document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
115
A5afrik.txt
5,716
Wanneer 'n verbruiker sy waterverbruik registreer, onderteken hy 'n verklaring waarin hy bevestig dat die waterverbruikstatistiek wat ingehandig word, akkuraat is. Op daardie tydstip word die beraming as akkuraat aanvaar. Die rekening word dan volgens dié inligting opgestel.
115
A5afrik.txt
5,717
Indien die waterverbruik weens omstandighede verander - of indien 'n verbruiker vermoed dat daar 'n fout begaan is - is dit moontlik om die inligting te verander. Tree met die naaste kantoor van die Departement in verbinding om die nodige vorms en advies oor hoe om te werk te gaan.
115
A5afrik.txt
5,718
Wanneer sal Waterbronbestuurheffings verhoog word?
115
A5afrik.txt
5,719
Die heffings sal jaarliks deur die Departement van Waterwese en Bosbou hersien word.
115
A5afrik.txt
5,720
Om meer inligting, skakel die naaste kantoor van die Departmenet van Waterwese en Bosbou.
116
AFRIKAAN.txt
5,722
In April het julle oorweldigend gestem vir nasionale eenheid en versoening. Julle het gestem sodat saamgestaan kan word in 'n volkskontrak, om werk te skep, om armoede te beveg en 'n beter lewe vir almal te bou.
116
AFRIKAAN.txt
5,723
Julle het in groot getalle op ondubbelsinnige wyse jul vertroue in die regering gestel om aan die begin van hierdie die tweede dekade van vryheid julle te lei en met jul toekoms te vertrou.
116
AFRIKAAN.txt
5,724
Teen 2014 gaan ons armoede met die helfte verminder deur ekonomiese ontwikkeling, bestaanssekerheid, grondhervorming en verbeterde huishoudelike en gemeenskapsbates. Ons gaan ook werkloosheid met die helfte verminder deur werk te skep; deur vaardigheidsontwikkeling, hulp aan kleinsake-ondernemings, en geleenthede daar te stel vir mense om hul eie besighede te vestig en volhoubare gemeenskapsprojekte op die been te bring. Ons beoog om vaardighede te ontwikkel wat deur die ekonomie benodig word, vermoëns te skep en hulpbronne regoor die gemeenskap beskikbaar te stel wat, deur ons onderwysstelsel, mense sal aanmoedig om werk te skep vir hulself.
116
AFRIKAAN.txt
5,725
In die Vrystaat belowe ons om meer en beter te vermag deur onder meer op die volgende te fokus.
116
AFRIKAAN.txt
5,726
Die Provinsiale Regering gaan 'n omgewing tot stand bring waar ekonomiese geleenthede geskep en uitgebrei word tot voordeel van ons mense.
116
AFRIKAAN.txt
5,727
In September 2004 gaan ons die Uitgebreide Openbare Werkeprogram regoor die provinsie bekendstel. Dit is 'n arbeidsinstensiewe program wat meer volhoubare werksgeleenthede vir ons mense sal skep, veral vir vroue en werkloses. Dit sal veral fokus op nodale punte wat deur die Nasionale Kabinet geïdentifiseer is.
116
AFRIKAAN.txt
5,728
Ons gaan, in vennootskap met Plaaslike Owerhede, die Openbare Werkeprogram aanwend om die plaaslike ekonomieë te stimuleer deur middel van die Munisipale Infrastruktuurtoelae deur integrering van uitsette na IDPs en die LED-strategieë van munisipaliteite, en sodoende basiese gehaltedienste te kan lewer.
116
AFRIKAAN.txt
5,729
die Landelike Behuisingsplan bekendstel wat eenduisend landelike huise in die nodale punte van Thabo Mofutsanyana en Thaba 'Nchu sal voorsien.
116
AFRIKAAN.txt
5,730
dat voortdurend terugvoering gekry word vangemeenskappe en belanghebbendes oor die regering se dienslewering.
116
AFRIKAAN.txt
5,731
Hierdie is 'n dringende taak om uit te voer, veral in die lig daarvan dat dit kan dien as 'nvroeë waarskuwingstelsel om tekortkominge aan te dui in die implementering van ons programme.
