document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
110 | 991123431p1007.txt | 5,411 | Gert," skryf sy aan die tweede, "Ek is te oud om te reis. Ek bly die meeste van die tyd by die huis, so ek gebruik byna nooit die Mercedes nie. En dan is die bestuurder nog so onbeskof ook!" |
110 | 991123431p1007.txt | 5,412 | Liewe Willem," skryf sy vir haar derde seun, "Jy weet darem net hoe om jou ma se hartsnare te roer. Daai hoender was heerlik !" |
110 | 991123431p1007.txt | 5,413 | Dit wys jou net, 'n mens moenie 'n dier se waarde onderskat nie. So moet ons ook nie die waarde van kreef vir Lambertsbaai, die Weskus en die Wes-Kaap onderskat nie. Die hou van 'n kreeffees, en vanjaar is dit al die sewende een, gee erkenning aan die waarde van kreef. Ek moet julle gelukwens met die fees. Die waarde van so 'n fees vir die groei van toerisme in die streek kan nie in rande gemeet word nie. Die waarde van die Lambertbaaise Kreeffees sal hopelik nie net in julle sake-ondernemings se November-winste gesien word nie, maar nog lank deur die gemeenskap gevoel word. |
110 | 991123431p1007.txt | 5,414 | Dames en here, behalwe dat kreef vir die meeste van ons een van die heerlikste lekkernye onder die son is, is die seedier se grootste waarde waarskynlik daarin dat dit die brood en botter van menige Weskusser is. Maar die Weskussers sukkel om by die brood en botter uit te kom. Hierdie afgelope week was dit weer baie duidelik hoe ontevrede vissers is omdat hulle nie handelskwotas gekry het nie. Hulle moet nou soos sportvissers seisoenpermitte koop om kreef te kan uithaal. Party was so ongelukkig dat hulle die week die see ingevaar en onwettig kreef gaan uithaal het. |
110 | 991123431p1007.txt | 5,415 | Dames en here, dit is nie die oplossing nie. Onwettige optrede was nog nooit die antwoord nie. Daar is ander maniere wat gevolg kan word en gevolg moet word. Nou sal julle vir my sê, maar Premier jy weet nie wat hier aangaan en hoe swaar ons kry nie. Jy weet nie wat dit is om saans jou honger kinders en vrou in die oë te moet kyk en weet jy kan nie kos op die tafel sit nie. Jy weet nie watter frustrasie dit is om 'n boorling van die Weskus te wees, 'n gebore visser, 'n kind van geslagte en geslagte se vissersfamilies, en jy kan nie jou lewe maak uit jou omgewing nie. Jy weet nie wat dit is om jou hele lewe op die see deur te bring en geen ander lewe te ken nie. |
110 | 991123431p1007.txt | 5,416 | En ek sou sê, miskien nie, maar wat ek wel weet, is dat die vissers van die Weskus se ongelukkigheid en probleme my na aan die hart is. Die afgelope jaar se katastrofe met die viskwotas die beskuldigings van korrupsie in die bedryf, die beweerde nepotisme dit alles is onaanvaarbaar. Die kreef- en visbedryf is 'n eeue-oue bedryf van die Kaap. Dit is een waarop ons trots is. Ons kan nie toelaat dat die bedryf deur sulke vrot kolle bederf word nie. As die nasionale regering wat die wette maak, nie die gemors kan uitsorteer nie, gaan die Wes-Kaapse regering ingryp. As dit beteken dat ons moet inmeng, dan meng ons in. |
110 | 991123431p1007.txt | 5,417 | Dit is in elk geval hoog tyd dat die magte by die provinsie berus. Wat weet Pretoria wat langs die Weskus aangaan (Hulle het dan nie eers 'n see nie.) Ons kan nie langer toelaat dat ons mense ly nie? |
110 | 991123431p1007.txt | 5,418 | Maar intussen moet ek julle vra om die wet te gehoorsaam. Ons sal saam met julle aan die regte deure klop om by die oplossing uit te kom. |
110 | 991123431p1007.txt | 5,419 | Toerisme is vandag een van die Wes-Kaap se grootste bates. Ons moet dit reg bestuur en ons bemarking doen. Dit is tyd dat die Weskus sy regmatige prominensie in Wes-Kaapse toerisme-brosjures kry. Toeriste moet weet buite Kaapstad is nie net die Stellenbosse wynlande, Tuinroete en die Kango-grotte nie, maar ook die Weskus met al sy skatte sy parke, sy skilderagtige kusdorpe, sy diepblou see en seker sy grootste bate, sy mense met hul harte van goud. Die Here het die Weskus geseën met hierdie skatte. Dit is Hy wat die eer verdien. Ons wil ook aan Hom dankie sê dat Hy hierdie fees moontlik gemaak het. |
110 | 991123431p1007.txt | 5,420 | Nou het ek genoeg gepraat. Dit is tyd vir die fees om te begin. Baie dankie dat julle Lambertsbaai kom ondersteun het. Geniet die propvol feesprogram wat die organiseerders vir ons voorberei het. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,422 | Hierdie dokument is 'n konsepbeleid vir openbare kommentaar oor die toekenning en bestuur van kommersiële visvangregte in die diepsee stokvis-treilvangsvissery (of diepse stokvis-treilvissery) soos uitgereik deur die Departement van Omgewingsake en Toerisme: Tak Mariene-en Kusbestuur ("die Departement") Die konsepbeleid moet saamgelees word met die Konsep van die Algemene Beleid aangaande die Toekenning en Bestuur van Langtermyn Kommersiële Visvangregte: 2005 ("die Algemene Visvangbeleid"). Belanghebbende en geaffekteerde partye mag skriftelik kommentaar indien by die Departement teen 4 April 2005. Opermkings wat na hierdie datum ontvang word sal nie in aanmerking kom nie. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,423 | Die doel van hierdie beleid is om die oorwegings van toepassing op die toekenning van langtermyn kommersiële visvangregte vir die diepsee stokvis-treilvissery uiteen te sit. Min van hierdie oorwegings is nuut. Hulle is in die verlede deur die Departement gebruik by die toekenning van regte. Hierdie beleid verteenwoordig tewens 'n dokumentasie van sodanige oorwegings. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,424 | Sekere voorgenome bestuursbeleidsrigtings verskyn ook in hierdie konsepbeleid. 'n Bestuurshandboek vir die Diepsee Stokvis-treilvissery sal met al die regtehouers in die loop van 2006 gefinaliseer word. Hierdie handboek sal in die fynste besonderhede die toepaslike bestuursmetodes en -prosedures vir die bedryf uitstippel. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,425 | aan 'n senior beampte van die Departement te delegeer.. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,426 | Die diepsee treilvissery is sedert die aanvang daarvan in 1890 Suid-Afrika se belangrikste en finansieel mees winsgewende vissery. Tot 1978 was hierdie vissery hoofsaaklik ongereguleerd en deelnemers is nie beperk tot maksimum vangsperke nie. Sedert 1978 is die stokvis-treilvissery bestuur ingevolge 'n jaarlikse totale toelaatbare vangs (TTV) wat merkwaardig stabiel gebly het. Tussen 1978 en 2004 het die TTV gewissel tussen 140 000 ton en 133 000 ton . Negentig persent van alle stokvis-treilvangste bestaan uit diepsee stokvis. Die orige tien persent beslaan vlak-water stokvis en byvangste van koningklip, monniksvis en ander spesies. Die diepsee stokvis se treilervisserygebied is geleë aan die Kaapse wes-en suidkus. Treilvissery word hoofsaaklik gefokus op drie visvanggebiede geleë op dieptes van meer as 110 meter (minstens 20 myl van die kus af). |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,427 | Die Departement bestuur die diepsee stokvis-treilvissery as deel van 'n "stokvis-kollektief". Ingevolge die WLMH word 'n globale TTV vir alle stokvis jaarliks deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme vasgestel. Van die globale TTV word 83 persent van die TTV aan diepsee stokvis-treilvissery toegeken. Die res word gedeel deur die langlyn-, handlyn-en kustreilvissery. Tot 2004 is 1 000 ton opsy gesit vir buitelanders. Hierdie toekenning sal gestaak word. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,428 | Die diepsee stokvis-treilvissery onderhou ongeveer 8 800 regstreekse werksgeleenthede langs Suid-Afrika se wes-en suid-oostelike Kaapse kus. Uit hierdie werksgeleenthede word 90 persent gevul deur persone uit histories benadeelde gemeenskappe, terwyl vroue 40 persent van die werkers uitmaak. Werksomstandighede in die diepsee stokvis-treilvissery word beskou as beter as in ander visserye. Die meeste van die werknemers word op voltydse, jaar-uit basis in diens geneem met vasgestelde salarisse en indiensnemingsvoordele. Die gemiddelde jaarlikse inkomste van die bemanning (insluitende die kaptein) is R63 000 per jaar. Baie van die groter diepsee treilvisvangmaatskappye is geregistreer by die "Trots Suid-Afrikaans"-veldtog wat hulle verbintenis tot nasiebou-inisiatiewe en billike arbeidspraktyke bevestig. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,429 | Die diepsee stokvis-treilvissery is 'n uiters kapitaal-intensiewe vissery. Bestaande deelnemers het aansienlike beleggings in vaartuie sowel as prosesserings-en bemarkingsinfrastruktuur gemaak. Die totale waarde van bates in die vissery word op meer as R700 miljoen geskat. Die markwaarde van die jaarliks gelande vangste is ongeveer R1,4 biljoen. Hoewel vaartuie so klein as 30 meter lank in die vissery gebruik word, is 66 persent van diepsee treilers tussen 45 meter en 50 meter lank. Vaarte duur van minder as 'n week tot meer as 30 dae. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,430 | In 1992 het die vyf grootste maatskappye in die vissery 92 persent van die TTV beheer. In 2004 het die vyf grootste maatskappye, minder as 75 persent van die stokvisbronne gedeel. Net so belangrik, is dat in 1992 die kleinste kwota 50 ton was en die grootste 53 000 ton. Tien jaar later is die kleinste kwota 336 ton en die grootste 45 000 ton. Die verskil tussen die kleinste en die grootste toekennings raak dus kleiner. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,431 | Die "interne" transformasie van die tradisionele maatskappye en die toetrede van maatskappye in swart besit en onder swart bestuur sedert 1992 het gelei tot 'n aansienlik verbeterde transformasieprofiel in hierdie bedryf. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,432 | persent van die TTV word deur maatskappye in swart besit gehou in was dit nul persent. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,433 | Oorkoepelende sektorale doelwitte. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,434 | Om die internasionale beeld van die Suid-Afrikaanse diepsee stokvis-treilvissery in stand te hou en te ontwikkel, sal daar ag geslaan word op Suid-Afrika se verpligtings op nasionale, streeks-en internasionale vlakke wanneer visvangregte toegeken word. Hieronder tel die behoefte om die langtermyn volhoubare gebruik van stokvisvoorraad te verseker en om al die bekende impakte op die mariene ekosisteem wat deur treilvissery beïnvloed word, te bestuur. Dit sluit in maatreëls wat byvangste voorkom en verminder. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,435 | n belegging-en werkskeppingsvriendelike omgewing te skep; en die ekonomiese lewensvatbaarheid en omgewingsvolhoubaarheid van die vissery te ondersteun. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,436 | die aantal voltydse werksgeleenthede van gehalte wat voorsien word; die behoefte om ekonomiese stabiliteit in stand te hou en internasionale mededinging van die vissery te verhoog; en die feit dat die diepsee stokvisbron goed betroubare en lopende data, bestuur word ingevolge is die Departement voornemens om kommersiële regte vir 'n tydperk van 15 jaar (1 Januarie 2006 tot en met 31 Desember 2020) toe te ken en, onderworpe aan hersiening op gereelde grondslag teenoor voorafbepaalde prestasiekriteria, soos die bereiking van ooreengekome transformasiedoelwitte (sien verder paragraaf 12 hier onder).. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,437 | Die diepsee stokvis-treilvissery het tans te veel deelnemers. Die onlangse hoë vlak van bevisting vereis dat 'n konserwatiewe bestuursplan toegepas word. Hierdie bestuursplan, wat oor die afgelope drie jaar toegepas is, vereis 'n geleidelike afname in die TTV. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,438 | Hoewel geen bykomende deelnemers toegelaat sal word tot die diepsee stokvis-treilvissery nie, sal nuwe inkomelinge se aansoeke tog oorweeg word. Huidige regtehouers wat nog nie die transformasiedoelwitte in werking gestel het waartoe hulle hulself verbind het in hulle onderskeie medium-termyn regte-aansoeke en wat nog nie belê het in, of betrokke geraak het by die vissery oor die medium-termyn tydperk nie, kan vervang word deur 'n geskikte nuwe inkomeling. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,439 | onmiddellike toegang het tot geskikte vaartuig/vaartuie en tot die nodige kapitaal om 'n diepsee stokvis-treilvissery te finansier. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,440 | Alle aansoeke sal ingevolge 'n stel "uitsluitingskriteria" gesif word. Nuwe aansoekers en vorige regtehouers se aansoeke sal daarna apart nagegaan word volgens 'n stel gelaaide "vergelykende balanseringskriteria". 'n Afsnypunt vir telling of rang sal dan vasgestel word ten einde die suksesvolle aansoekers te kies. 'n Gedeelte van die TTV sal dan aan elk van die suksesvolle aansoekers toegeken word ingevolge 'n stel "kwantumkriteria". |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,441 | a Vorm van die aansoeker: Slegs aansoeke van entiteite geïnkorporeer ingevolge die Wet op Beslote Korporasies, Wet 69 van 1984 en die Maatskappyewet, Wet 61 van 1973 sal in aanmerking kom. Aansoeke van natuurlike persone d w s individue of eenmansake en trusts sal nie oorweeg word nie. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,442 | b Wetsnakoming: Visvangregte vir diepsee stokvis-treilvissery sal nie toegeken word nie aan regtehouers, insluitende die direkteure of beherende aandeelhouers wat skuldig bevind is aan 'n misdryf ingevolge die WLMH sonder die opsie om 'n boete te betaal, die Seewet, die Konvensie, deklarasie of verdrag van CCAMLR, of die bepalings van enige ander land se mariene en/of vissery se wette. Regte sal ook nie toegeken word nie aan regtehouer-aansoekers, insluitende die direkteure of beherende aandeelhouers wie se visvangregte gekanselleer, opgeskort of ingetrek is ingevolge die WLMH. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,443 | Besluite sal voorbehou word op aansoeke van regtehouers wat ondersoek word vir oortredings van die WLMH. 'n Besluit sal geneem word nadat die ondersoek afgehandel is. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,444 | Die Departement verwag dat elke regte-houer 'n heffing betaal op die teikenspesies van visvangste. 