document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,582
Beide 'n interne en eksterne WBP-diens is by die departement beskikbaar. Die sleutelele-mente van die program is beoordeling, ver-wysing, bemarking, ondersteuning, berading en lewensvaardighede (waar nodig).
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,583
Die fokus was die afgelope jaar op 'n Geïntegreerde Gesondheidsbenadering of Lewenstylbestuur, bv. keuringsdienste (oog, bloeddruk, cholesterol, diabetes, bors- en prostaatkanker, vrywillige berading en toets-ing, TB-voorkomingsprogramme).
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,584
Het die departement 'n komitee/komitees aangestel soos in Deel VI E.5 (e) van Hoofstuk 1 van die Staatsdiensregu-lasies, 2001, beoog Indien wel, verstrek die name van die lede van die komitee en die belanghebber(s) wat hulle verteenwoordig?
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,585
Me. D. Braaf
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,586
Me. G. Moses
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,587
Het die departement sy indiensnemingsbeleid en -praktyke hersien om seker te maak dat daar nie onbillik teen werk-nemers op grond van hulle MIV-status gediskrimineer word nie Indien wel, noem die indiensnemingsbeleid/praktyk wat aldus hersien is?
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,588
Die werwing- en keuringsbeleid is hersien.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,589
Het die departement maatreëls ingestel om MIV-positiewe werknemers of diegene wat as MIV-positief waargeneem word, teen diskriminasie te beskerm Indien wel, noem die sleutelelemente van hierdie maatreëls?
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,590
Vrywillige toetsing en berading is twee keer per jaar gedoen en diegene wat positief ge-toets is, het nie hulle status openlik verklaar nie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,591
Maatreëls om diskriminasie te voorkom is ingesluit in die Werknemerbillikheidsplan en alle WBP-praktisyns is ondertekenaars van die "Vertroulikheidskode" van praktyk.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,592
Moedig die departement sy werknemers aan om vrywillige berading en toetsing te ondergaan Indien wel, noem die resultate wat bereik is?
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,593
Intern: Vrywillige berading en toetsings-veldtogte is vanjaar minstens twee keer in die departement gedoen. 104 beamptes is getoets, 12 positief.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,594
Ekstern: VBT is by 73 plase aan die Weskus gedoen en positiewe kliënte is na die Dept van Gesondheid vir verdere opvolgwerk verwys.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,595
n Kliënttevredenheidsopname is gedoen wat die eksterne WBP-diens geëvalueer het. Die resultaat van die opname was 'n positiewe reaksie op die diens wat verskaf word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,596
Twee geskille het gedurende konsiliasie 'n dooiepunt bereik. Geen verwysing vir arbitrasie volgens die Raad.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,597
Totaal: 852 beamptes: 762 permanent in permanente poste; 90 beamptes wat onderskeidelik in kontrakposte is, of botallig is.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,599
Meer as die helfte van die Suid-Afrikaanse bevolking is vroue en daarom moet vrouestemme ingesluit word by besluitneming en wetgewing. Die insluiting van vroue in besluitnemingsprosesse is 'n fundamentele mensereg. Vroue moet deelneem aan wetgewing want die implementering van wette en regeringsbeleidsrigtings het 'n uitwerking op hul daaglikse lewe. Wat nog belangriker is, is dat navorsing bewys het dat wanneer vroue deelneem aan besluitnemingsprosesse, dit tot 'n verhoogde fokus lei en die toewysing van hulpbronne almal se lewensgehalte verbeter.1 'n Toename in vroue se deelname aan wetgewing kan ook tot 'n verbetering lei in die toegang tot basiese dienste soos behuising, onderwys en welsynsdienste.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,600
