowel as sterk gegeurde voedsel en groot hoeveelhede lekkers mag diarree vererger. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,870 | Eet eerder meer... |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,871 | Voedsel soos geskilde, gerasperde appels of pere, hawermout en aartappels. Hierdie voedsel bevat oplosbare vesel wat help om vloeistof in die dermkannaal te hou. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,872 | Appel-, peer-, perske- en druiwesap word gewoonlik goed verdra. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,873 | Voedsel soos aartappels en piesangs bevat die mineraal kalium wat verlore gaan tydens diarree. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,874 | Eet so gereeld moontlik om op te maak vir gewigs- en voedingstofverliese. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,875 | Swak higiene kan diarree veroorsaak. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,876 | Hande te was met seep en water voor hantering, voorbereiding, bediening of berging van voedsel. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,877 | U hande met seep en water te was nadat u by die toilet was of 'n baba se doek omgeruil het. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,878 | Indien diarree aanhou, vra raad by u plaaslike kliniek. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,879 | Smaakveranderinge word veroorsaak deur die newe effekte van medisyne, swak voedingstatus en infeksies. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,880 | Wanneer vleis bitter smaak of soos metal, eet eerder hoender, vis, melkprodukte, droë bone of erte vir proteïen. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,881 | Koue voedsel of voedsel by kamertemperatuur smaak dikwels beter as warm voedsel. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,882 | Gebruik meer geurmiddels, souse of suurlemoensap om die geur van voedsel te verbeter. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,883 | Drink klein slukkies vloeistof met etes. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,884 | Dit mag help om u mond gereeld met soutwater te spoel. Klein slukkies water met 'n bietjie suurlemoensap by voor ete kan ook help om die smaak van voedsel te verbeter. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,885 | Seertjies in die mond en keel is algemeen by verskeie siektes. Hierdie seertjies is ongemaklik en seer, maar nie lewensbedreigend nie. Die gevaar is dat hierdie seertjies dit moeilik kan maak om te eet of sluk, wat 'n laer voedselinname en gewigsverlies tot gevolg het. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,886 | Suur voedsel: lemoene, suurlemoene, pynappel en tamaties. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,887 | Klewerige voedsel wat moeilik is om te sluk soos grondboontjiebotter. |
4,988 | afrikaans (3).txt | 78,888 | Droë growwe voedsel soos springmielies, aartappelskyfies en harde groente. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.