document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,122
Ontwikkel en implementeer 'n bewusmakingsprogram vir alle inwoners ; beklemtoon die noodsaaklikheid vir 'n gesonde opvanggebied, die gevolge van swak brandbestuur, die noodsaaklikheid van die toepas van die natuurlike brandregime en die belangrikheid van 'n' gesonde opvanggebied in die algemeen.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,123
Grasveld onder alle toestande.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,124
Verminder gevare: Gevaar: Maak seker dat goeie brandregimes deur bestuur gevolg word.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,125
Bate beskerming: Gemeenskaps bewusmaking oor die verwantskap tussen brandregime en die behoud van die spesies.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,126
Verminder ontstekings: Skort vuurbedrywighede op tydens tydperke van hoë brandgevaar.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,127
Aanvaar residuele risiko's: Ontwikkel ko-operatiewe opsporings en optredings netwerke en planne. Toerusting moet gereed wees vir snel optrede.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,128
Geen gedetailleerde voorbeelde van operasioneleplanne word verskaf nie. Die departement sal nie planne nagaan en goedkeur nie. Die departement sal slegs bepaal of lede van die BBV genoegsame omsigtigheid aan die dag gelê het tydens die opstel van die plan.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,129
Die veldbrandbestuurstrategie word op individuele eiendomme toegepas wat almal saam deel uitmaak van die ge-ïntegreerde bestuursplan.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,130
Plan vir die opgradering van hulpbronne/fasiliteite.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,131
Die operasioneleplan identifiseer die verskeie agentskappe wat verantwoordelik is vir die implementering van die bestuurstrategie.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,132
Daar word van die BBV verwag om een keer per jaar 'n jaarverslag voor te hou aan die algemene jaarvergadering. Hierdie verslag mag voorstelle vir wysigings in die bestuurstrategie insluit.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,133
Vordering evalueer t.o.v. die vervolging en rehabilitasie van persone wat brande veroorsaak het deur nalatigheid of brandstigting.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,134
Wanneer die verslag goedgekeur is, sal die Voorsitter dit indien as jaarverslag aan die Minister.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,135
Die BBB sal verslaggewing deur die brandweerdienste en lede propageer ten einde die jaarverslag te kan opstel. Die Departementele Internet-gebaseerde Veldbrand-informasiestelsel sal hiervoor gebruik word.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,136
Lede moet 10-meter breë brandbane op alle eiendomsgrense instandhou. Indien 'n eiendom groter as 500 hektaar is moet dit in blokke van 250ha verdeel word deur die maak van 5 meter breë interne brandbane.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,137
Die Middelveld-plantasie , wat sewe plase inkorporeer, word daarvan vrygestel [moet deur die Minister goedgekeur word] om brandbane op die plaasgrense te maak op die voorwaarde dat die buitegrense beskerm word deur brandbane van 40 meter wyd. Binnebane, volgens die brandplan van die plantasie, moet 20 meter breed wees. Die Veerkombersvlei-Bewaria word volgens dieselfde voorwaardes vrygestel.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,138
Reëls t.o.v. die tye van voorbereiding
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,139
Waar brandbane gemaak word deur dit te brand of te sny, mag die werk nie voor 15 Mei begin nie en moet dit teen 15 Junie afgehandel wees.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,140
Waar bane gemaak word deur dit te brand moet bure voldoen aan Afdeling 12 in die Wet. Geen verdere verpligtinge word opgelê nie.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,141
Indien persone bane wil voorberei op enige ander manier as om dit te brand, moet die persoon die bestuurder van Veerkombersvlei nader ten einde uit te vind of daar enige skaars of bedreigde spesies in die beoogde brandbaan voorkom. Indien daar sulke spesies voorkom moet daar maatreëls getref word om die spesies te beskerm.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,142
Sien Tabel 8.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,143
Tabel 8: Minimum vereistes vir brandblusuitrusting vir lede van die Entabeni BBV.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,144
