document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,880
Die positiewe invloed op vloei in die rivier as gevolg van die vervanging van kommersiële bebossing sal beperk wees omdat natuurlike plantegroei in die gebied ook 'n beduidende watergebruiker is.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,881
Staak die Uitvoer van Water na die Sandrivier-opvanggebied n Jaarlikse toewysing van 18,5 miljoen m3/jaar word na Polokwane uitgevoer uit die Dap Naudédam en die Ebenezerdam. Polokwane het nie redelike alternatiewe vir die invoer van water nie, en hierdie opsie sal dus 'n beduidende invloed op watervoorsiening aan die Polokwane-gebied hê.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,882
Toewysings word tans tot 50% van die jaarlikse kwota beperk as gevolg van die huidige droogtetoestande en lae vlakke van opgegaarde water. Die besproeiingsektor gebruik reeds moderne tegnologie en het groot bedrae aan bestuur en gesofistikeerde toerusting bestee om die doeltreffendheid van watergebruik te verbeter. Ondoeltreffende vloedbesproeiingsmetodes word selde in die studiegebied gebruik. Gevolglik is daar min ruimte vir verbetering in hierdie sektor.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,883
Die landbousektor (vrugteboorde wat van besproeiing afhanklik is) en die gepaardgaande agrobedrywe verskaf die meeste werkgeleenthede in die gebied. Mededinging om die beperkte aantal werkgeleenthede is kwaai en werkloosheid in die gebied is hoog, en baie mense is afhanklik van inkomste van familielede wat in die stede werk. Laer toewysings aan die besproeiingsektor sal werkverskaffing benadeel en word dus nie aanbeveel nie.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,884
Doeltreffende bestuurstelsels om waterverliese teen te werk, kan beslis bydra tot die groter beskikbaarheid van water. Instandhoudingstake soos die herstel van pypleidings kan as deel van 'n omvattende bestuurstelsel gedoen word. Ramings toon egter dat dit alleen, selfs met optimistiese projeksies, nie genoeg sal wees om in die toenemende behoeftes te voorsien nie.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,885
Die doel met bykomende opgaring (in die vorm van 'n dam) is om doeltreffende waterbestuur in die opvanggebied te verbeter.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,886
die bou van 'n dam op ander terreine, insluitende by Hobson's Choice in die Letsitelerivier (nie ekonomies lewensvatbaar nie); en die Nwamitwadam (word nou verder ondersoek).
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,887
Die geologie by die voorgestelde Nwamitwadamterrein bestaan uit Goudplaatsgneis van die Swazium-tydvak. Dit word onderlê deur granietgneis en diabaasgange. Die res van die Groot-Letaba-opvanggebied bestaan uit graniete, wat lei tot vlak verwering (minder as 10 m diep) en die grond wat ontstaan, is sanderig.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,888
Die Groot-Letabarivier ontspring in die westelike deel van die opvanggebied en vloei in 'n oostelike rigting en het 'n opvanggebied van ongeveer 13 500 km2. Die belangrikste sytakke van die Groot-Letabarivier in die studiegebied is die Letsitelerivier en die Nwanedzirivier. Die watergehalte in die Groot-Letabarivier is goed, met verswakking in die benedeloop as gevolg van salinering uit natuurlike bronne en voedingstofverrryking.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,889
Die projekgebied dek tien verskillende plantegroeitipes. Met die omsigtigheidsbeginsel word geraam dat altesaam 256 plant-en dierspesies op die Rooi Datalys potensieel hier kan voorkom. Boonop kan minstens 107 spesies endemies wees.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,890
Vestigingspatrone in die studiegebied word oorheers deur klein landelike dorpies, waar die armste mense woon. Gemeenskappe in die studiegebied woon in betreklik digbevolkte gebiede, en swart Afrikane is die oorheersende bevolkingsgroep. Onderwysvlakke is oor die algemeen laag. Baie min huishoudings het regstreekse toegang tot water in hulle huis of erf. Grootmaatwatervoorsiening aan dorpies is dus 'n prioriteit vir hierdie gemeenskappe.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,891
Die Groter Tzaneen-munisipaliteit het in 2006 die grootste bydrae tot die BBP in die distrik Mopani gelewer. Landbou en veral die besproeiingsektor is die hoofbasis van die streek se ekonomie en verskaf die meeste plaaslike werkgeleenthede. Die dorp Tzaneen is die enigste provinsiale groeipunt in die studiegebied. In die Groter Tzaneen-munisipaliteit is byna 30% van die bevolking werkloos, en werkloosheid neem elke jaar toe. Werkverskaffing geskied meesal in die landbousektor, gevolg deur gemeenskaps-, persoonlike en maatskaplike dienste en die groot-en kleinhandel-en handelsektor.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,892
