document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,282
Die 1-jaar Interne Bedryfsouditplan wat in April 2005 deur die Komitee goedgekeur is, het 20 hoërisikogebiede geïdentifiseer. Weens begrotingsbeperkings is die Plan egter in September 2005 gewysig om slegs 10 ouditgebiede in te sluit.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,283
Die Komitee het die Interne Ouditverslae nagegaan wat 'n aantal kritieke en beduidende kontroleswa-khede ten opsigte van studentetoelatings, siektebeheer, uitvoersertifisering, verkrygings- en ten-derprosedures, grondhervorming, statistiese ontleding, opleiding en ontwikkeling, BAS-kontrole en batebestuur beklemtoon het.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,284
Die Ouditeur-generaal het die aandag gevestig op 'n aantal anomalieë met betrekking tot die imple-mentering van Provinsiale Infrastruktuurtoekennings en die verslagdoening daarvan.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,285
Die Komitee het kennis geneem dat bestuur onderneem het om die aanbevole korrektiewe stappe te doen.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,286
Interne oudits is uitgevoer op die transversale IT sisteme van die Provinsie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,287
Die Komitee neem kennis dat e-Innovation die IT diens aan hierdie Departement lewer. Die Komitee wil die belang van die aangaan van 'n diensvlakooreenkoms met die Sentrum vir e-Innovasie benadruk om sodoende toekomstige tegnologie- en opleidingsbehoeftes aan te spreek.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,288
Die Komitee neem verder kennis daarvan dat die verantwoordelikheid vir die kontrole van tekort-kominge deur die Interne Oudit geïdentifiseer by Ce-I setel. Die Komitee sal die implementering van korrektiewe aksies vir die 2006/07 finansiële jaar opvolg.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,289
Die Komitee het nie die gehalte van injaarbestuurs- en maandelikse/kwartaallikse verslae wat in-gevolge die WOFB en die Wet op die Verdeling van Inkomste voorgelê is, nagegaan nie, maar staat-gemaak op die terugvoer van die Ouditeur-generaal, wat nie ongunstig in hierdie verband verslag gedoen het nie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,290
die Ouditeur-generaal se verslag nagegaan.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,291
Die Ouditkomitee stem saam met en aanvaar die Ouditeur-generaal se gevolgtrekkings oor die fin-ansiële jaarstate en is van mening dat die geouditeerde finansiële jaarstate aangeneem en saam met die verslag van die Ouditeur-generaal gelees moet word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,292
Die Ouditkomitee wil graag die Provinsiale Tesourie, beamptes van die Departement, die Ouditeur-generaal en die Sihluma Sonke Konsortium bedank vir hulle hulp en samewerking met die opstel van hierdie verslag.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,293
Dit het baie duidelik aan die lig gekom dat hierdie departement sy ondersteuning (Administrasie) ontgroei het en dat hierdie situasie geag word 'n top beleidsprioriteit te wees. Die administrasie is in die lewe geroep vir 'n departement met 645 mense, van wie die meeste nou by Elsenburg gesen-traliseer is.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,294
Vervolgens is aan die Departement ook goedkeuring verleen vir 'n personeelsterkte van 1 050 poste wat vinnig gevul word met nuwe inisiatiewe wat voortdurend hoër eise stel. Teen 31 Maart 2006 was daar reeds 852 poste gevul. Nuwe inisiatiewe in Administrasie, soos die totstandkoming van 'n be-hoorlik bemande Risikobestuurseenheid, moet dringend aandag kry.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,295
In die Program: Volhoubare Hulpbronbestuur is 'n totaal van 35 landbou-infrastruktuurprojekte ter waarde van R9,830 voltooi. Hierdie projekte het gewissel van besproeiingstelsels tot die vervanging van grondleivore met pypleidings, omheining, waterpunte vir vee, dreinering, grondpaaie, bergings-fasiliteite en herstelwerk aan besproeiingsdamme.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,296
Tegniese opleiding in gevorderde ontwerp en die beheer van ontwerpe is aan veldtegnici verskaf om hulle vir die evaluering van grondbewaringswerke toe te rus. Lesings is landwyd aangebied om die provinsie se kundigheid op die gebied van die beskerming teen rivieroewer-erosie met ander te deel.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,297
versoeke (120 vir kommersiële boere en 80 vir opkomende boere) in verband met besproeiings-ontwerp, asook tegnologie-oordrag in besproeiingsverwante sake is gehanteer en 140 waterbestuurs-take (84 vir kommersiële boere en 56 vir opkomende boere) is uitgevoer.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,298
