document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,921
Algemene reëls betreffende die gebruik van vuur.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,922
Onderlinge-hulpverleningsooreenkomste moet op skrif gestel word en moet deur al die partye en getuies onderteken word. Hierdie ooreenkomste moet aan die standaarde wat deur die brandweerdienste gestel word voldoen. Die ooreenkomste moet onderlinge ooreenkomste tydens die eskalasie van brandgevaar insluit en moet ook voorsiening maak vir die betaling van uitgawes aangegaan deur die verskeie partye. Neem kennis dat Afdeling 19 van die Wet voorsiening maak vir ooreenkomste met die Minister ten opsigte van staatsbosgrond.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,923
Brandvoorkoming en gereedheid tydens tydperke van hoë brandgevaar.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,924
Brandvoorkoming en gereedheid tydens tydperke van matige brandgevaar: Tydperke van brandverbod.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,925
Toepaslike brandregimes vir voorgeskrewe brandwerk.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,926
Spel uit watter persone bemagtig is om die Wet toe te pas (BBB, en ander persone aan wie magte gedelegeer is) t.o.v. misdrywe en en strawwe.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,927
Lys die verskillende plaaslikeverordeninge wat van toepassing is op nie-lede.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,928
n LYS VAN MAGTE EN PLIGTE WAT DEUR DIE MINISTER AAN DIE BBV IN TERME VAN AFDELING 5 (k) GEDELEGEER MOET WORD.
120
Afrikaans version business plan part B.txt
5,929
In die begin mag daar dalk nie 'n noodsaaklikheid bestaan vir sulke delegasies nie. Die departement voorsien egter dat met die verloop van tyd BBVs en sambreel BBVs met magte en pligte toegerus sal word.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,931
Veldbrande en die klimaat.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,932
Reëls t.o.v. die tye van voorbereiding 26
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,933
Minimum beskermde oorklere en toerusting.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,934
Hierdie sakeplan is aanvaar deur die lede van die Entabeni Brandbeskermingsvereniging tydens 'n vergadering op Deur dit te aanvaar onderneem die lede om die pligte van die Vereniging uit te voer soos omskryf in hierdie dokument asook om hulle te hou by die reëls van die Vereniging.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,935
Hierdie sakeplan is opgestel deur die lede van die Entabeni Brandbeskermingsvereniging in konsultasie met die Brandweerdiens soos vereis deur Afdeling 5 van die Nasionale Wet op Veld en Bosbrande.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,936
Die area van die Entabeni Brandbeskermingsvereniging val binne die Pitso Meetse Plaaslike Munisipaliteit. Die area beslaan ongeveer 210 000 hektaar. Die lede verteenwoordig ongeveer 140 van die 700 eienaars in die gebied. Die area onder beheer van die lede is 70 000 hektaar of naastenby 33% van die area van die BBV.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,937
Die sakeplan sal geldig wees vir vyf jaar en begin op 1 April 2003 tot 31 Maart 2008.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,938
Die Entabeni area het 'n bevolking van ongeveer 13 300. Die dorpie Ruiterslaagte het ongeveer 3 300 permanente inwoners waarvan ongeveer 3 000 in die Tinginono woongebied woon. Ongeveer 10 000 mense woon op plase of op ander landelike eiendomme. Ongeveer 8 500 van hierdie mense is werknemers met hulle families.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,939
Die Ge-integreerde Ontwikkelingsplan (IDP) van die Pitso Meetse munisipaliteit identifiseer veldbrande as 'n omgewingsrisiko in die area.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,940
Veldbrande kom hoofsaaklik in die winter voor. Die hoogste brandgevaar vind plaas tydens tydperke wanneer kouefronte verby beweeg. Tydens sulke tydperke is daar gepaardgaande sterk weste winde en baie lae humiditeit.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,941
Entabeni het primêr 'n plattelandse ekonomie met, bosbouplantasies, veeplase, ekotoerisme, saagmeulens, 'n plaaslike meubelbedryf en fabrieke wat handvaardighede produseer.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,942
Onlangse veldbrande het gelei tot ernstige beserings, lewensverlies, verlies aan hout, weiding en strukture. Steurnisse by die Inhlanzi Lughawe en kragonderbrekings lei ook tot ernstige verliese.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,943
