document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,678 | Dit is 'n ideaal waarvoor ek hoop om te lewe en te bereik. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,679 | Maar, as dit nodig sou wees, is dit 'n ideaal waarvoor ek bereid is om te sterf. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,680 | Besiel deur ons ikoon Madiba, is dit nou vir my 'n eer om hierdie 2010-Staatsrede aan al ons helde en heldinne, besonge en onbesonge, bekend en onbekend, op te dra. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,681 | Kom ons werk saam om hierdie jaar van aksie 'n suksesvolle jaar vir ons land te maak. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,682 | Ek dank u. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,683 | 11 February 2010 |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,685 | Op 22 April het miljoene Suid-Afrikaners hul stemme uitgebring. Hulle het hul demokratiese reg uitgeoefen wat aangevuur is deur hul begeerte om hul lewens ten goede te verander. In oorweldigende getalle het hulle bevestig dat ons meer kan doen om armoede te beveg en 'n beter lewe vir almal te bou deur saam te werk. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,686 | Hulle is aangespoor deur die visie van 'n inklusiewe samelewing, 'n Suid-Afrika wat aan almal behoort, 'n nasie wat verenig is deur sy diversiteit, mense wat saamwerk tot voordeel van almal. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,687 | Ons is verootmoedig deur hierdie beslissende verkiesingsmandaat wat deur die mense van ons land gegee is en wat hul regering op 'n baie oortuigende wyse gekies het. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,688 | Gedurende die afgelope paar jaar het ons nasie baie uitdagende tye beleef. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,689 | Dit is te danke aan die feit dat ons 'n sterk en ten volle funksionerende konstitusionele demokratiese stelsel met standvastige instellings het dat ons hierdie probleme so maklik en waardig kon oorkom. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,690 | Vandag se geleentheid is 'n viering van alles wat hierdie demokrasie laat werk. Dit is ook 'n viering van ons kultuur van kontinuïteit en gemeenskaplike verantwoordelikheid. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,691 | Dit is duidelik sigbaar uit die teenwoordigheid hier van ons ikoon, Madiba, wat die grondslag vir die land se prestasies gelê het, en die teenwoordigheid van voormalige President Thabo Mbeki, wat op daardie grondslag voortgebou het. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,692 | Hierdie kontinuïteit is ook duidelik sigbaar uit die feit dat voormalige President Kgalema Motlanthe nou die Adjunkpresident van die Republiek is ná 'n probleemlose oorgang, wat ons land in verskeie opsigte uniek maak. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,693 | Soos u weet, bly die geveg teen armoede die hoeksteen van ons regering se fokus. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,694 | Sal ons nie rus nie en durf ons nie aarsel in ons strewe om armoede uit te wis nie. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,695 | Ten einde hierdie doelwitte te bereik het ons regering 10 prioriteitsgebiede geïdentifiseer wat deel uitmaak van ons Medium-Termyn Strategiese Raamwerk vir 2009 tot 2014. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,696 | Die program word onder moeilike ekonomiese toestande in werking gestel. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,697 | Gedurende die afgelope jaar het die wêreldwye ekonomie 'n krisistydperk betree soos nog nooit in die afgelope dekades beleef is nie. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,698 | Terwyl Suid-Afrikaners nie in dieselfde mate as ander lande geraak is nie, begin ons wel nou om duidelik die gevolge daarvan op ons ekonomie te sien. Ons het 'n resessie betree. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,699 | Dit is nou belangriker as ooit dat ons in vennootskap saamwerk aan 'n gedeelde program om hierdie krisis die hoof te bied. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,700 | Ons aanvaar dié raamwerk, wat in Februarie vanjaar deur die Regering, arbeidsmag en sakewêreld aanvaar is, as vertrekpunt vir Suid-Afrika se reaksie op die internasionale ekonomiese krisis. Ons moet nou optree om die impak van hierdie afswaai op die kwetsbaarste mense te minimaliseer. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,701 | Ons het begin met optrede om werksverliese te verminder. In beginsel is 'n ooreenkoms tussen die Regering en maatskaplike vennote aangegaan om 'n afwenteling van opleiding te keer. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,702 | Werkers wat normaalweg afdanking in die gesig sou staar weens ekonomiese probleme sal vir 'n tyd lank hul werk behou en weer vaardigheidsontwikkeling ontvang. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,703 | Besprekings oor die praktiese besonderhede tussen die maatskaplike vennote en die instansies wat deur so 'n inisiatief geraak sal word, insluitend die sektor-onderwys-en-opleidingsowerhede, gaan voort. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,704 | Ons sal die werk van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ondersteun deur werkgewers en werknemers te help om alternatiewe oplossings tot afleggings te vind deur middel van die tersaaklike regsprosesse. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,705 | Tot op hede het KVBA-kommissarisse meer as 4 000 poste gered deur fasiliteringsprosesse, en deurlopende raad en ondersteuning gebied aan afgelegde werkers. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,706 | 'n Verbeterde Nywerheidsbeleid-aksieplan sal ontwikkel word in 'n poging om voort te bou op die suksesse van ons nywerheidsbeleid-ingrypings. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,707 | Die belangrikste sektore wat reeds geïdentifiseer is, is motor-, chemikalieë- en metaalvervaardiging, toerisme, klere en tekstiele, sowel as bosbou. Aandag sal onder andere ook geskenk word aan dienste, ligte vervaardiging en die boubedryf in 'n strewe om behoorlike werk te skep. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,708 | As deel van Fase 2 van die Program vir Uitgebreide Openbare Werke sal die Gemeenskapswerksprogram bespoedig word. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,709 | Dit bied 'n minimum vlak van gereelde werk vir diegene wat dit nodig het, terwyl dit terselfdertyd die lewenskwaliteit van gemeenskappe verbeter. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,710 | Die ekonomiese afswaai beïnvloed die pas waarteen die land in staat is om die maatskaplike en ekonomiese uitdagings waarmee dit te doen het, te hanteer. Maar dit sal nie die rigting van ons ontwikkeling verander nie. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,711 | Die beleidsprioriteite wat ons geïdentifiseer het en die planne wat aan die elektoraat voorgelê is, bly die kern van hierdie regering se programme. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,712 | Laat ons mekaar se hande vat, en saam oplossings vind in die gees van 'n Suid-Afrikaanse gemeenskap. Die tyd het gekom om harder te werk. Ons regering gaan vorentoe kyk, nie agtertoe nie! |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,713 | Die stappe wat in die Medium-Termyn Strategiese Raamwerk uiteengesit is, moes die beperkings wat deur die ekonomiese krisis daargestel is, in ag neem. Die afswaai mag ons egter nie van hierdie planne laat afsien nie. Dit moet ons eerder aanspoor om dit met spoed en vasberadenheid te implementeer. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,714 | Die raamwerk fokus op 10 prioriteite. Ons het onsself daartoe verbind om saam te werk om ekonomiese groei te bespoedig en die ekonomie te transformeer ten einde behoorlike werk te skep en 'n volhoubare bestaan te verseker. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,715 | Ons sal 'n omvangryke program bekendstel om ekonomiese en maatskaplike infrastruktuur te verbeter. Ons sal 'n omvattende landelike ontwikkelingstrategie ontwikkel en implementeer, gekoppel aan grond- en landbouhervorming en voedselsekuriteit. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,716 | Ons sal die vaardighede en mensehulpbronnebasis versterk. Ons sal die gesondheidsprofiel van alle Suid-Afrikaners verbeter. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,717 | In samewerking met alle Suid-Afrikaners sal ons die geveg teen misdaad en korrupsie verskerp. Ons sal samehangende, sorgsame en volhoubare gemeenskappe bou. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,718 | In samewerking met Afrika en die res van die wêreld sal ons Afrika se bevordering en verbeterde internasionale samewerking nastreef. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,719 | Ons sal volhoubare hulpbronnebestuur en -gebruik verseker. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,720 | En, in samewerking met die mense en met die steun van ons staatsamptenare, sal ons 'n ontwikkelingstaat bou, openbare dienste verbeter en demokratiese instellings versterk. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,721 | Dit is vir my 'n plesier en 'n eer om sommige van die sleutelelemente van ons aksieprogram uit te lig. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,722 | Die skep van behoorlike werk sal die sentrale punt van ons ekonomiese beleide vorm en sal die aantrekkingskrag van ons belegging en werkskeppingsinisiatiewe beïnvloed. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,723 | In lyn met hierdie onderneming moet ons voortbeur om 'n meer inklusiewe ekonomie te bevorder. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,724 | In hierdie opsig sal ons staatsmiddele soos aanskaffing, lisensiëring en finansiële ondersteuning gebruik om klein en medium ondernemings te help. Ons sal ook die implementering van breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging en regstellende-aksie-beleide bevorder. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,725 | Dit sal geïmplementeer word met inagneming van die noodsaaklikheid om die ongelykhede van die verlede reg te stel. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,726 | Sodanige transformasie sal tot voordeel van vroue, die jeug en mense met gebreke onderneem word. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,727 | Ons sal die las van regulasies op kleinsakeondernemings verlig. Die beswaar dat hulle deur regulasies versmoor word, is al verskeie kere deur die sektor geopper. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,728 | Die Regering sal nader aan 'n enkele geïntegreerde sakeregistrasiestelsel beweeg - nog 'n ingryping om 'n bemagtigende omgewing vir beleggings te skep. Dit sal kliëntediens verbeter en die koste verlaag om sake in Suid-Afrika te doen. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,729 | Nog 'n belangrike deel van ons verbintenis om werksgeleenthede te skep, is die Program vir Uitgebreide Openbare Werke (EPWP). Die aanvanklike teiken van een miljoen werke is reeds bereik. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,730 | Die tweede fase van die program poog om teen 2014 ongeveer vier miljoen werksgeleenthede te skep. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,731 | Ons beplan om tussen nou en Desember 2009 omtrent 500 000 werksgeleenthede te skep. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,732 | Alhoewel die Regering 'n omgewing vir werks- en sakegeleenthede skep, besef ons ook dat sommige inwoners steeds maatskaplike bystand van die staat af nodig sal hê. Maatskaplike toelaes bly een van die doeltreffendste vorms van armoedeverligting. Op 31 Maart 2009 het meer as 13 miljoen mense maatskaplike toelaes ontvang, waarvan meer as agt miljoen kinders was. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,733 | Ons besef dat daar 'n behoefte is om maatskaplike toelaes aan ekonomiese bedrywighede te koppel ten einde mense wat in staat is om te werk aan te moedig om selfversorgend te wees. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,734 | Die belangrikste ding in hierdie tyd is dat bure mekaar moet help. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,735 | Dit is nou die tyd vir eenheid. Kom ons help mekaar soos bure. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,736 | Kom ons besluit dat daar nie een kind sal wees wat bed toe gaan met 'n leë maag net omdat sy of haar ouers werkloos is nie. As ons saamstaan en saamwerk, kan ons soveel meer uitrig. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,737 | Gewaardeerde lede, as deel van die tweede strategiese prioriteit sal ons voortgaan met ons program om ekonomiese en maatskaplike infrastruktuur uit te bou. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,738 | Die nuutgestigte Infrastruktuur-ontwikkelingskluster van die Regering sal verseker dat die beplande R787-biljoen infrastruktuuruitgawe, waarvoor in die Begroting vroeër vanjaar voorsien is, behoorlik beplan en uitgevoer word. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,739 | Die fondse sluit toewysings in vir 'n program vir die bou van skole, openbare vervoer insluitend die bus-snelvervoerstelsel, behuising, water en sanitasie. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,740 | Een van die grootste infrastruktuur-beleggingsprojekte is rondom die 2010 FIFA-Sokkerwêreldbeker. As regering en as nasie het ons onderneem dat die wêreldbeker 'n trotse nalatenskap moet wees waarvan ons kinders en ons gemeenskappe nog vir baie lank die vrugte sal pluk. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,741 | Ons is op koers om al ons verpligtinge na te kom en is vasberade om die beste wêreldbeker ooit vir die wêreld aan te bied. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,742 | Ons is besig om stelsels in plek te kry om van die Konfederasiebeker, wat op 14 Junie afskop, 'n groot sukses te maak. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,743 | In April vanjaar het ek 'n onderneming aan die taxibedryf se leiers gemaak om onderhandelinge met betrekking tot die bedryf van die geïntegreerde bus-snelvervoerstelsel (BSV) uit te stel tot ná die verkiesing. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,744 | Ons het onderneem om meer tyd toe te laat om behoorlik die bedryf se besware aan te spreek. Op 11 Junie sal die Minister van Vervoer samesprekings met die bedryf hervat. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,745 | Die vergaderings sal as wegspringplek dien vir 'n reeks verbintenisse ten opsigte van die belanghebbendes wat geraak word deur die BSV-stelsel. Ons glo dat probleme tot alle partye se tevredenheid opgelos sal word. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,746 | Dit sal ook die belangrike kwessie aanspreek van hoe al die belanghebbendes voordeel sal trek uit hierdie inisiatief. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,747 | Nog 'n ontwikkeling wat die wêreldbeker 'n hupstoot behoort te gee, is die implementering van die digitale uitsaai-infrastruktuur en seinverspreidingsenders. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,748 | Dit sal oor die algemeen verseker dat die koste van telekommunikasie verlaag word deur die projekte wat van stapel gestuur word om breëband-kapasiteit te vergroot. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,749 | Ons moet verseker dat ons nie die landelike gebiede agterweë laat in hierdie opwindende ontwikkelings nie. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,750 | As deel van die ontwikkeling van maatskaplike infrastruktuur sal ons behuising voorsien wat goed geleë en bekostigbaar is sowel as behoorlike menslike nedersettings. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,751 | Ons sal voortdurend in gedagte hou dat menslike nedersettings nie net oor die bou van huise gaan nie. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,752 | Dit gaan daaroor om ons stede en dorpe te transformeer en samehangende, volhoubare en sorgsame gemeenskappe te skep met beter toegang tot werk- en sosiale geleenthede, insluitend sport- en ontspanningsgeriewe. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,753 | In hierdie gees sal ons saam met die Parlement werk om die implementering van die Wetsontwerp op Grondgebruikbestuur te bespoedig. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,754 | As derde prioriteit sal ons 'n omvattende landelike ontwikkelingstrategie daarstel, gekoppel aan grond- en landbouhervorming en voedselsekuriteit, deur met ons mense in landelike gebiede saam te werk. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,755 | Ek maak graag van hierdie geleentheid gebruik om ons simpatie te betuig aan die familie van die voormalige Adjunkminister van Landbou, Dirk du Toit, wat hierdie week oorlede is. Sy bydrae sal ten seerste gemis word. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,756 | Mense in die landelike gebiede het ook 'n reg tot elektrisiteit en water, spoeltoilette, paaie, ontspannings- en sportsentrums, sowel as beter winkelsentrums soos dié in die stede. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,757 | Hulle het ook die reg om ondersteun te word om te boer sodat hulle groente en ander goed kan plant, en lewende hawe kan teel sodat hulle hulself kan voed. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,758 | Ons is gereed om met hierdie veldtog vir die uitbou van infrastruktuur in landelike gebiede te begin. Deur saam met gemeenskappe, gemeenskapsleiers, raadslede en hoofmanne te werk sal ons in staat wees om hierdie werk te bespoedig. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,759 | Ons moedig mense in landelike gebiede aan om vir ons te vertel wat hulle dringend nodig het. Deur saam te werk kan ons soveel meer doen. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,760 | Aangesien ons die nodige lesse geleer het uit vorige landelike-ontwikkeling-inisiatiewe, het ons die Groter Giyani Plaaslike Munisipaliteit gekies as die eerste vir 'n aanvoorprojek van hierdie veldtog. Uit hierdie projekte sal lesse vir die hele land voortspruit. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,761 | Met al hierdie ingrypings is ons gereed om die manier hoe landelike gebiede in ons land daar uitsien te verander. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,762 | Onderwys sal 'n sleutelprioriteit oor die volgende vyf jaar wees. Ons wil hê ons onderwysers, leerders en ouers moet saam met die Regering werk om ons skole te verander in florerende sentrums van uitnemendheid. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,763 | Die Vroeë Kinderontwikkelingsprogram sal verskerp word, met die doel om universele toegang tot Graad R te verseker en om teen 2014 die aantal kinders tussen 0 en 4 jaar te verdubbel. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,764 | Ons benadruk weereens die dinge wat nie-onderhandelbaar is. Onderwysers moet in die skool wees, in die klasse, betyds, besig met onderrig, en hulle mag nie hul pligte afskeep of leerders mishandel nie! Kinders moet in die klas wees, betyds, besig om te leer, en moet respek hê vir hul onderwysers en mede-leerders en hul huiswerk doen. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,765 | Ten einde die bestuur van skole te verbeter moet formele opleiding 'n voorwaarde wees vir onderwysers om skoolhoofde of departementshoofde te word. Ek sal 'n vergadering met skoolhoofde reël om ons visie met betrekking tot die herlewing van ons onderwysstelsel te deel. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,766 | Ons sal ons pogings verskerp om leerders aan te moedig om hul sekondêre opleiding te voltooi. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,767 | Die mikpunt is om teen 2014 die inskrywingskoers by hoërskole te verhoog tot 95%. Ons soek ook na innoverende maniere om leerders wat die skool verlaat het, weer terug te bring en ondersteuning aan hulle te bied. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,768 | Geagte lede, ons is baie bekommerd oor gerugte van onderwysers wat kinders, veral meisies, seksueel teister en mishandel. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,769 | Ons sal seker maak dat die Riglyne ten opsigte van Seksuele Teistering en Geweld in Openbare Skole wyd versprei word, en dat leerders en onderwysers vertroud is daarmee en dit nakom. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,770 | Ons sal baie ernstig en beslis optree teenoor enige onderwysers wat misbruik maak van hul magsposisie en gesag deur seksuele verhoudings met kinders aan te knoop. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,771 | Om lewenslange onderrig te bevorder, sal die Basiese Volwasse Onderwys en Opleiding Kha ri Gude-programme opgeskerp word. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,772 | Ons moet verseker dat die inisiatiewe met betrekking tot opleiding en vaardigheidsontwikkeling in die land ooreenstem met die vereistes van die ekonomie. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,773 | Ons sal toegang tot hoër onderwys vir kinders uit arm gesinne verbeter en 'n volhoubare subsidiëringstruktuur vir universiteite daarstel. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,774 | Ons is erg bekommerd oor die agteruitgang in die kwaliteit van gesondheidsorg, wat vererger word deur die geleidelik toenemende las van siektes gedurende die afgelope dekade en 'n half. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,775 | Ons het vir onsself ten doel gestel om ongelykhede in gesondheidsorg verder te verminder, om mensehulpbronkapasiteit te verhoog, om nuwe lewe in hospitale en klinieke te blaas en die geveg teen die aanslag van MIV en Vigs, TB en ander siektes te verskerp. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,776 | Ons moet saamwerk om die implementering van die Omvattende Plan vir die Behandeling, Bestuur en Sorg van MIV en Vigs te verbeter en sodoende die koers van nuwe MIV-infeksies teen 2011 met 50% te verminder. Ons wil ook graag teen 2011 80% van diegene wat antiretrovirale middels benodig, bereik. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,777 | Ons sal 'n Nasionale Gesondheidsversekeringskema (NGV) bekendstel wat geleidelik ingestel sal word. Ten einde die NGV in werking te stel, is die dringende rehabilitasie van openbare hospitale nodig by wyse van openbare-private vennootskappe. |
4,978 | StateoftheNationJZuma.2009.2010-05-24.af.txt | 77,778 | Ons sal ook dringend aandag skenk aan die kwessie van die vergoeding van gesondheidsorgwerkers om onsekerheid in ons gesondheidsorgdienste uit te skakel. Deur samewerking kan ons meer doen om die kwaliteit van gesondheidsorg te verbeter, in lyn met die Verenigde Nasies se Millennium-ontwikkelingsdoelwitte om armoede teen 2014 te halveer. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.