document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,513
Die Departement se doel met die toekenning van langtermyn visvangregte in hierdie vissery is om die huidige transformasievlakke te verbeter.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,514
Korporatiewe maatskaplike belegging.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,515
Beleggings in geskikte vaartuie. Belegging in die vorm van aandeelhouding sal oorweeg word.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,516
Beleggings in prosesserings-en bemarkingsinfrastruktuur. Die Departement sal aansoekers beloon wat in stokvis-en tongvis-prosesseringsfabrieke en bemarkingsinisiatiewe belê het.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,517
Betreffende nuwe aansoekers sal die Departement oorweging gee aan watter belegging in die vorm van vaartuie, prosessering-en bemarkingsinfrastruktuur gemaak is. Verder sal nuwe aansoekers moet bewys of hulle die kennis, vaardigheid en vermoë het om te treil vir stokvis en tongvis.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,518
Regtehouer-aansoekers wat aansienlik meer of minder as hulle reg (meer as 10 persent) gevang het sal gepenaliseer word. Finansiële prestasie sal gemeet word soos in die Algemene Beleid aangedui.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,519
Die Departement sal die vermoë van regtehouers om waarde by die stokvis en tongvis toe te voeg deur die prosessering van produkte vir die plaaslike en internasionale mark, in aanmerking neem.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,520
Die stokvis kustreilvissery voorsien ongeveer 1 100 betreklik hoë kwaliteit werksgeleenthede.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,521
Die meeste werknemers word voltyds in diens geneem met voordele soos mediese fonds en pensioen. Billike arbeidspraktyke kom oor die algemeen voor.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,522
Veilige werksomstandighede, sal positiewe punte kry.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,523
In die geval van bestaande regtehouers sal werksgeleenthede geskep per ton vis toegeken gedurende die medium-termyn regtetoekenningsproses evalueer word en in aanmerking kom. Die Departement sal ook kyk na die loonverskille tussen die hoogste en laagste besoldigde werknemers.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,524
Die hoeveelheid byvangste in die kustreilvissery bly 'n bron van kommer vir die Departement. Veral die teikening van byvangspesies met hoë waarde soos koningklip (Genypterus capensis) en monnikevis ('Monk Fish)(Lophius vomerinus) is besonder kommerwekkend. Huidige vangskoerse dui daarop dat vangste van albei spesies bo volhoubare vlakke is. Koningklip-talrykheid aan die suidkus is veral laag.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,525
Die Departement het die maksimum byvangsperk vir koningklip op 3000 ton per jaar bepaal en dié van monnikevis op 7000 ton. Hierdie byvangstoegewings is op die hele stokvisvissery van toepassing. Voornemende aansoekers sal moet bewys watter byvangstempering en verminderingsmaatreëls hulle in werking gestel het of in die geval van nuwe aansoekers, in werking gaan stel om te verseker dat aan bogenoemde byvangsbeperkings voldoen word.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,526
Die Departement sal positiewe punte toeken aan aansoeke van veral kleiner regtehouers en nuwe aansoekers wat verkies om hulle vangste te ontskeep en te laat prosesseer in sentrums buite die groot metropolitaanse gebiede soos Port Elizabethe en Kaapstad . Dit sal egter nie penalisering van die groter stokvis-kustreilregtehouers wat wesentlik in prosessering-en bemarkingsfasiliteite in Kaapstad en Port Elizabeth belê het, tot gevolg hê nie.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,527
Regtehouers sal gepenaliseer word indien hulle heffings vir langer as 60 dae voor die aansoekdatum uitstaande is.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,528
Aansoekers wat versuim het om aan hulle verpligtings te voldoen ingevolge die Wet op Vaardigheidsontwikkeling 97 van 1998, en die Wet op die Heffings van Vaardigheidsontwikkeling 9 van 1999 en diegene wat geringe oortredings van die WLMH begaan het (d w s oortredings wat nie hulle uitsluiting regverdig nie) sal gepenaliseer word.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,529
Klein-en medium-grootte ondernemings: 10 persent van die stokvis-en tongvis-kustreil TTV word opsygesit om klein-en medium-grootte ondernemings te ondersteun. Klein-en medium-grootte entiteitaansoekers is onder andere entiteite met 'n jaarlikse omset van nie meer R5 miljoen vir medium en R3 miljoen vir die klein ondernemings.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,530
Enige nuwe inkomeling sal 'n hoeveelheid kry wat gelyk staan aan die kleinste hoeveelheid wat aan 'n suksesvolle bestaande regtehouer toegeken word.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,531
Toegerus is met 'n werkende vaartuigmoniteringstelsel.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,532