Tabel 9: Minimum vereistes vir brandblus personeel in die BBV area. Elke kategorie personeel moet bevoegdheidsertifikate van gesertifiseerde instansies soos FIETA en PAETA besit.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,145
Minimum beskermde oorklere en toerusting.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,146
Piekniek-en kampvure: Mag slegs in permanente vuurmaakplekke met 'n twee meter skoon brandstrook, of skoon grondoppervlak waarvan die naaste brandbare materiaal ten minste twee meter weg is, gemaak word. Die vure moet ten alle tye opgepas word en na gebruik deeglik geblus word.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,147
Rook: Geen persoon mag 'n aangesteekte sigaret, vuurhoutjie of enige brandende materiaal neergooi of laat val nie. Geen persoon mag 'n brandende sigaret of vuurhoutjie binne 15 meter van enige gepakte graan, hooi of strooi of enige droë lande , droë gras of oesreste of plantasie-afval bring nie.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,148
Voorgeskrewe brande insluitend die brand van brandbane: Eienaars wat van voorneme is om 'n voorgeskrewe brand te maak of brandbaan skoon te brand moet 'n "Brandpermit" van die BBV bekom om dit te mag doen.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,149
Gee u bure en die BBB 24 uur kennis voordat u die vuur aansteek. Bekom die weervoorspelling en hou die weer dop. Maak seker dat daar altyd iemand by die vuur is terwyl dit brand. Kom al die voorwaardes van u permit na.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,150
Wanneer 'n hoë-brandgevaar voorspel en afgekondig word deur die SA Weersdienste en gepubliseer word in die media volgens wettelike voorskrifte, kom 'n algemene brandverbod tot stand. Die verbod geld van middernag aan die begin van die dag van hoë gevaar tot middernag aan die einde van die dag. Gedurende tydperke van hoë brandgevaar mag geen vure in die opelug gemaak word nie.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,151
Hierdie verbod sluit die gebruik van vullis verbranders, die brand van tuin vullis, piekniek en kampvure in, wat soliede brandstof, dit is, hout of houtskool gebruik.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,152
Op 'n erf binne 20 meters van 'n huis of met die toestemming van die BBV.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,153
In jare waar die Droogte-indeks wys dat die brandseisoen vroeg gaan begin, mag die BBV die brandverbod datums wysig.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,154
Grasveld mag nie meer as een maal per twee jaar gebrand word nie. Brandwerk moet plaasvind tussen 31 Maart en 15 Mei, of 1 Oktober en 31 Oktober.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,155
Geen voorbeeld word bespreek nie.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,156
Geen voorbeeld word bespreek nie.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,157
Die Brandbeskermingsbeampte (met delegasie van magte onder die Wet op Brandweerdienste t.o.v. plaaslike verordeninge)
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,158
Die Brandweerhoof en persone met gedelegeerde magte , dws. Adjunk- Brandweerhoof en Verkeersbeamptes.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,159
Munisipale verordeninge onder die Wet op Brandweerdienste is van toepassing in verklaarde dorpsgebiede en vereis van eienaars om aan sekere boustandaarde te voldoen wat brandbeskerming betref en om alle brandbare materiaal te verwyder wat binne 10 meter van strukture voorkom.
121
Afrikaans version business plan part C.txt
6,160
Nie uitgewerk vir hierdie voorbeeld nie. Geen delegasies mag vir die oomblik nodig wees nie. Die departement verwag dat daar met verloop van tyd magte en pligte aan die BBV's en die sambreel-organisasies gedelegeer sal word.
122
Afrikaans.txt
6,162
Die rol van 'n Landswapen n Landswapen, of Staatsembleem, is die hoogste visuele simbool van die Staat.
122
Afrikaans.txt
6,163
Die Landswapen is ook 'n sentrale deel van die Groot Seël wat tradisioneel as die hoogste embleem van die Staat geag word. Onvoorwaardelike magtiging word aan elke dokument gegee wat die Groot Seël dra, want dit beteken dat die dokument goedgekeur is deur die President van Suid-Afrika.
122
Afrikaans.txt
6,164
Die nuwe Landswapen vervang die een wat Suid-Afrika sedert 17 September 1910 gebruik het. Die verandering weerspieël die Regering se doelwit om die demokratiese veranderinge en 'n nuwe patriotisme in Suid-Afrika te beklemtoon.
