document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
104
960906_0w29496.txt
5,305
Ook Tafelberg-uitgewers verlukwensinge. 'n Publikasie is 'n vennootskap tussen skrywer en uitgewer, en daar is vele redes om op 'n besondere wyse trots te voel op die produk van hierdie vennootskap.
104
960906_0w29496.txt
5,306
Nie slegs het Matthews prikkelende en interessante leestof gelewer met die skryf van hierdie boek nie; die simboliek en betekenis van die verskyning daarvan spreek ewe hard.
104
960906_0w29496.txt
5,307
Diegene wat graag die voorstelling maak dat Afrikaans in 'n vyandige omgewing bestaan, hoef nou net na hierdie boek verwys te word. Hier het ons 'n ANC premier, 'n African, 'n man wat ses tale praat - en hy verkies om in Afrikaans te dig en te publiseer.
104
960906_0w29496.txt
5,308
Die verskyning van hierdie boek het dus betekenis wat veel verder strek as die toekoms van Afrikaans. Dit dra 'n betekenisvolle boodskap van versoening en nasie-bou. Alhoewel die meeste van ons sterk identifiseer met een van die baie Suid-Afrikaanse tale, kan ons ook ons tale deel; om na mekaar uit te reik; om ons diepste gevoelens en hoogste aspirasies met mekaar te deel; om respek en begrip vir mekaar te betoon.
104
960906_0w29496.txt
5,309
Deur mekaar se tale aan te leer en te gebruik, gee ons erkenning aan die menswees wat ons met mekaar deel, en bou ons die nuwe Suid- Afrikaanse nasie.
104
960906_0w29496.txt
5,310
Ons staan reeds saam om te werk aan 'n beter lewe vir almal. Laat ons ook met mekaar praat in die verskillende tale van ons land.
105
96j15_0x995.txt
5,312
Baie dankie vir die uitnodiging om hierdie byeenkoms van Jong Afrikaner-leiers toe te spreek. Slegs 'n paar jaar gelede sou dit ondenkbaar wees dat ek die Ruiterwag sou toespreek! - maar dit is diw wonder van Suid-Afrika dat ons daarin slaag om dit wat onmoontlik gelyk het te bereik. Ons land en sy mense het nog nie heeltemal genees nie - daarvoor le die wonde wat apartheid ons almal toegedien het nog te diep - maar ons het al ver gevorder op die pad van nasionale versoening.
105
96j15_0x995.txt
5,313
Hierdie proses van genesing gaan gepaard met die uitdaging dat 'n mens verby die belange van jou eie kultuurgroep moet kyk en die groter geheel van Suid-Afrika se belange ook moet nastreef. Die toekoms van Suid-Afrika hang tot 'n groot mate daarvan as of 'n groter Suid-Afrikaanse bewussyn geskep kan word waar die mense van Suid-Afrika hulself nie in die eerste instansie sien as Afrikaners, of Kleurlinge, of Indiers, of Xhosas ensomeer nie; maar as Suid-Afrikaners wie se optrede gevorm word deur so 'n bewussyn. Die mate vaartoe ons daarin slaag sal die sukses van ons nasiebouprogram bepaal.
105
96j15_0x995.txt
5,314
Trouens, juis omdat u in u eie reg leiers is, behoort u bewustelik daardie een slaggat te vermy waarin meeste Suid-Afrikaners so maklik val: naamlik om sake allereers te benader vanuit die gesigspunt van die rasse- of etniese groep waaraan hulle behoort. Sonder om noodwendig 'n mens se wortels prys te gee, behoort ons altyd eerste die vraag te stel: wat is die beste belang van Suid-Afrika en al sy mense?
105
96j15_0x995.txt
5,315
My boodskap aan u is ge-anker in die konteks van ons Suid-Afrikanerskap, met erkenning dat u soos alle Suid-Afrikaners ook 'n reg het tot die uitbou van u eie kultuur en taal.
105
96j15_0x995.txt
5,316
Ons grootste krag en hoop vir 'n voorspoedige, regverdige en vreedsame nuwe Suid-Afrika le juis opgesluit in so 'n gees van bereidwilligheid tot saam-praat en skeppende samewerking tussen al die gemeenskappe van ons land. Ek is dankbaar vir die groeiende gesindheid van samewerking wat baie jong Afrikaners aan die dag le.
105
96j15_0x995.txt
5,317
Die jeug het 'n besondere taak in die proses van nasiebou, rekonstruksie en ontwikkeling. Ons, die ouer geslag, dra onvermydelik nog swaar aan die las van ons verlede. Julle, die jeug, kan met oper gemoedere na die toekoms kyk en daaraan bou. Die Afrikaner-jeug het daarom dan ook 'n historiese taak om nou weer 'n leierskaprol te speel in julle gemeenskap in die proses van nasiebou.
105
96j15_0x995.txt
5,318
Jul leierskap is juis nou van die uiterste belang om die delikate balans tussen Suid-Afrikanerskap en Afrikanerskap te vind. Dit sal wysheid en groot sensitiwiteit van die nuwe generasie van Afrikaner leiers verg en 'n bewussyn dat die indrukke wat u skep by u mede Suid-Afrikaners van die uiterste belang is om of vertroue te skep of dit te ondermyn.
105
96j15_0x995.txt
5,319
Terwille van 'n eerlike gesprek moet ek vanoggend vir u se dat die onlangse verklarings wat gedoen is in die naam van die "Stigting vir Gelykheid voor die Wet" en die optog wat die organisasie vandag na die Uniegeboue gereel het, in 'n uiters negatiewe lig gesien word deur die meerderheid van die mense in Suid-Afrika. Die betrokkenheid van leierskap figure uit die Apartheid regime van die verlede en die valse verklarings wat gemaak is in verband met die doelstellings van die Waarheids en Versoeningskommissie en die Regering van Nasionale Eenheid se taalbeleid laat 'n wrang smaak in die mond. Die indruk word geskep dat 'n mens hier te doen het met pogings om die onregverdige bevoordeling waarby die Afrikaner in die verlede gebaat het, te behou.
105
96j15_0x995.txt
5,320
Ons almal weet dat in die vorige bestel, in die jare van apartheid en blanke oorheersing, het die Afrikaners die politieke mag besit en op alle terreine was hulle besonderd bevoorreg. Dit is daarom te verstane dat die nuwe bestel met heelwat vrees en voorbehoude benader word. Maar terselfdertyd weet 'n mens ook dat hoe minder Afrikaners die nuwe sosiale en politieke bestel aanvaar, hoe moeliker word hul eie posisie - en ek wil allermins he dat die Afrikaner op die kantlyn van die politiek van die nuwe Suid-Afrika moet staan. U, die jeug, het die taak om die leiding te neem om u gemeenskap teen volle betrokke te hou as aktiewe en entoesiastiese deelnemers aan die nuwe Suid-Afrika.
