document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,973
AFDELING G: Voltooi hierdie afdeling slegs indien die aansoeker nie kan lees of skryf nie.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,974
Die polisiebeampte moet 'n afdruk van die regterwysvinger van die aansoeker in paragraaf G 1 in die teenwoordigheid van 'n getuie neem. Die vingerafdruk mag nie die tabel oorskry nie. Indien die aansoeker nie 'n regterwysvinger het nie, moet 'n afdruk van die linkerwysvinger geneem word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,975
Die aanwysing van die vingerafdruk (byvoorbeeld, regterwysvinger) moet in paragraaf G 2 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,976
Die datum waarop die aansoeker se vingerafdruk geneem word, moet in paragraaf G 3 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,977
Die aansoeker se voorletters en van (in drukskrif) moet in paragraaf G 4 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,978
Die dorp/stad waar die aansoeker se vingerafdruk geneem word, moet in paragraaf G 5 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,979
aansoek hanteer, moet in paragraaf G 6.1 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,980
Die SAPD Persal-nommer van die polisiebeampte wat die aansoek hanteer, moet in paragraaf G 6.2 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,981
Die rang (in drukskrif) van die polisiebeampte wat die aansoek hanteer, moet in paragraaf G 6.3 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,982
hanteer, moet in paragraaf G 6.4 aangebring word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,983
Die voorletters en van (in drukskrif) van die polisiebeampte wat optree as getuie moet in paragraaf G 7.1 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,984
Die SAPD Persal-nommer van die polisiebeampte wat optree as getuie moet in paragraaf G 7.2 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,985
Die rang (in drukskrif) van die polisiebeampte wat optree as getuie moet in paragraaf G 7.3 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,986
Die polisiebeampte wat optree as getuie moet sy/haar handtekening in paragraaf G 7.4 aanbring.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,987
Hierdie afdeling moet slegs ingevul word as die aansoeker nie kan lees, skryf of hierdie dokument verstaan nie.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,988
Die naam en van van die persoon wat die inhoud van die aansoekvorm vir die aansoeker tolk, moet in paragraaf H 1 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,989
Die identiteits-/paspoortnommer van die tolk moet in paragraaf H 2 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,990
Die adres waar die tolk woonagtig is, moet in paragraaf H 3 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,991
Die poskode van die tolk se woonadres moet in paragraaf H 4 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,992
Die tolk se posadres moet in paragraaf H 5 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,993
Die poskode van die tolk se posadres moet in paragraaf H 6 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,994
Huis: Die tolk se huistelefoonnommer, insluitend die skakelkode (byvoorbeeld (012) 667 1923), moet in paragraaf H 7.1 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,995
(byvoorbeeld (011) 577 5913), moet in paragraaf H 7.2 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,996
Die tolk se selfoonnommer (indien van toepassing) moet in paragraaf H 8 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,997
Die tolk se faksnommer, insluitend die skakelkode, moet in paragraaf H 9 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,998
Die tolk se e-posadres (indien van toepassing) moet in paragraaf H 10 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
76,999
Die taal waaruit die aansoekvorm getolk is en die taal waarin dit getolk is en wat vir die aansoeker verstaanbaar is (byvoorbeeld, Engels in Zoeloe), moet in paragraaf H 11 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
77,000
Die datum waarop die tolk die aansoeker bystaan, moet in paragraaf H 12 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
77,001
Die tolk wat die aansoeker bystaan, moet sy/haar handtekening in paragraaf H 13 aanbring.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
77,002
14 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
77,003
As die tolk 'n polisiebeampte is, moet sy/haar rang in drukskrif in paragraaf H 15 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
77,004
As die tolk 'n polisiebeampte is, moet sy haar SAPD Persal-nommer in paragraaf H 16 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
77,005
Die rede(s) vir die aanbeveling moet in paragraaf I 1.1 aangeteken word. Die rede(s) moet op werklike feite gebaseer wees en nie op blote hoorsê nie.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
77,006
Die voorletters en van (in drukskrif) van die Aangewese Vuurwapenbeampte/Stasiekommissaris wat die aanbeveling doen, moet in paragraaf I 2 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
77,007
Die datum waarop die Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris die aanbeveling doen, moet in paragraaf I 3 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
77,008
Die dorp/stad waar die Aangewese Vuurwapenbeampte/ Stasiekommissaris die aanbeveling doen, moet in paragraaf I 5 aangeteken word.
