document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,082
Die behoefte aan dienslewering in die landelike gebiede, en in die besonder aan hulpbron-arm boere, tesame met ervaringe gedurende die uitbreek van Afrika-varkpes in die tweede kwartaal van die jaar het tekortkominge in die organisatoriese struktuur van Veeartsenydienste aan die lig gebring. Dit het duidelik geword dat die kapasiteit van Dieregesondheids- en Laboratoriumdienste in die besonder nie juis die mas opkom met die baie groter vraag wanneer handelsensitiewe siektes uitbreek nie. Daar is met 'n werkstudie in dié verband begin en dit behoort afgehandel te wees vir implementering gedurende die volgende jaar onder oorsig.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,083
n Bykomende R12,9 miljoen is aan die Program: Veeartsenydienste toegeken vir 'n tydperk van drie jaar wat in 2006/07 eindig ten einde die aanbevelings van die organisatoriese ontleding te im-plementeer om sy menslikehulpbronkapasiteit uit te brei om aan sy kliënte se vereistes ten opsigte van voedselsekuriteit en uitvoerfasilitering te voldoen. Die proses het alreeds in 2003/04 begin en sal in 2007/08 afgehandel word. Die fokus sal wees om 'n goed voorsiene en toegewyde eenheid vir voedselsekuriteit deeglik te vestig ten einde na die behoeftes van verbruikers, die volstruis-, rooi-vleis- en suiwelbedryf te kan omsien, die lewering van gesondheidswaarborge vir sowel die uitvoer-handel as plaaslike verbruikers te fasiliteer, en wetenskaplikgebaseerde epidemiologiese ontleding van dieresiektes moontlik te maak. Die beskikbaarheid en toegang tot voedselveiligheidsdienste en inspeksiedienste word by die ywer vir die uitbreiding van kapasiteit ingesluit. Dit sal die aanstelling van ten minste een bykomende vleisinspekteur in elk van die ses staatsveeartsenykundige streke in die provinsie insluit.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,084
Vakante poste is gevul, met 'n doelgerigte poging om kandidate uit voorheen benadeelde groepe aan te stel. Twee JPP-kandidate, albei Indiërvroue, is as molekulêre navorsers aangestel. 'n Strategiese plan is vir die Instituut vir Hulpbron-benutting opgestel en dit sal gedurende 2006/07 geïmplemen-teer word. Opgradering van navorsingsinfrastruktuur het spesifieke aandag geniet ten einde met die navorsingsuitdagings te kan tred hou. In soverre dit dienslewering betref, moes sekere inisiatiewe soos beskryf in die Jaarlikse Prestasieplan opgeskort word as gevolg van die feit dat befondsing hetsy deur eksterne of interne bronne nie bekom kon word nie. Dit was in die besonder die situasie met die Drie-Kaap-projek, waar befondsing deur die Europese Unie steeds oorweeg word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,085
Die Program: Landbou-ekonomiese Dienste word steeds deur die hoë vakaturesyfer onder landbou-ekonome gekortwiek. Hierdie situasie word verder vererger deur die feit dat die posisie van Direk-teur: Landbou-ekonomie vakant bly. Hierdie probleem is waarskynlik deels te wyte aan lae salarisse in die openbare sektor in vergelyking met die private sektor asook die opvatting van 'n gebrek aan loopbaangeleenthede. Daarbenewens wil dit voorkom asof daar 'n afname is in die aantal aansoek-ers wat om geadverteerde vakatures aansoek doen, wat ook met die bostaande rede verband kan hou. As gevolg daarvan is dit moeilik om geskikte kandidate te kry wat in staat is om pligte wat in vakante posisies gespesifiseer word, te vul en daarom moes die program maniere kry om hierdie uitdagings die hoof te bied. 'n Voorstel rakende die vaardigheidsvereistes, opleidingsbehoeftes en onderskeid tussen verskillende vlakke van landbou-ekonome is ontwikkel as 'n eerste poging om die uitdagings die hoof te bied. Hierdie dokument is aan die Landbou-ekonomiese Staande Komitee van die Interdepartementele Tegniese Komitee van Landbou (ITCA) voorgelê en sal in die ontwikkeling van 'n toepaslike nasionale strategie gebruik word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,086
