document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,176
Daar is daadwerklike stappe wat elke indivdu, huishouding en besigheid kan neem. Hierdie inligting word deur die Departement van Minerale en Energiesake versprei en ons verwelkom enige ander voorstelle wat u, ons medeburgers, aan ons wil maak en met mekaar wil deel.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,177
Die Regering sal begin met die implementering van 'n veldtog om doeltreffende beligting te verseker, asook watervehitting deur middel van sonkrag, die beheer van die las van warmwatertoestelle in huishoudings, insluitend behuisingstandaarde vir alle nuwe huise en ontwikkelings. Ons maan alle huishoudings wat dit kan bekostig om dit te oorweeg om onmiddelik hierdie energiebesparingsmaatreëls te implementeer.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,178
Alle regeringsgeboue is aangesê om hulle elektrisiteitsverbruik te verminder, en neem asseblief die vrymoedigheid om diegene wat dit nie doen nie, by die naam te noem.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,179
Die besonderhede van ander vrywillige en verpligte optredes in die Kragbesparingsprogram is deur die ministers uiteengesit en sal verfyn word deur middel van samesprekings met die onderskeie belanghebbendes. Dit sal dan gepubliseer word.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,180
Die massiewe Eskom-bouprogram ten opsigte van nuwe opwekking- , transmissie- en verspreidingskapasiteit sal voortgaan; en waar moontlik sal sommige projekte bespoedig word. In hierdie opsig, wil ek die privaatsektor bedank vir hul bereidwilligheid om ons op enige moontlike wyse behulpsaam te wees. Tydens 'n vergadering met die Voorsitter van General Electric verlede week, het General Electric aangebied om hulp te verleen deur skaars turbinetoerusting names ons aan te koop. In Suid-Afrika is groot maatskappye soos Sasol, Anglo en BHP Billiton almal betrokke by samesprekings met die departemente van minerale en energiesake en van openbare ondernemings om koste-effektiewe en volhoubare oplossings te vind vir die voorsieningsbeperkinge. Die benadering is een van gesamentlike optrede eerder as wedersydse verwyt..
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,181
Ek wil veral die mynbedryf loof vir die manier waarop hulle ons en die ekonomie behulpsaam was om 'n werklike krisis wat ons op 24 Januarie getref het, op te los. Ons sal almal saamwerk om die negatiewe uitwerking wat hierdie gebeure op die ekonomie gehad het, hok te slaan.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,182
Gesamentlike pogings en beraadslaging is die kern in ons antwoord op hierdie noodtoestand. Taakspanne is tans werksaam in baie gebiede. Aanstaande week sal die provinsiale premiers met die burgemeesters vergader om energiebesparingsmaatreëls te beplan en te implementeer in al die munisipaliteite regoor die land. Hulle sal ondersteun word deur die tegniese spanne van EDI Holdings, Eskom en die Nasionale Agentskap vir Energiedoeltreffendheid. Die Departement van Provinsiale en Plaaslike Regering sal hierdie aktiwiteite koördineer en sal bygestaan word deur die departemente van minerale en energiesake en van openbare ondernemings.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,183
Ons staar 'n noodtoestand in die gesig, maar ons kan die probleme in 'n relatiewe kort tydjie oorbrug. Hierdie situasie het die onvermydelike besef dat die tydperk van goedkoop en voldoende elektrisiteit op 'n einde is, verhaas. In die lig van ons groot basis van geïnstalleerde opwekkingskapasiteit, sal ons ekonomie egter nog vir geruime tyd een van die min ekonomieë wees met bekostigbare elektrisiteit.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,184
Ons ekonomie is gebaseer op ons minerale hulpbronne. Ons moet dus voortgaan om die mynbedryf te ondersteun. Dit is onvermydelik dat, indien ons voortgaan om te groei as 'n vervaardigingsland, ons ook sal moet voortgaan om die prosesseringsbedryf te ondersteun. Dit is egter noodsaaklik dat alle ondernemings meer energiedoeltreffend word. Energiedoeltreffendheid het inderdaad ekonomiese geleenthede tot gevolg.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,185
Laat ons dus hierdie noodtoestand gebruik om die eerste boublokke te lê van die noodsaaklike energiedoeltreffende toekoms wat ons nie kan vermy nie. Kom ons verseker dat almal aan boord is om die ontwrigtings wat ons getref het, aan te spreek, geïnspireer deur die wete dat ons omstandighede nou vra vir "Besigheid Buitegewoon"!
