document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
89
2000-04-afr.txt
4,190
enige verrigtinge voor die hof verwys na enige relevante grondwetlike instelling of gepaste liggaam vir bemidde-ling, versoening of onderhandeling.
89
2000-04-afr.txt
4,191
Die hof het al die aanvullende bevoegdhede wat nodig is vir of redelik saamgaan met die uitvoering van sy funksies en die uitoefening van sy bevoegdhede, insluitend die bevoegdheid om tussentydse bevele of interdikte toe te staan.
89
2000-04-afr.txt
4,192
In enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet, kan die hof, op versoek van enige van die partye, of uit eie beweging as die voorsittende beampte dit beskou as in die belang van gereg-tigheid, die bystand ontbied van een of twee persone wat geskik en beskikbaar is en gewillig mag wees om te sit en as assessors op te tree.
89
2000-04-afr.txt
4,193
Assessors wat ingevolge subartikel aangestel is, word, behoudens subartikel , beskou as lede van die hof vir doel-eindes van hierdie Wet.
89
2000-04-afr.txt
4,194
Enige regsaangeleentheid wat vir beslissing by die betrokke verrigtinge geopper word, en enige kwessie of 'n aangeleent-heid wat beslis moet word 'n feite- of regsaangeleentheid is, moet op die voorgeskrewe manier deur die voorsittende beampte beslis word.
89
2000-04-afr.txt
4,195
Ten opsigte van alle feite-aangeleenthede is die bevinding of beslissing van die meerderheid van die lede van die hof die bevinding of beslissing van die hof, en in die geval van een assessor, geld die bevinding of beslissing van die hof.
89
2000-04-afr.txt
4,196
gelas dat die verrigtinge van voor af begin; of iii as 'n assessor afwesig is, die verrigtinge uitstel ten einde die assessor se teenwoordigheid te bekom.
89
2000-04-afr.txt
4,197
b Die voorsittende beampte moet redes aanvoer vir enige bevel waarna in subparagraaf i of ii verwys word.
89
2000-04-afr.txt
4,198
as daardie party tot die verrigtinge nie deur 'n regs-verteenwoordiger bygestaan word nie; en ii as die voorsittende beampte meen dat die betrokke assessors duidelik 'n foutiewe bevinding kon gemaak het.
89
2000-04-afr.txt
4,199
Die klerk van die gelykheidshof moet so gou as wat prak-ties is, daardie redes en die oorkonde aan die betrokke appèlhof voorlê vir hersiening op die voorgeskrewe wyse.
89
2000-04-afr.txt
4,200
Die appèlhof het die bevoegdheid om die genoemde bevindings te bekragtig of om ten opsigte van sodanige bevinding enige gepaste bevel te gee wat, na die mening van die appèlhof, in die omstandighede gegee moes gewees het.
89
2000-04-afr.txt
4,201
Enige persoon wat gekrenk is deur 'n bevel wat ingevolge of kragtens hierdie wet deur 'n gelykheidshof gemaak is kan, binne die voorgeskrewe tydperk en op die voorgeskrewe wyse, teen sodanige bevel appelleer by die Hoë Hof wat juris-diksie het of by die Hoogste Hof van Appèl, na gelang van die geval.
89
2000-04-afr.txt
4,202
Op appèl kan die Hoë Hof of die Hoogste Hof van Appèl, na gelang van die geval, na goeddunke 'n bevel gee oor die aan-geleentheid.
89
2000-04-afr.txt
4,203
Nieteenstaande subartikel , kan enige persoon wat gekrenk is deur 'n bevel wat deur 'n gelykheidshof gegee is, behoudens die reëls van die Grondwetlike Hof, direk na die Grondwetlike Hof appelleer.
89
2000-04-afr.txt
4,204
In die geval dat voorsittende beamptes teenstrydige beslis-sings maak in aangeleenthede ten opsigte van paragraaf (b)van die omskrywing van "verbode gronde", kan die Minister 'n bepaalde saak vir beslissing na die Hoogste Hof van Appèl of die Grondwetlike Hof verwys.
89
2000-04-afr.txt
4,205
aAs 'n voorsittende beampte in 'n landdroshof 'n bepaling maak ten opsigte van 'n grond van diskriminasie waarna in paragraaf b van die omskrywing van "verbode gronde" verwys is, moet die bepaling, na afhandeling van die verrigtinge en op die voorgeskrewe wyse, aan die Hoë Hof wat jurisdiksie het voorgelê word vir hersiening.
89
2000-04-afr.txt
4,206
Die betrokke Hoë Hof moet, na oorweging van die aange-leentheid, 'n bepaling maak ten opsigte van die grond waarna in subartikel (a) verwys word, en kan daarna na eie goeddunke enige bepaling ingevolge hierdie Wet maak.