4,972
SAPS.I536.2009-04-14.af.txt
77,009
Die Aangewese Vuurwapenbeampte/Stasiekommissaris wat die aanbeveling doen, moet sy/haar handtekening in paragraaf I 6 aanbring.
4,973
STATS. MultilingualWordList.2010-11-09.af.txt
77,011
Kosprys, versekering en vrag k.v.v.
4,973
STATS. MultilingualWordList.2010-11-09.af.txt
77,012
Prys vry aan boord v.a.b.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,014
Ten tye van haar dood het ons geweet dat Mama Adelaide Tambo kort vantevore uit die hospitaal ontslaan is. Maar omdat ons ook geweet het dat sy die volharding van gees en die wilskrag het om die stryd saam met die lewendes voort te sit, was dit ons voorneme om haar en ander lede van haar gesin as ons gaste by hierdie deurlugtige geleentheid te verwelkom. Dit was ons helaas nie beskore nie.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,015
Môre sal ons die laaste eer aan haar betoon wanneer ons haar oorskot ter aarde bestel. Sy sal dus slegs in die gees by ons wees wanneer ons in Oktober vanjaar die 90ste herdenking van die geboorte van Oliver Reginald Tambo - haar eggenoot, die vader van haar kinders, haar metgesel, haar kameraad, en 'n vooraanstaande seun uit die geledere van ons mense - vier. Ons betuig weereens ons meegevoel aan die Tambo-gesin.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,016
Ek is egter besonder bly om vandag die agbare Albertina Luthuli in ons midde te verwelkom; dogter van ons eerste Nobel-vredespryswenner, Inkosi Albert Luthuli, wie se tragiese dood, 40 jaar gelede, ons vanjaar herdenk wanneer ons die tragiese dag in herinnering roep waarop aangekondig is dat hy in die suikervelde van KwaDukuza deur 'n voortsnellende trein vermorsel is. Sy dood was net so skokkend en geheimsinnig as wat sy lewe 'n leidster was wat vooruitgewys het na die vryheid wat ons vandag geniet.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,017
Ek voel ontsaglik trots dat demokratiese Suid-Afrika verstanding en fyngevoelig genoeg was om erkenning te gee aan wat Albert Luthuli en Oliver Tambo vir ons volk beteken deur twee van ons nasionale ordes na hulle te vernoem: die Orde van Luthuli, en die Orde van die Metgeselle van OR Tambo. Ek dra ook kennis van die diepe trots wat ervaar is deur almal wat tot die geledere van die hoogaangeskrewe nasionale ordes toegelaat is.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,018
Dit is ook vir my 'n genoeë om die aktiviste van die vroue-optog van 1956 en die Soweto-opstand van 1976 in die Parlement te verwelkom waar hulle in die Presidentslosie sit, asook die hooggeagte patriotte uit al ons provinsies, wat deur ons provinsiale speakers genooi is om hulle aan te sluit by die groep belangrike gaste wat vandag hier saam met ons vergader is.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,019
Die Regering van die mense van Suid-Afrika, namens wie ek vandag hier praat, soos ek ook in voorafgaande jare bevoorreg was om te doen, is in 2004, na afloop van die algemene verkiesing van daardie jaar, tot stand gebring.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,020
Verlede maand, tydens sy jaarlikse lekgotla of bosberaad in Januarie, het die nasionale Kabinet, wat aan die spits staan van die regeringstelsel wat ons die voorreg het om te bestuur, besin oor die feit dat daardie ontmoeting die halfpadmerk verteenwoordig het in die bestaan van die Regering wat tydens ons mees onlangse verkiesing, in 2004, in die lewe geroep is.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,021
In die lig daarvan is dit vanselfsprekend dat ons onsself sou afvra watter vordering ons gemaak het in ons pogings om die doelwitte te bereik waartoe ons toegewy is, soos ons die nasie in alle eerlikheid verseker het, en wat daartoe gelei het dat ons mense op oorweldigende wyse aan ons die gesag verleen het om ons land van 2004 tot met die volgende verkiesing in 2009 te regeer!