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,186
Dit is presies dieselfde benadering wat ons moet aanneem terwyl ons voortgaan met voorbereidings om as gasheer op te tree tydens die FIFA Konfederasiebeker-toernooi in 2009 en die 2010 FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi, wat 854 dae van nou af sal afskop. Ek verwys vandag na hierdie belangrike gebeurtenis, want die uitdagings wat ons tans in die gesig staar het daartoe gelei dat sommige mense elders in die wêreld weereens wonder of ons in staat is om hierdie toernooie suksesvol aan te bied.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,187
Ek twyfel natuurlik glad nie dat ons ons beloftes sal gestand doen aan FIFA en die wêreldgemeenskap van sokkerspelers en -liefhebbers nie om al die nodige omstandighede te skep om die beste FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi ooit aan te bied.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,188
Die indruk wat ons kry onder alle sektore van die Suid-Afrikaanse gemeenskap en oor ons grense heen, en wat verteenwoordig word deur die werklike daaglikse vooruitgang wat gemaak word in ons algehele voorbereidings is een van "Besigheid Buitegewoon": almal aan boord vir 2010! En ons moet seker maak dat ons hierdie benadering volhou.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,189
Ons is heeltemal bewus daarvan dat 'n kritieke bestanddeel van ons voorbereidings die bou is van 'n sterk Suid-Afrikaanse span op wie ons en die hele sokkergemeenskap trots kan wees. Ek is seker dat die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, ons afrigters onder leiding van Carlos Alberto Parreira, en die spelers self bewus is van die geweldige verantwoordelikheid wat op hul skouers rus om 'n nasionale span voor te berei waarop ons en Afrika trots kan wees.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,190
Ek wil weereens die Springbokke bedank wat die aanvoorwerk gedoen het toe hulle die Rugbywêreldbeker verlede jaar gewen het. Dit moet Bafana Bafana inspireer, net soos wat dit ons atlete wat in die Beijing Olimpiese Spele later vanjaar deelneem, moet inspireer.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,191
Veroorloof my om aan te beweeg na die top-prioriteite wat ek genoem het.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,192
Om ons ekonomiese groei en ontwikkeling nog verder te bespoedig, sal ons die Industriële Beleidsaksieplan implementeer. Die Regering sal voortgaan met ons industrialiseringsprogram en om geleenthede te skep vir groei en werkskepping. In hierdie opsig, is R2,3 biljoen begroot vir nywerheidsbeleidinisiatiewe en 'n verdere R5 biljoen belastingaansporings oor drie jaar sal die nywerheidsbeleid ondersteun.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,193
Ons sal ook, so gou moontlik en in samewerking met die besigheid- en arbeidsektor, sleutelaksieplanne ontwikkel in sektore waar sulke planne nie bestaan nie, byvoorbeeld myn- en mineraleveredeling, duursame goedere vir verbruikers, die kleinhandel met die klem op verbeterde ondersteuning van kleinsake-ondernemings, konstruksie, die skeppende nywerhede, landbou en agro-prosessering.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,194
Op makro-ekonomiese vlak sal ons voortgaan om 'n fiskale beleid vol te hou wat voortdurende ekonomiese groei en ontwikkeling ondersteun en ons eksterne kwesbaarheid verminder.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,195
Om die bou van infrastruktuur te bespoedig sal ons die ontwikkeling van 'n geïntegreerde infrastruktuurplan finaliseer, met spesifieke klem op energiedoeltreffendheid. Dit behels die koördinering van staatsondernemings se planne en toesig oor al die infrastruktuurplanne, insluitend vrag en ander logistiek, energiepypleidings, inligting- en kommunikasietegnologie, paaie-infrastruktuur, en water en elektrisiteit, ten opsigte van beide hul tydsberekening en geografiese ligging.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,196
Oorkoepelend aan hierdie planne en dus 'n kritiese prioriteit, is inligting- en kommunikasietegnologie wat beide 'n fasiliteerder en 'n sektor in eie reg is. Ons sal dus vanjaar die lisensiëring en inwerkingstelling van Infraco afhandel. Geld is reeds aan Sentech toegewys om 'n koordlose Internetgroothandelaar te word en om sy digitasie te finansier. In samewerking met ander regerings op die kontinent en met die privaatsektor, sal ons die proses om kabels onder die see aan te lê, afhandel.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,197
Terselfdertyd beoog ons om digitale uitsending aan 50% van die bevolking beskikbaar te stel teen die einde van die jaar. Hiermee gepaardgaande is 'n vervaardigingstrategie vir die ontwikkeling van "set top boxes" in Suid-Afrika, wat teen die middel van die jaar gefinaliseer behoort te wees.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,198
In die lig van die traagheid waarmee die Regering aansoeke verwerk ten opsigte van beleggings met betrekking tot aangeleenthede soos grondverkryging, infrastruktuur en omgewingsimpakevaluerings - waarvan almal somtyds beleggers se besluite positief of negatief kan beïnvloed - het ons besluit, in die gees van "Besigheid Buitengewoon", om so gou moontlik 'n inbelsentrum op te rig sodat beleggers en die Regering hierdie prosesse kan moniteer. Werk het alreeds begin.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,199
