document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,819
die gebruik van 'n chirurgiese instrument weier wat die 35 tradisionele snydokter beoog om te gebruik; en ii n geskikte chirurgiese instrument voorskryf of voorsien waar die die gebruik van 'n bepaalde instrument ingevolge subparagraaf geweier is.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,820
Waar 'n geskikte chirurgiese instrument ingevolge paragraaf (b)(ii) voorgeskryf of voorsien word, moet die betrokke Distrik Mediese Beampte of iemand wat deur die Distrik Mediese Beampte daartoe gemagtig word, aan die tradisionele snydokter demonstreer of hom 45 oplei oor die gebruik daarvan.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,821
d Die Distrik Mediese Beampte, of 'n persoon wat sodanige Distrik Mediese Beampte bystaan, moet die voorwaardes voorlees in die amptelike taal wat deur die tradisionele snydokter wat om toestemming aansoek doen, verstaan word.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,822
e Die tradisionele snydokter wat om toestemming aansoek doen om 'n besnyding uit te voer en die Distrik Mediese Beampte moet die dokument voltooi wat die voorwaardes bevat wat in Aanhangsel A bedoel word.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,823
'n Tradisionele snydokter wat aansoek om toestemming gedoen het om 'n besnyding uit te voer, moet binne een maand vanaf die datum van die aansoek, bewys indien van nakoming van die voorwaardes waarna in Aanhangsel A verwys word, by gebreke waarvan die aansoek verval.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,824
n Tradisionele snydokter wie se aansoek soos beoog in subartikel 3 verval het, kan van nuuts af by die betrokke Distrik Mediese Beampte om toestemming aansoek doen, en die bepalings van hierdie Wet sal geld asof daar vir die eerste keer aansoek gedoen word.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,825
Die geldigheidsduur van toestemming ingevolge hierdie Wet toegeken, is soos voorgeskryf.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,826
b Wanneer 'n bestaande vaste termyn toestemming verval en 'n aansoek vir die hernuwing daarvan by die Distrik Mediese Beampte ingedien is, bly sodanige toestemming geldig totdat die aansoek afgehandel is.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,827
opdrag gee dat 'n Inisiasieskool gesluit word waar sodanige skool die bepaalings van hiedie Wet oortree.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,828
Die Distrik Mediese Beampte het die reg van toegang tot enige perseël ofkan enige geleentheid of aanleg bywoon waar besnyding uitgevoer of 'ningewyde behandel word.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,829
Die LUR moet ten minste een Omgewingsgesondheidsbeampte per distrik skriftelik aanwys as 'n inspekteur vir Inisiasieskole.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,830
Die instrumente vir besnyding gehou, voorberei en gebruik word op 'n wysewat nie enige risiko van besering, siekte of dood vir die ingewyde inhou nie.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,831
'n Persoon wat die bepalings van artikels 2 , 3 en 5 oortree, is skuldig aan 'n misdryf en by skuldigbevinding blootgestel aan 'n boete of gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens ses maande.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,832
'n Persoon wat die bepalings van artikel 61 oortree is skuldig aan 'noortreding, en by skuldigbevinding blootgestel aan 'n boete ofgevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens tien jaar, of gevangenisstraf vir'n tydperk van vyf jaar sonder die keuse van 'n boete.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,833
Hoof van die Departement appèl aanteken indien hy of sy nie tevrede is nie met die besluit geneem deur die Distrik Mediese Beampte ingevolge artikels 2 en 6.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,834
Die appèl moet binne 30 dae ingedien word vanaf die datum nadat 10 kennisgewing van die besluit van die Distrik Mediese Beampte ontvang is.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,835
b Die gronde waarop die appèl gebaseer is.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,836
Die Hoof van die Departement moet binne 14 dae na ontvangs van die appèl reageer, en die appellant moet behoorlik oor die uitslag in kennis 20 gestel word.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,837
Die LUR kan regulasies uitvaardig met betrekking tot enige aangeleentheid wat na mening van die LUR nodig of wenslik sal wees om die mikpunte die Wet te verwesenlik.