105
96j15_0x995.txt
5,321
Die nuwe generasie van jong leiers in die Afrikanergemeenskap sal genoeg moed aan die dag moet leom aan die leiers van vorige generasies dit duidelik te maak dat die ware belange van Afrikaners nie deur 'n eng en eksklusiewe benadering bevorder kan word nie. Julle moet weier om betrek te word by ondernemings wat die boodskap uitstuur dat Afrikanerskap gelykgestel word aan die verdediging van die skending van menseregte en teenkanting teen die onafhanklike Waarheids- en Versoeningskommissie; die verdediging van blanke bevoorregting te midde van die massale armoede in ons land; en teenstand teen demokratiese regering. Sulke persepsies, glo ek, is alles in ondiens aan die Afrikaner.
105
96j15_0x995.txt
5,322
Die voortbestaan en die voorspoed van ons nasie vereis mans en vroue met visie en durf, persone wat nie wegskram van hul verpligtinge as Suid-Afrikaners nie. Indien julle bereid is om hierdie uitdaging met waagmoed te aanvaar, wag daar 'n blink toekoms vir die Afrikaner in ons land. Na sulke persone wil ek my hand uitsteek in die wete dat u my onmiskenbare landgenoot is en dat ons almal saam kan bou aan 'n tuiste. Dan kan u van my verwag om die kosbare geestesgoedere van die Afrikaner te beskerm asof dit my eie is, want ek sal verseker voel van u lojaliteit en trou aan Suid-Afrika en sy mense.
105
96j15_0x995.txt
5,323
Ek besef maar net te goed dat wanneer Afrikaners oor die toekomstige rol en plek van Afrikaners praat, dit meestal te doen het met die plek en status van die Afrikaanse taal. Ek het dit al by herhaling gese, maar ek dink dit is goed om dit weereens vandag te se: Afrikaans is 'n taal van hierdie land. As sodanig sal Afrikaans presies dieselfde beskerming ontvang soos enige ander taal; en presies dieselfde mate van ondersteuning en bevordering as ander tale. Die uitmuntende prestasies van Afrikaans op verskeie gebiede, is prestasies waarop die hele Suid-Afrikaanse bevolking trots kan wees.
105
96j15_0x995.txt
5,324
Daar is derhalwe van die kant van die Regering van Nasionale Eeenheid geen poging om Afrikaans af te gradeer nie. Dit sal kultureel onnosel wees om af te breek wat reeds gebou is. Wat die Grondwet ons wel verplig om te doen en wat 'n morele plig is in die nuwe samelewing waaraan ons bou, is om al die verskillende tale van ons land op 'n gelyke voet te plaas. U sal sekerlik saamstem dat die spesiale en bevoordeelde posisie wat Afrikaans en Engels in die vorige bestel geniet het, nie onveranderd gehandhaaf kan word nie. U as jong leiers het die plig en die geleentheid om te help bou aan 'n situasie waar al die tale van ons land eenders behandel en bevorder sal word. Ek wil u nogmaals die versekering gee dat daar geen spesifieke vyandigheid teenoor Afrikaans is nie; en dat daar ook geen poging is om Engels te bevorder as 'n manier om enige ander taal by te kom nie.
105
96j15_0x995.txt
5,325
Die Afrikaners het 'n lang en trotse geskiedenis van om te stry vir u vryheid. Ten spyte van groot opofferinge en aangrypende helde dade was die Afrikaners nie in een van die twee Vryheidsoorloe milter oorwinnaars nie. Tog het u elke keer uit die stryd getree met 'n verdiepste sin van u eie identiteit en daaruit het ons land op verskillende maniere gebaat.
105
96j15_0x995.txt
5,326
Vandag staan u voor 'n Derde Vryheidsoorlog en die wyse waarop u deelneem aan hierdie stryd sal ook tot 'n groot mate die houding teenoor Afrikaans en Afrikaners help bepaal. Die oorlog vandag is nie militer teen 'n eksterne of interne vyand nie. Dit is 'n oorlog en stryd teen verdeeldheid en grootskaalse sosiale ongelykheid. Dit is nie net Afrikaners wat vir Afrikanerregte en belange verantwoordelikheid het nie. Ek, onder andere, het dit ook nog altyd my erns gemaak om aktief om te sien na die belange van Afrikaners, net soos van die ander groepe. En op dieselfde wyse het Afrikaners die verpligting om hulle nie net met die belange van die Afrikaners te bemoei nie, maar aktief deel te wees van die strewe om die lewe van alle mense in die land te verbeter.
105
96j15_0x995.txt
5,327
Dit is in die konteks wat ek u wil vra om die kwessie van regstellende aksie te benader. Daar is ongelukkig 'n groeiende persepsie onder die meerderheid van die mense van Suid-Afrika - wat onder apartheid gely het - dat kritiek van Afrikanerkant in verband met regstellende aksie uitsluitlik daarop gemik is om soveel moontlik van die Afrikaner se onregverdige bevoorregte posisie van die verlede te behou. Vir soverre dit waar is sal u hand in eie boesem moet steek. Selfkritiek oor 'n aangeleentheid soos hierdie hoef nie vernederend te wees nie, dit kan bevrydend wees. Dit is egter van die uiterste belang dat ons almal moet verstaan die onregverdighede van die verlede aangespreek moet word. Oor die wyse waarop regstellende aksie toegepas word is dit belangrik dat ons met 'n oop en kritiese gemoed daaroor moet kan praat. Enige konstruktiewe voorstelle van u kant sal waardeer word.
105
96j15_0x995.txt
5,328
Ek het opgemerk dat die Ruiterwag 'n organisasie is wat hom op 'n Christelike grondslag baseer. Onderliggend aan die idee van die Waarheids en Versoeningskommissie is daar opvattings wat diep weerklank behoort te vind by gelowiges. Die hoofoogmerk met die kommissie is om nasionale versoening te bewerkstellig. Ware en blywende versoening is egter nooit 'n goedkoop of oppervlakkige onderneming nie. Ware versoening en vergifnis veronderstel dat ons kennis sal neem van die pyn wat die een die ander aangedoen het; dat ons besorgdheid oor die wat gely het sal betoon en dat ons dan as 'n meer gesuiwerde nasie saam sal hande neem en 'n toekoms bou waar sulke vergrype nie weer moontlik sal wees nie. Ek voel verseker dat die besondere manne en vroue wat aangestel is in die Kommissie, van sodanige kaliber en integriteit is dat hulle sal toesien dat die Kommissie in daardie gees werk.