'n Element van die Regering se top-prioriteite is 'n doelbewuste fokus op aangeleenthede rakende die ontwikkeling van vaardighede. Die hersiening van die Nasionale Menslike Hulpbronontwikkelingstrategie sal hierdie jaar afgehandel word, en die projekte wat onderneem is deur die gesamentlike span wat bestaan uit regering-, arbeid-, besigheid- en akademiese instellings, en wat gereël word deur die "Joint Initiative on Priority Skills Acquisition" (Jipsa), sal verskerp word.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,200
Ons voel inderdaad bemoedig deur die goeie reaksie vanuit die privaatsektor, soos gedemonstreer deur die onderneming van die hoof uitvoerende beamptes van 70 van die maatskappye wat op die Johannesburg Securities Exchange gelys is, om saam met die Regering te werk om die uitdaging van skaars vaardighede aan te spreek.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,201
Bykomend tot hierdie onderneming is ons prioriteit gedurende die komende tydperk ook verdere ingrypings in die voortgesette onderwys- en opleingskolleges (VOO-kolleges), die sektorale onderwys- en opleingsowerhede (SETAs), befondsing van skole in die laagste drie kwintiele sodat hulle vrygeskeld kan word van die verantwoordelikheid om fondse te verhaal, en die bespoediging van indiensopleiding vir professionele gegradueerdes.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,202
Nadat die tekortkominge wat ons verelde jaar in ons Basiese Volwassene-Opleidingsprogram uitgelig het, reggestel is, gaan ons hierdie maand die Kha Ri Gude (kom ons leer) massa geletterdheidsveldtog van stapel stuur. Ingesluit is die opleiding van meesteropleiers wat basiese geletterdheidsklasse vir 300 000 volwassenes en jong mense sal aanbied in 2008.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,203
Die kern van ons ekonomiese programme was, en moet altyd wees, die oorweging of die sukses daarvan bydra om die lewensgehalte van alle Suid-Afrikaners te verbeter, en of die programme dien as 'n belangrike wapen in ons oorlog teen armoede en in die versnelling van ons strewe om doelwitte soos die afname in werkloosheid te bereik en om die doelwit van gesondheid vir almal te bevorder.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,204
Ten opsigte van die program om volhoubare menslike huisvesting te verskaf, is ons nou in staat om 260 000 behuisingseenhede per jaar te voorsien, en 'n ooreenkoms is bereik met Salga om 'n moratorium te plaas op die verkoop van grond wat aangewend kan word vir die behuisingsprogram.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,205
Tesame met die vordering wat ons maak ten opsigte van die verskeidenheid van ingrypings wat op die vermindering van armoede gerig is, gaan ons voort om 'n aantal tekortkominge aan te spreek, insluitend die prosessering van die Konsepwet op Grondgebruik, die finalisering van grondhervormingsgevalle, die ondersteuningsprogram vir diegene wat grond bekom, en die ontwikkeling en implementering van 'n vasgestelde landelike ontwikkelingsprogram.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,206
Hierdie is 'n paar van die aangeleenthede wat vanjaar spesiale aandag sal geniet, en wat sal verseker dat ons die doelwitte wat ons vir onsself daargestel het, bereik.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,207
Nog 'n kritiese top-prioriteit is die uitbreiding van 'n geïntegreerde en omvattende anti-armoedestrategie wat veral diegene in die bevolking aanspreek wat die ergste geraak word. Dit sluit in kinders, vroue, jongmense, mense wat in landelike gebiede en informele nedersettings woon, mense met gebreke of kroniese siektes, en bejaardes.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,208
Sommige van die belangrikste intervensies is: die uitbreiding van die openbare werke-program, werksubsidies vir direkte werkskepping vir geoogmerkte groepe, verbetering van werksoekvermoë, verbetering van onderwys en opleiding, verbetering van dienste aan en bates van arm gemeenskappe, spesifieke ingrypings in arm huishoudings, en om die doeltreffendheid te verseker van instellings wat vroue en ander sektore ondersteun. Ons sal onder andere ook die geslagskwessie evalueer om alle aspekte wat verband hou met die bemagtiging van vroue, te verbeter.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,209
Gelyklopend met hierdie onderneming is 'n spesiale projek om ingrypings te ondersoek wat nodig is ten opsigte van kwesbare kinders ouer as 14.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,210
Ons moet egter saamstem dat ons gemeenskap en veral die armes nie kan wag vir strategieë en samesprekings en slypskole nie - hoe belangrik hulle ook al mag wees. In elk geval is die meeste van die ingrypings dinge wat die Regering alreeds doen, alhoewel dit nie genoegsaam geïntegreerd is nie. Daarom, in die gees van "Besigheid Buitengewoon", is die Regering van plan om vanjaar die veldtog te verskerp om spesifieke individuele huishoudings en individue wat uiters swaarkry, te identifiseer en om intervensies in te stel wat tydens die tussenkomende tyd sal bydra om die verknorsing in daardie individuele huishoudings te verlig.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,211