Ondanks hierdie beperkinge is die Program: Landbou-ekonomiese Dienste tans besig om die han-delswyse aan die gang te kry wat daartoe sal lei dat die Provide-projek van 'n tydelike reëling tussen die nege provinsiale Departemente van Landbou na 'n permanent befondsde situasie sal verander. 'n Voorlegging is aan die Interdepartementele Tegniese Komitee van Landbou (ITCA) gemaak ten opsigte van die totstandkoming van 'n navorsingsentrum om die navorsing met betrekking tot be-leidsontleding wat as deel van die Provide-projek begin is, voort te sit. Goedkeuring om met hierdie proses voort te gaan, is in beginsel verkry. Die nasionale Departement van Landbou en alle nege provinsiale Departemente van Landbou moet hulle daartoe verbind om belanghebbendes in hierdie onderneming te word. Die betrekkinge tussen die staatsdepartemente sal deur 'n memorandum van ooreenkoms gelei word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,087
Met die vestiging van nuwe en opkomende boere wat teen 'n bestendige tempo toeneem, het die behoefte aan ondersteuning ná vestiging (opleiding, voorligting, ens.) aan hierdie groep kliënte ek-sponensieel toegeneem. Dit sal weer tot 'n groter werklas vir 'n baie beperkte diensstaat lei.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,088
Transformasie van die onderwys- en opleidingsektor tot 'n enkele verenigde onderwysstelsel veroor-saak onsekerheid onder opleidingspersoneel.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,089
Die provinsiale ruimtelike ontwikkelingsraamwerk, sodat daar op proaktiewe wyse aan die toekomstige ontwikkelings in die provinsie vorm gegee kan word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,090
Die realiteit dat die landbousektor water moet bespaar en doeltreffend moet gebruik.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,091
Die beskerming van ons biodiversiteit en bewaring van ons landbou-hulpbronne.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,092
Die bewustheid van ons jeug in die belang van volhoubare praktyke en ontwikkeling.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,093
Die opbou van kapasiteit van teikengroepe om ons dienslewering te verbeter, in die besonder in die armoedenodusse van die Provinsie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,094
Die implementering van POLO het 'n aantal prosedure- en stelselprobleme geskep, maar die meeste (seleksie van projek, duidelike kriteria, veranderinge in kriteria, formaat van die bedryfsplan, vere-istes vir verslagdoening) is oorkom en die res van hierdie probleme sal in die volgende siklus aandag geniet.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,095
Die aanstelling van nuwe personeellede het in April 2005 plaasgevind. Dit het die implementering van verskeie projekte en voorgestelde interne prosesse vertraag. Verskeie lesse is hieruit geleer, naamlik die beskikbaarheid van geskikte landboukundig-opgeleide personeel is beperk, die voornemende werknemers wou die aanstellingsaanbod gebruik om oor 'n toename in salaris te onderhandel, en die standplase waar personeel benodig word, maak die vul van posisies selfs nog moeiliker (stedelike vooroordeel).
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,096
n Besluit is geneem om 'n ontwikkelingsbenadering met betrekking tot landbouprojekte te volg, maar 'n spesifieke opleidingsprogram wat opgestel is, moet geïmplementeer word aangesien die huidige en nuwe beamptes tegniese opleiding het, maar nie noodwendig oor ontwikkelingsopleiding of -ervaring beskik nie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,097
Om prosedures en verslagdoening te vereenvoudig, het die Departement begin met die ontwerp en implementering van 'n Projekbestuursinligtingstelsel om buitepersoneel met die vaslegging van tersaaklike inligting by te staan en om met 'n organisatoriese geheueproses te begin. Hierdie proses het vanselfsprekend baie tyd geverg, aangesien elke program verskillende vereistes gehad het, soos gebaseer op die mandaat en ook voorwaardelike toelaes.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,098
Twee belangrike studies is onderneem om die huidige agterstande in die ondersteuning aan opko-mende boere ('n profiel van alle opkomende groepe) en die suksesvlak van landbougrondhervorm-ingsprojekte ('n evaluering) te assesseer ten einde beter dienslewering te verseker. 'n Derde studie is aan die gang om die moontlikheid van FALA-staatsgrond vir die vestiging van nuwe boere te ondersoek.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,099
