document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
101
51833_1.txt
5,202
wat die getal a sake teen lede van die SA Polisiediens en b skuldigbevindings vir voorvalle van i dood, ii poging tot moord, iii aanranding en iv verkragting in elke provinsie is?
101
51833_1.txt
5,203
Of daar voorsiening gemaak is vir (a) straatmense en (b) straatmense sonder identiteitsdokumente ingevolge die huidige behuisingsprogram; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
101
51833_1.txt
5,204
Of die inwerkingstelling van 'n hoër standaard van veiligheidsvereistes en -reëls vir die mynbedryf oorweeg word as gevolg daarvan dat die dodetal nie afneem nie; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
101
51833_1.txt
5,205
of hy beoog om met sy saak vir naamskending teen die gemelde persoon voort te gaan; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is; so nie, of die gemelde persoon in sy pos herstel sal word; so nie, waarom nie; so ja, wanneer?
101
51833_1.txt
5,206
Of die Regering dit sal oorweeg om 'n afsonderlike ministerie en departement tot stand te bring om aan jeugaangeleenthede aandag te skenk; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
101
51833_1.txt
5,207
met betrekking tot die toegestane aansoeke, watter (a) redes hy aanvaarbaar geag het om sodanige aansoeke toe te staan, (b) prosedure gevolg is om die verdienste van dié aansoeke te evalueer en (c) rol die Ministerie van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling in die verwerking van dié aansoeke gespeel het?
101
51833_1.txt
5,208
Of die Regering maatreëls ingestel het om die invoer van goedere wat deur a dwangarbeid, b kinderarbeid en c nulkoste arbeid van gevangenes vervaardig is, te voorkom; so nie, waarom nie; so ja, wat dié maatreëls behels?
101
51833_1.txt
5,209
of (a) daar aan al die vereistes van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (Nema), Wet 107 van 1998, in die besonder dié met betrekking tot openbare deelname, voldoen is in die proses wat daartoe gelei het dat bome op dié verhuurde grond afgekap is en (b) die verhuring aanvaarde waarde vir haar departement inhou; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
101
51833_1.txt
5,210
Met betrekking tot die verhuring van grond deur haar departement aan 'n sekere maatskappy (naam verstrek), (a) wat die doel van sodanige verhuring is, (b) wat die i duur en ii huurgeld vir die verhuring is, c wat die grootte van dié verhuurde grond is, d wie die i direkteure en/of ii hoof aandeelhouers van die gemelde maatskappy is en e wat haar departement se raming van die handelswaarde van die hout is wat op die verhuurde grond afgekap gaan word?
101
51833_1.txt
5,211
a Wat die huidige stand van sake met die vestiging van die Hoë Hof in Polokwane is en b wat die i redes vir die oponthoud en ii teikendatum vir die opening van dié hof is?
101
51833_1.txt
5,212
Die Leier van die Opposisie (DA) (bl 15)--President van die Republiek.
101
51833_1.txt
5,213
Die Leier van die Opposisie (DA) (bl 15)--President van die Republiek.
102
56977_1.txt
5,215
LET WEL: 1. +Dui vertaalde weergawe van die vraag aan.
102
56977_1.txt
5,216
+Dui 'n vraag vir mondelinge beantwoording aan.
102
56977_1.txt
5,217
Of daar 'n instroming van Keniaanse vlugtelinge as gevolg van die onrus in daardie land is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,218
a Watter maatreëls haar departement beoog om aan die aandrang op die totstandkoming van 'n nasionale onderwysevaluasie-en ontwikke-lingseenheid aandag te gee en b watter ander strategieë oorweeg word om die professsionele ontwikkeling van onderwysers te verbeter?
102
56977_1.txt
5,219
of enige stappe teen die verantwoordelike persoon of persone gedoen is; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe?
102
56977_1.txt
5,220
Of die Regering 'n Nasionale Gesondheidversekeringstelsel as 'n ideale meganisme beskou om behoorlike gesondheidsdiens te verskaf; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,221
Mev I Mars (IVP)--Binnelandse Sake.
102
56977_1.txt
5,222
Watter afsluitingstrategieë daar in haar departement betreffende die Uitgebreide Openbare Werke-program ten opsigte van Werk (a) vir Water, (b) met Vuur en (c) vir Vleilande bestaan?