Die Groot-Letabarivier-opvanggebied is 'n baie produktiewe landbougebied met gemengde boerdery, waar hoëwaardevrugteverbouing die belangrikste is, aangevul deur beesboerdery, wildboerdery, droëlandgewasverbouing en 'n verskeidenheid gewasse onder besproeiing. Die meeste van die paaie in die gebied word swak in stand gehou. Afgesien van interne gruispaaie verbind 'n redelike teerpadnetwerk die meeste gebiede in die distrik. Hoewel toerisme toeneem, is die toerismevraag heelwat laer as wat verwag kon word van 'n gebied met sulke uitstaande natuurlike potensiaal.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,893
Die OIB is nou in die Omvangsbepalingsfase, d.i. die eerste stap in die OIB-proses, wat bedoel is om inligting oor die OIB aan die publiek, belangegroepe, geaffekteerde gemeenskappe en staatsagentskappe te verstrek (insluitende geleenthede vir betrokkenheid van die publiek) en om die voorgestelde aksies, alternatiewe en invloede aan die publiek en agentskappe voor te hou. Die doel van omvangsbepaling is om die aantal alternatiewe te bepaal en die potensieel beduidende kwessies te identifiseer wat in die Invloedbepalingsfase ontleed moet word. Die omvangsbepalingsproses is ook bedoel om 'n gedetailleerde studie uit te skakel van die kwessies wat nie beduidend is nie en kwessies wat in vorige studies aandag gekry het.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,894
Deeglike oorweging van skriftelike of mondelinge kommentaar op die vergaderings of wat tydens die omvangsbepalingstydperk ontvang is, en waar gepas, verfyning van die voorgestelde alternatiewe, kwessies en invloedbepalingsplan. Die opstel van 'n Finale Omvangsbepalingsverslag waarin die resultate van die omvangsbepalingsproses opgesom word, insluitende kommentaar wat ontvang is, en beskikbaarstelling van die verslag aan die publiek.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,895
Na afloop van die kommentaartydperk van 30 dae sal DEAT alle kommentaar oorweeg wat tydens die Omvangsbepalingsfase ontvang is en sal hy, in oorleg met ander agentskappe, sy kommentaar op die Omvangsbepalingsverslag en die volgende fase van die projek formuleer.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,896
Openbare deelname is 'n belangrike komponent van die OIB. Die sleuteloogmerk van openbare deelname tydens omvangsbepaling is om te help om die bestek van die tegniese studies te bepaal wat gedurende die Invloedbepalingsfase van die OIB gedoen moet word. Die OIB vir die voorgestelde projek is wyd geadverteer en spesiale pogings word aangewend om bydraes te kry van mense wat regstreeks geraak kan word. 'n Agtergrondinligtingsdokument (AID) in Afrikaans, Engels, Sepedi en Xitsonga is wyd versprei, advertensies om die OIB aan te kondig is in die media geplaas en projekkennisgewingsborde is op prominente plekke in die studiegebied aangebring.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,897
Verskeie vergaderings is gedurende Julie en Augustus 2007 met grondeienaars, gemeenskappe, owerhede, inwoners en andere gehou. Nog vergaderings word beoog, insluitende twee openbare vergaderings / oop vergaderings soos aangedui op bladsy iii van hierdie verslag. Benewens die proses van openbare deelname vir die OIB het die Departement van Waterwese en Bosbou verskeie parallelle skakelinisiatiewe met belanghebbendes vir die projek as geheel geloods.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,898
Alle kwessies wat deur belanghebbendes geopper is, word opgeneem in 'n Kwessiesverslag, wat van die Kantoor vir Openbare Deelname verkrygbaar is. Aan die einde van die tydperk vir openbare kommentaar op die Konsep-Omvangsbepalingsverslag sal enige nuwe kwessies in 'n Finale Omvangsbepalingsverslag opgeneem word. Nadat die verantwoordelike owerheid vir die OIB die Finale Omvangsbepalingsverslag goedgekeur het, sal die Invloedbepalingsfase van die OIB begin met verskeie spesialisstudies.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,899
Kwessies wat deur belanghebbendes geopper is, is aan die omgewingskundige tegniese span deurgegee om beduidende kwessies te identifiseer wat deur Spesialisstudies ondersoek moet word tydens die Invloedbepaling. Die belangrikheid van 'n invloed is aan die hand van verskeie kriteria bepaal (aard van invloed, omvang, duur, intensiteit en waarskynlikheid van voorkoms). Omgewingskwessies en die potensiële invloede daarvan word in die volgende afdeling beskryf.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,900
