document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,382
Alle departementele inkomste word in die Provinsiale Inkomstefonds inbetaal wanneer dit ontvang word, tensy anders vermeld. Bedrae wat aan die einde van die boekjaar aan die Nasionale/Provin-siale Inkomstefonds verskuldig is, word in die Staat van Finansiële Posisie erken.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,383
Belastinginkomste bestaan uit alle verpligte onvergelde bedrae wat deur die departement ingevorder is ingevolge wette en/of regulasies (met uitsondering van boetes, heffings en verbeurde geld).
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,384
Belastinginkomste word met ontvangs in die Staat van Finansiële Prestasie erken.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,385
Die opbrengs ontvang deur die verkoop van goedere en/of die verskafing van dienste word in die Staat van Finansiële Prestasie erken wanneer die kontant ontvang word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,386
Boetes, heffings en verbeurings is verpligte onvergelde bedrae, wat deur 'n hof of kwasi-geregtelike liggaam opgelê is en deur die departement ingevorder is. Inkomste wat uit boetes, heffings en ver-beurde geld voortvloei, word in die Staat van Finansiële Prestasie erken wanneer die kontant ontvang word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,387
Rente, dividende en huur op grond word in die Staat van Finansiële Prestasie erken wanneer die kontant ontvang word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,388
Die opbrengs ontvang uit die verkoop van kapitaalbates word in die Staat van Finansiële Prestasie erken wanneer die kontant ontvang word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,389
Terugbetaling van lenings en voorskotte wat voorheen aan werknemers en openbare korporasies gebied is, word vir beleidsdoeleindes as inkomste in die Staat van Finansiële Prestasie erken met ontvangs van die fondse. Bedrae wat teen die verslagdatum ontvang is, word as deel van die open-baarmakingsaantekeninge by die jaarlikse finansiële state openbaar gemaak.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,390
Tjeks wat in die vorige boekhoukundige tydperk uitgereik is wat verval voordat dit gebank is, word as inkomste in die Staat van Finansiële Prestasie erken wanneer die tjek verjaar. Wanneer die tjek heruitgereik word, word die betaling uit Inkomste gemaak.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,391
Alle kontantgeskenke, -donasies en -borgskappe word in die Nasionale/Provinsiale Inkomstefonds inbetaal en as inkomste in die Staat van Finansiële Prestasie gereflekteer wanneer ontvang. Bedrae wat teen die verslagdatum ontvang is, word as deel van die openbaarmakingsaantekeninge by die jaarlikse finansiële state openbaar gemaak.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,392
Alle geskenke, donasies en borgskappe in goedere word teen 'n billike waarde in die bylaes by die jaarlikse finansiële state openbaar gemaak.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,393
Plaaslike en buitelandse hulp word in die finansiële rekords erken wanneer die Nasionale Tesourie laat weet dat die donasie ontvang is of wanneer die departement die kontant direk van die borg(e) ontvang. Die totale kontantbedrae wat gedurende die jaar ontvang is, word in die Staat van Finan-siële Prestasie as inkomste weergegee.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,394
Alle plaaslike en buitelandse hulp in goedere word teen 'n billike waarde in die bylae by die jaarlikse finansiële state openbaar gemaak.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,395
Die kontantbetalings wat gedurende die jaar gemaak is ten opsigte van plaaslike en buitelandse hulpprojekte word as besteding in die Staat van Finansiële Prestasie erken. 'n Ontvangs word in die Staat van Finansiële Posisie erken ter waarde van bedrae wat uitgegee is voor die ontvangs van die fondse.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,396
Boekskulde en heffingsverpligtinge word in die Staat van Finansiële Posisie gehef waar plaaslike en buitelandse hulp onvanpas uitgegee is, ongebruikte bedrae word in die Staat van Finansiële Posisie erken.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,397
Salarisse en lone behels betalings aan werknemers. Salarisse en lone word as 'n Betaling in die Staat van Finansiële Prestasie erken wanneer die finale magtiging vir betaling op die stelsel in werk-ing gestel is (teen nie later nie as 31 Maart elke jaar). Die Betaling word geklassifiseer as kapitaal ten opsigte van die werknemer wat gedurende die boekjaar op 'n voltydse basis by kapitaalprojekte betrokke is. Gekapitaliseerde vergoeding vorm deel van een of al die Betalings vir kapitaalbatekate-gorieë in die Staat van Finansiële Prestasie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,398
Alle ander betalings word as lopende Betalings geklassifiseer.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,399
Maatskaplike bydraes sluit die entiteite se bydrae tot bestaansversekeringskemas wat namens werk-nemers betaal word in. Maatskaplike bydraes word as 'n Betaling in die Staat van Finansiële Prestasie erken wanneer die finale magtiging vir betaling op die stelsel in werking gestel word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,400
Korttermyn werknemervoordele behels die reg op verlof, dertiende tjeks en prestasiebonusse. Die koste van korttermynwerknemervoordele word as salarisse en lone in die Staat van Finansiële Presta-sie gereflekteer wanneer die finale magtiging vir betaling op die stelsel in werking gestel is (teen nie later nie as 31 Maart elke jaar).