89
2000-04-afr.txt
4,207
Die werking van subartikel (a) word opgeskort totdat enige appèl wat deur hierdie artikel beoog word, afgehan-del is.
89
2000-04-afr.txt
4,208
Die Staat het 'n plig en verantwoordelikheid om gelykheid te bevorder en te verwesenlik.
89
2000-04-afr.txt
4,209
heid te bevorder. Datum van inwerkingtreding van art 24: moet geproklameer word.
89
2000-04-afr.txt
4,210
inligtingsveldtogte voer om hierdie Wet te populari-seer.
89
2000-04-afr.txt
4,211
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en ander rele-vante grondwetlike instellings kan, benewens enige ander verpligting, ingevolge die Grondwet of enige wet, enige ander komponent wat ressorteer onder die definisie van Staat of enige persoon versoek om inligting te verskaf oor enige maatreëls ten opsigte van die verwesenliking van gelykheid, insluitend, waar toepaslik, oor wetgewende en uitvoerende optrede en nakoming van wetgewing, praktykskodes en pro-gramme.
89
2000-04-afr.txt
4,212
op die voorgeskrewe manier by die Departement gereelde verslae te versoek oor die aantal sake en die aard en uit-slag daarvan.
89
2000-04-afr.txt
4,213
enige vorm van onbillike diskriminasie of die voortset-ting van ongelykheid in enige wet, beleid of praktyke waarvoor daardie Ministers verantwoordelik is, uit te wis; en op die voorgeskrewe wyse gelykheidsplanne voor te berei en ten uitvoer te bring, waarvan die inhoud 'n tydraam-werk moet insluit vir die uitvoering van sodanige planne, geformuleer in oorleg met die Minister van Finansies.
89
2000-04-afr.txt
4,214
a Die gelykheidsplanne moet, binne twee jaar na die inwerkingtreding van hierdie Wet, voorgelê word aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie wat op die voorge-skrewe wyse daaraan moet aandag gee.
89
2000-04-afr.txt
4,215
b Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie moet die Kommissie vir Geslagsgelykheid raadpleeg wanneer hy handel met die planne wat in paragraaf a beoog word.
89
2000-04-afr.txt
4,216
Datum van inwerkingtreding van art 25: moet geproklameer word.
89
2000-04-afr.txt
4,217
gelykheidsplanne, kodes, regulerende meganismes wat deur hulle ontwikkel is, toe te pas en die toepassing te monitor; en gereeld aan die relevante moniterende owerhede of instel-lings verslag te doen, soos deur die regulasies bepaal mag word, waar van toepassing.
89
2000-04-afr.txt
4,218
Datum van inwerkingtreding van art 26: moet geproklameer word.
89
2000-04-afr.txt
4,219
Ingevolge artikel 26, moet alle persone, nie-regeringsorgani-sasies, gemeenskapsgebaseerde organisasies en tradisionele instellings in hulle verhoudings met ander liggame en in hulle openbare aktiwiteite gelykheid bevorder.
89
2000-04-afr.txt
4,220
Die Minister moet regulasies ten opsigte van hierdie Wet ont-wikkel, en ander Ministers kan regulasies ten opsigte van ander Wette ontwikkel, wat vereis dat maatskappye, beslote korporasies, vennootskappe, klubs, sportorganisasies, korpo-ratiewe entiteite en verenigings, waar toepaslik, op 'n wyse wat proporsioneel is tot hulle grootte, hulpmiddels en invloed, ten opsigte van maatreëls om gelykheid te bevorder, gelykheidsplanne voorberei of voorgeskrewe praktykskodes nakom of verslag doen aan 'n liggaam of instelling.
89
2000-04-afr.txt
4,221
Datum van inwerkingtreding van art 27: moet geproklameer word.
89
2000-04-afr.txt
4,222
As daar in die vervolging van enige oortreding bewys word dat onbillike diskriminasie op grond van ras, geslag of gestremdheid 'n rol gespeel het in die pleeg van die oortre-ding, moet dit beskou word as 'n verswarende omstandig-heid vir doeleindes van vonnisoplegging.
89
2000-04-afr.txt
4,223
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie moet, by sy ver-slag waarna verwys word in artikel 15 van die Wet op die Menseregtekommissie, 1994 (Wet 54 van 1995), 'n raming insluit van die mate waarin onbillike diskriminasie op grond van ras, geslag en gestremdheid in die Republiek voortbe-staan, en van die uitwerking daarvan, asook aanbevelings oor wat daar omtrent die probleme gedoen kan word.