Drie-en-dertig LandCare-projekte ter waarde van R3,200 miljoen is in die Wes-Kaap geïmplementeer en het gefokus op die effektiewe gebruik van water, armoedeverligting deur werkskepping, voed-selsekuriteitstuine en volhoubare hulpbronbewaring, terwyl 8 600 skoolgaande kinders opgelei is in die beginsels en praktyke van LandCare en 21 682 persoonsdae se werk geskep is (419 werksge-leenthede) om indringerplantegroei uit te roei en sodoende ons waterhulpbronne te beskerm en ook armoede te verlig. Werk is ook gedoen ten opsigte van waardetoevoeging tot groente, sowel as die ekstraksie en distillering van vlugtige olies uit verskeie gewasse vir opkomende boere.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,299
Vier ruimtelike ontwikkelingsareas is gekarteer volgens basislyndata, wat die grondslag vorm vir die Wes-Kaapse Provinsiale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,300
Die gevolge van die afgelope twee jaar se droogte was nog met ons en droogtehulp ter waarde van R16,435 miljoen is in die afgelope boekjaar uitbetaal, met R10,199 miljoen wat tot die 2006/07-jaar oorstaan.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,301
n Ondersoek na die profiele van alle opkomende boeregroepe en -individue is voltooi, en dit gee die program 'n beter idee van die huidige kliëntebasis en hulle verwagtinge en behoeftes.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,302
Die ondersoek na die "Financially Assisted Land Administration" (grond deur die nasionale Depar-tement van Landbou toegewys deur die "ou" Landboukredietraad) (FALA) grond aan die Weskus sal help met die kosteberaming om die staatsgrond vir boerderydoeleindes bewerkbaar te maak sodat hierdie kosteberaming aan die Departement van Grondsake beskikbaar gestel kan word om na grondhervormingsprojekte oorgedra te word. Die provinsiale grondberaad is op baie kort ken-nisgewing deur die Departement, die DLA en die Provinsiale Ontwikkelingsraad (POR) georganiseer, maar die opvolgproses in die provinsie sal tot in 2006/07 voortduur, gegrond op die besluite van die nasionale grondberaad.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,303
Die strategiese plan vir Plaaswerkerontwikkeling het duidelike riglyne gestel vir die rol van die De-partement van Landbou vir die volgende paar jaar, en die jaarlikse prestasieplan en doelwitte is dien-ooreenkomstig aangepas. Vroeë aanduidings is dat die hoof fokusareas die volgende moet wees: onderwys vir die kinders van plaaswerkers, verbeterde gesondheid- en maatskaplike dienste, behuis-ing, 'n toenemende bewustheid van AgriSEB en arbeidswetgewing. Laasgenoemde fokusareas val binne die mandaat van ander provinsiale en nasionale departemente, en noue samewerking sal in 2006/07 ontwikkel word, gegrond op 'n Kabinetsbesluit waar Landbou die mandaat gekry het om alle plaaswerkeraktiwiteite binne die plan te koördineer.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,304
Projekte wat gedurende die jaar voltooi is, sluit in: 35 voedselsekuriteitsprojekte, asook 46 CASP- (Comprehensive Agricultural Support Programme) en 111 PIG-projekte ter waarde van R19,385 miljoen en R16,849 miljoen onderskeidelik.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,305
Die bekendmaking van droogtehulp vir spesifieke areas in die provinsie, waar die mense wat geraak is hoofsaaklik plaaswerkers en opkomende boere was, beteken dat die subprogram: Plaaswerkeront-wikkeling, in samewerking met ander provinsiale departemente, eers 'n Droogteramphulpplan moes ontwikkel voor dit geïmplementeer kon word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,306
Die uitbreek van ernstige handelsensitiewe vreemde dieresiektes het intensiewe observasie- en be-heeroptrede genoodsaak. Blouoorsiekte (porcine reproductive and respiratory syndrome) (PRRS) het ernstige verliese veroorsaak, veral by opkomende varkboere op die Kaapse Vlakte en in die Boland. 5 883 varke op 581 eiendomme is getoets en 7 365 varke wat aan 134 eienaars behoort het, moes geslag word en uitbetalings ten bedrae van R6 466 miljoen is gemaak.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,307
Die uitbraak van Afrika Perdesiekte (APS) in die waarnemingsgebied in 2004 het tot gevolg gehad dat daar vir 'n tydperk van twee jaar 'n verbod geplaas is op die uitvoer van perde vanuit die Afrika Per-desiektevrye gebied. Hierdie tydperk het in Mei 2006 tot 'n einde gekom, en daar sal by die Europese Kommissie aansoek gedoen word om die herinstelling van die land se perde-uitvoerstatus.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,308