118
Act1_2004_FS Init School Bill Afr after comment.txt
5,838
Korttitel 30 14. Die Wet heet die Vrystaatse Inisiasieskoolgesondheidswet, 2004.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,840
HANDLEIDINGWET OP DIE BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING, 2000 Wet No.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,841
Die Departement strewe daarna om die Vrystaat as 'n wenprovinsie te vestig deur die voorsiening van voortreflike dienste, ten opsigte waarvan 'n getransformeerde gemeenskap toegang sal hê tot geredelike en billike toegang tot inligtingbronne, die ontwikkeling van en deelname in sport, kuns, kultuur, wetenskap en tegnologie.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,842
Ons missie is om 'n professionele diens deurmiddel van 'n gedissiplineerde werksmag te voorsien en om departementele beleid en prosedures te implementeer en daardeur die profiel van sport, kuns, kultuur, wetenskap en tegnologie te verhoog.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,843
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie moet 'n gids opstel oor hoe om die Wet te gebruik. Die gids sal nie later as Augustus 2003 beskikbaar wees nie.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,844
Die kennisgewing ingevolge artikel 15 wat 'n beskrywing gee van die kategorieë van rekords wat beskikbaar is sonder dat 'n versoek gerig word om toegang ingevolge die Wet te verkry, is tans nie beskikbaar nie.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,845
Toegang tot sodanige rekords word nie geweier op enige gronde vir weiering in die Wet nie.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,846
Die aanvraer moet die vorm gebruik wat in die Staatskoerant gedruk is [Regerings Kennisgewing R187 - 15 Februarie 2002] (Vorm A).
119
Afr Sport, Arts.txt
5,847
Die aanvraer moet ook aandui of die versoek gerig word vir 'n afskrif van die rekord of indien die aavraer net die rekord wil nagaan by die kantore van die Provinsiale Administrasie. Alternatiewelik, indien die rekord nie 'n dokument is nie, kan dit besigtig word in die aangevraagde vorm, indien moontlik artikel 292.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,848
Wanneer die persoon vra vir toegang in 'n besonder vorm moet die aanvraer toegang gegee word op die wyse waarvoor aangevra is. Voldoening aan die versoek mag nie op 'n onredelike wyse met die departement se werksaamhede inmeng, of skade aan die rekord aanrig, of enige kopiereg wat nie aan die staat behoort, skend nie. Indien daar vir enige rede nie toegang verleen kan word soos vereis nie, maar wel op 'n alternatiewe manier, moet die heffingsgeld bereken word volgens die persoon se eerste versoek artikel 293 en 4.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,849
Indien die aanvraer benewens 'n skriftelike antwoord tot 'n geskrewe antwoord op sy aanvraag vir die rekord, ook op 'n ander manier in kennis gestel wil word, b.v. telefonies, moet dit aangedui word artikel 182e.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,850
Indien die aanvraer die inligting namens iemand anders aanvra, moet die hoedanigheid waarin die versoek gerig word, aangedui word artikel 182f.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,851
Indien 'n aanvraer nie in staat is om te lees of te skryf, of indien hy/sy gestremd is, kan hulle die versoek mondelings rig. Die inligtingsbeampte moet die vorm namens die aanvraer invul en hulle van 'n afskrif voorsien artikel 183.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,852
n Aanvraer wat toegang tot 'n rekord verlang wat persoonlike iligting oor die aanvraer bevat, hoef nie die aanvraaggeld te betaal nie. Elke aanvraer wat nie 'n persoonlike aanvraer is nie, moet die vereiste aanvraaggeld betaal.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,853
Die inligtingsbeampte moet die aanvraer (behalwe wanneer dit 'n persoonlike aanvraer is) by wyse van kennisgewing inlig, en die aanvraer versoek om die voorgeskrewe geld (indien enige) te betaal voordat die versoek verwerk word.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,854
Die aanvraaggeld wat betaalbaar is aan openbare instansies is R35. Die aanvraer kan 'n interne appèl, indien van toepassing, of 'n aansoek aan die hof rig, teen die aanbieding of betaling van die aanvraaggeld.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,855
Nadat die inligtingsbeampte 'n besluit geneem het rakende die aanvraag, moet die aanvraer van sodanige besluit in kennis gestel word op 'n wyse soos versoek deur die aanvraer.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,856
Indien daar aan die versoek voldoen word, moet verdere toegangsgeld betaal word vir opspoor, voorbereiding, reproduksie en vir die tyd wat die voorgeskrewe ure oorskry wat gewy is aan opsporing en voorbereiding van die rekord vir openbaarmaking.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,857
Voorsien profesionele ondersteuningsdienste aan bibliotekeVoorsien biblioteek en inligtingsdienste aan gemeenskappe. Bevorder kennis en die gebruik van wetenskap en tegnologie ingemeenskappe.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,858
Lewer 'n Menslike Hulpbronbestuursdiens Lewer 'n Arbeidsverhoudingediens Lewer 'n Opleidingsdiens Lewer 'n Hulpdiens Bestuur Spesiale Programme wat verband hou met Geslagsake, Jeugsake en sake rakende Gestremdes, in die Departement.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,859
Die dienste wat deur hierdie departement voorsien word, is hoofsaaklik tot voordeel van die Provinsie Vrystaat. Om toegang tot die dienste van die Departement te verkry, moet versoeke aan die Departementshoof gerig word. Die Departement beskik oor 'n tolvrynommer 0800 202 837.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,860
Ingevolge die Reëls en Ordes van die Provinsiale Wetgewer, word alle wetgewing gepubliseer vir kommentaar voordat dit ter tafel gelê word. Die publiek word die geleentheid gebied om geskrewe vertoë te rig of om voor verskillende portefeulje komitees te verskyn.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,861
Verskillende provinsiale wette maak voorsiening vir lede van die publiek om lede te nomineer wat op sekere komitees kan dien.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,862
Iemand wat 'n versoek rig kan 'n interne appèl indien teen die beslissing van die inligtingsbeampte, by 'n persoon wat deur die Premier aangewys is. Die persoon wat die aansoek rig kan by die hof aansoek doen vir toepaslike regshulp nadat hy/sy die interne prosedure uitgeput het. Die howe moet genader word in gevalle waar daar nie deur die Provinsiale administrasie voldoen is aan die bepalings van die Wet nie. Dit sal geld vir enige situasie waar die persoon wat die versoek rig teen 'n beslissing van die inligtingsbeampte wil appelleer.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,863
Die Provinsiale Administrasie sal, indien nodig, hierdie handleiding met tussenpose van hoogstens een jaar, bywerk en publiseer.
