document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
4,985
aanbod.txt
78,686
Dit sKeur die hart.
4,985
aanbod.txt
78,687
Kikoejoe': meer as nostalgiese terugblik op sestigerjare.
4,985
aanbod.txt
78,688
Koors produk van ryp gees wat verborge dieptes peil. Van Coller, H.P.
4,985
aanbod.txt
78,689
Aspekte van die verhouding tussen ouer en kind in Die kreef raak gewoond daaraan (André P Brink). Prins, M.J.
4,985
aanbod.txt
78,690
Gewilde drama weer te sien. - Die Volksblad, 15 Aug 1997: Joernaal p.
4,985
aanbod.txt
78,691
Só roei ons taal sommer self uit [brief].
4,985
aanbod.txt
78,692
Lae Lande het 'n verweer teen kultuur-imperialisme.
4,985
aanbod.txt
78,693
Venter is 'n man van vele talente. - Beeld, 2 Sep 1997: Kalender p.
4,985
aanbod.txt
78,694
Dié vrolike, satiriese 'joolblad' in vorm van joernalistieke kitsch 'n lekker en welkome verskynsel - en teken van die tye!.
4,985
aanbod.txt
78,695
Soms strek die leser se verbeelding vanself verder.
4,985
aanbod.txt
78,696
Met die aksent op die persoonlike belewing en problematiek. Grové, A.P.
4,985
aanbod.txt
78,697
Lesers se kommentaar op voorgestelde chemieterme. De Villiers, W.van Z.
4,985
aanbod.txt
78,698
Verhaal lees jy eers en haal dan later in.
4,985
aanbod.txt
78,699
Met die aksent op die persoonlike belewing en problematiek. Grové, A.P.
4,985
aanbod.txt
78,700
Paljas' spreek van hope rolprenttalent op eie bodem.
4,985
aanbod.txt
78,701
Postmodernisme-boek moet jy lees en herlees. Venter, L.S.
4,985
aanbod.txt
78,702
Boekbesprekings: Guitige fabels veranker in die Suid-Afrikaanse werklikheid.
4,985
aanbod.txt
78,703
Bundel oor Paternoster.
4,985
aanbod.txt
78,704
Geskiedenis in resente genealogiese romans. Burger, Willie - Afrikaanse Letterkunde-vereniging. Bundel van referate: 18 - 29 Sep 1996, p.
4,985
aanbod.txt
78,705
Gawe versameling volksversies om te geniet. Grové, A.P.
4,985
aanbod.txt
78,706
Saam met die man van Wesselsvlei ry jy jou laaste ry [van alle kante].
4,985
aanbod.txt
78,707
Arts se pa wil boek van Maartens keer.
4,985
aanbod.txt
78,708
Gewilde skrywer met hof gedreig.
4,985
aanbod.txt
78,709
Hofuitspraak byna woordeliks herhaal.
4,985
aanbod.txt
78,710
Geskiedenis in resente genealogiese romans. Burger, Willie - Afrikaanse Letterkunde-vereniging.
4,985
aanbod.txt
78,711
Ligte leesstof uit die pen van drie vroue.
4,985
aanbod.txt
78,712
Pret lê in sondes.
4,985
aanbod.txt
78,713
Klug probeer satiries wees.
4,985
aanbod.txt
78,714
Met die aksent op die persoonlike belewing en problematiek. Grové, A.P.
4,985
aanbod.txt
78,715
Grillighede word gesogte kos met resepte uit verre verlede.
4,985
aanbod.txt
78,716
Begrip van Afrikaans toon groot gebreke.
4,985
aanbod.txt
78,717
Met die aksent op die persoonlike belewing en problematiek. Grové, A.P.
4,985
aanbod.txt
78,718
Met die aksent op die persoonlike belewing en problematiek. Grové, A.P.
4,985
aanbod.txt
78,719
Kookboek is aanwins vir elke kok.
4,985
aanbod.txt
78,720
Op soek na die storie.
4,985
aanbod.txt
78,721
Postkolonialisme en die Afrikaanse letterkunde: 'n verkenning van die rol van enkele gemarginaliseerde disKoerse.