As gevolg van die uitbraak van die hoogs aansteeklike voëlgriep onder volstruise in die Oos-Kaap, moes alle volstruisplase in die Wes-Kaap getoets word. Monsters is by 777 volstruisplase geneem (39 274 serummonsters en 15 572 trageadeppermonsters vir die toetsing van antigene). Op 124 plase is teenliggame vir voëlgriep gevind, maar geen virus kon opgespoor word nie. Die positiewe serologiese toetse het tot gevolg gehad dat Wes-Kaapse volstruise deur die nasionale Departement van Landbou onder kwarantyn geplaas is. Die verbod op die uitvoer van volstruisvleis en -produkte wat in Augustus 2004 ingestel is, is uiteindelik op 13 Oktober 2005 deur die Europese Kommissie opgehef, nadat bevredigende gesondheidswaarborge oor die afwesigheid van die siekte aan die Euro-pese Kommissie voorgelê is. Die verbod het die verlies van meer as 4 000 werksgeleenthede en R400 miljoen in uitvoer in die volstruisbedryf tot gevolg gehad.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,309
Europese varkkoors is in Julie 2005 in die Worcester-distrik gediagnoseer - die eerste maal sedert 1918 dat die siekte in Suid-Afrika gediagnoseer is. Die area is onmiddellik onder kwarantyn geplaas en besmette varke is vernietig en vergoeding aan die betrokke eienaars uitbetaal. 'n Totaal van 1 591 varke op 97 eiendomme is van kant gemaak en vergoeding van R1,333 miljoen is uitbetaal. Die totale koste van die uitwissingsveldtog het R3,131 miljoen beloop.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,310
Die samestelling van noodplanne vir die hantering van die uitbreek van handelsensitiewe en soöno-tiese dieresiektes, wat verlede jaar begin is, is nou voltooi. Die dokumente is nie staties nie en sal voortdurende hersiening en bywerking verg. Verskeie raamwerke vir beleidsdokumente, wat veral op uitvoersake fokus, is opgestel. Dit sluit in 'n beleid insake die registrasie van skaapplase vir die uitvoer van skaapvleis met been in na die Europese Unie, 'n hersiene beleid oor Afrika Perdesiekte, 'n beleid vir die beheer van Johne se siekte in skape, 'n beleid vir die registrasie van uitvoer-volstruis-plase en verskeie beleide oor uitvoerklassifikasie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,311
Die kodering vir die geïntegreerde Kaapse inligtingstelsel ten opsigte van dieresiektes (CADIS) is voltooi. Hierdie program is tans in die finale toetsfase. Die stelsel sal na streekkantore ontplooi word, waar die insleutel van data op die databasis sal geskied.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,312
Die nuutgestigte veeartsenykundige epidemiologie-eenheid is nou ten volle beman en funksioneer goed. Beamptes van hierdie eenheid het hulle waarde bewys deur die ontwerp van verskeie databa-sisse vir die hantering van die kontroledata met betrekking tot waarneming en beweging en ruiten-ette vir statistiese steekproefneming vir die PRRS-, voëlgriep- en Europese varkkoors-opnames.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,313
Tydens die voldoening aan die tegnologiebehoeftes van ons kliënte is 'n totaal van 160 tegnologie-ontwikkelingsprojekte (navorsing) onderneem. Inligting gegrond op navorsing is deur 41 wetenska-plike publikasies, 62 semi-wetenskaplike en algemene publikasies, 76 kongresaanbiedings en 93 lesings by boeredae versprei.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,314
Die Bestuurstelsel vir Projekinligting (BSPI) is verfyn om aan die behoeftes van ons program te voldoen en funksioneer as 'n operasionele databasis van projekte. Hierdie stelsel sal gesonde pro-jekbestuur binne die program fasiliteer.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,315
Gesonde landboupraktyke is gegrond op kennis van gewas- en grondvereistes. Om produsente in staat te stel om hulle bemestingsbehoeftes dienooreenkomstig te bepaal, het die grond-, plant- en waterlaboratorium ongeveer 23 000 monsters ontleed en 'n inkomste van meer as R1 miljoen gegenereer. Hierdie uitset is gefasiliteer deur 'n nuwe organisasiestruktuur in die laboratorium. 'n Eksterne oudit van metodes en prosedures is deur kundiges van die grondlaboratorium by Cedara (Departement van Landbou KwaZulu-Natal) uitgevoer en waardevolle advies is verkry om die diens van die laboratorium te verbeter en optimaal te benut.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,316
uitbreiding van die Geografiese Inligtingstelsel (GIS)-kapasiteite om ondersteuning te bied vir die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) van die provinsie; en ondersteunende navorsing van nuwe landbounywerhede, m.a.w. heuningtee, met finansiële ondersteuning of samewerkingsprojekte.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,317
Die navorsingsprogram ten opsigte van groente en alternatiewe gewasse is verder uitgebrei, in die besonder met die oog op voedselsekuriteit en armoedeverligting (waar groente 'n kontantgewas met 'n groot aanvraag is).