105
96j15_0x995.txt
5,329
Die opmerkings wat duur sommige van u, ook onder die vaandel van die "Stigting vir Gelykheid voor die Wet" gemaak is, oor die Waarheids en Versoeningsskommissie was uiters ongelukkig. 'n Mens is met die indruk gelaat dat daar gepoog word om Afrikaners deur middel van 'n vrees psigose te mobiliseer teen die Kommissie. Die waarheid oor die doelstelling en die funksie van die Kommissie is verdraai en ek wil 'n baie ernstige oproep op enige van u wat by sodanige verklarings betrokke was om dit te stop. U doen die saak van Afrikaner net skade en u doen u eie mense 'n groot onreg aan deur hul te mislei oor wat die Regering se werklike versoenende oogmerke is met die Kommissie. Soos ek al vroeer gese het; u het 'n plig om u mense te help om werklik deel van die nuwe Suid-Afrika te word. Terwille van die Afrikaner, moet assegblief nie toelaat dat enigiemand u daarvan tee hou nie.
105
96j15_0x995.txt
5,330
Laat my ten slotte toe om u organisasie, en al die jong Afrikanerleiers, alles van die beste toe te wens vir hierdie jaar wat voor ons le.
105
96j15_0x995.txt
5,331
Ons het in die byna twee jaar wat verby is 'n goeie grondslag vir ons nuwe nasie gele. 1996 is die jaar waarin ons moet konsolideer en daadwerklike veranderinge in de lewens van ons mense moet bring - veral hulle wat in die verlede soveel onder apartheid geley het. Daarin het elkeen van ons 'n groot rol om te speel - U as jong Afrikaners ook.
105
96j15_0x995.txt
5,332
Ek wil nog 'n keer by u aandring om nooit te vergeet dat u Suid-Afrikaners is nie. Indien dit altyd 'n duidelike deel van u bewussyn is het ek geen twyfel dat u, soos in soveel tye in die geskiedenis van ons land, weer eens gesien sal word as sentrale bouers aan die nuwe. Volwaardige Suid-Afrikaners wat nou nog meer as ooit te vore hul budrae tot hierdie pragtige land van ons kan maak, omdat hulle finaal bevry is van die kettings van rassisme en apartheid.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,334
Na die drie applikante sal gerieflikheidshalwe op hulle vanne verwys word indien individueel na hulle verwys.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,335
Al drie applikante is skuldig bevind aan sewe aanklagtes van moord, sewe en twintig aanklagtes van poging tot moord en twee aanklagte waarin die onwettige besit van 'n AK47 geweer en ammunisie beweer is. 'n Afskrif van die klagstaat waaruit volledige besonderhede verkry is, word hierby aangeheg en waaruit ook blyk dat die klagtes oor die onwettige besit van vuurwapens verskil van applikant tot applikant.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,336
Al drie applikante was lede of ondersteuners van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) onder die leiding van mnr Eugene Terreblanche en die Orde Boerevolk onder leiding van mnr Piet Rudolph. Volgens die getuienis was laasgenoemde organisasie meer militant as die AWB an het lede van die Orde Boerevolk 'n eed afgelê wat as Bewysstuk A by die aanhoor van die aansoeke ingedien is.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,337
Al die mag en alle middele tot my beskikking al beteken dit ook dat ek my lewe in die proses moet opoffer. Voorts dat ek getrou aan hierdie eed alle opdragte wat ter bereiking van die bogenoemde ideaal aan my uitgereik mag word, sal uitvoer; dat ek sal toesien dat opdragte wat ek mag gee, ter bereiking van bogenoemde ideaal uitgevoer sal word.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,338
Soos blyk uit die klagstaat het die voorval waarop hierdie aansoeke betrekking het, plaasgevind op 9 Oktober 1990 in die Durban distrik. Die vorige afsnydatum vir indemniteitsaansoeke onder die Indemniteitswet van 1992, was 8 Oktober 1990, sodat hierdie aansoeke nie daaronder kon ressorteer nie.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,339
Die feite waaruit hierdie aansoeke spruit staan vas en blyk ook uit die uitsprake van die Regters wat onderskeidelik Botha en Smuts in een saak en Marais in 'n ander saak, verhoor het.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,340
Gedurende die oggend van die 9de Oktober 1990 het Botha berigte oor die radio gehoor, en dit is in latere nuusberigte herhaal, dat swart jeugdiges geklee in PAC T-hemde 'n groep blankes op die Durbanse strand aangeval het. Een blanke het gesterf as gevolg van die meswonde terwyl ander in 'n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem is. Botha wat 'n kommandant in die AWB en 'n leier in die Richardsbaai omgewing was, was ook leier van 'n Orde Boerevolk sel aldaar. Piet Rudolph, die leier van die Orde Boerevolk, sou volgens Botha se getuienis dit aan die lede van sy Orde Boerevolk opgedra om toe te sien dat indien een blanke om die lewe gebring word vanweë 'n politieke motief, hulle moes toeslaan en toesien dat minstens 10 swartes met dieselfde lot getref word. Dit sou aan die regering en die bevrydingsorganisasies die duidelike boodskap stuur dat politieke moorde op blankes tienvoudig vergeld sou word. Dit moes dien as 'n afskrikmiddel teen verdere politieke moorde op blankes en die militêre aanslag wat met die oog op verkryging van eenvormige politieke regte gevoer is.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,341
Nadat Botha hierdie nuusberigte gehoor het, het hy, uit hoofde van sy rang en gesagsposisie in die gemelde organisasies, Smuts en Marais na sy huis ontbied, versoek dat hulle wapens saambring en het die drie van hulle die aand na Durban vertrek op 'n missie om die oggend se aanval op die strand te vergeld.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,342
Die doel was dat een en almal die boodskap moes ontvang dat sulke politieke moorde met groter geweld en meer lewensverlies beantwoord sou word. Na 'n soektog om, volgens hulle, 'n geskikte teiken te kry, het 'n bus met swart passasiers verbygekom en is besluit om met die outomatiese gewere op die bus los te brand. Die resultaat was die dood van sewe insittendes en die verwonding van talle ander.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,343