Die Suid-Afrikaanse Grondwet sê dat daar openbare toegang tot en betrokkenheid by die Parlement en sy prosesse moet wees. Dit kan op verskeie maniere geskied.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,601
Vroue kan deelneem aan wetgewing deur te stem vir die politieke party wat hulle dink hul belange die beste in die Parlement sal verteenwoordig. Hulle kan ook betrokke raak deur vir hul gekose party te organiseer en te werk, en deur hulle verkiesbaar te stel vir die party se strukture. Vroue het op hierdie manier die hoogste posisies beklee.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,602
Die publiek het 'n reg om komiteevergaderings by te woon en om deel te neem aan Openbare Verhore.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,603
Provinsies besluit om Openbare Verhore te hou of om vir voorleggings te vra. Die publiek kan die Portefeulje of Gekose Komitee inlig oor hul menings of oor 'n saak wat hulle bespreek.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,604
Parlementslid kontak om hul mening te lug oor wetgewing.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,605
Die Suid-Afrikaanse Grondwet bied 'n raamwerk vir die bevordering van geslagsgelykheid, en daardeur ook vir die deelname van vroue aan wetgewing. Die Grondwet bevat verskeie bepalings wat geslagsgelykheid bevorder. Die Handves van Menseregte waarborg gelyke behandeling van alle Suid-Afrikaners. Dit verbied onregverdige diskriminasie op grond van ras, geslagtelikheid of geslag. Die Handves van Menseregte lê klem daarop dat stappe gedoen moet word om gelykheid op alle vlakke van die samelewing te bereik.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,606
Die Grondwet maak voorsiening vir instellings wat demokrasie, asook die deelname van vroue, ondersteun. Dit sluit, onder andere, die Kommissie op Geslagsgelykheid en die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommissie in.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,607
Benewens bepalings in die Grondwet, het Suid-Afrika homself verbind tot geslagsgelykheid deur sy ratifisering van internasionale konvensies soos die Konvensie oor die Uitwissing van Diskriminasie Teen Vroue (CEDAW) en die Aksieplatform, wat gestig is by die Beijing Vroueberaad. Suid-Afrika neem deel aan etlike Afrika aksieprogramme vir die bevordering van vroue, bv. die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) protokol oor geslag en ontwikkeling.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,608
Die eerste en belangrikste punt waar vroue by wetgewing betrokke kan raak, is verkiesings. Deur in verkiesings te stem, bepaal burgers die samestelling van sowel die Nasionale Vergadering as die Nasionale Raad van Provinsies. By nasionale verkiesings het alle burgers bo 18 die reg om vir die party van hul keuse te stem. Vroue is 'n aansienlike persentasie van die kieserskorps, en hulle kan hul stemreg gebruik om die samestelling van die Parlement te bepaal. Hulle kan ook bepaal watter prioriteit dié instelling aan vrouebelange toeken.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,609
Die Gekose Komitee oor Vroue, die Jeug, Kinders en Mense met Gestremdhede n Nuwe Ministerie vir Vroue, Kinders en Mense met Gestremdhede is ook in die lewe geroep om die regering se werksaamhede t.o.v. van die ontwikkeling en beskerming van kwesbare persone in ons samelewing te konsolideer.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,610
Hoewel vroue die meerderheid van die Suid-Afrikaanse bevolking uitmaak, speel hulle nog steeds 'n ondergeskikte rol in besluitneming. Daar is talle uitdagings wat verhinder dat vroue 'n volwaardige en betekenisvolle rol speel, en die vernaamste hiervan is armoede. Armoede is vir baie vroue in Suid-Afrika 'n struikelblok, veral op die platteland.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,611
Toegang tot basiese dienste soos onderwys, water en welsynsdienste word deur ongelykhede van ras, klas en geslag geraak. Vroue moet beter toegang verkry tot hierdie basiese geriewe voordat hulle volwaardig kan bydra tot wetgewing. Arm vroue het onvoldoende toegang tot die instellings wat wette instel.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,612