4,985
aanbod.txt
78,722
Die gebruik en misbruik van Christelike simbole in gay-literatuur met spesifieke verwysing na Johann de Lange.
4,985
aanbod.txt
78,723
Ligte leesstof uit die pen van drie vroue.
4,985
aanbod.txt
78,724
Derde in reeks rillers is pret vir jonger lesers.
4,985
aanbod.txt
78,725
Christelike uitgewersmaatskappy 'n leier in die Christelike boekemark.
4,985
aanbod.txt
78,726
Breek weg na verre plekke met nuwe wildernisboek. - Die Burger, 82, 13 Mei 1997: Buiteburger p.
4,985
aanbod.txt
78,727
Tiende deel van WAT getuig van deeglike navorsing.
4,986
aansoek_straatnaamverandering.txt
78,729
Vul A of B of C in.
4,986
aansoek_straatnaamverandering.txt
78,730
Beampte wat die aansoek ontvang het:...
4,986
aansoek_straatnaamverandering.txt
78,731
Beampte se handtekening:...
4,986
aansoek_straatnaamverandering.txt
78,732
Kantoor waar die aansoek ingedien is:...
4,987
afrikaans (1).txt
78,734
Nasionale ordes is die hoogste toekennings waarmee 'n land, via sy president, sy eie burgers en uitnemende buitelandse burgers vereer. Die president, in sy hoedanigheid as bron (houer, wieg, oorsprong) van eer in die land, ken hierdie ordes en dekorasies toe. Hy word deur die direkteur-generaal van Die Presidensie, wat kanselier van nasionale ordes en van 'n adviesraad op nasionale ordes is, in die nakoming van hierdie verantwoordelikheid bygestaan.
4,987
afrikaans (1).txt
78,735
Die geboorte van 'n nuwe nierassige en nieseksistiese demokrasie in Suid-Afrika het 'n kritiese hersiening van die stelsel van nasionale ordes nodig gemaak. Die vorige stelsel het uit een dekorasie en vier ordes bestaan, met 'n simboliese estetika wat verteenwoordigend van die verlede was..
4,987
afrikaans (1).txt
78,736
In 'n poging om van die verlede weg te beweeg, het die nuut gestigte Presidentsadviesraad op Nasionale Ordes in Mei 1998 die taak en verantwoordelikheid gekry om die stelsel van nasionale ordes en toekennings te hersien. Ten einde hierdie taak uit te voer, is 'n tegniese komitee in die lewe geroep. Hierdie komitee het 'n uitvoerige en inklusiewe navorsingsproses aan die gang gesit, met openbare samesprekings, onderhoude met insethouers op nasionale skaal, groepbesprekings wat op alternatiewe stelsels gefokus het, opdraggewing vir historiese navorsing, en juweliers- en medaljeontwerpers byeengebring het om nuwe medaljes aan die hand van 'n ontwerp-opdrag te ontwerp.
4,987
afrikaans (1).txt
78,737
Die voormalige Departement van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie het, as deel van hierdie proses, in samewerking met die Regeringskommunikasie- en -inligtingstelsel (GCIS), dieper na simbole en simboliek ondersoek ingestel in 'n poging om die essensie vas te vang van 'n nuwe estetika wat die gees van die nuwe land weerspieël. 'n Paneel bestaande uit akademici en vakkundiges wat in inheemse simbole en simboliek onderlê is, is gevra om sleutelfaktore en -elemente te identifiseer wat die kollektiewe en inklusiewe geskiedenis en ervaring van Suid-Afrika, met Suid-Afrika as die belangrikste verwysingspunt, aandui. Die gesamentlike resultaat van hierdie proses het tot opdraggewing vir, en uiteindelik die ontwerp van, die nuwe nasionale ordes gelei.
