document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,478
Hierdeur is die basis gelê vir die historiese aankondigings wat President FW de Klerk 20 jaar gelede gemaak het.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,479
President de Klerk het hierdeur groot moed en besliste leierskap aan die dag gelê.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,480
Op hierdie groot dag wil ek ook die rol van wyle me Helen Suzman uitlig.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,481
Sy was baie lank die enigste stem in die Parlement wat haar onverpoosd vir verandering beywer het.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,482
Ons erken ook die rol van die leier van die Inkatha Vryheidsparty, Inkosi Mangosuthu Buthelezi, wat Madiba se vrylating geëis het, asook die vrylating van ander politieke gevangenes en die terugkeer van uitgewekenes.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,483
Ons herbevestig ons innige dankbaarheid teenoor die internasionale gemeenskap vir hul onwrikbare steun vir ons stryd.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,484
Hierdie oomblikke in ons geskiedenis demonstreer ons vermoë om saam te werk, selfs onder moeilike omstandighede, en om die land se belange bo alle ander oorwegings te stel.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,485
Deur saam te werk, kan ons meer bereik.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,486
Gedurende die loop van hierdie jaar sal ons die eeufeesviering van die stigting van die Unie van Suid-Afrika vier, wat in 1910 tot stand gekom het.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,487
Dit het tot 'n verenigde staat gelei.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,488
Van besondere belang is dat die uitsluiting van swart mense van hierdie Unie een van die hoofredes was vir die stigting van die African National Congress in 1912.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,489
Wanneer ons later vanjaar hierdie eeufees vier, moet ons besin oor hoe ver ons reeds as 'n land gekom het.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,490
Ek staan voor julle, nie as 'n profeet nie, maar as 'n nederige dienaar van julle, die mense.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,491
Julle onvermoeide en heldhaftige opofferings het dit vir my moontlik gemaak om vandag hier te wees.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,492
Daarom plaas ek die oorblywende jare van my lewe in julle hande.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,493
Hierdie woorde inspireer ons om nie te rus totdat ons die ideale bereik het van 'n samelewing wat vry is van armoede en ontneming nie.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,494
Gedurende die twee dekades sedert Madiba se vrylating het ons land fundamentele veranderinge ondergaan.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,495
President Mandela het hierdie land verenig tot 'n nie-seksistiese, nie-rassige, demokratiese en welvarende Suid-Afrika as doelwit.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,496
Waar ons vandag Madiba se vrylating vier, moet ons onsself weer daartoe herverbind om 'n beter toekoms vir alle Suid-Afrikaners, swart en wit, te bou.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,497
Kom ons streef opnuut na die ideaal waarvoor Madiba sy hele lewe lank geveg het - die ideaal van 'n demokratiese en vrye samelewing, waarin alle mense in harmonie en met gelyke geleenthede saamleef.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,498
Ons het hierdie gesamentlike sitting in die aand byeengeroep sodat die meerderheid van ons land se mense, werkers en skoolkinders, ook deel van die geleentheid kan wees.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,499
Ons is beïndruk deur die entoesiasme van die jeug oor hierdie geleentheid.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,500
Tweehonderd ses-en-sestig kinders van al die provinsies het deelgeneem aan die pre-Staatsrede-debat oor die rol van die jeug in die stryd teen armoede.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,501
Baie geluk aan die algehele wenner, Charlotte Le Fleur van Worcester Sekondêre Skool, asook aan al die deelnemers vir hul harde werk.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,502
Ons ontmoet hier teen die agtergrond van 'n wêreldwye ekonomiese krisis.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,503
Verlede jaar het ons ons eerste resessie in 17 jaar ervaar.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,504
Die krisis het ons ekonomie ongeveer 900 000 werksgeleenthede gekos.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,505
Baie mense wat hul werk verloor het, was die broodwinners van arm families.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,506
In Februarie verlede jaar het die regering, sakelui, arbeidsektor en gemeenskapsverteenwoordigers ooreengekom op 'n pakket van maatreëls om die skaal en impak van die krisis te bekamp. Ons het talle van hierdie maatreëls reeds in werking gestel.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,507
Ons het besliste teen-resessiebesteding deur die regering geïmplementeer, veral op infrastruktuur.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,508
Ten einde 'n veiligheidskussing vir armes te skep, het ons die verhogings in maatskaplike toelaes vervroeg, en die Kindersorgtoelaag uitgebrei na kinders ouer as 14 jaar. Gedurende die volgende drie jaar sal 'n addisionele twee miljoen kinders uit arm gesinne en huishoudings tussen die ouderdom van 15 en 18 jaar, by die Kindersorgtoelaag baat vind.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,509
Die Regering het 'n "opleidingsafleggingskema" ingestel om aan werkers die opsie van 'n opleidingstydperk, in plaas van aflegging, te bied.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,510