102
56977_1.txt
5,223
waarom sy, ten spyte van die ondersoek wat sy na die paspoortskandaal ingestel het, tot dusver nie die bevindings aan die Parlement voorgelê of dit openbaar gemaak het nie?
102
56977_1.txt
5,224
Of die bevindings van die ministeriële taakspan, dat 'n aansienlike persentasie studente na graad nege die skool verlaat, 'n nadelige uitwerking op studente se onderwys en opleiding van vaardighede het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a) wat haar standpunt in dié verband is, (b) waarom dié ongesonde verskynsel voorkom en (c) watter stappe haar departement gaan doen om leerders tot die einde van hul skoolloopbaan in die stelsel te hou?
102
56977_1.txt
5,225
Wat sy departement se massamobiliserings-en kommunikasieplan is ten opsigte van die mandjie dienste wat beskikbaar is vir dié wat dit nodig het om te verseker dat hulle kennis dra van die reeks dienste wat aangebied word en weet hoe om toegang tot dié dienste te kry?
102
56977_1.txt
5,226
Of sy, in die lig van die wye debat wat ontstaan het oor haar departement se voorgestelde skool-eed, enige stappe sal doen om behoorlike oorlegpleging met lede van die publiek en ander rolspelers oor dié kwessie te verseker; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe?
102
56977_1.txt
5,227
In watter mate munisipaliteite (a) die implementering van hulpbehoewende (i) beleidsrigtings en (ii) registers ter ondersteuning van behoeftiges en (b) die bekendmaking van behoeftiggesinde beleidsrigtings nagekom het?
102
56977_1.txt
5,228
of hy 'n verklaring oor die aangeleentheid sal doen?
102
56977_1.txt
5,229
Met verwysing na haar antwoorde op Vraag 91 vir mondelinge beantwoording op 16 Augustus 2006 en Vraag 34 vir mondelinge beantwoording op 7 Maart 2007, (a) wanneer die Van Zyl Slabbert-verslag deur die Kabinet oorweeg gaan word en (b) wat die gepaste tyd is om die beoogde aanbevelings van dié verslag met die Kabinet te bespreek?
102
56977_1.txt
5,230
of haar departement 'n oudit gedoen het van die opknapping van watergehalte en -infrastruktuur; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,231
Of sy departement oor enige planne beskik om Suid-Afrika se artefakte tydens die geleentheid van die Sokkerwêreldbekertoernooi in 2010 te vertoon; so nie, waarom nie; so ja, watter planne?
102
56977_1.txt
5,232
Of die land 'n watertekort-of 'n waterbesoedelingskrisis in die gesig staar; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, watter stappe haar departement doen om iets aan dié saak te doen?
102
56977_1.txt
5,233
Of daar in gasheerstede enige planne ingestel is om 'n blywende erfenis na a.oop van die 2010 Fifa-wêreldbekersokkertoernooi te verseker; so nie, waarom nie; so ja, watter planne?
102
56977_1.txt
5,234
Of die beweerde huidige binnegevegte tussen sekere sportadministrateurs 'n nadelige invloed op (a) transformasie van die betrokke sportkodes en (b) spanprestasies het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (i) wat die tersaaklike besonderhede is en (ii) wat gedoen word om die situasie reg te stel?
102
56977_1.txt
5,235
Of die inwerkingstelling van gemeenskapsdiens vir verpleegsters 'n aanvang geneem het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,236
of sy departement enige stappe gedoen het om die werksverhouding tussen lede van die LOC te verbeter; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe?
102
56977_1.txt
5,237
Hoeveel (a) vroue en (b) kinders vir die doel van mensehandel na Suid-Afrika gebring is onder die voorwendsel dat hulle werk aangebied sal word?
102
56977_1.txt
5,238
of sy 'n verklaring oor die aangeleentheid sal doen?
102
56977_1.txt
5,239
of sy 'n verklaring oor die aangeleentheid sal doen?