Die feit dat die aanval gemik was teen onskuldige burgerlikes en hoe dit in verband staan met 'n politieke motief gerig teen die regering of 'n bevrydingsbeweging, word deur Botha as volg beantwoord met verwysing na die dood van burgerlikes in oorlogsituasies soos die gebruik van die atoombom op burgerlike Japannese.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,344
Die eerste vraag wat beantwoord moet word is of hierdie optrede van die applikante gesien kan word as misdade geassosieer met 'n politieke doelwit. Dit is nie noodwendig dat die daad self polities gemotiveerd moet wees nie. Die daad moet geassosieer wees met 'n politieke oogmerk.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,345
Die optrede van die daders kan ongetwyfeld net spruit en geassosieer word met hulle politieke doelwitte, naamlik om die politieke hervorming waarvoor die bevrydingsbewegings veg en waarmee die Nasionale Party regering hom in 'n minder of meerdere mate vereenselwig, teen te staan, en om aan die bevrydingsbewegings die boodskap te stuur dat as hulle onskuldige burgerlike blankes vermoor, dieselfde lot onskuldige swartes sal tref. Hierdie boodskap sou uiteraard die regering self tref want die Nasionale Party regering was getaak om oor alle inwoners van die RSA se veiligheid te waak en rassekonflik af te weer.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,346
Vierdens, en miskien van die grootste waarde in hierdie opsig, aanvaar ons dat wat die beskuldigdes gedoen het, hulle in die bona fide geloof in die Orde Boerevolk se saak en doelstellings gedoen het. Hoewel hulle blykbaar ook lede is van die AWB speel hierdie feit geen rol in hierdie saak nie. Wat betref die Orde Boerevolk se saak het die beskuldigdes geglo dat die PAC 'n beleid van geweld teen blankes voortstaan en dat hulle plig was om die Orde Boerevolk se beleid te gehoorsaam, naamlik dat vir elke blanke wat deur swartes doodgemaak word, daar tien swartes moet sterwe. Beskuldigde 1 sê dat hy glo dat die blanke in Suid-Afrika in 'n oorlog gewikkel is.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,347
Dat lede soos die appellante vas glo dat die Afrikanervolk reeds in 'n verbete stryd om voortbestaan teen ander bevolkingsgroepe gewikkel is, kan nie betwyfel word nie - daarvan spreek eerste en derde appellante se getuienis.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,348
In die onderhawige geval is die politieke weerwraak nie persoonlike weerwraak nie en gaan dit gepaard met 'n politieke doelwit, naamlik, die uitsending van 'n politieke boodskap indien 'n bevrydingsbeweging soos die PAC blanke burgerlikes aanval, dieselfde lot swart burgerlikes sal tref. Botha het herhaaldelik in sy getuienis voorgehou dat die "reëls" vir hierdie optrede geskryf is deur die PAC in hulle optrede wat die gebeure voorafgegaan het. Hierdie bewering is irrelevant sover dit die aansoek self betref, maar wel relevant in soverre dit daarop dui dat die daad nie uit persoonlike kwaadwilligheid, nyd of haat gepleeg is nie, maar polities geïnspireerd was. In Engels gestel: "it wasn't revenge, it was retaliation."
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,349
Uit die aard van die saak sal ander mense hewig verskil van die beleid en uitsprake van die organisasies waarvan die applikante lede was. Dit verander egter nie die feit dat daardie organisasies algemeen bekende organisasies was wat in 'n politieke stryd gewikkel was met die regering en ander politieke organisasies nie. Dit bring die applikante binne die bepalings van Artikel 20 (a) van Wet 34 van 1995. Die daad wat hulle gepleeg het, is 'n daad wat met 'n politieke oogmerk "in verband staan." Die vraag is egter of dit voldoen aan die kriteria wat gestel word in Artikel 20 van die voormelde wet. Hierdie sub-artikel lê kriteria of maatstawwe neer en nie vereistes nie.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,350
Daar is reeds vroeër met die motiewe van die applikante gehandel. Subjektief gesien wat hulle motiewe polities van aard, wat ookal die objektiewe oordeel daaroor mag wees.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,351
Die konteks waarin die daad gepleeg was, was 'n daad voortspruitend uit die konflikte van die verlede en was as deel van 'n politieke oproerigheid of gebeure of in reaksie daarop. Die misdryf was ongetwyfeld van 'n ernstige aard. Die ernstigheid en gewigtigheid van hierdie geval waar sewe onskuldige burgerlikes gedood is, kan nie onderskat word nie. Die gemelde wet lê in Artikel 20 'n verpligting op die Komitee om ook te kyk na indemniteitsverlening onder die vorige wette. Vergelykings is altyd moeilik omdat feite verskil. Die kriteria uiteengesit in Artikel 20 van Wet 34 van 1995 is egter soortgelyk aan die kriteria genoem in die wette waarna in Artikel 20 verwys word. Ook in daardie wette was dit slegs maatstawwe en nie vereistes nie en het die indemniteitsverlening daarvolgens geskied. Die aspekte verwys na in Artikel 20 en van Wet 34 van 1995 is nie vereistes waaraan in elk en iedere geval as voorvereistes voldoen moet word nie. Dit is kriteria wat as hulpmiddels dien om te bepaal of die besondere daad wat gepleeg is, 'n daad is wat geassosieer is met 'n politieke oogmerk soos in die onderhawige gevalle hierbo aangetoon.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,352
Die voorval spruit uit die konflikte van die verlede en het direk verband gehou met die strewe van die bevrydingsbewegings tot groter en gelyke politieke seggenskap en die verset van onder andere die AWB en die Orde Boerevolk daarteen. Beide hierdie organisasies was openbare bekende politieke organisasies wat in uitgesproke verset was teen die destydse beoogde politieke hervorming en al drie die applikante was lede van hierdie organisasies. Beide organisasies het sowel die Staat se hervorming as die doelwitte van die bevrydingsbewegings hand en tand beveg.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,353
Die getuienis was verder dat die applikante geglo het dat die aanval deur jeugdiges met PAC hemde en embleme op blankes die begin was van 'n openlike stryd soos elders in Afrika ondervind was.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,354
