document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,182 | Om dieresiekterisiko's te moniteer, die verspreiding van siektes te voorkom, die uitbreek van dier-esiektes te beheer en te elimineer en om epidemiologies grondige waarneming vir dieresiektes te doen ten einde produsente in staat te stel om die wêreldmark te betree en daar mee te ding. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,183 | Om die uitvoer van diere en diereprodukte te bevorder, te reguleer en te fasiliteer, maatreëls wat met dieregesondheidsertifisering verband hou, te moniteer en te beheer en om die sanitêre waarborge vir die uitvoer van diere en diereprodukte te handhaaf. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,184 | Om veterinêre openbare gesondheidsrisiko's te moniteer en die implementering van higiëniese bes-tuurspraktyke by abattoirs, voedselproduserende en uitvoerinstellings te bevorder, te reguleer en te moniteer. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,185 | Om 'n veterinêre diagnostiese laboratoriumdiens in ooreenstemming met nasionale en internasionale norme en standaarde in stand te hou ten einde doeltreffende siektemonitering te verseker en aan-vaarding van gesondheidsertifisering vir handel in diere en diereprodukte op te skerp. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,186 | Vir die afgelope byna twee jaar het voorvalle van Newcastle-siekte op baie plekke in die grootste deel van die noordelike provinsies van Suid-Afrika voorgekom. Die uitbreek van hierdie siekte in die gebiede waar volstruise vir die uitvoermarkte geslag word, sal 'n negatiewe impak op die volstruisbedryf in die Wes-Kaap hê. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,187 | Deurlopende waaksaamheid en ondersoeke van verdagte gevalle van Newcastle-siekte. Inperking van die beweging van goed ingeënte voëls ingeval die siekte in verskeie pluimveeproduksie-eenhede uitbreek. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,188 | Om dienste aan alle landelike gemeenskappe en in die besonder aan hulpbron-arm boere te verskaf. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,189 | Terwyl Dieregesondheidsdienste alreeds dwarsdeur die provinsie geredelik beskikbaar is, is die uitbreiding van veterinêre laboratoriumdienste deur die totstandkoming van 'n satellietlaboratorium in Oudtshoorn en versterking van die fasiliteit op Beaufort-Wes alreeds in die beplanningstadium. Slagfasiliteite vir hulpbron-arm boere op die Kaapse Vlakte word ook beplan. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,190 | Implementering van 'n Gehaltestelsel deur die provinsiale veterinêre laboratorium nie moontlik nie aangesien toegewyde personeel vereis word as gevolg van die omvang van die pligte. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,191 | Werkstudie aan die gang om die behoefte aan 'n gehaltekontroleurspos te bepaal. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,192 | Al die uitdagings hierbo vereis voortgesette aandag. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,193 | Die mandaat van hierdie program is om 'n landbounavorsingsdiens te lewer en inligtingstelsels met verwysing na tegnologie vir oesproduksie, diereproduksie en hulpbronbenutting te ontwikkel. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,194 | Om provinsiespesifieke en toepaslike navorsing te fasiliteer, uit te voer en te koördineer; behoeftes aan landbounavorsing te identifiseer; toepaslike tegnologie te ontwikkel/aan te pas of aan boere oor te dra en om aan multidissiplinêre landbouontwikkelingsprojekte deel te neem. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,195 | Om die ontwikkeling en verspreiding van inligting aan kliënte, met inbegrip van die ontwikkeling en benutting van verskeie inligtingstelsels (bv. GIS), te koördineer. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,196 | Om infrastruktuurfasiliteite vir die lynfunksionarisse te verskaf en in stand te hou ten einde hulle in staat te stel om hulle navorsing- en ander funksies te verrig, m.a.w. proefplase. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,197 | Kontak gemaak met bedryf boere, internasionale vennote, ens. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,198 | Werwing van geskikte navorsers en tegnici uit voorheen benadeelde gemeenskappe. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,199 | Ondersteun betrokkenheid by die JPP-program en brei daarop uit, aktiewe betrokkenheid van werwingsagentskappe en tersiêre instellings in bestuurswerwing van studente/kandidate met potensiaal. Aktiewe betrokkenheid in Internskapprogram van die Departement. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,200 | Begrotingsbeperkinge met betrekking tot instandhouding van navorsingsinfrastruktuur en befondsing van navorsingsprojekte. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,201 | Doelgerigte poging om eksterne befondsing van provinsie, privaatsektororganisasies, nasionaal en internasionaal te bekom. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,202 | Skenk aandag aan die beperkte befondsing beskikbaar vir navorsing, in die besonder teen die agtergrond van 'n groeiende boerderygemeenskap (HGLO-begunstigdes) en hulle spesifieke behoeftes ten opsigte van tegnologieoordrag en voorligting. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,203 | Hou die Projekbestuursinligtingstelsel (PBIS) op 'n deurlopende basis op datum. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,204 | Skenk op 'n gefokusde en multidissiplinêre manier aandag aan die uitdagings van klimaatsverandering, en ontwikkel sodoende 'n klimaatsveranderingstrategie vir die Departement. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,205 | Versterk skakelings met nasionale en internasionale deelgenote wat betref landbou-navorsing en tegnologie-oordrag. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,206 | Die doel van hierdie Program is om aan interne en eksterne kliënte 'n doeltreffende ondersteun-ingsdiens vir landbou-ekonomie te verskaf. Die Departement se kliënte verwag van hierdie program om advies en ondersteuning, gebaseer op gegronde wetenskaplike beginsels en navorsing, wat van mikro- (plaas-) vlak tot makro-vlak strek, te verskaf. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,207 | Die prioriteite van die program is gebaseer op die prioriteite geïdentifiseer in die Strategiese Plan vir Landbou en die Groei- en Ontwikkelingstrategie van die Wes-Kaap. Hierdie prioriteite is in oorleg met die kliëntbasis ontleed ten einde die onderstaande strategiese doelstellings daaruit te kon aflei. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,208 | a Om tot die vergroting van die mededingendheid van die Wes-Kaapse landbouproduksiebasis by te dra. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,209 | b Om die volhoubare gebruik van die Wes-Kaapse hulpbronbasis te ondersteun. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,210 | c Om die bemarking van die Wes-Kaapse landbouprodukte, met besondere verwysing na hulpbron-arm boere, te ondersteun. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,211 | d Om grondige besluitneming gebaseer op wetenskaplike kwantitatiewe inligting te ondersteun. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,212 | e Om tot 'n betroubare landbou-statistiese databasis by te dra. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,213 | f Om tot die verbreding van die verteenwoordiging van die Departement by te dra. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,214 | Vooruitgang ten opsigte van bereiking van hierdie doelwitte is in Afdeling 2.4 bespreek en besonder-hede word in die tabel hieronder verskaf. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,215 | Binne hierdie raamwerk is die funksie van die Subprogram: Bemarkingsdienste om die Wes-Kaapse agri-nywerhede te ondersteun in hulle aanvaarding van die uitdaging om in 'n mededingende interna-sionale omgewing sake te doen. Die strategiese doelwitte strek van die identifisering en ontwikkeling van plaaslike en internasionale markte deur verbetering van ekonomiese en finansiële mededingend-heid op plaasvlak tot ondersteuning van volhoubare gebruik van ekonomiese hulpbronne. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,216 | Die doel van hierdie subprogram is om die betroubaarheid van die inligting vir besluitnemers in die landbousektor te verbeter. Die strategiese doelwitte strek van die akkumulering van betroubare statistiese inligting tot die wetenskaplike ontleding van hierdie inligting. 'n Belangrike prioriteit van hierdie subprogram is die PROVIDE-projek, 'n ontleding- en modelleringsprojek in gelyke dele be-fonds deur sy aandeelhouers (die nege provinsiale asook die nasionale Departemente van Landbou) met as oogmerk die verskaffing van kwantitatiewe inligting oor Suid-Afrikaanse landbou deur die ontwikkeling van sosiale rekeningmatrikse en algemene ewewigsmodelle en die gebruik van hierdie modelle in geselekteerde gevallestudies. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,217 | Toets nuwe Finrec-model en gebruik dit om rekord te hou. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,218 | Beplanning van konsep-verhandeling afgehandel. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,219 | Alle praktiese werk vir verslag afgehandel. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,220 | Versterk Bemarking- en Agri-nywer-heids-eenheid. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,221 | Vier beamptes opgelei in ARCVIEW 3. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,222 | Kontak met georganiseerde landbou in 'n poging om databasis ten opsigte van boere aan die gang te kry; aanbiedings aan boerdery-gemeenskappe Genadendal, Bredasdorp megaweek, ens. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,223 | Dit bly steeds 'n uitdaging om behoorlik gekwalifiseerde landbou-ekonome te werf en te behou. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,224 | In reaksie op hierdie uitdaging word 'n veelledige benadering gevolg. Eerstens word die ontwikkeling van toepaslike kandidate deur die Program vir Jong Professionele Persone verbeter. Tweedens word die moontlikheid van 'n interdepartementele internskapprogram ondersoek. Laastens word daar gepoog om 'n aangename werksomgewing te skep. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,225 | Werwing van genoegsaam bekwame navorsers om die landboustrategie suksesvol te implementeer. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,226 | Uitkontraktering van navorsing om navorsing wat in die program gedoen word, aan te vul. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,227 | Die oorgang van die PROVIDE-projek na 'n program. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,228 | Uitkontraktering van navorsing om deurlopendheid van navorsing gedurende die oorgangsfase te verseker totdat posisies gevul kan word. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,229 | Die vul van vakatures met toepaslike kandidate bly steeds 'n uitdaging. Aan die einde van hierdie jaar het hierdie program steeds 'n vakaturekoers van meer as 42% wat betref landbou-ekonome gehad. Die Interdepartementele Landbou-ekonomiese Staande Komitee word gebruik ten einde riglyne vir die vaardigheidsvereistes van landbou-ekonome op 'n provinsiale vlak te ontwikkel. Hierdie doku-ment kan uiteindelik gebruik word om met universiteitsdepartemente in wisselwerking te tree ten einde genoegsaam bekwame landbou-ekonome te voorsien. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,230 | Om landbou-opleiding aan praktiserende en voornemende boere (kommersiële, opkomende en be-staansboere), adviseurs, tegnici en plaaswerkers te fasiliteer en te voorsien asook om opleidingsge-leenthede vir voormelde te skep, en om menslike-hulpbronontwikkeling in landbou op te skerp asook om 'n kundige en mededingende sektor daar te stel. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,231 | Om formele opleiding op toepaslike terreine op 'n vlak ná graad 12 (NKR-vlakke 5 tot 8 - Hoër Ser-tifikaat, Diploma en Graad) te bied aan enigeen wat kwalifiseer en wie se wens dit is om 'n formele kwalifikasie te verwerf - hoofsaaklik aan voornemende en praktiserende boere, plaasbestuurders, landboukundiges en adviseurs. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,232 | Om nie-formele en formele opleiding binne die voorwaardes van NKR-vlakke 1 tot 4 in die vorm van kortkursusse, modules en leerderskappe aan te bied aan enigeen wat wil deelneem, met besondere klem op opkomende boere en plaaswerkers. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,233 | Maak opleiding toeganklik vir alle kliënte. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,234 | As gevolg van die praktiese aard daarvan vereis landbou-opleiding 'n duur infrastruktuur. 'n Tekort aan personeel, opleidingsfasiliteite en bedryfskapitaal beperk die kapasiteit van die Departement om doeltreffender programme vir vaardigheidsontwikkeling aan te bied. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,235 | Deelname aan die ontwikkeling van 'n nasionale strategie vir landbou-onderwys en -opleiding. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,236 | Die daarstelling van 'n gedesentraliseerde opleidingsentrum by Oudtshoorn (afgesien van dié by George en Clanwilliam) het toegang tot die Departement se opleidingsdienste in die VOO-baan verder versterk. Die totstandkoming van 'n soortgelyke opleidingsfasiliteit in Bredasdorp is in die beginstadium van ontwikkeling. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,237 | Bykomende befondsing van die nasionale Departement van Landbou, AgriSeta (Seta vir Landbou) en USAID is suksesvol onderhandel ten einde koste van vaardigheidsontwikkeling en kapasiteitsbouprogramme vir veral HGLO-begunstigdes en plaaswerkers te subsidieer. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,238 | Fasilitering van en toekenning van finansiële bystand aan behoeftige studente van histories benadeelde gemeenskappe. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,239 | Verhoog kapasiteit om opleiding te lewer ten einde gapings in die voorsiening van landbou-opleiding en die vaardigheidsontwikkeling van potensiële en praktiserende landboukundiges, boere, plaaswerkers en HGLO-begunstigdes uit die weg te ruim. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,240 | Uitbreiding en opgradering van praktiese en lesingfasiliteite waar toepaslik. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,241 | Deurlopende implementering van die Landbouer-tot-Landboueropleidingsprogram in samewerking met die Florida Landbou- en Meganiese Universiteit (VSA). |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,242 | Bekendstelling van 'n program vir voorligtingopleiding en kapasiteitsbou tesame met die Universiteit van Wageningen in Nederland. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,243 | Herontwikkeling en implementering van 'n tweejarige Hoër Sertifikaat-program om in die bedryf se behoeftes te voorsien. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,244 | Aanstelling van voldoende gekwalifiseerde dosente. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,245 | Indiensneming van tydelike personeel/dosente op konsultasiebasis om leweringskapasiteit uit te brei. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,246 | Die uitdagings hierbo vereis deurlopende aandag. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,247 | Alle oordragte geskied in nakoming van artikel 38 (j) van die Wet op Provinsiale Finansiële Bestuur deur 'n memorandum van ooreenkoms aan te gaan alvorens enige betalings gemaak word. Hierdie MvO's is almal deur die provinsie se regsdienste opgestel. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,248 | Alle doelwitte met die betaling van die toelaes is bereik. In die geval van die droogtenoodleniging sal R10,199 miljoen na 2006/07 oorstaan. Betaling word gegenereer deur aankope (by goedgekeurde verskaffers) van die begunstigdes ten opsigte van die kriteria van die droogtenoodlenigingskema. Drie fundamentele kriteria van die skema behoort beklemtoon te word, naamlik begunstigdes moet vir noodleniging kwalifiseer volgens droogtetoestande, die getal eenhede lewende hawe word vooraf-bepaal, en geen direkte betalings aan begunstigdes word toegelaat nie. Daar word dus aanvaar dat doelwitte (vir die droogtetydperk binne die boekjaar) bereik is aangesien alle eise ter waarde van R16,435 miljoen wat tot 31 Maart 2006 ontvang is, binne die raamwerk van die skema uitbetaal is. Die droogtetoestande in spesifieke dele van die provinsie duur voort. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,249 | Geen toelaes is van ander provinsiale departemente ontvang of daaraan uitbetaal nie. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,250 | Kapitaalinvestering a Die Departement van Vervoer en Openbare Werke Pos 10 sal verslag doen oor bouprojekte wat afgehandel is aangesien die begroting en alle prosesse by hulle gesetel is. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,251 | b Daar word nie beplan om enige bestaande fasiliteit te sluit of af te skaal nie. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,252 | c Op die oomblik word die agterstand as R18,1 miljoen bereken. Aangesien die Departement van Vervoer en Openbare Werke hierdie diens lewer en daarvoor begroot, is daar nie veel wat gedoen kan word in 'n poging om die tekort te verminder nie. Daar is geen befondsing om dit aan te vul nie. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,253 | d Daar word verwag dat die ontwikkelings in c hierbo 'n negatiewe impak op die Departement se huidige besteding sal hê aangesien die koste van agterstallige instandhouding dikwels ek-sponensieel toeneem. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,254 | Batebestuur a Roerende bates het met R23,3 miljoen toegeneem. Die besonderhede hiervan is beskikbaar in Bylae 4 tot die finansiële state. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,255 | b Die Departement werk steeds met 'n LOGIS-inventarislys vir batebeheer wat ten minste een maal per jaar gedoen word. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,256 | c Die toestand van roerende bates wissel. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,257 | Ten eerste is daar die voertuie (sedans en eentonners) wat meesal in 'n goeie instandhoubare toestand is, maar die busse en groter vragmotors is reeds verby die normale vervangings-datum. Die trekkers, asook ander implemente op die proefplase, is in 'n baie swak toestand. Trekkers met 'n ekonomiese lewensduurte van agt jaar is gemiddeld meer as dubbel so oud. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,258 | Wat rekenaartoerusting betref, probeer die Departement om 'n lewensiklus van nie meer nie as vier jaar te handhaaf en is omtrent 90% suksesvol in hierdie verband. Die ander infrastruktuur (kabels en bedieners) is opgegradeer, maar sal meer as R1 miljoen kos om te herstel. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,259 | Die telefoonstelsel het ook, soos in die 2004/05 Jaarverslag vermeld, die einde van sy tegnolo-giese en ekonomiese lewensduurte bereik en moet so spoedig moontlik vervang word aanges-ien instandhouding besig is om skerp te styg en die vervanging van instrumente wat nie herstel kan word nie, beperk of onmoontlik is. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,260 | Meubels en navorsingstoerusting is in 'n redelike tot swak toestand. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,261 | d Geen groot instandhoudingsprogramme is onderneem nie. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,262 | e Gedurende die oorsigtydperk is geen fasiliteite gesluit of afgeskaal nie. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,263 | f Plaasimplemente en navorsingstoerusting is steeds 'n hoë prioriteit vir die onmiddellike toe-koms. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,264 | g Bodprosedures vir projekte word ooreenkomstig die voorskrifte van die RB-stelsel gedoen met 'n ten volle operasionele bodkomitee wat gereeld vergader om aanbevelings aan die rekenp-ligtige beampte te maak. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,265 | Die Departement behoort ideaalgesproke 'n instandhoudingsiklus van 7 jaar op nie-roerende infra-struktuur teen 'n gedefleerde koste van R3,7 miljoen per jaar af te handel in plaas van die huidige R2 miljoen. Tans kan die Departement sodanige siklus slegs elke 14 jaar afhandel, wat die risiko van duur vervangings teenoor bekostigbare herstel verhoog. Op die oomblik beloop die berekende agterstand R16,2 miljoen. Aangesien die Departement van Vervoer en Openbare Werke hierdie di-ens verrig en daarvoor begroot, is daar nie veel wat gedoen kan word in 'n poging om die tekort te probeer verminder nie. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,266 | Tekort aan fondse bly die enkele grootste beperking wat daartoe aanleiding gee dat die gebruik van operasionele MTUR-fondse vir hierdie doel oorweeg word. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,267 | Vernuwing en opgradering van plaasimplemente. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,268 | Om fondse vir relatief duur implemente binne huidige MTUR-begroting te vind. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,269 | Die behoefte om sekere navorsingstoerusting te moderniseer, het 'n kritieke prioriteit geword. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,270 | Die beduidendste bron bly steeds die herprioritisering van MTUR-befondsing. Om fondse in die buiteland te werf, word ook opgevolg. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,271 | Opgradering van die duur, diverse en wydverspreide (regoor die provinsie) infrastruktuur van die Departement. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,272 | Instandhouding van roerende bates op 'n aanvaarbare vlak ten einde 'n voorbeeld te stel. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,273 | Werwing en behoud van talentvolle mense. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,274 | Vind van fondse vir infrastruktuur om opleiding te desentraliseer, met spesiale klem op die neem van VOO na die nuwe toetreders en plaaswerkers. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,275 | Bekostigbare akkommodasie om stukrag aan die desentralisering van dienste binne die grense van distrikmunisipaliteite te verleen, bly steeds 'n uitdaging. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,276 | VRYWARING: Hierdie ouditverslag is 'n vertaalde weergawe van die ouditverslag wat goedgekeur en onderteken is. Die Outditkomitee aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige wanvertolkings gedurende die vertalingsproses nie. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,277 | Dit is vir ons aangenaam om ons verslag vir bogenoemde boekjaar voor te lê. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,278 | Die Departement van Landbou (Begrotingspos 11) word gedien deur 'n Gedeelde Ouditkomitee wat kragtens Kabinetsbesluit 75/2003 van 23 Junie 2003 vir die tweejaartydperk tot 31 Maart 2005 aan-gestel is, wat deur Besluit 95/2005 vir nog twee jaar tot 31 Maart 2007 verleng is. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,279 | Die Komitee bestaan uit die onafhanklike lede wie se name hieronder aangegee word en moet vol-gens sy goedgekeurde Opdrag minstens 4 keer per jaar vergader. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,280 | Die Komitee het sy verantwoordelikhede wat spruit uit artikel 38 (a) van die WOFB en Tesouri-eregulasie 3.1.13 en 27 nagekom. Die Komitee het ook sy sake gereguleer en sy verant-woordelikhede ingevolge die Ouditkomitee-oktrooi nagekom. |
4,981 | WC - Vote 11 - Agriculture.txt | 78,281 | Gedurende die oorsigjaar is die Risikobepalings- en Vloeidiagramprosesse en die eenjaar Interne Bedryfsouditplan voltooi. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.