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,401
Korttermyn werknemervoordele wat 'n huidige regs- of veronderstelde verpligting tot gevolg het, word in die aantekeninge by die finansiële state openbaar gemaak. Hierdie bedrae word nie in die Staat van Finansiële Prestasie erken nie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,402
Bedankingsvoordele soos skeidingspakkette word as 'n Betaling in die Staat van Finansiële Prestasie erken en as 'n oordrag wanneer die finale magtiging vir betaling op die stelsel in werking gestel is (teen nie later nie as 31 Maart elke jaar).
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,403
Die departement verskaf mediese voordele vir sekere werknemers. Werkgewerbydraes tot die me-diese fonds word weergegee wanneer die finale magtiging vir betaling op die stelsel in werking gestel is (teen nie later nie as 31 Maart elke jaar).
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,404
Betalings wat vir goedere en/of dienste gemaak is, word as 'n Betaling in die Staat van Finansiële Prestasie erken wanneer die finale magtiging vir betaling op die stelsel in werking gestel is (teen nie later nie as 31 Maart elke jaar). Die Betaling word as kapitaal geklassifiseer indien die goedere en dienste vir 'n kapitaalprojek gebruik is.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,405
Rente en huurbetalings word as 'n Betaling in die Staat van Finansiële Prestasie erken wanneer die finale magtiging vir betaling op die stelsel in werking gestel is (teen nie later nie as 31 Maart elke jaar). Hierdie item sluit huur op die gebruik van geboue of ander vaste strukture uit.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,406
Skuld word kwytgeskeld wanneer dit as onverhaalbaar geïdentifiseer word. Skulde wat kwytgeskeld word, word beperk tot die bedrag gespaar en/of onderbesteding van bewilligde fondse. Die kwytskel-ding vind by jaareinde plaas of wanneer fondse beskikbaar is. Geen voorsiening word vir oninvorder-bare bedrae gemaak nie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,407
Alle ander verliese word erken wanneer goedkeuring vir die erkenning daarvan verleen is.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,408
Onreëlmatige Betalings word as 'n Betaling in die Staat van Finansiële Prestasie erken. Indien die besteding nie deur die betrokke gesag kwytgeskeld word nie, word dit as 'n lopende bate beskou tot dit verhaal is of as onverhaalbaar kwytgeskeld is.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,409
Die bedrag wat van die verantwoordelike persoon verhaal word, word as inkomste in die Staat van Finansiële Posisie gereflekteer wanneer die fondse ontvang word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,410
Oordragbetalings en subsidies word as 'n Betaling erken wanneer die finale magtiging vir betaling op die stelsel in werking gestel is (teen nie later nie as 31 Maart elke jaar).
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,411
Betalings wat vir kapitaalbates gemaak is, word as 'n Betaling in die Staat van Finansiële Prestasie erken wanneer die finale magtiging vir betaling op die stelsel in werking gestel is (teen nie later nie as 31 Maart elke jaar).