Opruiende toesprake deur die leiers van die organisasies waarvan die applikante lede was, was ook aan die orde van die dag. Die dade is dan ook in hierdie konteks gepleeg na die voorval wat deur aanhoorders van die nuusberigte deur die SAUK oor die aanval op blankes op die strand as 'n politieke voorval gesien is, en was volgens al die getuienis gepleeg in reaksie daarop.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,355
Regtens en feitelik was die dade met besondere ernstige aard. Onskuldige buspassasiers het die lewe gelaat of is vermink. In daardie tydperk was dit wel skokkend, maar nie vreemd aan die Suid-Afrikaanse politieke toneel nie. Talle onskuldige burgerlikes het ook in bomaanvalle of landmyne gesterf en aanvalle het by sportgeleenthede, kerke en begrafnisse voorgekom. Die voorval op die strand daardie selfde oggend was maar net aanduidend van die politieke milieu. Ofskoon dit afkeuringswaardig mag wees, so is enige verlies van menselewens, is dit die feitlike situasie wat op 'n stadium in die konfliksituasie van die verlede gegeld het en waarmee rekening gehou moet word. Dit is so dat indemniteit verleen is in gevalle wat net so grusaam as die huidige was en waar onskuldige vrouens en kinders ook die slagoffers was en selfs waar die aanbevelingskomitee bevind het dat proporsionaliteit tussen die politieke doelwit wat nagestreef is en die daad, ver verwyderd was.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,356
Uit die getuienis het dit ook duidelik na vore gekom dat die konflik tot 'n groot mate in bepaalde geledere 'n rassekonflik was - 'n stryd teen rassediskriminasie en 'n stryd ten gunste van wat genoem is kleuronderskeid. Hierdie is een van die waarhede van die verlede wat dikwels vermy of ontken word, maar wat vierkantig in die oë gekyk moet word. Die politieke skikking wat bereik is, het verhoed dat die konflik gegroei het tot 'n volskaalse rasse-oorlog.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,357
Na oorweging van die voorafgaande kom die Komitee tot die slotsom dat Smuts en Marais op bevel van Botha gehandel het. Botha, soos reeds aangedui, was 'n kommandant van die AWB en was in bevel van die Orde Boerevolk sel waarvan Smuts en Marais lede was. Hy het dan ook op 10 Oktober 1990, die dag na die voorval, die SAUK gebel en gesê die Orde Boerevolk aanvaar aanspreeklikheid vir die aanval op die bus. Botha was in die bevelstruktuur van die Orde Boerevolk die persoon wat bevele aan Smuts en Marais kon gee. Soos blyk uit die eed vroeër aangehaal, het hierdie lede hulle verbind om hierdie opdragte te gehoorsaam.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,358
Die onderskei hulle posisie van Botha se posisie. Botha het geen direkte opdrag ontvang om hierdie spesifieke dade te pleeg nie. Daar is geen getuienis voorgelê dat die AWB of die Orde Boerevolk Botha beveel het om hierdie dade te pleeg nie of dat hy dit met hulle goedkeuring gepleeg het nie. Nog Eugene Terreblanche, nog Piet Rudolph het getuienis ter ondersteuning van Botha afgelê of op enige wyse tydens die verhoor te kenne gegee dat hy met hulle goedkeuring of op grond van hulle bevele gehandel het nie. Geen brief, geskrif of eedsverklaring deur hierdie leiers of hulle organisasies is in hierdie verband voorgelê nie. Botha beroep hom dus slegs op 'n algemene opdrag wat hy beweer aan hom gegee is by sy inswering. Hierdie inswering was in die geheim en geeneen van sy leiers of persone wat hierdie inswering bygewoon het, het na vore gekom om sy bewerings te staaf nie. Dit plaas 'n vraagteken oor die feit of so 'n algemene opdrag bestaan het of beoog het dat teen onskuldige persone opgetree kan word. Dit laat die vraag ontstaan of dit nie 'n hakkejag operasie beoog het teen die persone of die partygenote van die persone wat verantwoordelik was vir die dood van die blanke as gevolg waarvan die vergeldingsmaatreëls getref is nie en of dit nie doodslag van ander mense wat nie PAC lede was nie, sou insluit. Op die getuienis voor die Komitee kan nie bevind word dat Botha in hierdie spesifieke geval in opdrag van sy organisasie opgetree het nie. Smuts en Marais het egter in gevolge die bevel van hulle gesagvoerder opgetree en hulle was geregtig om te aanvaar dat hy, as bevelvoerder, dit vooraf sou uitgeklaar het met sy leiers.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,359
Hulle maak dus staat daarop dat hulle namens of ten behoewe van hulle organisasie opgetree het in 'n politieke stryd en oorlogsituasie wat hulle geglo het aan die orde van die dag was. Die optrede moet gesien word binne die konteks van die destyds heersende politieke stryd wat gekenmerk was deur aanvalle van die strydende partye oor en weer en voorvalle waarin burgerlikes ook te sterwe gekom het, hetsy deur aanvalle van die sekuriteitsmagte of deur bevrydingsbewegings. Die wapens en ammunisie wat Smuts en Marais op hierdie bepaalde tydstip in hulle besit gehad het, was volgens hulle getuienis ook verkry en gehou om gebruik te word in die politieke oorlog wat hulle voorsien het.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,360
Gevolglik word AMNESTIE AAN SMUTS EN MARAIS VERLEEN op al die klagtes waaraan hulle skuldig bevind is. AMNESTIE AAN BOTHA WORD GEWEIER, BEHALWE DAT AMNESTIE WEL AAN HOM VERLEEN WORD VIR DIE ONWETTIGE BESIT VAN 'N VUURWAPEN EN AMMUNISIE wat vir dieselfde bekom is as in die gevalle van Smuts en Marais.
106
970905_bothasmutsmarais.txt
5,361
GETEKEN HIERDIE 5de DAG VAN SEPTEMBER 1997.
107
98a13_0w1309811219.txt
5,363
Laat my asseblief toe om eerstens verskoning te vra aan die gemeenskap van Garies vir die feit dat my vorige besoek, weens tegniese probleme met ons helikopter, op sulke kort kennisgewing gekanselleer moes word.
107
98a13_0w1309811219.txt
5,364
Ek is baie dankbaar dat my vriende in die sakegemeenskap hierdie saak as belangrik genoeg beskou om weer vandag hier te wees sodat ons gesamentlik oplossings kan soek vir die nood wat hierdie gemeenskap beleef.
107
98a13_0w1309811219.txt
5,365
Dit is verder ook van betekenis dat hierdie besoek saamval met die Masakhane Fokus Week. Deur middel van 'n duisend projekte dwarsoor die land, word daar in hierdie week gevier en erkenning gegee aan die krag van vennootskap en selfopheffing, aan bemagting en selfverantwoordelikheid - dit alles in diens van die verandering en verbetering van mense se lewens, en die bou van 'n nuwe Suid Afrikaanse nasie.