89
2000-04-afr.txt
4,224
gelykheid ten opsigte van ras, geslag en gestremdheid te bevorder.
89
2000-04-afr.txt
4,225
uitvoerbare aksieplanne instel vir die bevordering en verwesenliking van gelykheid ten opsigte van ras, geslag en gestremdheid, en iv voorkeur gee aan die uitwissing van onbillike diskri-minasie en die bevordering van gelykheid ten opsigte van ras, geslag en gestremdheid.
89
2000-04-afr.txt
4,226
Sonder om afbreuk te doen aan die algemeenheid van die bepalings van hierdie Wet, is die Bylae by hierdie Wet bedoel om sekere praktyke te illustreer en te beklemtoon wat onbil-lik is of mag wees, wat wyd verspreid is, en waaraan aandag gegee moet word.
89
2000-04-afr.txt
4,227
Die Staat moet, waar toepaslik, verseker dat wetgewende en ander maatreëls getref word om aandag te gee aan die prak-tyke waarna in subartikel 1 verwys word.
89
2000-04-afr.txt
4,228
Datum van inwerkingtreding van subart : moet geproklameer word.
89
2000-04-afr.txt
4,229
Die Minister moet, op aanbeveling van die Gelykheidshersie-ningskomitee, voortdurend bepaal hoe relevant die praktyke is wat in die Bylae vervat is, vir die doel van die uitbreiding, verstelling, verandering of wysiging van die lys van praktyke in die Bylae.
89
2000-04-afr.txt
4,230
Die illustratiewe lys van praktyke in die Bylae is nie afdoende nie, en moet voortdurend deur die Gelykheidshersieningsko-mitee oorweeg en hersien word.
89
2000-04-afr.txt
4,231
enige ander aangeleentheid wat voorgeskryf moet word ten einde die oogmerke van hierdie Wet te verwesenlik.
89
2000-04-afr.txt
4,232
Enige regulasie wat ingevolge hierdie artikel gemaak is en wat uitgawes vir die Staat kan meebring moet in oorleg met die Minister van Finansies gemaak word.
89
2000-04-afr.txt
4,233
n Regulasie wat kragtens hierdie artikel gemaak is kan bepaal dat enige persoon wat 'n bepaling daarvan oortree of ver-suim om gehoor te gee daaraan, aan 'n misdryf skuldig is en by skuldigbevinding onderhewig is aan 'n boete of tronkstraf van nie meer as 12 maande nie.
89
2000-04-afr.txt
4,234
aEnige regulasie wat ingevolge hierdie artikel gemaak is, moet 30 dae voor publikasie daarvan in die Staatskoerant in die Parlement voorgelê word as die Parlement dan in sitting is.
89
2000-04-afr.txt
4,235
b As die Parlement nie in sitting is soos in paragraaf abeoog nie, moet die regulasies 30 dae voor publikasie daarvan in die Staatskoerant aan die Speaker van die Par-lement voorgelê word.
89
2000-04-afr.txt
4,236
Die regulasies wat gemaak word ingevolge hierdie artikel, en in die besonder subartikel (a) met betrekking tot die prosedure by 'n ondersoek, moet, sover as moontlik, verseker dat die toe-passing van die Wet eenvoudig, billik en bekostigbaar is.
89
2000-04-afr.txt
4,237
Ongeag artikel 16 mag geen geding in enige hof ingestel word tensy 'n voorsittende beampte en een of meer klerke beskikbaar is nie.
89
2000-04-afr.txt
4,238
die Minister moet binne twee jaar na die inwerkingtre-ding van hierdie Wet, die Wet in al die amptelike tale beskikbaar stel.
89
2000-04-afr.txt
4,239
Die Direkteur-Generaal van die Departement moet, met die beskikbare hulpmiddels van die Departement, alle redelike stappe doen om te verseker dat 'n klerk vir elke hof in die Republiek beskikbaar is.
89
2000-04-afr.txt
4,240
deur voorsittende beamptes op te lei ten opsigte van die sosiale konteks; en eenvormige norme, standaarde en prosedures neer te lê wat deur voorsittende beamptes nagekom moet word in die uitvoering van hulle funksies en pligte en die uitoefe-ning van hulle magte.
89
2000-04-afr.txt
4,241
Die Hoofregter moet, in oorleg met die Regterlike Dienskom-missie, die Landdrostekommisie en die Minister, die oplei-dingskursusse wat in subartikel beoog word, implementeer.
89
2000-04-afr.txt
4,242
deur klerke op te lei ten opsigte van die sosiale konteks; en eenvormige norme, standaarde en prosedures neer te lê wat deur klerke nagekom moet word in die uitvoering van hulle funksies en pligte.