Sosiale bates wat in die gebied aan hoë risikos blootgestel word, is die huise in die Tinginono woongebied asook plaashuise en vakansieoorde. Ekonomies bates wat aan uiterste of hoë risikos blootgestel word is plantasies, veeplase, die 132 KVA hoogspanningslyn wat deur die gebied loop sowel as die Inhlanzi Lughawe wat aan die ooste, net buite die gebied, geleë is. Daar is ook ontspanningsoorde en die bates van opkomende boere. Omgewingsbates wat blootgstel is aan uiterste of hoë risikos sluit die broeiplekke van die Lelkraanvoëls in. Hierdie spesies is baie gevoelig vir versteurings a.g.v. brande. Dit sluit ook die Veerkombersvlei bewaringsgebied en gepaardgaande vleilande in. Hierdie risikos is hoofsaaklik as gevolg van brande wat inbeweeg van die grasvelde, plantasies en indringerbosse tydens koue fronte. Baie brande ontstaan ook in die Tinginono-woongebied.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,944
Die BBV beoog om 'n bydrae te lewer tot die ontwikkeling van die gebied deur die bekamping van onbeplande brande, die teenwerking van verlies van lewens en bates asook die doeltreffende gebruik van vuur vir bestuursdoeleindes, te bevorder. Die BBV beoog om die veldbrandbestuur-strategie stelselmatig in plek te stel en aan die einde van die 5 jaar tydperk ten volle in plek te hê.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,945
Hierdie dokument sit die strategie vir die bestuur van hierdie risikos uiteen. Dit bevat ook die operasioneleplanne wat die strategie ondersteun. Verder noem dit die vereistes vir monitering en hersiening van die strategie en die reëls waarby die lede van die BBV hulle moet hou.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,946
Hierdie is 'n strategiese dokument wat die benadering en planne van die Entabeni Brandbeskermingsvereniging (BBV) beskryf ten einde veldbrandrisikos in die gebied te verminder en te bestuur.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,947
Die area van die Entabeni BBV beslaan 210 000 hektaar. Dit strek vir ongeveer 40 km noordwaarts van die westelike grens van die Pitso Meetse Plaaslike Munisipaliteit, noordwaarts vanaf die N99, daarna draai dit oos vir ongeveer 60 km op die grens wat die munisipaliteit deel met die Vrygrond munisipaliteit tot by die punt waar die grens aansluit by die Kwenarivier, daarna suidwaarts met die Kwena tot by die N99, dan weswaarts al met die N99 tot by die Pitso Meetse-grens. Die kaart, gemerk Figuur 1, toon die area.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,948
Die sakeplan is geldig vir vyf jaar vanaf 1 April 2003 tot 31 Maart 2008.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,949
Grondeienaars binne die gebied werk al geruimetyd saam vir verskillende doeleindes.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,950
Die Vaalbos Brandbestrydingskomitee is 'n vrywillige organisasie met 17 lede.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,951
grondeienaars is al sedert 1991 betrokke by die Imvubu Bewaringsgebied wat dit ten doel stel om die omgewing te bewaar.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,952
Die Hoogland Kraanvoël-organisasie het grondeienaars en bewaringsinstansies by mekaar uitgebring deur die instel van programme om hierdie voëls en die vleilande doeltreffend te bestuur.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,953
Sedert die afkondiging van die Nasionale Wet op Veld en Bosbrande in 1998 het die grondeienaars binne die gebied met hernieude belangstelling na die bestuur van hulle gebied gekyk. Die opstel van die Pitso Meetse Ge-integreerde Ontwikkelingsplan (IDP) het die veranderinge in die plaaslike ekonomie onderstreep. Veldbrande wat telkens begin, werk negatief in op hierdie ontwikkeling en dit affekteer ook sosiale ontwikkeling in die gebied. Die gebied het ook belangrike omgewingsbates wat beskerm moet word, maar wat ook afhanklik is van die korrekte gebruik van vuur. Al hierdie faktore in ag geneem het die inwoners van die gebied in 1999 begin bymekaar kom om bestuur te verbeter. Die uitslag van hierdie vergaderings is die voorstel om die Entabeni BBV te stig. Die BBV sal oorspronklik 140 grondeienaars van die ongeveer 700 in die area bedien. Die geheel oppervlak van die area is ongeveer 70 000 ha of ongeveer 33% van die area van die BBV.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,954
Die Entabeni area het 'n bevolking van ongeveer 13 300. Die dorp Ruiterslaagte het ongeveer 3 300 inwoners wat permanent daar vertoef. Van hierdie is ongeveer 3 000 woonagtig in die Tinginono woongebied. Ongeveer 2 000 van hierdie mense woon in die informele woongebied. Ongeveer 10 000 inwoners woon in die plattelandse gebied op plase of op ander eiendomme. Ongeveer 8 500 van hierdie mense is werknemers en hulle families.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,955
Grondhervorming is besig om vinnig in tempo toe te neem en ongeveer 100 eiendomme sal in die volgende paar jaar waarskynlik van eienaar verander. Die grootste verandering, die laaste aantal jare, is die toetrede van die safari en vlieghengel bedrywe in die gebied. Ongeveer die helfte van die eiendomme is al aan hulle asook naweekboere verkoop. Die veranderende eienaarsprofiel het gelei tot die totstandkoming van nuwe, en beter, werksgeleenthede. Nogtans het daar 'n groot toevloei na dorpe soos Ruiterslaagte plaasgevind. Werkloosheid is nog hoog en geletterdheid lag.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,956
