document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
90 | 2004022502.txt | 4,291 | Daar is tans vele woelinge in die wêreldekonomie. Die VSA worstel met 'n dubbeletekort - op hulle begroting en hulle betalingsbalans. VSA rentekoerse is op die laagste vlak ooit en gevolglik sal die waarde van die dollar onder druk bly. Ons grootste handelsvennote in Europe is selfs slegter daaraan toe - hierdie jaar sal die Euro ekonomie weer met minder as 1% groei. Om hierdie negatiewe druk op ons ekonomie teen te werk, steun ons ekonomiese groei deur die begrotingstekort te laat styg tot 3,1% van BNP. Dit is nie 'n roekelose fout nie - ons beweeg van die standpunt dat fiskale beleid nie alleenstaande is nie - dit moet help om groei te bevorder as die ekonomie onder druk is - en hierdie stimulerende begroting is die derde agtereenvolgende een. |
90 | 2004022502.txt | 4,292 | Aan die belastingkant gun ons hierdie jaar slegs R4 miljard se verligting aan betalers van persoonlike belasting. Dit is heelwat minder as die R13 miljard se verligting verlede jaar, en maar 'n klein deel van die meer as R72 miljard wat ons in die laaste 6 jaar aan individue toegestaan het. Staatsinkomste is onder druk - deels weens die stand van die wêreldekonomie, en deels as gevolg van ons beleidsrigting wat tot gevolg het dat maatskappybelasting nou ver meer bydra as persoonlike belasting - gevolglik is daar meer veranderlikheid as winste laer is . Nieteenstaande hierdie druk, was ons nog steeds in staat om die belastingslas op werkende mense te verlaag, alhoewel minder as in vorige jare. |
90 | 2004022502.txt | 4,293 | Aan die uitgawekant, stel ons meer geld beskikbaar aan Provinsies omdat hulle verantwoordelik is vir die groot maatskaplike dienste - skoolopvoeding, gesondheidsdienste en welsyn. Ons het ook R15 miljard begroot vir die uitgebreide openbare werke program met die doel om meer werks- en opleidingsgeleenthede te skep. Oor die volgende drie jaar sal ons ook R47,3 miljard aan munisipaliteite oordra. |
90 | 2004022502.txt | 4,294 | Bo en behalwe hierdie uitgawes begroot ons ook meer vir polisieëring, justisie, grondhervorming, binnelandse sake, en vir die weermag, om hulle in staat te stel om vrede elders op die Afrika vasteland te bevorder. |
90 | 2004022502.txt | 4,295 | Dit is uiters belangrik om hierdie uitgawes te sien in die konteks van die HOP (Heropbou en Ontwikkelingsprogram). Ons kan met trots sê dat ons oor die laaste tien jaar 'n groot verbetering gebring het in die lewensgehalte van ons armstes. Die verbeterings is sigbaar en meetbaar, maar daar is duidelik oorblywende uitdagings. |
90 | 2004022502.txt | 4,296 | Hierdie uitdagings moet aangespreek word binne die raamwerk van beperke finansiële hulpbronne en die kapasiteit van die staat op alle vlakke. |
90 | 2004022502.txt | 4,297 | Twee van die grootste uitdagings is werkskepping en die omvang van armoede, twee lewensaspekte wat nou saamhang. Werkloosheid is dwarsoor die wêreld 'n problem en daar is op die oog af nie maklike antwoorde nie. |
90 | 2004022502.txt | 4,298 | Tegnologiese ontwikkeling veroorsaak dat al hoe meer vervaardiging in groot lande soos Sjina plaasvind, waar tegnologie beskikbaar is, arbeid spotgoedkoop is, die mark geweldig groot is, en waar onderdrukking steeds aan die orde van die dag is. |
90 | 2004022502.txt | 4,299 | Die kapasiteit van regerings om mense in diens the neem het afgeneem. |
90 | 2004022502.txt | 4,300 | Lande soos Suid Afrika wat afskop met 'n gebrek aan vaardighede, kan vinnig, verder en verder agter raak. |
90 | 2004022502.txt | 4,301 | Dit is uiters belangrik dat almal van ons - in die staat, die privaatsektor, die gemeenskap en, natuurlik, in die vakbonde hierdie aangeleentheid bespreek. Die Groei- en Ontwikkelingsberaad verlede jaar was 'n goeie begin. Maar ook maar net 'n begin. Inisiatiewe soos die uitgebreide openbare werke program vloei direk uit die beraad, so ook die konferensie van die konstruksiesektor wat voorlê. Moeilik soos hierdie aangeleentheid is, moet die soek na oplossings ons almal betrek - daar is nie 'n enkeling in hierdie saal wat nie deur werkloosheid geraak word nie - hetsy deur 'n familielid, bure of voormalige kollegas. Werkskepping is aan die einde van die dag nie allen die plig van die staat nie, en ons standpunt is dat die privaatsektor die enjin vir werkskepping moet wees - maar hulle kom klaarblyklik nie die mas op nie. Daar is weliswaar oor die afgelope tien jaar meer as 2 miljoen addisionele werksgeleenthede geskep, maar teen die agtergrond van 'n arbeidsmag wat oor dieselfde tyd met 5 miljoen mense gegroei het, is die gaping vanselfsprekend. |
