document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,578
Ons werk saam met hoëronderwysinstellings om te verseker dat studente wat daarvoor kwalifiseer, deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente finansiële bystand ontvang.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,579
Ons het ook ambisieuse doelwitte gestel vir vaardigheidsontwikkeling om addisionele ingenieurs en tegnici te kweek en om die aantal gekwalifiseerde Wiskunde- en Wetenskaponderwysers te vermeerder.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,580
Ons moet verseker dat meer jongmense leerderskappe in die privaat- en openbare sektor betree.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,581
Nog 'n sleuteluitkoms is om 'n lang en gesonde lewe vir alle Suid-Afrikaners te verseker.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,582
Ons sal voortgaan om ons gesondheidsorgstelsel te verbeter.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,583
Dit sluit in die bou en opgradering van hospitale en klinieke en die verdere verbetering van die werksomstandighede van gesondheidswerkers.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,584
Ons het 'n vennootskap met die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (DBSA) gesluit om die funksionaliteit van openbare hospitale en hul distrikskantore te verbeter.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,585
Ons moet die feit in die gesig staar dat lewensverwagting by geboorte van 60 jaar in 1994, tot net onder 50 jaar vandag, gedaal het.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,586
Ons doen dus stappe om sterftesyfers onder moeders te verlaag, om nuwe MIV-infeksies te verminder en om MIV en tuberkulose effektief te behandel.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,587
Ons sal ook babasterftesyfers deur 'n massiewe immuniseringsprogram verlaag.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,588
Ons sal gesondheidsprogramme in skole herinstel.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,589
Ons sal al die ondernemings wat op Wêreldvigsdag met betrekking tot die voorkoming van nuwe MIV-infeksies en die behandeling daarvan gemaak is, implementeer.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,590
Intensiewe stappe word geneem om te verseker dat hierdie werk op skedule bly.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,591
Ons werk hard om te verseker dat almal in Suid-Afrika veilig voel en veilig is.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,592
Ons sal ons werk uitbrei om ernstige en geweldsmisdade te verminder en te verseker dat die regstelsel doeltreffend funksioneer.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,593
Ons implementeer planne om die aantal polisiemanne en -vroue oor die volgende 10 jaar met 10% te vermeerder.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,594
Ons het die stryd teen kapings, besigheids- en huisrooftogte asook kontakmisdade soos moord, verkragting en aanranding, as ons topprioriteite geïdentifiseer.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,595
Ons het almal 'n rol om te speel.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,596
Laat ons aan gemeenskapsveiligheidsforums deelneem.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,597
Kom ons hou op om gesteelde goedere te koop.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,598
Laat ons altyd gereed wees om die polisie van inligting oor misdaadaktiwiteite te voorsien.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,599
Deur saam te werk sal ons misdaad verslaan.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,600
Die plaaslike regering moet werk.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,601
Munisipaliteite moet die voorsiening van behuising, water, sanitasie, elektrisiteit, afvalbestuur en paaie verbeter.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,602
Ons het verlede jaar met burgemeesters en munisipale bestuurders vergader.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,603
Dit het waardevolle insig in die uitdagings op die terrein van plaaslike regering gebied.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,604
Ons het ook verskeie gemeenskappe en munisipaliteite besoek, insluitende Balfour in Mpumalanga en Thembisa in Gauteng.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,605
Na afloop van die Balfour-besoek het ons 'n ministeriële span, bestaande uit nege lede, gestuur om die gebied te besoek en aandag te skenk aan die kwessies wat deur die gemeenskap geopper is.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,606
n Hele aantal sake het reeds aandag geniet.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,607
Ek het die ministers beveel om die uitstaande aangeleenthede ook op te los.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,608
Ons wil herbeklemtoon dat geen griewe ooit geweld en die vernietiging van eiendom kan regverdig nie.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,609
Ons het wetstoepassingsagentskappe beveel om strenger op te tree teen wetteloosheid in Balfour en ander gebiede.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,610
In Desember 2009 het die Kabinet 'n omkeerstrategie vir die plaaslike regering goedgekeur.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,611
Dit sal verseker dat die plaaslike regering oor die korrekte bestuurs-, administratiewe en tegniese vaardighede beskik.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,612
Laat ons gedurende hierdie jaar van aksie saamwerk om plaaslike regering almal se besigheid te maak.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,613
Ons werk daaraan om goed geleë informele nedersettings op te gradeer en om teen 2014 aan minstens 500 000 huishoudings behoorlike dienste en grondbesit te verskaf.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,614
Ons beplan om meer as 6 000 hektaar goed geleë openbare grond vir lae-inkomste en bekostigbare behuising opsy te sit.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,615