Ekotoerisme: nuwe ekonomiese groei word gestimuleer deur die toetrede van beleggers by safari-plase, vlieghengel geriewe, die Veerkombersvleipark, voetslaanroetes en die dienstesektor wat met hierdie bedrywe verband hou.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,957
Industrie: 'n Saagmeul, meubelfabrieke en handwerkindustrie genereer R80 miljoen per jaar.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,958
Die feit dat heelwat nuwe plantasieoppervlakte kaprypheid nader en die vestiging van die Maputu Ontwikkelingskorridor, het nuwe ekonomiese groei gestimuleer.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,959
Die Entabeni area se mees belangrikke rol in die omgewing is die van 'n wateropvanggebied. Die area betrokke maak die boonste opvanggebied uit van die Kwenarivier en van sy sytakke. Hierdie water word op verskeie plekke opgedam en word binne, en stroomaf van die gebied, gebruik vir besproeiing, industrie, mynbou en water vir menslike gebruik.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,960
Die tweede mees belangrike rol is die van biodiversiteit. Die hoogliggende grasvelde van die area maak deel uit van die Noordoostelike Bergsentrum van endemisiteit. Baie skaars en endiemiese grasspesies sowel as blomplante, gewerwelde diere en, die pas ontdekte Gouemol, kenmerk die area.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,961
Die derde mees belangrike rol is die van die estetiese van die landskap.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,962
Veldbrande is belangrik in die plaaslike omgewing en is dit al vir miljoene jare. Die meeste spesies en habitatte is dan ook aangepas by brande. Natuurlikebosse verdra egter nie brande nie en word beskerm deurdat hulle in die ontoeganklike klowe voorkom. Die gebruik van vuur in die bestuur van die omgewing sowel as die uitsluiting daarvan het gevolge op die natuurlike samestelling.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,963
In sekere gebiede het indringerplante soos Swartwattel, Bloekoms en opslag Dennebome die grasveld verdring. Hierdie is veral opvallend in die Hoogland Plato langs riviere en op die plato self. Hierdie indringers is 'n gevaar vir biodiversiteit en skep 'n groot brandgevaar.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,964
Veldbrande en die klimaat.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,965
Veldbrande kom normaalweg in die winter, vanaf die begin van Mei tot laat September, voor. Dit is gewoonlik die tydperk van na die eerste ryp tot na die eerste lentereën.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,966
Hoëdrukselle wat diep atmosferiese inversies veroorsaak.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,967
Tussen die bogenoemde toestande is daar verspreide periodes van een of twee dae wanneer kouefronte suid en oos van die land verbybeweeg. Hierdie verskysel het sterk westewinde en baie lae humiditeit tot gevolg en die uitvloeisel hiervan is hoë of selfs uiters hoë brandgevaar.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,968
Tydens tydperke van inversies is veldbrande geneig om stadig te begin brand, maar in intensiteit toe te neem. Onder die ander stel toestande sal vure wat plantasies, en indringerwarbosse binnegaan, vinnig verander in verwoestende brande gekenmerk deur kroonvure.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,969
Weerlig is die enigste natuurlike oorsaak van brande in die gebied. Weerligvure kom hoofsaaklik in die herfs en vroeë lente voor. Die menslike invloed ten opsigte van brande strek waarskynlik soveel as 250 000 jaar terug en maak dus deel uit van die historiese brandregime.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,970
Beplande brande wat hand-uitruk.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,971
Ontstekings as gevolg van nalatigheid by piekniekplekke, by kookvure of by asgate waar as uitgegooi word.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,972
Brande wat die gebied binnekom. Hoofsaaklik vanaf die westelike kant.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,973
In plantasies word brande dikwels veroorsaak deur menslike werksaamhede. Werksaamhede soos die uithaal van byneste en die gebruik van kragtoerusting wat in die bedryf gebruik word.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,974
Tabel 1. 'n Opsomming van die brandregime-en gedrag in die hooftipes plantegroei in die Entabeni BBV gebied.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,975