Die OIB-span het die volgende sleutelkwessies geïdentifiseer wat verder deeglik deur spesialiste op verskeie vakgebiede ondersoek moet word. Hierdie diepteondersoeke sal in die Invloedbepalingsfase van die OIB gedoen word.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,901
Riviervloei (hoeveelheid en gehalte van water): 'n Verandering in die vloei en gemiddelde jaarlikse afloop (GJA) in die Groot-Letabarivier stroomaf van die voorgestelde damterrein kan lei tot die agteruitgang van akwatiese en oewerhabitatte. Een van die doelwitte van die voorgestelde projek is om die vloei in die rivier te verbeter wat 'n positiewe gevolg mag hê op die rivierekostelsel.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,902
Aardekologie: Die voorgestelde projek kan lei tot gelokaliseerde invloede op die ekologie as gevolg van konstruksiebedrywighede. Spesialisstudies moet fokus op terreinspesifieke ekologiese veldopnames en invloedbepalings in die gebiede wat regstreeks deur konstruksiebedrywighede geraak sal word.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,903
Maatskaplike prosesse: Die voorgestelde projek kan 'n invloed hê op die grootte, samestelling en aard van gemeenskappe en die verskaffing van dienste in die studiegebied. Die demografiese profiel kan positief en negatief geraak word.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,904
Ekonomie: Regstreekse en onregstreekse werkgeleenthede sal geskep word as gevolg van die konstruksie en instandhouding van die voorgestelde dam. Die projek sal hoofsaaklik 'n positiewe invloed op die ekonomie van die gebied hê, hoewel daar 'n verlies van landbougrond kan wees.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,905
Fisiese infrastruktuur: Van die bestaande infrastruktuur kan deur die voorgestelde projek geraak word. Enige tydelike of permanente onderbrekings in hierdie dienste moet versag word.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,906
Openbare gesondheid: Die verminderde riviervloei kan die risiko van siektes in die aanliggende en stroomafgemeenskappe verhoog. Die potensiële voordele van drinkwater, met verbeterings in sanitasie en higiëne, sal die algemene lewenstandaard verhoog.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,907
Erfenishulpbronne: Erfenishulpbronne kan geraak word. 'n Erfenisbepaling moet gedoen word om die risiko van die verlies van sulke hulpbronne te verminder.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,908
Verskuiwing van hoofpaaie: Hoofpaaie in die projekgebied sal verskuif moet word in die omgewing van die damkom. Dit sal 'n beduidende invloed hê op verkeersvloeiroetes, veral tussen woongebiede en werkplekke in die landbousektor, maar ook op die vervoer van landbouprodukte na markte.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,909
Waterregte: Grond wat vir die projek benodig word, sluit besproeide boorde en ander gewasse in. Die toekoms van die watertoekennings vir hierdie grond is 'n groot kwessie en vereis 'n beleidsvoorskrif, met inagneming van vergoedingskoste en die invloed op die ekonomie in die toekoms.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,910
Grondverkryging: Grond in die damkom is onder produktiewe permanente boordgewasse wat etlike jare nodig het om elders verskuif te word ten einde deurset vir pakhuise en ander vrugtebedrywe te handhaaf. Reëlings vir grondaankope moet so vroeg moontlik getref word om deurlopende produksie te verseker.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,911
Internasionale skakeling: Die OIB neem kennis van die verantwoordelikhede verbonde aan die Hersiene SADC-protokol oor Gedeelde Waterstelsels en die nuwe SADC-waterbeleid wat binnekort deur SADC-lande onderteken en bekragtig sal word.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,912
Alle spesialisstudies sal gedoen word ooreenkomstig regulasie 33 van GK 385 en sal regstreeks gemik wees op die invloede wat tydens die Omvangsbepalingsproses geïdentifiseer is.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,913
Nadat die spesialisondersoeke afgehandel en die bevindings en aanbevelings geïntegreer is, sal 'n Omgewingsinvloedverslag opgestel en aan die publiek beskikbaar gestel word vir kommentaar.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,914
Na afloop van die tydperk vir kommentaar op die Konsep-Omvangsbepalingsverslag sal die kwessies wat deur belanghebbendes geopper is, tesame met dié van tegniese spesialiste en reguleringsowerhede, in 'n Finale Omvangsbepalingsverslag opgeneem word. Die Finale Omvangsbepalingsverslag sal teen November 2007 uitgereik word aan die belanghebbendes wat 'n eksemplaar aangevra het.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,915