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,412
Kontant en kontantekwivalente word teen koste in die Staat van Finansiële Posisie gedra.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,413
Vir die doel van die fondsebewegingstaat behels kontant en kontantekwivalente kontant voorhande, deposito's gehou, ander korttermyn-, hoogslikiede beleggings en bankoortrekkings.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,414
Bedrae wat vooruit betaal is of voorgeskiet is, word in die Staat van Finansiële Posisie erken wanneer die betalings gemaak is.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,415
Debiteure wat in die Staat van Finansiële Posisie ingesluit is, spruit voort uit kontantbetalings wat verhaalbaar is van 'n ander party, wanneer die betalings gemaak is.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,416
Inkomste wat nog nie ingevorder is nie, word in die openbaarmakingsaantekeninge ingesluit. Bedrae wat moontlik onverhaalbaar is, word as deel van die openbaarmakingsaantekeninge by die jaarlikse finansiële jaarstate openbaar gemaak.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,417
Voorraad voorhande teen die verslagdatum word teen koste in die Verslag van die Rekenpligtige beampte openbaar gemaak.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,418
Bates word in die bateregister teen koste aangeteken met ontvangs van die item. Koste van die bate word as die totale koste van die verkryging gedefinieer. Bates wat in die vorige finansiële tydperk verkry is, kan teen 'n billike waarde waar bepaalbaar, of R1, in gevalle waar die oorspronklike koste van aankoop of 'n billike waarde nie bepaal kan word nie, opgegee word. Geen herskatting of be-nadeling van bates word tans in die bateregister erken nie. Projekte (konstruksie/ontwikkeling) wat met betrekking tot bates oor meer as een boekjaar loop, word slegs in die bateregister aangeteken met die afhandeling van die projek en teen die totale koste aangegaan vir die duur van die projek.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,419
Bylae 4 en 5 van die openbaarmakingsaantekeninge gee die totale beweging van bates in die ba-teregister weer met 'n koste gelyk aan of meer as R5 000 (daarom slegs kapitaalbates) vir die hui-dige boekjaar. Die beweging word weergegee teen die koste soos aangeteken in die bateregister en nie die deelnamewaarde nie aangesien depresiasie nie in die finansiële state onder die gewysigde kontantbasis van rekeningkunde erken word nie. Die openingsbalans weergegee in Bylae 4 en 5 sal items insluit wat voor die boekhoukundige tydperk aangekoop is en die sluitingsbalans sal die totale koste van die register vir kapitaalbates voorhande weergee.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,420
Erkende skuld verteenwoordig hoofsaaklik bedrae wat aan ander regeringsentiteite verskuldig is. Hierdie skuld word teen die nominale bedrag daarvan in die Staat van Finansiële Posisie erken.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,421
Huurverpligtinge behels bedrae verskuldig van die verslagdatum tot die einde van die huurkontrak. Hierdie verpligtinge word nie in die Staat van Finansiële Posisie as 'n las of in die Staat van Finan-siële Prestasie as 'n Betaling erken nie, maar word as deel van die openbaarmakingsaantekeninge openbaar gemaak.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,422
Bedryfs- en finansieringshuurverpligtinge word weergegee wanneer die betaling gemaak word. Bates wat verkry word volgens die finansieringshuurooreenkomste word as deel van die bylae by die jaar-likse finansiële state openbaar gemaak.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,423
Toevallings is goedere/dienste wat ontvang word, maar waar geen faktuur teen die verslagdatum van die verskaffer ontvang is nie, of 'n faktuur is ontvang, maar finale magtiging vir betaling is nog nie op die stelsel in werking gestel nie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,424
Toevallings word nie in die Staat van Finansiële Posisie as 'n las of in die Staat van Finansiële Presta-sie as 'n Betaling erken nie, maar word egter as deel van die openbaarmakingsaantekeninge open-baar gemaak.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,425
dit nie waarskynlik is dat die uitvloei van hulpbronne wat ekonomiese voordele of dienspotensiaal insluit, nodig sal wees om die verpligting te vereffen nie; of die bedrag van die verpligting nie met genoegsame betroubaarheid gemeet kan word nie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,426