4,987
afrikaans (1).txt
78,738
Suid-Afrika het reeds beduidende vordering in die wegbeweeg van sy verlede van uitsluiting en diskriminasie op grond van seks, kleur en geloof gemaak. Die land is al geruime tyd lank bestendig aan die voortbeweeg op 'n pad wat na die herstel van ons mensheid lei. In hierdie opmars na humanisme het 'n nuwe kultuur van menseregte en respek vir die waardigheid van die menslike gees tiperend van Suid-Afrika geword.
4,987
afrikaans (1).txt
78,739
Een van die simboliese momente in die uittog uit die verlede was die hys van die nuwe vlag in 1994. Hierdie oomblik het die trots en waardigheid van 'n land in wording en 'n viering van humanisme op gepaste wyse bevestig. 'n Soortgelyke moment was die onthulling, op 27 April 2000, van die nuwe landswapen, waarin die kollektiewe historiese essensie van die inwoners van die land saamgevat is. Hierdeur het 'n nuwe estetika, wat Afrika en Afrika-simbole in berekening bring, deel geword van die nuwe kultuur wat tekenend van die Suid-Afrikaanse hergeboorte is.
4,987
afrikaans (1).txt
78,740
Dit is in die gees van daardie hergeboorte dat daar aan die nuwe nasionale ordes gestalte gegee is.
4,987
afrikaans (1).txt
78,741
Hierdie Orde sal toegeken word aan Suid-Afrikaanse burgers vir uitmuntende en buitengewone prestasie.
4,987
afrikaans (1).txt
78,742
Mapungubwe - Die Mapungubwe-koninkryk het 100 jaar gelede in die noordelike hoek van ons land bestaan. Die koninkryk het 'n gesofistikeerde staatsbestel gehad en 'n ontwikkelde landbou. Dit het ook 'n mynbou- en metallurgiebedryf ontwikkel. Die koninkryk het handel gedryf met lande so ver as China. Gedurende sy bestaan het die koninkryk uitnemende menslike denke en vindingrykheid verteenwoordig.
4,987
afrikaans (1).txt
78,743
Die vier uithoeke van die aarde - simboliseer die prestasies van Suid-Afrikaners regoor die wêreld.
4,987
afrikaans (1).txt
78,744
Mapungubwe-heuwel - vorm die agtergrond, 'n sandsteenheuwel op modderklip-neerslag in 'n dor subtropiese gebied met sporadiese somerreënval. Uitgrawings het getoon dat uitnemendheid floreer in die moeilikste natuurlike omstandighede.
4,987
afrikaans (1).txt
78,745
Mapungubwe-renoster - die nou baie bekende artefak wat in 'n graf op die uitgrawingsterrein gevind is, 'n vergulde beeldjie wat rondom 'n sagte kern - waarskynlik houtsneewerk - geskep is, 'n getuienis vir die uitnemendheid van menslike vindingrykheid teenwoordig in die koninkryk.
4,987
afrikaans (1).txt
78,746
Mapungubwe-septer - rys uit die goudsmeltpot aan beide kante - nog een van die artefakte wat in 'n graf op die opgrawingsterrein gevind is.
4,987
afrikaans (1).txt
78,747
Versierde goudsmeltpot - die eenvoudige simmetriese vorms op die stampvol goudsmeltpot simboliseer die oorvloed van uitnemendheid, wetenskap en kreatiwiteit, getuienis vir die eerste prestasies in metallurgie.
4,987
afrikaans (1).txt
78,748
Smeltoond - die suiwerende en lewensondersteunende kenmerke van vuur, wat sedert die Ystertydperk gebruik word, om ontwikkeling en uitnemendheid in samelewings en gemeenskappe te bevorder.
4,987
afrikaans (1).txt
78,749
Hierdie Orde sal aan Suid-Afrikaanse burgers toegeken word vir uitstekende diens. Die diens gelewer sal bo en behalwe die gewone plig wees.
4,987
afrikaans (1).txt
78,750
Hierdie Orde word geïnspireer deur die Baobab. Die Baobab (kremetartboom) is 'n tropiese Afrika-boom. Dit is 'n belangrike element in baie agrobosbou-stelsels in Afrika. Dit verskaf bas vir kledingstof en tou, vrugte vir voedsel en brandstof, en baie ander bruikbare produkte. Die oorsprong van die naam Baobab is deel van die baie ryk legends en geheimenisse van Afrika.