Om dit te doen, benodig ons 'n nasionale oorlogkamer vir die oorlog teen armoede, en waartydens departemente soos maatskaplike ontwikkeling, provinsiale en plaaslike regering, handel en lywerheid, landbou en grondsake, openbare werke, en gesondheid sowel as provinsiale en plaaslike administrasies, byeen sal kom en saam met nie-regeringsorganisasies en -besighede sal werk om die ingrypings wat in spesifieke huishoudings nodig is, te identifiseer en om hulle as 'n noodsaaklikheid te implementeer.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,212
Ons sal vanjaar aandag skenk aan ander spesifieke prioriteite wat noodsaaklik is vir die land se oorlog teen armoede, in ons strewe na sosio-ekonomiese insluiting.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,213
Die bespoediging van grondhervorming met gedetailleerde planne vir grondverkryging, 'n verbetering in die implementering van landbou-ondersteuningsdienste en voedselverskaffing aan huishoudings, en 'n verbetering in die kapitaalbasis en omvang van Mafisa om mikro-krediet te verleen aan hierdie sektor. Groter klem sal geplaas word op gebiede met groot hoeveelhede plaasbewonders en gebiede met hoë uitsettingsyfers, en ons beplan om swart entrepreneurskap in landbouproduksie met 5% per jaar te verhoog. Die oudit van grondeienaarskap sal ook bespoedig word.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,214
Die Begroting sal voorsiening maak vir 'n verhoging in die maatskapliketoelae-stelsel deur die ouderdom vir ouderdomspensioen gelyk te stel aan 60, en wat gevolglik ongeveer 'n halfmiljoen mans sal bevoordeel.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,215
Die verskerping van pogings wat alreeds 'n aanvang geneem het om hulp aan koöperatiewe en kleinsake-ondernemings te verleen, veral aan diegene wat vroue insluit, met die klem op die verskaffing van opleiding en markte, en wat blootstelling aan gevestigde ondernemings insluit.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,216
Die uitbreiding van die openbare werke-program, wat, deur die vasgestelde doelwitte te oortref, die potensiaal getoon het om meer nuwelinge te absorber. Dit sal insluit 'n verhoogde inname van jongmense in die program om openbare infrastruktuur in stand te hou, die verdubbeling in die aantal kinders wat ingeskryf is vir programme vir vroeë ontwikkeling van kinders (Early Childhood Development) na 600 000 deur die totstandkoming van 1 000 nuwe persele met meer as 3 500 praktisyns wat opgelei en in diens geneem is, en deur die aantal versorgers te verhoog. Ongeveer R1 biljoen sal oor die basislyn toegeken word aan programme wat binne die openbare werke-program val.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,217
Die instelling van 'n stelsel van produkte vir voorkeurverskaffing aan die Regering deur klein- , medium- en mikro-ondernemings; en die daarstelling van 'n nougesette stelsel deur die "Small Enterprises Development Agency" om te verseker dat die 30-dag betalingstydperk nagekom word.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,218
Ons sal ook die program integreer om die ontwikkeling van volhoubare menslike nedersettings te bespoedig, en verskerpte pogings sal, as noodsaaklike prioriteit, aangewend word om universele toegang tot water, sanitasie en elektrisiteit te bespoedig sodat ons teen 2014 ordentlike nedersettings sal hê en dat alle huishoudings toegang tot hierdie dienste sal hê.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,219
Die bespoediging van ons strewe na die doelwit van gesondheid vir almal sluit in verskerpte implementering van Nasionale Strategiese Plan teen MIV en Vigs. Ons beoog ook om gedurende hierdie jaar die hoeveeldheid mense wat versuim om TB-behandeling te voltooi, te verminder van 10% na 7%, en om meer as 3 000 gesondheidspersoneel op te lei in die bestuur van die siekte, en om seker te maak dat alle pasiënte wat bestand is teen TB-medikasie, behandeling ontvang.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,220
Ons beplan om die werk ten opsigte van die uitgebreide maatskaplike sekuriteitstelsel af te handel, en voordeel te trek uit die samesprekings wat alreeds met maatskaplike vennote gevoer is.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,221
Terwyl ons aan boord gaan en regmaak vir "Besigheid Buitengewoon", moet ons ook nasionale dialoog uitbrei ten opsigte van die aangeleenthede wat ons as 'n nasie definieer.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,222
Twee van hierdie aangeleenthede verdien om vlugtig bespreek te word.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,223
Die eerste is 'n voorstel dat ons 'n eed ontwikkel wat deur leerders opgesê word tydens die oggendbyeenkoms, asook 'n Eed vir die Jeug wat die voordele van menslike gedrag en eenheid onder Suid-Afrikaners sal beklemtoon. Die Minister van Onderwys sal volgende week oor die nasionale debat oor hierdie aangeleenthede uitbrei.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,224