102
56977_1.txt
5,240
Of sy departement beplan om jaarlikse gebeure soos die (a) Jazzfeeste en (b)(i) Rand-en (ii) Koninklike Feeste te roteer sodat elke provinsie die ekonomiese voordeel daaruit kan trek; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,241
of haar departement enige ander planne het om sodanige uitdagings die hoof te bied; so nie, waarom nie; so ja, watter planne?
102
56977_1.txt
5,242
Of Suid-Afrika formeel deur die Verenigde Koninkryk meegedeel is dat Suid-Afrikaners wat na die VK reis visums sal benodig, na aanleiding van die onthulling van die onwettige aktiwiteite van reisigers in dié lande; so ja, (a) waarom dié vereiste ingestel is, (b) wanneer dit van krag sal wees en (c) wat die voorgestelde koste vir so 'n visum is?
102
56977_1.txt
5,243
Of die deurlopende onrus op die kampus van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat weens die integrasie van koshuise 'n manifestering is van die voortgesette steun deur sekere afdelings van die studentegemeenskap vir koshuise wat op grond van ras geskei is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is; so nie, of die onrus 'n uitdrukking is van organisatoriese probleme by die koshuise; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,244
Of sy enige maatreëls ingestel het ten opsigte van (a) alkohol-en drankmisbruik by leerders, (b) die tekort aan opvoeders, (c) infrastruktuur soos mure en plafonne wat inval, (d) swak stormwaterpype, (e) die Tweede Kans-program vir matrikulante en (f) rassisme in skole; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,245
Sedert 1 Januarie 2007, (a) aan hoeveel onderwysers tugmaatreëls opgelê is en (b) hoeveel onderwysers afgedank is omdat hulle hul pligte nie behoorlik uitgevoer het nie of dit afgeskeep het?
102
56977_1.txt
5,246
of plaasskole by dié vervoerprogram ingesluit is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,247
Of die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) sy taak ten opsigte van bestaansveiligheidsbedrog voltooi het; so nie, wat die tydraamwerke vir voltooiing in die (a) openbare en (b) private sektor is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,248
Op die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is, (a) watter provinsies dubbelterapie (i) begin toepas het en (ii) nog nie begin toepas het nie, (b) wat die redes hiervoor is en (c) watter stappe sy doen om die toepassing van dié beleid te bespoedig?
102
56977_1.txt
5,249
of die opleidingsagentskappe van VKO-onderwysers oor die kapasiteit beskik om die beoogde inname van nuwe kwekelinge te behartig; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,250
Watter vordering daar met die voorsiening van waterkwota ten opsigte van sanitasie gemaak is?
102
56977_1.txt
5,251
a Hoeveel vakatures daar in die openbare sektor vir i geneeshere en ii verpleegsters was op die jongste datum waarvoor inligting beskikbaar is en b watter bepaalde stappe sy gedoen het om die getal geneeshere en vepleegsters te verhoog wat beskikbaar is om in Suid-Afrika te werk deur i vertragings met die goedkeuring van aansoeke van buitelands gekwali.seerde beroepslui te verminder en ii die getal beskikbare plekke vir die opleiding van geneeshere te vermeerder?
102
56977_1.txt
5,252
Of die doelwit wat gestel is vir die wegdoening van die emmer-sanitasieselsel in informele gebiede teen die voorgenome datum van Desember 2007 bereik is; so nie, waarom nie; so ja, watter provinsies nog nie die beoogde doelwit gehaal het nie?
102
56977_1.txt
5,253
Of, in die lig van ontwikkelinge wat tot die goedkeuring van die entstof teen servikale kanker gelei het, haar departement enige planne het om dié entstof beskikbaar te stel; so nie, waarom nie; so ja, (a) watter planne en (b) wat die verdere tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,254
of daar 'n voorgeskrewe beperking op die tydperk is waarvoor dié werkers in die Staatsdiens mag werk; so nie, waarom nie; so ja, wat die tydperk is?
102
56977_1.txt
5,255
of daar enige toekomsplanne bestaan om te verseker dat hulle'n konstante watervoorraad sal hê om die ekonomie 'n hupstoot te gee; so ja, watter planne?