4,987
afrikaans (1).txt
78,751
Baobab (Baobab of Adonsonia Digitata) - bekend vir sy wortels en lang lewensduur. Verskaf nie net skadu en 'n vergaderplek nie, maar is ook sentraal tot die ondersteuning van die gemeenskappe waarin dit gevind word.
4,987
afrikaans (1).txt
78,752
Negehoekige vorm - 'n negehoek op die agtergrond simboliseer die baie verskillende gebiede van moontlike bydrae en diens waardeur 'n voorspoedige en vooruitstrewende nasie gebou kan word. Die ikon is ook simbolies van die nege provinsies van ons land.
4,987
afrikaans (1).txt
78,753
Buitenste organiese ankervorm - Tekstuur-afwerking van baobab-bas; die bas word algemeen gebruik om matte en hoede te maak.
4,987
afrikaans (1).txt
78,754
Hierdie Orde sal toegeken word aan individue met buitelandse nasionaliteite (staats- en regeringshoofde) op grond van vriendskap betoon aan Suid-Afrika. Dit is dus 'n Orde vir vrede, samewerking en aktiewe uitdrukking van solidariteit en ondersteuning. Die Orde is 'n wesenlike steunpilaar vir internasionale en multilaterale betrekkinge.
4,987
afrikaans (1).txt
78,755
Al die toekennings behels vier elemente: 'n wandelstok, 'n nekwapen, 'n miniatuur- en 'n lapelroset. Die laaste Orde bestaan uit drie elemente: 'n nekwapen, 'n miniatuur- en 'n lapelroset.
4,987
afrikaans (1).txt
78,756
OR Tambo - Het wyd gereis oorsee as verteenwoordiger van die onderdrukte mense van Suid-Afrika en het 'n belangrike rol gespeel in die groei en ontwikkeling van die internasionale solidariteitsbeweging teen rassisme en apartheid. Hy het ondermeer die eerste missies van die bevrydingsbeweging in Egipte, Marokko, Ghana en Londen gevestig - 'n beskeie begin waardeur die vriende van Suid-Afrika dwarsoor die wêreld byeen gebring is ter ondersteuning van 'n vrye en demokratiese Suid-Afrika.
4,987
afrikaans (1).txt
78,757
Majola (Molslang) - Die slang wat babas na geboorte besoek. Dit doen die baba of lede van die gesin geen kwaad nie en die enigste vriendelike manier om dit te verjaag, is vir die moeder om dit met haar eie borsmelk te spuit. Dit besoek die baba om dit voor te berei vir 'n suksesvolle en veilige lewe as volwassene. Die slang kom as 'n vriend en beskermengel. Die vriendskap wat hierdeur getoon word is nie geanker in 'n goedhartige demonstrasie van welwillendheid nie, maar is eerder 'n aktiewe uitdrukking van solidariteit en 'n strewe om die jong en groeiende lede van die menslike ras te ondersteun en om langtermyn sukses te bevorder. Die slang leef voort in Afrika mitologie deur die klassieke werk van A.C. Jordan, The wrath of the ancestors. Die werk verander die konvensionele persepsie van 'n slang as bloot vyandig gesind. Dit vestig die breër Afrika interpretasie van die slang as 'n vriend en lid van 'n dinamiese ekologie.
4,987
afrikaans (1).txt
78,758
Wandelstok - uit donker, inheemse hout gekerf en 'n simbool van waardering vir die ondersteuning en solidariteit bewys, ook terselfdertyd 'n verbintenis om die ontvanger daarvan te ondersteun en by te staan.
4,987
afrikaans (1).txt
78,759
Majola - die waaksame oog met hake beide bo en onder simboliseer erkenning vir die aktiewe uitdrukking van solidariteit en ondersteuning vir Suid-Afrika.