Moontlike verliese word as deel van die openbaarmakingsaantekeninge by die jaarlikse finansiële state openbaar gemaak.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,427
Verpligtings behels goedere/dienste wat goedgekeur is en/of gekontrakteer is, maar nie teen die verslagdatum gelewer is nie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,428
Verpligtings word nie in die Staat van Finansiële Posisie as 'n las of in die Staat van Finansiële Prestasie as 'n Betaling erken nie, maar word egter as deel van die openbaarmakingsaantekeninge openbaar gemaak.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,429
Die kapitalisasiereserwe behels die finansiële bates en/of die laste wat uit 'n vorige verslag as 'n Betaling voortspruit, maar wat vir die eerste keer in die huidige verslagtydperk in die Staat van Fi-nansiële Posisie erken word. Bedrae word na die Nasionale/Provinsiale Inkomstefonds oorgedra met oormaking, vereffening of verhaling van sodanige bedrae.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,430
Bedrae word as verhaalbare inkomste erken wanneer 'n betaling wat in 'n vorige boekjaar gemaak en erken is, van 'n debiteur verhaalbaar word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,431
Sleutelbestuurspersoneel is daardie persone wat die gesag en verantwoordelikheid het vir die be-planning, bestuur en beheer van die departement se aktiwiteite. Senior bestuur sluit die minister en adjunkministers verantwoordelik vir die departement, die direkteur-generaal, die adjunkdirekteurs-generaal, die hoof- finansiële beampte en enige sleuteladviseurs in.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,432
Vergoeding wat aan sleutelbestuurspersonneel en hulle gesinslede waar van toepassing, betaal word, word as deel van die openbaarmakingsaantekeninge by die finansiële jaarstate openbaar gemaak.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,433
Besonderhede van hierdie transaksies kan gesien word in aantekening 7 (Oordragte en subsidies) en Aanhang-sel 1 ('A-G) by die Finansiële Jaarstate.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,434
Besonderhede van hierdie transaksies kan gesien word in aantekening 1 (Jaarlikse Toewysing) by die Finansiële Jaarstate.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,435
Besonderhede van hierdie transaksies per program kan gesien word in aantekening 6 (Finansiële transaksies in bates en laste) by die Finansiële Jaarstate.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,436
Afwyking as 'n % van finale toewysing.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,437
Surplus van R0.512m kan hoofsaaklik toegeskryf word aan 'n onderbesteding aan kapitaal aangesien die kantoorblok by Korporatiewe Dienste wat nog nie klaar is nie. Aansoek vir oorrol na die bedrag van R0.512m is vir die aankoop van meubels en toerusting vir die nuwe kantore.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,438
Surplus van R10.2m kan hoofsaaklik toegeskryf word aan 'n onderbesteding op die voorwaardelike toelae vir droogteverligting weens eise wat aan die einde van die jaar steeds uitstaande is. Aansoek is gedoen vir oorrol.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,439
Daar moet in gedagte gehou word dat die voorwaardelike toewysings ingesluit is in die bedrae van die totale toewysing in Aantekening 1.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,440
Die 2004/05 sluitings balans is aangepas om waarborge wat in daardie jaar afgelos is, uit te sluit.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,441
Geskenke gegee gedurende amptelike oorsese besoeke.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,442
SANLAM: Borgskap vir die 2005-Plaaswerkerkompetisie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,443
Boer: Vergoeding vir varkverliese.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,444
Oordrag van toerusting en implemente vir die handhawing en ondersteuning van opkomende boere.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,445
Departement van Landbou - Oos-Kaap: Twee Holstein-bulkalwers vir teeldoeleindes.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,446
Jagluiperdplaas: 86 pasgebore kalwers.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,447