n maksimum perdekrag van 750 het; en toegerus is om tongvis en stokvis op 'n diepte van nie meer as 110m te vang.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,533
Regtehouers in die kustreilvissery word nie verhinder om regte in enige ander vissery in Groepe A en B te hou nie. Regtehouers in die kustreilvissery (insluitende hulle beherende aandeelhouers en lede van hulle uitvoerende bestuurspan) sal nie toegelaat word om kommersiële regte in Groepe C en D te hou nie.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,534
die koste van die hele regtetoekenningsproses, insluitende konsultasie, ontvangs, evaluering van aansoeke, verifikasie, appèlle en hersienings. In hierdie verband sal die koste aangegaan met die medium-termyn proses as riglyn gebruik word; en die waarde van die vis toegeken oor die tydsduur van die reg.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,535
Die jaarlikse heffings wat op 1 Januarie 2006 betaalbaar is, sal na oorleg met geaffekteerde en belanghebbende partye hersien word.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,536
Die bestuursmaatreëls wat hier onder bespreek word, dui op 'n paar van die Departement se hoofvoornemens vir bestuur van die vissery na regtetoekenning.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,537
Hierdie vissery sal bestuur word ooreenkomstig die ekosisteembenadering tot visserye (EBV). 'n Ekosisteembenadering tot bestuur van die visvangvissery is 'n holistiese en geïntegreerde beleid wat erken dat visvang-en verwante land-gebaseerde bedrywighede die breë mariene omgewing kan beïnvloed. Hierdie deel van die beleid aangaande kustreilvisvang probeer nie 'n beleidsverklaring oor EBV uitreik nie. Die EBV in die kustreilvissery word in die Bestuurshandboek vir die kustreilvangsvissery uiteengesit. Suid-Afrka bly verbind tot 'n teikendatum van 2010 vir die inwerkingstelling van 'n EBV in die kommersiële visvangvissery.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,538
Die stokvis kustreilvissery teiken twee stokvis-spesies en Agulhas tongvis binne 'n betreklik klein mariene gebied. Die Departement is bekommerd dat die intensiewe teikening van stokvis in hierdie gebied nie-volhoubare druk op lynvissoorte soos kabeljou en koningklip plaas. Die Departement is ook voornemens die deling van visgronde tussen treilers en langlynvissers te verminder.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,539
Artikel 15 van die Wet op Mariene Lewende Hulpbronne maak voorsiening vir die verklaring van visserybestuursgebiede. Die Departement oorweeg om sodanige bestuursgebiede te verklaar om die byvangste van veral kabeljou en koningklip te probeer verminder en om die potensiële gebruikerskonflik tussen langlynvissers en treilers aan te spreek.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,540
Waar kleiner regtehouers verkies om hulle sakebedrywighede te konsolideer.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,541
Konsolidasie van regtehouers is egter onderhewig aan die Departement se benadering tot monopolieë (sien paragraaf 11.5 hier onder).
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,542
Vaartuie en vangspoging Daar is tans 35 kustreilervaartuie wat in Suid-Afrikaanse waters vang. Die meeste hiervan is verouderde vaartuie en moet vervang word. Opgradering van die vloot mag groter doeltreffenheid te weeg bring. Die Departement sal dus die stapeleffek van meer en nuwe vaartuie in die vloot versigtig evalueer. Regtehouers sal nie toegelaat word om vaartuie in te bring wat vangspoging ver bo hulle toekenning kan verrig nie. Verder sal die Departement die Visvangvissery se Nywerheidsliggaam raadpleeg oor alle aansoeke om meer en nuwe vaartuie in die vissery in te bring.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,543
Hoewel die Departement konsolidasie van regtehouers in hierdie vissery sal voorstaan, is die Departement gekant teen monopolieë, wat tot nadeel van die kleiner regtehouers kan strek.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,544
Op hierdie stadium sal die Departement nie 'n maksimum drempel van die TTV wat enige regtehouer mag hou of beheer, bepaal nie maar sal moniteer of groter regtehouers optree op 'n manier wat in stryd is met billike wedyweringspraktyke.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,545
TTV-verhoudings -Treiler : Langlyn Die huidige TTV verhouding van treilvangs : langlynvangs sal oor die algemeen gehandhaaf word. Die verhouding sal egter hersien word sodra verdere data oor die relatiewe impak van treilvangs en langlynvangs beskikbaar word.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,546
Die Departement sal 'n aantal formele ondersoeke instel om prestasie van regtehouers te meet. Daar word beoog om die prestasiebepalings na twee jaar uit te voer en dan elke drie jaar daarna.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,547
nakoming van toepaslike wette en regulasies.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,548
Die Departement se huidige waarnemerprogram sal uitgebrei, ten einde wetsnakoming in te sluit. Verder sal die Departement die waarneming van hierdie vissery stelselmatig uitbrei.