116
AFRIKAAN.txt
5,732
In vennootskap met ons maatskaplike vennote, arbeid, die private sektor, en burgerlike instellings, kan onseffektief saamwerk om werk te skep en armoede in die Vrystaat te beveg.
116
AFRIKAAN.txt
5,733
Met dit ten doel gaan ons binne die volgende driemaande wyd konsulteer met alle belanghebbendes om 'n program van aksie in werking te stel.
116
AFRIKAAN.txt
5,734
Ons verbind onsself as provinsiale regering om vir dievolgende dekade, in samewerking met gemeenskappe en ons vennote, ons kant te bring om 'n Volkskontrak te sluit om 'n beter Suid-Afrika tot stand te bring.
116
AFRIKAAN.txt
5,735
Die Vrystaatse Provinsiale Regering gee om vir sy mense. Ons provinsie se mense gee om vir mekaar.
116
AFRIKAAN.txt
5,736
die reikwydte en doelmatigheid van gratis voorsiening van dienste van gehalte in die provinsie meet en bespoedig.
116
AFRIKAAN.txt
5,737
Ons moet sorg dat alle mense van die Vrystaat, met inbegrip van die armes en kwesbares - kinders, jongmense, vroue, bejaardes, en mense met gestremdhede - ten volle in staat gestel word om hul grondwetlike regte uit te oefen en die waardigheid van hul vryheid geniet.
116
AFRIKAAN.txt
5,738
Die jaar 2004 is die jaar van die Gesin en van Kinders. Deur ons programme in die provinsiale regering wil ons die lewensgehalte van gesinne versterk en verbeter.
116
AFRIKAAN.txt
5,739
Die Morele Herlewingsbeweging gaan in die provinsie versterk word om seker te maak dat gemeenskappe bemagtig word om deel te neem aan die volkskontrak om 'n mensgerigte samelewing wat omgee tot stand te bring.
116
AFRIKAAN.txt
5,740
Ons sal sorg dat vroue en kinders beskerm word teen alle vorms van mishandeling en vernedering.
116
AFRIKAAN.txt
5,741
Ons gaan die opleiding van pleegmoeders en aanneemouers versnel om seker te maak dat daar vir ons jongmense en kinders gesorg word.
116
AFRIKAAN.txt
5,742
Voorsiening van Omvattende Sorg en Hulp aan Kwesbare Skoolgaande Kinders deur hierdie boekjaar vervoer te voorsien aan daardie kinders wat tot 21 km ver moet reis om by die skool te kom, asook om die koshuisprogram uit te brei om 'n groter getal hoërskoolkinders te akkommodeer.
116
AFRIKAAN.txt
5,743
die instelling van 'n uitgebreide Skoolvoedingsprogram om te sorg dat skoolkinders ten minste een maaltyd per dag kry.
116
AFRIKAAN.txt
5,744
die instelling van 'n subsidie op skooluniforms en skoene vir kinders wat dit nie kan bekostig nie. Dit behoort byvoordele te hê vir Klein en Medium Entrepreneurs en sal deel uitmaak van ons Swart Ekonomiese bemagtigtingsprogram.
116
AFRIKAAN.txt
5,745
hersiening van alle skoolgelde vir diegene wat dit nie kan bekostig nie. Ons moet 'n geleentheid biedaan kinders om op skool te bly al is hul ouers ook werkloos.
116
AFRIKAAN.txt
5,746
MIV en VIGS, TB, Malaria, Diabetes, Hipertensie, Asma en ander siektes die stryd aan te sê.
116
AFRIKAAN.txt
5,747
Ons gaan die nuwe Geïntegreerde Noodsentrum met die tolvryenommer 10177 bekendstel. Hierdie sentrum is die eerste van sy soort en sal gekenmerk word deur vinnige reaksie.
116
AFRIKAAN.txt
5,748
Goeie staatsbestuur en administrasie n Deernisvolle regeringsdiens aan mense op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlak is gebiedend noodsaaklik. Openbare verteenwoordigers moet toeganklik wees en mense moet bewus wees van hul regte. Om in ons doelstellings te slaag wat betref die uitwissing van armoede en werkloosheid benodig ons 'n toegewyde kader van staatsamptenare, wat in staat is om gehalte dienste te lewer aan die mense van die provinsie.