Die tweede aangeleentheid het te doen met geografiese en plekname, wat 'n gesinchroniseerde proses regoor al die provinsies verg sodat ons 'n basis kan vorm vir die veranderings wat ons voorstel. Hierdie gesinchroniseerde proses sal binnekort van stapel gestuur word, onder leiding van die Suid-Afrikaanse Raad vir Geografiese Name en sy provinsiale komitees.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,225
Toe ons besin het oor misdaad tydens verlede jaar se Gesamentlike Sitting van die Parlement, het almal ernstige kommer uitgespreek oor die hoë misdaadsyfer en ook oor die feit dat dit wou voorkom of omstandighede vererger het, veral ten opsigte van moord - iets wat alle vooruitgang sedert die demokrasie in die wiele ry.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,226
Daarom het ons verlede jaar stelselmatig begin om besigheids- en ander sektore van die bevolking te nader om sodoende 'n holistiese benadering te ontwikkel ten opsigte van die verbetering van die strafregstelsel in sy geheel.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,227
In die gees van "Besigheid Buitengewoon", het die Kabinet dus ooreenkomstig besluit op 'n aantal veranderings wat nodig was om 'n nuwe, moderne, doeltreffende en getransformeerde strafregstelsel te skep. Dit sal onder andere behels dat 'n nuwe koördinerende en bestuurstruktuur op alle vlakke van die stelsel opgestel word, van nasionale vlak tot plaaslik, en wat die Regsbank en magistrate verenig, asook die polisie, aanklaers, korrektiewe dienste en die Regshulpraad, sowel as ander intervensies, insluitend die bemagtiging van die gemeenskapspolisiëringsforums.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,228
Soos wat die agbare lede weet, is sommige van hierdie inisiatiewe alreeds van stapel gestuur; maar ons is seker dat indien dit op 'n geïntegreerde en aanvullende wyse uitgevoer word, die uitwerking daarvan baie meer doeltreffend sal wees in die bekamping van misdaad. Die ministers van die Justisie, Misdaadvoorkoming en Sekuriteit Groepering sal in die verloop van volgende week hieroor en oor ander inisiatiewe uitbrei.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,229
Ons sal ook gedurende hierdie jaar die wetsontwerpe ten opsigte van die transformasie van die Regbank verwerk, in samewerking met regters en magistrate, en die strategie ten opsigte van verskerpte grensbeheer en sekuriteit sal afgehandel word. Ons sal die Slagoffershandves in die lewe roep, veral aandag skenk aan gewoonte-oortreders, en ons sal voortgaan met die implementering van bykomende maatreëls wat voortgespruit het uit die aanbevelings van die Waarheids- en Versoeningskommissie.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,230
Gelei deur die behoeftte om die aanslag teen georganiseerde misdaad te verskerp, asook die aanbevelings van die Khampepe Regskommissie ten opsigte van die werking en ligging van die Direktoraat vir Spesiale Operasies en deur verder oor hierdie aangeleentheid te besin, insluitend die hervorming van die strafregstelsel, sal ons teen die einde van Maart vanjaar met die Parlement samesprekings voer aangaande wetgewing en ander besluitnemingsmaatreëls om ons vermoë om misdaad te beveg, verder te verbeter.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,231
Ons sal voortgaan om gelei te word deur die Regering se volkome verbintenis om georganiseerde misdaad te beveg en om die bestuur, doeltreffendheid en koördinering van ons wetstoepassingsagentskappe te verbeter.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,232
Die belangrikste is dat ons sukses in die stryd teen misdaad afhang van ons almal se samewerking as wetsgehoorsame burgers, aangevuur deur die beginsels van die landswette, respek vir ons regbank en die strewe na gelyke menseregte, wat ons Grondwet ons beveel om in ons daaglikse bestaan en uitsprake na te kom.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,233
Ons sal hierdie jaar voortgaan met ons pogings om die Regering se bedrywighede te verbeter sodat dit sy verpligtinge teenoor ons burgers kan nakom. Die gees van "Besigheid Buitengewoon" behoort van toepassing te wees op alle individue wat die voorreg geniet om staatsamptenare te wees.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,234
Daar is eenvoudige dog dringende en kritiese prioriteite waaraan ons sal aandag skenk as deel van die algehele poging om die organisasie en kapasiteit van die Staat te verbeter.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,235
Daar is eerstens ooreengekom dat, op alle regeringsgebiede, noodsaaklike vakatures gevul moet word binne ses maande nadat die vakature ontstaan het. Die Departement van Staatsdiens en Administrasie sal 'n moniteringstelsel opstel om die implementering van hierdie besluit te moniteer.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,236
Tweedens behoort alle senior bestuurders hul prestasieooreenkomste teen Mei van elke jaar (en binne twee maande na die aanvang van die finansiële jaar op plaaslike regeringsvlak) by die betrokke owerhede ingedien het. Die Kantoor van die Staatsdienskommissie sal moniteringstelsels in hierdie opsig opstel.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,237