122
Afrikaans.txt
6,165
Die Landswapen bestaan uit 'n reeks elemente wat ingedeel is in twee bepaalde sirkels wat bo-op mekaar geplaas is.
122
Afrikaans.txt
6,166
Die eerste element is die leuse in 'n groen halfsirkel. Twee simmetries geplaasde olifantstande wat opwaarts wys voltooi die halfsirkel. Binne die sirkel, gevorm deur die tande, is twee simmetriese koringare wat weer 'n sentraal geplaasde goue skild omraam.
122
Afrikaans.txt
6,167
Die vorm van die skild verwys na die drom, en bevat twee mensfigure uit Khoisan rotskuns. Die figure wys na mekaar in begroeting en eenheid.
122
Afrikaans.txt
6,168
Bo die skild is 'n spies en knopkierie, gekruis in 'n enkele eenheid. Hierdie elemente is in harmonie gerangskik om fokus te gee aan die skild en vervul die onderste sirkel van fondasie.
122
Afrikaans.txt
6,169
Net bo die sirkel van fondasie is die visuele middelpunt van die Landswapen, 'n protea. Die kroonblare vorm 'n driehoekige patroon wat herinner aan die kunsvlyt van Afrika.
122
Afrikaans.txt
6,170
Die sekretarisvoël is bo die protea geplaas en die blom vorm die bors van die voël. Die sekretarisvoël staan met uitgestrekte vlerke in 'n koninklike en opstaande gebaar. Die duidelike kopvere van die sekretarisvoël bekroon 'n sterk en waaksame kop. Die opkomende son bo die horison is tussen die vlerke van die sekretarisvoël geplaas en voltooi die sirkel van opkoms.
122
Afrikaans.txt
6,171
Die kombinasie van die boonste en onderste sirkels kruis om 'n ongebroke, oneindige baan te vorm en die harmonie tussen die basiese elemente lei tot 'n dinamiese, elegante en unieke ontwerp. Nogtans behou dit duidelik die stabiliteit, stemmigheid en dringendheid wat 'n Landswapen vereis.
122
Afrikaans.txt
6,172
Die leuse, !ke e: /xarra //ke, is geskryf in die Khoisan taal van die /Xam mense en beteken letterlik diverse mense verenig. Dit spreek elke individuele poging aan om die eenheid tussen denke en aksie in te span. Op 'n kollektiewe skaal, vra dit die nasie om te verenig in 'n gesamentlike gevoel van samehorigheid en nasionale trots - eenheid in verskeidenheid.
122
Afrikaans.txt
6,173
Dis 'n embleem van vrugbaarheid en simboliseer ook die idee van ontkieming, groei en die ontwikkeling van enige potensiaal. Dit hou verband met die voeding van die mense en dui dus op die landbou aspekte van die grond.
122
Afrikaans.txt
6,174
Olifante simboliseer wysheid, krag, matigheid en ewigheid.
122
Afrikaans.txt
6,175
Dit funksioneer as beide 'n medium vir die weerspieëling van identiteit en van geestelike verweer. Dit bevat ook die primêre simbool van ons nasie.
122
Afrikaans.txt
6,176
Die figure is afkomstig van beelde van die Lintonrots, 'n wêreldberoemde voorbeeld van Suid-Afrikaanse rotskuns, en word nou gehuisves en tentoongestel in die Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad. Die Khoisan, die oudste bekende inwoners van ons land, getuig van ons gesamentlike menslikheid en herkoms as Suid Afrikaners. Die figure wys na mekaar in begroeting en simboliseer eenheid. Dit verteenwoordig ook die begin van die individu se transformasie na 'n groter gevoel van samehorigheid aan die nasie en, by verlenging, gesamentlike mensdom.
122
Afrikaans.txt
6,177
Dit is beide simbole van verdeding en gesag en verteenwoordig ook die magtige bene van die sekretarisvoël. Die spies en knopkierie is neergelê en dit simboliseer vrede.
122
Afrikaans.txt
6,178
Die protea is 'n embleem van die skoonheid van ons land en die ontblomming van ons potensiaal as 'n nasie op soek na die Afrika Renaissance. Die protea simboliseer die holistiese integrasie van kragte wat groei vanaf die grond en versorg word van bo. Die mees gewilde kleure van Afrika word aan die protea toegewys - groen, goud, rooi en swart.