116
AFRIKAAN.txt
5,749
Daar is nie plek vir lui, afwesige staatsamptenare nie.
116
AFRIKAAN.txt
5,750
Daar is ook nie plek vir korrupte en gierige staatsamptenare nie.
116
AFRIKAAN.txt
5,751
Ons sal korrupsie en bedrog uitroei.
116
AFRIKAAN.txt
5,752
Die Departement van die Premier gaan 'n doelmatige en doeltreffende koördineringsmeganisme by die hartsentrum van die regering gereed kry.
116
AFRIKAAN.txt
5,753
Ons uitdaging op hierdie gebied is die voorsiening van primêre gesondheidsorg en om meer mense toegang te gee tot 'n gehalte gesondheidsdiens. Hierdie is 'n voortdurende en lewenslange uitdaging.
116
AFRIKAAN.txt
5,754
As regering is ons verplig om gratis basiese gesondheidsorg aan kinders en bejaardes te voorsien. Mense op landelike gebiede - plaaswerkers, werkloses moet ook baat vind by 'n betroubare en toeganklike gesondheidsorgstelsel.
116
AFRIKAAN.txt
5,755
gaan ons die Provinsiale Plan om Provinsiale Gesondheid te Bevorder onthul.
116
AFRIKAAN.txt
5,756
Hierdie plan sal verseker dat ons voorkombare siektes soos TB, malaria, diabetes, hipertensie en asma beveg. Ons gesondheids-bevorderingsplan sal sorg dat ons veral aandag gee aan voorkoming asook om mense op te voed oor 'n voorkomende lewenswyse.
116
AFRIKAAN.txt
5,757
Ons gaan die ARV-program in elke distrik van die provinsie bekendstel. In elke distrik sal 'n plek wees waar die bekendstelling plaasvind. Die eerste pasiënt het medikasie op 15 Junie 2004 by die Bongani Hospitaal in Welkom ontvang en teen die einde van die kalenderjaar sal 'n bekendstelling plaasvind in elke distrik.
116
AFRIKAAN.txt
5,758
Ons gaan die vier gevestigde kolleges vir Verdere Onderwys en Opleiding versterk ten einde die dringende behoefte aan vaardighede in die arbeidsmark aan te pak.
116
AFRIKAAN.txt
5,759
Die verbetering van Leerlingskapprogramme is daarop gemik om die werkloses en veral jeug met die nodige vaardighede toe te rus om hulle in staat te stel om deel te word van die hoofstroom van ekonomiese ontwikkeling in hierdie land. Alle leerlingskapsinisiatiewe, tesame met die Uitgebreide Openbare Werkeprogam, sal die nodige menslike hulpbronne voorsien om ekonomiese geleenthede vir jongmense, vroue en werkloses uit te brei.
116
AFRIKAAN.txt
5,760
n Vaardigheidsdatabasis van graduandi in die onderskeie vakdissplines sal opgestel word.
116
AFRIKAAN.txt
5,761
Die regering moet sorg dat baie mense toegang tot ekonomiese geleenthede kry omdat die regering beleggings aanmoedig van openbare fondse in arbeidsintensiewe projekte.
116
AFRIKAAN.txt
5,762
Die Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer en die Departement van Plaaslike Regering en Behuising sal verdere besonderhede verskaf oor infrastruktuurbeleggings en -ontwikkeling en oor die Program vir Uitgebreide Openbare Werke.
116
AFRIKAAN.txt
5,763
Ons is verheug dat Suid-Afrika die gasheer gaan wees van die 2010 FIFA Wêreldbekertoernooi vir sokker. Dit is duidelik dat Afrika se tyd aangebreek het.
116
AFRIKAAN.txt
5,764
Die jaar 2010 gaan sonder twyfel geweldige ekonomiese geleenthede in die breë meebring vir Swart Ekonomiese Bemagtiging in die toerismebedryf.
116
AFRIKAAN.txt
5,765
Die provinsiale regering gaan, in samewerking met plaaslike regering en die private sektor, sorg dat ons maksimum voordeel put uit die 2010 Wêreldbeker asook seker maak dat Swart Ekonomiese Bemagtiging in die breë die hoofbegunstigde sal wees uit die aanbieding van hierdie toernooi in die Vrystaat.