Die Finale Omvangsbepalingsverslag sal gebruik word om die bestek te definieer van werk vir die tweede fase van die OIB, wanneer die potensiële invloede van die voorgestelde ontwikkeling op die omgewing en die sosio-ekonomiese status van die gebied in besonderhede ondersoek sal word. Op hierdie wyse sal die kwessies wat deur belanghebbendes geïdentifiseer is, tot die OIB-proses bydra.
4,979
SumDraftScopingOct07Afr.txt
77,916
Omgewingsmagtiging word teen Oktober 2008 verwag, wat die Departement van Waterwese en Bosbou in staat sal stel om in die tweede helfte van 2009 met konstruksie te begin.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,918
Die Parlement bestaan uit twee huise . die Nasionale Vergadering (NV) wat uit 400 lede bestaan, en die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) wat uit minstens 90 afgevaardigdes bestaan.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,919
Die Grondwet verklaar dat die NRVP die provinsies verteenwoordig ten einde te verseker dat provinsiale belange in die nasionale regeringsfeer in ag geneem word.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,920
Dit word hoofsaaklik gedoen deur aan die nasionale wetgewende proses deel te neem en deur 'n nasionale forum vir openbare oorweging vir belangrike aangeleenthede wat die provinsies raak, te voorsien.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,921
Die NRVP verseker ook dat aangeleenthede oor plaaslike regering op die hoogste vlak verteenwoordig word.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,922
Die NRVP bestaan uit nege provinsiale afgevaardigdes wat deur die provinsiale wetgewers en die afvaardiging van die SA Vereniging vir Plaaslike Regering (Salga) benoem word.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,923
ses permanente afgevaardigdes en . vier spesiale (tydelike) afgevaardigdes is.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,924
Die Premier van 'n provinsie wat 'n spesiale afgevaardigde is, staan aan die hoof van die afvaardiging.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,925
Die Premier kan, indien nodig, iemand in sy/haar plek aanstel.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,926
Die afvaardiging van Salga word deur sy uitvoerende komitee vanuit 'n groep verteenwoordigers van die Plaaslike Regeringsverenigings in die nege provinsies gekies.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,927
n Voorsitter, en . Twee Adjunkvoorsitters.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,928
Dié beamptes is verantwoordelik vir die werksaamhede van die NRVP, speel 'n toesighoudende rol oor debatte en verseker dat vryheid van spraak vir afgevaardigdes binne die reëls van die Huis plaasvind.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,929
Die permanente Adjunkvoorsitter word vir 'n termyn van vyf jaar verkies, terwyl die Premiers van die provinsies om die beurt as Adjunkvoorsitter vir 'n termyn van 'n jaar optree.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,930
Daar word voorsien dat die NRVP 'n samewerkende regering en deelnemende demokrasie ten doel stel en hy ook as brandpunt dien om uitdrukking aan aangeleenthede van plaaslike en provinsiale regering op nasionale vlak te gee.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,931
Die NRVP gee uitdrukking aan die perspektiewe van die nege provinsies in Suid-Afrika en voorsien ook 'n platform vir plaaslike regering om aan wetgewende oorwegings op 'n nasionale vlak deel te neem.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,932
Die NRVP oorweeg, neem aan, wysig, stel wysigings voor aan, of verwerp wetgewing.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,933
Alle nasionale Wetsontwerpe word oorweeg.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,934
Die NRVP kan ook Wetsontwerpe inisieer wat binne Bylae 4 van die Grondwet resorteer (aangeleenthede waaroor nasionale en provinsiale wetgewers gesamentlike mag beskik om wette op te stel) en sekere wetsontwerpe wat provinsies raak.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,935
Die komitees is verantwoordelik vir die oorgrote deel van die werk, maar alle Wetsontwerpe moet na 'n sitting van die NRVP vir oorweging verwys word en daar moet gestem word of die Wetsontwerp aangeneem of verwerp word.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,936
Wanneer sodanige Wetsontwerpe deur die Nasionale Vergadering aangeneem is, word dit na die NRVP terugverwys sodat daaroor gestem kan word.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,937