122
Afrikaans.txt
6,179
Die sekretarisvoël word voorgestel in vlug, die natuurlike gevolg van groei en spoed. Dit is die ekwivalent van die leeu op die grond. Die magtige voël se bene, wat as die spies en knopkierie voorgestel word, bevoordeel dit in sy jag vir slange en simboliseer die beskerming van die nasie teen sy vyande. Dit is 'n boodskapper van die hemele en weerspieël grasie op aarde. In hierdie sin, is dit 'n simbool van goddelike statigheid. Die uitgestrekte vlerke is 'n simbool van die opkoms van ons nasie, en bied ons terselfdertyd beskerming. Dit word voorgestel in goud wat dit duidelik assosieer met die son en die hoogste mag.
122
Afrikaans.txt
6,180
Dis 'n embleem van helderheid, prag en die hoogste beginsel van die aard van energie. Dit simboliseer die belofte van hergeboorte, die aktiewe vermoëns van oorweging, kennis, goeie oordeel en wilskrag. Dit is die simbool van die bron van lewe, van lig en die heelheid van mensdom.
122
Afrikaans.txt
6,181
Die volledige struktuur van die Landswapen kombineer die onderste en boonste sirkels in 'n simbool van oneindigheid. Die pad wat die onderste deel van die band, deur die lyne van die olifantstande, verbind met die boonste horison vanwaar die son opkom, vorm die kosmiese eier waarbinne die sekretarisvoël opstaan. In die simboliese sin impliseer dit die hergeboorte van die gees van ons groot en dapper nasie.
122
Afrikaans.txt
6,182
Die voormalige Departement van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie het idees vir die nuwe Landswapen van die publiek gevra. 'n Opdrag, gebaseer op die idees wat ontvang was, tesame met insette van die Kabinet, is opgestel. Die Government Communication and Information System het daarna Design South Africa - 'n sambreelliggaam wat ontwerpsagentskappe landswyd verteenwoordig - genader om tien van die beste ontwerpers in te lig omtrent die opdrag. Drie ontwerpers was gekies om hulle konsepte aan die Kabinet voor te lê. Mnr Iaan Bekker se ontwerp is gekies vir die nuwe Landswapen. Hy is 'n direkteur by die FCB Groep en het verskeie korporatiewe identiteite vir publieke en privaat-sektor organisasies ontwerp.
122
Afrikaans.txt
6,183
Batho Pele is 'n Sesotho frase wat 'Mense Eerste' beteken. Dit verbind die Staatsdiens om al die mense van Suid-Afrika te dien. Die Batho Pele waardes en beginsels ondersteun die Landswapen. Op 1 Oktober 1997, het die Staatsdiens met 'n Batho Pele-veldtog begin wat gemik is op die verbetering van dienslewering aan die publiek. Veranderinge sal aangebring moet word om van hierdie nuwe benadering 'n sukses te maak. Staatsdiens stelsels, prosedures, houdings en gedrag moet kliënte - die publiek - beter bedien.
122
Afrikaans.txt
6,184
Die beste moontlike waarde vir geld.
122
Afrikaans.txt
6,185
Batho Pele elimineer duur interne sisteme wat nie ontwerp was om die behoeftes van die mense eerste te stel nie. Dit verseker ook dat die Staatsdiens se finansiële beplanning in lyn is met die publiek se behoeftes en prioriteite.
122
Afrikaans.txt
6,186
Die meerderheid van die verbeteringe wat die publiek wil sien kos niks: dinge soos 'n glimlag, die respekvolle behandeling van kliënte, eerlikheid met die weergee van inligting en verskoning vra as dinge verkeerd loop. Hierdie dinge is nie 'n kwessie van ekstra hulpbronne nie - dis 'n kwessie van die aanneem van hoër standaarde.
122
Afrikaans.txt
6,187
Om dienslewering te verbeter moet alles wat ons doen in lyn gebring word met 'klantediens' beginsels. Die implementasie van Batho Pele is nie 'n eenmalige taak nie. Dis 'n aaneenlopende, dinamiese proses wat vir baie jare sal aangaan en voortdurend momentum sal optel.