90 | 2004022502.txt | 4,302 | My beroep is vir totale eerlikheid. Werkskepping staan uit as die saak waaroor die leegste verkiesingsbeloftes gemaak word. Ondervra gerus maar die partye wat so leeg belowe, daar is bitter min antwoorde. Mense wat aan werkloses leuens vertel, het geen begrip van hoe onmenslik werkloosheid is nie, en hoe dit mense se selfagting verpletter nie. Werkloosheid is nie 'n saakvir slagspreuke nie, dit is die grootste uitdaging vir almal van ons wat daadwerklik glo dat 'n verskil gemaak moet word. |
90 | 2004022502.txt | 4,303 | Ek maak dus'n beroep op almal van julle om met ons hande te vat, om oplossings te soek vir werkskepping. |
90 | 2004022502.txt | 4,304 | Met die toenemende belangrikheid van dienste en nuwe tegnologie fokus ons sentraal op die beskikbaarheid en kwaliteit van onderwys en opleiding. |
90 | 2004022502.txt | 4,305 | Ons is besig om 'n ommekeer te verseker in onderinvestering in infrastruktuur oor die laaste 25 jaar. En met baie van hierdie projekte is ons verbind tot 'n groter arbeidsinhoud. Voorbeelde is behuising en die instandhouding van paaie, maar dit is inderdaad die sentrale fokus van die uigebreide openbare werke program n Uitbreiding van steun vir landbouontwikkeling as deel van diegrondhervormingsprogram. |
90 | 2004022502.txt | 4,306 | n Vennootskap met besigheid en arbeid, byvoorbeeld deur die "Trots Suid-Afrikaans" veldtog en die finansiële dienste sektor handves wat mik om toegang tot dienste te verbeter. |
90 | 2004022502.txt | 4,307 | En waar mense nie tot die arbeidsmark kan toetree nie, het die regering gesorg dat die veiligheidsnet nou veel wyer is - deels as gevolg van groeiende toegang tot ouderdoms en ongeskiktheidspensioene, maar veral deur die instelling en uitbreiding van die kinderonderhoudstoelaag. Hierdie jaar het 7- en 8-jaar-oud kinders toegang gekry. Oor die volgende twee jaar sal kinders tot 13-jaar oud kwalifiseer. Waar meer as vier miljoen kinders nou ondersteuning uit die oord kry sal die getal styg tot oor die ses miljoen in 2006. |
90 | 2004022502.txt | 4,308 | Die impak van armoede is 'n probleem wat gesamentlike aandag moet geniet. Die demokratiese Suid-Afrika is inderdaad bevoorreg. Die armstes is ongelooflik geduldig en waarderend maar ons mag dit nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Ons moet alles in ons vermoë doen om armoede te beveg. Dit is werklik die plig van elkeen. |
90 | 2004022502.txt | 4,309 | Ten slotte wil ek 'n beroep doen vir 'n verskuiwing van ons ontwikkelingsparadigma/ons siening van ontwikkeling: ons kan nie voortbeweeg met 'n aktiewe staat en 'n passiewe bevolking nie. Ons moet verseker dat die benadering van Batho Pele in die staatsdiens seëvier - ons moet saamwerk om die gehalte van die staat se dienste te verbeter. 'n Meer doeltreffende staatsdiens sal besparings lewer wat gebruik kan word in die stryd teen werkloosheid en armoede. Elke skool, kliniek, hospitaal, polisiestasie, hof, kantoor van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens of die department van binnelandse sake, elke instansie wat geld van die staat kry, behoort meer plaaslik aanspreeklik en aanspreekbaar te wees. My beroep is dus beide aan Solidariteit as vakbond, en aan elkeen as lid van die gemeenskap, om 'n verskil te maak. Dit is die aktiewe demokrasie van die HOP en die Vryheidshandves. Dit is waar die verskil gemaak gaan word, dit is die vennootskap vir verandering. Dit is ons volkskontrak. Dit is ons toekoms. |