116
AFRIKAAN.txt
5,766
raad te gee oor arbeidsintensiewe infrastruktuurbelegging en ontwikkeling en oor 'n betroubare en veilige paaienetwerk in die provinsie.
116
AFRIKAAN.txt
5,767
Die Vrystaatse Regering beoog om in September vanjaar 'n Vrystaatse Toerisme-owerheid in die lewe te roep om die provinsie effektief as 'n toeristebestemming te bemark.
116
AFRIKAAN.txt
5,768
Verhoogde landbouproduksie is die sleutel tot ekonomiese groei n Verhoging in die uitvoer van verwerkte landbouprodukte is net so belangrik; so ook die veiligheid van boere regoor die provinsie.
116
AFRIKAAN.txt
5,769
Ons sal voorkeur gee aan die verbetering van die lewensomstandighede van plaaswerkers. Ons sal voorkeur gee, in ons gesprekke met ons maatskaplike vennote, met werkgewers en arbeidsleiers, aan hierdie dringende saak.
116
AFRIKAAN.txt
5,770
Die Departement van Landbou gaan mettertyd 'n program onthul wat sal sorg dat almal baat sal vind by en toegang sal kry tot die Landbou Kredietstelsel soos aangekondig deur die President in sy Staatsrede.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,772
Bewys moet in die vorm van 'n geboortesertifikaat of 'n identiteitsdokument gelewer word dat die voornemende ingewyde ten opsigte van wie toestemming gevra word is ten minste 18 jaar oud, of indien die ouers van die ingewyde dit spesifiek versoek, is van voorgeskrewe ouderdom.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,773
Ouerlike toestemming moet verkry word ten opsigte van 'n voornemende ingewyde wat onder 18 jaar oud is.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,774
n Voornemende ingewyde moet voor die besnyding 'n mediese ondersoek ondergaan wat deur 'n mediese praktisyn of primêre gesondheidsorg verpleegkundige uitgevoer word. Die mediese sertifikaat moet aandui of die voornemende ingewyde geskik is om besnyding te ondergaan, op grond van die ondersoek deur die mediese praktisyn wat onder andere die voornemende ingewyde se mediese geskiedenis moet oorweeg.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,775
n Tradisionele snydokter wat 'n besnyding moet uitvoer binne 'n gebied wat onder 'n tradisionele owerheid val, moet die betrokke tradisionele owerheid daarvan in kennis stel.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,776
Waar 'n tradisionele snydokter nie aan die nodige voorgeskrewe vereistes voldoen om 'n besnyding te doen nie, moet hy dit onder die toesig van 'n ervare tradisionele snydokter uitvoer.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,777
n Instrument wat gebruik word om 'n besnyding op 'n ingewyde uit te voer nie, moet nie gebruik word om 'n besnyding op 'n ander ingewyde uit te voer.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,778
Die tradisionele snydokter moet die instrumente gebruik wat deur die Distrik Mediese Beampte voorsien of voorgeskryf word waar die tradisionele snydokter meer as een besnyding op meer as een ingewyde moet doen, maar nie oor genoeg instrumente beskik nie.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,779
Die tradisionele snydokter moet die instrumente wat deur hom of haar gebruik word te alle tye skoon hou voordat 'n besnyding uitgevoer word, en moet 'n middel voorgeskryf deur 'n Distrik Mediese Beampte gebruik om die instrumente te steriliseer.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,780
Die tradisionele snydokter moet te alle tye met die betrokke Distrik Mediese Beampte saamwerk ten opsigte van enige opdrag of besluit van die Distrik Mediese Beampte kragtens die bevoegdhede aan die Distrik Mediese Beampte deur die Wet verleen.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,781
Die tradisionele snydokter moet 'n register hou wat die name van die ingewydes aandui, die datums wanneer hy of sy die ingewydes toegelaat het, wanneer die besnyding gedoen is, asook die datums wanneer die ingewydes hul verblyf by die Inisiasieskool voltooi het.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,782
Onder geen omstandighede mag die tradisionele snydokter enige vorm van lyfstraf op die ingewydes toepas nie.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,783