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,318
Nog 12 studente het ingeskryf vir nagraadse studie wat befonds word deur THRIP (Tegnologie en Mensehulpbronne vir Nywerheidprogram) as gevolg van die navorsingsvennootskap tussen die In-stituut vir Diereproduksie en 'n handelsvennoot. Hiervan het 5 vir meestersgrade ingeskryf, 3 vir MTech-grade en 4 vir PhD's. Nege van die studente is vroue (twee uit die aangewese groepe) en twee mans uit die aangewese groepe.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,319
Gedurende die 2005/06-boekjaar het Program 6: Landbou-ekonomie weereens 'n aantal hoog-tepunte beleef, ten spyte van die feit dat die aktiwiteite daarvan deur 'n uitsonderlike hoë per-soneelomset gekortwiek is. Die Statistiek-afdeling het 'n ruimtelikgekoppelde MS Access-databasis van al die goedgekeurde LRAD-projekte in die Wes-Kaap afgehandel. Dit sluit in inligting oor die plase, besonderhede van begunstigdes, oprigting of beplanning van besighede op die plase, sowel as besonderhede oor finansiële en opleidingsbehoeftes. 'n Volledige inligtingsdatabasis met al die tersaaklike LRAD-landbou-inligting in die Wes-Kaap in samehang met die Elsenburg Geografiese In-ligtingstelsel (GIS) verskaf tydige, ruimtelike en akkurate bestuursinligting, en dra sodoende by tot goeie besluitneming in die Wes-Kaap. Hierdie afdeling het ook sy eerste gedrukte opsomming van landboustatistiek vir die Wes-Kaap vrygestel. Daar word voorsien dat hierdie publikasie 'n jaarlikse instelling sal word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,320
As 'n mens kyk na die Makro-Ekonomie-afdeling, was die doelwitte van die Provinsiale Besluitne-mingsprojek (PROVIDE) die fasilitering van beleidsontwerp deur beleidmakers van provinsiale en nasionale vlak kwantitatiewe beleidsinligting te voorsien. Die nasionale en provinsiale Departemente van Landbou was die aandeelhouers en befondsers van die PROVIDE-projek en die navorsingspan was by Elsenburg in die Wes-Kaap gestasioneer. Een van die uitsette van die PROVIDE-projek was 'n multi-regionale Maatskaplike Verantwoordingsmatriks. 'n Reeks werksdokumente met 'n sterk streeksfokus is gedurende die tweede helfte van 2005 gelewer.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,321
die impak van hoër welsynsoordragbetalings aan geteikende huishoudings; en die impak van brandstofheffings.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,322
Die uitbreiding en opgradering van praktiese en opleidingsfasiliteite om studente-inskrywings te verhoog, is hierdie jaar voortgesit. Die uitbreiding van lesingfasiliteite om die toename in studen-tegetalle op die hoofkampus van die Kaapse Instituut vir Landbou-Opleiding: Elsenburg (CIAT) te akkommodeer, het 'n groot inspuiting gekry toe 'n nuwe bouprojek vanjaar begin is.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,323
Die Departement het 'n aktiewe en betekenisvolle rol gespeel in die ontwikkeling van die Nasionale Landbou-onderwys en -opleidingstrategie (LOO), wat teen die einde van 2005 op nasionale vlak geloods is. Hierdie nasionale LOO-strategie verskaf ook die raamwerk vir die totstandkoming van na-sionale en provinsiale LOO-forums. Die Departement sal teen die middel van 2006 die leiding neem ten opsigte van die totstandkoming van 'n provinsiale LOO-forum. Hierdie forum sal alle belangheb-bendes (met inbegrip van verskaffers van opleiding) die geleentheid bied om aan die koördinering en fasilitering van landbou-opleiding deel te neem.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,324
In 2005 het 'n totaal van 332 studente vir opleiding op hoëronderwysvlak (Hoër Sertifikaat, Diploma en B. Agric-graad) ingeskryf. Die studente wat in 2004 vir die nuwe B. Agric-program, wat in samew-erking met die Universiteit van Stellenbosch aangebied word, ingeskryf het, het hulle tweede jaar van opleiding in hierdie program voltooi. Die eerste grade in hierdie program sal in 2006 uitgereik word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,325
Die beursskema om studente uit voorheen benadeelde gemeenskappe in Landbou-studie te onder-steun, is met die hulp van die nasionale Departement van Landbou uitgebrei om 15 studente in hul studie van Wingerdkunde, Enologie en Pomologie te ondersteun.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,326
n Global Seminar Project, in samewerking met hoofsaaklik Amerikaanse universiteite, is in die eerste semester van 2005 geloods. In hierdie projek debatteer studente van verskillende universiteite in die wêreld verskeie sake van wêreldbelang.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,327