Ná die uitbreek van hoogs patogeniese voëlgriep onder volstruise in die Oos-Kaap, moes alle volstruis-plase in die Wes-Kaap op 'n sesmaandelikse basis getoets word. Van Augustus tot Desember 2005 is monsters op meer as 700 volstruisplase geneem. As gevolg van hierdie opname kon die Nasionale Departement van Landbou 'n motivering aan die OIE en EU voorlê vir die opheffing die verbod op die uitvoer van volstruisvleis. Uitvoere is in die laaste kwartaal van 2005 hervat.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,100
Klassieke varkpes (KVP) is in Julie 2005 in die Worcester-distrik gediagnoseer - die eerste keer se-dert 1918 dat die siekte in Suid-Afrika gediagnoseer is. Die gebied is onmiddellik onder kwarantyn geplaas en aangetaste varke is vernietig en vergoeding is aan die eienaars wat geraak is, uitbetaal. 'n Totaal van 1 591 varke op vyf eiendomme is vernietig en vergoeding van R1 333 728 is uitbetaal. Die totale koste van die uitwissingsveldtog het R3 131 358 beloop.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,101
Die gebeurlikheidsplanne vir hantering van die uitbreek van handelsensitiewe en soönotiese dier-esiektes het verseker dat toepaslike maatreëls getref is om hierdie uitbreek die hoof te bied. Die epidemiologie-eenheid het hoofsaaklik bystand verleen met die evaluering van waarnemingsdata en verslagdoening oor KVP en die voortgesette monitering van voëlgriep.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,102
Die nuutgestigte eenheid vir veeartsenykundige epidemiologie is nou ten volle beman en funksioneer goed. Beamptes van hierdie eenheid het getoon waartoe hulle in staat is met die ontwerp van ver-skeie databasisse ten einde data ten opsigte van waarneming en bewegingsbeheer en statistiese netsteekproefneming vir die blou-oorsiekte-, voëlgriep- en KVP-opnames te kan hanteer.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,103
Die kliëntebasis van die Program: Veeartsenydienste is ook aansienlik uitgebrei wat betref diens-lewering aan opkomende boere. Terwyl dienste gedurende die uitbreek van KVP dalk ingeperk is, sal ander spesifieke projekte voortgaan om hierdie dringende behoefte die hoof te bied, om diens-lewering en tegnologie-oordrag aan hierdie gemeenskappe te verbeter, en om kundigheidsentrums vir primêre dieregesondheidsorg-intervensies tot stand te bring.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,104
Die Program: Tegnologie, Navorsing en Ontwikkeling het 'n strategie van stapel gestuur ten einde landbou in die provinsie op die uitdagings van aardverhitting en klimaatsverandering in te stel. In dié verband is 'n herontwerp van en 'n nuwe strategie vir dienslewering deur die Instituut vir Hulpbron-benutting gedurende die laaste kwartaal van 2005/06 van stapel gestuur en afgehandel. Opgradering van die laboratoriums vir die ontleding van grond, water en plante is ook gedurende hierdie kwartaal afgehandel. 'n Doelgerigte poging is voorts aangewend om navorsingsbevindings op grondvlak te implementeer, met 'n verbetering van die inligtingsvloeiketting van navorsing na voorligting.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,105
Die gemiddelde reële bruto binnelandse groei vir die Wes-Kaap was 4,8% vir 2005. Landbou, bosbou en vissery het 4,5% bygedra. Die bydrae van primêre nywerhede in die Wes-Kaap het voortdurend afgeneem van 6,3% in 1996 tot minder as 5% in 2005. Hierdie tendens dui op 'n ontwikkelende ekonomie en het implikasies vir hoe ons die rol van landbou in die ekonomie sien. Landbou word gesien as 'n toepaslike instrument vir die ekonomiese en maatskaplike voordeel van die landelike armes. Strategieë en beleide soos grondhervorming, AgriSEB en arbeidswetgewing beklemtoon dit. Die Departement van Landbou: Wes-Kaap staan voor die uitdaging om suksesvolle implementering en nakoming van hierdie beleide by al sy kliënte te verseker te midde van die uitdagende ekonomiese en politieke omgewing waardeur die landbousektor gekonfronteer word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,106
Een van die verbintenisse wat die Wes-Kaapse Provinsiale Groei- en Ontwikkelingsberaad, wat op 14 November 2003 in Kaapstad gehou is, aangegaan het, was dat strategieë vir sekere sleutelsek-tore van die Wes-Kaapse ekonomie ontwikkel moet word. Een van die sleutelsektore wat op hierdie wyse geïdentifiseer is, was die landbousektor, met inbegrip van sy voorwaartse en terugwaartse skakelings. Agtergrondwerk vir die proses tussen die vier maatskaplike vennote (regering, sake, arbeid en die burgerlike samelewing) het kort ná die verkiesings van April 2004 begin.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,107