Die meeste vroue is nog nie ekonomies bemagtig nie. Tradisioneel is vroue die behoeftigste deel van die Suid-Afrikaanse bevolking en is hulle die meeste blootgestel aan werkloosheid of onvoldoende indiensneming. Verder raak MIV/Vigs 'n veel groter persentasie vroue as mans, veral in die ouderdomsgroep wat kan swanger word.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,613
Geweld teen vroue bly een van die grootste uitdagings in Suid-Afrika.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,614
Die toenemende vestiging van demokrasie in Suid-Afrika het vroue se toegang tot politieke mag en besluitneming verbeter. Suid-Afrika het ook wetgewing aanvaar wat uitdruklik op geslagsgelykheid gemik is.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,615
Die uitdaging is om dit vir vroue moontlik te maak om hierdie regte te benut.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,616
Die verteenwoordiging van vroue in die Nasionale Vergadering het met 45% toegeneem. Suid-Afrika is derde ter wêreld wat die verteenwoordiging van vroue in die Parlement betref.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,617
Mans kan 'n belangrike rol in die bereiking van geslagsgelykheid in die Suid-Afrikaanse gemeenskap speel. Meer mans neem standpunt in teen geweld teenoor vroue en kinders. Mans moet invloed uitoefen op ander mans sodat hulle hul gesindheid verander en vroue respekteer. Mans en vroue het 'n gelyke en belangrike rol in die omvorming van geslagsverhoudinge in die gemeenskap. Geen gemeenskap kan werklik bevry wees tensy vroue en mans nie gelyk en vry is nie, en dit vereis gedeelde verantwoordelikheid.
4,982
Women and Parliament Afrikaans.txt
78,618
Hierdie pamflet is in alle amptelike Suid-Afrikaanse tale beskikbaar.
4,983
Wykskomitees.txt
78,620
Die Stad Tshwane doen 'n beroep op alle inwoners, organisasies en belanghebbendes om saam met ons 'n grondslag vir 'n beter lewe te lê.
4,983
Wykskomitees.txt
78,621
Die Wykskomiteestelsel kan verseker dat gemeenskappe self die spil sal wees waarom ontwikkelingsbeplanning en munisipale regeringsake sal draai, terwyl ons tesame daadwerklik optree om armoede hok te slaan, 'n kompakte en geïntegreerde stad te bou en werk te maak om MIV/Vigs in Tshwane te bestry.
4,983
Wykskomitees.txt
78,622
Kom ons verseker 'n munisipaliteit waar die inwoners eienaarskap van munisipale sake aanvaar, hul vryheid om ondernemend te wees beskerm en hul vele talente ontwikkel.
4,983
Wykskomitees.txt
78,623
Die wêreldwye betrokkenheid van burgerlike gemeenskappe in regeringsake is besig om in so 'n mate op die voorgrond te tree dat amptelike regulasies wat dié betrokkenheid voorskryf, mettertyd algemene praktyk in talle regerings geword het, insluitend ons eie. Dit plaas 'n geweldige verantwoordelikheid op plaaslike regerings om te verseker dat gemeenskappe betrek word in die ontwikkeling en implementering van alle planne en dat dit op so 'n wyse geskied dat dit nie net kosmeties is nie, maar gebaseer word op die veronderstelling dat die bevolking self weet wat vir hulle die beste is.
4,983
Wykskomitees.txt
78,624
In sy openingsrede by die Nasionale Vergadering in Februarie 2006 het president Thabo Mbeki weer eens die belang van wykskomitees in plaaslike regering beklemtoon. Die wykskomiteestelsel sal verseker dat demokrasie tussen die regering en die bevolking op 'n breë basis verstewig.
4,983
Wykskomitees.txt
78,625
In die voorwoord van die Handboek vir Wykskomitees wat landwyd versprei word sê minister Sydney Mufamadi van die Departement Provinsiale en Plaaslike Regering dat wykskomitees op die snykant geplaas word in die konsepsionalisering van plaaslike regering.
4,983
Wykskomitees.txt
78,626
In reaksie op die President se oproep versoek die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit alle inwoners om deur hul wykskomitees by die rekonstruksie en ontwikkeling van hul gemeenskappe betrokke te raak; en ook daardeur te verseker dat munisipale dienslewering nie agteruitgaan nie.