107
98a13_0w1309811219.txt
5,366
Primere gesondheidsorg is 'n basies behoefte in ons lewens. Ons kan nie 'n toestand duld waar ons mense hierdie basiese reg ontse word nie. Daarom is ek dan ook so bly om deel te wees van hierdie belangrike besoek aan die Garies hospitaal-projek, saam met sake-leiers van die Wes-Kaap.
107
98a13_0w1309811219.txt
5,367
Ons benodig gesondheidsorg-sentrums wat maklik bereikbaar is vir die publiek. Die feit is dat siek en beseerde mense nog steeds weggewys word omdat daar nie plek in ons hospitale is om hulle op te neem nie.
107
98a13_0w1309811219.txt
5,368
Ons demokraties-verkose regering is besig om dit aan te spreek en te verander deur klinieke te bou en hospitale op te gradeer.
107
98a13_0w1309811219.txt
5,369
Ten spyte van die beperkte middele en vermoens waaroor ons beskik, is ons besig om vordering te maak met die verbetering van die lewensgehalte van mense; of dit nou is met gesondheidsorg, toegang tot skoon water, elektrisiteit en telefone; of die opgradering van paaie; of die voorsiening van onderwys-geleenthede.
107
98a13_0w1309811219.txt
5,370
Maar, trots soos ons tereg mag wees op die vordering, besef ons dat dit nog jare sal neem voordat ons aan die behoeftes van al ons mense voldoen het. Dit is 'n taak wat geen regering op sy eie kan uitvoer nie, en dit is daarom dat ons gemeenskappe en die sake-sektor gevra het om in vennootskap met ons hieraan te werk.
107
98a13_0w1309811219.txt
5,371
Die gemeenskap van Garies het soos enige ander die reg tot ordentlike gesondheidsorg. Ons het almal 'n gesamentlike verantwoordelikheid om ons maatskaplike probleme op te los. Diegene van ons wat, vanwee hul samelewingsposisie in die verlede, vaardighede en middele bekom het, het nou 'n belangrike rol te speel om die lewenstandaarde van die armes te verbeter.
107
98a13_0w1309811219.txt
5,372
Die Noord-Kaap is 'n provinsie wat gebukkend gaan onder groot maatskaplike en ekonomiese agterstande. Dit is veral so in gebiede soos die afgelee Kalahari, die Karoo en Namakwaland. Ons het 'n verpligting om die lewe te verbeter van daardie mense van hierdie provinsie wat benadeel is deur die apartheidsbeleid van die verlede.
107
98a13_0w1309811219.txt
5,373
Ek bedank van harte die Wes-Kaapse sake-leiers en verteenwoordigers wat die tyd geneem het om vir hulself te kom sien wat die behoeftes van die Garies-gemeenskap is. Dit is 'n bewys van u belangstelling om 'n bydrae te maak tot maatskaplike projekte wat deur die mense van die provinsie en gemeenskap self voorgestel is.
107
98a13_0w1309811219.txt
5,374
Elke keer nog dat ek 'n versoek tot sake-leiers gerig het om the help met sulke projekte om die dringendste behoeftes van ons mense aan te spreek, was die reaksie oorweldigend. Dwarsoor die land is daar klinieke, skole en hospitale wat gebou en opgegradeer is met die vrygewige bystand van die privaat-sektor. Dit is 'n klinkende voorbeeld van wat versoening in die praktyk beteken, as mense saamwerk om die erfenis van ons verdeelde verlede ongedaan te maak. Dit is 'n belegging wat in die gemeenskap teruggeploeg word; dit is 'n belegging in die toekoms van ons land.
107
98a13_0w1309811219.txt
5,375
Gemeenskappe self het ook die verantwoordelikheid om projekte in hul eie midde te begin. Mense behoort deel te neem aan die verandering en verbetering van hul lewensomstandighede. Ons is bewus van die ongelukkige omstandighede waarin u uself bevind. Ons is u regering en is hier om u te dien. Ons kom om na u te luister omdat ons wil voortgaan om saam met die mense te regeer. Dit is verblydend om te weet dat so 'n vennootskap reeds in hierdie provinsie bestaan.
107
98a13_0w1309811219.txt
5,376
Deur so 'n vennootskap tussen regering, gemeenskap en privaat-sektor, kan ons die visie van 'n beter lewe vir almal verwerklik.
107
98a13_0w1309811219.txt
5,377
Ek bedank u een en almal.
108
98b05_mandel9811334.txt
5,379
Dit is 'n groot voorreg vir my om vandag hierdie projek aan die gemeenskap, en hierdie land aan die plaaswerkers te oorhandig.
108
98b05_mandel9811334.txt
5,380
Ek het nou net, nie ver hiervandaan nie, 'n behuisingsprojek amptelik geopen.
108
98b05_mandel9811334.txt
5,381
Regdeur ons land word nuwe huise gebou, deur talle nuwe projekte word die lewens van miljoene verbeter. Waterkrane word aangelè en elektrisiteit word na huise gebring.
108
98b05_mandel9811334.txt
5,382
Sommige van hierdie projekte word met groot feesviering geopen; in ander gevalle word dit stiller gedoen. Sedert ons eerste demokratiese verkiesings in Suid Afrika, 'n skrale vier en n half jaar gelede, is soveel al reggestel dat ek nie anders kan as om vreugde in my hart te voel nie.
108
98b05_mandel9811334.txt
5,383
Hoe meer ons regkry, hoe meer verstaan ons hoeveel nog gedoen moet word. Hoe meer ons sien hoeveel kinders deur die regering se voeding-skema bereik word, hoe meer vasbeslote word ons om daarvan 'n sukses te maak.
108
98b05_mandel9811334.txt
5,384
Julle moet trots wees oor wat julle en die Noord-Kaap regering tot dusver al reg gekry het. Maar, ons weet dit is nie genoeg nie; daar is nog so baie wat gedoen moet word.
108
98b05_mandel9811334.txt
5,385
Ons moet almal hard saamwerk om nog baie meer te bereik en van ons land die plek te maak waarvan ons droom: 'n land vry van armoede, vry van misdaad, vry van diskriminasie, 'n land waar gelykheid nie net in ons grondwet geskryf staan nie, maar 'n werklikheid is in die alledaagse lewens van al ons mense.