Grondhervorming, voedselsekuriteit op huishoudingvlak en swart ekonomiese bemagtiging.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,108
Menslikehulpbronontwikkeling, die maatskaplike omgewing en plaaswerker-kwessies.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,109
Mededingendheid in landbou, bemarking, markontwikkeling en marktoegang.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,110
Tegniese en ekonomiese navorsing en ontwikkeling.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,111
Voorligtingsdienste en landbouerondersteuning.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,112
Die natuurlike omgewing, voedselveiligheid en -sekuriteit.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,113
Institusionele ontwikkeling en infrastruktuur.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,114
Binne elk van hierdie temas is 'n aantal spesifieke kwelpunte geïdentifiseer en die konteks (ten opsigte van bedreigings, geleenthede en gewenste uitkomste) is vir elk omskryf. Daarbenewens is spesifieke aksieplanne, verantwoordelike partye en verifikasiewyses vir elk van hierdie aangeleent-hede ontwikkel. Die daaropvolgende plan is op 23 Junie 2003 vir kommentaar beskikbaar gestel. Daar word verwag dat hierdie aksieplanne vroeg in die nuwe boekjaar in 'n finale ooreenkoms tussen die vier maatskaplike vennote saamgevat sal word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,115
Sodanige formele bevestiging van die Landbou- en Agronywerheid-strategie sal dan die fokus van die interaksie tussen die vier maatskaplike vennote na die terrein van implementering verskuif. Byna nog belangriker is die nodigheid om vooruitgang met betrekking tot bereiking van die beoogde doel-stellings te moniteer en te evalueer. Hierdie implementering en monitering sal nuwe uitdagings en geleenthede vir die Departement skep.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,116
Daar moet egter onthou word dat die provinsiale landbousektor nie in isolasie werk nie, maar in die gees van naatlose regering gee dit ook aandag aan prioriteite wat as belangrik vir die hele Suid-Afri-ka geïdentifiseer is.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,117
Billike toegang en deelname.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,118
In dié verband werk die Program: Landbou-ekonomie alreeds in die rigting van die hantering van enkele van die uitdagings hierbo genoem. Die Program benut die bestaande kapasiteit en ook ven-nootskappe met ander organisasies en/of instellings om kwessies rakende mededingendheid van landbou, bemarking, markontwikkeling en marktoegang die hoof te bied. Daar kan nogtans voorsien word dat daar in die nuwe boekjaar uitdagings sal ontstaan na aanleiding van die implementering van die landelike kredietskema (Mafisa) asook die AgriSEB-raamwerk, so gou daar op nasionale vlak oor laasgenoemde ooreengekom kan word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,119
Die uitbreiding en opgradering van praktiese en opleidingsfasiliteite (Elsenburg en Oudtshoorn) ten einde in die groter vraag na landbou-opleiding te voorsien.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,120
Bekendstelling van 'n Nasionale Strategie vir Landbou-onderwys en Opleiding.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,121
Uitbreiding en desentralisering van opleiding in die Verdere-Onderwys-en-Opleiding- (VOO-) baan na histories benadeelde gemeenskappe, boere, plaaswerkers en grondhervormingbegunstigdes.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,122
Die totstandkoming van 'n gedesentraliseerde opleidingsfasiliteit by die Klein Karoo-proefplaas in Oudtshoorn het toegang tot vaardigheidsontwikkeling en opleidingsgeleenthede wat deur die Departement verskaf word, verder verbeter.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,123
Die aanbieding van 'n hersiene leerderskap-opleidingsprogram skep nou ook die geleentheid vir studente om 'n volle kwalifikasie in die VOO-baan te behaal.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,124
Implementering van 'n internasionaal befondsde voorligting- en opleidings-ontwikkelingsprogram as deel van die Drie-Kaap-projek (Wes-, Oos- en Noord-Kaap).