4,983
Wykskomitees.txt
78,627
Kantoor van die Speaker om deelname van die gemeenskap aan plaaslike regering te vergemaklik.
4,983
Wykskomitees.txt
78,628
Wykskomiteestelsel as die enjinkamer van demokrasie op plaaslike regeringsvlak!
4,983
Wykskomitees.txt
78,629
Skakel u Wyksraadslid vir inligtingKyk asb p.
4,983
Wykskomitees.txt
78,630
n gebiedswye forum wat al die wykskomitees in 'n gebied byeen bring; en n stadswye forum wat verseker dat belanghebbendes wat nie wyksgebaseer is nie, betrek word by aangeleenthede rakende plaaslike regering.
4,983
Wykskomitees.txt
78,631
Om alle inwoners en belanghebbendes aan te moedig om by die stad se regering betrokke te raak.
4,983
Wykskomitees.txt
78,632
Om 'n beter verstandhouding, interaksie en begrip tussen Tswhane se mense en hul Munisipaliteit te bevorder.
4,983
Wykskomitees.txt
78,633
Om 'n middel tot ontwikkeling te wees.
4,983
Wykskomitees.txt
78,634
Om plaaslike verordeninge in vennootskap met al die gemeenskappe te hersien ten einde inisiatiewe in te stel wat tot ontwikkeling lei.
4,983
Wykskomitees.txt
78,635
Om gemeenskappe te bemagtig om by te dra tot 'n Munisipaliteit wat beter funksioneer.
4,983
Wykskomitees.txt
78,636
Die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998 (Wet 117 van 1998), en die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000), verskaf die basis vir munisipaliteite en die mense in hul sorg om vennote te word in die beplanningsproses.
4,983
Wykskomitees.txt
78,637
Die Tshwane-raad het besluit om wykskomitees in te stel as 'n meganisme vir deelnemende regering.
4,983
Wykskomitees.txt
78,638
Hanteer alle aangeleenthede wat die gemeenskap raak en bevoordeel.
4,983
Wykskomitees.txt
78,639
Tree in die belang van die gemeenskap op.
4,983
Wykskomitees.txt
78,640
Maak aanbevelings aan die Raad oor enige saak wat die wyke raak.
4,983
Wykskomitees.txt
78,641
Verseker die gemeenskap se deelname aan die - GOP- proses; die Munisipaliteit se begrotingsproses; besluite oor die voorsiening van munisipale dienste; en besluite oor plaaslike verordeninge.
4,983
Wykskomitees.txt
78,642
Elke wykskomitee bestaan uit hoogstens tien verkose lede uit die verskillende belangesektore van die wyk.
4,983
Wykskomitees.txt
78,643
Die wyksraadslid is die voorsitter van die wykskomitee.
4,983
Wykskomitees.txt
78,644
Die wykskomitee se ampstermyn is twee jaar.
4,983
Wykskomitees.txt
78,645
Lede van die wykskomitee kan 'n maksimum van slegs twee termyne dien.
4,983
Wykskomitees.txt
78,646
Elke wykskomitee besluit oor die soorte subkomitees en portefeuljes wat in die wyk nodig is.
4,983
Wykskomitees.txt
78,647
Spesifieke subkomitees/portefeuljes word aan wykskomiteelede toegewys as hul verantwoordelikheid.
4,983
Wykskomitees.txt
78,648
Alle belanghebbendes in die wyk word aangemoedig om deel te neem aan subkomitees wat betrekking het op hul belangstellings en op hul daaglikse funksionering as 'n sektor.
4,984
Youth and Parliament Afrikaans.txt
78,650
Die Parlement het komitees soos die Portefeuljekomitee oor Vroue, die Jeug, Kinders en Mense met Gestremdhede en die Gekose Komitee oor Vroue, Kinders en Mense met Gestremdhede wat hulle vir jeugkwessies beywer. Dié komitees is verantwoordelik vir toesighouding oor jeugkwessies, en moet wetgewing hanteer wat jongmense raak.
