document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,779 | Ons moet saam meer doen om misdaad te bekamp. Ons mikpunt is om 'n kriminele regstelsel te vestig wat getransformeer, geïntegreer, gemoderniseer, behoorlik toegerus en effektief bestuur is. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,780 | Dit is ook uiters belangrik om die doeltreffendheid van die howe en die werkverrigting van aanklaers te verbeter en om speur-, forensiese en intelligensiedienste te verskerp. Hierdie werk het in alle erns begin, en dit sal met hernude energie en krag aangepak word. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,781 | Van die onmiddellike teikens is om te verseker dat ons die aantal aanklaers en Regshulpraad-personeel vermeerder. Ons sal dieselfde doen met polisiespeurders. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,782 | Ons het die naam van die betrokke ministerie verander van Veiligheid en Sekuriteit na Polisie om te benadruk dat ons werklike bedryfsenergie in polisiewerk nodig het. Dit sal bydra tot die vermindering van ernstige en geweldsmisdaad teen die gestelde teiken van 7% tot 10% per jaar. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,783 | Daar sal ook ernstig aandag gegee word aan die bekamping van georganiseerde misdaad, sowel as misdrywe teen vroue en kinders. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,784 | Alhoewel ons die belegging van die privaatsektor in die sekuriteitsbedryf waardeer, sal ons die regulasie van dié bedryf verbeter. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,785 | Van die sleutelinisiatiewe is onder meer 'n proses om 'n Grensbeheeragentskap daar te stel, ons sal inisiatiewe teen kubermisdaad en identiteitsdiefstal verskerp, en ons sal stelsels in die tronke verbeter om herhaaldelike oortredings te verminder. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,786 | Ek wil weereens ons ondersteuning ten opsigte van die deurlopende transformasie van die regstelsel benadruk. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,787 | Hierdie transformasie behoort sleutelkwessies aan te spreek, soos om regsonafhanklikheid te verhoog, interne stelsels vir regsaanspreeklikheid te versterk, sowel as om volle toegang tot regsdienste deur almal te verseker. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,788 | Die sukses van die demokratiese stelsel in geheel hang af van goeie verhoudings, met wedersydse respek, en 'n gees van kameraderie tussen die Uitvoerende Gesag, die Wetgewer en die Regsprekende Gesag. Dit is baie belangrik vir ons konstitusionele demokrasie. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,789 | Ons het al verskeie kere ons verbintenis tot die bekamping van korrupsie in die Staatsdiens bevestig. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,790 | Ons sal veral aandag daaraan skenk om korrupsie en bedrog met betrekking tot aanskaffing- en tenderprosesse, aansoeke om bestuurslisensies, maatskaplike toelaes, IDs, en diefstal van polisiedossiere te bekamp. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,791 | Laat ek benadruk dat ons almal 'n rol het om te speel in hierdie oorlog teen misdaad. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,792 | Ons moet daadwerklik deelneem aan gemeenskapspolisiëringforums. Ons moet ophou om gesteelde goedere, wat misdaad aanmoedig, te koop. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,793 | Ons moet misdaad aanmeld en die polisie help met inligting om oortreders vas te trek. Sodoende kan ons 'n misdaadvrye gemeenskap skep. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,794 | Geagte lede, sedert 1994 het ons gepoog om 'n verenigde, samehangende gemeenskap te skep uit ons gefragmenteerde verlede. Ons word opgeroep om voort te gaan met ons missie, naamlik die bevordering van eenheid in diversiteit en om 'n gedeelde waardestelsel te ontwikkel, gebaseer op die gees van samehorigheid en 'n gemeenskap wat omgee. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,795 | Ons gedeelde waardestelsel behoort ons aan te spoor om aktiewe deelnemers te word in die herlewing van ons land. Ons moet 'n gedeelde nasionale identiteit en patriotisme uitbou. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,796 | Ons moet 'n gedeelde verbondenheid tot ons land, ons Grondwet en die nasionale simbole ontwikkel. In hierdie gees moet ons die Volkslied en ons land se vlag en alle ander nasionale simbole bevorder. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,797 | Ons kinders moet van kleins af geleer word om trou te sweer aan die Grondwet en die nasionale simbole, en hulle moet weet wat dit beteken om landsburgers van Suid-Afrika te wees. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,798 | Ons moet 'n gedeelde nasionale benadering tot die verandering van geografiese en plekname verseker. Dit moet 'n geleentheid wees om alle Suid-Afrikaners te betrek in die vorming van 'n nasionale identiteit, en ons bewustheid oor ons geskiedenis en erfenis verdiep. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,799 | Sport is 'n kragtige manier om nasiebou te bevorder. Ons moet almal saam al ons nasionale spanne ondersteun, van Bafana Bafana tot die Proteas en Springbokke, van BanyanaBanyana tot die paralimpiese atlete. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,800 | Ons spanne kan slegs uitblink met ons ondersteuning. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,801 | Laat ek hierdie geleentheid gebruik om ons nasionale spanne geluk te wens met hul prestasies die afgelope week. Hulle het inderdaad 'n driekuns behaal. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,802 | Die land se vrouenetbalspan het ons trots gemaak deur die Drie-Nasies Netbaluitdaging te wen. Geluk aan die Sewes Springbokke wat die IRB Sewes-Wêreldbekerreekskampioene geword het - en natuurlik die Blou Bulle wat die Super 14-finaal oortuigend gewen het! |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,803 | Ons maak gebruik van hierdie geleentheid om die Springbokke sterkte toe te wens met die reeks teen die Britse en Ierse Leeus wat op hande is. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,804 | Dit is duidelik dat ons grootskaals in sportontwikkeling moet belê. Ons moet die herlewing van skoolsport bespoedig en seker maak dit deel vorm van die skoolkurrikulum. Ons moet ook seker maak dat die voorsiening van sportgeriewe vir armer gemeenskappe 'n prioriteit is. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,805 | Ons het deur die jare onsself daartoe verbind om by te dra tot die skep van 'n beter Afrika en 'n beter wêreld. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,806 | Die Regering se hoofdoel oor die medium termyn is om te verseker dat buitelandse verhoudings bydra tot 'n omgewing wat volhoubare ekonomiese groei en ontwikkeling bevorder. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,807 | In hierdie opsig sal ons voortgaan om die Afrika-kontinent te prioritiseer deur die Afrika-Unie (AU) en sy strukture te versterk, en spesiale aandag skenk aan die implementering van die Nuwe Vennootskap vir Afrika-Ontwikkeling. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,808 | Ewe belangrik, en nader aan die huis, is die versterking van streeksintegrasie, met besondere klem op die verbetering van die politiese en ekonomiese integrasie van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) om nader te beweeg aan die doelwit van die AU, naamlik 'n Unie-regering. Ons sal die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsvennootskap-agentskap vestig om ontwikkelingsvenootskappe met ander lande op die vasteland te bevorder. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,809 | Suid-Afrika sal voortgaan om hulp te verleen in die heropbou en ontwikkeling van die Afrika-kontinent, veral in post-konflik-gebiede. Ons sal voortgaan om 'n vreedsame en volhoubare skikking ten opsigte van die konflik tussen Israel en Palestina te bevorder, gebaseer op 'n oplossing wat vir albei lande aanvaarbaar is. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,810 | Ons sal die vredespogings van die Afrika-Unie en Verenigde Nasies in Afrika ondersteun, insluitend in die Saharawi Arabiese Republiek en Darfur in Soedan. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,811 | As die Voorsitter en fasiliteerder van die SAOG sal ons bydra tot die bevordering van 'n inklusiewe regering totdat vrye en regverdige verkiesings in Zimbabwe gehou word. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,812 | Die lot van die Zimbabwiese mense het 'n negatiewe impak op die SAOG-streek gehad, veral op Suid-Afrika. Ons doen 'n beroep op alle vredeliewende lande ter wêreld om die inklusiewe regering te ondersteun ten einde ekonomiese herstel te bereik. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,813 | Ons sal die pogings van die SAOG-streek ondersteun om die situasie in Madagaskar op te los. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,814 | Vergun my, gewaardeerde gaste, om hulde te bring aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag vir die uitstekende werk wat hulle gedoen het met betrekking tot die uitbou van vrede op die vasteland. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,815 | Deur vastelands- en streeksliggame sal ons werk om demokrasie en respek vir menseregte op die Afrika-vasteland te verskans. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,816 | Ons sal bydra tot die versterking van Suid-Suid-verhoudings en ooreenkomste met sleutellande van die Suide aangaan wat vir albei tot voordeel strek. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,817 | Ons sal ook voortgaan om verhoudings met die ontwikkelde Noorde te verstewig, insluitend die G8 en ons strategiese vennootskap met die Europese Unie. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,818 | Ons sal voortgaan om 'n daadwerklike rol te speel om te verseker dat die Wêreldhandelsorganisasie se Doha-ontwikkelingonderhandelings suksesvol afloop. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,819 | Suid-Afrika is 'n droë land en dringende optrede word vereis om nadelige omgewingsveranderings die hoof te bied en om watervoorsiening aan landsburgers te verseker. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,820 | Van die programme sluit die implementering van die Water vir Groei en Ontwikkeling-strategie in, wat waterbestuur sal verbeter. Ons sal voortgaan om ons energie-doeltreffendheid en ons afhanklikheid van hernubare energiebronne te verbeter. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,821 | n Ontwikkelingstaat vereis verbeterde openbare dienste en versterkte demokratiese instellings. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,822 | Ons het twee ministeries in Die Presidensie geskep om beide strategiese beplanning sowel as prestasiemonitering en -evaluasie te verbeter. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,823 | Ten einde te verseker dat hierdie verbintenisse nagekom word, sal ons vanaf Julie die kabinetsministers aanspreeklik hou deur middel van prestasie-instrumente wat gestelde teikens en uitsette uiteensit. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,824 | Ten einde te verseker dat dienslewering in al drie sfere - plaaslik, provinsiaal en nasionaal - verbeter, sal ons die vestiging van 'n enkele staatsdiens bespoedig. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,825 | Hierdie administrasie sal daarop aandring om die mense eerste te stel met betrekking tot dienslewering. Ons sal vriendelike en doeltreffende diens van toonbankpersoneel in die lewering van dienste in alle staatsdepartemente verseker. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,826 | In hierdie era van hernuwing sal ons nader aan 'n interaktiewe regering beweeg. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,827 | Ten einde deur voorbeeld te lei, het ons 'n begin om 'n openbare skakelkapasiteit in Die Presidensie te vestig. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,828 | Buiten dat dit briewe en e-posse van die publiek sal ontvang, sal ons ook 'n blitslyn instel vir makliker toegang. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,829 | Personeel sal elke navraag van die publiek hanteer asof dit die enigste een is, en al die regte kanale volg totdat die navraag die aandag ontvang het wat dit verdien. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,830 | Die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap, wat geskep is deur die samesmelting van Umsobomvu Jeugfonds en die Nasionale Jeugkommissie, sal op 16 Junie in Ekurhuleni bekendgestel word. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,831 | Hierdie instellings smelt saam om beter diens en ontwikkelingsgeleenthede aan die jeug te bied. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,832 | Die agentskap sal werklose jong gegradueerdes in aanraking bring met ekonomiese geleenthede, help om die Nasionale Jeugdiens-program uit te brei en jong entrepreneurs ondersteun. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,833 | Volgende maand word ons geliefde Madiba 91. Mense dwarsoor die wêreld ding nog steeds mee om sy aandag en vra sy hulp met krisisse. Sy waardes en voorbeeld van toewyding aan humanitêre diens is 'n skitterende voorbeeld in vandag se moeilike tye. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,834 | n Internasionale veldtog is deur die Nelson Mandela-fondasie en verwante organisasies van stapel gestuur, genaamd Mandela Dag, wat alles verteenwoordig waarvoor Tata staan. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,835 | Mandela Dag sal elke jaar op 18 Julie gevier word. Dit sal vir die mense in Suid-Afrika en dwarsoor die wêreld 'n kans gee om goed te doen en ander te help. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,836 | Madiba was vir 67 jaar polities bedrywig, en op Mandela Dag sal mense dwarsoor die wêreld, in die werksplek, by die huis en in skole, opgeroep word om ten minste 67 minutes van hul tyd af te staan om iets hulpvaardig in hul gemeenskap te doen, spesifiek vir minderbevoorregtes. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,837 | Kom ons ondersteun Mandela Dag volkome en moedig die wêreld aan om saam met ons aan hierdie wonderlike veldtog deel te neem. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,838 | Ons het ons program vir die volgende vyf jaar aan ons nasie voorgelê. Vir elke verbintenis is daar 'n gedetailleerde projekplan, met teikens en kritiese mylpale. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,839 | Hierdie inligting sal eersdaags aan die publiek bekend gemaak word. As landsburgers moet ons inderdaad terselfdertyd vir onsself vra wat ons kan doen om te help om hierdie nasionale program te bevorder. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,840 | Om 'n landsburger te wees gaan nie net oor regte nie, maar ook oor verantwoordelikheid, om 'n bydrae te lewer om ons land beter te maak. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,841 | In die gees om ons land eerste te stel verwag ons ook om goed saam met die opposisiepartye in die Parlement te werk. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,842 | Madiba het ons goed geleer dat hierdie land aan ons almal behoort - swart en wit. Dit sal belangrik bly om aan versoening en eenheid te werk soos wat ons vorentoe beweeg. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,843 | Aangesien ons program in die aangesig van 'n ekonomiese afswaai geïmplementeer word, sal ons versigtig moet optree - geen verkwisting, geen hernuwing van fondse nie - elke sent moet oordeelkundig en vrugbaar bestee word. Ons moet sorg dat dit nommerpas volgens ons behoeftes geskied. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,844 | Mede-Suid-Afrikaners, deur saam te werk kan ons meer doen om ons gedeelde visie te bereik van 'n beter en voorspoediger nasie! |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,845 | Dit is die vennootskap waarvoor ons vra. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,846 | Ek bedank u! |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,848 | Die Departement van Waterwese en Bosbou (DWAF) is besig met 'n Omgewingsinvloedbepaling (OIB) om vas te stel of die verhoging van die Tzaneendam, die bou van 'n opgaardam in die Groot-Letabarivier en geassosieerde grootmaatwaterinfrastruktuur (pypleidings, pompstasies, aftappunte en reservoirs) in die provinsie Limpopo omgewingskundig doenlik sal wees. Die OIB word gedoen deur ILISO Consulting (tegniese aspekte), en Zitholele Consulting verskaf die ondersteuning vir openbare deelname. Die OIB word gedoen ooreenkomstig die OIB-regulasies kragtens artikel 24 van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (WNOB), Wet No 107 van 1998, soos gewysig, afgekondig in Goewermentskennisgewings R.385, R.386 en R.387 in Staatskoerant No. 28753 van 21 April 2006. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,849 | n OIB moet vir die owerhede en die voorsteller wys wat die omgewingskundige, ekonomiese en maatskaplike gevolge van hulle besluite sal wees. 'n OIB bestaan uit verskeie fases, en die Omvangsbepalingsfase is die eerste en sleutelfase. Dis die fase waartydens potensiële kwessies in verband met die projek geïdentifiseer word en die omvang daarvan bepaal word sodat tegniese spesialiste dit kan evalueer in die volgende fase van die OIB, die Invloedbepalingsfase. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,850 | Ingevolge die regulasies van die WNOB moet belanghebbende en geaffekteerde partye (lede van die publiek, die ontwikkelingsvoorsteller, tegniese spesialiste en die owerhede) 'n geleentheid kry om seker te maak dat al die kwessies wat hulle tydens Omvangsbepaling geopper het, in die ondersoeke opgeneem, verstaan en oorweeg is. Dis die hoofdoel van die Konsep-Omvangsbepalingsverslag en sy Opsommende Verslag, wat van Woensdag 3 Oktober tot Woensdag 31 Oktober 2007 vir kommentaar beskikbaar sal wees. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,851 | Na die tydperk vir kommentaar deur die publiek sal 'n Finale Omvangsbepalingsverslag voorgelê word aan die verantwoordelike owerheid, die nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme (DEAT), wat die bevindings sal oorweeg in noue samewerking met Limpopo se Departement van Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling1. DEAT sal daarna die bestek oorweeg wat deur Spesialisstudies gedek moet word, waarna die OIB tot die volgende fase sal oorgaan. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,852 | Omgewingsake maak deel van hierdie Departemente uit. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,853 | Die Konsep-Omvangsbepalingsverslag en/of sy Opsomming is verskaf aan almal wat 'n eksemplaar versoek het na aanleiding van 'n brief in September 2007 waarin genoem is dat die verslae beskikbaar is vir kommentaar. Eksemplare van die volledige verslag is ook op strategiese openbare plekke in die projekgebied beskikbaar gestel (kyk bls iii en iv). |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,854 | Baie B&GP's het al aktief aan die OIB-proses deelgeneem deur vergaderings by te woon en tyd in te ruim om skriftelike voorleggings op te stel. B&GP's het heelwat plaaslike kennis bygedra, asook inligting oor vorige studies wat in die gebied gedoen is. Baie het ook lede van die OIB-span in hulle huise of kantore ontvang en hulle rondgewys in die gebied. Die OIB-span betuig graag sy opregte dank vir hierdie bydraes deur B&GP's. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,855 | Omgewingsmagtiging ingevolge artikel 24 van die Wet en ander wetgewing word vereis voordat die infrastruktuurkomponente van die projek geïmplementeer kan word. 'n OIB-proses het in Junie 2007 begin en sal na verwagting in die laaste kwartaal van 2008 afgehandel word. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,856 | Die DEAT is die verantwoordelike owerheid vir die OIB en sal die finale besluit neem of die voorgestelde projek kan voortgaan al dan nie, en op watter voorwaardes. Die DEAT sal ten nouste saamwerk met Limpopo se Departement van Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling. DEAT sal ook die insette gebruik van ander tersaaklike staatsdepartemente en agentskappe, soos die Departement van Minerale en Energie (DME), die Limpopo Departement van Landbou, die Departement van Grondsake (DGS), die Padagentskap van Limpopo (PAL), die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA) en plaaslike en distriksmunisipaliteite, voordat hy 'n finale besluit neem. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,857 | Omgewingsmagtiging sal dalk ook van DME verkry moet word om verskeie klipgroef-en leengebiede te gebruik ingevolge die Minerals and Petroleum Resources Development Act (Wet 28 van 2002). B&GP's word dus genooi om hulle kommentaar oor klipgroef-en leengebiede as deel van die OIB voor te lê. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,858 | Die Groot-Letabavallei lê in die Luvuvhu-Letaba-waterbestuursgebied (WBG), een van die 19 WBG's waarin Suid-Afrika verdeel is. Die vernaamste verbruikers van water (besproeiing, bosbou, huishoudings en nywerhede) ondervind watertekorte van toenemende intensiteit en frekwensie en moet van tyd tot tyd om beperkte voorrade meeding deur buitengewone maatreëls te tref om te oorleef. Dit het ernstige agteruitgang van die rivierekostelsels tot gevolg. Die omgewing is histories nie as 'n watergebruiker beskou nie en het geen watertoekennings uit die beskikbare hulpbronne gekry nie. In die Letabarivier-opvanggebied is 14,8 miljoen m3/jaar egter op 'n ad hoc-basis toegeken om uit die Tzaneendam uitgelaat te word vir die Nasionale Krugerwildtuin, maar min of geen van dié water het die Wildtuin met werklike voordelige effek bereik. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,859 | Met die koms van die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) (NWW), plaas 'n watertoekenning of Reserwe vir basiese menslike behoeftes en om ekologiese funksionering vol te hou, 'n nuwe perspektief op waterhulpbronbestuur in die Groot-Letabarivier. Dit moet nou aangevul word deur 'n strategie om die waterhulpbronne op 'n volhoubare wyse te bestuur. Voorstelle vir die aanvulling van betroubare watervoorsiening uit die Groot-Letabarivier sluit in die bou van 'n dam in die Groot-Letabarivier by Nwamitwa net stroom af van die samevloeiing met die Nwanedzirivier, asook die moontlikheid om die Tzaneendam te verhoog. Grootmaatinfrastruktuur vir die behandeling, vervoer en opgaring van drinkwater vir primêre gebruik is 'n integrale deel van die ontwikkelingsvoorstelle. Die aandag word gefokus op waterbehoeftes vir die toenemende mensebevolking, vir rivierekostelsels stroom af (insluitende dié in die Nasionale Krugerwildtuin) en vir die stabilisering van kommersiële besproeiing, insluitende die vestiging van boere met min hulpbronne. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,860 | Die Groot-Letabarivier-waterontwikkelingsprojek (GLeWaP) is 'n groot inisiatief deur DWAF ter ondersteuning van die provinsiale regering van Limpopo se ekonomiese ontwikkelingstrategie vir die provinsie. Die projek sal 'n positiewe uitwerking hê op die streekekonomie en die verligting van armoede. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,861 | Hefboomwerking vir die billike verspreiding van hulpbronne te verskaf. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,862 | Die voorgestelde infrastruktuur sal dit moontlik maak om die bestuur van waterhulpbronne te verbeter ten einde die agteruitgang van die bewaringstatus van die rivierekostelsel te beëindig. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,863 | Die Groot-Letabarivier-waterontwikkelingsprojek is daarop gemik om die bestuur van die waterhulpbronne in die opvanggebied te verbeter en bestaan uit nie-infrastruktuuropsies om die beskikbare water te bestuur, asook die bou van infrastruktuurkomponente. Hoewel net die bou van die infrastruktuurkomponente DEAT-magtiging vereis en aan hierdie OIB onderhewig is, moet in gedagte gehou word dat dit deur die nie-infrastruktuurkomponente aangevul word. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,864 | Waterbewaring en vraagbestuur, asook hersiklering en hergebruik van water: Die doel is om te verseker dat groter doeltreffendheid en doelmatigheid van watergebruik die groei in die behoefte aan die verskaffing van nuwe watervoorraad sal verminder. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,865 | Plaaslike grondwaterhulpbronne: Die gesamentlik gebruik van grond-en oppervlakwater word bevorder. Grondwaterhulpbronne moet inkrementeel ontwikkel word om in toenemende behoeftes te voorsien, gesteun deur deurlopende monitering om volhoubare lewering en goeie watergehalte te verseker. Die Departement sal aanbevelings in dié verband aan plaaslike owerhede doen. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,866 | Verwydering van uitheemse indringerplantegroei: DWAF se Werk vir Water-program is daadwerklik besig om uitheemse indringerplantegroei in die Groot-Letabavallei te verwyder as 'n manier om afloop in die rivierstelsel te verbeter. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,867 | Die infrastruktuurkomponente van die projek wat aan hierdie OIB onderhewig is, sluit in Figuur 3. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,868 | Bou van die Nwamitwadam in die Groot-Letabarivier, stroomaf van die samevloeiing met die Nwanedzirivier. Volgens voorlopige beplanning, sal die damwal 36 m hoog wees en dan 'n bruto opgaarvermoë van 144 miljoen m3 hê. Die opvanggebied van die voorgestelde Nwamitwadam is 1 400 km2 en die gemiddelde jaarlikse afloop (GJA) is nagenoeg 122,6 miljoen m3 onder natuurlike onontwikkelde toestande. Die geraamde toename in stelsellewering is 47 miljoen m3/jaar na voorsiening vir die Reserwe. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,869 | Die R529, D1292 en P43/3 paaie sal herbelyn moet word om vir die dam voorsiening te maak. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,870 | Die beplande verhoging van die Tzaneendam sal die opgaarvermoë van 157,5 miljoen m3 tot ongeveer 203 miljoen m3 verhoog. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,871 | Die konstruksie van waterbehandelingswerke, grootmaatwaterpypleidings en pompstasies vanaf die dam vir watervoorsiening vir huishoudelike gebruik aan gemeenskappe in die gebied. Pompstasies en reservoirs kan elk die oppervlakte van ongeveer 'n halwe sokkerveld beslaan. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,872 | Leengebiede waaruit materiaal verkry sal word. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,873 | Konstruksiebedrywighede sal ongeveer 5 jaar duur, en verskeie konstruksiespanne sal gelyktydig op verskillende gebiede op die voorgestelde damterrein en langs die pypleidingsroetes werk. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,874 | Residensiële akkommodasie vir konstruksiepersoneel sal in die nabyheid van die voorgestelde dam of in gevestigde dorpe verskaf word. Behuising, interne paaie, water-en elektrisiteitvoorsiening, waterbehandeling, wegdoening van vaste afval, noodfasiliteite en ontspanningsgeriewe sal verskaf word. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,875 | Die geraamde konstruksiekoste van die infrastruktuurkomponente van die projek is meer as R1 100 miljoen teen 2007-pryse. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,876 | Konstruksieterreine sal kantore, interne paaie, water-en elektrisiteitvoorsiening, afvalwaterbehandeling, wegdoening van vaste afval, noodgeriewe, gebiede vir die hantering van gevaarlike stowwe, werkwinkels, wasvakke, gebiede vir die veilige berging van brandstof en plofstowwe en kommunikasie-infrastruktuur insluit. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,877 | Die teikendatum vir waterlewering uit die voorgestelde Nwamitwadam is 2012, met volle lewering teen 2013. Die voorgestelde konstruksie sal in 2009 begin. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,878 | Verskeie alternatiewe vir die infrastruktuur-en nie-infrastruktuurkomponente van die projek is volledig ondersoek, en daar is bevestig dat die voorgestelde projek die voorkeuropsie is. Die spesialisstudies sal dus net op die voorgestelde projek fokus en nie op die alternatiewe nie. |
4,979 | SumDraftScopingOct07Afr.txt | 77,879 | As geen maatreëls getref word om die bestuur van die waterhulpbronne in die opvanggebied te verbeter nie, sal daar tekorte vir besproeiing en ander ontwikkelings wees en sal die sosio-ekonomiese ontwikkeling in die streek negatief geraak word. Mense in party dorpies in die studiegebied is ontevrede met die gehalte van die beskikbare grondwater en gaan haal ook water uit plaaslike riviere. Hierdie water word nie behandel nie, wat potensiële gesondheidsrisiko's en maatskaplike invloede skep en ook die natuurlike omgewing benadeel. Die "geenprojek"-opsie word dus nie as die beste alternatief beskou nie omdat dit nie vir die gewenste vermoë om die waterhulpbronstelsel te bestuur en te bedryf voorsiening maak nie en waarskynlik tot groter negatiewe maatskaplike, ekonomiese en ekologiese invloede in die provinsie sal lei. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.