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,125
Vertraagde finale betalings deur twee van die belanghebbende departemente van die PROVIDE-projek.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,126
Daar is gereeld met die twee belanghebbende departemente geskakel en die betalings is gemoniteer. Op dié manier is die finale betalings verkry.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,127
Huishuur bly 'n uitdaging met probleme ten opsigte van regstellende stappe met betrekking tot wanbetalers.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,128
Om, met die hulp van die kantoor van die Staatsprokureur en binne die perke van die Wet op die Uitbreiding van die Sekerheid van Verblyfreg, watter regstellende stappe ook al beskikbaar is, te gebruik.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,129
Die kwessies hierbo vereis voortgesette aandag.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,130
Verslagdoening oor voorwaardelike toelaes.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,131
Nakoming van oudit- en risikobestuursverslae.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,132
Rekonsiliasie van LOGIS en BAS met betrekking tot bates - bateregister om met algemene grootboek te rekonsilieer.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,133
Vertragings wat ondervind is met verkryging van waterlisensies van die Departement van Waterwese en Bosbou (DWWB) vir projekte rakende opkomende boere het 'n ernstige invloed op besteding van provinsiale infrastruktuurtoekennings.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,134
Noue samewerking en gereelde vergaderings met DWWB-personeel wat na hierdie lisensies omsien ten einde die uitreiking daarvan te bespoedig.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,135
Sinchronisering van omskrywings van bates deur LOGIS- en BAS-gebruikers - koördinering van die verskillende kodegroepe om dieselfde op albei stelsels te weerspieël.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,136
Die doel van hierdie program is om op pro-aktiewe wyse volhoubare hulpbronbestuurprojekte te ver-skaf en om metodologieë aan ons kliënte en vennote te kommunikeer deur die voorsiening van land-bou-ingenieurs- en LandCare-dienste. In baie gevalle sluit dit die fasilitering en implementering van projekte in, wat strek van plaasbeplanning, optimale watergebruik, besproeiing, meganisasie, waar-detoevoeging, huisvesting van diere, grondbewaringswerke, infrastruktuur (POLO, PIT, LandCare), optimale hulpbron-gebruik, kapasiteitsbou deur tegnologie-oordrag, hersonering van landbougrond, droogte- en vloedhulp aan ruimtelike gebiedswye planne.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,137
Strategiese doel 1: Volhoubare benutting van die landbou-/natuurlike hulpbronne van die Wes-Kaap.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,138
Verskaf ingenieursdienste aan ons kliënte om optimum en volhoubare benutting van ons skaars natu-urlike hulpbronne en optimumproduksie te verseker.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,139
Optimaliseer produktiwiteit en volhoubaarheid van natuurlike hulpbronne, wat tot groter produkti-witeit, voedselsekuriteit, werkskepping, en 'n beter gehalte lewe vir almal lei.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,140
Waterhulpbronne word 'n oorlewingsuitdaging.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,141
Navorsing oor doelmatigheid en doeltreffendheid van landbouwatergebruik, asook alternatiewe bronne.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,142
Implementeer projekte wat waterbesparing bevorder, skep werk, verhoog biodiversiteit en bevorder finansiële en maatskaplike vennootskappe.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,143
Implementeer die beplande 23 LandCare-projekte en 'n bykomende 37 projekte.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,144
Alle projekte vir die jaar is geïmplementeer en afgehandel.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,145
Om tegniese personeel met geskikte kwalifikasies en opleiding op die gebied van siviele en meganiese ingenieurswese aan te stel.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,146
Om die beskerming van ons biodiversiteit te bevorder.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,147
Om werk te skep wat armoede sal verlig; die werk wat gedoen word, sal ons natuurlike hulpbronne verbeter en beskerm.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,148
Om ons skaars landbouhulpbronne teen verstedeliking en grondgebruik vir ontspanning te beskerm.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,149