Indien die NRVP veranderinge aan die Wetsontwerp wil aanbring, word dit terugverwys na die Nasionale Vergadering wat die veranderinge kan il aanneem of verwerp.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,938
Provinsies word direk geraak deur Wetsonderwerpe wat byvoorbeeld oor onderwys, vervoer, welsyn en gesondheid handel.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,939
Wetsontwerpe wat slegs in die Nasionale Vergadering 'n aanvang moet neem.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,940
Elke provinsie het slegs een stem wanneer daar in die NRVP oor dié Wetsontwerpe gestem word.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,941
Indien daar 'n meningsverskil tussen die NV en die NRVP ontstaan of die provinsies wel deur sodanige Wetsontwerp geraak word, word die Wetsontwerp na die Bemiddelingskomitee gestuur.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,942
Indien provinsies direk geraak word deur 'n Wetsontwerp wat die Grondwet wysig of verander, moet minstens ses van die nege provinsies in die NRVP daarmee saamstem.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,943
Indien provinsies nie direk geraak word deur 'n Wetsontwerp wat die Grondwet wysig of verander nie, vereis die Grondwet van die NRVP om die Wetsontwerp te oorweeg (sonder om daaroor te stem) voor dit na die NV gaan om daaroor gestem te word.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,944
Toesig is 'n grondwetlike funksie van die Parlement (met inbegrip van die Provinsiale Wetgewers) om regeringsoptredes na te gaan en te moniteer.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,945
Die NRVP speel 'n toesighoudende rol in die nasionale aspekte van die provinsiale en plaaslike regering.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,946
Die NRVP kan vereis dat 'n Kabinetslid, 'n beampte in die nasionale regering of provinsiale regering 'n vergadering van die Raad of 'n komitee van die Raad bywoon.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,947
Afgevaardigdes van die NRVP mag aan Kabinetministers vrae rig wat in die NRVP beantwoord word.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,948
Die NRVP of enige van sy komitees kan petisies, vertoë of voorleggings van enige belanghebbende persoon of instellings ontvang.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,949
Toesighoudende besoeke word ook deur die NRVP na gemeenskappe onderneem om sodoende direkte inligting oor die behoeftes en uitdagings van die mense te verkry.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,950
Die komitees van die NRVP word Gekose Komitees genoem. Byvoorbeeld, die Gekose Komitee or Behuising, die Gekose Komitee oor Openbare Werke en die Gekose Komitee oor Vervoer.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,951
Elke komitee is nóú betrokke by die werksaamhede van 'n bepaalde regeringsdepartement. 'n Komitee oorweeg en wysig Wetsontwerpe, en reël openbare verhore indien 'n aangeleentheid van groot openbare belang is.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,952
Komitees kan enige persoon dagvaar om getuienis af te lê of om dokumente voor te lê en daar kan van enige persoon of instelling vereis word om aan hom verslag te doen.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,953
Sodra 'n wetsontwerp deur 'n komitee oorweeg is, word dit aan die NRVP voorgelê sodat daaroor gestem kan word.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,954
Elke provinsiale afvaarding beskik oor een stem wat namens die provinsie deur die hoof van sy afvaardiging uitgebring word.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,955
Lede van die publiek kan 'n betekenisvolle bydrae lewer om te verseker dat die regering aanspreeklik vir die behoeftes van mense gehou word.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,956
n Voorlegging aan 'n komitee of die Parlement is 'n manier om jou stem in die Parlement te laat hoor.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,957
Wanneer 'n voorlegging gemaak word, het jy die geleentheid om die siening van lede van die komitee, wat bepaalde wetgewing bespreek en oorweeg, te beïnvloed voordat sodanige wetgewing afgehandel word.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,958
n Petisie is 'n manier om griewe oor aangeleenthede van openbare belang onder die Parlement se aandag te bring om binne magte op te tree.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,959
Elke landsburger beskik oor die reg om ingevolge die Grondwet petisies aan die Parlement te rig.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,960
Enige persoon, groep persone of organisie beskik oor die reg om 'n petisie aan die Parlment te rig.