Die finansiële state vir die jaar geëindig 31 Maart 2006, soos op bladsy 41 tot 89 uiteengesit, is ingevolge artikel 188 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet no. 108 van 1996), saamgelees met artikel 4 en 20 van die Wet op Openbare Oudit, 2004 (Wet no. 25 van 2004), geouditeer. Die vastebate-beginsaldo's is nie geouditeer nie vanweë die tydsberekening van leiding van die Nasionale Tesourie aan departemente met betrekking tot die behandeling, waardasie en openbaarmaking van vaste bates. Hierdie finansiële state is die verantwoordelikheid van die reken-pligtige beampte. My verantwoordelikheid is om 'n mening oor hierdie finansiële state, op die oudit gebaseer, te gee.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,448
Die oudit is in ooreenstemming met Internasionale Ouditstandaarde, saamgelees met Algemene Kennisgewing 544 van 2006, gepubliseer in Staatskoerant no. 28723 van 10 April 2006 en Algemene Kennisgewing 808 van 2006, gepubliseer in Staatskoerant no. 28954 van 23 Junie 2006, gedoen. Dié standaarde vereis dat ek die oudit beplan en uitvoer om redelike sekerheid te kry dat die finansiële state vry van wesenlike wanvoorstelling is.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,449
ondersoek, op 'n toetsgrondslag, van bewysstukke wat die bedrae en openbaarmakings in die finansiële state ondersteun, assessering van die rekeningkundige beginsels wat gebruik is en beduidende ramings wat deur bestuur gedoen is, en evaluering van die algehele aanbieding van die finansiële state.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,450
Ek glo dat die oudit 'n redelike grondslag vir my mening bied.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,451
Dit is die departement se beleid om finansiële state op te stel volgens die gemodifiseerde kont-antgrondslag van rekeningkunde wat deur die Nasionale Tesourie goedgekeur is, soos beskryf in aantekening 1.1 by die finansiële state.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,452
Na my mening is die finansiële state in alle wesenlike opsigte 'n redelike weerspieëling van die finan-siële stand van die Departement van Landbou op 31 Maart 2006 en die resultate van sy werksaam-hede en kontantvloei vir die jaar wat toe geëindig het, in ooreenstemming met die gemodifiseerde kontantgrondslag van rekeningkunde wat deur die Nasionale Tesourie van Suid-Afrika bepaal is, soos beskryf in aantekening 1.1 by die finansiële state, en op die wyse wat deur die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (Wet No. 1 van 1999) vereis word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,453
Daar was geen verslagdoenende lêer/portefeulje van bewysstukke om die prestasiemetingsresultate waaroor daar in deel 2 van die jaarverslag van die departement verslag gedoen is, te ondersteun nie. Kwantifiseerbare inligting waaroor verslag gedoen is, is nie deur dokumente of berekenings onder-steun nie. Verder, waar bewysstukke vir verifiëringsdoeleindes gesoek is, het die inligting veelvuldige bronne en/of gedetailleerde berekenings of opspoor van inligting in verskillende verslagdoenings-kategorieë ingesluit. Dit was dus nie moontlik om die geldigheid van die inligting te bevestig nie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,454
Provinsiale infrastruktuurtoekennings n Waarde-vir-geld-oudit wat op provinsiale infrastruktuurtoekennings gefokus het, is gelyktydig en saam met die oudit van die finansiële state vir die jaar wat op 31 Maart 2006 geëindig het, gedoen.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,455
a 'n Begroting bepaal 'n raamwerk vir doeltreffende en effektiewe finansiële bestuur en bevorder deursigtigheid en verantwoordbaarheid. Wesenlike veranderings is egter aan die oorspronklike begroting vir die 2005-06-boekjaar aangebring toe die aangepaste begroting gedurende Septem-ber 2005 opgestel en goedgekeur is. Verder is werklike Betaling nie in ooreenstemming gebring met beplande projekte in die aangepaste begroting nie. Die wesenlike veranderings aan die oor-spronklike begroting en wesenlike afwykings tussen werklike Betaling en die aangepaste begrote Betaling het die effektiwiteit van die begroting as 'n finansiële bestuurswerktuig gekortwiek.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,456
Betaling ter waarde van R7 918 000 is aangegaan aan 60 projekte wat nie in die aangepaste begroting verskyn het nie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,457
veranderende gemeenskapsdinamika en boerderybehoeftes (vir byvoorbeeld droogteverligting) van die aanvanklike projekidentifisering vir insluiting op die oorspronklike begroting en die werklike implementering daarvan; en projekte (ten bedrae van R9,91 miljoen) wat oorspronklik vir voltooiing in die 2004-05-boekjaar beplan is en oorgedra is vir implementering in die 2005-06-boekjaar en by die aangepaste begroting ingesluit is.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,458