112
A - Hake Inshore Afrikaans.txt
5,549
Permitvoorwaardes vir hierdie vissery word jaarliks uitgereik. Die permitvoorwaardes van toepassing op hierdie vissery vir die 2005-seisoen word as Bylae A aangeheg. Belanghebbende en geaffekteerde partye word uitgenooi om oor hierdie permitvoorwaardes kommentaar te lewer..
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,551
Dié beleid vir die toekenning en bestuur van kommersiële visvangregte in die Kwazulu-Natal garnaal-treilvangsvissery hierna ook verwys na as die "KZN garnaal-treilvissery" word uitgereik deur die Departement van Omgewingsake en Toerisme: Tak Mariene-en Kusbestuur "die Departement" vir openbare kommentaar. Hierdie konsepbeleid moet saamgelees word met die Konsep van die Algemene Beleid oor die Toekenning en Bestuur van Langtermyn Kommersiële Visvangregte: 2005 "die Algemene Visvangbeleid". Belanghebbende en geaffekteerde partye mag skriftelik kommentaar lewer by die Departement teen 4 April 2005. Kommentaar wat na hierdie datum ingelewer word sal nie in aanmerking kom nie.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,552
Die doel van hierdie beleid is om die oorwegings van toepassing op die toekenning van langtermyn kommersiële visvangregte vir die KZN garnaaltreilvissery uiteen te sit. Min van hierdie oorwegings is nuut. Hulle is in die verlede toegepas deur die Departement. Hierdie beleid weerspieel sodanige oorwegings, maar sluit ook 'n paar veranderinge en byvoegings in.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,553
Sekere voorgenome bestuursbeleidrigtings in verband met die toekenning van regte verskyn ook in hierdie konsepbeleid. 'n Bestuurshandleiding vir die KZN garnaal treilvissery sal in die loop van 2006 gefinaliseer word. Hierdie handleiding sal in fyn besonderhede die bestuursmetodologie en prosedures uiteensit vir die bedryf.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,554
Marienelewe en Hulpbronne ("die WLMH"), aan 'n senior beampte van die Departement te delegeer.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,555
Wit garnale (Penaeus indicus), bruin garnale (Metapenaeus monoceros) en tiergarnale (Penaeus monodon) word op die bodem van die vlak modderbanke langs die noordelike-ooskus gevind. Bamboe garnale (Penaeus japonicus) word ook per geleentheid op die St Lucia-gronde gevind. Hierdie garnale groei vinnig en het 'n lewensduur van ongeveer een jaar. Eiers word op die abdomen van die vroulike garnale gedra. Larwes broei gedurende die tweede helfte van die jaar uit, en word deur die seestrome na die estuaria langs die KZN-kus binnegedra, waar hulle bly tot die eerste kwartier van die volgende jaar en groei tot jongelinge. Jong garnale beweeg uit die estuaria tot op die modderbanke, waar hulle tot volwassenheid groei, voortplant en sodoende hul lewensiklus voltooi.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,556
Die KZN garnaal treilvissery is gebaseer in Kwazulu-Natal (KZN) en bestaan uit twee komponente: 'n aanlandige vissery (5 tot 40m diep) op die Tugela-oewer en by St Lucia in 'n gebied wat ongeveer 400 vierkante kilometer beslaan; en 'n aflandige vissery (100 to 600m diep) wat van Cape Vidal in die noorde tot Amanzimtoti in die suide strek en 'n gebied van ongeveer 1 000 vierkante kilometer langs die rand van die vastelandsplat beslaan.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,557
Tot die 1960's was treilvisvangery sporadies, maar daarna het die sektor ontwikkel tot soveel as 12 maatskappye en 21 vaartuie, waarvan talle ook in Mozambiek visvang. Gereelde statistiek is sedert 1988 ingesamel.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,558
Vangste en vangskoerse van individuele spesies wissel geweldig, soms as gevolg van visvangstrategie (die teiken van bepaalde spesies) eerder as wisselings in die beskikbaarheid van 'n spesie. Die beskikbaarheid van vlakwater garnale hang af van reënvalpatrone en die uitwerking daarvan op die deurspoeling van die estuaria waar larwes en jong garnale ontwikkel. In die algemeen was daar in die afgelope twee dekades 'n afname in die vangs van wit garnale, pienk garnale, langoustines, kreef and rooikrap.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,559
Die vissery word bestuur deur gebruik te maak van 'n strategie van Totale Ontplooide Vangspoging ("TOV") wat die aantal vaartuie beperk wat toegelaat word om in die aanlandige en aflandige gebiede vis te vang. 'n TOV van agt visvangpermitte is oor die afgelope dekade gehandhaaf.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,560