Hierdie pogings is deur ons Openbare Werke-program versterk.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,511
Die nasie sal onthou dat ek tydens die 2009-Staatsrede aangekondig het dat die Uitgebreide Openbare Werke-program teen Desember 2009 500 000 werksgeleenthede sou skep.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,512
Ek wil beklemtoon dat dit nie poste in die hoofstroom-ekonomie is nie. Hierdie is werksgeleenthede wat geskep is om werklose mense van 'n inkomste, ervaring en opleidingsgeleenthede te voorsien.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,513
Ons kondig graag aan dat ons teen die einde van Desember reeds meer as 480 000 openbare werksgeleenthede geskep het, met ander woorde, 97% van die doelwit wat ons gestel het.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,514
Hierdie poste is in areas soos konstruksie, tuis- en gemeenskapsgebaseerde sorg en omgewingsprojekte.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,515
Ons het 'n aantal terreine geïdentifiseer waar ons in die toekoms verder gaan verbeter, soos om meer arbeidsintensiewe projekte te verseker.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,516
Ons weet egter dat hierdie en ander maatreëls nie die uitwerkings van die resessie heeltemal kan temper nie.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,517
Ons is dankbaar vir die gees van familie, gemeenskap en vrywillige werk wat soveel mense inspireer om diegene wat die swaarste deur die krisis getref word, deur hierdie moeilike tye te help.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,518
Ekonomiese aanwysers dui daarop dat ons nou deur die ergste van die ekonomiese resessie is.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,519
Ekonomiese aktiwiteit is aan die toeneem in Suid-Afrika, en ons verwag groei in die toekoms.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,520
Die arbeidstatistiek wat Dinsdag vrygestel is, dui daarop dat die ekonomie tans werksgeleenthede skep eerder as om dit in te boet.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,521
Dit is egter te gou om seker te wees oor die tempo van hierdie herstelproses.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,522
Die Regering sal dus nog nie sy ondersteuningsmaatreëls opskort nie.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,523
Dit is nou die tyd om die basis te lê vir sterker groei in die toekoms en vir groei wat tot meer werksgeleenthede lei.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,524
Ons langtermyn-infrastruktuurprogram sal ons help om vinniger te groei.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,525
Ons onderwys- en vaardigheidsprogramme sal ons produktiwiteit en mededingendheid verhoog.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,526
Ons Nywerheidsbeleids-aksieplan en ons nuwe fokus op groen werksgeleenthede sal sterker en meer arbeids-absorberende nywerhede bou.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,527
Ons landelike ontwikkelingsprogram sal landelike produktiwiteit verhoog en die lewens van die mense in landelike gebiede verbeter.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,528
Ons kapitaalinvesteringsprogram lê ten grondslag aan ons strategie vir ekonomiese herstel en groei.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,529
Oor die volgende drie jaar sal die regering R846 biljoen aan openbare infrastruktuur spandeer.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,530
Op die terrein van vervoer, sal ons ons padnetwerk in stand hou en uitbrei.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,531
Ons sal verseker dat ons spoornetwerk betroubaar en mededingend is en beter met ons seehawens geïntegreer is.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,532
Om betroubare kragtoevoer te verseker, het ons 'n Inter-Ministeriële Komitee oor Energie ingestel, om 'n 20-jaar geïntegreerde hulpbronplan te ontwikkel.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,533
Hierdie komitee sal, onder andere, kyk na die deelname van onafhanklike kragprodusente, en arm mense teen stygende elektrisiteitspryse beskerm.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,534
Ons sal 'n onafhanklike stelseloperateur instel, wat afsonderlik van Eskom Beherend sal funksioneer.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,535
Eskom sal voortgaan om addisionele opwekkingskapasiteit te bou en die instandhouding van sy kragstasies te verbeter.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,536
Ten einde 'n inklusiewe ekonomie te verseker wat groei en ontwikkeling bevorder, het ons die Adviesraad oor Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging in die lewe geroep, onder voorsitterskap van die President.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,537
Beleidsverandering moet fokus op ingrypings om werksgeleenthede vir jongmense te skep.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,538
Werkloosheidskoerse vir jongmense is aansienlik hoër as die gemiddeld.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,539
Voorstelle sal ingedien word om die koste van die indiensneming van jonger werkers te subsidieer ten einde ondernemings aan te moedig om onervare personeel in diens te neem.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,540
n Verdere uitbreiding van openbare-werkskeppingsprogramme is ook reeds aan die gang.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,541
Dit sluit in plaaslike-infrastruktuur- en tersiêre projekte en geletterdheidsprojekte, tuisgebaseerde versorging, skoolinstandhouding en vroeëkindontwikkelings-inisiatiewe.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,542
Verlede jaar het ons die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap in die lewe geroep.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,543