4,987
afrikaans (1).txt
78,760
Gold Mametja se gelukkige naam onderskryf sy talente. Sy ontwerpe is gekies uit dosyne ontwerpe wat ingedien is nadat die GCIS juweliersontwerpers genooi het om ontwerpe vir die nuwe Ordes in te dien. Dié jong ontwerper van The Oaks in Limpopo is 'n nywerheidsontwerper by die WNNR in Pretoria. Hy, sy vrou en twee kinders woon in Kempton Park.
4,988
afrikaans (3).txt
78,762
Die voedsel wat ons eet, bepaal ons gesondheid, hoe ons voel, werk en speel, groei en ontwikkel. Voedsel voorsien die liggaam van die nodige voedingstowwe om sterk en gesond te wees. Voedingstowwe bestaan uit: proteïene, koolhidrate, vette, vitamiene, minerale en water. Die doel van die boekie is om jou van inligting te voorsien in die baie belangrike rol wat voedsel speel in die versterking van die immuunstelsel , om sodoende siekte te beveg en herstel te bewerkstellig. Die boekie dien as motivering om jou aandag te fokus op die voedingstatus van elke kliënt met 'n chroniese siekte en om voeding as belangrike instrument te gebruik in die behandelingsplan. Vir die doel van die boekie: mense met 'n chroniese siekte sluit in kliënte wat addisionele voedingsondersteuning benodig om gewigsverlies en agteruitgang te voorkom-veral kliënte wat HIV-positief is, of VIGS, TB of kanker het.
4,988
afrikaans (3).txt
78,763
Daar is 'n direkte verwantskap tussen swak voeding en siekte, omdat die een problem die ander vererger. Die diagram toon hoedat wanvoeding siekte kan vererger, maar ook hoe siekte op sy beurt weer tot wanvoeding kan lei.
4,988
afrikaans (3).txt
78,764
Goeie voeding is een van die maniere waarop hierdie siklus gebreek kan word. Goeie voeding verhoog weerstand teen infeksies en siekte, verhoog energievlakke en laat 'n mens sterker en beter voel. Dit kan ook die progressie van die siekte vertraag.
4,988
afrikaans (3).txt
78,765
Gesonde eetgewoontes kan help om die liggaam se immuunstelsel so sterk as moontlik te hou om infeksies te beveg. Almal moet gesond eet om gesond te bly. Dit is egter van soveel groter belang dat mense met 'n chroniese siekte gesond eet, omdat die risiko soveel groter is vir die voorkoms van wanvoeding.
4,988
afrikaans (3).txt
78,766
Swak spysvertering en absorpsie van voedingstowwe in voedsel, kom voor vanweë die degenerasie van die slymvliese wat die derm uitvoer. Die gevolg hiervan is diarree, wat weer veroorsaak dat die liggaam nòg meer voedingstowwe en water verloor. Swak voedselinname, abnormale verliese van voedingstowwe en verhoogde behoefte aan voedingstowwe in siek mense, veroorsaak gewig-en spierverlies, 'n verswakte immuunstelsel, en dus siekte. Dit is daarom van uiterste belang om te verseker dat 'n persoon met 'n chroniese siekte goed eet.
4,988
afrikaans (3).txt
78,767
Die hoofdoel van ingryping in die voeding van 'n persoon met 'n chroniese siekte, is die verbetering van die voedingstatus van so 'n persoon.
4,988
afrikaans (3).txt
78,768
Daar bestaan heelparty maniere om gesond te eet. Elke mens eet verskillend as gevolg van voedselbeskikbaarheid, -voorkeure, godsdiens, kultuur, ens. Dit is baie belangrik om al bg. faktore in gedagte te hou wanneer jy kliënte van raad bedien oor voeding.
4,988
afrikaans (3).txt
78,769
Kliënte behoort so gou moontlik addisionele aandag te skenk aan voeding, om infeksie, wanvoeding en ongewensde gewigsverlies te voorkom. Dit is baie moeilik om swak voeding te herstel na die vlak voordat die persoon siek geword het, wanneer 'n persoon reeds aan wanvoeding ly en siek is.