4,980
The National Council of Provinces Afrikaans.txt
77,961
Lede van die publiek kan met Parlementslede in verbinding tree by kiesafdelingskantore regoor die land of by die Parlement, indien hulle ondersteuning vir 'n aangleentheid wil win, sterk oor 'n aangeleentheid voel of bystand vir 'n bepaalde probleem verlang.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,963
VRYWARING: Hierdie Jaarverslag is 'n vertaalde weergawe van die Jaarverslag wat goedgekeur is. Indien onsekerheid bestaan oor sekere vertolkings moet die Engelse weergawe geraadpleeg word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,964
Dit is vir my 'n eer om die 2005/06-jaarverslag van die Wes-Kaap: Departement van Landbou in-gevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999, voor te lê.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,965
Die Departement van Landbou het sy verbintenis teenoor transformasie getoon deur die aanstelling van werknemers uit die aangewese groep, naamlik Swartes, met 100% te verhoog.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,966
In verskeie programme is verskillende inisiatiewe begin wat sal voortgaan om momentum aan die transformasie-agenda van die nasionale en provinsiale regerings te gee, maar ook ondersteuning aan die kommersiële sektor handhaaf om werkskepping en sekuriteit vir plaaswerkers te verseker en die Agri-BEE-doelstellings te verwesenlik.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,967
In Program 2 (Volhoubare Hulpbronbestuur) is 'n Impumelelo-toekenning (Silwerklas) vir 'n projek - die balanseerdam by Ebenhaeser - aan Ingenieursdienste toegeken. Die doel van hierdie dam is om die watertoevoer aan die plaasgemeenskap by Ebenhaeser naby Vredendal te stabiliseer.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,968
Die Kannemeyer Junior Skool het die tweede prys in die Nasionale Junior LandCare-kompetisie gewen met hulle uitstaande skoolprojek wat LandCare-beginsels in hulle skoolgroentetuin toegepas het.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,969
Die Volhoubare Hulpbronbestuursprogram het ook 'n aantal riviererosiebeskermingswerke in die Buffeljags-, Kleinkruisrivier- en Tierkloof-gebied voltooi om verdere erosie van die rivieroewers en die verlies van waardevolle landbougrond te voorkom. Die Departement is verantwoordelik vir die ontwerp van hierdie werke, en werklose plaaslike mense word gebruik vir die konstruksie van die beskermingswerke.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,970
Goeie vordering is gemaak met die ontwikkeling van 'n bewaringsboerderystelsel vir die verbouing van rooibostee in die Cederberg-berggebied.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,971
LandCare- en infrastruktuurprojekte is voltooi om besproeiing, opleiding, werk (29 000 per-soondae), beskerming van die landbouhulpbronne en ander ingenieursverwante infrastruktuur vir boer-dery-gemeenskappe, kleinskaalse boere en bevoordeeldes van die GHLO-program te verskaf. 'n Aantal infrastruktuurprojekte kon nie voltooi word nie weens vertragings wat deur gemeenskap-sprobleme veroorsaak is, soos eienaarskap van grond en 'n gebrek aan 'n gemeenskaplike doelwit en visie, en die probleme wat ondervind is om waterlisensies van die Departement Waterwese en Bosbou (DWB) te verkry.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,972
n Internskapprogram is begin en 15 interns is aangestel en gementor in die skaars vaardigheid van natuurlikehulpbronbestuur. Hierdie internskapprogram se potensiaal is groot om billikheid en skaars vaardighede in die Departement in die toekoms aan te spreek.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,973
Die Boere-ondersteuning- en Ontwikkelingsprogram (BOD) het 37 nuwe personeellede aangestel as deel van die Premier se Paasmikpunte, wat meegebring het dat die program dienste aan 'n groter aantal kliënte kon lewer. Gekoppel aan die aanstelling van meer personeel, is verskeie kantore in landelike gemeenskappe gevestig.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,974