Die inhoud van hierdie Aanhangsel moet aan die ingewyde of sy ouers verduidelik word.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,784
Ek, , tradisionele snydokter, aanvaar en gaan akkoord met die voorwaardes bedoel in Aanhangsel A en onderneem om binne een maand vanaf die datum hieronder die Distrik Mediese Beampte met bewyse te voorsien betreffende nakoming van die bovermelde voorwaardes.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,785
Ek, , Distrik Mediese Beampte, bevestig hiermee dat die voorwaardes bedoel in Aanhangsel A aan die tradisionele snydokter verduidelik is in die amptelike taal wat deur hom of haar verstaan word.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,786
Die Distrik Mediese Beampte het die reg om 'n afwyking van die gebruik van tradisionele instrumente voor te skryf slegs in gevalle waar daar vroeë tekens van besmetting of ander soortgelyke gesondheidstoestande aanwesig is en om op die gebruik van chirurgiese instrument aan te dring.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,787
Die Distrik Mediese Beampte moet deur die tradisionele snydokter toegelaat word om te eniger tyd die Inisiaskool te besoek en so gereeld as wat die Distrik Mediese Beampte dit nodig ag, ten einde die gesondheidstoestand van die ingewyde te inspekteer.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,788
Die ingewyde moet, minstens vir die eerste agt dae ná die besnyding, deur die tradisionele snydokter toegelaat word om 'n redelike hoeveelheid water in te neem om te verhoed dat die ingewyde enige dehidrasie ondervind.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,789
Die tradisionele snydokter moet nie 'n ingewyde aan enige gevaar of skadelike situasie blootstel en moet redelike sorg neem met die hou van die Inisiasieskool.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,790
Die tradisionele snydokter moet enige teken van siekte by die ingewyde so spoedig moontlik by die Distrik Mediese Beampte aanmeld.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,791
Die tradisonele snydokter moet gedurende die eerste agt dae van die inisiasieproses 24 uur per dag saam met die ingewyde deurbring, en na afloop van die eerste agt dae van die inisiasieproses, moet hy tot die ingewyde se beskikking wees, en sodanige stap kan dalk in toepaslike omstandighede 'n afwyking vanaf die tradisionele metodes behels.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,792
Die Distrik Mediese Beampte is daarop geregtig om gedurende enige stadium van die inisiasieproses enige nuwe stappe voor te skryf wat hy of sy op redekike gronde nodig ag in die belang van die goeie gesondheid van die ingewyde, en sodanige stappe kan dalk in toepaslike omstandighede 'n afwyking vanaf die tradisionele metodes behels.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,793
Die tradisionele snydokter moet te alle tye met die Distrik Mediese Beampte saamwerk ten oposigte van enige opdrag of besluit van die Distrik Mediese Beampte kragtens die bevoegdhede deur die wet verleen.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,794
Ek, , tradisionele snydokter, aanvaar en gaan akkoord met die voorwaardes bedoel in Aanhangsel B en onderneem om binne een maand vanaf die datum hieronder die Distrik Mediese Beampte met bewyse te voorsien betreffende nakoming van die bovermelde voorwaardes.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,795
Ek, , Distrik Mediese Beampte, bevestig hiermee dat die voorwaardes bedoel in Aanhangsel B aan die tradisionele snydokter verduidelik is in die amptelike taal wat deur hom of haar verstaan word.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,796
erken dat ek die voorwaardes begryp vir die verkryging van toestemming vir die uitvoering van die besnyding en die voorwaardes vir die hou van 'n Inisiasieskool of vir die behandeling van ingewydes, welke voorwaardes die tradisionele snydokter bind; en stem toe dat my kind die Inisiasieskool mag bywoon en 'n besnydingsoperasie mag ondergaan.