122
Afrikaans.txt
6,188
Ons moet saam werk, as die Regering en die publiek, om die beginsels van Batho Pele 'n werklikheid te maak vir 'n nasie aan die werk vir 'n beter lewe.
123
Afrikaans_flyer.txt
6,190
Geweld teen buitelanders is 'n misdaad!
123
Afrikaans_flyer.txt
6,191
Die Regering sal nie enige vorm van geweld teen enige iemand duld nie!
123
Afrikaans_flyer.txt
6,192
Laat ons saamwerk om 'n beter lewe te skep vir almal wat in Suid-Afrika bly.
123
Afrikaans_flyer.txt
6,193
Laat ons saamwerk om ons vaardighede te verbeter en werk te skep.
123
Afrikaans_flyer.txt
6,194
Laat ons saamwerk om misdaad te beveg.
123
Afrikaans_flyer.txt
6,195
Laat ons almal wat Suid-Afrika besoek of in ons land woon, respekteer.
123
Afrikaans_flyer.txt
6,196
Indien jy bewus is van enige beplande aanvalle teen buitelanders wat in Suid-Afrika bly, kontak die naaste polisiestasie of, in geval van nood, skakel 10111.
123
Afrikaans_flyer.txt
6,197
Geweldadige aanvalle op buitelandse burgers wat in Suid-Afrika woon, strek tot niemand se voordeel nie. Onskuldige mense is gewoonlik die slagoffers - misdadigers ontvlug gewoonlik. Indien jy weet van kriminele aktiwiteite, rapporteer dit aan die ower-hede. Moenie die reg in jou eie hande neem nie.
123
Afrikaans_flyer.txt
6,198
Die Regering doen 'n beroep op gemeenskappe om waaksaam te wees en enige beplande voorvalle van geweld en xenofobie aan te meld.
123
Afrikaans_flyer.txt
6,199
Die suksesvolle aanbieding van die 2010 FIFA Wêreldbeker het 'n positiewe beeld van Suid-Afrika en die vasteland geskep in die internasionale gemeenskap. Die land het 'n groot toename in besoekers ondervind en die potensiaal vir beleggings, en daarom ook vir werksgeleenthede, is so verbeter.
123
Afrikaans_flyer.txt
6,200
Enige geweld in ons land sal die vordering wat ons met die aanbieding van die Wêreldbeker gemaak het omkeer. Die wêreld hou ons dop - nou selfs meer as ooit.
123
Afrikaans_flyer.txt
6,201
Geweld is nooit 'n oplossing nie.
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,203
Woorde in vet druk tussen vierkantige hake dui skrappings uit bestaande verordenings aan.
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,204
Woorde met 'n volstreep daaronder, dui invoegings in bestaande verordenings aan.
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,205
en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan.
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,206
Tensy die kollektiewe ooreenkoms anders bepaal, kan 'n party by 'n kollektiewe ooreenkoms wat vir 'n onbepaalde tydperk gesluit is, die ooreenkoms beëindig deur redelike kennis daarvan skriftelik aan die ander partye te gee.''.
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,207
Elke kollektiewe ooreenkoms, behalwe 'n agentskapwerk-plekooreenkoms ingevolge artikel 25 gesluit of 'n geslotegeledere-ooreenkoms ingevolge artikel 26 gesluit of 'n skikkingsooreenkoms soos in artikel 142A of 1581c beoog, moet voorsiening maak vir 'n prosedure om enige geskil oor die interpretasie of toepassing van die kollektiewe ooreenkoms te besleg. Die prosedure moet vir eers vereis dat die partye poog om die geskil deur versoening te besleg en, indien die geskil onbesleg bly, om dit deur arbitrasie te besleg.'
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,208
As daar 'n geskil is oor die interpretasie of toepassing van 'n skikkingsooreenkoms soos in artikel 142A of 1581c beoog, kan 'n party die geskil na 'n raad of die Kommissie verwys, en subartikels 3 tot 5, gelees met die nodige veranderings, is op daardie geskil van toepassing.''.