Vaardigheidsopleiding is aan ongeveer 2 000 opkomende boere, plaaswerkers en werklose mense in hoofsaaklik die landelike gebiede van die provinsie verskaf.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,328
Altesaam 56 studente (van wie 38 by Elsenburg geregistreer is en 18 by George) is gekies om in te skryf vir die nuwe Leerderskapprogram (NKR 1) wat by die Kaapse Instituut vir Landbou-Opleiding (CIAT) aangebied is.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,329
Die opleiding van studente in die VOO-baan het verder momentum verkry met die inwyding van 'n nuwe koshuis wat 52 studente by Elsenburg kan huisves, en 'n gedesentraliseerde opleidingsentrum te Oudtshoorn.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,330
Die Boer-tot-Boer-program in samewerking met Florida Agricultural and Mechanical University is vanjaar voortgesit. Hierdie projek, wat deur USAID befonds word, het ten doel om die entrepreneur-svaardighede en bestuursvaardighede van landhervormingsbegunstigdes te verbeter.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,331
Die onbestede billike aandeel beloop R512 000 of 0.2% van die aangepaste begroting, wat gunstig vergelyk met die aanvaarde normstelling van 2% of minder.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,332
Hierdie Departement se enigste bestedingsprobleem was R10.199 miljoen vir droogtehulp wat ten tye van die opstel van hierdie verslag reeds toegewys is.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,333
registrasie, verblyf en etes, lesings en eksaminering van tersiêre en VOO-studente.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,334
Die fooie wat gehef word en verhaal word vir dienste gelewer en oortollige produkte geproduseer as gevolg van navorsing deur die departement, is bereken volgens provinsiale of nasionale beleidsrig-lyne en by die Provinsiale Inkomstefonds inbetaal en geboekstaaf soos voorgeskryf. Hierdie tariewe word jaarliks hersien en is gegrond op steekhoudende ekonomiese en kosteverhalingsbeginsels in oorleg met die Provinsiale Tesourie. Alle tariewe is in 'n tariefregister wat in elektroniese formaat gehou word, aangedui en op die Departement se intranet beskikbaar.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,335
Gratis dienste wat deur die departement gelewer word, is uitbreidingsdienste wat tot aansienlike inkomste uit konsultasiefooie kan lei. Die grootste gebruikers van hierdie dienste is egter die opko-mende boere wat dit nie kan bekostig om vir hierdie dienste te betaal nie en op die Departement staatmaak vir advies, inligting en die oordrag van tegnologie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,336
Dieselfde geld vir voorkomende dieregesondheid en veeartsenykundige kliniekdienste. 'n Voorbeeld is 'n projek op die Kaapse Vlakte wat die inenting van honde en katte teen hondsdolheid behels, met ontwurming teen inwendige parasiete wat terselfdertyd gedoen word. Hierdie projek sal die oordrag van hondsdolheid beperk as voorkoming op hierdie gebied getref word en sal voorkom dat inwendige parasiete van diere na mense oorgedra word waar hierdie diere reeds behandel is.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,337
Daarbenewens is net meer as 297 karperde, wat aan hulpbehoewende verkopers en afvalversame-laars behoort, op die Kaapse Vlakte met mikrovlokkies gemerk (koste beloop R60/perd = R17 820) om te help met die positiewe identifisering van individuele diere. 330 van hierdie karperde is teen perdegriep ingeënt teen 'n inentingskoste van R14 999. Die Departement het weereens die volle koste hieraan verbonde gedra.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,338
Die inventaris hieronder is vir alle voorraad voorhande aan die einde van die jaar op Elsenburg. Die kosteberamingsmetode wat gebruik is vir skryfbehoeftes, skoonmaakmiddels en voorraad (voedsel) is gebaseer op die gemiddelde aankoopprys. Die kosteberamingsmetode wat met betrekking tot die wynvoorraad gebruik is, is gebaseer op die departement se goedgekeurde tariefregister.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,339
Soos hierbo vermeld, sukkel die Program: Administrasie om nie te kort te skiet ten opsigte van sy diensleweringsdoelwit nie, terwyl dit moet byhou by 'n snelvermeerderende en gedesentraliseerde lynfunksie. Soos voorheen vermeld, is daar 852 gevulde poste op 'n goedgekeurde personeelsterkte van 1 050 en die aanstellings geskied teen 'n vinnige tempo, indien fondse dit toelaat.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,340