Die sektor is kapitaal-intensief en die infrastruktuur, bemarking en produkverspreiding word gedomineer deur gevestigde maatskappye. Die vissery verg gespesialiseerde vaartuie en toerusting en is slegs geskik vir kommersiële visvangs. Visgronde is op die Suid-Afrikaanse vastelandsplat en geen buitelandse visvangvaartuie word toegelaat nie. Vaartuie is groot staal treilers van 24 tot 40 meter in lengte, met 500 - 1 000 perdekrag enjins. Treilernetgroottes wissel tussen 25 tot 60 meter voettoulengtes, met 'n gestrekte oog wat afdun van 70 milimeters in die vlerk tot 38 milimeters in die sak-end. Treilvissery vind plaas op 'n 24-uur-basis, teen 'n spoed van tussen twee tot drie knope en 'n gemiddelde drag/sleepduur van vier uur. Treilers word beman met ongeveer 15 bemanningslede en bly ter see vir twee tot drie weke op 'n slag.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,561
Vangste (gemeet aan gewig) van die KZN-treilvisserye bestaan uit sowat 20 persent teikenspesies, 10 persent gehoude byvangste en 70 persent verwerpte byvangste. Die byvangste wat behou word is sefalopode (seekat, pylinkvis en inkvis), weekdiere, en wesentlike hoeveelhede van verskeie ander visspesies. Die verwerpte byvangste (jong of klein vis, lae-waarde skaaldiere, elasmotakke en weekdiere) beloop ongeveer 1 000 tot 2 000 ton per annum.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,562
Aanlandige treilvissery is seisoengebonde, met goeie vangste tussen Januarie en Maart langs St Lucia, en van Maart tot September op die Tugela-oewer. Aflandige treilvissery vind regdeur die jaar plaas. Die grens tussen die aan-en aflandige visserye is sewe see-myl vanaf die kus, tussen die St Lucia vuurtoring en Zinkwazi.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,563
Vangste word ter see volgens grootte gesorteer, gegradeer, verpak en lugsak bevries. Min waarde word op land toegevoeg. Beskeie kus-gebaseerde infrastruktuur, insluitende ankerplek, herverpakking, berging en bemarkingsgeriewe is in Durban geleë. Bevrore produkte word op plaaslike markte verkoop. Die ontskeepte vangste in die KZN garnaal vissery beloop omtrent R21 miljoen per jaar.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,564
Visvangregte is in 2001 vir 'n medium-termyn tydperk van vier jaar toegeken. Regte word deur vyf visvangmaatskappye (met 'n totaal van agt vaartuie), waarvan drie (met vyf vaartuie) geregtig is om beide in die aanlandige sowel as die aflandige visserye vis te vang, en die ander twee regtehouers (met drie vaartuie) tot aflandige vissery beperk word.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,565
persent onder swart bestuur is; en die sektor aan ongeveer 150 mense werk verskaf, waarvan 88 persent swart is.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,566
die transformasieprofiel van die KZN garnaalvissery wesenlik te verbeter; Transformasie sal 'n belangrike oorweging wees by die toekenning van langtermyn-visvangregte. Nog 'n doelwit sal wees om te verseker dat die profiel van die vissery die demografiese profiel van die land meer breedvoerig weerspieel. Alhoewel dit waarskynlik is dat die huidige aantal vaartuie in die vissery (agt) behou sal word, sal die noodsaaklikheid van transformasie beteken dat die regte nie noodwendig aan bestaande regtehouers toegeken word nie. Nuwe inkomelinge wat transformeer het, mag bo bestaande deelnemers verkies word.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,567
te verseker dat stappe geneem word om vermybare byvangs te verminder, veral vangste van lynvisspesies wat gelys is as verbode en ontspanning spesies; en te verseker dat, waar moontlik, byvangste aan land gebring word, sodat hulpbronne nie vermors word nie.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,568
Die hoeveelheid byvangste en die uitwerking wat garnaal treilvissery op die bentiese habitat het, bly 'n bron van groot kommer en die Departement sal aansoekers in die vissery beloon wat kan aantoon watter maatreëls hulle in werking kan stel om byvangste te vermy. Die Departement sal toenemend vereis dat byvangste aan land gebring word, hulpbronne nie vermors word nie en dat regtehouers markte vir die byvangste soek. Waar die byvangste egter spesies insluit wat as verbode of vir ontspanning gelys is, sal die verkoop daarvan nie toegelaat word nie.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,569
beoog die Departement om kommersiële visvangregte toe te ken vir 'n tydperk van agt jaar (1 Januarie 2006 to 31 Desember 2013), onderhewig aan 'n oorsig op gereelde tussenposes teen vasgestelde prestasiekriteria, met inbegrip van die bereiking van transformasiedoelwitte (sien paragraaf 14 hier onder).