Ons het die Agentskap aangesê om vinniger te werk om sy strukture regdeur die land te vestig sodat dit ons kan help om jeugontwikkelingsprogramme in die regering as hoofstroomprojekte te loods.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,544
Toe hierdie administrasie verlede jaar aan bewind gekom het, het ons onsself daartoe verbind om harder te werk om 'n sterk ontwikkelingstaat te bou.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,545
Ons het gesê dat dit 'n staat sou wees wat op die mense se behoeftes en aspirasies reageer, en wat beter en vinniger presteer.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,546
Hierdie jaar, 2010, sal 'n jaar van aksie wees.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,547
Die onderskeidende kenmerk van hierdie administrasie sal wees dat dit weet waar mense bly, hulle behoeftes verstaan en vinniger daarop reageer.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,548
Die Regering moet vinniger, harder en slimmer werk.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,549
Ons sal van die Uitvoerende Gesag en die Staatsdiens verwag om aan hierdie visie te voldoen.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,550
Ons bou 'n staat wat op effektiewe werkverrigting fokus. Dit sal bereik word deur beplanning asook prestasie-monitering en -evaluering te verbeter.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,551
Ons moet ook geslagsgelykheidsmaatreëls in die Regering se Aksieprogram integreer.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,552
Hierdie optrede sal verseker dat vroue, kinders en persone met gestremdhede toegang tot ontwikkelingsgeleenthede kry.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,553
Ons kondig graag aan dat ons in die Regering dinge op 'n nuwe manier gaan doen.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,554
Departemente se werk sal gemeet word deur uitkomste, wat op grond van ons prestasie-monitering-en-evalueringstelsel ontwikkel word.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,555
Die ministers wat vir 'n bepaalde uitkoms verantwoordelik is, sal 'n gedetailleerde leweringsooreenkoms met die president onderteken.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,556
Hierdie ooreenkomste sal duidelik uiteensit wat gedoen moet word, hoe, deur wie, binne watter tydperk en met behulp van watter maatreëls en hulpbronne.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,557
onderwys, gesondheid, landelike ontwikkeling en grondhervorming, skepping van ordentlike werksgeleenthede en die bestryding van misdaad.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,558
Daarbenewens sal ons werk om die effektiwiteit van plaaslike regering, infrastruktuurontwikkeling en menslike nedersettings te verbeter.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,559
Ons sal 'n aantal sleutelaktiwiteite onderneem ter bereiking van hierdie uitkomste.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,560
Ons het onderwys en vaardigheidsontwikkeling as die middelpunt van hierdie regering se beleide gestel.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,561
In ons 2010-program wil ons die vermoë van kinders om in die grondslagjare te lees, skryf en tel, verbeter.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,562
As ons dit nié doen nie, sal ons nie die gehalte van die onderwys kan verbeter nie.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,563
Ons onderwysteikens is eenvoudig, maar van kritiese belang.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,564
Ons wil hê dat leerders en onderwysers betyds in die skool, in die klas moet wees, besig om sewe uur per dag te leer en te onderrig.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,565
Ons sal onderwysers help deur gedetailleerde daaglikse lesplanne te voorsien.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,566
Ons sal werkboeke wat maklik is om te gebruik in al 11 tale aan studente voorsien.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,567
Van vanjaar af sal alle leerders in graad 3, 6 en 9 geletterdheids- en gesyferdheidstoetse skryf, wat onafhanklik gemodereer word.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,568
Ons mikpunt is om die slaagsyfer vir hierdie toetse van die huidige gemiddeld van tussen 35 en 40% tot minstens 60% teen 2014 te verhoog.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,569
Die uitslae sal aan die ouers gestuur word om vordering te monitor.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,570
Daarbenewens sal elk van ons 27 000 skole deur amptenare van die Departement van Basiese Onderwys geassesseer word.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,571
Dit sal in 'n ouditeerbare skriftelike verslag opgeteken word.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,572
Ons beoog om die aantal matriekstudente met universiteitstoelating teen 2014 tot 175 000 per jaar te verhoog.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,573
Ons spoor ouers aan om met ons saam te werk om 'n sukses hiervan te maak.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,574
Ons verwelkom verlede maand se verklaring deur die drie onderwysersvakbonde, NAPTOSA, SADTU en SAOU, waarin hulle hulle vanaf die begin van 2010 herverbind het tot die Kwaliteit Leer- en Onderrigveldtog.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,575
Ons moet in ons jeug belê ten einde 'n vaardige en bekwame werksmag te verseker wat groei en werkskepping ondersteun.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,576
Ons beplan dus om die opleiding van 16 tot 25-jarige persone te verbeter in verdere onderwys-en-opleidingsfasiliteite.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,577
Dit sal ons in staat stel om aan diegene wat nie vir universiteit kwalifiseer nie, nog 'n kans op geleerdheid te bied.