102
56977_1.txt
5,256
of wetgewing oor uitsettings nog tydens dié termyn van die Parlement afgehandel sal word; so nie, waarom nie; so ja, (a) wanneer en (b) wat die verdere tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,257
Of sy 'n verklaring sal doen oor die SA Uitsaaikorporasie se hantering van die geskil oor die verlies van die Premier-sokkerliga se televisieregte om sokker uit te saai?
102
56977_1.txt
5,258
Watter vordering daar gemaak is met die gebruik van alternatiewe vorms van energie in die huisvestigingsprogram?
102
56977_1.txt
5,259
of enige stappe gedoen word om toe te sien dat mynowerhede die waterlisensiëringprosedures volg; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe?
102
56977_1.txt
5,260
Of haar departement die instelling van wetgewing oorweeg om die vermenigvuldiging van informele nedersettings teen te werk; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,261
of enige munisipaliteite akkreditasie as gevolg van sodanige bystand ontvang het; so nie, a waarom nie en b wanneer hulle na verwagting akkreditasie sal ontvang; so ja, watter munisipaliteite?
102
56977_1.txt
5,262
Of, in die lig van die opname wat in 2007 deur die Nasionale Huisbouersregistrasieraad oor huisdefekte in die Oos-Kaap vir die tydperk van 1994 tot 2004 gedoen is, haar departement maatreëls ingestel het om te verseker dat 'n regstellende program van stapel gestuur word, gegewe dat begrotingstoekennings hiervoor gemaak is; so nie, waarom nie; so ja, (a) watter maatreëls en (b) aan hoeveel huise in die Alfred Nzo-munisipaliteit aandag gegee is, spesi.ek in die Mount Frere-en Mount Ayliff-gebiede?
102
56977_1.txt
5,263
Of provinsies enige sukses behaal om aan die behuisingsprojekte wat geblokkeer is, aandag te gee; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,264
Wat die beredenering agter die verskuiwing van hoofstroomkursusse weg van die Vistakampus na die Nelson Mandela-Metropolitaanse Universiteitskampus is in die lig van die feit dat armer studente nou geld vir reiskoste moet opdok?
102
56977_1.txt
5,265
of enige skenker.
102
56977_1.txt
5,266
of enige van die energiedoeltreffende praktyke gemoniteer en geëvalueer is om die werklike resultate vas te stel; so nie, waarom nie; so ja, wat die resultate was?
102
56977_1.txt
5,267
Watter planne daar is om die baie besige Port Elizabeth-kantoor te verbeter noudat die internskappe aan die einde van Februarie 2008 verstryk het?
102
56977_1.txt
5,268
Of sy onlangs met navorsers byeengekom het om die tekortkominge in die navorsing oor mikrobisiedes en entstowwe te bespreek; so nie, waarom nie; so ja, (a) wat haar departement se standpunt is rakende opmerkings wat deur sommige van die navorsers gemaak is dat wêreldnavorsers oor die aannames rakende MIV verkeerd is en (b) wat die implikasies van dié erkenning vir ons MIV-en Vigs-programme is?
102
56977_1.txt
5,269
a Watter vordering die Nasionale Taaldiens in sy departement ten opsigte van die ontwikkeling en instelling van 'n nasionale taalbeleid gemaak het, b watter stappe gerig is op die instelling van 'n nasionale taalbeleid met verwysing na die beoogde Taalwetsontwerp en c wanneer dié wetsontwerp afgehandel gaan wees?
102
56977_1.txt
5,270
Of alle provinsiale departemente gereed is om die beleid van dubbelterapie toe te pas; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,271
of daar, benewens die regsproses wat deur die Mededingings-kommissie ingestel is, enige planne is om maatskappye te beboet wat aan prysvasstelling skuldig bevind word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,272
Waarom nóg sy nóg die adjunkminister die vergadering van die Komitee oor Openbare Rekenings op Woensdag, 20 Februarie 2008 bygewoon het om die jaarverslag te bestudeer en die strategiese ingrypingsproses te bespreek wat daarop gemik is om werk te maak van die situasie in haar departement en dit reg te ruk, ondanks die feit dat haar departement 'n derde agtereenvolgende ouditafwysing van die Ouditeur-generaal in die jaarverslag 2006-07 ontvang het?