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,570
Nuwe inkomelinge sal oorweeg word en mag bo bestaande regtehouers verkies word, veral indien hulle insluiting transformasie van die KZN garnaal visserye sal aanhelp.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,571
Aansoeke sal gesif word aan die hand van 'n stel "uitsluitingskriteria". Aansoeke van nuwe deelnemers en bestaande regtehouers sal daarna afsonderlik oorweeg word in terme van 'n stel gelaaide "vergelykende balanseringskriteria ". 'n Afsnypunt in terme van punte toekenning sal dan bepaal wie die suksesvolle aansoekers is.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,572
Vorm van die aansoeker: Aansoeke sal slegs oorweeg word van entiteite wat ingelyf is in terme van die Wet op Beslote Korporasies, 69 van 1984 en die Maatskappyewet, 61 van 1973. Aansoeke van natuurlike persone (d.w.s indiwidue of eenmansake) en trusts sal nie oorweeg word nie. Regtehouers wat bestaan in die vorm van trusts sal hulle self moet inlyf as 'n maatskappy of 'n beslote korporasie.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,573
Wetsnakoming: Aansoekers sal nie kwalifiseer vir die toekenning van KZN garnaal regte, insluitende direkteure of beherende aandeelhouers, wat skuldig bevind is aan 'n oortreding in terme van die WLMH (en gevonnis tot tronkstraf sonder die opsie van 'n boete). Aansoekers, insluitende die direkteure of beherende aandeelhouers, wie se visvangregte al gekanselleer of herroep was in terme van die WLMH, sal ook nie KZN garnaal regte oesregte ontvang nie. Ander nie-nakomings van die WLMH sal 'n nadelige invloed hê op die oorweging van die aansoek, soos hieronder uiteengesit sal word.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,574
Die Departement verwag dat elke regtehouer 'n heffing betaal op die teikenspesies van visvangste. 'n Aantal regtehouers het óf nog nie heffings betaal nie óf nie die hoeveelheid van die vangste korrek gerapporteer nie, om daardeur onder andere die betaling van die heffings te vermy. Laasgenoemde sal uitgesluit word. Eersgenoemde sal gepenaliseer word in die vergelykende balanseringsproses soos hier onder uiteengesit. Sou sodanige aansoeker egter nietemin vir 'n reg kwalifiseer, sal 'n visvangpermit nie uitgereik word nie alvorens die uitstaande heffings (plus rente) by die Departement betaal is nie.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,575
Papierkwota's: Papierkwota's soos uiteengesit in die Algemene Beleid, sal uitgesluit word.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,576
Toegang tot geskikte vaartuig: Aansoekers sal moet aantoon dat hulle 'n reg van toegang tot 'n geskikte vaartuig beding het (sien verder paragraaf 9 hier onder).