'n Nuwe sleutelinisiatief sal wees om mense te akkommodeer wie se salarisse te hoog is om regeringsubsisies te ontvang, maar wat te min verdien om vir 'n normale bankverbandlening te kwalifiseer.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,616
Ons sal 'n waarborgfonds van R1 biljoen opsy sit as aansporingsmaatreël om die private bank en behuisingsektor aan te moedig om nuwe produkte te ontwikkel om in hierdie vraag na behuising te voorsien.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,617
Verlede jaar het ons gesê dat mense op die platteland ook die reg het om elektrisiteit, water, spoeltoilette en paaie te hê.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,618
Ons het gesê hulle moet sportsentrums en beter inkopiesentrums hê soos dié in die stede.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,619
In hierdie verband het ons in Augustus verlede jaar die eerste loodsterrein van die Omvattende Landelike-ontwikkelingsprogram in Giyani, Limpopo, geloods.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,620
Sedertdien is 231 huise gebou.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,621
Vordering is ook gemaak met die voorsiening van infrastruktuur om landbou-ontwikkeling en opleiding vir gemeenskapsleiers te ondersteun.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,622
Toegang tot gesondheids- en onderwysgeriewe het verbeter.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,623
Ons implementeer tans soortgelyke programme in sewe terreine regoor die land, tot voordeel van 21 wyke.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,624
Ons beoog om teen 2014 terreine in 160 wyke te hê.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,625
Ons mikpunt is dat 60% van huishoudings in hierdie terreine teen 2014 uit eie produksie in hul voedselbehoeftes sal voorsien.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,626
Tree vir tree sal ons dit maak, soos die spreekwoord lui, landsgenote, groot dinge begin met klein treetjies.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,627
Ons wil ook grondhervornming en landbou-ondersteuningsprogramme beter integreer.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,628
Ons sukses op hierdie terrein sal gemeet word deur die toename in die aantal kleinskaalse boere wat ekonomies lewensvatbaar word.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,629
Ons is nie 'n waterryke land nie.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,630
Maar steeds verloor ons baie water deur lekkende pype en onvoldoende infrastruktuur.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,631
Ons sal maatreëls instel om ons waterverlies teen 2014 met die helfte te verminder.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,632
As deel van ons pogings om groter ekonomiese groei aan te moedig, doen ons stappe om die koste verbonde aan kommunikasie te besnoei.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,633
Die Suid-Afrikaanse publiek kan uitsien na 'n selfs verdere verlaging in breëband-, selfoon-, landlyn- en openbaretelefoon-tariewe.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,634
Ons sal stappe doen om breëbandspoed te verhoog en 'n hoë standaard van internet-dienste te verseker wat in ooreenstemming met internasionale norme is.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,635
Hierdie regering sal verseker dat ons omgewingsbates en natuurlike hulpbronne goed beskerm en deurentyd verbeter word.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,636
Saam met Brasilië, Indië en China, en in samewerking met die Verenigde State, wat die ontwikkelde wêreld verteenwoordig, het ons 'n wesenlike bydrae gelewer tot die ooreenkoms wat in Desember verlede jaar by die Klimaatberaad in Kopenhagen aanvaar is.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,637
Alhoewel dit nie ver genoeg gaan nie, is dit tog 'n belangrike stap in die regte rigting, aangesien dit alle lande daartoe verbind om op klimaatsverandering te reageer.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,638
Ons sal harder met ons internasionale eweknieë moet saamwerk om 'n wettig bindende verdrag te beding.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,639
As Suid-Afrika, het ons ons vrywillig verbind tot spesifieke uitlaatgas-verlagingsteikens, en ons sal aanhou werk aan ons langtermynstrategie om klimaatsverandering teen te werk.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,640
Ons sal harder werk om Suid-Afrika se belange wêreldwyd te bevorder.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,641
Ons sal pogings ondersteun om die politieke en ekonomiese integrasie van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap- (SAOG) streek te bespoedig en intra-streekhandel en beleggings te bevorder.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,642
Suid-Afrika gaan voort om 'n toonaangewende rol te speel in kontinentale pogings om die Afrika Unie en sy organe te versterk en na eenheid te streef.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,643
Ons sal ons energie daarop toespits om die Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling (Nepad) te laat herleef, as 'n strategie vir ekonomiese ontwikkeling op die vasteland.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,644
Die Staatsdiens moet reageer op die beroep om hierdie termyn deur vinniger optrede en beter prestasie deur die staat te laat kenmerk.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,645
Ons vereis uitnemendheid en harde werk.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,646
Ons benodig staatsamptenare wat toegewyd en bekwaam is en wat na landsburgers se behoeftes omsien.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,647
Die Regering werk reeds aan die ontwikkeling en implementering van 'n staatsdiens-ontwikkelingsprogram, wat die norme en standaarde vir staatsamptenare in alle sfere sal bepaal.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,648