102
56977_1.txt
5,273
a Wat die lede van die metropolisie se stand van gereedheid in die stryd teen misdaad in die gasheerstede is ter voorbereiding vir die 2010 Fifa-wêreldbekersokkertoernooi en b wat dit gedurende dié geleentheid sal wees?
102
56977_1.txt
5,274
of daar nou aandag geskenk is aan die probleme in dié gemeenskap; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,275
Of vordering met die toepassing van die Regering se skoolsportbeleid gemaak is; so nie, (a) waarom nie en (b) watter (i) uitdagings geïdenti.seer is and (ii) suksesse sover behaal is; so ja, watter vordering?
102
56977_1.txt
5,276
Of sy departement voornemens is om swart ekonomiese bemagtiging in sy programme te verbeter of in te stel; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die uitdagings is?
102
56977_1.txt
5,277
Of die afwesigheid van 'n direkteur-generaal 'n negatiewe uitwerking op die prestasie van haar departement het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a) wanneer dié pos gevul sal word en (b) wat die redes is dat die pos steeds nie gevul is nie?
102
56977_1.txt
5,278
a Wat die sperdatum vir die oplossing van die probleme tussen die Ncome-en Bloedrivier-museums is en b wat tot dusver in dié opsig gedoen is?
102
56977_1.txt
5,279
Of die program om die nasionale simbole in al die sektore van ons land gewild te maak, effektief was; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,280
Of, in die lig van die opskorting van R513 miljoen van die Munisipale Infrastruktuurtoekenning (MIG) se oordragte na munisipaliteite in die boekjaar 2006-07 volgens artikel 19 van die Division of Revenue Act, Wet 5 van 2002, sy departement enige teenmaatreëls teen die voortdurende onderspandering van MIG-fondse deur munisipaliteite geneem het of sal neem; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe?
102
56977_1.txt
5,281
Watter vordering sy departement gemaak het met die oprigting van monumente, biblioteke en gemeenskapsentrums in die landelike gebiede?
102
56977_1.txt
5,282
Of hy, in die lig van die Ouditeur-generaal se derde agtereenvolgende verwerping van die SA Plaaslike Regeringsvereniging se boekhouding vir die boekjaar 2006-07 en dié vereniging se nie-nakoming van die beslissings van die Komitee oor Openbare Rekenings, die departement se oordrag van fondse na die organisasie vir die boekjaar 2008-09 gaan terughou totdat daar behoorlik van sy. nansies boekgehou word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
102
56977_1.txt
5,283
Of sy departement beoog om die belasting op staatseiendom ingevolge die regulasies rakende die Municipal Property Rates Act, Wet 6 van 2004, te beperk; so nie, waarom nie; so ja, (a) waarom en (b) teen watter koers?
102
56977_1.txt
5,284
Of die deelname van die Parlement by die opstel van die Suid-Afrikaanse verslag aan die Kommissie oor Geslagsgelykheid van die Verenigde Nasies noodsaaklik is; so nie, waarom nie; so ja, waarom die verslag aan die VN voorgelê word sonder dat die Parlement vooraf geraadpleeg is?
103
960516_0r204.txt
5,286
Dis weereens vir my 'n voorreg om u te kan verwelkom by die voortsetting van hierdie belangrike gesprek wat op vorige geleent- hede met 'n verskeidenheid van groepe begin is. En dis veral vir my aangenaam om u ook hier in die Kaap te kan ontvang, aangesien ons vorige gesprekke hoofsaaklik in die Noorde plaasgevind het.
103
960516_0r204.txt
5,287
Dis miskien gepas dat ons die eerste gesprek oor Afrikaans na die aanvaarding van die nuwe grondwet hier in die Kaap voer; want per slot van sake is dit die geboorte-plek van Afrikaans. En miskien gaan die groei en ontwikkeling van Afrikaans nou juis daarby baat vind om terug te gaan na sy ontstaanswortels, en om al sy sprekers, ook die verskillende Kaapse gemeenskappe, in gelyke mate te betrek by daardie gesprek.
103
960516_0r204.txt
5,288
Ek het verlede Woensdag in die Grondwetgewende Vergadering gese dat die aanvaarding van die nuwe grondwet nie 'n eindpunt is nie, maar wel die begin van ons lang pad om 'n nasie te bou en in stand te hou. Nou mnoet ons daardie nasie uitbou.