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,022
Met u vergunning wil ek graag verder teruggaan, en in die herinnering roep wat ons, as verteenwoordigers van ons mense, in 2004 gesê het in die teenwoordigheid van ons vriende van die res van die wêreld, wat byeengekom by die regeringsetel by die Uniegebou in Pretoria, op Vryheidsdag, die 10de herdenking van ons bevryding, en in deelname aan die inhuldiging van die President van die Republiek, wat deur ons Parlement verkies is ooreenkomstig die wil wat ons mense op demokratiese wyse tydens die 2004-verkiesing uitgespreek het.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,023
Ons land het te lank dit wat lelik en weersinwekkend in die menslike samelewing is, bevat en verteenwoordig...
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,024
Dit was 'n plek waarin om swart gebore te word, gelykstaande was aan om 'n lewenslange vloek te erf. Dit was 'n plek waarin om wit gebore te word, gelykstaande was aan om 'n permanente las van vrees en verskuilde woede te dra...
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,025
Dit was 'n plek waarin smerigheid, die stank van armoede, die oop riole, die ontbindende verrotting, die malende skare van misrabele armsaliges, die nimmereindige beelde van 'n landskap gestrooi met agterlosig neergesmyte vullis 'n aansig aangeneem het wat noodsaaklik skyn te gewees het om die skoonheid van 'n ander wêreld vol netjiese strate, boomryke lane, en bloeisels teen die groen, singende gras en voëls en huise geskik vir konings en koninginne, en liriese musiek, en liefde te beklemtoon.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,026
Dit was 'n plek waar om in sommige plekke te woon 'n uitnodiging gebied het aan ander om op jou jag te maak, of om jouself te verdoem om op ander jag te maak, veral bure wat nie anders kon nie as om die prooi te word van alkohol- en dwelmverdowing wat die pyn van bestaan sou demp, wat geweet het dat hulle lewens nie normaal sou wees sonder moord in hulle midde nie, en verkragting en brutale persoonlike oorloë sonder oorsaak of rede.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,027
Dit was 'n plek waar om in ander woonbuurte te woon, beteken het dat jy veiligheid en sekuriteit geniet het, want om veilig te wees was om beskerm te wees deur hoë mure, geëlektrifiseerde heinings, waghonde, polisiepatrollies en militêre regimente wat gereed was om diegene te beskerm wat ons meesters was, met gewere en tenks en vliegtuie wat die dood sou laat neerreën op diegene wat die meesters se vrede versteur...
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,028
Ons het vandag hier byeengekom, op Vryheidsdag, omdat daar 'n tyd gekom het toe ons mense, saam met biljoene ander mense vanoor die wêreld, mense wat ons medestryders is, en wat deur ons uitgelese gaste verteenwoordig word, besluit het om te sê: dit moet einde kry!...
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,029
Ons is grootliks bemoedig deur die feit dat ons algemene verkiesing bevestig het dat al ons mense, ongeag van ras, kleur of etnisiteit, vasberade is om saam te werk om 'n Suid-Afrika te skep wat deur 'n gemeenskaplike droom gedefinieer word...