90 | 2004022502.txt | 4,310 | Baie Dankie vir die luister. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,312 | Die Dienshandves vir Slagoffers van Misdaad in Suid-Afrika (die "Slagofferhandves") is 'n belang-rike instrument ter bevordering van geregtigheid vir almal. Die Slagofferhandves staan in die gees van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Wet 108 van 1996)en die Verenigde Nasies se De-klarasie van Basiese Beginsels van Geregtigheid vir Slagof-fers van Misdaad en Magsmis-bruik,1985 (GA/RES/40/34). |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,313 | Sedert 1994, en in ooreen-stemming met die kweek van 'n menseregtekultuur, het die fokus geleidelik verskuif, van 'n adversoriese en vergeldende strafregstelsel na 'n stelsel van Herstellende Geregtigheid. Die kern van die konsep van Herstellende Geregtigheid is die erkenning van misdaad nie as bloot 'n oortreding teen die staat nie, maar ook as onregmatige daad of onreg wat 'n ander persoon aangedoen is. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,314 | Dit is in ooreenstemming met die Nasionale Misdaad-voorkomingstrategie se slagoffergesentreerde visie vir die strafregstelsel. Die uiteindelik doelwit is slagofferbemag-tiging deur in slagoffers se behoeftes te voorsien, hetsy materieel of emosioneel. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,315 | Die Slagofferhandves en die aangehegte Minimum-standaarde-dokument is belangrike instrumente wat die regte en verpligtinge met betrekking tot dienste van toepassing op slagoffers en oorlewendes van misdaad in Suid-Afrika verduidelik en konsolideer. Die Slagofferhandves is in ooreenstemming met die bepalings van artikel 234 van die Grondwet. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,316 | Ek is vol vertroue dat, met die verbintenis en toewyding van alle rolspelers in die strafregproses, hierdie Slagofferhandves sal bydra tot die implementering van die toepaslike wette op so 'n wyse dat dit sy doel sal dien - om geregtigheid 'n werklikheid vir almal te maak! |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,317 | Bevestig die Regering se verbintenis tot die implementering van maatreëls wat gemik is op die deurlopende hervorming van die strafregstelsel om die regte van slagoffers te beskerm en te bevorder ooreenkomstig internasionale verpligtinge kragtens internasionale menseregte-instrumente soos die VN se Deklarasie van Basiese Beginsels van Geregtigheid vir Slagoffers van Misdaad en Magsmisbruik en die addendum oor die Voorkoming en Uitwissing van Geweld teen Vroue en Kinders by die SAOG se Deklarasie oor Ge-slagsgelykheid en Ontwikkeling. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,318 | Neem kennis dat beduidende vordering sedert die begin van demokrasie met betrekking tot die transformering van die strafregstelsel gemaak is om te verseker dat almal, ongeag van ras, geslag, kultuur en klas, toegang tot geregtigheid en regsprosesse het. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,319 | en om voorsiening te maak vir regres vir slagoffers wan-neer standaarde nie nagekom word nie. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,320 | Jy het die reg om flink en hoflik bedien te word, met respek vir jou waardigheid en privaatheid deur alle lede van enige departement, instelling, agentskap of organisasie wat regstreeks of onregstreeks 'n diens aan jou lewer (hierna diensverskaffers genoem). |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,321 | Die polisie, tydens ondersoeke; die aanklaers en hof-amptenare tydens voorbereiding van en gedurende die verhoor; asook alle ander diensverskaffers, sal stappe doen om jou enige onnodige ongerief te spaar deur onder meer onderhoude met jou in jou voorkeurtaal en, indien nodig, privaat te voer. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,322 | Jy het die reg om inligting tydens die kriminele onder-soek en verhoor aan te bied. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,323 | Die polisie, aanklaer en korrektiewedienste-amptenaar sal stappe doen om te verseker dat enigiets wat jy tot die ondersoek, vervolging en paroolverhoor wil bydra, aangehoor en oorweeg sal word in die besluit of daar met die ondersoek voortgegaan moet word, of tydens die verloop van die vervolging of paroolraadverhoor. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,324 | Hierdie reg beteken dat jy kan deelneem (indien no-dig en waar moontlik) aan strafregverrigtinge deur die borgtogverhoor, die verhoor, vonnisoplegging en/of paroolraadverhoor by te woon. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,325 | Dit beteken dat jy die geleentheid sal hê om nóg 'n verklaring by die polisie af te lê as jy meen dat jou eerste verklaring onvolledig was; jy mag ook, waar toepaslik, 'n verklaring voor die hof aflê of tydens von-nisverrigtinge getuig om die hof se aandag op die erns van die misdaad te vestig. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,326 | Jy mag ook 'n skriftelike aansoek tot die voorsitter van die paroolraad rig om die paroolverhoor by te woon en skriftelike vertoë voor te lê. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,327 | Jy het die reg om oor jou regte ingelig te word en hoe om dit uit te oefen. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,328 | As deel van hierdie reg mag jy vra dat enigiets wat jy nie verstaan nie in jou eie taal aan jou verduidelik word. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,329 | Jy het die reg om inligting te ontvang en ingelig te word oor alle relevante dienste wat diensverskaffers aan jou kan lewer. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,330 | Jy sal oor jou rol in die saak ingelig word en jy mag ook weet ongeveer hoe lank die saak sal duur. Jy mag inligting aanvra oor hofdatums, getuiefooie en die getuiebeskermingsprogram. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,331 | Jy mag weet hoe die saak vorder, of die oortreder in hegtenis geneem is, aangekla is, of borgtog toegestaan is en of sy/hy skuldig bevind of gevonnis is. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,332 | Jy mag redes aanvra vir 'n besluit wat in jou saak ge-neem is oor vervolging al dan nie. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,333 | Jy is geregtig om dokumente te ontvang waartoe jy regtens toegang mag hê. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,334 | Jy mag versoek dat jy in kennis gestel word van ver-rigtinge wat jy mag bywoon. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,335 | Jy mag die aanklaer versoek om jou werkgewer in kennis te stel van verrigtinge wat jy in werkstyd moet bywoon. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,336 | Jy het die reg om vry te wees van intimidasie, teistering, vrees, bemoeienis, omkopery, korrupsie en mishandeling. As jy 'n getuie is, moet jy enige sodanige dreigemente by die polisie of senior aanklaer aanmeld. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,337 | Mits jy aan sekere vereistes voldoen, sal die polisie aansoek doen dat jy in 'n getuiebeskermingsprogram geplaas word. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,338 | As dié aansoek slaag, sal jy in 'n getuiebeskermings-program opgeneem word waar jy so ver moontlik beskerm sal word teen alle vorms van onbehoorlike beïnvloeding, teistering of intimidasie. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,339 | Dit sal jou veiligheid as getuie en die beskikbaarheid van jou getuienis verseker, en verhoed dat jy jou getuienis weerhou as gevolg van onbehoorlike beïnvloeding. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,340 | Hierdie reg beteken ook dat die hof in sekere omstan-dighede die publikasie van enige inligting (waaronder jou identiteit) mag verbied, of dat die hof gelas dat die verhoor agter geslote deure (in camera) plaasvind. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,341 | Jy mag Korrektiewe Dienste versoek om jou te verwittig as die oortreder ontsnap het of oorgeplaas is. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,342 | Jy het die reg om bystand aan te vra en, waar toepaslik, toegang te kry by tot beskikbare maatskaplike, gesond-heids- en beradingsdienste asook regshulp wat jou be-hoeftes in aanmerking neem. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,343 | Die polisie sal jou bystaan deur polisieprosedures te verduidelik, jou oor jou regte in te lig en jou na ander relevante diensverskaffers te verwys. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,344 | Die kantoorbestuurder of kantoorhoof by die hof sal vir die dienste van 'n tolk reël. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,345 | Die aanklaer sal verseker dat spesiale maatreëls met betrekking tot seksuele oortredings, gesinsgeweld en kinderondersteuning of onderhoudsake getref word en dat sulke sake, indien moontlik, in gespesialiseerde howe verhoor word. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,346 | As jy spesiale behoeftes het, sal alle diensverskaffers, binne hulle lynfunksie, alle redelike stappe doen om jou tegemoet te kom en te verseker dat jy op 'n sensitiewe wyse behandel word. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,347 | Jy het die reg op vergoeding vir verlies van of skade aan eiendom wat gely is as gevolg van misdaad wat teen jou gepleeg is. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,348 | Jy mag versoek om teenwoordig te wees in die hof op die datum van vonnisoplegging en die aanklaer versoek om by die hof aansoek te doen om 'n vergoedingsbevel ingevolge artikels 297 en 300 van die Strafproseswet, 1977 (Wet 51 van 1977). |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,349 | Vergoeding het betrekking op 'n bedrag geld wat 'n strafhof toeken aan die slagoffer wat verlies of skade aan eiendom gely het, met inbegrip van geld, as gevolg van 'n kriminele daad of versuim deur die aangeklaagde. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,350 | Die aanklaer sal jou in kennis stel indien 'n vergoedings-bevel toegestaan is, die inhoud daarvan verduidelik en hoe om dit af te dwing. Jy kan ook 'n siviele geding teen die beskuldigde instel as die strafhof nie 'n vergoedings-bevel toestaan nie. Dit gebeur gewoonlik wanneer die skade nie maklik in terme van geld bepaal kan word nie, soos byvoorbeeld sielkundige letsel of pyn en lyding. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,351 | Die klerk van die hof sal jou bystaan met die afdwing van 'n vergoedingsbevel wat deur die hof toegestaan is. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,352 | Jy het die reg op restitusie indien jy wederregtelik van jou goedere of eiendom ontneem is, of indien jou goedere of eiendom wederregtelik beskadig is. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,353 | Restitusie het betrekking op gevalle waar die hof, ná skuldigbevinding, die aangeklaagde gelas om die eien-dom of goedere waarvan jy wederregtelik ontneem is aan jou terug te besorg, of om die eiendom of goedere wat wederregtelik beskadig is, te herstel sodat jy weer die posisie kan geniet waarin jy was voordat die mis-daad gepleeg is. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,354 | Die aanklaer sal jou verwittig wat restitusie behels, en die klerk van die hof sal jou help om hierdie reg uit te oefen. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,355 | Met inagneming van die feit dat jy die reg het om te kla, mag jy die betrokke staatsdepartement of diensverskaffer kontak as jy enige klagte het oor die diens wat jy ontvang, of as jou regte oor die hoof gesien word. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,356 | a. Die Kantoor van die Openbare Beskermer b. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie c. Die Kommissie op Geslagsgelykheid d. Die Onafhanklike Klagtedirektoraat e. Metropolisie f. Die Raad vir die Gesondheidsprofessies van Suid-Afrika g. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,357 | Lees asseblief die Minimum Diensstandaarde ten opsigte van Misdaadslagoffers as jy meer inligting oor enige aspek van die Slagofferhandves verlang. Hierdie dokument is beskikbaar by die kantore van rolspelende staatsdepartemente. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,358 | Die Dienshandves vir Misdaadslagoffers in Suid-Afrika is opgestel deur die Geslagsgelykheidsdirektoraat in die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, in samewerking met die departemente van Maatskaplike Ontwikkeling, Korrektiewe Dienste, Onderwys, en Gesond-heid, asook die Nasionale Vervolgingsgesag, die Suid-Afri-kaanse Polisie-diens, die Suid-Afrikaanse Regshervorming-skommissie, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, die Kantoor van die Openbare Beskermer, die Onafhanklike Klagtedirektoraat, lede van die Landdroste- en Regterlike Dienskommissie asook lede van die Tshwane-metropolisie. |