Om die doeltreffender gebruik van water in die landbousektor deur beide kommersiële en kleinskaal-boere te bevorder.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,150
Om bewaring en volhoubare gebruik van die omgewing te bevorder, in die besonder natuurlike landbou-hulpbronne deur geïntegreerde gemeenskapsgebaseerde natuurlike hulpbronbestuur.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,151
Die program het dienste na gemeenskappe gedesentraliseer volgens die grense van distriksmu-nisipaliteite. Die aanstelling van nuwe personeellede is eers in April 2005 afgehandel, met verskeie posisies steeds vakant, aangesien daar beperkte ervare en behoorlik gekwalifiseerde personeel be-staan.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,152
Die POLO-program is bekendgestel nadat verskeie aanpassings daaraan gemaak is, maar met beperkte oorrolfondse. Die bedryfsplan vir die 2006/07 POLO-projekte is binne spesifikasies afge-handel en 'n basiese seleksiemodel is aangepas om met die bestuur van die vraag (R150 miljoen) teenoor die beskikbaarheid van fondse (R17,206 miljoen plus oorrolfondse) te help.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,153
Die uitdaging vir die program is om 'n balans te handhaaf tussen die MTUR-toekenning (aanstelling van personeel) teenoor die voorwaardelike toelaes aangesien die MTUR-toekenning nie teen dieselfde koers groei nie. Dit bemoeilik die implementering van projekte aangesien daar nie genoeg personeel is om die opkomende kliëntgroeperings en projekte te ondersteun nie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,154
n Besluit is geneem om 'n ontwikkelingsbenadering tot landbouprojekte te volg, maar 'n spesifieke opleidingsprogram wat ontwerp is, is geïmplementeer aangesien die huidige en nuwe beamptes teg-niese opleiding het, maar nie noodwendig ontwikkelingsopleiding of ervaring het nie. Daar is met die CAPRI-program (Cape Project for Rural Innovation) vir die opleiding van personeel begin.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,155
Om prosedures en verslagdoening te vereenvoudig, het die Departement begin met die ontwerp en implementering van 'n inligtingstelsel ten opsigte van projekbestuur om buitepersoneel in die vasleg-ging van relevante inligting by te staan en om met 'n organisatoriese geheue te begin. Hierdie proses het onvermydelik aansienlik lank geneem, aangesien elke program verskillende vereistes gehad het, soos gebaseer op die mandaat en ook voorwaardelike toelaes.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,156
Drie studies is onderneem om die huidige agterstande ten opsigte van ondersteuning aan opkomende boere ('n profiel van alle opkomende groepe) en die suksesvlak van grondhervormingsprojekte in die landbou ('n evaluering) te assesseer ten einde beter dienslewering te verseker.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,157
Die mikpunt van 2000 begunstigdes is nie bereik nie weens begrotingsbeperkinge deur ons vennoot, die Departement van Grondsake, alhoewel dit die twee departemente die geleentheid gegee het om aan 'n alternatiewe stelsel van implementering, naamlik 'n projekspanbenadering, aandag te gee.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,158
Die evalueringsondersoek van die grondhervormingsprojekte is afgehandel en die uitkomstes sal die toekomstige bekendstelling van hierdie subprogram en Landbouerondersteuningsdienste rig. 'n Ander ondersoek sal aandag gee aan die oordrag van en/of toegang tot FALA-grond (staatsgrond) vir voorheen benadeelde individue (VBI'e) in so verre die grondpakkette ten opsigte van die haalbaar-heid van verskillende landbouproduksie-opsies geassesseer sal word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,159
Die vertraging in die afhandeling van die konstruksie van die Philippi-mark onder die toesig van die Stad Kaapstad het die bereiking van die uitset verhinder.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,160
Die besluit om 'n ontwikkelingsbenadering tot landbouprojekte te volg het ook die instelling van 'n opleidingsprogram vir bestaande en nuwe personeellede genoodsaak ten einde personeel met vaar-dighede te bekwaam om die nodige dienste bekend te stel. Die CAPRI-program het gedurende die afgelope jaar begin.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,161
Die Departement van Landbou (DvL) het ook 'n beleidsproses begin, waardeur die norme en stand-aarde vir 'n adviesdiens gespesifiseer is. Hierdie proses sal die lewering van dienste verder ver-beter.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,162
Die mentorprogram word teruggehou totdat die Departement van Landbou die raamwerk vir im-plementering afgehandel het. Die konsepraamwerk is eers aan die einde van die afgelope boekjaar ontvang.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,163
