document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,075 | Ek wil by hierdie geleentheid my dank teenoor Adjunkpresident Phumzile Mlambo-Ngcuka betuig vir haar inspirerende leierskap in die inwerkingstelling van die Inisiatief vir Versnelde en Gedeelde Groei vir Suid-Afrika (AsgiSA), haar samewerking met ministers en premiers wat die taakspan verteenwoordig, en die konkrete wyse waarop sy baie spesifieke kwessies wat uitgevoer moes word om 'n hoër koers van belegging en indiensstelling te bewerkstellig, asook kwessies met betrekking tot vaardigheidsontwikkeling en die doeltreffendheid van die Staatsdiens, hanteer het. Ons het hoë waardering vir die bydrae wat alle lede van die uitvoerende gesag en ons staatsdiensbestuurders, oor al drie regeringsvlakke heen, gelewer het om leiding aan hierdie proses te gee en die regeringsprogram in sy geheel in werking te stel. Dit staan sentraal in ons pogings om alle lelike en weersinwekkende dinge in ons samelewing uit te wis sodat ons die vryheid en geluk wat bevryding meebring, kan ervaar. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,076 | Die oorsig voltooi van die land se ervaring met die artikulasie van onder meer makro-ekonomiese aanduiders soos die wisselkoers, inflasie- en rentekoerse, om maatreëls in te stel vir die bevordering van die groei van nywerhede wat verhandelbare goedere vir sowel die binnelandse as die uitvoermark produseer en oor die potensiaal beskik om groot getalle halfgeskoolde werkers in diens te neem. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,077 | Die inwerkingstelling van pasgemaakte sektormaatreëls ter vergemakliking van belegging in die uitbesteding van besigheidsprosesse, toerisme, biobrandstowwe en chemikalieë versnel, en praktiese programme vir bosbou en papier, kleding en tekstiele, metale en ingenieurswese finaliseer. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,078 | 'n Oorkoepelende strategie ontwikkel vir sleutelingrypings in die verwerking en veredeling van mynbou en minerale, die landbou en landbouverwerking, die sektor vir witgoedere, die skeppende nywerheid, gemeenskaps- en maatskaplike dienste en die farmaseutiese bedryf. Hierdie strategie moet onder andere doelgerigte dryfvere ter verhoging van ons nasionale vermoë om kapitaalgoedere te produseer, insluit. Ten opsigte van mineraalverwerking sal ons byvoorbeeld 'n staatsdiamanthandelaar op die been bring wat 10% van ons plaaslike diamantproduksie sal aankoop en hierdie diamante aan plaaslike slypers en produsente sal verkoop. Ons is bly dat De Beers ingestem het om ons vir drie jaar lank gratis met die bestuur, tegniese vaardighede en batevoorsiening te help. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,079 | Programme ontwikkel wat belegging sal vergemaklik in sektore wat deel uitmaak van die voorsieningsketting vir ons infrastuktuur, met inbegrip van kapitaalgoedere, inligting en kommunikasie-tegnologie (ICT), vervoer en energie. Ten opsigte van energie sal ons ook die werk bespoedig wat ons in staat sal stel om in 'n groter mate op die opwekking van kernkrag, aardgas en verskeie vorme van hernubare energiebronne staat te maak. Wat kommunikasie betref, is ek bly om te kan aankondig dat die Departement van Kommunikasie besig is om, in samewerking met selfoonmaatskappye en Telkom, planne te finaliseer wat oproepbeëindigingskoste vanjaar tot voordeel van alle verbruikers moet aanspreek. Hierbenewens sal Telkom, as deel van die poging om die besigheidsproses-uitbestedingsektor (BPO-sektor) te vergroot, 'n spesiale lae tarief vir internasionale bandwydte hef aan 10 ontwikkelingsoproepsentra wat elk 1 000 werknemers in diens het. Hierdie sentra sal gevestig word in gebiede wat deur die Regering aangewys is. Die spesiale tarief sal regstreeks vergelykbaar wees met die tariewe wat in enige vergelykbare land vir dieselfde diens en kapasiteit gehef word. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,080 | Ons sal ook verskeie stappe doen om die mededingendheid van die ekonomie te verhoog. Hierdie stappe sluit onder meer die volgende in: 'n verlaging van die koste om sake te doen en die bevordering van beleggings, die praktiese inwerkingstelling van die Regulatory Impact Assessment-stelsel (RIA-stelsel), die ontwikkeling van breëbandkapasiteit vir nasionale en internasionale gebruik, die finalisering van planne wat spoor- en haweoperateurs se kapasiteit sal verhoog, en die verbetering van ons mededingingsowerhede se doeltreffendheid. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,081 | Die vordering wat ons met die herkapitalisering van kolleges vir verdere opleiding en onderwys (VOO) gemaak het, stel ons in staat om die getal beskikbare ambagslui beduidend te verhoog. Hulpbronne sal van vanjaar af toegewys word om hulp te verleen aan behoeftige vakleerlinge wat by hierdie instansies opgelei word. Terselfdertyd sal ons dringend 'n oplossing vir die kwessie van die verantwoordelikhede van die nasionale en provinsiale sfere met betrekking tot bestuur van die VOO-stelsel vind. Ons hoop dat ons pogings om hierdie geleenthede te bied, sal help om aan veral ons jongmense die boodskap oor te dra dat ambagsvaardighede van net soveel kritiese belang vir ekonomiese groei is as ander soorte kwalifikasies. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,082 | Na indringende samesprekings tussen die Regering en universiteitsleiers is daar tot 'n vergelyk gekom en is besluite geneem oor die hulpbronne wat nodig is om te sorg dat die behoefte aan vaardighede waaraan daar 'n tekort is, vervul word. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,083 | In hierdie verband wil ons die Gesamentlike Onderneming vir die Verkryging van Prioriteitsvaardighede (JIPSA), wat die Regering, sakelui, die arbeidsektor, opleidingsinstansies en ander byeenbring, lof toeswaai vir die rol wat hulle gespeel het. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,084 | Soos die agbare lede weet, het ons die getal skole waar geen skoolgeld betaalbaar is nie, ook beduidend verhoog. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,085 | In die uitvoering van hierdie infrastruktuur- en ander planne word ons geïnspireer deur ons verbintenis om te sorg dat die FIFA-wêreldsokkerbeker van 2010 die beste ooit sal wees. In hierdie verband wil ons ons reëlingskomitee (OC) en ander vennote gelukwens met die uitmuntende werk wat hulle verrig. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,086 | Dit is baie duidelik dat, om te sorg dat alle Suid-Afrikaners die geluk smaak wat met 'n groeiende ekonomie gepaardgaan, hierdie en ander maatreëls vergesel moet word van 'n verskerpte program wat die uitdagings van die Tweede Ekonomie die hoof bied. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,087 | die Communal Land Rights Act begin toepas om die ekonomiese gebruik van gemeenskaplike grond te verbeter, terwyl ons terselfdertyd hulp in die vorm van besproeiing, saad en implemente aan kleinboere en koöperatiewe boere verleen. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,088 | Die ekonomiese programme waarna ons verwys het, vorm deel van die gesamentlike stukrag waarby alle Suid-Afrikaners hulle gewig moet ingooi sodat ons die vlak van armoede en ongelykheid in ons samelewing kan verlaag. Dit is vir ons nie maar net 'n cliché om te sê dat die sukses van ons demokrasie gemeet behoort te word, en gemeet sal word, aan die daadwerklike stappe wat ons neem om die lewensgehalte van die kwesbaarstes in ons samelewing te verhoog nie. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,089 | Ons wil die maatskaplike programme wat ons oor die jare heen in werking gestel het, verbeter. Met hierdie doel voor oë wil ons vanjaar ons stelsel van maatskaplike sekerheid so hervorm dat daar so gou moontlik begin kan word om dit in verskillende fases in werking te stel. Ons wil hierdie werk, waarmee daar reeds begin is, vanjaar afhandel. 'n Kritieke aspek van hierdie hervorming is die regstelling van 'n fout wat in die 2002-verslag van die kommissie van ondersoek na 'n omvattende stelsel van maatskaplike sekerheid in Suid-Afrika geïdentifiseer is. Hierdie fout behels dat ons maatskaplike sekerheidstelsel se pilaar van bydraende verdienste met betrekking tot groot getalle werkende mense ontbreek of onbetroubaar is. Die beginsel wat hierdie benadering rig, is dat ons, bo en behalwe die maatskaplike bystand wat deur die staatsbegroting verskaf word, ondersoek moet instel na die invoer van 'n maatskaplike sekerheidstelsel wat aan verdienste gekoppel is en op die beginsel van maatskaplike solidariteit berus. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,090 | Dit sal beteken dat alle Suid-Afrikaners lid van 'n gemeenskaplike, administratief doeltreffende stelsel van maatskaplike sekerheid sal wees, terwyl diegene wat hoër salarisse verdien steeds tot privaat aftree- en versekeringskemas kan bydra. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,091 | Die Minister van Finansies sal in sy begrotingstoespraak verder hierop uitbrei. Wat ons egter moet beklemtoon, is dat die Regering, in sy finalisering van die nuwe bedeling vir maatskaplike sekerheid, uitgebreid met alle maatskaplike vennote oorleg sal pleeg: sowel individueel as deur Nedlac. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,092 | Ons het hierbenewens ook begin ondersoek instel na maatreëls waarmee ons kwesbare kinders wat ouer as 14 jaar is, kan bereik. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,093 | Bespoediging van die bou van lae-kostebehuising, wat die dringende vestiging van 'n spesiale medium vir die hantering van finansies, noodsaak; die loodsing van die Wetsontwerp op die Bestuur van Grondgebruik; en om toe te sien dat die oorblywende elemente van die lank-uitgestelde ooreenkoms met die privaatsektor oor lae-kostebehuising gefinaliseer word. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,094 | Die bespoediging van die taxi-herkapitaliseringsprojek, die inwerkingstelling van gedetailleerde planne vir passasiersvervoer per spoor en per pad, met inbegrip van die blitsbusvervoerstelsel in the metros en die herkapitalisering van Metrorail. In hierdie verband wil ek van die geleentheid gebruik maak om te beklemtoon dat die Regering en ons vennote by Santaco hulle nie sal laat boelie om die taxi-herkapitaliseringsprojek te laat vaar nie. Geen pogings om die openbare orde ter wille van selfsugtige eiebelang omver te werp, sal geduld word nie. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,095 | Die uitbreiding van toegang tot vroeë kinderontwikkeling, as onderdeel van sowel die program ter verbetering van die algemene stelsel van onderwys as die EPWP. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,096 | Uitbreiding van die opleiding en indiensneming van verpleegsters en maatskaplike werkers én helpers; uitbreiding van die getal opleidingsinstansies, met opleiding van hoër gehalte; en die inwerkingstelling van 'n beursstelsel. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,097 | Voortsetting van die implementering van die vergoedingsbedeling vir professionele mediese werkers, en voorsiening van bykomende hulpbronne om die salarisse van onderwysers verder te verhoog. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,098 | Om toe te sien dat maatreëls ter verlaging van die koste van medisyne onmiddellik in werking gestel word. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,099 | Voortsetting van die werk wat gerig is op die vind van oplossings vir veral die onderskeie onnatuurlike oorsake van dood in ons samelewing, asook vir leefstylsiektes, malaria, die onderskeie soorte tuberkulose, padongelukke en geweldsmisdaad. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,100 | In hierdie verband verbind die Regering hom tot die verskerping van die veldtog teen MIV en vigs en tot die inwerkingstelling van alle elemente van die omvattende benadering, soos voorkoming, tuissorg en behandeling. Ons sal sorg dat die vennootskappe wat oor die jare heen opgebou is, verstewig word, en dat ons verbeterde nasionale omvattende strategie teen vigs en seksueel oordraagbare siektes so gou moontlik gefinaliseer word. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,101 | Vanjaar sal ons die konkrete planne vir die implementering van die finale stadiums van ons programme wat gerig is op die verskaffing van universele toegang tot water in 2008, sanitasie in 2010 en elektrisiteit in 2012 afhandel. Ons sal ook die strategie en programme vir kwessies rakende maatskaplike binding, met inbegrip van die omvattende en geïntegreerde armoedebekampingstrategie wat ons reeds genoem het, afhandel; en ons sal aandag skenk aan sake wat op nasionale eenheid, waardestelsels en identiteit betrekking het. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,102 | Al hierdie pogings, Mevrou die Speaker en Voorsitter, moet gepaardgaan met 'n volgehoue gedrewenheid om gemeenskapsveiligheid en -sekuriteit te verbeter. In hierdie verband sal die Regering sorg dat besluite wat reeds oor die verskerping van ons stryd teen misdaad geneem is, doeltreffend geïmplementeer word. Die uitdaging wat ons in die vind van oplossings vir hierdie kwessie in die gesig staar, het min met beleid te make. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,103 | Wat eerder nodig is, is dat die groot gros beamptes wat vir wetstoepassing, intelligensie en korrektiewe dienste verantwoordelik is, en ampsbekleërs in die regstelsel, doeltreffend georganiseer en gemobiliseer moet word en doeltreffende leiding moet ontvang. Die oorgrote meerderheid van hierdie staatsamptenare het in die praktyk oor en oor bewys dat hulle bereid is om hulle lewens op die spel te plaas en selfs die klein bietjie gehaltetyd wat hulle saam met hulle gesinne kan deurbring, ter wille van die beskerming van ons vryheid en sekuriteit op te offer. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,104 | Voortgaan om die polisie se salarisse en werksomstandighede te verbeter; die proses vir die verdere uitbreiding van die personeel van die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan die gang sit, wat die personeeltal binne drie jaar op meer as 180 000 te staan sal bring; en sorg dat die elektroniese monitering- en evalueringstelsel wat so pas in werking gestel is, optimaal gebruik word. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,105 | Die forensiese laboratoriums, wat met die heel nuutste tegnologie toegerus is, tot hulle volle kapasiteit uitbou; en sorg dat die databasis met vingerafdrukke optimaal gebruik word - 'n groot deel van die onlangse sukses met die oplos van ernstige misdaadsake is inderdaad deur hierdie stelsels moontlik gemaak. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,106 | Die werking van die Departement van Binnelandse Sake tot sy volle kapasiteit uitbou deur vakante poste te vul, stelsels te verbeter en ander aanbevelings deur die taakspan wat met die minister saamgewerk het om die werk van hierdie onmisbare instansie te verbeter, implementer. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,107 | Die Khampepe kommissie se aanbevelings oor die mandaat en werksaamhede van die Direktoraat Spesiale Operasies (die Skerpioene) implementer. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,108 | Die proses gerig op die modernisering van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se stelsels, veral met betrekking tot grensbeheer, van stapel stuur; en die interdepartementele koördineringstrukture se werk in hierdie verband verbeter. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,109 | Die intelligensiewerk wat op georganiseerde misdaad betrekking het, te verskerp; en voort te bou op die suksesse wat oor die afgelope tyd behaal is met sake wat op transitorooftogte, dwelmhandel en wild- en perlemoenstropery betrekking het. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,110 | Die nuwe tegnologie wat aan die regstelsel verskaf is, optimaal gebruik, en die bestuur van die howe en vervolgingsgesag oor die algemeen só verbeter dat dit 'n massiewe vermindering in die agterstand met die verhoor van sake teweeg sal bring. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,111 | Die oorblywende elemente in die maatreëls vir die hervoming van die regbank finaliseer en sy werking, in oorleg met hierdie gesiene instelling van ons demokrasie, verbeter. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,112 | Die programme waarop daar besluit is vir die bou van meer korrektiewe fasiliteite implementeer en die doelwitte van die Witskrif oor Korrektiewe Dienste verwesenlik. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,113 | Voortgaan met die proses om ons intelligensieagentskappe verder te bemagtig, en sorg dat hulle werksaamhede te alle tye binne die raamwerk van ons Grondwet en landwette val. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,114 | Ons ontleding van misdaadtendense verbeter sodat ons ons prestasie met betrekking tot sowel misdaadvoorkoming as misdaadbekamping kan verbeter. In hierdie verband moet ons reageer op die koue feite dat, soos in ander lande, die oorweldigende meerderheid van geweldsmisdaad teen mense in die sosio-ekonomies verwaarloosde dele van ons land gepleeg word en dat kragtige en volgehoue gemeenskapsingrypings wat op misdaadvoorkoming gerig is, nodig is om die probleem die hoof te bied. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,115 | Soos reeds genoem is, sal hierdie en ander maatreëls slegs slaag indien ons 'n durende vennootskap, in die praktyk, binne gemeenskappe en tussen gemeenskappe en die polisie tot stand bring om die lewe vir misdadigers al hoe moeiliker te maak. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,116 | In hierdie verband is ons bemoedig deur leiers in die sake- en godsdienstige gemeenskappe se vasbeslotenheid om sodanige vennootskappe op voetsoolvlak te verstewig, en om van hulle tyd en hulpbronne af te staan om meer slaankrag aan die geveg teen misdaad te verleen. Die Regering sal sy deel doen om te sorg dat hierdie vennootskappe inderdaad werk, en dat ons almal saam sal optree in die nakoming van die verantwoordelikheid om ons burgers te beskerm. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,117 | Ek moet in hierdie verband noem dat die Ministerie van Veiligheid en Sekuriteit en die Polisiediens aan voorstelle vir die verdere verbetering van die werking en die doeltreffendheid van die uiters belangrike gemeenskapspolisiëringsforums werk. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,118 | Om sy dienslewering aan die publiek verder te verbeter, moet die Regering sy kapasiteit en organisatoriese doeltreffendheid optimaliseer. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,119 | tradisionele leierskap as instelling meer bemagtig en sterker ondersteun. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,120 | Die verbetering van staatsbestuur behels ook dat ons 'n betroubare databasis oor die sosiale dinamiek binne ons nasie moet hê. Met hierdie doel voor oë sal twee groot opnames in 2007 gemaak word. Twee dae gelede het 6 000 veldwerkers van Statistiek Suid-Afrika oor die hele land uitgegaan om inligting in te samel oor 280 000 huishoudings wat gekies is om aan 'n gemeenskapsopname deel te neem wat die Regering so 'n getrou moontlike beeld van die lewensomstandighede van burgers in elke uithoek van die land sal gee. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,121 | In Oktober sal nog 30 000 individue in 8 000 huishoudings gekies word om aan Suid-Afrika se eerste nasionale paneelondersoek, die Nasionale Inkomstedinamiekstudie, deel te neem. Die doen en late van hierdie 30 000 individue sal oor 'n lang tydperk gevolg word om ons begrip van sake soos migrasie, skuiwe in die arbeidsmark, mobiliteit tussen generasies onderling en huishoudelike inligting en ontbinding te verhoog. Ek wil by hierdie geleentheid 'n beroep doen op diegene wat vir deelname aan hierdie belangrike ondernemings gekies is om hulle volle samewerking aan hierdie belangrike onderneming te verleen. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,122 | Die herstel van vrede, oor die afgelope twee-en-'n-half jaar, in die Groot Mere-gebied is een van die belangrikste prestasies van die mense van Afrika. As Suid-Afrikaners is ons trots op die rol wat ons mense gespeel het om dit te help bewerkstellig - van die jong manne en vroue in ons nasionale weermag tot die werknemers van openbare en privaat instansies wat tyd afgestaan het om te sorg dat die Afrika-droom in Patrice Lumumba se tuisland bewaarheid word. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,123 | Ons sal steeds met die mense van die Demokratiese Republiek van Kongo, asook Burundi, die Comoro-eilande en Soedan in die besonder, saamwerk om te sorg dat die vrede en stabiliteit wat tot dusver bereik is onmiddellik gevolg word deur doelgerigte pogings tot ekonomiese heropbou en maatskaplike ontwikkeling. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,124 | Maar ofskoon ons ten volle daarop geregtig is om Afrika se prestasies in die bewerkstelliging van vrede en stabiliteit te vier, mag ons die uitdagings wat ons die hoof moet bied in ons pogings tot die bylê van konflik in die oorblywende gebiede, veral die algemene vredesproses in die Soedan, en die situasie in Darfoer, die Ivoorkus en Somalië, nie geringskat nie. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,125 | Ons regering sal op gepaste wyse, en in die mate waartoe ons kapasiteit ons in staat stel, op die Afrika-Unie se oproep om hulp aan die mense en die Regering van Somalië reageer. Van kritiese belang in hierdie verband is die inisiatief wat tans ontwikkel word om te sorg dat die hoofrolspelers in Somalië met mekaar in gesprek tree sodat daar 'n oplossing gevind kan word wat inklusief en prakties uitvoerbaar is, en gebaseer is op die noodsaak om nasionale versoening te bewerkstellig. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,126 | Vanjaar sal die Afrika Forum vir Portuuroorsig sy ondersoek na ons land afhandel. Ek wil hierdie geleentheid benut om ons wetgewers, ministers en staatsdepartemente, staatsdiensorganisasies, en die gemeenskap in die breë te bedank vir hulle bydrae tot 'n oefening wat ewe uitdagend as uniek binne ons jong demokrasie was. Ons sal die nodige stappe doen om die aksieprogram wat uit dié proses van die postuuroorsig sal voortvloei, in werking te stel. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,127 | Ons sal insgelyks met die res van ons kontinent en ons ontwikkelingsvennote bly saamwerk om die inwerkingstelling van die NEPAD-programme te bespoedig. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,128 | 'n Bietjie meer as 'n maand gelede het Suid-Afrika se dienstermyn as nie-permanente lid van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad 'n aanvang geneem. Ons wil hiermee namens die mense van Suid-Afrika onderneem dat ons in hierdie mees hooggeëerde multilaterale liggaam alles sal doen wat nodig is om verder tot internasionale vrede en sekuriteit by te dra. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,129 | In hierdie verband sal ons ook voortgaan om met die leiers van die mense van Palestina, Israel, Irak, Iran en ander lande in die Midde-Ooste en die Persiese Golf gesprek te voer. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,130 | Ons sal ook ons verhouding met ander lande op hierdie kontinent, en met ons vennote in Indië, Brasilië en die Volksrepubliek van China, ander lande in die Suide, asook Japan, Europa en Noord-Amerika, verder verstewig. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,131 | Een van die mees kritieke vraagstukke waaraan ons in hierdie verband aandag sal gee, is om onderhandelings oor die Wêreldhandelsorganisasie se Doha-ontwikkelingsrondte so spoedig moontlik te hervat. Ons is daarvan oortuig dat daar oplossings vir die huidige impasse gevind kan word, en dat dit op die lange duur in sowel ontwikkelde as ontwikkelende lande se belang is dat hierdie samesprekings vrug moet dra. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,132 | Sedert die nasie ons in 2004 'n mandaat daartoe verleen het, het ons welkome vordering gemaak in ons pogings om Suid-Afrika ten goede te verander. Ons mag, en sal, egter nie die talle probleme wat ons steeds in die gesig staar, onderskat nie. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,133 | Maar die boodskap wat ons gemeenskaplike ervaring aan almal van ons oordra, is dat ons die gemeenskaplike doel wat ons as 'n nasie aan onsself gestel het, kan bereik deur saam te werk - die doel om 'n beter lewe vir almal te skep in 'n land wat nie meer veel van dit wat lelik en weersinwekkend in die menslike samelewing is, bevat en verteenwoordig nie. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,134 | Vandag moet ons, met selfs groter selfvertroue, oor vryheid praat. Ons moet dit waag om gesamentlik op te tree in navolging van die "geluk wat mans en vroue te beurt kan val as hulle in 'n land woon wat vry is". |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,135 | Ons het dit nog nie ten volle bereik nie. Maar niemand behalwe onsself kan sorg dat hierdie droom verwesenlik word nie. Laat ons dus ons moue oprol en aan die werk spring met die volle besef dat die bou van dié Suid-Afrika waarna ons streef, 'n taak en 'n gesamentlike verantwoordelikheid is wat ons met mekaar deel. |