Dit het ook duidelik geword dat die Departement se dienste en prestasies veel meer is as waarvoor erkenning verleen word. 'n Herbesinning en herontwerp van die kommunikasiefunksie kan ook nie langer uitgestel word nie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,341
Aanwending van skenkerfondse n Drie-jaar-samewerkingsooreenkoms is met die Wageningen Universiteit Konsortium (Nederland) gesluit om die opleidingskapasiteit van die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding (CIAT) op die ge-bied van Landbou-uitbreidingswetenskap uit te brei en om uitbreidingspersoneel in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap op te lei en verder op te lei. Hierdie projek is befonds deur NUFFIC (Nederlandse or-ganisasie vir internasionale samewerking in hoër onderwys - e1,8 miljoen oor 'n tydperk van drie jaar).
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,342
Die 2005/06-boekjaar was die eerste implementeringsjaar, en van die R392 000 wat ontvang is, is R183 000 teen 31 Maart 2006 bestee.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,343
CASIDRA (Edms.) Bpk. is ingevolge die Maatskappywet van 1973 (nasionale Wet 61 van 1973) gestig - No. 1973/006186/07. Die Departement het 'n toesighoudende rol oor hierdie provinsiale sakeonderneming. Die aanspreeklikheid van hierdie instelling berus by die Raad wat deur die Provin-siale Minister van Landbou aangestel is. Die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap hou alle aandele in hierdie instelling.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,344
a armoedeverligting deur ekonomiese groei en landelike ontwikkeling; en b ontsluiting van menslike hulpbronne en kapasiteit.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,345
b 'n Aandeelhouersooreenkoms is met die Departement aangegaan en word deur kwartaalverslae gemonitor.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,346
Sedert 1998 tot 31 Maart 2005 het hierdie instelling 'n verlies van meer as R12,4 miljoen opgeloop. Hierdie feit het daartoe gelei dat die Departement as deel van sy toesighoudende rol 'n onafhanklike ondersoek na die struktuur en finansiële posisie van Casidra (Edms.) Bpk. ingestel het. Ten tye van hierdie verslag is dit aan die Kabinet voorgelê.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,347
Daar is geen openbare private vennootskappe in die verslagjaar aangegaan nie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,348
Die aanvanklike generiese bedrogsvoorkomingsplan is in die loop van die 2003/4-boekjaar aangepas, maar kon die afgelope twee jaar slegs gedeeltelik geïmplementeer word weens herstrukturering, gebrek aan kapasiteit en die vertraging weens die wag op 'n provinsiaal-goedgekeurde risikobestuur-seenheid. Die blote omvang van hierdie poging het tot gevolg gehad dat meer as 'n jaar verbygegaan het tydens die aanvaarding van strukture en die evaluering van poste. Interne beheerstelsels vir die Departement sal verder ontwikkel en geïmplementeer word met personeelaanstellings vir die interne beheerkomponent, indien die fondse dit toelaat.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,349
Die Departement maak tans gebruik van 'n gesentraliseerde ouditkomponent en -ouditkomitee soos goedgekeur deur die provinsiale parlement.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,350
n Volledige risikobepaling is op die Departement gedoen tydens die 2004/05-jaar wat gelei het tot die kartering en tien ouditverslae van die risikogebiede met die hoogste prioriteit wat deur die Depar-tement gebruik word, as 'n beginpunt vir die implementering van nuwer en beter stelsels.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,351
Botsende belange word beheer deur jaarlikse formele skriftelike verklarings deur die lede van die Senior Bestuursdiens, en ook aangesien die bodkomiteelede verplig is om hulle belange by elke ver-gadering van hierdie komitee te verklaar. Nie-aangewese personeellede word gereeld daaraan herin-ner om belange, waar van toepassing, te verklaar.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,352
Die Departement het 'n Beroepsgesondheid en -veiligheidsbeampte wat vir veiligheid, gesondheid en omgewingskwessies verantwoordelik is.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,353