89
2000-04-afr.txt
4,243
Die Minister moet, soos voorgeskryf, 'n verslag in die Parle-ment ter tafel lê oor die inhoud en implementering van die opleidingskursusse waarna in subartikels en verwys word.
89
2000-04-afr.txt
4,244
n lid van die Nasionale Raad van Provinsies. Datum van inwerkingtreding van art 32: 1 September 2000.
89
2000-04-afr.txt
4,245
d het die ander bevoegdhede en funksies soos beskryf.
89
2000-04-afr.txt
4,246
Die Gelykheidshersieningskomitee kan by sy vergaderings sy sake en verrigtinge na eie goeddunke behartig.
89
2000-04-afr.txt
4,247
Lede van die Gelykheidshersieningskomitee waarna in arti-kel 32 (a), (d) en (e) verwys is, word vir 'n tydperk van vyf jaar aangestel en mag na verstryking van hulle ampstermyn heraangestel word.
89
2000-04-afr.txt
4,248
Die ander bepalings en voorwaardes van aanstelling van lede van die Gelykheidshersieningskomitee is soos voorgeskryf.
89
2000-04-afr.txt
4,249
Die administratiewe werk verbonde aan die uitvoering van die funksies van die Gelykheidshersieningskomitee moet uit-gevoer word deur amptenare wat deur die Direkteur-Gene-raal van die Departement aangewys is.
89
2000-04-afr.txt
4,250
Die lede van die Gelykheidshersieningskomitee is geregtig op sodanige vergoeding, toelaes en ander voordele as wat deur die Minister in oorleg ment die Minister van Finansies bepaal mag word.
89
2000-04-afr.txt
4,251
Datum van inwerkingtreding van art 33: 1 September 2000.
89
2000-04-afr.txt
4,252
moet die Gelykheidshersieningskomitee, binne een jaar, ondersoek instel en die nodige aanbevelings by die Minister maak.
89
2000-04-afr.txt
4,253
verhoed 'n hof om te beslis dat enige van hierdie gronde kragtens paragraaf (b) van die omskrywing van "verbode gronde" is, of inbegrepe is by een of meer van die gronde wat in paragraaf (a) van die omskrywing van "verbode gronde" uiteengesit word nie.
89
2000-04-afr.txt
4,254
Hierdie Wet heet die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie, 2000, en tree in werking op 'n datum wat die President deur proklamasie in die Staatskoerant bepaal sal word.
89
2000-04-afr.txt
4,255
Verskillende datums kan bepaal word ten opsigte van verskil-lende bepalings van hierdie Wet.
89
2000-04-afr.txt
4,256
Die skep van kunsmatige hindernisse in die pad van gelyke werksgeleenthede deur die gebruik van sekere wer-wings- en keuringsprosedures.
89
2000-04-afr.txt
4,257
Die aanwending van praktyke vir die benutting, ontwik-keling, bevordering en behoud van menslike hulpbronne wat diskrimineer teen persone van groepe wat in die ver-bode gronde geïdentifiseer word.
89
2000-04-afr.txt
4,258
Versuim om die beginsel van gelyke vergoeding vir gelyke werk te eerbiedig.
89
2000-04-afr.txt
4,259
Voortsetting van disproporsionele inkomsteverskille voortspruitend uit vorige onbillike diskriminasie.
89
2000-04-afr.txt
4,260
Onbillike uitsluiting van leerders uit opvoedingsinstel-lings, met inbegrip van leerders met spesiale behoeftes.
89
2000-04-afr.txt
4,261
Onbillike weerhouding van studiehulp, beurse, of enige ander vorm van bystand van leerders van bepaalde groepe wat in die verbode gronde geïdentifiseer word.
89
2000-04-afr.txt
4,262
Versuim om diversiteit in opvoeding sover redelik en uit-voerbaar te akkommodeer.
89
2000-04-afr.txt
4,263
Onderwerping van persone aan mediese eksperimente sonder hulle ingeligte toestemming.
89
2000-04-afr.txt
4,264
Onbillike weerhouding of weiering van toegang van enige persoon tot gesondheidsorg-fasiliteite of versuim om gesondheidsorg-fasiliteite vir enige persoon toegank-lik te maak.
89
2000-04-afr.txt
4,265
Weiering om mediese noodbehandeling te gee aan per-sone of bepaalde groepe wat in een of meer van die ver-bode gronde geïdentifiseer word.
89
2000-04-afr.txt
4,266
Weiering om redelike gesondheidsdienste aan bejaardes te verskaf.