117
Act1_2004_Annex FS Init School Afr after comment.txt
5,797
erken dat ek die voorwaardes begryp vir die verkryging van toestemming vir die uitvoering van die besnyding en die voorwaardes vir die hou van 'n Inisiasieskool of vir die behandeling van ingewydes, welke voorwaardes die tradisionele snydokter verbind; en stem in tot die bywoning van die Inisiasieskool en die besnyding.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,799
Om voorsiening te maak vir die nakoming van gesondheidstandaarde in tradisionele Inisiasieskole; om voorsiening te maak vir die verlening van toestemming vir die uitvoering van 'n besnydingsoperasie en die hou van Inisiasieskole; en om voorsiening te maak vir verwante aangeleenthede.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,800
Engelse teks deur die Premier bekragtig en geteken.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,801
Mediese Praktisyn 'n persoon wat as sodanig onder die Wet op35 Gesondheidsdiensberoepe, 1974 Wet No.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,802
Provinsie die Vrystaat Provinsie ingestel deur artikel 103 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 Wet No.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,803
tradisionele snydokter" 'n persoon wat opgelei en ondervindig het vir die uitvoering van tradisionele besnyding en behandeling van ingewydes; en "voorgeskryf" by regulasie voorgeskryf.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,804
'n Persoon mag nie 'n Inisiasieskool hou of 'n ingewyde behandel nie sonder om 'n aansoek in te dien en skriftelike toestemming te verkry vanaf die Distrik Mediese Beampte vir die distrik waarin die Inisiasieskool gehou of die ingewyde behandel word: Met dien verstande dat die subartikel nie van toepassing is op die behandeling van 'n ingewyde in 'n hospitaal of deur 'n gekwalifiseerde mediese praktisyn nie.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,805
(e)bewys van ondervinding en kundigheid betreffende die hou van 'n Inisiasieskool.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,806
Beampte, moet die voorgeskrewe vereistes wat in die aansoekvorm vermeld word, voorlees in die amptelike taal wat verstaan word deur die persoon wat om toestemming aansoek doen.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,807
Die tradisionele snydokter wat aansoek doen om 'n Inisiasieskool te hou of ingewydes behandel moet die dokument bedoel in Aanhangsel B in die Skedule voltooi en die Distrik Mediese Beampte moet dit ook onderteken om te verklaar dat die voorwaardes daarin vermeld noukeurig aan die tradisionele snydokter verduidelik is in 'n amptelike taal wat deur die tradisionele snydokter verstaan word.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,808
Die ouer van 'n voornemende ingewyde moet, ten opsigte van 'n voornemende ingewyde onder die ouderdom van 18 jaar, die 25 toestemmingsvorm bedoel in Aanhangsel C voltooi en onderteken.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,809
Die ouer van 'n ingewyde moet, benewens alle ander verantwoordelikhede van sodanige ouer ten opsigte van die ingewyde, bystand en samewerking lewer soos voorgeskryf in belang van die gesondheid van die ingewyde, versoek word.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,810
Die voornemende ingewyde wat 18 jaar of ouer is en wat nie ouerlike toestemming benodig nie, moet 'n toestemmingsvorm bedoel in Aanhangsel D voltooi en onderteken.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,811
'n Persoon, met inbegrip van die ouer van 'n ingewyde, mag nie met die Distrik Mediese Beampte inmeng of hom in die uitvoering van sy of haar pligte onder hierdie Wet belemmer nie.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,812
Die minimum ouderdom vir ingewydes is soos voorgeskryf.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,813
Dit is 'n oortreding om 'n ingewyde tot 'n Inisiasieskool toe te laat sonder syuitdruklike ingeligte toestemming of die toestemming van 'n ouer.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,814
Die tydperk vir inisiasie mag nie twee kalendermaande oorskry nie.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,815
Inisiasieskool 'n ander ingewyde behandel of poog om te behandel nie.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,816
Slegs die tradisionele snydokter, mediese praktisyn, die Distrik MedieseBeampte of 'n ander persoon wat deur die Distrik Mediese Beampte daartoegemagtig is, mag 'n ingewyde behandel.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,817
'n Tradisionele snydokter mag nie 'n besnyding in die Provinsie uitvoer sonder die skriftelike toestemming van die Distrik Mediese Beampte vir die distrik waar die besnyding gedoen moet word nie: Met dien verstande dat die subartikel nie van toepassing is op die behandeling van 'n ingewyde in 'n 25 hospitaal of deur 'n gekwalifiseerde mediese praktisyn nie.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,818
a 'n Tradisionele snydokter kan soos voorgeskryf aansoek om toestemming doen om 'n besnyding uit te voer en sodanige toestemming kan slegs verleen word indien die voorwaardes in 30 Aanhangsel A bedoel, nagekom word.