Derdens, en met die wete dat die Departement van Binnelandse Sake elke burger se lewe raak, sal ons die implementering van die omwentelingstrategie wat deur die Kabinet goedgekeur is, verskerp. Dit sluit in die verbetering van IT-stelsels, die opleiding van personeel ten opsigte van nuwe stelsels, die uitwissing van korrupte elemente, en die bekendstelling van die nuwe ID-kaart.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,238
Die verbetering in die prestasie van die Staatsdiens is ook afhanklik van die gehalte van die leierskap wat deur die uitvoerende en seniorbestuur verskaf word. Dit is verder baie belangrik dat die verbintenis van staatsamptenare tot hul pligte verbeter word - 'n taak wat rus op die skouers van die leiers, staatsamptenare en die werkersuniebeweging.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,239
In hierdie opsig sal ons vanjaar in samewerking met die staatsdiensunies 'n Staatsdiens Spitsberaad hou om hierdie aangeleenthede aan te spreek sodat die gees van "Batho Pele" gestalte kan aanneem wanneer ook al 'n regeringsdiens gelewer word.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,240
Teen die einde van hierdie jaar sal ons, in samewerking met ander maatskaplike vennote, seker maak dat die tweede Nasionale Anti-Korrupsieprogram aanvaar word, en dat die plan van aksie waarop daar ooreengekom is met besighede, geïmplementeer word. Op plaaslike regeringsvlak sal ons die eerste 150 van ons munisipaliteite behulpsaam wees met die ontwikkeling van anti-korrupsie strategieë.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,241
Ons sal vanjaar voortgaan om pogings te verskerp om plaaslike regeringskapasiteit te versterk ooreenkomstig die Vyf-Jaar Agenda van Plaaslike-Regering Strategie. Om te verseker dat stelselmatige monitering in hierdie opsig plaasvind, het die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regering, Salga, ingestem om kwartaalikse verslae voor te lê ten opsigte van die werk wat verrig word.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,242
Om die diens wat aan kwesbare sektore soos veterane, vroue en jonmense gelewer word nog verder te verbeter, sal ons die strukture wat opdrag gegee is om hierdie funksies te verrig, hersien en die mees gepaste reëlings bestudeer, insluitend die evaluering van regeringstrukture wat spesifiek ingestel is om op die ontwikkeling en bemagtiging van die jeug te konsentreer.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,243
Baie van die uitdagings in ons werk wat uitgelig is, spruit voort uit ernstige tekortkominge ten opsigte van ons beplanning. Daarom, as deel van ons top-prioriteite, sal ons in die komende tydperk die prosesse afhandel wat ons in staat sal stel om die Regering se kapasiteit te verbeter om realistiese en geïntegreerde planne in werking te stel wat alle sfere van die Regering sal dek.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,244
Die program wat ons uiteengesit het sluit in die verbintenisse wat ons land gesluit het met die leiers van die kontinent deur middel van die Afrika Portuur-oorsigsmeganisme.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,245
Ter bevordering van die Afrika-agenda vanjaar, lê ons klem op die versterking van die Afrika-instellings, insluitend die Afrika-unie en sy ontwikkelingsprogram, Nepad.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,246
Ons sal dit doen, aangevuur deur die gemeenskaplike strewe van die mense van die kontinent na verhoogde integrasie in hul soeke na kontinentale eenheid op alle vlakke. 'n Belangrike stap in hierdie opsig is die konsolidasie van streeksinstellings en aktiwiteite wat gemik is op die verwesenliking van streeksintegrasie.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,247
Ons is steeds verbind tot 'n vrye handelsgebied in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, en hoop dat ons ons voorsitterskap van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) in 2008/09 kan aanwend om meer stukrag aan streeksondernemings in hierdie opsig te verleen.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,248
Dit is ook in hierdie konteks dat ons sal voortgaan met ons bilaterale en multilaterale interaksies met ons buurlande en die Europese Unie, binne die konteks van die proses wat gelei word deur die Afrika-Unie, om te verseker dat samesprekings oor die ekonomiese vennootskapsooreenkomste so gou moontlik afgehandel word, gebaseer op die bespoediging van die ontwikkeling van ons streek.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,249
Gedurende die afgelope jaar het ons die opdrag van SADC uitgevoer om die politieke leierskap van Zimbabwe behulpsaam te wees om 'n blywende oplossing te vind vir die politieke uitdagings wat hulle in die gesig staar. Ons is die geleentheid gebied tydens die AU-beraad in Addis Ababa om 'n omvattende verslag aan die leierskap van SADC oor hierdie aangeleentheid voor te lê.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,250