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,030
Geeneen van die groot maatskaplike probleme wat ons moet oplos, kan buite die konteks van werkskepping en die verligting en uitwissing van armoede slaag nie. Dit het betrekking op alles, van die verbetering van die gesondheid van ons mense, tot die verlaging van die vlak van misdaad, die verhoging van die vlak van geletterdheid en gesyferdheid, en die oopgooi van die deure van leer en van kultuur vir almal Ons belowe plegtig teenoor al die helde en heldinne wat offers gebring het ter wille van ons vryheid, asook teenoor ... ons vriende uit die res van die wêreld, dat ons nooit die vertroue sal verraai wat julle in ons gestel het toe julle gehelp het om ons die kans te gee om Suid-Afrika in 'n demokratiese, vreedsame, nie-rassige, nie-seksistiese en vooruitstrewende land te verander nie, toegewy aan die edel visie van menslike solidariteit.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,031
"Die werk om daardie Suid-Afrika tot stand te bring, het begin. Daardie werk sal tydens ons tweede dekade van vryheid voortgesit word."
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,032
Vyftig jaar gelede, toe hulle besig was om voor te berei vir die sameroeping van die Volkskongres, wat die Vryheidsmanifes aanvaar het, het die patriotte van destyds gesê: "Laat ons saam praat, ons almal saam - Afrikaan en Europeaan, Indiër en Gekleurde al die mense van Suid-Afrika ... Laat ons saam oor vryheid praat. En oor die geluk wat mans en vroue te beurt kan val as hulle in 'n land woon wat vry is."
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,033
Ons moet vandag ons belofte herbevestig om saam te praat oor vryheid, om in vennootskap op te tree om vir almal daardie geluk te skep wat gepaardgaan met vryheid, om saam te werk om 'n Suid-Afrika te skep wat gedefinieer word deur 'n gemeenskaplike droom, om saam, deur optrede, te sê: ons het genoeg gehad van alles wat veroorsaak het dat ons land dit wat lelik en weersinwekkend in die menslike samelewing is, bevat en verteenwoordig het!
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,034
Ons moet voortgaan om te reageer op die perspektief waaroor ons gepraat het toe die huidige Regering sy dienstermyn begin het, ten volle bewus van die feit dat "geeneen van die groot maatskaplike probleme wat ons moet oplos, buite die konteks van werkskepping en die verligting en uitwissing van armoede opgelos kan word nie" en dat "die stryd om armoede uit te wis 'n kernaspek van die nasionale poging om die nuwe Suid-Afrika tot stand te bring, was en steeds sal wees".
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,035
toenemend tot die oplossing van groot vraagstukke wat die wêreldbevolking in die gesig staar, by te dra.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,036
Dit verskaf my plesier om verslag te doen dat die Regering steeds hard bly werk om te sorg dat die doelstellings van die nasie bereik word.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,037
Teen 'n gemiddeld van meer as 4,5% was die groeikoers van ons ekonomie oor die afgelope twee-en-'n-half jaar die hoogste sedert ons in 1994 'n demokrasie tot stand gebring het. Belegging in die ekonomie deur sowel die openbare as die privaatsektor het met ongeveer 11% toegeneem, en die algehele besteding aan openbare-sektor infrastruktuur teen 'n jaarlikse gemiddeld van 15,8%. Vandag is vaste belegging as persentasie van die bruto binnelandse produk - teen sowat 18,4% - op sy hoogste vlak sedert 1991.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,038
Die getal werkende mense het oor die afgelope drie jaar met ongeveer 'n halfmiljoen per jaar toegeneem.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,039
Daar was bestendige vooruitgang in swart mense se vordering binne die ekonomie. Hulle eienaarskap van die markkapitalisasie van die JSE het toegeneem van net meer as 3% in 2004 tot byna 5%; en die verhouding van swart mense in die topbestuur het van 24% van die totaal tot 27% toegeneem. Ten spyte hiervan moet ons steeds besorgd bly oor die feit dat hierdie getal steeds bitter laag is.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,040
Die vooruitgang van die ekonomie het groot uitdagings vir ons almal meegebring. Die massiewe en volgehoue toename in verbruikersaanvraag weerspieël 'n gesonde groei in vlakke van voorspoed oor die breë spektrum van die bevolking; en die groot infrastruktuurprojekte wat ons nou aanpak, verg massiewe lewering van voorraad en masjinerie.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,041