Brand hoofsaaklik na die eerste ryp in Mei tot die eerste reën geval het in Oktober, brande kom natuurlik ongeveer een keer elke twee jaar voor in enige gegewe area. Boere en bestuurders van bewaargebiede maak gebruik van "mosaiek" brande gewoonlik aan die begin of end van die brandseisoen. Hierdie is klein brande onder matige toestande. Hierdie brande word toegelaat om te versprei totdat hoë humiditeit dit uitsit.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,976
Gedurende inversies beweeg grasvure stadig teen ongeveer 1 tot 2 km per uur. Vlamlegte wissel van 0.2 tot 0.6m. Gedurente winderige frontale stelsels beweeg brande van 6 tot 8 km per uur. Vlamlengtes wissel van 1 tot 4 meter.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,977
Brand hoofsaaklik na die eerste ryp in Mei tot die eerste reën geval het in Oktober, brande kom natuurlik ongeveer een keer elke twee tot drie jaar voor in enige gegewe area.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,978
Omrede die gras tot 2 meter hoog is beweeg hierdie vure gedurende winderige frontale toestande van 6 tot 8 km per uur. Vlamlengtes 2 tot 6 meter. Tydens inversietoestande beweeg die brande stadig maar wanneer die gras droog is , is die vlamlengte 2 tot 4 meters.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,979
Brande kom nie gereeld hier voor nie. Brande begin of kom die plantasies van buite af in hoofsaaklik in die winter. Groot plantasiebrande vind almal tydens frontale weer plaas.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,980
Onder matige toestande brand plantasievure stadig in die bosafval, vlamlengtes van 0.2 tot 0.5m. Gedurende frontalestelsels beweeg plantasiebrande teen tot 8 km per uur en gaan dit gepaard met intense hittevrystelling. Kroonvure ontstaan in sulke gevalle en kolvure word van 0.5 km tot 2km ver gewerp.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,981
Brande ontstaan net na die oesreste droog geword het. Brande vind gewoonlik tydens frontalestelsels plaas.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,982
Brande in oesreste brand stadig en met lae vlamme.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,983
Brande ontstaan gewoonlik net tydens frontalestelsels.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,984
Geen vure nie.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,985
Tabel 1 bevat 'n beskrywing van die brandregime en brandgedrag in die mees algemene plantegroeitipes in die gebied.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,986
Veldbrande is nog altyd 'n deel van die omgewing in hierdie gebied. Soos die gebied ontwikkel het, het brande egter 'n gevaar geword vir lewe, eiendom en die behoud van die omgewing.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,987
Die BBV het ongelukkig nie 'n genoegsame stel rekords van veldbrande binne die gebied nie.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,988
Keerom: 7 000ha grasveld, weiding op die plase van die opkomende boere , drie opstalle.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,989
Highflats: 1 500 ha plantasie, 3 000 ha grasveld, een brandweerwa en een trekker verwoes, drie brandslaners gehospitaliseer.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,990
Hofgedinge na onlangse brande het gelei tot die betaling van R1 miljoen.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,991
Omdat veldbrande 'n historiese element van die omgewing in die gebied uitmaak, is ekosisteme hierby aangepas. Grasveld herstel vinnig na brand en inheemse bome is hierby aangepas. Baie dieresoorte is aangepas om in brandveld te kan wei. Indien vure uitgehou word, vermeerder ou gras, verloor dit sy groeikrag en indien dit dan plaasvind is die vuur intens, beskadig dit die grasgemeenskap en kan dit erosie veroorsaak.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,992
In plantasies stel die intense brande wat van tyd-tot-tyd voorkom die grond bloot aan ernstige erosie.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,993
As gevolg van ontwikkeling het lugkwaliteit belangrik geraak.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,994
Die dynserigheid veroorsaak swak uitsig wat soms veroorsaak dat die Inhlanzi-lughawe toegemaak moet word. Die swak luggehalte werk ook toerisme teë.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,995
Regulasie 12 van die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne: Voorkoming en beheer van veldbrande: die regulasie vereis dat enige eienaar wat veld wil brand vir weidingsdoeleindes die nodige permit van die plaaslike landbouvoorligter moet verkry, permitte word nie toegestaan vir die tydperk tussen 15 Mei en 1 Oktober nie.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,996
Die Lugkwaliteite wetgewing bemagtig die Lugbesoedelingsbeheerbeampte om enige brande te verbied wat as 'n hindernis beskou kan word; tot op datum is die wet nog nie in die area toegepas nie, maar die toepassing word oorweeg in die lig van die sluiting van die lughawe.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,997