Kortom, die partye wat betrokke was by die samesprekings het ten volle saamgestem oor alle aspekte wat verband gehou het met die aangeleenthede wat hulle moes aanspreek. Dit sluit in aangeleenthede ten opsigte van die Grondwet, sekuriteit, media en verkiesingswette, en ander aangeleenthede wat vir baie jare reeds twispunte was. Die betrokke wette in hierdie opsig is alreeds deur die Parlement goedgekeur, insluitend die nodige grondwetlike wysigings. Wat egter nog uitstaande is, is 'n prosessuele aangeleentheid ten opsigte van die tydsbeplanning en die manier waarop die nuwe Konsepgrondwet toegepas sal word.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,251
Ons sluit dus aan by die SADC se staats- en regeringshoofde wanneer ons diegene gelukwens wat betrokke was by die Zimbabwe-samesprekings met hul prysenswaardige prestasies, en ons moedig hulle aan om saam te werk om die oorblywende prosessuele aangeleentheid op te los. Soos wat die SADC staats- en regeringshoofde ons versoek het, is ons steeds gereed om voort te gaan om die Zimbabwe-onderhandelings te fasiliteer. Terselfdertyd wens ons die mense van Zimbabwe alle sukses toe met die verkiesing wat vir 29 Maart beplan word.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,252
Ons veelvlakkige betrekkinge met die Demokratiese Republiek van Kongo sal voortduur in ons soeke om 'n bydrae te lewer tot die pogings van die buurmense van daardie land om langdurige vrede te bewerkstellig, en om hulle herkonstruksie- en ontwikkelingsplan te implementeer.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,253
Ons regering is ook verbind tot die prosesse in Kenia, Tsjad, Burundi, Darfur in die Soedan, Westelike Sahara, Ivoorkus, Somalië, die Comoro-eilande en die Sentraal-Afrikaanse Republiek om langdurige vrede en stabiliteit te bewerkstellig.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,254
Ons is veral bekommerd oor die sinnelose geweld en moorde in beide Kenia en Tsjad. Dit is verwikkelings wat duidelik die vooruitgang kniehalter wat ons die afgelope paar jaar gemaak het ten opsigte van die herlewing van die Afrika-kontinent. Ons doen 'n beroep op alle inwoners van Afrika om alles in ons vermoë te doen sodat ons saam 'n einde kan maak aan al hierdie negatiewe verwikkelings.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,255
Ons sal natuurlik ook voortgaan om ons take in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad uit te voer. Van uiterse belang in hierdie opsig is die versterking van ons samewerking tussen die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad en die Vrede- en Veiligheidsraad van die Afrika-Unie.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,256
Aangevuur deur die begeerte om die verbetering van die lewensgehalte van alle mense aan te moedig, veral in die ontwikkelende lande, sal ons daarop konsentreer om ons deelname uit te brei in die Indië-Brasilië-Suid-Afrika-forums, die nuwe Afrika-Asië Strategiese Vennootskap, die Onverbonde Beweging, die Groep van 77 en in die onderhandelings om die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SACU)-Mercusor handelsooreenkoms af te handel.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,257
Ons sal ook voortgaan om 'n bydrae te lewer tot die verwesenliking van die doelwitte van die Kyoto-Pprotokol op Klimaatsverandering en voortdurende verbeterings in hierdie opsig, en om meer stukrag te verleen aan die onderhandelings oor die Wêreldhandelsorganisasie se Doha Ontwikkelingsrondte.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,258
Vanjaar vier ons die 10de herdenking van die instelling van diplomatieke betrekkinge tussen Suid-Afrika en die Republiek van China. Die uitbreiding van 'n verskeidenheid betrekkinge in verskeie gebiede tussen ons regerings en mense bevestig dat die China-Suid-Afrika-Vennootskap vir Groei en Ontwikkeling 'n strategiese verhouding is met wedersydse voordele, wat net van krag tot krag kan gaan.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,259
Aanstaande jaar sal ons die gasheer wees vir die Hersieningskonferensie om die implementering te evalueer van die besluite wat geneem is op die Wêreldkongres teen Rassisme wat in ons land gehou gehou is in 2001. Op grond van hul afkeer in die plaag van rassisme en die verwoestende gevolge wat dit inhou, vertrou ons dat die regerings en mense van die wêreld saam met ons sal werk om te verseker dat die Hersieningskonferensie sy doelwitte bereik.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,260
Hierdie globale verantwoordelikhede, insluitend om as gasheer op te tree tydens die 2010 FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi, beklemtoon ten sterkste die vertroue wat die mensdom in ons land het as 'n strategiese rolspeler in die eerbare pogings van die mensdom. Ons moet dit egter nie as vanselfsprekend aanvaar nie.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,261
Ek vertrou dat, onder die leierskap van die Internasionale Bemarkingsraad (IMC), Handel en Belgging Suid-Afrika (TISA), Toerisme Suid-Afrika en ander agentskappe, ons almal sal saamwerk om aan die res van die wêreld die gees van "Besigheid Buitengewoon" uit te dra, en dat ons sal voortgaan om te streef na die daarstelling van 'n gemeenskap wat omgee en omstandighede skep vir 'n wêreld wat in ons land byeen gaan kom in 2010 om Afrika se menslikheid te vier.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,262
Na wat alles gesê is, keer ek terug na die vraag: wat is die stand van die nasie terwyl ons 2008 betree?