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,577
Aansoekers wat regte hou, asook potensiële nuwe inkomelinge, sal geëvalueer word ingevolge die volgende balanseringskriteria, wat gelaai sal word ten einde die sterkte van elke aansoek te bepaal.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,578
Korporatiewe sosiale belegging.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,579
Beleggings in geskikte vaartuie vir die oes van KZN garnale.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,580
Beleggings in prosesserings-en bemarkingsinfrastruktuur.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,581
Betreffende nuwe aansoekers, sal die Departement oorweging gee aan beleggings gemaak in die vorm van vaartuie, prosesserings-en bemarkingsinfrastruktuur. Verder sal nuwe aansoekers moet aantoon dat hulle die kennis, vaardigheid en vermoë het om aan die KZN garnaal treilvissery te kan deelneem.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,582
Die Departement sal ook die loonverskille tussen die hoogste en laagste besoldigde werknemers in aanmerking neem.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,583
Finansiële prestasie sal gemeet word soos in die Algemene Visvangbedryfbeleid aangedui. Verder, sal die Departement die aansoeker se visvangprestasie in ag neem, veral met betrekking tot die aantal dae wat in Suid-Afrikaanse gebiedswaters visgevang word teenoor die hoeveelheid dae wat daar in Tanzanië of Mosambiek visgevang word.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,584
Regtehouers sal gepenaliseer word as hul heffings vir 'n tydperk van langer as 60 dae agterstallig is.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,585
Aansoekers wat versuim om te voldoen aan hulle verpligtings ingevolge die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 97 van 1998 en die Wet op Heffing van Vaardigheidsontwikkeling, 9 van 1999, en diegene wat geringe oortredings van die WLMH begaan het (d w s oortredings wat nie hulle uitsluiting regverdig nie) sal gepenaliseer word.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,586
Die Departement sal daarna streef om regtehouers aansoekers te beloon wat belê het in en maatreëls inwerkinggestel het om die hoeveelheid byvangste te verminder. Die Departement sal ook positiewe punte toeken aan aansoekers wat markte gevind het vir byvangstespesies (behalwe lynvisspesies wat vir ontspanning of as verbode gelys is).
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,587
Die TOV is verdeel tussen bedieningsgebiede vir aanlandig-en aflandige visserygebiede. Aansoekers sal toegelaat word om vir beide aanlandige en aflandigevisvangregte op dieselfde vaartuig of op twee verskillende vaartuie aansoek te doen. Daar moet gelet word dat aflandige vaartuie nie toegelaat sal word om aanlandig vis te vang nie. Aanlandige vaartuie word toegelaat om aflandige vis te vang.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,588
Die KZN garnaal treilvissery is 'n gespesialiseerde vissery en aansoekers moet toegang het tot groot seevaardige visvangvaartuie wat ingerig is om vir garnale te treil. Visvang moet geskied deur bodemtreil met 'n agterstewe-enkelnet, of slagboom-werking dubbel of driedubbele nette. Treilnette moet 'n maksimum voettoulengte van 60 meter met 'n gestrekte maas wat afdun van 70 millimeters in die vlerk tot 50 millimeter in die sak-end. Vaartuie moet toegerus wees met werkende vaartuigmoniteringstelsels.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,589
Regtehouers in die KZN-garnaal-treilvissery word nie daarvan uitgesluit om regte in enige ander vissery in die Groep A-en Groep B-visserye te hou nie. Regtehouers in die KZN garnaal treilvissery (asook hul beherende aandeelhouers en van hul uitvoerende bestuurspan) sal nie toegelaat word om kommersiële visvangregte in die Groep C-en Groep D-visserye te hou nie. Vaartuie wat in die KZN garnaal treilvissery gebruik word, mag nie in ander sektore gebruik word nie.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,590
Die Suid-Afrikaanse hawens van Durban en/of Richardsbaai moet gebruik word om vangste te ontskeep. Geen ander hawens mag gebruik word nie.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,591
Mariene hulpbronne is hernieubare hulpbronne en die gebruiker-betaal beginsel sal toegepas word.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,592
Die koste van die hele regtetoekenningsproses, met inbegrip van konsultasie, ontvangs, evaluering van aansoeke, verifikasie, appèlle en hersienings.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,593
Die waarde van die vis wat toegeken word oor die duur van die reg.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,594
Die jaarlikse heffings wat betaalbaar is vanaf 1 Januarie 2006, sal na oorlegpleging met die geaffekteerde en belanghebbende partye hersien word.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,595
Die bestuursmaatreëls wat hieronder bespreek word is sommige van die Departement se hoofvoornemens vir die bestuur van hierdie vissery nadat regte toegeken is.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,596