Finansiële delegasies is gedoen om aan die Tesourieregulasies, voorskrifte van die Staatsdiens en Administrasie en die Rekenkundige Beampte se stelsel vir rigtinggewing aan die bestuursprosesse ten opsigte van die voorsieningsketting te voldoen, met inbegrip van die Bodkomitee.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,354
Die omvattende riglyn by die finansiële staat was van hulp ten spyte van aanvangsprobleme met die sjablone waarvan die meeste dadelik opgelos is, maar sommiges is eers heelwat later reggemaak. Die insette van die Raad vir Rekeningkundige Standaarde met hulle riglyn (raamwerk vir die voor-bereiding en aanbieding van finansiële state) was baie toepaslik en nuttig asook die raamwerk vir risikobestuur.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,355
Met verwysing na King II en artikels 38 tot 40 van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, Wet 1 van 1999, doen hierdie Departement ekstra moeite met die verantwoordelikhede van die Rekenpligtige Beampte deur deursigtige stelsels, 'n Rekenpligtige Beamptestelsel vir verskaffing en voorsiening, insameling van skuld met geskikte beleid, vrywaring van bates, nakoming van die voorskrifte van die Wet op die Verdeling van Inkomste (Wet 1 van 2005), oordrag van fondse na ander entiteite slegs wanneer geskikte ooreenkomste onderteken is en geskikte versekering daarvan ten opsigte van effektiewe en deursigtige finansiële stelsels en -bestuur, streng begrotingsbeheer, 'n waarde-vir-geld-beginsel, behoorlike rekordhouding en tydige en behoorlike verslaggewing - maandeliks, kwartaalliks en jaarliks.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,356
Geen aktiwiteite is gestaak nie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,357
Nuwe/beplande aktiwiteite n Nuwe Agri-SEB-eenheid word beplan indien fondse dit toelaat.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,358
Die provinsie het besluit om voort te gaan met LOGIS as die bateregister van departemente. Al die bates van hierdie Departement is op LOGIS aangeteken en konsolidasie word maandeliks tussen LOGIS en BAS uitgevoer.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,359
Daar is 'n batebestuureenheid in die voorsieningsketting-bestuurafdeling bestaande uit drie persone en elke onderafdeling het 'n aangewese batekontroleur of verantwoordelike persoon.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,360
Na die beste van my wete voldoen hierdie Departement tans aan die minimum vereistes.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,361
Weens kapasiteitsbeperkings het hierdie Departement nie ver gevorder op die pad na batebestuurs-hervorming nie en is daardie mylpale meestal steeds buite ons bereik.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,362
Niks om te rapporteer nie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,363
Verwys na Deel twee, Programprestasie, van die Jaarverslag ten opsigte van verslagdoening van die werklike prestasie deur die verskillende programme gedurende die onderhawige tydvak.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,364
Vir die verslagjaar is maandelikse en kwartaallikse verslae oor voorwaardelike toekennings sowel as hierdie jaarverslag gebruik om prestasie-inligting te lewer. Vir die 2005/06-boekjaar is prestasieverslag-gewing in die geheel op 'n kwartaallikse basis gedoen.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,365
Die Departement het swaar op die assessering van die interne ouditkomponent gesteun vir die onaf-hank-like bevestiging van sy eie prestasie terwyl die interne moniterings- en evalueringskapasiteit in die proses van vestiging was.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,366
Met verwysing na artikel 27 van die Wet op Verdeling van Inkomste van 2005, Wet 1 van 2005, kan daar gerapporteer word dat van die R228 847 000 in Bylae 4 van die Wet wat aan die Wes-Kaap toegeken is vir Provinsiale Infrastruktuur-toelae, R25 832 000 aan die Departement van Landbou toegeken is plus R13 274 000, waarvan R13 000 aan die Tesourie terugbesorg is met die aanpas-sing-s-katting in November 2005 vir hertoewysing. Van hierdie bedrag is R350 000 na die provinsiale Departement van Vervoer en Openbare Werke (Begrotingspos 10) oorgedra om sekere infrastruk-tuurprojekte vir die Departement van Landbou te voltooi en daaroor sal in daardie departement se jaarverslag gerapporteer word. Die totale oorblywende bedrag van R25 756 000 is bestee aan die skep van infrastruktuur vir opkomende boere. Met al die bestede fondse is al die doelwitte bereik.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,367