4,984
Youth and Parliament Afrikaans.txt
78,651
Die Parlement het in sy oorkoepelende taak om wette te maak baie wette aangeneem soos die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003, die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998, en die Wet op Gelyke Indiensneming.
4,984
Youth and Parliament Afrikaans.txt
78,652
In sy toesighoudingsrol hou die Parlement toesig oor die inwerkingstelling van bepaalde wetgewing, met inbegrip van dít wat op die land se jeug van toepassing is.
4,984
Youth and Parliament Afrikaans.txt
78,653
Ten einde die Parlement meer toeganklik te maak, is daar 'n program bekend as "Member's Interface", waartydens jongmense met 'n individuele Parlementslid kan skakel oor kwessies wat vir hulle belangrik is. Hulle kan ook hul stem laat hoor deur mondelinge of geskrewe voorleggings te doen.
4,984
Youth and Parliament Afrikaans.txt
78,654
Die jeug is ook deel van die publiek wat komiteevergaderings kan bywoon, waar die meeste van die Parlement se werk plaasvind, en hulle kan sittings bywoon om waar te neem en hulself te verryk en te bemagtig.
4,984
Youth and Parliament Afrikaans.txt
78,655
Die Parlement het verskeie inisiatiewe wat op verskillende sektore gerig is, byvoorbeeld die Jeugparlement (wat gedurende die Jeugmaand aangebied word), waartydens kwessies wat vir die jeug ter sake is, bespreek word. Deelname word tot jongmense beperk en die verrigtinge word aan hulle gewy.
4,984
Youth and Parliament Afrikaans.txt
78,656
Die Grondwet verplig die Parlement om die publiek by sy bedrywighede en prosesse te betrek, daarom word die jeug, as deel van die samelewing, dikwels uitgenooi om deel te neem aan die Parlementêre inisiatiewe, soos openbare verhore, die staatsrede en ander programme gemik op uitreiking en openbare deelname.
4,985
aanbod.txt
78,658
Die Bronnegids by die studie van die Afrikaanse letterkunde en taal is NALN se publikasiereeks met die langste ononderbroke tradisie. Dit is n projek en diens waarop die Museum besonder trots is, omdat dit n onontbeerlike navorsingshulp vir talle gebruikers is: akademici, studente, onderwysers, leerlinge, leeskringe e.d.m?
4,985
aanbod.txt
78,659
Die 1996-uitgawe het verskyn op die vooraand van NALN se 25ste bestaansjaar en vorm die sluitsteen vir n halfeeu se Bronnegids-diens, omdat die huidige publikasiereeks n voortsetting is van die Bronnegids by die Studie van die Afrikaanse Taal en Letterkunde (wat deur die grondlegger van NALN, prof. P.J. Nienaber, begin is) en waarvan Deel I in 1947 verskyn het?
4,985
aanbod.txt
78,660
Alhoewel dit nie langer ekonomies moontlik is om die Bronnegids in boekvorm uit te gee nie, gaan die indekseringsdiens steeds voort en is die inligting beskikbaar op een van NALN se elektroniese databasisse. Die afdeling van die Bronnegids wat die meeste deur navorsers gebruik word, nl die Indeks op Boekbesprekings, word as spesiale vergunning tot 31 Desember 1998, gratis aan navorsers op NALN se Tuisblad beskikbaar gestel.
4,985
aanbod.txt
78,661
Intussen is die afgelope aantal jare se Bronnegidse tot en met hierdie bundel se inhoud, reeds ook op CD-ROM en die Internet beskikbaar as deel van die versamelde databasisse op NISC SA (National Inquiry Services Centre Pty Ltd) se South African Studies. NALN ondersoek tans ook die wenslikheid en moontlikhede om hierdie inligting, tesame met ander van sy talle databasisse, self elektronies beskikbaar te stel. Kostefaktore, en terugvoer van die gebruikerspubliek, sal bepaal of dit vir n oorgangstydperk steeds ook in boekvorm volgehou sal word. Kommentaar in hierdie verband word verwelkom?