Die BOD-program het ook begin met die evaluering van die 'n landbougrondhervormingsprojek en sal by voltooiing daarvan die Departement help om die sukkelende GHLO- en ander grondhervorm-ingsprojekte te ondersteun sodat dit meer volhoubaar word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,975
Die aanvaarding en goedkeuring van die strategiese ontwikkelingsplan vir plaaswerkers deur die Kabinet het ook beteken dat die behoeftes van plaaswerkers nou op 'n meer geïntegreerde en ho-listiese manier aangespreek kan word en die ondersteuning van alle provinsiale departemente en spesifieke nasionale departemente gevra kan word.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,976
Om meer prominensie aan grondhervorming te gee, is die implementering en funksionering van die distrikskoördineringskomitees in vyf van die ses distrikte deur die Departement van Grondsake met bystand van die program gedryf.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,977
Die aanstelling van personeel is afhanklik van die MTUR-toekenning, en die verhouding van MTUR-toekenning en voorwaardelike toewysings maak dit nie moontlik om al die nodige poste te vul nie.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,978
Die bykomende Staatsveeartsposte wat voorheen geskep is om in die behoeftes van uitvoerslagplase te voorsien, het 'n aansienlike verskil gemaak aan voldoening aan internasionale vereistes, veral wat volstruisvleis betref. Nadat die verbod op volstruisvleis in die derde kwartaal van die verslagjaar opgehef is, kon die program die fitogesondheidswaarborge gee vir die produkte wat sedertdien uit-gevoer is.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,979
Die behoefte aan dienslewering in die landelike gebiede, en veral om hulpbronne aan arm boere te gee, gepaardgaande met ervarings tydens die uitbreek van Afrikavarkkoors in die tweede kwartaal van die jaar, het tekortkominge in die organisatoriese struktuur van Veeartsenykundige Dienste blootgelê. Dit het duidelik geword dat die kapasiteit van Dieregesondheid- en Laboratoriumdienste veral nie die baie groot toename in vraag goed hanteer wanneer uitbrake van handelsensitiewe siektes ondervind word nie. 'n Werkstudie in hierdie verband is geïnisieer en behoort gereed te wees vir implementering gedurende die volgende verslagjaar.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,980
Die Program: Veeartsenykundige Dienste het 'n bykomende toekenning van R12.9 miljoen vir 'n ty-dperk van drie jaar wat in 2006/2007 eindig, gekry vir die implementering van die aanbevelings van die organisatoriese ontleding om sy mensehulpbronkapasiteit uit te brei ten einde aan sy kliënte se vraag na voedselveiligheid en uitvoerfasilitering te voldoen. Die proses het reeds in 2003/04 begin en sal in 2007/08 gefinaliseer word. Die fokus sal daarop wees om 'n goed voorsiende en toegewyde voedselveiligheidseenheid te stig om na die behoeftes van verbruikers, die volstruis-, rooivleis- en suiwelbedryf om te sien, die lewering van gesondheidswaarborge vir beide die uitvoerhandel en plaaslike verbruikers te fasiliteer en wetenskaplikgebaseerde epidemiologiese ontleding van dier-esiektes moontlik te maak. Die beskikbaarheid van en toegang tot voedselhigiënedienste en inspek-siedienste is ingesluit by die poging om kapasiteit uit te brei. Dit sal die aanstelling van ten minste een bykomende vleisinspekteur in elkeen van die 6 staatsveeartsenykundige streke in die provinsie insluit.
4,981
WC - Vote 11 - Agriculture.txt
77,981
In Program 5 (Navorsing- en Ontwikkelingsdienste) is altesaam 172 navorsingsprojekte deur die Institute vir Diereproduksie, Plantproduksie en Hulpbronbenutting uitgevoer. Die beplanning vir laas-genoemde instituut het begin en sal gedurende 2006/2007 voltooi word met die opstel van 'n strate-giese plan en finalisering van die organisatoriese struktuur. Navorsing is gedoen op die 7 proefplase van die Departement asook in distrikte met die medewerking van spesifieke boere.