Hierdie vissery sal bestuur word ooreenkomstig die ekosisteembenadering tot visserye (EBV). 'n Ekosisteembenadering tot die vissery is 'n holistiese en geïntegreerde beleid wat erkenning gee daaraan dat visvang en verwante aktiwiteite die breë mariene omgewing kan beïnvloed. Hierdie deel van die beleid vir die KZN garnaal treilvissery probeer nie om 'n beleidsverklaring oor EBV in die KZN garnaal treilvissery te voorsien nie. Die EBV in die KZN garnaal treilvissery sal verder breedvoerig in die handboek vir Algemene Visvangbestuur vir die KZN garnaal treilvissery uiteengesit word. Suid-Afrika bly verbind tot die teikendatum van 2010 vir die inwerkingstelling van 'n EBV in die kommersiële vissery.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,597
Byvangste in KZN garnaal treilvissery is die onderwerp van verskeie navorsingsprojekte wat gefokus het op die kwantifisering van byvangstespesies; die uitwerking op lynvisspesies en op ekosisteme; die uitwerking van uitsluitertoestelle op die hoeveelheid byvangste; en die impak van 'n geslote visvangseisoen in die aanlandige vissery. Alle byvangstespesies wat behou word (waarmee nie weggedoen word nie) moet deur die skeepskapteins verklaar word. Geen gespikkelde knorhaan ("Spotted Grunter")(Pomadasys commersonii) wat deur die KZN garnaal treilvissery gevang word, mag verkoop word nie. Sektor-spesifieke regulasies met betrekking tot verwerpte byvangste sal na die afloop van die navorsingsprojekte ingestel word.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,598
Agt vaartuie is tans gemagtig om in hierdie sektor vis te vang. Die huidige TOV (in terme van vaartuie en deelnemers) word al vir 'n dekade behou. Daar word slegs 50 tot 60 persent van die beskikbare poging in KZN uitgeoefen; die res bly latent. Van die vaartuie vang vir die grootste deel van die jaar vis in Mosambiek. Nie meer as agt vaartuie sal toegelaat word om in hierdie sektor deel te neem nie.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,599
Vis wat in Mosambiek gevang is, mag by Durban of Richardsbaai ontskeep word, maar dit moet vergesel word van dokumentasie wat die volgende verklaar: die oorsprong, die koördinate van die posisies waar vis gevang is, die visvangpoging wat tydens die vangs gebruik is en die hoeveelhede wat aan wal gebring is.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,600
Hierdie is 'n gespesialiseerde vissery wat slegs toeganklik is vir plaaslike kommersiële visvang. Die vissery is klein in vergelyking met ander visvangbedrywe en geen betroubare voorraadmeting van die teikenspesies is nog uitgevoer nie. Die KZN treilvisvanggebiede is klein en sal waarskynlik nie uitbrei nie. 'n Voorsigtige benadering tot die bestuur van visvangpoging in die vissery sal gevolg word totdat bevredigende meting van die bron en die ekologiese uitwerking van visvang onderneem is.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,601
Die Departement erken dat die wisseling en onvoorspelbaarheid van die bron die winsgewendheid van die vissery beperk. Die prestasie van die vissery sal noukeurig gemonitor word en die doelwit is om dit doeltreffend en volhoubaar te bestuur.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,602
Die Departement sal formele prestasiemeting onderneem vir die volle tydperk van die kommersiële regte. Dit word voorsien dat die eerste stel metings sal plaasvind binne twee jaar na die toekenning van die regte en daarna elke drie jaar.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,603
nakoming van die toepaslike wette en regulasies.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,604
Die Departement se huidige waarnemersprogram sal uitgebrei word om ook wetsnakoming in te sluit. Verder sal die Departement ook die waarnemers-en moniteringsdekking in hierdie bedryf toenemend vermeerder. Daar sal van regtehouers verwag word om die koste van die waarnemers-en moniteringsprogram te dek.
113
A - KZN Prawn Trawl Afrikaans.txt
5,605
Permit voorwaardes vir hierdie bedryf sal jaarliks uitgereik word. Die permit voorwaardes wat van toepassing is op die bedryf vir die 2005 seisoen word aangeheg as Bylae A. Belanghebbendes en geaffekteerde partye word genooi om kommentaar te lewer op hierdie permit voorwaardes.
114
A - Small Pelagics Afrikaans.txt
5,607
Dié konsepbeleid vir openbare kommentaar vir die toekenning en bestuur van kommersiële visvangregte in die klein-pelagiesevissery vir ansjovis en sardyn beursnetvangs word uitgereik deur die Departement van Omgewingsake en Toerisme: Tak Mariene en Kusbestuur (die "Departement"'). Die konsepbeleid moet saamgelees word met die Konsep van die Algemene Beleid oor die Toekenning en Bestuur van Langtermyn Kommersiële Visvangregte: 2005 ("die Algemene Visvangbeleid"). Belanghebbende en geaffekteerde partye mag teen 4 April 2005 skriftelik kommentaar lewer by die Departement. Kommentaar wat na hierdie datum ingelewer word, sal nie in aanmerking kom nie.