Die gebruik en implementering van deelname en betrokkenheid van kliënt-gemeenskappe is en moet nog verder uitgebrei en versterk word as 'n werktuig ter verbetering van die lewering van voor-ligting.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,164
Die bestuurder van die Subprogram: Landbouerondersteuningsdienste het in die eerste helfte van die jaar bedank, wat meegebring het dat die aktiwiteite herprioritiseer moes word en dat enkele daarvan as gevolg van die kapasiteitsbeperkinge gestaak moes word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,165
Meer gereelde bywoning van die tweemaandelikse Nasionale Geïntegreerde Voedselsekuriteit-ver-gaderings het ons gehelp met die aanbring van veranderinge aan die voorgestelde strategieë in die 2005/06 strategiese plan.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,166
In die lig van die tekort aan personeel is 'n besluit geneem om nie individuele opstaltuine te bedien nie, aangesien 'n groter impak deur gemeenskaplike tuine in stedelike en landelike gebiede gemaak kan word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,167
Die befondsing van voedselsekuriteittuine het aanmerklik gestyg ten einde die behoeftes die hoof te bied.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,168
Subprogram 3.5: Plaaswerkerontwikkeling n Indaba en vyf streekkonferensies is gereël vir oorlegpleging met plaaswerkers en rolspelers. In Desember 2005 is 'n Kabinetsmemorandum gebaseer op die strategiese plan vir Plaaswerkeron-twikkeling aan die Kabinet aangebied en aanvaar. Die organisatoriese struktuur is afgehandel en posisies sal gevul word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,169
Ten einde die verwysingstelsel optimaal te laat funksioneer, is dit nodig om nou met alle staatsde-partemente en rolspelers saam te werk. Die provinsiale Departemente van Onderwys, Maatskap-like Dienste, Gesondheid, Behuising en Plaaslike Regering, die nasionale Departement van Arbeid asook munisipaliteite is onder die belangrikste organisasies met wie die Departement alreeds nou saamwerk. Ander rolspelers in die landbousektor met wie die Departement nou skakel, is Agri Wes-Kaap, AGRIWASA, NRO's, boereverenigings, vakbonde en die Nasionale Afrika-boere-unie (NABU).
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,170
n Interdepartementele komitee is in die lewe geroep om die implementering van die strategiese plan vir Plaaswerkerontwikkeling in die Wes-Kaap te koördineer. 'n Opvolg-plaaswerkerindaba word vir 2006 beplan om die strategiese plan en strukture amptelik aan plaaswerkers en die publiek bekend te stel.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,171
OOL-bestuur het besprekings met ons distrikspersoneel en ander departementele programme begin om die implementering van POLO- en PIT-infrastruktuurprojekte uit te kontrakteer.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,172
OOL en ander departementele programme bespreek die prioriteits- en sleutelaktiwiteite wat in die AgriSEB-plan geopper is.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,173
Voldoening aan alle regulasies vir ouditdoeleindes is taamlik moeilik en tydrowend.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,174
Totale gebrek aan ingenieurskwalifikasies in die korps wat infrastruktuurimplementering doen.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,175
Onversoenbaarheid van staat se finansiële stelsels met vereistes van doeltreffende heleplaas-infrastruktuur en sake-ontwikkeling.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,176
Neem die meeste van die beskikbare tyd van landboukundiges in beslag.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,177
Databasis (PBIS): Om doeltreffende implementering daarvan te verkry.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,178
Projekte is tans ad hoc, onvoldoende beplan en daar ontbreek doelgeoriënteerde uitvoering. Leiding en ontwikkeling van boere in hierdie opsig ontbreek heeltemal. Mentorskapprogram is nie gereed nie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,179
Beplanning deur POLO het die begrip van die boerderyprobleem verbeter - boere en beamptes.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,180
HGLO-spanne - Grondsake, Landbou en munisipaliteite het tot uitmuntende vlakke van samewerking gevorder.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
78,181
Moniteer en beperk dieregesondheidsrisiko's tot die minimum met deurlopende waarneming vir han-delsensitiewe siektes in die besonder en om veilige en heilsame diereprodukte vir menslike verbruik te verseker.