Maar ons internasionale handelsbalans toon dat ons nie daarin geslaag het om die kapasiteit te skep om die verbruikers- en kapitale goedere wat ons land nodig het, te lewer nie. Terwyl huishoudelike skuld breedweg teen dieselfde koers toegeneem het as die groei in inkomste, beteken die feit dat Suid-Afrikaners minder spaar dat ons op die spaargeld van ander nasies moet staatmaak. Die voortgesette onbestendigheid van ons geldeenheid het ook geen goed vir ons uitvoerindustrie voorspel nie.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,042
Die ekonomie het oor die afgelope drie jaar ongeveer anderhalf miljoen werksgeleenthede geskep. Dit is bemoedigend dat 300 000 van die werksgeleenthede wat net in die jaar van Maart 2005 tot Maart 2006 geskep is, in die formele sektor, buite die landbousektor, val - dit verteenwoordig 'n groeikoers van sowat 4%.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,043
'n Klein deeltjie hiervan is die permanente werksgeleenthede wat deur die Uitgebreide Program vir Openbare werke (EPWP) geskep is. Maar daar bestaan geen twyfel dat hierdie program in 'n beduidend hoër rat oorgeskakel kan en moet word nie. Daar is ook geen twyfel nie dat ons meer selfwerksaamheid kan skep deur middle van klein en mikro-ondernemings. En gegewe dat 'n groot meerderheid van die werkloses jongmense is, kan ons baie beter doen deur ingrypings soos die Nasionale Jeugdiens en die ontwikkeling van jong entrepreneurs.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,044
Dit is vir ons iets om op trots te wees dat ons, ooreenkomstig ons belofte om 'n sorgsame gemeenskap te skep, sedert 2004 dienslewering en ander aspekte van die maatskaplike bestel verbeter het. Waar daar in 2004 omtrent agt miljoen begunstigdes van maatskaplike toelaes was, het 11 miljoen arm Suid-Afrikaners vandag toegang tot hierdie toelaes. Dit is bemoedigend dat die toename in die koers waarteen hierdie toelaes opgeneem word oor die afgelope tyd binne beheerbare perke geval het namate die programme volwassenheid bereik. Dit sal volhoubaarheid verseker, én die aanwending van meer regeringshulpbronne om ekonomiese dienste te verskaf om meer werk- en sakegeleenthede te skep.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,045
In die behuisingsprogram is byna 300 000 nuwe subsidies oor die afgelope twee jaar toegestaan. Aangesien ons egter probeer het om die gehalte te verhoog en planne te ontwikkel vir diegene wat buite die huidige openbare- en privaatsektorplanne val, was die leweringstempo baie stadiger as wat ons verwag het. Deur ons optrede moet ons hierdie situasie verander.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,046
Soos die agbare lede weet, het ons oor die afgelope paar jaar verskeie programme ter verbetering van passasiersvervoer ontwikkel en in werking begin stel. Dit sluit die taxi-herkapitaliseringsprogram en provinsiale inisiatiewe soos die Moloto-spoorkorridor in Mpumalanga, waaraan haalbaarheidswerk reeds begin het, die Klipfontein-korridor in Kaapstad en die Gautrein-projek met sy skakels met die res van die openbare vervoerstelsel in.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,047
Hierdie en baie ander inisiatiewe is deel van 'n omvattende passasiersvervoerstrategie wat pad en spoor kombineer. Ons sal aan die dringende implementering van hierdie planne aandag gee om sodoende die lewensgehalte van veral werkende mense te verhoog.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,048
Toegang tot elektrisiteit, water en sanitasie het verbeter. Teen 2005 het Suid-Afrika reeds die Millenniumontwikkelingsdoelwit met betrekking tot basiese watervoorsiening bereik deurdat toegang tot water van 59% in 1994 tot 83% in 2006 toegeneem het. Volgens die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsplan (UNDP) is Suid-Afrika een van die min lande wat minder aan sy militêre begroting as aan water en sanitasie bestee het.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,049
" [het] Suid-Afrika gedemonstreer hoe die mensereg tot water as 'n meganisme vir bemagtiging en 'n riglyn vir beleid kan dien ... Waterhervorming wat op hierdie reg gebaseer is, het die land in staat gestel om toegang uit te brei en die erflating van rasseongelykheid, wat 'n apartheidsnalatenskap was, deels deur regsgebaseerde geregtigheid te oorkom".