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,263
Wat ek wel weet en pront-uit kan sê, is: wat ook al die uitdagings van die oomblik is, ons is steeds op koers!
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,264
Ek sê dit met onwrikbare oortuiging omdat ek seker is dat Suid-Afrikaners in staat is en toegerus is om die uitdagings van die verlede die hoof te bied - om alles in ons vermoë te doen - om op die daaglikse nasionale uitdagings te reageer, insluitend dié wat betrekking het op ons ekonomie, die politieke en ekonomiese situasie in Afrika en elders in die wêreld, en om die geleenthede aan te gryp wat ons land se vooruitgang gedurende die afgelope 14 jaar gebied het.
4,975
StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt
77,265
Met almal aan boord, en daartoe verbind om ons sake op 'n buitengewone en meer doeltreffende wyse te behartig, sal ons die proses van ons herkonstruksie en ontwikkeling volhou en dit selfs na hoër vlakke neem.
4,976
StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt
77,267
Dit is my voorreg om die Gesamentlike Sitting van die Parlement van die Republiek van Suid-Afrika toe te spreek met die aanvang van hierdie laaste sessie van ons Derde Demokratiese Parlement.
4,976
StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt
77,268
Ek staan met ootmoed voor die mense van Suid-Afrika vir die geleentheid wat ek gegun is om die hoogste amp in die land te beklee as gevolg van die unieke omstandighede wat ontstaan het na die besluit van die heersende regerende party om die voormalige president te herroep.
4,976
StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt
77,269
My verantwoordelikheid, binne 'n kwessie van enkele maande, was om die Nasionale Uitvoerende Raad te lei in die uitvoer van die mandaat wat in die 2004-verkiesing aan die African National Congres toegeken is, en om die grondslag te lê vir die na-verkiesing-administrasie om dadelik aan die werk te spring.
4,976
StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt
77,270
Dat ons in staat was om vyf maande gelede 'n gladde oorgang te hê en kontinuïteit in die regeringstelsels kon verseker is te danke aan die volwassenheid van ons grondwetlike stelsel, wat deels deur die samewerking van die lede van die Uitvoerende Raad - oud en nuut - en die vaste hand van ons openbaresektor-bestuurders weerspieël word.
4,976
StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt
77,271
As ons terugkyk oor die afgelope 15 jaar wil ek graag erkenning gee aan President Nelson Mandela en President Thabo Mbeki se verbintenis en harde werk, asook die talle vroue en mans wat 'n rol gespeel het om die demokratiese staatstuig te stuur: in die Uitvoerende Raad en die Administrasie, die wetgewers op die drie regeringsvlakke en die Regsbank; gedryf deur die begeerte om die lewenskwaliteit van alle Suid-Afrikaners te verbeter.
4,976
StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt
77,272
Bowenal staan ek voor u met trots en met die vertroue dat die Suid-Afrika wat ons vandag kan vier - ver verwyder van die verdeeldheid, konflik en uitsluiting van slegs 15 jaar gelede - die produk is van die harde werk en geswoeg van Suid-Afrikaanse vroue en mans uit alle vlakke van die samelewing.
4,976
StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt
77,273
Hierdie Suid-Afrikaners verteenwoordig die hoop en deursettingsvermoë wat ons nasie kenmerk.
4,976
StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt
77,274
Binne die uitnemende versameling van uitsonderlike Suid-Afrikaners is die lede van ons demokratiese Parlement wat ons ongelukkig sedert laas Februarie finaal vaarwel moes roep. Hulle sluit Brian Bunting, Billy Nair, Ncumisa Kondlo, John Gomomo, Joe Nhlanhla, Cas Saloojee, John Schippers en Jan van Eck in.
4,976
StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt
77,275
In dieselfde asem wil ek ook graag Me Helen Suzman noem, 'n waarlik voortreflike Suid-Afrikaner wat die waardes van ons nuwe Parlement reeds in die ou een se kamers verteenwoordig het.
4,976
StateoftheNation.2009.2009-04. Af.txt
77,276
Dit is hierdie en ander patriotte wat die grootste deel van die akkolade verdien as ons nou verklaar - nieteenstaande die ekonomiese storms wat aan ons deur hamer, ongeag die politieke onsekerhede wat ons gemeenskaplike bewussyn binnedring in die tyd van oorgang - dat dit goed gaan met ons nasie.