108
98b05_mandel9811334.txt
5,386
Die volgende verkiesings is op hande.
108
98b05_mandel9811334.txt
5,387
Binne enkele maande sal elkeen van ons wat oor die ouderdom van agtien is, vir die tweede keer ons demokratiese reg om te kan stem, uitoefen. Maak asseblief seker dat julle almal julle groen idenditeitsdokumente met die "bar codes" het; en dan dat julle almal registreer sodat elkeen sy plig teenoor sy land kan doen. Onthou: om te mag stem is nie net 'n demokratiese reg nie; dit is ook 'n burgerlike plig.
108
98b05_mandel9811334.txt
5,388
Met hierdie woorde, wil ek graag amptelik hierdie bou projek aan die gemeenskap van Ritchie en hierdie titel-akte van die land aan die nege-en-vyftig plaaswerkers oorhandig.
108
98b05_mandel9811334.txt
5,389
Ek sien daarna uit om later weer na Ritchie terug te keer, en 'n vrugbare, ontwikkelende plek hier te sien. Wanneer ek terug kom wil ek graag baksteenhuise hier sien staan. Dit sal hierdie dag dubbel en dwars die moeite werd maak.
109
990423224p1005.txt
5,391
n Mens kan nou al die dae begin tel na die einde van ons eerste demokratiese regering. Vir myself sal dit natuurlik beteken dat ek uiteindelik uit die openbare lewe kan tree en bietjie terug sit. Ek sien geweldig daarna uit om tyd te spandeer met my kleinkinders en om weer rustig te kan lees en dink, en gewoon net stil te sit.
109
990423224p1005.txt
5,392
As ek terug dink oor hierdie laaste vyf jaar, sal my interaksie met mense uit die Afrikaner-gemeenskap my altyd bybly. Ek het dit as my plig beskou om in aanraking te bly met alle gemeenskappe van ons land; maar dit is 'n feit dat van al die groepe, ek van die mees volgehoue kontak met Afrikaners gehad het.
109
990423224p1005.txt
5,393
Dit is nie omdat 'n mens Afrikaners wou verhef bo ander nie; of omdat ek gedink het hulle is meer van 'n probleem as ander nie. Afrikaners het 'n besondere rol gespeel en beklee 'n sonderlinge posisie in die oorgang wat ons land gemaak het. Dit is hul politieke leiers wat die ongekende stap geneem het om deel te neem aan die onderhandelde oordrag van politieke mag. In die proses moes hulle as 'n groep inboet aan alleenreg op mag en toegang tot ekonomiese bevoordeling.
109
990423224p1005.txt
5,394
Ek weet nie of Afrikaners altyd ten volle besef watter unieke posisie hulle in Suid-Afrikaanse geskiedenis beklee nie. En hoe daardie geskiedenis hulle toerus om mee te werk aan die ontwikkeling van ons land. Afrikaners was op verskillende stadiums van hul geskiedenis veroweraars en verowerdes; slagoffers van verdrukking en beoefenaars van onderdrukking. Met daardie agtergrond en historiese ervaring, en met hul kundigheid, kan hulle 'n besondere rol speel om die land op te bou tot een van voorspoed, geregtigheid en vreedsame saambestaan.
109
990423224p1005.txt
5,395
Veel van wat gedoen kan word, sou in die eerste plek kon wees oor hoe die Afrikaanse taal homself plaas en uitleef in die nuwe omstandighede. Is dit nie soms so dat Afrikaans nog te dikwels gehoor word as die taal van ontevredenheid en negatiwiteit oor die nuwe nie En dat daardeur 'n bepaalde beeld van Afrikaners in die algemeen geskep word - 'n beeld wat ek persoonlik weet nie juis is nie. My ervaring van Afrikaners is dat hulle oor die algemeen met geesdrif meedoen aan die nuwe en dat hulle die probleme en uitdagings aanvaar as ons gesamentlike besit en verantwoordelikheid?
109
990423224p1005.txt
5,396
Afrikaans-sprekendes, waarvan Afrikaners so 'n belangrike deel is, het die sonderlinge geleentheid om rondom hul taal 'n werklik nie-rassige eenheid te bou. Op hierdie wyse kan hulle 'n voorbeeld en besieling wees vir ons hele samelewing, want dis een van ons hooftake as Suid-Afrikaners om die erfenis van rasse-verdeling te oorkom. Vir Afrikaans om die taal en middel vir nie-rassige eenheid te word, sal op 'n sprekende wyse net weer die bewys lewer van Suid-Afrikaners se wonderbaarlike vermo om die geskiedenis om te keer.
109
990423224p1005.txt
5,397
Ek sien reeds op baie terreine hoe Afrikaners en Afrikaans-sprekendes hierdie rol vervul. Sommige van die Afrikaans-talige universiteite neem die voortou om hulself oop te stel vir almal en om betrokke te raak by ontwikkelings-projekte in swart gemeenskappe. Elke keer as ek 'n beroep doen op Afrikaanse sakelui om te help met die bou van skole en klinieke, kry ek 'n positiewe antwoord. Afrikaans-sprekendes in die ekonomiese sektor speel 'n leidende rol om ons 'n mededinger in die wSreld te maak. Een of twee Afrikaanse publikasies staan kop bo skouers uit as stemme van gehalte in ons nuwe demokrasie. En so sou 'n mens kon voortgaan om voorbeeld na voorbeeld te noem.
109
990423224p1005.txt
5,398
Die eerste vyf jaar in die lewe van ons demokratiese regering het in baie groot mate gewentel rondom die ontwikkeling van beleid; die voorbereiding van wetgewing om ons apartheid-verlede ter syde te stel; die daarstelling van strukture en prosedure wat die hele bevolking kan dien; en die ontwikkeling en in werking stel van 'n ekonomiese beleid en raamwerk. Dit bly een van die groot jammertes van hierdie tydperk dat die Nasionale Party, op daardie stadium die grootste verteenwoordiger van Afrikaners, die Regering van Nasionale Eenheid verlaat het. Daardeur het hulle grootliks bygedra tot die gevoel onder sommige Afrikaners dat hulle eenkant staan in daardie belangrike proses van heropbou.