'n Aantal regtehouers het òf nog nie heffings betaal nie of nie die hoeveelheid van die vangste korrek aangemeld nie om daardeur onder andere die betaling van heffings te vermy. Laasgenoemde sal uitgesluit word. Eersgenoemde sal gepenaliseer word in die vergelykende balanseringsproses soos hier onder uiteen gesit. Sou sodanige aansoeker egter nietemin vir 'n reg kwalifiseer sal 'n visvangpermit nie uitgereik word ni, e alvorens die uitstaande heffings (plus rente) by die Departement betaal is. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,445 | Papier-kwota's: Papier-kwota's soos uiteengesit in die Algemene Beleid, sal uitgesluit word. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,446 | Toegang tot 'n geskikte vaartuig: Aansoekers sal moet aantoon dat hulle 'n reg van toegang tot 'n geskikte vaartuig het (sien verder paragraaf 8 hier onder vir die definisie van 'n geskikte vaartuig). |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,447 | Aansoekers wat regte hou asook potensiële nuwe inkomelinge sal evalueer word ingevolge die volgende balanseringskriteria en die aansoeke sal dan opgeweeg word teen mekaar ten einde die sterkte van elke aansoek te bepaal. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,448 | aTransformasie Een van die Departement se doelwitte tydens die proses om langtermyn visvangregte in hierdie vissery toe te ken, is om die huidige vlakke van transformasie te verbeter. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,449 | Korporatiewe maatskaplike belegging. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,450 | Beleggings in geskikte vaartuie. In hierdie verband sal beleggings in die vorm van aandeelhouding in aanmerking geneem word. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,451 | Beleggings in prosesserings-en bemarkingsinfrastruktuur. In hierdie verband sal die Departement regtehouers wat in stokvisprosesseringsfabrieke en bemarkingsinisiatiewe belê het beloon. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,452 | Betreffende nuwe aansoekers, sal die Departement oorweging gee aan beleggings gemaak in die vorm van vaartuie, prosesserings-en bemarkingsinfrastruktuur. Verder sal nuwe aansoekers moet aantoon dat hulle die kennis, vaardigheid en vermoë het om aan die diepsee stokvis-treilervissery te kan deelneem. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,453 | Regtehouer-aansoekers wat aansienlike hoeveelhede minder of meer as hulle toekennings gevang het (meer as 10 persent van hulle toekennings) gedurende die medium-termyn tydperk sal gepenaliseer word. Finansiële prestasie sal gemeet word soos in die Algemene Visserybeleid aangedui. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,454 | Die Departement sal die vermoë van regtehouers om waarde tot die stokvis toe te voeg met prosessering in aanmerking neem. Van nuwe inkomeling-aansoekers sal verwag word om aan te dui hoe hulle voornemens is om die maksimum waarde by stokvis toe te voeg deur middel van prosessering. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,455 | Die diepsee stokvis-treilervissery verskaf ongeveer 8 800 werksgeleenthede van gehalte. Salarisse is gemiddeld R63 000 per jaar vir werknemers wat seevarend is. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,456 | Veilige werksomstandighede, sal positief evalueer word. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,457 | In die geval van regtehouers sal werksgeleenthede geskep word per ton vis, toegeken gedurende die medium-termyn toekenningsproses bepaal word en in aanmerking geneem word. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,458 | Die Departement sal ook die loonverskille tussen die hoogste en laagste besoldigde werknemers in aanmerking neem. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,459 | Die Hoeveelheid byvangste wat deur deelnemers aan die diepsee stokvis-treilvissery geland word bly 'n bron van kommer vir die Departement. Die teiken van hoë-waarde byvangspesies soos koningklip (Genypterus capensis) en monnikevis (Lophius vomerinus), is veral kommerwekkend. Huidige vangskoerse dui daarop dat vangste van albei spesies nie volhoubaar is nie. Koningklip-talrykheid aan die suidkus is veral baie laag. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,460 | Die Departement het bepaal dat die maksimum jaarlikse byvangs vir koningklip tot 3 000 ton beperk word en dié vir monnikevis tot 7 000 ton. Hierdie byvangs-toelating is van toepassing op die stokvisbedryf as geheel. Bestaande regtehouer aansoekers sal moet demonstreer watter byvangstempering en verminderingsmaatreëls hulle in werking gestel het , of in die geval van nuwe aansoekers, watter metodes hulle sal toepas om te verseker dat hulle sal voldoen aan bogenoemde byvangsbeperkings. Die Departement sal ook in ag neem watter maatreëls ingestel is of ingestel sal word om byvangste van snoek (Thyrsites atun) te verminder. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,461 | Dit is bekend dat treilvissery skade aan die seebodem berokken. Tot op datum is daar te min data om beskikbaar om sodanige skade te kwantifiseer. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,462 | Meer energie-en brandstof-doeltreffendheid (ook van toepassing op prosesseringsfabrieke). |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,463 | Die Departement sal aansoekers (veral kleiner regtehouers en nuwe aansoekers) bevoordeel wat verkies om hulle vangste te land en te laat prosesseer in sentrums buite die groter metropolitaanse gebiede soos Port Elizabeth en Kaapstad. Dit sal egter nie lei daartoe dat die groter regtehouers van diepsee stokvis-treilvissery wat aansienlike beleggings in prosesseer-en bemarkingsfasiliteite in Kaapstad en Port Elizabeth gemaak het, gepenaliseer sal word nie. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,464 | Regtehouers sal gepenaliseer word indien hulle heffings agterstallig is vir 'n tydperk langer as 60 dae vanaf die datum van die aansoek nie. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,465 | Aansoekers wat versuim om te voldoen aan hulle verpligtings ingevolge die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 97 van 1998 en die Wet op Heffing van Vaardigheidsontwikkeling, 9 van 1999, en diegene wat geringe oortredings van die WLMH begaan het (d w s oortredings wat nie hulle uitsluiting regverdig nie) sal gepenaliseer word. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,466 | Klein-en medium-grootte ondernemings: 10 persent van die diepsee stokvistreilvissery se TTV sal opsy-gesit word om suksesvolle aansoekers wat klein-of medium-grootte ondernemings het te bevoordeel. Klein-of medium-formaat entiteite word gedefinieer as dié met 'n jaarlikse omset van nie meer as R5 miljoen vir die medium-formaat en R3 miljoen vir die klein-formaat onderneming nie. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,467 | Enige suksesvolle nuwe aansoeker sal die kleinste hoeveelheid toegeken word wat aan 'n suksesvolle regtehouer toegeken word. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,468 | Toegerus is met 'n werkende vaartuigmoniteringstelsel. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,469 | Regtehouers in die diepsee stokvistreilvissery word nie daarvan uitgesluit om regte in enige ander vissery in die Groep A-en Groep B visserye te hou nie. Regtehouers in die diepsee stokvistreilvissery (insluitende hulle beherende aandeelhouers en lede van hulle uitvoerende bestuurspan) sal nie toegelaat word om kommersiële visvangregte in die Groep C-en Groep D visserye te hou nie. Hierdie sektore word gereserveer vir vissers wat op die visbron staatmaak vir hulle inkomste of die grootste deel van hulle inkomste. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,470 | die koste van die algehele regtetoekenningsproses, met inbegrip van konsultasie, ontvangs, evaluering van aansoeke, verifikasie, appèlle en hersienings. In hierdie verband sal die koste aangegaan gedurende die mediumtermyn proses as riglyn dien; en die waarde van die vis wat toegeken word oor die duurtyd van die reg. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,471 | Die jaarlikse heffings wat betaalbaar is met ingang vanaf 1 Januarie 2006 sal hersien word na oorlegpleging met die geaffekteerde en belanghebbende partye. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,472 | Die bestuursmaatreëls wat hier onder bespreek word verwys na sommige van die Departement se hoofvoornemens vir die bestuur van hierdie vissery nadat regte toegeken is. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,473 | Hierdie vissery sal bestuur word ooreenkomstig die ekosisteembenadering tot die bestuur van visserye (EBV). 'n Ekosisteembenadering tot die bestuur van die vissery is 'n holistiese en geïntegreerde beleid wat erkenning gee daaraan dat visvang en verwante aktiwiteite op land die breë mariene omgewing kan beïnvloed. Hierdie deel van die beleid vir die diepsee stokvistreilvissery, is egter nie daarop gerig om 'n beleidsverklaring te maak oor EBV in die diepsee stokvistreilvissery nie. Die EBV in die diepsee stokvistreilvissery sal verder uiteengesit word in die Bestuurshandboek vir die Diepsee Stokvis-treilvissery. Suid-Afrika bly verbind tot 'n teikendatum van 2010 vir die inwerkingstelling van 'n EAF in die kommersiële vissery. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,474 | Kleiner regtehouers verkies om hulle sakebedrywighede te konsolideer. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,475 | Konsolidering van regtehouers is egter onderhewig aan die Departement se benadering tot monopolieë (sien paragraaf 11.5 hier onder). |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,476 | Die diepsee stokvis-treilvissery teiken twee soorte stokvis langs die Kaapse wes-, suid-en suidooskus. Indien die voorgestelde Namakwalandse Mariene Beskermde Gebied gevestig word, sal die oes van stokvis effektief verdeel word in drie aparte gebiede aangesien treilvisvangbedrywighede langs die weskus na die noorde en die suide van die MBG verdeel sal word. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,477 | Die Departement is ook van voorneme om die deel van visvangebiede deur stokvistreil-en stokvis-langlynvissers te ontmoedig. Artikel 15 van die WLMH maak voorsiening vir die verklaring van visvangbestuursgebiede. Die Departement sal oorweeg om sodanige bestuursgebiede te verklaar in 'n poging om potensiële konflik tussen treilvissers en langlynvissers uit te skakel. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,478 | Daar is tans 100 diepsee treilvaartuie vir stokvis wat in Suid-Afrikaanse waters vang. Die meerderheid hiervan is ouer vaartuie wat vervang moet word. Opgradering van die vloot mag 'n verhoging in die vangspoging tot gevolg hê. Die Departement sal die bykomende vangspoging as gevolg van verdere en nuwe vaartuie wat in die vloot ingebring word, met sorg evalueer. Regtehouers sal nie toegelaat word om vaartuie te gebruik wat in staat is om baie meer vangspoging te ontplooi as wat hulle in terme van hulle toekenning kan vang nie. Verder mag die Departement met die Bedryfsligaam van die Visvangsektor oorleg pleeg in verband met aansoeke om verdere of nuwe vaartuie in die sektor te benut. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,479 | Hoewel die Departement konsolidasie van regtehouers in die vissery sal aanmoedig, is die Departement gekant teen monopolieë wat tot nadeel van die kleiner regtehouers kan strek. Die Departement is veral bekommerd dat die kleiner regtehouers in die vissery nie in staat is om die waarde van hulle toekennings ten volle te realiseer nie. Op hierdie stadium sal die Departement nie 'n maksimum drempel van die TTV wat enige enkele regtehouer mag hou of beheer instel nie, maar sal moniteer of enige groot regtehouers op 'n wyse optree wat strydig is met billike mededingingspraktyke. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,480 | Die huidige TTV-verhouding van treilvissery : langlynbedryf sal oor die algemeen behou word. Die verhouding mag egter hersien word indien verdere data oor die impak van die onderskeie bedrywe beskikbaar word. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,481 | Die Departement sal 'n aantal formele ondersoek instel om prestasie in die benutting van regte te meet. Daar word beoog om die eerste prestasiebepalings na twee jaar uit te voer en daarna elke drie jaar. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,482 | wetsnakoming van toepaslike wette en regulasies. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,483 | Die Departement se huidige waarnemerprogram sal uitgebrei word om waarneming vir wetstoepassingsdoeleindes in te sluit. Verder sal die Departement die waarneming van hierdie vissery stelselmatig uitbrei. Van regtehouers sal verwag word om die koste van die waarnemingsprogram te dra. |
111 | A - Hake Deep Sea Trawl Afrikaans.txt | 5,484 | Permitvoorwaardes vir hierdie vissery sal jaarliks uitgereik word. Die permitvoorwaardes van toepassing vir hierdie vissery vir die 2005-seisoen word as Bylae A aangeheg. Belanghebbende en geaffekteerde partye word uitgenooi om op hierdie permitvoorwaardes kommentaar te lewer. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,486 | Hierdie dokument is 'n konsepbeleid vir openbare kommentaar aangaande die toekenning en bestuur van kommersiële visvangregte in die stokvis kustreilvangsvissery en word deur die Departement van Omgewingsake en Toerisme: Tak Mariene en Kusbestuur ("die Departement") uitgereik. Hierdie beleid moet saam met die Konsep van die Algemene Beleid aangaande die Toekenning en Bestuur van Langtermyn Kommersiële Visvangregte: 2005 ("die Algemene Visvangbeleid") gelees word. Belanghebbende en geaffekteerde partye kan skriftelike kommentaar teen 4 April 2005 indien. Kommentaar wat na hierdie datum ontvang word sal nie in aanmerking kom nie. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,487 | Die doel van hierdie beleid is om die oorwegings van toepassing op die toekenning van langtermyn kommersiële visvangregte vir die stokvis kustreilvissery uiteen te sit. Min van hierdie oorwegings is nuut. Die Departement het hulle in die verlede gebruik om regte toe te ken. Hierdie beleid weerspieel sodanige beleid, maar 'n paar veranderings en toevoegings is ingesluit. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,488 | Sekere voorgenome bestuursbeleidsrigtings vir die tydperk na toekennings, verskyn ook in hierdie konsepbeleid. 'n Bestuurshandboek oor Kustreilvissery sal met die regtehouers in die loop van 2006 gefinaliseer word. Hierdie handboek sal in fyn besonderhede die bestuursmetodes en -prosedures vir hierdie vissery uiteensit. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,489 | Die Minister van Omgewingsake en Toerisme is voornemens om die artikel 18-magte in terme waarvan kommersiële visvangregte van die kustreilvissery toegeken word ingevolge artikel 79 van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, 18 van 1998 (WLMH) aan 'n senior beampte van die Departement te delegeer. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,490 | Die kustreilvissery het 'n aansienlik korter kommersiële geskiedenis as sy meeganger, die diepsee treilvissery. Die kustreilvissery het gedurende die 1900s ontstaan. Dit is egter eers teen die 1950's dat die vissery kommersieel geword het toe kleiner treilers die vissery binnegekom het, om stokvis en die meer waardevolle Agulhas tongvis te teiken. Die kustreilvissery teiken steeds hierdie spesies. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,491 | Soos in die geval van die diepsee treilvissery, was die kustreilvissery ook grotendeels ongereguleerd tot 1978, toe deelnemers nie tot 'n maksimum vangs beperk is nie. Sedert 1978 is die kustreilvissery volgens 'n totale toelaatbare vangs (TTV) bestuur, wat merkwaardig stabiel gebly op ongeveer 6 persent van die globale stokvis TTV. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,492 | Die Departement bestuur die kustreilvissery as deel van 'n "stokvis kollektief". Ingevolge die WLMH stel die Minister van Omgewingsake en Toerisme jaarliks 'n globale TTV vir alle stokvis-soorte vas. Die diepsee treilvissery kry 83 persent van die TTV, die kustreilvissery 6 persent en die res word verdeel tussen die stokvis-handlyn-en -langlynsektore. Tot en met 2004 is 1 000 ton stokvis opsygesit vir buitelandse vissers. Hierdie toekenning sal gestaak word. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,493 | Kustreilgebeide is gelë tussen Kaap Agulhas in die weste en die Groot Keirivier in die ooste. Treil vir stokvis fokus op 'n enkele visgrond geleë op dieptes vlakker as 110 meter maar minstens vyf myl van die kus af. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,494 | Die kustreilvissery verskaf regstreekse werksgeleenthede vir ongeveer 1 100 persone. Ongeveer 90 persent van hierdie werksgeleenthede word deur swart persone gevul, en 42 persent deur vroue. Werksomstandighede in die kustreilvissery word beskou as beter as dié wat ander visserye geld. Die meeste werknemers is dwarsdeur die jaar voltyds in diens met vasgestelde salarisse en diensvoordele. Die gemiddelde jaarlikse inkomste vir see-bemanning beloop R35 000. Werkers wat op die see uitgaan word geregistreer by die bedingingsraad vir die Suid-Afrikaanse Visvangnywerheid wat uit twee kamers bestaan: een vir die diepsee treilvissery en een vir die kustreilvissery. Die Bedingingsraad stel basiese indiensnemingsvoorwaardes vir hierdie visserye op. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,495 | Die kustreilvissery is nie so kapitaal-intensief soos die diepsee treilvissery nie, maar aansienlike beleggings in vaartuie, prosessering-en bemarkingsinfrastruktuur is nietemin deur die bestaande deelnemers gemaak. Die totale waarde van bates in die vissery word op meer as R100 miljoen beraam. Die markwaarde van vangste ontskeep is jaarliks ongeveer R16 miljoen werd. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,496 | Stokvisvoorraad word tans ooreenkomstig 'n konserwatiewe strategie bestuur. Die TTV vir stokvis is jaarliks sedert 2003 verminder en verdere verminderings is moontlik. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,497 | Soos in die geval van ander kommersiële visserye in Suid-Afrika is die kustreilvissery histories deur 'n handjievol groot maatskappye in blanke besit oorheers. Die invoering van TTV in 1978 het kleiner maatskappye uit die vissery gedwing. In 1992 het elf groot maatskappye 35 treilers in die vissery vissery. Teen 2004 het 16 maatskappye deelgeneem. Ewe belangrik is die feit dat in 1992 die verhouding tussen die kleinste en die grootste kwota 1:45 was. Tien jaar later is die verhouding tot 1:26 verminder. Die gaping tussen die grootste en die kleinste toekennings krimp dus. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,498 | Die "interne" transformasie van die tradisionele maatskappye en die toetrede van maatskappye in swart besit en onder swart bestuur sedert 1992, het die transformasieprofiel van die vissery wesentlik verbeter. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,499 | persent van die stokvis TTV en 46 persent van die tongvis TTV word deur maatskappye in swart besit gehou (in 1992 was dit een persent). |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,500 | die ekonomiese lewensvatbaarheid en omgewingsvolhoubaarheid van die vissery te ondersteun. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,501 | Met inagneming van die transformasieprofiel van die vissery; die feit dat die huidige kustreilvloot verouderd is en vervang moet word; die aantal voltydse werksgeleenthede van gehalte wat voorsien word; die noodsaaklikheid om die huidige ekonomiese stabiliteit in die vissery te handhaaf; en die feit dat die kusbronne van stokvis en tongvis goed bestuur word volgens betroubare en huidige data, is die Departement voornemens om kommersiële visvangregte vir 'n tydperk van 10 jaar toe te ken (1 Januarie 2005 tot en met 31 Desember 2015), onderhewig aan hersiening met gereelde tussenposes teenoor voorafbepaalde prestasiekriteria, soos die bereiking van ooreengekome transformasiedoelwitte (sien paragraaf 12 hier onder). |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,502 | Stokvis en tongvis word tans bestuur volgens 'n herstelplan omdat daar tekens is dat hierdie voorrade besig is om af te neem. Boonop het die inname van nuwe inkomeling-aansoekers tussen 1992 en 2002 tot gevolg gehad, dat stokvistoekenning van gemiddeld 900 ton na 600 ton per regtehouer afgeskaal is. Tongvistoekennings is soortgelyk van 'n gemiddeld van 80 ton tot 50 ton per regtehouer verminder. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,503 | Die Departement is van mening dat die huidige aantal deelnemers en die visvangpoging (16 regtehouers wat 35 vaartuie gebruik) optimaal is. Die transformasieprofiel van hierdie vissery is egter laer as die gemiddeld van die industrie (66 persent). Die Departement sal daarom nuwe aansoekers verkies bo bestaande regtehouers, wat nog nie die transformasiedoelwitte uitgevoer het waartoe hulle hulself verbind het in hulle onderskeie medium-termyn regtetoekenningsaansoeke nie. Nuwe inkomeling kan ook verkies word bo bestaande regtehouers wat nie wesentlik in die vissery belê het oor die medium-termyn regte periode nie. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,504 | onmiddellike toegang tot 'n geskikte vaartuig/vaartuie het asook die nodige kapitaal om 'n stokvis-en tongvis-kustreilvissery te finansier. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,505 | Aansoeke sal volgens 'n stel "uitsluitingskriteria" gesif word. Nuwe aansoekers en bestaande regtehouers wat aansoek doen sal daarna apart evalueer word in terme van ''n stel gelaaide "vergelykende balanseringskriteria". 'n Afsnypunt sal dan bepaal word om die suksesvolle aansoekers te kies. 'n Deel van die TTV sal dan aan elke suksesvolle aansoeker toegeken word in terme van 'n stel "kwantumkriteria". |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,506 | Vorm van aansoeker: Slegs aansoeke van entiteite geïngekorporeer ingevolge die Wet op Beslote Korporasies, 69 van 1984 en die Maatskappyewet 61 van 1973 sal oorweeg word. Aansoeke van natuurlike persone (d w s individue en alleen-eienaars) en trusts sal nie in aanmerking kom nie. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,507 | Wetsnakoming: Visvangregte vir die kustreilvissery sal nie toegeken word nie aan regtehouers, insluitende die direkteure of beherende aandeelhouers wat skuldig bevind is aan 'n oortreding ingevolge die WLMH (sonder die opsie om 'n boete te betaal). Verder sal 'n visvangreg vir die kustreilvissery ook nie toegeken word nie aan regtehouers, insluitende die direkteure of beherende aandeelhouers wie se visvangregte gekanselleer, opgeskort of ingetrek is ingevolge die WLMH. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,508 | Besluite sal voorbehou word oor aansoeke van regtehouers wat vir oortredings van die WLMH ondersoek word. 'n Besluit sal geneem word nadat sodanige ondersoek afgehandel is. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,509 | Die Departement verwag van elke regtehouer om 'n heffing te betaal op geteikende vis wat geontskeep is. Daar is regtehouers wat òf nog nie heffings betaal het nie, of wat vangste onderrapporteer het om onder andere betaling van heffings vry te spring. Laasgenoemde sal uitgesluit word. Eersgenoemdes (nie-betaling van heffings aan die Departement verskuldig) sal in die vergelykende balanseringskriteria soos hier onder uiteengesit, gepenaliseer word. Indien sodanige aansoeker egter nogtans kwalifiseer vir 'n reg sal 'n visvangpermit nie uitgereik word voordat die volle bedrag (plus rente) betaal is nie. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,510 | Papierkwota's: Papierkwota's soos uiteengesit in die Algemene Beleid sal uitgesluit word. |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,511 | Toegang tot 'n geskikte vaartuig: Aansoekers sal 'n reg van toegang tot 'n geskikte vaartuig moet bewys (sien paragraaf 8 hier onder). |
112 | A - Hake Inshore Afrikaans.txt | 5,512 | Regtehouer-aansoekers en potensiële nuwe aansoekers sal evalueer word in terme van die volgende balanseringskriteria, wat gelaai sal word om die sterkte van elke aansoek te bepaal. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.