document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,377 | Tog, as ons heeltemal eerlik wil wees, moet ons nie die feit uit die oog verloor dat ons 'n stelsel beoordeel wat by verre meer legitimiteit geniet as wat ons ooit tevore in ons land gehad het nie. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,378 | Dit is te danke aan die transformasie wat hierdie instansies ondergaan het betreffende hul doktrines, gebaseer op 'n kultuur van menseregte, hul demografiese samestelling en hul stelsels vir aanspreeklikheid. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,379 | Maar ons moet onsself nie flous nie: soos op alle maatskaplike gebiede, is sulke transformasie steeds in wording. Ons het nog 'n ver pad om te gaan. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,380 | Ek is seker dat die agbare lede sal saamstem dat die menslikheid van ons demokratiese bedeling uitdrukking behoort te vind in die mate waartoe ons aandag skenk aan die weerbaarste lede van ons samelewing. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,381 | In hierdie opsig het ons, deur wetgewing, internasionale konvensies, regulasies en veldtogte, verseker dat daadwerklike pogings gemaak word om die toestande van kinders, vroue, mense met gebreke en bejaardes te verbeter. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,382 | Deur bewusmakingsveldtogte en inderdaad as gevolg van die vennootskappe wat ons gesluit het met organisasies wat hierdie kwesbare groepe verteenwoordig, het ons bewustheid rondom die kwessies wat hulle beïnvloed verbeter; en toenemend die belangrikheid van hierdie sake aangemoedig. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,383 | Ons kan byvoorbeeld met trots getuig dat huishoudings waar vroue aan die hoof staan 'n groter as gemiddelde deel van die maatskaplike toelaes ontvang het, insluitend behuising en gesondheidsorg; en dat van die suksesvolste programme dié rondom kinderimmunisasie en -voeding was. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,384 | Tog is toegang tot werksgeleenthede 'n swaar las op plattelandse vroue, jeugdiges en mense met gebreke. MIV het die grootste impak op jong vroue. Geweld teen vroue en kinders is ook heeltemal te hoog. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,385 | Al hierdie dinge verg aandag in die tyd wat kom. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,386 | Dit is dan sommige van die vooruitgang wat die demokrasie meegebring het, en die vordering wat die Regering gemaak het om aan die verkiesingsmandaat te voldoen. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,387 | Dit kan geensins ontken word dat die vooruitgang sedert 1994 gemeet aan enige maatstaf indrukwekkend is nie. Maar daar is ook geen twyfel dat daar nog baie uitdagings is nie. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,388 | Ek het die lang pad na vryheid geloop. Ek het probeer om nie struikel nie; ek het 'n paar misstappe langs die pad gegee. Maar ek het die geheim ontdek dat, nadat jy 'n groot heuwel oorkom het, vind jy daar is nog soveel ander heuwels om te klim. Ek het 'n oomblik geneem om te rus, om vlugtig na die roemryke vista rondom my te kyk, om terug te kyk oor die afstand wat ek al afgelê het. Maar ek kan net vir 'n oomblik rus, want saam met vryheid kom verantwoordelikhede, en ek durf nie talm nie, want my lang pad is nog nie verby nie. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,389 | Oor 'n paar maande van nou af sal die mense van ons land besluit wie se leierskap hulle verkies om die edel werk van hierdie groot vryheidsvegter en ander stigters van ons demokrasie voort te sit. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,390 | Terwyl ons benaderings mag verskil, is die doelwitte waarvoor ons moet mik duidelik en ondubbelsinnig uiteengesit in ons Grondwet: om 'n verenigde, nie-rassige, nie-seksistiese, demokratiese en vooruitstrewende samelewing te skep wat 'n positiewe bydrae lewer tot die skep van 'n beter wêreld. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,391 | Ses jaar gelede het die leiers van die mense bymekaargekom vir die Wêreldberaad oor Groei en Ontwikkeling en ooreengekom oor die take wat ons moet uitvoer om die lewenskwaliteit van Suid-Afrikaners te verbeter, spesifiek om werkloosheid en armoede teen 2014 te halveer. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,392 | plaaslike aksie en implementering vir ontwikkeling, insluitend die voorsiening van infrastruktuur en toegang tot basiese dienste. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,393 | Ek is oortuig daarvan dat Suid-Afrikaners sal saamstem dat daar as deel hiervan en bykomend tot hierdie doelwitte 'n behoefte is om die onderwysstelsel te verbeter; om doeltreffende, behoorlike en billike gesondheidsorg te bied; om ons plattelandse gebiede te ontwikkel en voedselsekuriteit te verseker; en om die geveg teen misdaad en korrupsie te verskerp. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,394 | Ek noem nie hierdie kwessies omdat hulle omvattend is of omdat ons alle probleme in ons samelewing sal oplos as ons hulle identifiseer nie. Die rede hoekom ek hulle noem is om die punt te beklemtoon dat Suid-Afrika nie 'n gebrek aan ideale het nie. Ons uitdaging is om hierdie ideale om te skakel in programme en projekte wat doeltreffend geïmplementeer kan word. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,395 | Hierdie ideale word deur die hele mensdom gedeel, soos dit weerspieël word in die Verenigde Nasies se millennium ontwikkelingsdoelwitte. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,396 | En tog word die mensdom vandag gekonfronteer met die gevaar dat die bereiking van hierdie doelwitte nog vir baie jare, indien nie dekades nie, uitgestel kan word weens die ekonomiese krisis wat die wêreld oorval het. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,397 | Wat oppervlakkig as 'n finansiële krisis tussen 'n paar krediteure ontstaan het, het ontplof in 'n wêreldwye kredietnood, met erge gevolge vir werklike produksie en handel. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,398 | Ons kan die gulsigheid, kortsigtigheid en sorgeloosheid van bestuurders van groot korporasies, wat die krisis bespoedig het, blameer. Ons kan regeringsbeleide verdoem wat nie behoedsaam was nie en toegelaat het dat die hebsug van ongereguleerde markte verwoesting saai onder finansiële stelsels. Ons kan al hierdie dinge doen, en ons sal heeltemal korrek wees. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,399 | Maar tog is ons belangrikste en noodsaaklikste taak om die algehele gevolge van hierdie verwikkelinge op ons eie ekonomie en ons streek behoorlik te verstaan, en om antwoorde te vind wat die impak daarvan sal beperk, veral op die kwesbaarste sektore van ons samelewing. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,400 | Wat ons wel weet, is dat ons land se regulerende omgewing en die teensikliese begrotingsbeleide wat ons aanvaar het, gehelp het om die ergste impak van die krisis te vermy. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,401 | Maar ons is tog ten volle bewus dat die aanvraag na ons uitvoere verminder omdat ons sterk in die wêreldekonomie geïntegreer is; dat toegang tot finansies en kapitale invloei versleg het; dat laer aanvraag tot 'n afskaal in produksie gelei het; dat die skep van werk negatief beïnvloed is en dat personeelvermindering in sommige sektore 'n realiteit geword het. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,402 | Hierdie probleme het saamgeval met 'n tydperk waarin inflasie en rentekoerse steeds te hoog was. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,403 | Tesame voorspel hierdie dinge niks goed vir die inkomste wat ons nodig het om die voorsiening van dienste uit te brei en om ons infrastruktuur-projekte te implementeer nie. Daarom is ons gedwing om ons vooruitsigte met betrekking tot groei en werkskepping af te skaal. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,404 | Ons weet ook dat Suid-Afrika veel minder geraak word as baie ander lande. Inderwaarheid kan Suid-Afrika en die res van die kontinent steeds groei verwag, al is dit teen 'n stadiger koers, in 'n tyd wanneer ander lande resessies ervaar of voorspel. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,405 | In hierdie opsig, agbare lede, is ek bly om te berig dat ons tydens die interaksie tussen Die Kantoor van die President en leiers van verskeie maatskaplike vennote gesamentlik saamgestem het om bemiddelings daar te stel wat die impak van die krisis op ons samelewing sal beperk. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,406 | Eerstens sal die Regering aanhou met openbare beleggingsprojekte, waarvan die waarde vermeerder is na R690 biljoen oor die volgende drie jaar. In hierdie opsig sal ons, waar nodig, kreatiewe maniere vind om fondse in te samel. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,407 | Tweedens, sal ons openbaresektor-werkskeppingsprogramme uitbrei. Aan die een kant sal planne voortgaan om werksgeleenthede uit te brei in sektore soos gesondheid, maatskaplike werk, onderwys en wetstoepassingsagentskappe. Aan die ander kant sal ons die bekendstelling van die volgende fase van die Program vir Uitgebreide Openbare Werke bespoedig. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,408 | aanlegte teen te werk. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,409 | Alternatiewe tot afleggings sal ondersoek word, insluitend langer vakansies, langer opleidingstye, korttyd en posdeling. Dit sal gekombineer word met die bevordering van die Trots Suid-Afrikaanse-veldtog en fermer optrede teen onwettige invoere. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,410 | Vierdens, sal die Regering maatskaplike besteding handhaaf en uitbrei, insluitend om toenemend die Kindersorgtoelae na kinders tot en met 18 jaar uit te brei en die ouderdom waarop mans geregtig is om ouderdomspensioen te ontvang na 60 jaar verminder. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,411 | Boonop sal ons die Maatskaplike Noodverligting-toelae en voedselsekuriteit-maatreëls meer gereeld aanwend, spesifiek om ook diegene te teiken wat nie deur die Werkloosheidsversekeringsfonds gedek word nie of wie se voordele uitgeput is. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,412 | Ons sal ook aanhou om spesiale aandag te skenk aan die uitdaging van anti-kompeterende gedrag deur sommige van ons korporasies. In hierdie opsig prys ons die Kompetisiekommissie vir die ferm hand waarmee hulle verseker dat oortreders aan die pen ry. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,413 | Ons hoop egter dat die burgerlike gemeenskap hul eie vlak van aktivisme sal verskerp om onder andere te verseker dat die voordeel deur die samelewing gevoel sal word soos wat insetkoste afneem. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,414 | Hierdie onmiddellike maatreëls sal gelei word deur die beginsel van 'n teensikliese fiskale beleid. Ons sal nogtans verseker dat die leningsvlakke van die Regering versigtig en volhoubaar is. Dit impliseer ook 'n vinnige afname in regeringskuldvlakke wanneer toestande weer 'n gunstige wending neem. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,415 | Ons pogings sal ook ingelig word deur die wete dat die maatreëls om die omgewing te beskerm en om die impak van klimaatsverandering af te weer ook kan bydra tot werkskepping. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,416 | In beide die G20-vergaderings en ander interaksies met multilaterale instansies het ons regering redes aangevoer vir toepaslike en dringende ingrypings, veral ten opsigte van ontwikkelde lande waar die krisis ontstaan het en waar dit die ergste gevoel word. Ons glo dat die tyd nou aangebreek het om binnelandse regulasies en oorsigte oor die finansiële stelsel te verstewig, maar ook dat strenger toesig oor en optrede op 'n wêreldwye skaal onvermydelik en noodsaaklik geword het. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,417 | Uiters belangrik is dat ons ook die integriteit van die wêreldhandelstelsel moet beskerm, die huidige samesprekings van die Doha-rondte moet voltooi en verseker dat ontwikkelingshulp nie afgeskaal word nie. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,418 | Die grootste les om uit hierdie ervaring te leer is dat ons sterker vennootskappe tussen plaaslike en globale ekonomiese rolspelers nodig het, nie net om die impak van die krisis te stuit nie, maar ook om maatreëls in plek te stel wat 'n herhaling daarvan sal voorkom. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,419 | In ons eie land sal ons al hierdie dinge doen as deel van die proses om ons samelewing op 'n pad van hoër groei en ontwikkeling te plaas. Dit gaan beteken dat dit effens langer gaan neem om 'n hoër trajek te bereik. Maar ons twyfel nie dat dit wel een of ander tyd sal aanbreek nie. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,420 | In hierdie opsig sal dit uiters belangrik wees hoe ons die land posisioneer om voordeel te trek uit die unieke geleenthede wat oor ons pad gekom het. Ek verwys hier spesifiek na die FIFA-Wêreldbeker in 2010, sowel as die Konfederasiebeker 'n paar maande van nou af. Byna al die projekte en planne is voltooi of naby aan klaar - van stadions, vervoerinfrastruktuur, veiligheidsmaatreëls, kwessies rondom akkommodasie, tot gesondheid- en immigrasieplanne - wat die vertroue bevestig van die globale sokkerwêreld dat hierdie 'n waarlik suksesvolle toernooi sal wees. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,421 | En ons glo, ná vyf agtereenvolgende oorwinnings, dat die nasionale sokkerspan nou met meer selfvertroue voorberei om bo verwagting te presteer! |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,422 | Maar meer as dit, die ware erfenis van hierdie skouspel sal ons vermoë wees om Suid-Afrikaanse en Afrika-gasvryheid en medemenslikheid ten toon te stel - om eens en vir altyd die persepsies oor ons land en ons kontinent in die oë van die wêreld te verander. Dit gaan van ons afhang, en daar kan nie 'n prys daaraan geheg word nie! |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,423 | Ons wil ook graag in hierdie opsig al ons sportspanne gelukwens wat Suid-Afrika se strewe na uitnemendheid gedurende die afgelope jaar bevestig het. 'n Spesiale woord van lof aan ons krieketspan wat die kruin van die wêreldranglys bereik het. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,424 | Ons is natuurlik ook die rugby-wêreldkampioene; Giniel de Villiers en sy span het die Dakar-wedren gewen; ons paralimpiese atlete gee ons voortdurend 'n rede om trots te voel; en ons onder-20-sokkerspan het heel goed gevaar in 'n uiters kompeterende omgewing. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,425 | Slegs twee weke gelede het Suid-Afrika saam met Mali 'n deel van die argiewe voltooi om die antieke manuskripte van Timboektoe te bewaar. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,426 | Hierdie ryk erfenis dui op Afrika as die baken van wetenskap en letterkunde, filosofie en handel, wat verbreek is deur die slawehandel en 'n gejaag na Afrika se rykdom. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,427 | Hierdie inisiatief kan ons aanspoor om saam te werk met ander lande op ons vasteland en verder weg om die toestande van mense te verbeter. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,428 | Ons het inderdaad gedurende die afgelope 15 jaar nie 'n kans laat verbygaan om te verseker dat Afrika die hernuwing beleef in wat eintlik die Afrika-eeu moes wees nie. Stadig maar seker vorder ons vasteland na renaissance, met die belange van ons mense wat bo-aan ons leiers se agenda is. Ons vasteland wys die wêreld hoe hoop en deursettingsvermoë lyk. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,429 | En dit is om hierdie rede, en slegs om hierdie rede, dat ons aanhou om die mense van Zimbabwe te probeer help om 'n blywende oplossing vir die krisis in daardie land te vind. Ons wil graag in hierdie verband al die partye in Zimbabwe gelukwens met die onderhandelinge wat hulle aangegaan het, met die uiteindelike prys wat nog altyd die wens van die mense van daardie land en die subkontinent as 'n geheel was, naamlik 'n stabiele en wettige regering wat die uitdagings wat deur die mense in die gesig gestaar word, wil aanspreek. Ons is opreg bemoedig dat die Zimbabwiese Parlement gister Wysiging 19 van die Grondwet aanvaar het, wat die basis vorm vir die implementering van 'n inklusiewe regering. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,430 | Spesiale vermelding moet in hierdie opsig gemaak word van die SAOG-fasiliteerder, voormalige President Thabo Mbeki, en die span wat onvermoeid en geduldig gehelp het om die proses suksesvol te voltooi. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,431 | Nou kan die heropbouwerk in erns begin, en Suid-Afrika is gereed om te help waar ons kan. In hierdie opsig is daar 'n dringende behoefte om die menseregte-krisis in daardie land te help aanspreek. Ons is vol vertroue dat die internasionale gemeenskap, omdat hulle omgee, saam met die mense van Zimbabwe sal werk om 'n nuwe pad vorentoe oop te maak. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,432 | Ongeag die stampe en stote wat klaarblyklik die vordering van die mense van die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) op hul pad na stabiliteit en vooruitgang karakteriseer, is dit ook bemoedigend dat vooruitgang daar gemaak word. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,433 | Die vennootskap wat die afgelope tyd ontstaan het tussen die leierskorps van die DRK en Ruanda beloof vooruitgang in die toekoms rakende sake soos veiligheid en die hantering van die menseregte-krisis; maar hopelik ook ten opsigte van politieke dialoog. Op dieselfde wyse sal ons aanhou om saam met ander lande en die Afrika-Unie te werk om hierdie doelwitte in Burundi, Soedan, Westelike Sahara, die Ivoorkus, Somalia en elders na te streef. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,434 | Soos verskeie verwikkelinge tydens die afgelope paar maande bewys het, sal Suid-Afrika die voorreg as voorsitter van die SAOG gebruik om hierdie noodsaaklike streeksinstansie te versterk, met spesifieke klem op die implementering van beraadsbesluite en die versterking van strategiese streeksamehang. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,435 | Terselfdertyd wil ons ook SAOG se interaksie met die Gemeenskapsmark vir Oos- en Suider-Afrika (COMESA) en die Oos-Afrika Gemeenskap (OAG) verbeter. Hierdie inisiatiewe sal onderneem word ten einde die diepgrondige verhoudings wat ons binne die Suider Afrikaanse Doeane-Unie geniet. te versterk eerder as te verswak. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,436 | Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om die mense en leierskorps van Zambië, Ghana en die Verenigde State van Amerika geluk te wens met verkiesings wat simbolies die nougesette grense van hul lande oorgesteek het. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,437 | Ons sal altyd poog om samewerking met hierdie en ander lande te versterk ten einde die mensdom tot voordeel te strek. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,438 | Ons is bevoorreg om hierdie jaar die einde van die eerste dekade van ons diplomatiese verhouding met China te vier. Deur die jare het dit duideliker as ooit geraak dat hierdie vennootskap baie wedersydse voordele inhou. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,439 | Ons wil ook graag weereens ons verbintenis bevestig aan die noue bande wat ons met Brazil en Indië gevorm het deur die IBSA; en ook die versterking van bande wat ons land gesmee het met Rusland en lande in Asië, die Midde-Ooste, sowel as Latyn- en Noord-Amerika. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,440 | Ons het al op vele geleenthede ons kommer uitgespreek oor die volharding van konflik in die Midde-Ooste oor die algemeen, en spesifiek in Israel en Palestina. Ons afgryse met die onlangse eskalasie van die konflik en massiewe lewensverlies van veral burgerlikes - insluitend kinders, vroue en bejaardes - kan nie in woorde uitgedruk word nie. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,441 | Daar is geen regverdiging vir sodanige dade van moedswillige vernietiging en wreedheid nie. En ons hoop hierdie keer dat hernude pogings deur die internasionale gemeenskap om blywende oplossings vir hierdie konflik te vind, vrugte sal afwerp sodat die Israeliete en die Palestyne as bure vrede en sekuriteit kan geniet binne hul soewereine gebiede. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,442 | Ons spesiale gelukwensing gaan aan die Regering en mense van Kuba met die 50ste herdenking van hul soewereiniteit en, daarmee saam, die vryheid om hul eie ontwikkelingspad te kies. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,443 | Ons was gedurende die afgelope jaar in staat om verdere onderhandelinge met die Europese Unie te voer oor ons strategiese vennootskap; en ons hoop dat die goeie gees waarin die gebeure plaasgevind het, sal voortduur soos ons die multilaterale onderhandelinge oor die ekonomiese vennootskapooreenkomste met lande in ons streek finaliseer. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,444 | Ons sien ook uit daarna om hierdie vennootskap te versterk wanneer ons later hierdie jaar die Suid-Afrika-EU-beraad aanbied. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,445 | Saam met ander suidelike lande sal ons aanhou om die saak van die herstrukturering van die Verenigde Nasies, die Internasionale Monitêre Fonds en ander multilaterale instansies na te streef, sodat hulle die veranderde en veranderende globale werklikheid weerspieël en op 'n demokratiese, gelyke en openlike wyse bedryf word. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,446 | Ons verbind onsself ook daartoe om te voldoen aan die oogmerke van internasionale ooreenkomste, insluitend die Kyoto Protokol en die opvolgers daarvan, tot voordeel van toekomstige generasies van ons eie mense en mense regoor die wêreld. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,447 | Daar is twee basiese beginsels wat ons lei in ons strewe: die noodsaaklikheid om die mandaat uit te voer wat in 2004 aan hierdie regering gegee is; en om seker te maak dat die Regering wat ons opvolg na die verkiesing 'n platform kry wat gereed is vir die implementering van programme sonder onnodige oponthoud. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,448 | In die volgende paar maande wat die nasionale en provinsiale verkiesings voorafgaan, sal ons poog om ons algemene mandaat uit te voer. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,449 | fasilitering van prosesse wat gemik is op die verbetering van meganismes vir kwessies soos geslagsgelykheid, byvoorbeeld 50/50-verteenwoordiging in besluitnemingstrukture, jeugontwikkeling, die regte van mense met gebreke en kinderregte - insluiting die finalisering van samesprekings oor die Nasionale Jeugbeleid, gereedmaking vir die implementering van die Afrika-Jeughandves sodra dit deur die Parlement goedgekeur is, en die daarstel van die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap, die voorlegging aan die Parlement van die SAOG-Protokol oor geslag en ontwikkeling, beter bewusmaking oor die regte van mense met gebreke; en die uitbreiding van die aantal munisipaliteite wat 'n Kinderregte-fokuspunt het bo en behalwe die huidige 60%. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,450 | Hierdie en ander programme, insluitend die Apex-Prioriteite wat in verlede Februarie se Staatsrede geïdentifiseer is, vorm die basis van ons pogings om aan ons mandaat te voldoen en die grondwerk vir die toekoms te doen. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,451 | Ons sal ons pogings verskerp, geïnspireer deur die entoesiasme, hoop en veerkragtigheid van die Suid-Afrikaanse mense in 'n strewe na dit wat die beste is vir ons almal. Dit, hoofsaaklik, is die bron van ons vertroue wanneer ons sê dat dit goed gaan met ons nasie. Ons demokrasie is gesond. Dit word toenemend sterker. |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,452 | En dus, in die woorde van voormalige President Mandela, "durf ons nie talm nie, want ons lang pad is nog nie verby nie". |