4,988
afrikaans (3).txt
78,770
Geen enkele voedselsoort voorsien in al die liggaam se behoeftes nie. Moedig kliënte aan om 'n verskeidenheid van bekostigbare en algemeen beskikbare voedsel te eet. Drie maaltye bestaande uit 'n verskeidenheid voedsel, word aanbeveel per dag. Moedig kliënte ook aan om tussen maaltye te eet. Dit help baie wanneer kliënte met moeite eet en nie altyd genoeg voedsel tydens maaltye inneem nie.
4,988
afrikaans (3).txt
78,771
Onderstaande 'n diagram wat jou kliënte kan wys hoe maklik dit is om gesonde voedselkeuses te maak uit 'n verskeidenheid voedsel.
4,988
afrikaans (3).txt
78,772
Styselryke voedsel soos brood, pap, graankosse, rys, aartappels, stampmielies, giers, mielies, sorghum en pasta, behoort die grootste deel van 'n maaltyd te vorm. Hierdie voedsel is oor die algemeen nie duur nie en het goeie voedingswaarde vir geld. Moedig kliënte aan om ander beskikbare voedsel by die styselryke voedsel te voeg, vir 'n gebalanseerde maaltyd.
4,988
afrikaans (3).txt
78,773
Groente en vrugte voorsien in 'n magdom vitamiene en minerale om die immuunstelsel sterk te hou. Moedig kliënte aan om soveel as moontlik verskillende tipe groente en vrugte te eet. Groente en vrugte met 'n geel, oranje, rooi, of donkergroen kleur, bv. spinasie, pampoen, wortels, appelkose, papaja en mango's, behoort daagliks geëet te word. Sitrusvrugte soos lemoene en naartjies, asook koejawels, mango's en tamaties, bevat vitamien C, wat infeksies beveg. Vyf porsies groente en vrugte per dag word aanbeveel vir kliënte. 'n Groentetuin by die huis, of eetbare veldplante kan help dat 'n persoon genoeg groente eet.
4,988
afrikaans (3).txt
78,774
Hierdie voedselgroep verskaf 'n verskeidenheid voedingstowwe aan die liggaam, waaronder ook proteïene. Dit is baie belangrik om tydens siekte genoeg proteiene in te neem. Almal geniet en kies nie dieselfde dierlike produkte nie, daarom volg 'n paar voorbeelde. Bief, lam, vark, hoender, vis, niertjies, lewer, hart, brein, hoenderpote, pens en pootjies, afval, eiers, melk, dikmelk, suurmelk, joghurt, karringmelk, melkpoeier (nie koffieverromer), kaas, mopaniewurms en insekte. Hierdie voedsel is gewoonlik redelik duur in die winkel-moedig kliënte in plattelandse gebiede dus aan om hoenders, hase, skaap, bokke en ander diere- wat vleis, eiers en melk voorsien- aan te hou.
4,988
afrikaans (3).txt
78,775
Hierdie plantprodukte voorsien proteïene en ander voedingstowwe wat nodig is vir 'n sterk immuunstelsel en spiere. Gekookte, gedroogde bone, ertjies, lensies en soja kan in plaas van vleis geëet word, as deel van 'n gebalanseerde maaltyd wat minder kos. Vir vegetariërs wat aan 'n chroniese siekte ly, moet hierdie produkte 'n baie belangrike deel vorm van 'n gesonde eetplan.
4,988
afrikaans (3).txt
78,776
Klliënte kan suikers, vette en olies insluit as deel van 'n gesonde eetplan. Hierdie voedsel verhoog die energiewaarde en gee smaak aan maaltye, sonder om die kos meer te maak. Lg. is baie handig, veral wanneer dit nie vir 'n kliënt moontlik is om baie te eet nie. Dit is egter belangrik om kliënte daaraan te herinner dat te veel vet diarree kan veroorsaak.
4,988
afrikaans (3).txt
78,777
Sout wat in oormaat gebruik word kan bydra tot hoë bloeddruk. Beveel kliënte aan om sout spaarsamig te gebruik, siende dat baie Suid-Afrikaners aan hoë bloeddruk ly. 'n Groot hoeveelheid sout en water gaan verlore tydens diarree en braking en dit is dus baie belangrik om kliënte daarop attent te maak om verlore sout en water te vervang. Drink 'n mengsel van suiker, sout en gekookte water (1 liter water + 8 teelepels suiker + ½ teelepel sout) wanneer diarree en braking voorkom.