Met betrekking tot die Omvattende Landbou-ondersteuningsprogram is R17 206 000 in Bylae 4A ontvang. Bykomend tot hierdie bedrag is R2 058 000 wat van 2004/05 oorgerol het om die totaal vir die jaar op R19 264 000 te staan te bring. Die totale bedrag is aan opkomende boere in bemag-tigingsprojekte bestee sowel as aan hulle eie, meestal op infrastruktuurbehoeftes. Alle doelwitte is bereik.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,368
Ingevolge Bylae 5 van die Wet is R2 500 000 ingevolge die LandCare-toelaeprogram ontvang. Te-same met R674 000 wat van 2004/05 oorgerol het, is die totale bedrag R3 174 000, wat in totaal teen 31 Maart 2006 bestee is. Vir die bestede bedrag is al die doelwitte bereik.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,369
Al die bogenoemde oordragte is by die primêre provinsiale bankrekening inbetaal soos voorgeskryf.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,370
Na die beste van my wete is al die voorwaardes van hierdie Wet soos voorgeskryf in artikel 27 , nagekom.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,371
Alle oorgerolde voorwaardelike toelaes van vorige jare is bestee met inagneming van die voor-waardes van daardie toelae.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,372
Die jaarlikse finansiële state wat op bladsy 41 tot 89 uiteengesit is, is deur die Rekenpligtige Beampte goedgekeur.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,373
Die Finansiële Jaarstate is in ooreenstemming met die onderstaande beleid voorberei, wat konsek-went in alle wesenlike aspekte toegepas is, tensy anders aangedui. Waar egter toepaslik en beteken-isvol, is bykomende inligting egter geopenbaar om die nuttigheid van die finansiële state te bevorder en om aan die statutêre vereistes van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, Wet 1 van 1999 (soos gewysig deur Wet 29 van 1999), die Tesourieregulasies uitgereik kragtens die Wet, en die Wet op Verdeling van Inkomste, Wet 1 van 2005 te voldoen.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,374
Die Finansiële Jaarstate is volgens 'n gemodifiseerde kontantgrondslag van rekeningkunde opgestel, behalwe waar anders gemeld. Die gemodifiseerde kontantgrondslag maak die kontantgrondslag van rekeningkunde aangevul deur bykomende openbaarmakings uit. Ingevolge die kontantgrondslag van rekeningkunde word transaksies en ander gebeure erken wanneer kontant ontvang of betaal word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,375
Alle bedrae is aangebied in die valuta van die Suid-Afrikaanse Rand (R) wat ook die funksionele valuta van die departement is.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,376
Tensy anders gemeld, is alle finansiële syfers tot die naaste een duisend Rand (R'000) afgerond.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,377
Voorafgaande vergelykende inligting is in die huidige jaar se finansiële state aangebied. Waar nodig, is syfers in die voorafgaande finansiële state heringedeel om seker te maak dat die formaat waarin die inligting aangebied is, konsekwent is met die formaat van die huidige jaar se finansiële state.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,378
n Vergelyking tussen werklike en begrote bedrae per hoofklassifikasie van Betalings is in die ap-propriasiestaat.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,379
Bewilligde fondse word in die finansiële rekords erken op die datum waarop die bewilliging in werking tree. Aanpassings aan die bewilligde fondse wat volgens die aanpassingsbegrotingsproses gemaak is, word in die finansiële rekords van die datum waarop die aanpassings in werking getree het, erken.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,380
Totale bewilligde fondse ontvang gedurende die jaar word in die Staat van Finansiële Prestasie aange-bied.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,381
Onbestede bewilligde fondse word in die Provinsiale Inkomstefonds gestort, tensy goedkeuring deur die Provinsiale Tesourie gegee is om die fondse na die daaropvolgende boekjaar oor te rol. Hierdie oorgerolde fondse vorm deel van die teruggehoue fondse in die jaarlikse finansiële state. Bedrae wat aan die einde van die boekjaar aan die Provinsiale Inkomstefonds verskuldig is, word in die Staat van Finansiële Posisie erken.