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,050
Ons moet hierdie groot prestasie inderdaad vier. Maar dit is 'n feit dat agt miljoen mense nog steeds sonder drinkbare water is. Nog baie meer is sonder elektrisiteit en sanitasie. Ons is trots daarop dat ons binne een jaar die agterstand in die totale afskaffing van die emmerstelsel in gevestigde nedersettings met byna die helfte verminder het. Ons is op koers om hierdie ontmenslikende stelsel in hierdie gebiede teen die einde van die jaar heeltemal tot 'n einde te bring.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,051
Ons sal voortgaan om hierdie uitdagings die hoof te bied sodat ons dit wat lelik en weersinwekkend in ons land is kan uitwis sodat ons saam oor vryheid, en die geluk wat daarmee gepaardgaan kan praat.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,052
'n Ondersoek na onderwys en vaardigheidsontwikkeling toon dat 'n groot verbetering teen 2004 ingetree het, ofskoon teen 'n stadige pas. Dit is van toepassing op geletterdheidsvlakke, bruto inskrywing aan skole, en die koers van deelname aan tersiêre onderrig. Die fluktuerende matriekslaagsyfer dui wel aan dat baie meer gedoen moet word om die stelsel te stabiliseer en bestendige verbetering te verseker. Terselfdertyd is die getal matriekleerlinge wat Wiskunde op hoër graad slaag net effens hoër as in 1995. Daar is ook nog steeds swakhede in die implementering van die programme vir basiese volwasse onderrig (ABET).
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,053
Ofskoon daar in die onlangse verlede meer sake ingevolge die grondhervormingsprogram afgehandel is, moet ons steeds 'n ernstige poging aanwend om die oorblywende sake, waarvan talle meer ingewikkeld is, af te handel. Aan die ander kant is weinig vordering met die herverdeling van grond gemaak. Ons sal die inhiberende faktore deeglik in oënskou neem sodat ons hierdie program as 'n saak van dringendheid kan bespoedig.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,054
Al hierdie ekonomiese en maatskaplike programme vorm deel van ons strategie om die armoede waaronder baie van ons mense ly, te verminder en uit te wis. Die werk wat in die loop van verlede jaar gedoen is deurdat vroue via die Suid-Afrikaanse Vroue in Dialoog met verskeie regeringsdepartemente saamgewerk het, en wat 'n besoek ingesluit het aan lande soos Tunisië en Chile, waar groot vordering met die bekamping van armoede gemaak is, wys sekere tekortkominge in hierdie verband in ons stelsel uit.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,055
die opleiding van gesinsmaatskaplike werkers op professionele en hulpvlak moet versnel om te sorg dat die huishoudings wat geïdentifiseer is behoorlik ondersteun en gemoniteer word.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,056
Bogenoemde sal sorg dat mense wat maatskaplike bystand ontvang op sistematiese wyse met munisipale dienste en werksgeleenthede gekoppel word, en sal ons voortdurend gerig hou op ons taak om soveel moontlik van ons mense van hulle afhanklikheid van maatskaplike toelaes te speen en hulle tot die arbeidsmark te laat toetree. Intussen sal ons voortgaan om nuwe inisiatiewe te soek wat die maatskaplike loon progressief sal verbeter.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,057
Die verskerping van gesamentlike pogings deur alle Suid-Afrikaners om maatskaplike binding te bewerkstellig, moet 'n kritieke been van hierdie maatskaplike ingrypings uitmaak.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,058