4,988
afrikaans (3).txt
78,778
Dit is belangrik vir elke mens om genoeg water te drink. Diarree, braking en nagsweet veroorsaak groot water- en mineraalverliese in die liggaam- wat weer vervang moet word! Kliënte benodig ten minste 8 koppies vloeistof per dag. Water, koeldrank, melk, vrugtesap of tee kan gedrink word gedurende die dag. Kraanwater is gewoonlik veilig, maar leer kliënte om eerder boorgat-, rivier-, of putwater te kook en af te koel voordat dit gedrink word.
4,988
afrikaans (3).txt
78,779
Mense wat aan chroniese siektes ly behoort nie enige alkoholiese drankies te drink nie. Alkohol beskadig die lewer en veroorsaak verlies van vitamiene, wat nodig is om die immuunstelsel te beskerm. Die kombinasie van alkohol en medisyne is baie skadelik vir die lewer. Alkoholiese drankies sluit in: wyn, bier (insluitend tuisverboude bier en sorghumbier), appelwyn, alkoholiese koelers, whisky, rum, jenewer, wodka, rietsppiritus en ander drankies wat alkohol bevat.
4,988
afrikaans (3).txt
78,780
Moedig kliënte aan om so aktief as moontlik te bly. Huiswerk en gereelde stap verhoog aktiwiteit en help om spiere sterk te hou. Gewigsverlies in HIV/VIGS en ander chroniese siektes is gewoonlik as gevolg van die verlies van spiermassa.
4,988
afrikaans (3).txt
78,781
Wat is voedselvergiftiging?
4,988
afrikaans (3).txt
78,782
Voedselvergiftiging word mees algemeen deur bakterieë veroorsaak. Bakterieë (kieme) kan binne 'n paar uur, teen louwarm temperature vermenigvuldig tot miljoene, en voedselvergiftiging veroorsaak. 'n Gesonde liggaam is toegerus om baie verskillende kieme te kan hanteer, maar tydens siekte is die immuunstelsel verswak en die liggaam beveg infeksies met moeite. Kliënte met TB, VIGS en ander siektes, is meer vatbaar vir infeksies en behoort ekstra versigtig te wees as dit kom by die veiligheid van voedsel. Enige siekte, ook diè veroorsaak deur voedsel, sal die immuunstelsel verder verswak. Voorkom voedselvergiftifing deurdat voedsel op 'n veilige manier hanteer, voorberei en geberg word.
4,988
afrikaans (3).txt
78,783
Was hande met seep en water (verkieslik warm) vir ten minste 20 sekondes voor en na die hantering van voedsel, nadat aan diere geraak is, na toiletbesoeke en nadat jy genies of neus geblaas het.
4,988
afrikaans (3).txt
78,784
Moenie geblikte kos gebruik indien die blikkie opgeblaas is, ingeduik is of lek nie.
4,988
afrikaans (3).txt
78,785
Vermy die gebruik van vuil of gekraakte eiers- eiers is 'n goeie groeimedium vir bakterieë. Was eiers voor gebruik.
4,988
afrikaans (3).txt
78,786
Moenie aan voedsel proe as jy vermoed dat dit bedorwe is nie.'n Gesonde persoon mag dalk die voedsel eet sonder om siek te word, maar 'n persoon wat aan 'n chroniese siekte ly het minder weerstand teen voedselvergiftiging.
4,988
afrikaans (3).txt
78,787
Neem voedsel wat verkoel gehou moet word, reguit huis toe na inkopies en plaas in die yskas of op 'n koel plek. Moet nooit voedsel in 'n warm motor, bus of in die son laat nie.
4,988
afrikaans (3).txt
78,788
Versker dat voedsel verwyder is van troeteldiere en bedek vir vlieë en ander insekte.