119
Afr Sport, Arts.txt
5,864
n Afskrif in elk van die drie amptelike tale moet by elke plek van pliglewering beskikbaar gestel word soos omskryf in artikel 6 van die Wet op Pliglewering 1997; die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie; en elke kantoor van daardie openbare liggaam.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,866
Die sakeplan moet voorafgegaan word deur goedkeuring soos gesien kan word in die voorbeeld in Deel C.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,867
Sien Deel C.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,868
Gee 'n kort verklaring van die doel van die dokument.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,869
Vermeld die oppervlakte in hektare en beskryf die area van die BBV, sien Deel C. Heg 'n kaart aan op 'n skaal wat op 'n A3 of A4 folio sal pas.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,870
Meld die begin en eind datums waarin die dokument geldig is (onthou dat die dokument vir 'n vyfjaar tydperk opgestel word).
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,871
Hierdie is die strategiese konteks vir die sakeplan.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,872
Agtergrond en geskiedenis van die BBV.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,873
Beskryf toepaslike omgewingskundige faktore in die BBV gebied; sien Deel A.4.2 en Deel C.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,874
Beskryf hoe die plaaslike klimaat en weersomstandighede die voorkoms (getal) en gedrag van brande be-invloed. Maak 'n kort opsomming van die toestande wat "hoë brandgevaar" omskryf. Sien Deel C vir hierdie en die onderstaande paragrawe.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,875
Met die hulp van bestaande rekords en ondervinding maak 'n opsomming van die oorsake van veldbrande en waar die meeste ontstekings voorkom. Identifiseer probleem-areas en oorsake.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,876
Maak 'n opsomming van die hooftipes plantegroei, en/of gewasse en die brandgedrag in elkeen van hierdie plantegroeitipes. Sien Deel C Tabel 1.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,877
Aan die hand van bestaande rekords, bepaal die brandregime (seisoen, frekwensie en intensiteit). Ontleed historiese groot brande en hulle impakte.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,878
Beskryf die voordelige en ekologiese rol van brande en ook hoe om hierdie voordele te behou.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,879
Beskryf nasionale-en provinsiale wetgewing asook plaaslike verordeninge wat van toepassing is in die gebied.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,880
Beskryf die huidige praktyk ten opsigte van die gebruik en bestuur van brande.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,881
Gebruik die onderstaande opskrifte en maak 'n opsomming onder elkeen van hulle ten opsigte van die impakte van histories brande. Bespreek onlangse gevalle en meld of daar 'n toename of afname in impakte is.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,882
Maak 'n lys van die kriteria wat gebruik word om veldbrand-risikos aan te slaan. Hierdie lys van kriteria moet deur die lede van die BBV self ooreengekom word. Gebruik die kriteria om die gevolge van veldbrande aan te slaan (sien 4.4 hieronder).