109
990423224p1005.txt
5,399
Alhoewel veel reeds bereik is in terme van lewering van dienste en die verandering van mense se lewens, sal die volgende fase beslis een van versnelde implementering en lewering wees. Dit sal ook 'n tydperk wees waarin alle Suid-Afrikaners hande moet vat en saamwerk om van ons land die suksesverhaal te maak wat dit kan wees. Terwyl Afrikaners nie meer die oorwegende politieke besit van enige enkele party is nie, behoort die lot van 'n bepaalde party nie hul deelname aan die nasionale lewe te beïnvloed nie. 'n Mens sien uit na die volle medewerking van almal, insluitende Afrikaners in die verskillende rolle wat hulle dwarsdeur ons samelewing beklee.
109
990423224p1005.txt
5,400
Een van die belangrikste debatte in ons eerste parlement, was die onlangse een oor Afrikaners waartydens Adjunk-President Thabo Mbeki verslag gedoen het oor sy samesprekings met Afrikaners. Hierdie debat was 'n aanduiding van die erns waarmee die Regering die belange en aspirasies van minderhede beje n. Dit was in die besonder 'n wegwyser na wat van Adjunk-President Mbeki verwag kan word wanneer hy die President word, soos ons almal verwag.
109
990423224p1005.txt
5,401
Dit was nog altyd die beleid van ons organisasie om daarna te strewe dat uit elke situasie ons as land meer verenigd moet kom. Dit was ons benadering tydens die onderhandelinge en dit was die weg wat ons gevolg het in die Regering van Nasionale Eenheid. Thabo Mbeki is 'n jong man wat deur en deur gevorm is in daardie organisasie, en dit spreek duidelik uit sy optredes. Hy is as 't ware groot gemaak deur Oliver Tambo, en daar kon geen groter voorstander van nasionale eenheid gewees het as Oliver Tambo nie. Suid-Afrika sal in baie goeie hande wees, en minderhede in hierdie land sal 'n verfynde kampvegter vir hul regte vind in 'n President Thabo Mbeki.
109
990423224p1005.txt
5,402
Versoening en nasionale eenheid word bereik deur 'n proses van wederkerigheid en ek moet my beroep herhaal dat almal deel word en gesien word as deel van die taak van die heropbou en omvorming van ons land. Die bekamping van misdaad en korrupsie, en die skepping van werksgeleenthede gaan voorop staan in die regering se taakstelling vir die volgende fase. Ons moet almal saamstaan en saamwerk in hierdie opsig. Dit is tot niemand se voordeel en help niemand as ons eenkant staan en vingers wys nie. Dit is ons almal se probleme en ons moet dit mede-eien. 'n Suid-Afrika wat voorspoed maak, maak almal voorspoed.
109
990423224p1005.txt
5,403
Ek het baie groot vertroue in Afrikaners. Hul naam het hulle daarvan dat hulle hulself beskou het as van Afrika. Hul taal het sy oorsprong hier in Afrika. Ek weet dat die oorgrote meerderheid van hulle sal voortgaan om te help bou aan hierdie Afrika-vaderland van hulle. Vanuit die rustigheid van my aftrede sal ek met belangstelling bly toekyk hoe daar uiteindelik die groot blydskap uit hierdie suiderland kom waaroor Van Wyk Louw gewonder het. In die geskiedenis van ons land het Suid-Afrikaners dikwels teen en onder mekaar geveg; nou kyk die wSreld met verwondering hoe ons saamwerk om een nasie in ons verskeidenheid te bou.
109
990423224p1005.txt
5,404
Ek bedank u vir die voorreg om vanaand met u te kon gesels en vir al die jare wat ek met u kon saamwerk. Sterkte en alles van die beste vir u en vir ons land.
110
991123431p1007.txt
5,406
Julle weet, vandag se lewe is so gejaag en gespanne, veral in hierdie laaste lopie na die einde van die jaar toe, dat dit vir my heerlik is om te sien daar is nog Wes-Kapenaars wat tyd maak om fees te vier. Dit is verblydend om te sien dat 'n gemeenskap self inspring om 'n geleentheid soos hierdie VIR die gemeenskap te organiseer. Dit is vir my en Hazel 'n voorreg om hier by julle op Lambertsbaai te kom kuier. Baie dankie vir die eer om julle fees vanoggend amptelik te open.
110
991123431p1007.txt
5,407
Eintlik is ons vroeër die week ook al bederf met 'n besoek aan die platteland. Die Wes-Kaapse kabinet het die week vir die eerste keer 'n kabinetsitting op die platteland gehou. Ons vergadering op Pacaltsdorp naby George was deel van die provinsiale regering se strewe na deursigtigheid en verantwoording. Dit was ons eerste eksperiment en na my mening 'n baie geslaagde een, ondanks sekere groepe wat dinge vir ons probeer moeilik maak het. Die Wes-Kaapse regering wou graag die mense van die provinsie die geleentheid gee om die kabinetslede te ontmoet, uit te vind wat die ministers doen en wat hulle planne vir die volgende vyf jaar is. Ons as kabinet wou ook graag self die mense van die Wes-Kaap ontmoet en hoor wat hulle probleme en tekortkominge is. Ons wil hê die inwoners van ons provinsie moet mede-regeerders wees. Dit is waarom ons die kabinetsvergadering op die platteland 'n kwartaallikse instelling gaan maak. Volgende keer, dit is in Februarie volgende jaar, kom ons Weskus toe !
110
991123431p1007.txt
5,408
Dit laat my dink aan die drie plattelandse seuns wat die huis verlaat en elkeen op sy eie uitgegaan en gaan geld maak het. Nadat hulle na jare weer bymekaar kom, praat hulle toe oor wat hulle vir hulle bejaarde moeder gedoen het. Die eerste seun sê, "Ek het 'n groot huis vir Ma gebou." Die tweede seun sê, "Ek het vir haar 'n Mercedes met 'n bestuurder gestuur." Die derde een glimlag en sê, "Nee wat, ek het beter as julle albei gevaar. Onthou julle hoe lief Ma daarvoor was om die Bybel te lees En julle weet mos sy kan nie nou meer so lekker sien nie. So toe stuur ek vir haar 'n baie slim pappegaai wat die hele Bybel kan opsê?
110
991123431p1007.txt
5,409
Dit het die ouderlinge van die kerk 12 jaar gevat om hom dit te leer. Hy is enig in sy soort. Ma hoef net die Bybelhoofstuk en versie te noem, dan sê hy dit op.
110
991123431p1007.txt
5,410
Nie te lank daarna nie begin die bejaarde moeder haar bedankingsbriewe uitstuur na haar seuns: "Frans," skryf aan die eerste seun, "Die huis wat jy vir my gebou het is so groot. Ek bly net in die een kamer, maar ek moet die hele huis skoonmaak."