4,974 | StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt | 77,136 | Ek dank u. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,138 | Veroorloof my om by hierdie geleentheid van die voorlaaste Gesamentlike Sitting van die derde Parlement vir die jaarlikse debat oor die stand van ons nasie, al die agbare lede van die Parlement 'n voorspoedige en produktiewe nuwe jaar toe te wens. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,139 | Ek vertrou dat 2008 een van die merkwaardigste jare van ons demokrasie sal wees, soos wat ons almal saamwerk om die kernstrewe van ons mense te verwesenlik om 'n beter lewe vir almal te bewerkstellig. Ek sê dit want, na ons oordeel, is dit selde dat daar 'n beroep gemaak word op 'n nasie word om alles moontlik te doen om 'n droom te verwesenlik. En sodanig is dit die opdrag wat die geskiedenis ons vandag oplê. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,140 | Mevrou die Speaker, ek praat vandag in die teenwoordigheid van my moeder, Epainette Mbeki, MaMofokeng, wat 'n ondubbelsinnige boodskap gebring het van die landelike mense van Transkei, tussen wie sy al dekades lank woon. Sy sê dat hierdie menigte van almal van ons wat daarop aanspraak maak dat ons hul leiers is, eis dat ons hulle en ander soos hulle elders in die land, kan verseker dat ons steeds verbind is tot die onderneming wat ons gemaak het dat môre beter sal wees as vandag. Oor agt dae, op 16 Februarie, sal sy 92 jaar oud wees. Sy wil die waarheid as 'n verjaarsdaggeskenk hê. Ek dank haar dat sy die moeite gedoen het om vandag saam met ons te wees, en vertrou dat ons haar nie sal teleurstel nie. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,141 | Ek wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om hulde te bring aan President Nelson Mandela, een van die uitmuntende stigters van ons demokrasie, wat op 18 Julie vanjaar sy 90ste verjaarsdag sal herdenk. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,142 | Ons verwelkom by hierdie geleentheid Mnr Arthur Margeman, verteenwoordiger van die veterane van die Alexandra-busboikot van 50 jaar gelede, en wat Nelson Mandela ingesluit het. Ons is ook bevoorreg om Me Jann Turner by ons te hê, die dogter van Rick Turner wat 30 jaar gelede deur apartheidsagente vermoor is. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,143 | Ons verwelkom Mnr Dinilesizwe Sobukwe, seun van die uitstaaande patriot en leier, Robert Sobukwe, wat ook 30 jaar gelede oorlede is nadat hy baie jare se tronkstraf, verbanning en ander vorme van onderdrukking verduur het. Ons gee erkenning aan die menige stigters van die United Democratic Front, 25 jaar gelede, wat vandag beide as agbare lede en gaste teenwoordig is. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,144 | Al hierdie agbare gaste wat herinnering sowel as hoop verteenwoordig, herinner ons deur hul teenwoordigheid dat ons taak dié is van 'n afloswedloop van voortdurende hergeboorte sodat die droom van 'n beter lewe 'n werklikheid word vir alle Suid-Afrikaners. Hulle verteenwoordig inderdaad 'n feesviering van die onblusbare gees van ons mense, en stel 'n uitdaging aan ons almal om só op te tree dat ons nie die verwagtinge van die mense verraai of teleurstel nie. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,145 | Ons staan op die vooraand van die laaste volledige finansiële jaar van die huidige en derde demokratiese parlement en regering, waarna ons binnekort ons vierde algemene verkiesing sal hou. Die Regering het dus 'n oorsig gedoen van die vordering wat gemaak is met betrekking tot die implementering van die mandaat wat deur die mense gegee is in 2004. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,146 | Ek is verheug om te sê dat ons inderdaad baie uitgerig het om die verbintenisse wat ons aan die mense in 2004 gemaak het, te implementeer. Maar - en glad nie onverwags nie - is dit duidelik dat ons in hierdie verband nog baie uitstaande werk het om te doen. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,147 | Aangesien ons die einde van ons mandaattydperk nader, het die Regering besluit om 'n lys top-prioriteite te identifiseer waarop daar op 'n spesiale manier gefokus moet word. Dit sal gebruik word om die doelwitte wat die mense ons opdrag gegee het om na te streef, nog vinniger te bereik. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,148 | Gelukkig het hierdie Staatsrede my die geleentheid gebied om verslag te doen aan die Regering en die mense ten opsigte van 24 top-prioriteite, wat vir eerbare lede beskikbaar sal wees op die Regering se webtuiste gedurende die verloop van volgende week. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,149 | Die identifisering van die top-prioriteite beteken dat al drie sfere van die Regering - nasionaal, provinsiaal en plaaslik - op uitvoerende sowel as administratiewe vlak, hierdeur 'n beliste onderneming maak dat ons die kort tydperk wat vir ons voorlê sal benut om ons strewe na die verwesenliking van die allerbelangrike doelwit van 'n beter lewe vir al ons mense, met mag en mening te bevorder. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,150 | Ons regeringstelsel in sy geheel onderneem dus dat, in die tydperk wat voorlê, hy sy beste sal doen om die opdrag van "Besigheid Buitengewoon" uit te voer! Wanneer ons praat van "Besigheid Buitengewoon" verwys ons nie na enige veranderings in ons bestaande beleide nie, maar wel na die spoedige, doeltreffende en doelmatige implementering van hierdie beleide en programme, sodat die lewensgehalte van ons mense ten goede kan verander, eerder vroeër as later. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,151 | Om te verseker dat dit gebeur, het ons die nodige stappe geneem om seker te maak dat die jaarlikse Begroting wat die Minister van Finansies later hierdie maand sal voorlê, die nodige toewysings sal maak om ons van die middele te voorsien om die top-prioriteite te implementeer. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,152 | 'n verbetering in ons fokus op sleutelgebiede met betrekking tot ons stelsel van internasionale betrekkinge, met spesifieke fokus op sommige Afrika-aangeleenthede en Suid-Suid-betrekkinge. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,153 | Die situasie wat ons land en nasie in die gesig staar, en die take wat ons onsself opgelê het, vereis nou, meer as ooit tevore, dat ons ons mense inspireer en organiseer om saam te staan, om alles te doen wat gedoen moet word, en om te begryp dat, in die ware sin van die woord, ons toekoms in ons almal se hande is! |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,154 | Terwyl ons saamstaan oral in ons land, moet ons ook begryp dat ons nou te make het met "Besigheid Buitengewoon"! |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,155 | Terwyl ek hierdie toespraak voorberei het, het een van my kollegas aangevoer dat ons land geteister word deur sterk dwarswinde wat dit veral moeilik maak om te voorspel waar ons land more gaan wees. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,156 | Hy het voorgestel dat ek die welbekende woorde waarmee Charles Dickens sy novelle A Tale of Two Cities geopen het, aanhaal om die werklikheid wat ons in die gesig staar, vas te vang. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,157 | "It was the best of times, it was the worst of times, it was the age of wisdom, it was the age of foolishness, it was the epoch of belief, it was the epoch of incredulity, it was the season of Light, it was the season of Darkness, it was the spring of hope, it was the winter of despair, we had everything before us, we had nothing before us, we were all going direct to Heaven, we were all going direct the other way - in short, the period was so far like the present period, that some of its noisiest authorities insisted on its being received, for good or for evil, in the superlative degree of comparison only." |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,158 | U mag vra of ek saamstem met hierdie evaluering, en of ek ook glo dat ons 'n tydperk van verwarring betree het, waar ons nie anders kan as om die pad byster te raak nie, onseker waarheen ons op pad is, onvas op ons voete, bang vir die toekoms! |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,159 | My antwoord op hierdie vraag is 'n besliste Nee! Soos die res van ons regering, is ek oortuig daarvan dat die grondslag wat gelê is vir ons land se vooruitgang gedurende die afgelope 14 jaar nog steeds in plek is. Dit voorsien ons nog steeds van 'n sterk basis van waar ons moet voortgaan terwyl ons doelgerig streef om die doelwit van 'n beter lewe vir al ons mense te bereik. Daarom moet ons almal weereens bevestig dat ons op koers sal bly terwyl ons voortgaan in ons strewe om hierdie nasie 'n wenner te maak. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,160 | Soos al die agbare lede, is ek egter bewus van die feit dat baie mense in ons gemeenskap geteister word deur 'n diepliggende gevoel van onrus oor waar ons land more gaan wees. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,161 | Hulle is besorg oor die nasionale noodtoestand waarin ons land gedompel is as gevolg van die onverwagte onderbrekings in elektrisiteitsvoorsiening. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,162 | Hulle is besorg oor sekere verwikkelings in ons ekonomie, veral die bestendige toename in rentekoerse en kos- en brandstofpryse wat die veral die armes nog armer maak. Sommige mense is bekommerd oor die moontlike uitwerking wat die dreigende ekonomiese reses in die Verenigde State op ons eie ekonomie mag hê. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,163 | Hulle is bekommerd oor ons vermoë om die demokratiese regte en die demokratiese Grondwet wat uit enorme opofferings gebore is, te beskerm. Hierdie kommer word aangevuur deur verwikkelings soos die vervolging van die Nasionale Kommisaris van die Polisie, die skorsing van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, en vrese rondom die bedreiging van die onafhankliheid van die regstelsel en landswette, en die huidige aantygings oor die misbruik van regeringsmagte vir politieke doeleindes. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,164 | Hulle is besorg dat ons land moontlik bedreig word deur die anargie wat verteenwoordig is deur die kriminele brandstigting wat verlede maand plaasgevind het op ses passasierstreine in Tshwane. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,165 | Alhoewel hulle die reg van die regerende party om sy eie sake te behartig erken en respekteer, is hulle besorg dat die party moet voortgaan om sy rol te vervul as een van die hoofargitekte van 'n demokratiese, nie-rassistiese, nie-seksistiese en vooruitstrewende Suid-Afrika. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,166 | Dit sal duidelik onverantwoordelik wees om hierdie en ander besorgdhede te ignoreer en hulle af te maak as die tipiese gesanik van doemprofete. Die werklike uitdaging is om op hierdie besorgdhede ag te slaan op so 'n wyse dat dit 'n duidelike boodskap aan almal in ons land uitdra en aan die miljoene mense in Afrika en elders in die wêreld wat ons land met belangstelling dophou. Hierdie boodskap is dat ons ferm staan by ons besluit om voort te gaan om 'n Suid-Afrika te bou wat hoop bied aan ons mense sowel as baie ander buite ons grense. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,167 | Ek wil dit dus duidelik stel dat hierdie geskiedkundige oomblik vereis dat ons land verenig soos nog nooit tevore nie, en dat ons alles in ons vermoë moet doen om ons gemeenskaplike uitdagings aan te spreek en om die droom te behou wat ons almal aangespoor het gedurende ons lang en ongekaarte tog na die skepping van die Suid-Afrika wat in ons Grondwet vorm aangeneem het. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,168 | Die nasionale noodtoestand wat veroorsaak is deur die huidige kragonderbrekings bied 'n uitdaging en die geleentheid aan ons hele nasie om gehoor te gee aan die beroep wat ons so pas gedoen het dat ons almal moet saamstaan om ons land op koers te hou. Dit sê aan ons almal dat ons inderdaad 'n tydperk van uitdagings in die gesig staar, maar hierdie uitdagings is oorkombaar. En juis omdat dit 'n tydperk van uitdagings is, is dit ook 'n tydperk van geleenthede! |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,169 | In hierdie opsig wil ek graag my waardering uitspreek teenoor en ten volle saamstem met die opmerkings wat gemaak is deur die Hoof Uitvoerende Beampte van Anglo American, Cynthia Caroll, toe sy die Mynberaad hier in Kaapstad vroeër vandeesweek - op Dinsdag, 5 Februarie - toegespreek het. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,170 | Soos die agbare lede weet, het sy gesê: I don't regard the problems of energy supply here as a disaster. And South Africa is not alone: there are pressures on supply regarding our expansion projects in Chile and Brazil. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,171 | "Sure, the problems here are serious; overcoming them will require ingenuity, especially in energy efficiency and energy saving, as well as the development of alternative power supplies. But if all of us can forge strong partnerships to tackle this situation, we will all come through - I hope relatively unscathed This is not a time for finger pointing, but for working together in finding solutions." |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,172 | Dit is egter ook nodig dat ons van hierdie geleentheid gebruik maak om namens die Regering en Eskom die land om verskoning te vra vir die nasionale noodtoestand wat tot gevolg gehad het dat ons almal die gevolge van beurtkrag moes ervaar. Ek wil ook alle landsburgers bedank vir hul deursettingsvermoë en geduld in die lig van die huidige moeilikhede. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,173 | Gedurende die afgelope twee weke het die ministers van minerale en energiesake en van openbare ondernemings die aard van die noodtoestand wat ons in die gesig staar, omskryf asook wat elkeen van ons kan doen om die toestand te normaliseer. Verlede week het die agbare lede die geleentheid gehad om oor hierdie aangeleenthede te besin. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,174 | Uiteraard het die aansienlike styging in die behoefte aan elektrisiteit gedurende die afgelope twee jaar die nuwe kapasiteit wat ons beskikbaar gestel het oorskry. Die inperking in voorsiening wat daardeur teweeg gebring is, maak die stelsel kwesbaar vir enige insident wat die beskikbaarheid van energie kan beïnvloed. Die huidige situasie verg dat ons onbeplande kragonderbrekings moet verminder, en die enigste manier waarop ons dit onmiddelik kan doen, is om die aanvraag te verminder en gevolglik 'n beter reserwegrens te verseker. |
4,975 | StateoftheNation.2008.2009-04. Af.txt | 77,175 | As die Regering, is dit ons taak om die land nou te lei en te verenig in die veldtog vir energiedoeltreffendheid wat hierdie uitdaging sal aanspreek. Ons moet, onder andere, die huidige teenspoed aanwend om te verseker dat ons huise en ekonomie meer energiedoeltreffend word. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.