89
2000-04-afr.txt
4,267
Arbitrêre uitsetting van persone op een of meer van die verbode gronde.
89
2000-04-afr.txt
4,268
Uitsondering op grond van ras en sosiale stand.
89
2000-04-afr.txt
4,269
Onbillike diskriminasie in die voorsiening van huisver-bande, lenings of geldelike bystand op grond van ras, geslag of ander verbode gronde.
89
2000-04-afr.txt
4,270
Versuim om die spesiale behoeftes van bejaardes redelik te akkommodeer.
89
2000-04-afr.txt
4,271
Onbillike weiering op een of meer van die verbode gronde om 'n versekeringspolis aan enige persoon beskikbaar te stel.
89
2000-04-afr.txt
4,272
Onbillike diskriminasie in die voorsiening van verseke-ringsverwante voordele, fasiliteite en dienste.
89
2000-04-afr.txt
4,273
Onbillike benadeling van 'n persoon of persone, inslui-tend die onbillike en onredelike weiering om aan per-sone dienste te lewer bloot op grond van MIV/VIGS status.
89
2000-04-afr.txt
4,274
Onbillike uitsluiting van enige persoon van lidmaatskap van 'n aftreefonds of van ontvangs van enige voordele van die fonds op een of meer van die verbode gronde.
89
2000-04-afr.txt
4,275
Onbillike diskriminasie teen lede of begunstigdes van 'n aftreefonds.
89
2000-04-afr.txt
4,276
Bepaling op 'n onbillik diskriminerende wyse van wie gevra moet word om 'n vennoot in die betrokke ven-nootskap te word.
89
2000-04-afr.txt
4,277
Die oplê van onbillike en diskriminerende bepalings of voorwaardes waarkragtens 'n persoon gevra of toegelaat word om 'n vennoot te word.
89
2000-04-afr.txt
4,278
Die oplê van voorwaardes wat toegang tot die beroep deur persone van histories benadeelde groepe onbillik beperk.
89
2000-04-afr.txt
4,279
Onbillike beperking of weiering van toegang van lede tot voordele of fasiliteite op grond van 'n verbode grond.
89
2000-04-afr.txt
4,280
Onbillike weiering of versuim om die goedere of dienste te voorsien of om die fasiliteite beskikbaar te stel aan enige persoon of groep van persone op een of meer van die verbode gronde.
89
2000-04-afr.txt
4,281
c Onbillike beperking van toegang tot kontraktuele geleen-thede vir die verskaffing van goedere en dienste.
89
2000-04-afr.txt
4,282
Onbillike weiering van 'n persoon se aansoek vir lidmaat-skap van die vereniging of klub op grond van enige van die verbode gronde.
89
2000-04-afr.txt
4,283
Onbillike weiering of beperking van 'n lid se toegang tot enige voordeel wat die vereniging of klub aanbied.
89
2000-04-afr.txt
4,284
Versuim om diversiteit te bevorder in die kies van ver-teenwoordigende spanne.
90
2004022502.txt
4,286
Dankie vir die besondere eer om vandag deel te kan wees van julle konferensie.
90
2004022502.txt
4,287
Ek is versoek om te praat oor die 2004 Begroting. Die probleem is dat die Begroting sedert verlede Woensdag uit elke hoek ontleed is deur al wat 'n ekonoom is. Waarskynlik die beste kommentaar was dat die Begroting beide vervelig en voorspelbaar was. Dis inderdaad 'n kompliment, want elke ekonoom in openbare finansies mik vir voorspelbaarheid en vastheid van koers. Ons het dit nou bereik.
90
2004022502.txt
4,288
In die Suid Afrikaanse konteks, is hierdie eienskappe baie belangrik - enersyds omdat ons oor die afgelope jare hard gewerk het om meer deursigtigheid daar te stel, en andersyds, omdat ons op die drumpel van 'n verkiesing staan.
90
2004022502.txt
4,289
Die Begrotingsproses is nou baie duidelik en oop vir insette. Ons begroot binne 'n driejaar of medium termyn raamwerk, en jaarliks in Oktober gee ons 'n begrotingsvoorsmaak aan die parlement. Sodoende is alle Suid Afrikaners, deur die parlement, in staat om insette te lewer. Hierdie openheid en voorspelbaarheid stel ons ook in staat om van staatsdepartemente 'n hoër gehalte bestuur te verwag.
90
2004022502.txt
4,290
Met die verkiesing wat voorlê, is ons oortuig daarvan dat die ANC weer as regering sal terugkeer. Daar is dus nie die luukse van leë beloftes nie: Wat ons nou openbaar maak, hetsy in 'n manifesto of 'n begroting, sal ons self moet implementeer.