Munisipale verordeninge ter versterking van die Wet op Brandweerdienste bestaan in die twee dorpsgebiede. Hierdie verordeninge vereis dat sekere boustandaarde gehandhaaf word. Daar is ook verordeninge wat vereis dat alle vlambaremateriaal op erwe verwyder moet word tot 'n afstand van 10 meter van strukture.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,998
Die Vaalbos Brandbeskermingskomitee het vroeë waarskuwingsdienste deur die gebruik van 'n vuuruitkyk en verleen ook ondersteuningsdienste vir brandbestryding aan sy lede.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
5,999
Die skets van histories brande in 3.5.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,000
Verlies aan lewensmiddelle.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,001
Brande het 'n positiewe impak in die sin dat dit die grasveldbedekking behou wat as weiding aangewend word.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,002
Die voorkoms van brande is noodsaaklik vir die behoud van biodiversiteit in die grasveld gebiede.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,003
Die versperieding van indringerplante as gevolg van brande op die verkeerde tyd.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,004
Die onbeperkte verspreiding van indringerplante veroorsaak 'n akkumulerende verandering van die brandomgewing in die gebied.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,005
Hierdie kriteria is toegepas om die gevolge te bepaal tydens die risikobepaling vir die gebied.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,006
Die BBV beoog om 'n bydrae te lewer tot die ontwikkeling van die gebied deur die verlies van lewens en beserings as gevolg van veldbrande stop te sit, om ook die negatiewe impakte op die bates en die omgewing progresief te verbeter, asook die doeltreffende gebruik van vuur vir bestuursdoeleindes, te bevorder. Die BBV beoog om binne die eerste vyf jaar van die strategie dit in die hele gebied in werking te stel.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,007
Om al die "uiters hoë" risikos so te bestuur dat dit na vyf jaar as "hoë risiko" geklasifiseer kan word. So ook met "hoë risiko" na "matige risiko".
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,008
Om deurmiddel van bewusmaking 'n meer ingeligte algemene publiek daar te stel.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,009
Tabel 2 lys en beskryf die mees algemene gevare in die Entabeni BBV area.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,010
In uiterste toestande, dws. tydens frontale weerstoestande is dit waarskynlik dat dele sal brand wat nie vir brand geoogmerk is nie. Gegewe die intensiteit van sulke brande sal dierelewe ernstig benadeel word.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,011
Die grootste negatiewe impakte is die nie-seisoenale brand van die plantegroei (wat plantkundige-en dierkundige samestelling be-ïnvloed) asook die vernietiging van weiding.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,012
Die hoë intensiteit van brande in plantasies veroorsaak dat alle bogrondse materiaal verbrand wat die grond blootstel aan erosie en ook sterilisering.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,013
Die voorkoms van baie brandbare materiaal (houthuise, grasdakke, tuinvullis, brandstof opgaardepot ens.) maak die dorp 'n gevaar vir homself.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,014
Hierdie woongebied is 'n gevaar opsigself meesal as gevolg van beperkte toegang, hoë digtheid van "shacks" die gebruik van oop vure en koolstowe vir kook en verhittingsdoeleindes; soos dit tans is, is dit ook 'n gevaar vir die veld in die omgewing.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,015
Tabel 3 lys die sosialebates, dit is bates wat nodig is vir die welstand van inwoners. Hierby ingesluit is kulturelebates en die wat met erfenis te doen het.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,016
Tabel 4 lys bates met ekonomiese waarde. Dit sluit die Inhlanzi lughawe in alhoewel dit buite die gebied geleë is. Vure in die gebied affekteer werksaamhede by die lughawe.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,017
Tabel 5 lys omgewingskundigebates. Hierdie sluit aspekte in soos die landskap, natuurlike gemeenskappe en opvanggebiedwaardes.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,018
Tabel 6 lys die risiko's binne die gebied as gevolg van die blootstelling aan gevare.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,019
Tabel 3. Lys van sosialebates binne die Entabeni BBV-gebied saam met 'n bepaling van die veldbrandrisiko vir elke groep en die vlak waarop dit uitgekom het.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,020
Die dorp is redelik goed beskerm en het bestuursplanne wat toegepas word. Die gevolg is dat die waarskynlikheid vir impakte laag is.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,021
Verlies aan eiendom is hoog, matige risiko vir beserings tydens brandbestryding.