In hierdie jaar, wat die 60ste herdenking verteenwoordig van die verdrag van dokters onder leiers van die Afrika- en Indiërgemeenskap (AB Xuma, GM Naicker en Yusuf Dadoo), die 30ste herdenking van die moord op Steve Biko en die 20ste herdenking van Afrikaner-intellektuele se besoek aan Dakar om met die ANC te praat, moet die kwessie van ons diversiteit aan identiteit en die oorkoepelende sin dat ons almal tot Suid-Afrika behoort beter na die hele samelewing uitgedra word op 'n manier wat ons eenheid as 'n nasie versterk. Meer nog: op die 30ste herdenking van die verbod op die publikasie van die koerante The World en The Weekend World is dit ons plig om die volgende vraag te stel: Het almal van ons ons verantwoordelikheid vir die skep van sosiale binding, die bevordering van 'n gemeenskaplike gevoel dat ons tot Suid-Afrika behoort, en die versterking van die gom wat ons nasie bymekaarhou ten volle aanvaar en ons eie gemaak?
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,059
Met ander woorde: die maatreëls wat nodig is om maatskaplike binding te bewerkstellig, kan nie slegs deur die Regering geneem word nie. As Suid-Afrikaners moet ons saam praat oor vryheid van gebrek en van morele verval, en saamwerk om die geluk te vind wat daarmee saamhang.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,060
Ek is seker dat ons almal sal saamstem dat samewerking om die geluk te skep wat met vryheid gepaardgaan in dieselfde mate van toepassing is op die uitdaging om misdaad te bekamp.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,061
Ons moet alle mense by die bevordering van vrede en sekuriteit betrek. Dit moet gebaseer wees op die nasionale begeerte na vrede, dit moet hierdie begeerte versterk, en dit moet die endemiese geweld wat gemeenskappe in die gesig staar, beveg met spesiale aandag aan die onderskeie vorme van geweld waaraan vroue onderwerp word...
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,062
"Vrede en politieke stabiliteit staan ook sentraal in die Regering se pogings om 'n omgewing te skep wat geleenthede sal bied en belegging sal aanmoedig Daar sal beslissend opgetree word om wetteloosheid, dwelmhandel, wapensmokkelary, misdaad en, veral die misbruik van vroue en kinders uit te wis."
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,063
Dit is ongetwyfeld onmoontlik om dit wat lelik en weersinwekkend is, uit te wis en die geluk wat met vryheid gepaardgaan op te eis solank gemeenskappe in vrees lewe: terwyl hulle ingekerker is tussen hoë mure en doringdraad, in hulle huise, op straat en op die pad in voortdurende angs verkeer, en nie in staat is om ons openbare ruimtes te geniet nie. Dit is vanselfsprekend dat ons die stryd teen misdaad moet voortsit en verskerp.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,064
Ofskoon die Suid-Afrikaanse Polisiediens reeds die teiken-indiensnemingsgetal van 152 000 polisiebeamptes bereik en die opleidingsprogramme verbeter het, erken ons dat die uitwerking hiervan nog nie groot genoeg is om aan almal 'n sterker gevoel van veiligheid en sekuriteit te verleen nie. Ofskoon ons die voorkoms van die meeste vorme van kontakmisdaad verlaag het, is die jaarlikse koers van afname in misdaadkategorieë soos diefstal, aanranding en moord nog steeds laer as die 7 tot 10% wat ons ons ten doel gestel het. En die misbruik van vroue en kinders word teen 'n onaanvaarbaar hoë koers voortgesit.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,065
Die toename in die voorkoms van spesifieke soorte misdaad tydens die veiligheidswagte se staking moes by almal van ons die besef tuisgebring het dat die veiligheidsindustrie nie maar net as 'n privaat aangeleentheid van die privaatsektor beskou en hanteer kan word nie. Dit is baie duidelik dat die reguleringstelsel wat ons in plek het, onvoldoende is. Dit is van toepassing op kwessies soos loonvlakke, die afdwing van riglyne op geldafleweringsvoertuie, en dergelike meer.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,066