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,209
k om nywerheidsteundienste in die sektor te verskaf; en l om die dienste en werksaamhede van die bedingingsraad na werkers in die informele sektor en huiswerkers uit te brei.''.
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,210
So gou doenlik na ontvangs van die aansoek moet die registrateur 'n kennisgewing in die Staatskoerant publiseer wat die wesenlike besonderhede van die aansoek bevat, en 'n afskrif van die kennisgewing aan NEOAR stuur.
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,211
teen die aansoek beswaar kan maak op enige van die gronde bedoel in subartikel ; en dae vanaf die datum van die kennisgewing het om enige beswaar aan die registrateur en 'n afskrif daarvan aan die aansoeker te beteken.'
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,212
Die bepalings van subartikels 3 tot 10 en 11biii en iv is nie op die registrasie of amalgamasie van bedingingsrade in die staatsdiens van toepassing nie.''.
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,213
Indien die partye by 'n kollektiewe ooreenkoms wat kragtens hierdie artikel uitgebrei is, die ooreenkoms beëindig, moet hulle die Minister skriftelik in kennis stel.''.
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,214
Die Minister kan op versoek van 'n bedingingsraad 'n persoon as aangewese agent van daardie bedingingsraad aanstel om [daardie bedingingsraad behulpsaam te wees om] enige kollektiewe ooreenkoms wat in die bedingingsraad gesluit is, te bevorder, te moniteer en nakoming daarvan af te dwing.'
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,215
deur klagtes te ondersoek; of op enige ander manier wat die raad aanneem; en enige ander werksaamhede verrig wat deur die raad aan die agent opgedra of opgelê word.
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,216
'n Aangewese agent van 'n bedingingsraad beskik, binne die geregistreerde bestek van die bedingingsraad, oor al die bevoegdhede wat aan 'n kommissaris by artikel 142 verleen word, behalwe die bevoegdhede verleen by artikel 142 (c) en (d), saamgelees met die veranderinge wat in konteks nodig is. Vir doeleindes van daardie artikel moet enige verwysing na die direkteur gelees word as 'n verwysing na die sekretaris van die bedingingsraad uiteengesit in Bylae 10.'
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,217
A. Ondanks enige ander bepaling van hierdie Wet kan 'n bedingingsraad sy kollektiewe ooreenkomste ingevolge hierdie artikel of 'n kollektiewe ooreenkoms wat deur die partye by die raad gesluit is, moniteer en nakoming daarvan afdwing.
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,218
enige basiese diensvoorwaarde wat, ingevolge artikel 49 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 'n diensbepaling uitmaak van enige werknemer wat gedek word deur die kollektiewe ooreenkoms;en die reëls van enige fonds of skema wat deur die bedingingsraad ingestel is.
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,219
n Kollektiewe ooreenkoms ingevolge hierdie artikel kan 'n aangewese agent wat kragtens artikel 33 aangestel is, magtig om 'n nakomingsbevel uit te reik wat van enige persoon wat deur daardie kollektiewe ooreenkoms gebind word, vereis om daardie kollektiewe ooreenkoms binne 'n bepaalde tydperk na te kom.
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,220
a Die raad kan enige onbeslegte geskil rakende die nakoming van enige bepaling van 'n kollektiewe ooreenkoms verwys na arbitrasie deur 'n arbiter wat deur die raad aangestel word.
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,221
Indien 'n party by 'n arbitrasie ingevolge hierdie artikel, wat nie 'n party by die raad is nie, beswaar aanteken teen die aanstelling van 'n arbiter ingevolge paragraaf (a), moet die Kommissie, op versoek van die raad, 'n arbiter aanstel.
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,222
bly die Raad aanspreeklik vir die betaling van die arbiter se gelde; en ii word die arbitrasie nie onder die beskerming van die Kommissie gedoen nie.
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,223
n Arbiter wat ingevolge hierdie artikel arbitrasie doen, het die bevoegdhede van 'n kommissaris ingevolge artikel 142, gelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is.
124
Amendment - Labour Relations Act - 2002 - Afrikaans.txt
6,224
Artikel 138, gelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, is van toepassing op enige arbitrasie wat ingevolge hierdie artikel gedoen word.