114
A - Small Pelagics Afrikaans.txt
5,608
Die doel van hierdie beleid is om die oorwegings van toepassing op die toekenning van langtermyn kommersiële visvangregte vir die klein-pelagiesevissery uiteen te sit. Min van hierdie oorwegings is nuut.. Hulle is in die verlede deur die Departement gebruik by die toekenning van regte. Hierdie beleid vervat sodanige oorwegings, maar sluit ook. paar veranderinge en byvoegings in.
114
A - Small Pelagics Afrikaans.txt
5,609
Sekere voorgenome bestuursbeleidsrigtings in verband met die toekenning van regte verskyn ook in hierdie beleid.. Bestuurshandboek vir klein-pelagiesevissery sal in die loop van 2006 gefinaliseer word. Hierdie handboek sal in fyn besonderhede toepaslike bestuurmetodologie en -prosedures vir die visbedryf uitstippel.
114
A - Small Pelagics Afrikaans.txt
5,610
Die Minister van Omgewingsake en Toerisme is voornemens om die artikel 18-magte om kommersiële visvangregte van die klein-pelagiesevissery toe te ken, ingevolge artkel 79 van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, Wet 18 van 1998 ("die WLMH") aan. senior beampte van die Departement te delegeer.
114
A - Small Pelagics Afrikaans.txt
5,611
Die klein-pelagiesevissery dateer terug na die 1940's toe. vloot in private besit, sardyne en marsbankers met behulp van beursnet vaartuie begin vang het. In 1953 is. jaarlikse maksimumbeperking van 270 000 ton vasgestel, maar dit was nooit toegepas nie. Die gevolg was dat vangste dié getal gereeld oorskry het. Teen 1961 is die maksimumbeperking opgehef. In 1962 is meer as 410 000 ton sardyn gevang, maar teen 1966 het die vangste tot 100 000 ton afgeneem. Die vloot het daarna hoofsaaklik ansjovis gevang deur nette met. kleiner ooggrootte te gebruik. In 1987 het ansjovisvangste. hoogtepunt van 600 000 ton bereik, maar vangste het daarna afgeneem en in 1996 is daar slegs 40 000 ton gevang. Ansjovis-en sardynvangste het sedertdien toegeneem, met vangste van beide spesies wat, oor die afgelope vyf jaar gemiddeld omtrent 250 000 ton bereik het. Die vissery word tans ingevolge die Operasionele Bestuursprosedure ("OBP") bestuur wat die jaarlikste Totale Toelaatbare Vangste ("TTV") vir ansjovis en sardyne bepaal.
114
A - Small Pelagics Afrikaans.txt
5,612
Klein-pelagiesevis word naby die kus aangetref, hoofsaaklik langs die wes-en suidkus (ansjovis en sardyn) van die Wes-Kaap en die Oos-Kaapse kus (sardyn).
114
A - Small Pelagics Afrikaans.txt
5,613
Die pelagiese visvloot bestaan uit beursnetvaartuie met. lengte van tussen 15 tot 30 meter met rompe wat uit hout-, GRP en staal bestaan. Die vissery verskaf werk aan. geraamde 7 800 persone. Hiervan is 5 300 persone tans op. permanente grondslag en 2 500 op. seisoenale grondslag in diens. Die gemiddelde jaarlikste inkomste van die seemanne is R94 000 - die hoogste in die visbedryf. Vyf-en-negentig persent van die werkers in die visbedryf is histories-benadeelde persone. Die waarde van die kusvissery is tans ongeveer R800 miljoen per jaar. Die markwaarde van die 106 vaartuie wat in dié bedryf werksaam is, is meer as R600 miljoen (.gemiddelde vaartuig se waarde is meer as R7 miljoen). Die vissery is kapitaal-intensief met regtehouers wat in vaartuie en prosessering-en bemarkingsinfrastruktuur moet belê of toegang moet verkry daartoe deur vangste-en prosesseringsooreenkomste.
114
A - Small Pelagics Afrikaans.txt
5,614
In 1992 het histories-benadeelde persone ongeveer sewe persent van die klein-pelagiesevissery beheer. Sedert die toetreding van nuwe deelnemers vanaf 1991, het die gaping tussen die grootste en kleinste toewysings gekrimp. Oor dieselfde tydperk was daar. tienvoudige toename in swart betrokkenheid en eienaarskap in die vissery (van sewe persent tot 73 persent). In 2001 en 2002 het die Departement 113 medium-termyn (vierjaar) kommersiële klein-pelagiese visvangregte toegeken.