103
960516_0r204.txt
5,289
Ek het dit ook uitdruklik gestel dat daar, ten spyte van die aanvaarding van 'n nuwe grondwet, steeds punte van kommer bestaan onder verskillende minderheids-belangegroepe. En die feit dat ons die grondwet aanvaar het beteken beslis nie dat ons nou nie meer daardie punte van kommer gaan aanspreek nie. Ons sal voortgaan om te soek vir onderling aanvaarbare oplossings, want ons wil he dat elkeen moet voel dat hy of sy deel uitmaak van die pogings om die probleme van Suid-Afrika op te los. En elkeen moet onvervreembaar deel voel van die Suid-Afrikaanse nasie wat ons bou.
103
960516_0r204.txt
5,290
Hierdie voortsettings-gesprek is dan ook deel van daardie poging. Een van die brandpunte in die grondwetlike onderhandelinge was die kwessie van taalmedium in die onderwys, en spesifiek die vraag na enkel-medium inrigtings. Kom laat ons hierdie gesprek vanoggend begin met die onderlinge aanvaarding van die feit dat daar van albei kante 'n kompromis aangegaan is oor hierfdie saak. Nou le dit op ons weg om in die implementering van daardie grondwetlike kompromis toe te sien dat aan alle belange gereg geskied. Dit word nou 'n kwessie van die politieke wil om dinge te laat slaag.
103
960516_0r204.txt
5,291
U weet dat die groot kommer rondom die kwessie van enkel-medium skole was dat dit misbruik kon word om rassisme in verskuilde vorm voort te sit, en om ou voordele te verskans. Aan die ander kant, is ek bewus, is daar die vrees en agterdog dat die onwilligheid om enkel-medium skole te verskans eintlik maar neerkom op 'n verskuilde plan om Afrikaans te vernietig. Die uitdaging aan ons is om binne die nuwe grondwetlike bepaling toe te sien dat nie een van hierdie twee euwels bewaarheid word nie. Want ek wil vir u verseker dat net soos die voortsetting van rassisme en ras-gebaseerde voordele 'n euwel is, sal enige pogings tot die vernietiging van Afrikaans 'n euwel wees.
103
960516_0r204.txt
5,292
Dit sal voorbarig wees van my om aan enige belange-groep voor te skryf oor hoe hulle hul saak behoort te bevorder. Daarom wil ek liewer by wyse van vraagstelling sekere sake opper. Word die saak van Afrikaans nie miskien 'n onreg aangedoen deurdat dit in die persepsie van so baie mense gekoppel gaan word aan die belange van 'n enkele kleurgroep nie?
103
960516_0r204.txt
5,293
Die argument wat gevoer kan word vir die behoud, beskerming en vertroeteling van Afrikaans is sekerlik nasionaal eerder as seksio- neel. Dit is 'n Suid-Afrikaanse taal wat, volgens alle standaarde, merkwaardig presteer het in terme van ontwikkeling as 'n taal van wetenskaplike, akademiese en algemeen-intellektuele uitdrukking. 'n Nasie wat sy intellektuele prestasies op prys stel, sal uit sy pad gaan om die middele van daardie prestasies te beskerm en te bevorder. Dit, glo ek, is die groot en sterk argument vir Afrikaans. Dit is dieselfde argument wat gemaak kan word vir die bevordering van wetenskaplike uitdrukkingsvermoe in al die inheemse tale; dit is in die nasionale belang om 'n algemene wetenskaplike geletterdheid binne bereik van 'n groter publiek te bring.
103
960516_0r204.txt
5,294
En dan wil ek nog vra: is een van Afrikaans se groot prestasies, wat ongelukkig deur die onlangse verlede te veel verskuil is, nie juis dat dit so 'n nie-rassige spraak-gemeenskap het nie Waarom probeer Afrikaans nie daardie feit in verband met homself met groter "Nuwe Suid-Afrikaanse" vreugde en viering uitleef nie Sal so 'n benadering nie die saak versterk van ons almal wat probeer om die saak van Afrikaans ter wille te wees?
