document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 77,982 | As een van die Premier se haalbare uitsette van Kersfees het die Instituut van Plantproduksie 'n groentenavorsingsterrein in Philippi tot stand gebring. Die welslae van hierdie inisiatief het gelei tot die ondertekening van 'n Memorandum van Verstandhouding tussen die Moslemregsraad, die De-partement en 'n kommersiële boer. Die Departement sal 'n deurslaggewende rol speel in die poging om die navorsingskapasiteit en tegniese opleiding van opkomende groenteboere in hierdie gebied te verseker. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 77,983 | Navorsingsuitset het 83 wetenskaplike publikasies, 66 populêre publikasies, 49 referate by kongresse, 89 lesings tydens boeredae en plaaslike byeenkomste en 14 radiopraatjies ingesluit. 'n Tegniese brosjure oor volstruisvoeding is ook voltooi. Die Program was ook behulpsaam met die stigting van 'n landboubylae by die nuusblad George Herald. Bydraes uit verskeie programme word op 'n kwartaallikse grondslag gepubliseer. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 77,984 | n Spesialiswetenskaplike van die Instituut vir Diereproduksie het die Presidensiële Toekenning van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Dierewetenskappe ontvang vir sy uitstaande bydrae tot dierewetenskap en mentorskap van die navorsingsgemeenskap. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 77,985 | n Spesialiswetenskaplike van die Instituut vir Diereproduksie het die Proteïennavorsingstigting se prestige toekenning vir die beste wetenskaplike publikasie en vir die bevordering van hierdie stigting se doelwitte ontvang. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 77,986 | n Student van die Program vir Jong Beroepsmense (PJB) van die Instituut vir Diereproduksie het die M. Sc.-graad cum laude aan die Universiteit van Kwazulu-Natal verwerf. Sy en 'n mede-PJB-student, albei van hierdie Instituut, is in Februarie 2006 as molekulêre navorsers aangestel. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 77,987 | Twee spesialisnavorsers van die Instituut vir Diereproduksie het navorsingsbefondsing van THRIP ter waarde van R1 151 000 ontvang. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 77,988 | Die Program het die tweede volstruisveiling by sy Oudtshoorn-proefplaas gehou. Dit was 'n duidelike aanduiding dat die Departement, ondanks die swak jaar wat die bedryf gedurende 2005/06 onder-vind het, die volstruisbedryf steun deur voëls met uitsonderlike broeiwaardes beskikbaar te stel. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 77,989 | Gedurende hierdie boekjaar het Program 6: Landbou-ekonomie merkbare vordering gemaak met die uitbreiding van sy strekwydte deur middel van vennootskappe. Die noodsaaklikheid van vennootska-ppe het ontstaan weens die uitdaging om genoeg geskoolde landbou-ekonome te trek en te behou. Dit het geblyk dat vennootskappe die kapasiteit in die Program verhoog as gevolg van beide sinergie en komplementariteit met die doen van navorsing. Aan die begin van hierdie tydperk kon die Pro-gram sinergie met die Departemente van Landbou-ekonomie van die Universiteite van Stellenbosch en Pretoria ontwikkel. Aanvanklike samewerking het bestaan uit 'n ondersoek na die faktore wat die graanbedryf in die Wes-Kaap beïnvloed, soos deur Graan Suid-Afrika versoek. Daarna het navorsers van die Makro-ekonomie-afdeling met die genoemde universiteite saamgewerk oor navorsingsteun vir die vrugtebedryf. Die Bemarkingsafdeling het kragte met die Universiteit van Pretoria en die Handelsregsentrum by die Universiteit van Stellenbosch, CIRAD in Frankryk asook Namibiese ven-note saamgesnoer om die moontlikheid te ondersoek om die neksus tussen die omgewing, menslike aktiwiteit en kultuur as 'n potensiële produkdifferensiëringsmeganisme te gebruik. Die PROVIDE-projek, 'n nasionale projek wat deur die Departement van Landbou Wes-Kaap aangebied word, het in beginsel goedkeuring van die Intergovernmental Technical Committee on Agriculture (ITCA) ontvang om in 'n meer permanente formaat voort te gaan. 'n Navorsingsentrum vir hierdie doel im-pliseer befondsing vir vyf bykomende permanente navorsingsposte. Die vernaamste rede waarom gespesifiseerde uitsette soos in deel 2 uiteengesit, nie bereik kon word nie, was hoë vakaturekoerse en gevolglike inlynbring van uitsetskedules, wat in sekere gevalle genoodsaak is deur medewerking met ander institute. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 77,990 | In Program 6 het die Statistiek-, Mikro-ekonomie- en Makro-ekonomie-afdeling voortgegaan om departementele sowel as nie-departementele gebruikers met data en inligting te ondersteun deur gereelde instandhouding en bywerking van databasisse en verwante sagteware. Databasisse sluit in 'n ruimtelik-gekoppelde databasis van grondhervormingsbevoordeeldes, 'n stel sosiaal-ekonomiese boekhoudingsmatrikse, 'n databasis met algemene data wat op landbou in die Wes-Kaap betrekking het en 'n groot stel begrotingsondernemings en verwante data. Sagteware, wat nasionaal en inter-nasionaal gebruik word, sluit in COMBUD, SeeResults en SAMgator. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 77,991 | Program 6: Landbou-ekonomie het verskeie navorsingsverslae gedurende die verslagtydperk vryges-tel. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 77,992 | Ph.D.-verhandeling oor multi-kriteriumbesluitneming vir waterhulpbronbestuur in die Bergwaterbestuursgebied. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 77,993 | Die markpotensiaal en ekonomiese lewensvatbaarheid van laventel. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 77,994 | n Berekenbare algemene ekwilibrium(BAE)-ontleding van die impak van 'n olieprysverhoging in Suid-Afrika. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 77,995 | Koste en voordele van hoër tariewe op graaninvoer na Suid-Afrika - 'n Algemene ekwilibrium-ontleding. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 77,996 | Kwantifisering van die ekonomiese skeidslyn in die Suid-Afrikaanse landbou: 'n Inkomstekant-ontleding. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 77,997 | Die impak van 'n hoër brandstofheffing op die Wes-Kaap. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 77,998 | Die impak van hoër aksynsregte op die ekonomie. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 77,999 | Die infasering van eiendomsbelasting op landbou-eiendom in die Wes-Kaap: 'n Oorsig van die afgelope drie jaar. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,000 | In Program 7 (Gestruktureerde Landbou-opleiding) is desentralisering van opleiding wat versnel is om die toeganklikheid van hierdie dienste vir veral plaaswerkers en hulpbronarm boere te verhoog, 'n stap verder geneem met die tot stand bring van opleidingsentrums in Clanwilliam en Oudtshoorn. 'n Opleidingsentrum word tans in Bredasdorp opgerig. Die welslae van hierdie inisiatief en sy bydrae tot regeringsdoelwitte om 'n groot verskil aan die lewens van die armes te maak, is erken toe die eerste prys (goud) in die Premier se Excellence Award-kompetisie aan die Departement toegeken is. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,001 | Die versnelde implementering van die GHLO-program vereis dat die Departement sy dienslewer-ingskapasiteit moes uitbrei om hierdie nuwe toetreders tot landbou te ondersteun. Om dit te kan doen, is personeel (op alle vlakke) met kennis, ervaring en geskikte kwalifikasies nodig. Die Departe-ment het met welslae befondsing ten bedrae van e1,8m, oor drie jaar gesprei, van die Nederlandse regering (deur NUFFIC) gekry om die uitbreidingskapasiteit van die provinsiale Departemente van Landbou in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap uit te brei. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,002 | Vir die LUR van Landbou in die Wes-Kaap, mnr Cobus Dowry, bly grondhervorming en swart ekon-omiese bemagtiging 'n kritieke kwessie vir die maatskaplike, politieke en ekonomiese stabiliteit van Suid-Afrika, en kreatiewe oplossings, nie net wat grondeienaarskap betref nie, maar ook in die stroomop- en stroomaf-aktiwiteite, word ontwikkel en geïmplementeer. As 'n Departement het ons ons daartoe verbind om te verseker dat 30% van landbougrond teen 2014 in die hande van die voor-heen benadeeldes sal wees. Ons het ons aangepas om te verseker dat hierdie proses op 'n ordelike en verantwoordelike manier bestuur word om nuwe boere te vestig om volhoubare kommersiële boere te word. In ooreenstemming met bogenoemde, het die LUR vir Landbou, mnr Cobus Dowry, in vennootskap met die Departemente van Landbou, Grondsake, die Streeksgrondeisekommissie en die Provinsiale Ontwikkelingsraad, 'n Wes-Kaapse Provinsiale Grondberaad aangebied. Die beraad het op 18 Julie 2005 by die Goudini Spa, Rawsonville, plaasgevind en is deur 404 afgevaardigdes uit 4 sektore, naamlik besigheid, arbeid, regering en die burgerlike samelewing, bygewoon. 'n Verslag oor hierdie beraad is aan die nasionale Grondberaad oorhandig. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,003 | In Desember 2005 het 'n haelstorm ernstige skade vir vrugteprodusente in die Bonnievale-, Robert-son-, Ashton-gebiede meegebring. Minister Dowry het die gebied kort daarna besoek om die omvang van die skade te bepaal en te sien watter bystand aan boere en plaaswerkers verleen kon word. Dit is gevolg deur 'n vergadering met handelsbanke, Landbank en die Sagtevrugteraadprodusentetrust om alles moontlik te doen om boere te help, van wie sommige 'n verlies van 100% van hulle oeste aangemeld het. Hierna het die Wes-Kaapse boere en vrugteverwerkingsaanlegte tot die hulp en red-ding van geaffekteerde boere gekom. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,004 | Een van die gevolge van verwoestende brande wat van 1-4 Februarie 2006 in die Overberg oor on-geveer 46 000 hektaar gewoed het, was die totale vernietiging van hoofsaaklik veld en fynbos in die bewaringsgebiede. Dit het geweldige skade vir die veldblombedryf tot gevolg gehad, en veral vir die uitvoermark, wat sowat 4 000 mense werkloos gelaat het. Die Minister is deur die Provinsiale Kabinet opdrag gegee om handelsbanke te versoek om die veldblombedryf in hierdie streek te help, aanges-ien die bedryf te kenne gegee het dat daar geen versekeringsdekking vir die oes van veldblomme is nie en die regstreekse verlies tot R391 miljoen kon bedra. Hierdie vergadering met die handelsbanke het op 21 Februarie 2006 plaasgevind. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,005 | LUR Dowry het ook 'n persoonlike belangstelling getoon in dieresiektes wat die Wes-Kaap raak. As gevolg van intensiewe toetsing vir voëlgriep en klassieke varkkoors kan die provinsie aanspraak maak dat hy vry van hierdie siektes is. Die Ministerie reik gereeld verklarings oor dieregesondheid-sake uit om die publiek ingelig te hou. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,006 | Doel: Na Kuba op uitnodiging van ambassadeur Esther Armenteros om die Kubaanse model van voedselsekuriteit in stedelike gebiede te besoek en om Castilla-La Mancha in Spanje te besoek na 'n uitnodiging van minister Mercedes Gomez Rodriguez, Minister van Landbou in die Streeksregering van Castilla-La Mancha, om hulle wynstreek te besoek en moontlike samewerking tussen hierdie twee streke te bespreek. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,007 | Globale sukses, mededingend, inklusief en in ewewig met die natuur. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,008 | Die totale aandeelhouding in Casidra is by die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap onder toesig van die Provinsiale Minister van Landbou. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,009 | Casidra (Edms) Bpk is as 'n privaat maatskappy kragtens die Maatskappywet, 1973 (Wet 63 van 1973) gestruktureer met 'n unitêre Raad van Direkteure. Die organisatoriese struktuur bestaan uit 'n Hoofbestuurder verantwoordelik vir bedryfsaktiwiteite en 'n Hoof Finansiële Beampte verantwoorde-lik vir finansies en administrasie, en albei rapporteer regstreeks aan die Besturende Direkteur as Uitvoerende Hoof. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,010 | Casidra (Edms) Bpk is 'n skedule 3B-maatskappy (Besigheidsonderneming van die Provinsiale Regering) kragtens die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (Wet 1 van 1999). Hierdie status is ge-assesseer saam met sy huidige struktuur en finansiële lewensvatbaarheid. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,011 | Die politieke mandaat van hierdie instelling word tans ondersoek om sy toekomstige rol in die Provin-sie te bepaal. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,012 | Dit is Casidra (Edms) Bpk se missie om die lewensgehalte van veral die lae-inkomsteseksie van die bevolking, hoofsaaklik in landelike gebiede van die Wes-Kaap, te verbeter deur geïntegreerde, mensgeoriënteerde ontwikkeling, en daardeur te help om selfonderhoudende gemeenskappe tot stand te bring. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,013 | Om 'n professionele, betroubare en billike diens te verskaf deur 'n gemotiveerde en bekwame per-soneelkorps wat provinsiale, nasionale en internasionale erkenning geniet. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,014 | Om die doeltreffender gebruik van water in die landbousektor deur sowel kommersiële as opko-mende boere te bevorder. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,015 | Om by wyse van geïntegreerde gemeenskapsgebaseerde bestuur van natuurlike hulpbronne die bewaring en volhoubare gebruik van die omgewing te bevorder, in die besonder natuurlike land-bouhulpbronne. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,016 | Om ons skaars landbouhulpbronne teen verstedeliking en die gebruik van grond vir ontspanning te beskerm. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,017 | Om landbouontwikkeling te bevorder deur die ondersteuning van institusionele kapasiteitsbou, grondhervormingsprojekte en -inisiatiewe, infrastruktuur-ontwikkeling en die implementering van die Program vir Omvattende Landbou-ondersteuning (POLO) vir groter ekonomiese deelname. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,018 | Om op 'n geografies verantwoordelike basis 'n tersaaklike en geskikte landbouer-ondersteunings-diens (met inbegrip van voorligting) aan 'n breë spektrum kliënte te lewer, met klem op die opko-mende boerderysektor. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,019 | Om voedselsekuriteit as 'n prioriteit te herken en volhoubare intervensies te skep ten einde die gebrek aan voedselsekuriteit deur landbou-oplossings te voorkom as 'n bydrae tot 'n volhoubare veiligheidsnet. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,020 | Om landelike ontwikkeling deur die provinsiale entiteit Casidra (Edms.) Bpk. te ondersteun. Laas-genoemde ressorteer onder die toesig van die Departement en val binne die Departement se man-daat vir landbouontwikkeling. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,021 | Om 'n omgewing vir swart ekonomiese bemagtiging en geleenthede vir maatskaplike opheffing in die landbousektor te skep, met besondere klem op plaaswerkers. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,022 | Om dieresiekterisiko's te moniteer en tot die minimum te beperk, toegang tot dienste te fasiliteer en die gesondheidsbestuur by dierprodukte-instellings te verbeter in ooreenstemming met nasionale en internasionale standaarde vir die lewering van veeartsenydienste. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,023 | Om die produksie, beskikbaarheid en uitvoer van gesonde kossoorte en produkte van 'n hoë gehalte te fasiliteer, en daardeur 'n platform vir volgehoue ekonomiese groei te skep. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,024 | Om nasionale en internasionale vennootskappe vir verbeterde dienslewering na te jaag en aan te gaan. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,025 | Om ekonomies toerekenbare voorpunt-tegnologie in diereproduksie, plantproduksie en hulpbronbe-nutting te ontwikkel, met inagneming van die huidige en toekomstige behoeftes van kommersiële produsente, boere met beperkte hulpbronne en nasionale en internasionale verbruikers, ten einde mededingendheid te verbeter en landbouposte te beskerm. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,026 | Om nuwe landbouprodukte te bevorder deur middel van voorpunt-tegnologie en bekendstelling van nuwe gewasse en waardetoevoeging deur verwerking, en daardeur landbouproduksie vir groter groei uit te brei. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,027 | Om toepaslike kwalitatiewe en kwantitatiewe modelle te ontwikkel ten einde tendense en tendens-breuke wat 'n invloed op die landbou- en agronywerheidsektor kan hê, te identifiseer. Op dié manier kan beter besluite op alle vlakke geneem word, waaruit volhoubare ekonomiese groei kan volg. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,028 | Om landbou-ekonomiese dienste te lewer wat strek van die ondersteuning van plaasbestuur tot die fasilitering van bemarking, tot die ganse spektrum van boere en die gepaardgaande waardeketting. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,029 | Om 'n databasis vir landbou-ekonomie te ontwikkel ten einde verandering en vooruitgang in die landbou- en agronywerheidsektor te moniteer en te evalueer, en die monitering en evaluering van ekonomiese aanwysers moontlik te maak. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,030 | Om voornemende en huidige werkgewers en werknemers (met inbegrip van plaaswerkers) in die landboubedryf deur opleidingsprogramme wat deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid (SAKO) goedgekeur is op die vlak van Algemene Onderwys en Opleiding (AOO), Verdere Onderwys en Oplei-ding (VOO) asook Hoër Onderwys (HO) van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) op te lei. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,031 | Om die Departement se verbintenisse met ander provinsies en Afrikalande te versterk en te verbeter en om Suid-Afrika se rol as 'n moderne Afrikastaat te ondersteun. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,032 | POLO-projekte vir die 2006/07 boekjaar is in 2005/06 geprioritiseer en probleme is ervaar met die afhandeling van bedryfsplanne teen die verwagte spertyd aangesien die formaat verander het. 'n Nuwe nasionale formaat vir projekte is aanvaar en alle bedryfsplanne moes in hierdie nuwe POLO-formaat herskryf word. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,033 | Veeartsenydienste was onder druk ten opsigte van sowel befondsing as menslike hulpbronne vir die hantering van die uitdagings met betrekking tot die uitbreek van siektes die afgelope paar jaar. Terwyl die finansiering van die program toegeneem het, het dit nie met die vereistes tred gehou nie aangesien geen voorsiening gemaak is vir uitbreek van ekonomies belangrike siektes nie en aange-sien die koste van ingevoerde reagense verby die plaaslike inflasiekoers gestyg het. Dit sou nou raadsaam wees om in die gewone loop van sake voorsiening te maak vir die behoeftes tydens die uitbreek van siektes. Sodanige groter kapasiteit sou vrugbaar aangewend kon word om bykomende dienste te lewer of om omvattende siektewaarnemingstappe te doen wanneer daar geen uitbreek van siekte is nie. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,034 | Die Diensleweringsomgewing waarin die Program: Tegnologie, Navorsing en Ontwikkelingsdienste werksaam is, het stabiel gebly. Die hernieude fokus op klimaatsverandering het die program aange-spoor om sy pogings in dié verband te struktureer. Die toenemende onvermoë van die Landbouna-vorsingsraad om navorsingsdienste in die provinsie te lewer, het aanleiding gegee tot groter druk op die dienste van die program en kundigheid vir die onderneem van bykomende navorsingsprojekte. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,035 | Gedurende hierdie boekjaar het die Program: Landbou-ekonomie sekere belangrike resultate en myl-pale bereik. Die Afdeling Makro-ekonomie, wat die Provide-projek aangebied het, het daarin geslaag om meer verfynde weergawes van die Nasionale en Streek- Sosiale Rekeningmatrikse vir Suid-Afrika (SAMs) vir Suid-Afrika en sy nege Provinsies te laat klop en het 'n Berekenbare Algemene Ewewig- (CGE-) model voltooi. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,036 | n Berekenbare Algemene Ewewigsontleding van die impak van 'n olieprysstyging in Suid-Afrika. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,037 | Koste en voordele van hoër tariewe op graaninvoere na Suid-Afrika - 'n Algemene Ewewigsontleding. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,038 | Kwantifisering van die ekonomiese dualiteit binne Suid-Afrikaanse landbou: Ontleding vanuit 'n inkomste-perspektief. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,039 | Die impak van 'n hoër brandstofheffing op die Wes-Kaap. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,040 | Algemene ewewigseffekte van die Suid-Afrikaanse mieliemark: Internasionale handelsimulasies. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,041 | Die impak van toenemende aksynsregte op die ekonomie. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,042 | Die impak van eiendomsbelasting op landbou in die Vrystaat. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,043 | Die Program: Landbou-ekonomie was ook in die gelukkige posisie dat dit in staat was om 'n sinergie met die Departemente van Landbou-ekonomie by die Universiteite van Stellenbosch en Pretoria te ontwikkel. Ná 'n versoek deur Graan Suid-Afrika is 'n gedetailleerde ondersoek geloods na die faktore wat 'n invloed op die graanbedryf van die Wes-Kaap het. Die bydrae van die program was primêr gefokus op plaasvlakdata, ontleding van die geografiese verspreiding van verskeie impakte asook die ontleding van makro-ekonomiese impakte. Die uitsette van hierdie projek kan moontlik tot meer formele samewerking aanleiding gee. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,044 | Die Statistiek-afdeling in die Program: Landbou-ekonomie het begin met 'n intensiewe indiensoplei-dingskedule vir nuut aangestelde personeel en het op aggressiewe wyse nuwe inligtingsbronne vir sy verskeie databasisse bekom. Een van die hoogtepunte is die suksesvolle ontwikkeling van ak-tuele inligtingstelsels wat by die besoekerstoonbank in die Elsenburg Hoofgebou op 'n plasmaskerm vertoon word. Dit maak voorsiening vir die bemarking van programme, projekte en landbou in die algemeen en toon aan die besoeker(s) dat die Departement op die hoogte is wat betref daaglikse data en inligting soos temperature, reënval, wisselkoerse en verskeie ander ekonomiese, finansiële, omgewings- en maatskaplike aanwysers. 