Ons sit ons pogings voort om korrupsie en bedrog in verkrygings- en tenderprosesse uit te wis, asook in aansoeke om bestuurderslisensies, maatskaplike toelaes en identiteitsdokumente, om net 'n paar te noem.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,649
Ons is tevrede met die vordering van die regering op sommige terreine.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,650
Hierdie week het ons 32 687 onregmatige maatskapliketoelaagbetalings opgeskort, ter waarde van R180 miljoen.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,651
Ons Inter-Ministeriële Komitee op Korrupsie ondersoek maniere om korrupsie doelgerig die nek in te slaan.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,652
Deur saam te werk kan ons meer doen.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,653
Soos u weet, het ons die Presidensiële Klagtelyn ingestel om die regering en die Presidensie meer toeganklik vir die publiek te maak en om te help om blokkasies in dienslewering uit die weg te ruim.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,654
Die klagtelyn verteenwoordig ons vasberadenheid om dinge anders in die regering te doen.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,655
Dit het 'n verskil aan baie Suid-Afrikaners se lewens gemaak.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,656
Ons kan mev Buziwe Ngaleka van Mount Frere hier noem, wie se oproep oor haar oorlede man se pensioen die eerste oproep was wat ons op die eerste dag van die klagtelyn geneem het.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,657
Sy is vanaand hier saam met ons.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,658
Ons het ook mnr Nkululeko Cele hier by ons, wat bygestaan is om sy identieitsdokument te kry sodat hy by die Tshwane Universiteit van Tegnologie kon inskryf.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,659
Dit is net twee van die talle suksesstories.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,660
Uit hierdie en ander voorbeelde het ons swakhede geïdentifiseer wat deur die onderskeie regeringsfere reggestel moet word.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,661
Deur die Speaker het ons 'n veelparty-afvaardiging van die Parlement uitgenooi om die oproepsentrum te besoek, sodat LP's eerstehandse ervaring kan kry van die werk wat gedoen word.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,662
Ek het 'n uiteensetting gegee van die hoofelemente van ons planne vir 2010, ons kollektiewe verbintenis as regering teenoor die mense van Suid-Afrika. Die Staatsrede bied 'n breë oorsig oor ons aksieplan. Ministers sal die details in hul onderskeie begrotingsredes verskaf.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,663
In November vanjaar vier ons die 150ste herdenking van die aankoms van die Indiërs in Suid-Afrika. Dit bied 'n geleentheid om erkenning te gee aan die belangrike bydrae van die Indiese gemeenskap op die gebied van arbeid, die sakesektor, wetenskap, sport, godsdiens, kuns en die bereiking en konsolidasie van ons demokrasie.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,664
Ek wil weer van hierdie geleentheid gebruik maak om ons almal se diepe meegevoel te betuig teenoor die Regering en die mense van Haiti met die enorme tragedie wat hulle getref het.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,665
Ons is bly dat ons reddingspanne hulle kon gaan bystaan.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,666
Ek wil graag besondere erkenning verleen aan een Suid-Afrikaner wat nooit huiwer om in tye van nood en rampe te help nie, en ons help om die visie van 'n sorgsame gemeenskap te bevorder. Ons verwelkom vandag dr Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers in hierdie huis.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,667
Om as gasheerland vir die FIFA Wêreldbeker op te tree, maak van 2010 voorwaar 'n jaar van aksie.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,668
Ons beplan reeds jare lank aan hierdie Wêreldbeker. Daar is nog net drie maande oor voor hierdie geskiedkundige gebeurtenis plaasvind. En ons is vasberade om 'n sukses daarvan te maak. Die nodige infrastruktuur, sekuriteit en logistieke reëlings is alles gereed om 'n suksesvolle toernooi te verseker.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,669
As 'n nasie is ons groot dankbaarheid verskuldig teenoor die 2010 Plaaslike Reëlingskomitee vir hul uitstekende poging. Ons wens die voorsitter van die komitee, Irvin Khoza, die Hoof Uitvoerende Beampte, Danny Jordaan, en die afrigter van Bafana Bafana, Carlos Alberto Parreira, alles van die beste toe vir die volgende paar maande.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,670
President Mandela het 'n sentrale rol gespeel om die land te help om die gasheerregte vir hierdie groot geleentheid te wen. Ons moet dus tot sy eer 'n sukses van die Wêreldbeker maak.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,671
Landsgenote, kom ons skaar ons ook agter ons nasionale span, die Bafana Bafana.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,672
Die belangrikste is, wees in besit van julle kaartjies, landsgenote!
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,673
Kom ons koop almal betyds kaartjies sodat ons die wedstryde kan bywoon.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,674
Wanneer ons vandag Madiba se vrylating gedenk, herverbind ons onsself tot versoening, nasionale eenheid, nie-rassigheid en om 'n beter toekoms vir ons as Suid-Afrikaners, swart en wit, te bou.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,675
Gedurende my lewe het ek myself toegewy aan hierdie vryheidstryd van die mense van Afrika.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,676
Ek het gestry teen blanke oorheersing en ek het gestry teen swart oorheersing.
4,977
StateoftheNation.2010.2010-05-24.af.txt
77,677
Ek het die ideaal gekoester van 'n demokratiese en vrye samelewing, waarin almal in harmonie saamleef met gelyke geleenthede.