Ons sal hierdie kwessie in die loop van die jaar in oënskou neem sodat ons, afgesien van 'n verbetering in die werk van die polisie, ook saam met die privaat veiligheidsindustrie 'n omgewing kan skep waarin daar werklik aan die publiek se verwagtinge omtrent veiligheid, waaraan hulpbronne van reusagtige omvang bestee word, voldoen kan word.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,067
Ons sal ook voortgaan om 'n groter poging aan te wend om ons howe beter te laat funksioneer en om die tempo waarteen agterstande in die verhoor van sake weggewerk word, te versnel. En ons sal sorg dat besluite om Korrektiewe Dienste se infrastruktuur uit te brei, die bestuur van grensbeheer te verbeter, en immigrasie- en dokumentasiedienste te verbeter, in werking gestel word.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,068
Baie van die gebreke in die verbetering van dienste aan die bevolking het hulle oorsprong ten dele in onvoldoende kapasiteit en stelsels waarmee die inwerkingstelling gemoniteer kan word. As gevolg hiervan sal die kwessie van die organisasie en kapasiteit van die staat in die tydperk tot 2009 vir ons 'n saak van groot erns bly.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,069
Wat onder andere 'n kritieke area vir strategiese ingryping blyk te gewees het, is die inhoud van die opleiding wat staatsamptenare in verskeie instellings ontvang en die rol van die Suid-Afrikaanse Bestuursontwikkelingsinstituut (Samdi), wat in werklikheid die grootste diensverskaffer behoort te wees, ook ten opsigte van die massa-inlywing van staatsamptenare.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,070
Departemente se vlakke van voldoening met betrekking tot openbare diens en finansiële bestuur is betreklik gemeng. Dit kan vanselfsprekend nie verder geduld word nie, selfs as ons in aanmerking neem dat ouditvereistes op nasionale en provinsiale vlak strenger geword het. In hierdie opsig is die toepassing van die prestasieooreenkomsstelsel, veral op senior bestuursvlak, van kritieke belang.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,071
Programme ter verbetering van ons stelsel van plaaslike regering word teen 'n vinnige pas voortgesit. Ná die plaaslike verkiesings van Maart 2006 is inlywingsprogramme dadelik aangebied, aangesien 62% van alle burgemeesters nuut was.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,072
Wat egter kommerwekkend is, is dat daar in talle van hierdie munisipaliteite steeds vakatures in die senior bestuur en op professionele vlak is of ontstaan het. In September verlede jaar het 27% van alle munisipaliteite byvoorbeeld nie munisipale bestuurders gehad nie, was meer as 50% van die senior bestuursposte in die Noordwes vakant en het slegs 1% van alle senior bestuurders in Mpumalanga sleutelprestasieooreenkomste gesluit.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,073
Ons gaan voort om hierdie uitdagings die hoof te bied en sal al die nodige take uitvoer wat in ons vyf-jaar strategiese plan vir plaaslike regering vervat is, met inbegrip van daadwerklike hulp deur nasionale en provinsiale strukture aan munisipaliteite, die ontplooiing van opgeleide personeel, wat professionele vrywilligers uit die publiek insluit, en die versterking van wykskomitees, waarvan 80% reeds oor die hele land in die lewe geroep is.
4,974
StateoftheNation.2007.2009-04. Af.txt
77,074
Ons is trots op ons goeie rekord dat meer as die helfte van alle distrikte en metros reeds hulle spitsberade vir groei en ontwikkeling gehou het, en dat die res van plan is om dit nie later nie as teen die einde van Februarie te hou. Dit sal die grondslag lê waarvolgens alle maatskaplike vennote plaaslike ekonomiese ontwikkeling kan bespoedig.