91 | 2007 Service charter afr.txt | 4,359 | Die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling stel ook die bydraes van verskeie nie-regeringsorganisasies en akademiese instellings tot die ontwikkeling van die Slag-offerhandves hoog op prys. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,361 | Wat gebeur as die beskermingsbevel verbreek word? |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,362 | Indien die respondent die beskermingsbevel verbreek deur jou fisiese of verbale mishandeling (soos in die be-gin van hierdie gids beskryf) te herhaal, kan jy 'n klag by die polisiestasie indien en die lasbrief vir inhegtenisname aan die polisie oorhandig, wat die respondent dan sal arresteer. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,363 | Die besluit om die lasbrief vir inhegtenisname te gebruik na-dat die bevel verbreek is, is uitsluitlik joune. Wanneer hy eers gearresteer is, sal 'n kriminele klag teen die respondent gelê word en in 'n strafhof verhoor word vir die verbreking van die beskermingsbevel. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,364 | Onthou egter dat indien die hof bevind dat die lasbrief vir inhegtenisname kwaadwillig gebruik word (om die respondent te laat arresteer sonder enige gegronde rede), kan jy kragtens die Wet vervolg word. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,365 | Die respondent sal in die strafhof verskyn om verhoor te word onder die kriminele klag vir die verbreking van die bepalings van die beskermingsbevel wat aan hom/haar beteken is. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,366 | Kan die kriminele klag teruggetrek word? |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,367 | As die respondent eers gearresteer is vir die verbreking van die beskermingsbevel, kan die applikant nie besluit om die klag terug te trek nie. Die Senior Openbare Vervolger het die uitsluitlike goeddunke om die klag terug te trek. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,368 | Kan ek die bevel ter syde stel? |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,369 | Jy kan te eniger tyd 'n aansoek indien om die bevel ter syde te stel. Dit is egter die landdros se goeddunke of so 'n bevel ter syde gestel word al dan nie. Dit beteken dat die beskerm-ingsbevel nietig verklaar word. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,370 | Dit is belangrik om daarop te let dat in 'n geregshof die landdros finaal beslis of n beskermingsbevel ter syde gestel word of nie. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,371 | Die saak kan tot 'n latere hofdatum vir verhoor uitgestel word. Die klerk van die hof sal jou help of jou na iemand verwys wat jou met die opstel van die antwoord kan help. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,372 | Op die dag van die verhoor sal die landdros poog om 'n beslissing te vel wat gebaseer is op die beëdigde verklarings wat deur albei partye ingedien is. Die landdros kan een of albei van julle versoek om sekere aangeleenthede op te klaar. Die landdros kan besluit om die bevel te bekragtig, die bevel ter syde te stel of om te gelas dat verbale getuienis aangehoor word. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,373 | Die Wet op Gesinsgeweld, wet 116 van 1998, stel 'n slagoffer van gesinsmishandeling of -geweld in staat om 'n beskermingsbevel by die landdroshof aan te vra teen die persoon wat die mishandeling pleeg. Die doel van hierdie gids is om 'n slagoffer van die inligting te voorsien wat hy of sy nodig het om kragtens die Wet op Gesinsgeweld vir 'n besker-mingsbevel aansoek te doen. Mans sowel as vroue kan skuldig wees aan of slagoffers wees van gesinsgeweld. Vir die doel van hierdie gids het ons egter mishandeling van vroue beskryf aangesien dit meer algemeen voorkom. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,374 | Teen wie kan jy beskerming aanvra? |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,375 | n persoon met wie jy dieselfde woning deel of onlangs gedeel het. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,376 | Indien die respondent versuim om by die siviele verhoor te verskyn, en jy be-wyse het dat die beskermingsbevel wel aan hom beteken is (die relaas van betekening), sal die landdros die bevel bekragtig. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,377 | Indien die landdros tevrede is dat die beëdigde verklaring wat deur die ap-plikant opgestel is duidelik bevestig dat mishandeling plaasgevind het, sal die landdros die beskermingsbevel bekragtig. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,378 | Sal daar 'n verhoor wees? |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,379 | Indien die landdros nie tydens die verhoor in staat is om 'n beslissing te bereik tydens die verhoor nie omdat daar feitelike teenstrydighede tussen jou weergawe en dié van die respondent is, byvoorbeeld indien daar 'n geskilpunt is in die inligting wat deur albei partye voorsien is, sal die landdros die saak vir verhoor uitstel. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,380 | Tydens die verhoor sal albei partye verplig word om getuienis onder eed te lewer en om deur die ander party onder kruisverhoor geneem te word. Albei partye sal toege-laat word om getuies op te roep en om enige ander getuienis wat hulle nodig het om hul saak te bewys, te lewer, byvoorbeeld mediese sertifikate, hospitaalrekords, foto's, dokumente, ens. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,381 | Onthou dat die polisie jou kragtens die wet op welke manier ook al in die hofbevel gestipuleer word behulpsaam moet wees, byvoorbeeld met die afhaal van persoonlike besittings, jou identiteitsdokument, kinders se boeke of klere, ens. Indien jy van mening is dat die polisie-beampte onbehulpsaam is en weier om sy samewerking ingevolge die hofbevel te gee, kan jy dit aan die Onhafhanklike Klagtesdirek-toraat rapporteer. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,382 | Let ook daarop dat dit nie die plig van die polisie is om jou behulpsaam te wees met die verwydering van meubels, rekenaars, breekgoed, ens. nie. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,383 | Sal die respondent met die beskermingsbevel gearresteer word? |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,384 | Die respondent sal nie tydens die betekening van die beskermingsbevel gearresteer word nie. Dit is slegs wanneer die bepalings van die bevel verbreek word dat respon-dent gearresteer mag word. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,385 | Wat is 'n verbreking van die beskermingsbevel? |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,386 | Dit is wanneer die respondent versuim om aan die bepalings van die bevel te voldoen. Met ander woorde, hy gaan voort met die onregmatige gedrag wat die beskerming-bevel hom verbied om te doen. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,387 | Wat is minagting van die hof? |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,388 | Dit is wanneer die respondent wat die bevel verbreek het, versuim het om in 'n strafhof te verskyn om op die aanklagte teen hom te pleit. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,389 | Wat doen ek met die relaas van betekening? |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,390 | Jy moet die klerk van die hof so gou moontlik van die relaas van betekening van die beskermingsbevel voorsien. Wanneer die klerk in besit is van hierdie dokument, sal die hof 'n lasbrief vir inhegtenisname van die respondent magtig. Hierdie lasbrief mag slegs teen die respondent gebruik word in die geval van enige toekomstige verbrek-ings van die beskermingsbevel. |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,391 | Wat is die keerdatum? |
92 | 2008 DV Afrikaans brochure.txt | 4,392 | Die keerdatum is die datum wat vasgestel is om die hof die geleentheid te bied om die respondent aan te hoor voordat die beskermingsbevel bekragtig word. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.