4,976 | StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt | 77,453 | Ek dank u. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,455 | Dumelang, molweni, goeienaand, good evening, groete aan almal by die huis! |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,456 | Ons is baie bly om hierdie spesiale aand saam met u te kan deel. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,457 | Ek staan vanaand hier voor u, 20 jaar nadat President Nelson Rolihlahla Mandela as 'n vry man uit die gevangenis gestap het. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,458 | Ons het juis hierdie dag gekies om hierdie Gesamentlike Sitting van die Parlement byeen te roep om die Staatsrede te lewer en sodoende 'n waterskeidingsoomblik wat ons land se geskiedenis vir ewig verander het, te gedenk. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,459 | Madiba se vrylating was die uitkoms van Suid-Afrikaners se onvermoeide stryd. Voormalige politieke gevangenes en veterane wat hier saam met ons is, was deel van daardie proses en kan getuig daarvan. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,460 | U sal natuurlik onthou dat die massas in hierdie land, in hul onderskeie formasies, met vasberadenheid gereageer het op die oproep om die land onregeerbaar en apartheid onwerkbaar te maak. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,461 | Ons vier hierdie dag saam met voormalige politieke gevangenes wat ons spesiaal uitgenooi het om hier by ons aan te sluit. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,462 | Ons verwelkom in die besonder diegene wat uit die buiteland gekom het om vandag hier te wees: Helene Pastoors, Michael Dingake van Botswana, mnr Andimba Toivo ya Toivo van Swapo in Namibië. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,463 | Dit is ook ons voorreg om die regspan van die Rivonia Hoogverraadverhoor - Lord Joel Joffe, wat tans in Londen gebaseer is, en Regter Arthur Chaskalson hier by ons te hê. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,464 | Ons onthou en vereer vandag ook mnr Harry Schwarz, wat verlede week oorlede is. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,465 | Hy was onder andere ook 'n lid van die Rivonia-regspan. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,466 | Ons bedank graag ons vriende en comrades in die internasionale gemeenskap vir hul stryd saam met ons om ons vryheid te wen. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,467 | n Spesiale woord van welkom aan die Madiba-familie. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,468 | Hulle is 'n simbool van die opofferings wat baie moes maak wat soveel weens apartheid moes trotseer. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,469 | Ons groet die leiers van die regerende party en sy Alliansie-vennote, vir wie hierdie 'n besonder spesiale geleentheid is. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,470 | Op hierdie spesiale dag moet ons ook die bydrae erken van diegene in die leierskorps van die Nasionale Party, wat uiteindelik besef het dat apartheid geen toekoms sou hê nie. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,471 | Laat ek spesifiek die rol van voormalige President PW Botha hier noem. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,472 | Dit was hy wat die bal aan die rol gesit het met gesprekke oor die moontlike vrylating van politieke gevangenes. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,473 | President Botha het met die voormalige Minister van Justisie, mnr Kobie Coetzee, saamgewerk, wat op sy beurt hierin bygestaan is deur dr Neil Barnard en mnr Mike Louw. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,474 | Hulle het 'n sleutelrol gespeel in die proses wat tot Madiba se vrylating gelei het. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,475 | Suid-Afrika moet nog ten volle erkenning gee aan die deurslaggewende rol van die voormalige President van die ANC, Comrade Oliver Tambo, wat die grondslag gelê het vir hierdie land om 'n uitmuntende voorbeeld van demokrasie en vryheid te word. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,476 | Dit is te danke aan sy uitstaande leierskap, versiendheid en duidelike visie dat hy die ANC kon lei om die strewe na 'n onderhandelde skikking te verskerp. |
4,977 | StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt | 77,477 | Sy wysheid het ook duidelik geblyk uit die Harare Deklarasie, wat hy geskryf en onvermoeid bepleit het. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.