'n Ruimtelik-gekoppelde databasis van grondhervorming-begunstigdes. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,045 | Die Bemarkingsafdeling het slegs daarin geslaag om een landbou-ekonoom aan te stel uit die vier vakatures wat herhaaldelik geadverteer is. Nogtans het die afdeling in die omstandighede die be-staande kapasiteit benut en 'n voorlopige ondersoek vir die ondersoek na die vervaardiging van bio-etanol in die Wes-Kaap geloods. Gedurende die komende boekjaar sal hierdie inligting gebruik word om ander tegnologieë en potensiële sakeondernemings te ondersoek. Daarbenewens het hierdie Afdeling kragte saamgesnoer met die Universiteit van Pretoria, die Sentrum vir Handelsreg by die Universiteit Stellenbosch, CIRAD in Frankryk, asook Namibiese vennote ten einde die moontlikheid van die gebruik van die neksus tussen die omgewing, mense-aktiwiteit en kultuur as 'n potensiële produk-differensiëringsmeganisme te ondersoek. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,046 | Die Afdeling Mikro-ekonomie het daarin geslaag om weergawe drie van die Micro-Combud losstaande gerekenariseerde program vir die ontwikkeling van ondernemingsbegrotings te voltooi. Aangesien die Wes-Kaap die gebruik van hierdie programmatuur op 'n nasionale basis koördineer, het opleiding van gebruikers binne en buite die provinsie begin. Terselfdertyd het die getal ondernemingsbegrotings vir hulpbron-arm boere tot 125 toegeneem. Tegelyk daarmee is 'n ondersoek rakende die ontsouting van seewater afgehandel. Aangesien daar erkenning is vir die feit dat die gebruik van seewater vir landboudoeleindes waarskynlik nie finansieel lewensvatbaar is nie, is multikriteria-ontleding gebruik om die bereidwilligheid van stedelike gebruikers om in die Bergrivier-opvanggebied (wat die Kaapse Metropool insluit) te betaal, te bepaal. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,047 | As gevolg van die enorme hoeveelheid tyd wat aan POLO- en PIT-projekte bestee is, is daar 'n beduidende afname in ons dienslewering aan die kommersiële sektor. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,048 | Nuwe aanstellings is gemaak - die meeste van hulle was van ander provinsies. As gevolg van verskillende omstandighede en boerdery-omgewings het dit vir die personeel langer geneem om by die plaaslike situasie aan te pas. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,049 | Ooreenstemming van alle programme van die departement. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,050 | Vyf koördineringskomitees vir die distrikte is alreeds gereed. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,051 | Doeltreffende dienslewering aan nuwe kliënte van die Departement van Landbou. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,052 | Tans is die geskatte kliënte van die Departement 17 500 opkomende boere en 8 000 kommersiële boere. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,053 | Die aanstelling van personeel is afhanklik van die MTUR-toekenning, en die verhouding van MTUR-toekenning teenoor voorwaardelike toelaes maak nie daarvoor voorsiening dat die voorgeskrewe poste gevul sal raak nie. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,054 | Die aanstelling van personeel is in Maart 2005 gedoen, maar dit was moeilik om voornemende werknemers met ervaring en vaardighede op grond van huidige salarisvlakke te lok. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,055 | Uitkontraktering vir die implementering van 12 projekte is gedoen via die openbare ondernemingsentiteit Casidra (Edms.) Bpk. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,056 | Gebaseer op die versoek van die provinsie het die herhaalde droogte 'n rampverklaring deur die president genoodsaak. Die nuwe Subprogram: Plaaswerkerontwikkeling is opdrag gegee om die implementering van die partye wat geraak is in werking te stel deur afhandeling en verifiëring van aansoekvorms en versekering dat diegene wat geraak word vir finansiële noodleniging ingesluit word. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,057 | Die implementeringsproses het 'n groot impak op die 2005/06 finansiële begroting en menslike hulpbronne gehad. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,058 | Die voorgestelde teikens van die AgriSEB-dokument sal implikasies hê vir die begrotings-toekennings van die Departement asook vir die aktiwiteite van spesifieke programme en subprogramme. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,059 | Beskikbare befondsing versus opkomende boere se vraag na ondersteuning. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,060 | Om volhoubare landbouprojekte te verseker, het die Program: Ondersteuning en ontwikkeling van landbouers besef dat 'n ontwikkelingsbenadering ten opsigte van landbouprojekte gevolg moet word. Daarbenewens maak die behoeftes van opkomende boere en die kriteria van voorwaardelike toelaes, gegewe die probleme wat opkomende boere het om toegang tot alternatiewe fondse te kry, die implementering van projekte uiters moeilik. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,061 | Politieke kwessies - Distrikte het aan die gang begin kom met munisipaliteite wat deur sekere politieke organisasies gelei is en hulle het vanselfsprekend beloftes oor verskillende kwessies gemaak. Met die nuwe bestel ná die verkiesings moes daar van vooraf met die nuwe leierskap begin word. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,062 | Besprekings op DAK-vlak met die nuwe leiers in die ses distriksmunisipaliteite vind tans plaas. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,063 | Bemarking van landbouprodukte. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,064 | Die kleinskaalboeresektor sukkel met toegang tot geskikte markte. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,065 | Sowat 90% van die boere verkoop hulle produkte op die plaaslike markte en dié is die meeste van die tyd nie betroubaar nie. Kleinskaalboere benodig bemarkingsinfrastruktuur wat nader aan hulle projekte is sodat vervoerkoste besnoei kan word, wat hulle in staat sal stel om 'n bietjie meer inkomste vir hulle produkte kan kry. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,066 | Die internasionale verspreiding van die H5N1-voëlgriep- (AI-) virus het daartoe aanleiding gegee dat die provinsiale Departement van Gesondheid 'n reëlingskomitee in die lewe geroep het wat 'n provinsiale gebeurlikheidsplan vir die moontlike uitbreek van die siekte by mense moes opstel. Personeel van Veeartsenydienste het in die reëlingskomitee gedien en die roetinemonitering vir die siekte in pluimvee, volstruise en wilde voëls maak 'n integrale deel van die gebeurlikheidsplan en vroeëwaarskuwingstelsel uit. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,067 | Monitering en waarnemingstoetsing vir alle H5- en H7-AI-virusblootstelling is dwarsdeur die provinsie op 'n sesmaandelikse basis gedoen. As gevolg van die negatiewe resultate wat gedurende die eerste helfte van 2005 verkry is, is die verbod op die uitvoer van volstruisvleis in die derde kwartaal van die jaar opgehef. Hierdie waarneming het met 'n aansienlike werklas en Betalings gepaardgegaan. Die bykomende Betalings is gedurende 2005/06 grootliks deur die nasionale Departement van Landbou gedek. Die Departement het egter aangedui dat minder befondsing gedurende 2006/07 beskikbaar sal wees ten einde die toekenning aan Program 4 aan te vul, hoofsaaklik as gevolg van die finansiële implikasies van die hantering van die aanhoudende uitbreek van klassieke varkpes in die Oos-Kaap (sien hieronder). |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,068 | Teen die einde van die eerste kwartaal van die jaar onder oorsig is klassieke varkpes in die Worcester-omgewing opgemerk. Dit was die eerste uitbreek van die siekte in Suid-Afrika in meer as 80 jaar. Die uitbreek is vinnig en doeltreffend onder beheer gebring en in die provinsie uitgewis. Waarneming vir die siekte het aan die lig gebring dat dit ook in die Oos-Kaap voorkom en redelik wydverspreid in varke van informele boere wat vrylik in gelokaliseerde gebiede rondloop. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,069 | Die uitbreek in die Wes-Kaap was beperk tot 'n deel van een landdrosdistrik en dit is binne weke uitgewis. Die koste van padblokkades en die uitdun van varke op geïnfekteerde eiendomme het meer as R 3,5 miljoen beloop. Dit was nie moontlik om die siekte in die Oos-Kaap, waar dit mortaliteit vir meer as ag maande van die jaar onder oorsig veroorsaak het, uit te wis nie. Om die owerhede in die Oos-Kaap by te staan, is die padblokkades op die grens met hierdie provinsie gedurende die laaste deel van die boekjaar deur die Wes-Kaapse Veeartsenydienste-program oorgeneem. Daar word verwag dat hierdie padblokkades vir ten minste die res van 2006 beman sal word. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,070 | Die uitwerking van klimaatsverandering op landbou in die Wes-Kaap. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,071 | Volgens statistiek sal die Wes-Kaap die provinsie wees wat die ergste geraak word wat betref klimaatsverandering. In dié opsig sal die Departement 'n strategie moet ontwikkel en implementeer om die gevolge te ontduik, m.a.w. alternatiewe gewasse en landboupraktyke. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,072 | Onvermoë om bekwame en ervare personeel te lok en te behou lei tot hoë vakaturesyfers. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,073 | Van die ses befondsde posisies in die Bemarkingsafdeling, het byvoorbeeld slegs twee die volle boekjaar gevul gebly. Van die vyf kontrakposisies in die PROVIDE-projek is slegs een gevul. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,074 | Negatiewe siening van die jeug ten opsigte van 'n loopbaan in landbou en gebrek aan beurse beskikbaar vir behoeftige studente. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,075 | Leerders wat tans op skool is, het 'n baie beperkte blootstelling aan landbou en verwante rigtings, met die gevolg dat hulle oor min inligting beskik rakende landbou en sy potensiaal om loopbaangeleenthede te bied. Dit lei ook daartoe dat studente (in die besonder studente uit voorheen benadeelde gemeenskappe) wat vakke het wat hulle in 'n goeie posisie plaas om landbouwetenskappe te bestudeer, eerder na studierigtings in die natuurlike en mediese wetenskappe as na studie in die landbou kyk. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,076 | Onvermoë van grondhervorming-begunstigdes om opleidingskursusse gedurende normale werksure by te woon en om te betaal vir dienste wat verskaf word. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,077 | Die meeste grondhervormingbegunstigdes boer op 'n deeltydse basis. Dit lei daartoe dat hulle nie beskikbaar is om opleidingskursusse gedurende normale werksure by te woon nie. Die gevolg is dat dosente in toenemende mate opleidingskursusse nauurs en oor naweke aanbied. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,078 | Bedryfsplanne vir grondhervormingsprojekte sluit gewoonlik nie 'n begroting vir die ontwikkeling van menslike hulpbronne in nie, met die gevolg dat grondhervormingbegunstigdes nie in staat is om die hoogs gesubsidieerde tarief wat vir die opleiding gevra word, te betaal nie. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,079 | Weens die gebrek aan skaars vaardighede in teikengroepe is 'n internskapprogram vir 2006/07 goedgekeur om meer mense uit die aangewese groepe na landbou te lok en sodoende ons bil-likheidstatus en dienslewering aan kliënte te verbeter. 'n Werkstudie is onderneem en die intern-skappe is by die uitkoms daarvan ingesluit, met beklemtoning van die belang van werwing van die aangewese teikengroepe met skaars vaardighede. Daarbenewens het die werkstudie voorgestel dat nuwe poste in die Sentraal-Karoo, die Overberg en die Metropool krities belangrik is vir die verbeter-ing van dienslewering in hierdie belangrike nodusse. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,080 | Die organisasie is gekenmerk deur 'n aantal veranderinge wat sowel gesprekvoering tot die transfor-masie as veranderinge binne die omgewing rakende ondersteuning en ontwikkeling van landbouers (OOL) insluit. 'n Toename in die begroting het 'n toename in menslike hulpbronne behels. In werk-likheid het dit op meer dienslewering aan die mense neergekom. OOL het nie slegs herstruktureer nie; dit het ook desentralisering van kantore na die distrikte en na die streke behels, selfs na waar die Departement nog nooit tevore verteenwoordig was nie. Op nasionale vlak moes die Departement vir interdepartementele koördinering met ander belanghebbendes werk. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,081 | Die bykomende Staatsveeartsenykundige poste wat tevore geskep is om in die behoeftes by uitvoer-abattoirs te voorsien, het 'n opmerklike verskil gemaak ten opsigte van voldoening aan internasion-ale vereistes met betrekking tot die uitvoer van volstruisvleis in die besonder. Ná die opheffing van die verbod op volstruisvleis in die derde kwartaal van die jaar onder oorsig was die program daartoe in staat om die fitosanitêre waarborge vir die produkte wat sedertdien uitgevoer is, te gee. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.