103
960516_0r204.txt
5,295
Daardie is egter maar net die vrae van iemand wat nie 'n moedertaal-spreker van Afrikaans is nie, maar wat die belange van die taal en sy sprekers sterk op die hart dra. Dit is nie vir myom voor te skryf nie; u sal besluit hoe u op daardie vrae reageer.
103
960516_0r204.txt
5,296
Ons het nou nie net 'n nuwe grondwet nie, die aankondigings van die afgelope week kondig in 'n sekere sin ook die volwasse-wording van ons demokrasie aan. Noudat die tweede grootste party aan die regering onttrek het, het ons 'n meerderheidsparty wat byna alleen regeer en die verantwoordelikheid van regering moet aanvaar. Dit sluit in verantwoordelikheid teenoor alle belange en belangegroep in die land, en dit geld natuurlik ook vir Afrikaans en Afrikaans- sprekendes. En ek vertrou dat ons van die gesprek hier vanoggend kan vertrek met 'n sekere begrip oor hoe ons nou verder op 'n ordelike en algemeen-aanvaarbare wyse uitvoering kan gee aan die relevante onderwys-bepalings in ons grondwet.
104
960906_0w29496.txt
5,298
Kunswerke bied dikwels dieper en meer verhelderende antwoorde op die mense se kwelvrae as al ons ander vorme van gesprek daaroor. Ewe dikwels stuur kuns-gebeurtenisse net sulke verhelderende simboliese boodskappe uit.
104
960906_0w29496.txt
5,299
Om verstaanbare redes is daar baie kwelling in sekere Afrikaans- sprekende gemeenskappe oor die toekoms van Afrikaans. Die politieke raamwerk waarbinne Afrikaans homself oor die afgelope sestig tot sewentig jaar bevind het, het dramatiese verander. Die Afrikaanse taal-saak het in al daardie jare baie na aan die hart van die politieke saak geklop. Die status en die welvaart van die taal is ten nouste gekoppel aan die besit en uitoefening van politieke mag.
104
960906_0w29496.txt
5,300
Die Afrikaanse openbare lewe dra die afgelope tyd swaar aan die kommer-las oor die toekoms van die taal. Oral is daar bekommerde en soms beswaarde gesprekke oor wat van die Afrikaanse taal en kultuur word. Die gesprekke word in en deur die pers gevoer, in politieke forums, op kultuur-verhoe, in onderwyskringe en deur die algemene publiek.
104
960906_0w29496.txt
5,301
Kyk 'n mens egter na wat op die gebied van die Afrikaanse letterkunde aangaan, vind jy veel rede tot opgewondenheid oor wat besig is om met Afeur. In plaas van donker wolke, me aanbreek van 'n helder nuwe daeukkie gelede was die koerante en tydskrfite vol oor die verskynintwee-en-sewentigjarige Kleurlingmtterkundige prys verower, een daarvan die Eugene Marais-prys - 'n toekenning met 'n sterk tradisionele inslag in die Afrikaanse letterkunde. Die verskying van 'n sterk en belangrike werk deur iemand soos Scholtz getuig daarvan dat Afrikaans se wereld verbreed en groei, en dat die toekoms van die taal en letterkunde geanker eid.
104
960906_0w29496.txt
5,302
Nog 'n voorbeeld van die opwindende en vernuwende dinge wat besig is om in Afrikaans te gebeur, is die onlangse stigting uwe Afrikaanse letterkundige vereniging. Die inisiatief vir die stigting daarvan het oorspronklik gekom vanaf 'n groep swart Afrikaanse skrywers, en tesame met hulit kollegas het daar nou 'n insle organisasie tot stand gekom. Dege instellings is die taalgemeenig om ferm beslag te gee aan die feit dat die gesamentlike belange van al sy sprekers gedien en nagestreef word.
104
960906_0w29496.txt
5,303
En vandag is ons hier bymekaar om nog so 'n gbeurtenis te vier in die teken van die nuwe groei en ontwikkeling van Afrikaans, naamlik Matthews se boek, Deur die oog van 'n naa.
104
960906_0w29496.txt
5,304
Laat ons in die eerste plek geluk se aan die skrywer. Die publikasie van 'n boek is altyd svan 'n kind. Dit is 'n gebeurtenis van vreugde en trots.