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,883
Die veldbrandbestuurstrategie is die risikobestuur gedeelte van u sakeplan. Sien die toepaslike gedeelte in Deel A en Deel C vir 'n voorbeeld oor hoe om dit te doen.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,884
Stel die doel wat u wil bereik met die veldbrand-bestuurstrategie.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,885
Maak 'n lys van al die oogmerke wat behaal moet word ten einde die doel te bereik. Sien Deel C.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,886
Aan die hand van die omgewing se brandgeskiedenis , die oorsprong en oorsake, identifiseer, lys en beskryf die gevare soos in die voorbeeld. Hierdie gevare moet a die wees wat bates aan gevaar blootstel en b moet teikens word vir bestuur. Vir hierdie en die volgende opskrifte sien Deel A en Deel C.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,887
Lys die belangrike bates wat aan gevaar blootgestel word vir elkeen van die onderstaande groeperinge. Skryf dit in die tabel in soos in Tabel 3, 4 en 5 in deel C.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,888
Veldbrandrisiko's binne die BBV gebied.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,889
Die oogmerk van hierdie afdeling is om veldbrandrisiko so aan te slaan dat objektiewe opsies vir veldbrandbestuur vir elke gevaartoestand bepaal kan word. Die samevoeging van al hierdie opsies word dan die veldbrandbestuurstrategie. Deel A is 'n riglyn vir die proses wat u moet volg. Sien ook Tabel 6 in Deel C.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,890
Hulpbronne vir veldbrandbestuur.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,891
Hierdie afdeling bestaan uit 'n inventaris van hulpbronne wat aan lede beskikbaar is asook kollektief binne die BBV. Lede moet ooreenkom ten opsigte van die standaarde wat hier gestel word. Konsulteer die Brandweerhoofde as daar is asook enige grondeienaars wat reeds standaarde toepas (bosbedryf ens.). Daar is voorbeelde in Deel C. Sluit die deel van die dokument af met 'n stelling van genoegsame hulpbronne of ge-identifiseerde tekortkominge. Onthou om risikovlak en bekostigbaarheid in die oog te hou.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,892
Bepaal en beskryf die kapasiteit binne u BBV.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,893
Bepaal en beskryf die mannekrag wat beskikbaar is binne die BBV, dws. Wat beskikbaar sal wees vir hulp aan die Brandbeskermingsbeampte onder die verskillende toestande. Dui die getal gekwalifiseerde persone aan wat beskikbaar is vir verskillende brandbestuursposte.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,894
Lys die standaard kategorieë van toerusting en fasiliteite wat beskikbaar is binne die BBV.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,895
Beskryf die verskillende kommunikasiegeriewe wat beskikbaar is in die BBV.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,896
Ondersteuning deur sambreelverenigings.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,897
Indien 'n sambreelvereniging hulp verleen, lys die dienste wat hulle bied.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,898
Beoordeling van genoegsame hulpbronne en tekortkominge.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,899
Bepaal die tekortkominge en spesifiseer die beoogde tydraamwerk om dit reg te stel binne die vyf jaar van die plan.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,900
Met die hulpbronne tot u beskiking in gedagte, ontwikkel u veldbrandbestuur-strategie.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,901
Sien Deel A vir 'n riglyn vir hierdie proses.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,902
Sien Deel A en Deel C.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,903
Die operasioneleplanne vir die individuele eienaars moet in die ge-integreerde bestuursplan vir die gebied saamgevat word.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,904
Plan vir ondersteuning deur die sambreel organisasie.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,905
Plan vir ondersoeke na brande, rekords en verslae.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,906
Opgraderingsplan wat toerusting en fasiliteite betref.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,907
Die operasioneleplan sal die verskeie agentskappe meld wat verantwoordelik is vir die implementering van die strategie.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,908
Die Departement sal nie operasioneleplanne nagaan en goedkeur nie. Die Departement sal egter bepaal of die lede van die BBV genoegsame aandag geskenk het betreffende die risikos in die gebied en daarvoor objektief beplan het in die strategie. Hiermee saam sal die departement besluit of die bepalings van Artikel 5 (b) van die Wet en 5 (e) nagekom gaan word. Eersgenoemde gaan oor samewerking tussen BBVs en laasgenoemde oor die doeltreffende kommunikering van die brandgevaaraanslag.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,909
Die BBB en die uitvoerendekomitee moet verseker dat die jaarverslag voldoen aan die vereistes wat deur die Minister gestel word. Die BBB moet die verslagsisteem instand hou. Die departement se Veldbrand Informasiesisteem is met die oog op hierdie doel ontwerp.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,910
die implementering van die besigheidsplan as 'n geheel.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,911
n Opsomming van die misdrywe wat na bewering gepleeg is, vervolgings en skuldigbevindings onder die wet of tersaaklike verordeninge wat in die gebied van toepassing is.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,912
n verslag oor enige grootskaalse veranderinge aan die sakeplan ten einde die funksionering van die BBV te verbeter; en enige ander toepaslike inligting.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,913
Die sakeplan moet ook aandui hoe die BBV van plan is om samewerking te verkry.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,914
Die reëls van die vereniging word opgestel volgens die onderstaande opskrifte. Deel C van die gewerkte voorbeeld, verskaf verdere toeligting.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,915
Vereistes opgedeel in die tipe en klas van lidmaatskap.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,916
Sien Tabel 8 in Deel C vir voorbeeld.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,917
Minimum aantal bevoegde personeel in die verskillende werkskategorieë.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,918
Sien Tabel 9 in Deel C vir voorbeeld.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,919
Sien Tabel 9 in Deel C vir voorbeeld.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,920
Verwys na die Beroepsveiligheidswet . Sien ook Deel C vir voorbeeld.