Die hulp wat deur die personeel van die Departement van Landbou tydens die oudit verleen het, word opreg waardeer.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,459
Hierdie bedrae word nie in die finansiële jaarstate herken nie en are bekend gemaak ten einde die bruikbaarheid van die finan-siële jaarstate te verhoog.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,460
Die statistiek en inligting wat in hierdie deel van die jaarverslag gepubliseer word, word vereis in-gevolge Hoofstuk 1, Deel III J.3 van die Staatsdiensregulasies, 2002, en is deur die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie vir alle departemente in die Staatsdiens voorgeskryf.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,461
Die statistiese tabelle verskaf inligting op hoë vlak oor sleutelmenslikehulpbron-kwessies.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,462
die bevoegdhede wat kragtens wetgewing oor die staatsdiens en openbare finansies verleen is, op 'n verantwoordelike manier uitoefen, nasionale transformasieprioriteite wat deur die Kabinet gestel is, byvoorbeeld regstellende aksie, bereik.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,463
Jaarverslae word na die einde van die boekjaar geproduseer. Dit is daarop gemik om die verant-woordbaarheid van departemente teenoor sleutelbelanghebbers te bevorder.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,464
Die tabelle in hierdie verslag word op 'n gereelde grondslag deur die Departement van die Staatsdi-ens en Administrasie (DSA) hersien.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,465
Maak asseblief seker dat alle voorleggings voor of op 31 Augustus ingedien word sodat daar genoeg tyd beskikbaar is om u voorstelle te evalueer en in te sluit.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,466
Verskaf 'n omvattende, effektiewe en professionele interne en eksterne diens aan die kantoor van die LUR as uitvoerende gesag van die Wes-Kaap.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,467
Lewer doeltreffende, professionele en optimale dienste aan elke kliënt.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,468
n Tydsbeperking vir elke navraag hetsy per brief of enige ander antwoord.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,469
Gee strategiese leiding met betrekking tot departemen-tele beleid, prioriteite en oogmerke.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,470
Strategiese sessies is die afgelope jaar gehou en die strategiese plan word jaarliks hersien.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,471
Geskeduleerde en ad hoc-bestuurs-vergade-rings en beplanning-sessies word gehou om ondergeskiktes te bemagtig.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,472
Netwerking en die daars-tel van bande met verskil-lende belanghebbers wynmakers en 5 kaasmakers uit die bedryf is die afgelope jaar opgelei as gevolg van ons samewerk-ings-ooreenkoms met Boergondië, Frankryk.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,473
Die ooreenkoms met Nuffic met betrekking tot opleiding is vanjaar begin en sal voortduur.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,474
Verseker die verskaffing van 'n professionele, betroubare en onpartydige landbou-diens op alle terreine van lewering.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,475
Die Landbou- en Sake-sektor-strategie as deel van die PGOS is gefinal-iseer en gedurende die afgelope jaar geloods.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,476
Georganiseerde besig-heid en ander belang-hebbers is geraadpleeg met betrekking tot die Landbou-sektorplan.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,477
Verskaf Menslikehulp-bronbestuur-sonder-steuningsdienste aan personeel.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,478
Vordering met EB numeriese mikpunte bereik. Terugvoer aan personeel oor EB-vor-dering gemaak.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,479
Arbeidsverhoudinge. Personeelopleiding gedoen.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,480
griewe (7 intern opgelos, 3 ekstern opgelos).
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,481
Daaglikse kantoor-ondersteunings-dienste verskaf. Akkommo-dasie gekry vir verskeie nuwe diens-punte.