4,985
aanbod.txt
78,662
Daar word vertrou dat die Indeks op Boekbesprekings vir 1997, soos NALN se ander databasisse, n toenemend wyer gebruikerspubliek sal bereik - ook internasionaal. Wat gedokumenteerde inligting oor die inklusiewe Afrikaanse letterkunde betref, kan die Museum op grond van sy versamelings wat ruim meer as n halfmiljoen items beloop, n gespesialiseerde diens lewer wat nêrens gedupliseer word nie. Daar word verder deurlopend gewerk aan die ontwikkeling van bykomende databasisse en aan tegnieke vir behoeftegerigte diepte-ontsluiting?
4,985
aanbod.txt
78,663
Die Museum se oogmerk is dat navorsers en belangstellendes te alle tye geredelike toegang tot hierdie ryk skat aan inligting oor die Afrikaanse taal en letterkunde sal hê. Daarom behoort elke biblioteek en mediasentrum n reeks van hierdie navorsingsgidse op hulle rak te hê of elektronies toeganklik te kan stel?
4,985
aanbod.txt
78,664
boeke, kortverhale, gedigte, ens.
4,985
aanbod.txt
78,665
Ligte leesstof uit die pen van drie vroue.
4,985
aanbod.txt
78,666
Postkolonialisme en die Afrikaanse letterkunde: 'n verkenning van die rol van enkele gemarginaliseerde disKoerse.
4,985
aanbod.txt
78,667
Tema boeiend, maar verhale te uitgesponne. Venter, L.S.
4,985
aanbod.txt
78,668
Biografie van Pieter van der Smit. Van der Smit, G.D.
4,985
aanbod.txt
78,669
Dorpse literatuur streef verby die plaaslike. Van Coller, H.P.
4,985
aanbod.txt
78,670
Skitterende debuut uit Pieter Wagener se pen. Venter, L.S.
4,985
aanbod.txt
78,671
Braam en die engel terug met meer.
4,985
aanbod.txt
78,672
Distrik Ses verhaal is fris bydrae tot jeugliteratuur.
4,985
aanbod.txt
78,673
Doeltreffende geesteswetenskaplike navorsing. Lötter, H.P.P.
4,985
aanbod.txt
78,674
Bloemlesing boeiende verhale oor die vrou. Venter, L.S.
4,985
aanbod.txt
78,675
Aktuele tienersake gevoelvol hanteer.
4,985
aanbod.txt
78,676
Groot eend in 'n klein dammetjie: Aspekte van die parodie en postmodernisme in Charles F. Fourie se drama 'Die eend' . Van der Westhuizen, P.C.
4,985
aanbod.txt
78,677
Vinkel en koljander [brief].
4,985
aanbod.txt
78,678
Die gebruik van Beeldspraak in "Gesprek met 'n oogarts" deur Petra Müller. Prins, M.J.
4,985
aanbod.txt
78,679
Sprokie wat jy net nie kan glo nie. Wasserman, Herman - Die Burger, 83, 11 Jul 1997: Joernaal p.
4,985
aanbod.txt
78,680
Lekker stories wat om die kampvuur hoort.
4,985
aanbod.txt
78,681
Geskiedenis in resente genealogiese romans. Burger, Willie - Afrikaanse Letterkunde-vereniging. Bundel van referate: 18 - 29 Sep 1996, p.
4,985
aanbod.txt
78,682
Verkleurmannetjiegenre: Mutasies in metafiksionele tekste van Cervantes en Brink.
4,985
aanbod.txt
78,683
Jesebel: Lig, vermaaklik, romanties.
4,985
aanbod.txt
78,684
Storie oor resiesperd sal flenters gelees word.
4,985
aanbod.txt
78,685
KAPERJOL : AFRIKAANS VIR VANDAG. GRAAD 10/STANDERD 8 [Ja, dis Kaperjol].