document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
87
188371_1.txt
4,088
Of maatskaplike werkers vir die J aangewys is; so ja, hoeveel; so nie, J Serfontein-nywerheidskool in Queenstown of sy enige stappe doen om maatskaplike werkers by die skool aan te wys; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe?
87
188371_1.txt
4,089
Me M R Shinn (DA) vra die Minister in die Presidensie: Prestasiemonitering en - evaluering asook Administrasie in die Presidensie.
87
188371_1.txt
4,090
of enige van die geteikende programme die jaareinde sperdatums vooruitloop; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
87
188371_1.txt
4,091
Hoeveel onderrigure voor die 2009-verkiesing verloor is weens onderwysers van . bepaalde vakbond (naam verstrek) wat in die aanloop tot die verkiesing . veldtog gevoer het?
87
188371_1.txt
4,092
Die Leier van die Opposisie (DA) (bl 101)--Minister in die Presidensie: Prestasiemonitering en -evaluering asook Administrasie in die Presidensie.
88
190995000.txt
4,094
Dankie vir die vriendelike verwelkoming, dit is lekker om vannaand saam met u hier te wees.
88
190995000.txt
4,095
Terwyl ons gestaan en gesels het, moes ek erken dat my credentials nie heeltemal reg vir Stellenbosch nie, my cv loop so bietjie skeef want ek het op Potchefstroom gestudeer, maar ek wil net vir strafversagting aanvoer dat Stellenbosch Universitiet my die eer aangedoen het om my ere-doktersgraad te gee so ek is ook 'n graduandes van hierdie universiteit en twee van my kinders wel ook hier studeer.
88
190995000.txt
4,096
Dit is lekker om hier te wees. Hierdie Universiteit het dwarsdeur ons land se geskiedenis 'n baie belangrike rol respeel in die ontwikkelingsgang van Suid-Afrika. En die Universiteit saam met alle ander Universiteite staan voor die uitdaging van daar die nuwe Suid-Afrika, in die bevestiging van die blywende waardes waarin ons 'n suksesvolle nuwe Suid-Afrika moet bou, wees geroepe, om ook in daardie proses 'n deurslaggewende en 'n belangrike rol te speel.
88
190995000.txt
4,097
Teen daardie agtergrond wil ek vanaand want ek wil graag ook vir u 'n geleentheid gee vir vrae en ek wil nie lank praat nie, wil ek graag na die toekoms kyk en saam met u besin oor die vraag; is dit belangrik, my antwoord is ja, dan waarom is dit belangrik?
88
190995000.txt
4,098
Want die Nasionale Party moet groei, waarom is dit belangrik dat u vir die Nasionale Party bly stem, of as u nie 'n ondersteuner van die Nasionale Party is nie, moet oorweeg om 'n ondersteuner van die Nasionale Party te word. In die proses gaan ek probeer om enkele redes vir u uit te lig, nie 'n volledige lys nie, want dan sal ek 'n baie lang toespraak moes hou, en sal ek ook onder andere ook spesiaal op dit te fokus op wat ek meen dit vir u as studente, vir u as akedemici, vir uas mense met 'n redelike wetenskaplike benadering tot die land, vir u as analitiese mense, daarom dit juis vir u belangrik is dat die Nasionale Party moet wen.
88
190995000.txt
4,099
Ek wil begin by die politieke toneel, ons het vir die eerste keer in ons geskiedenis 'n ware veel party demokrasie, eerste keer in ons geskiedenis kan elke Suid-Afrikaner, mand en vrou van agtien jaar en ouer volledig deel hê aan die bepaling van wie hulle regeer. En elke vyf jaar die geleentheid kry om te besluit wie hulle wil hê moet regeer. Vir die eerste keer in ons geskiedenis kan u ook vir 'n sterk Provinsiale Regering stem in u streek in die Provinsie vir wie u wil hê moet regeer en aanstonds hoop ons om ook daardie reg vir die eerste keer in die geskiedenis vir 'n dinamiese politieke partye wat mekaar op 'n demokratiese wyse weer die stryd aansê wat beleid teenoor beleid stel, wat 'n werklike keuse bied aan die kiesersvolk. Voordat ons hierdie nuwe volledige veelparty demokrasie gehad het, het ons 'n beperkte demokrasie gehad, net Blankes kon stem, dit is later verbreed, later het almal stemreg gehad maar in afsonderlike kompartemente, maar ook ons het gesien hoe skeef dinge kan loop. Hoe 'n mens vasgevang kan raak in 'n stroom as daar nie lewensvatbare opposisie, krag teen krag in die party politiek is nie. Die Nasionale Party het naderhand te veel mag gehad in die ou bedeling. En nou na die uitslag van 27 April in hierdie eerste gewone verkiesing het ons 'n situasie van een party wat 62% van die stemme gekry het.
88
190995000.txt
4,100
Sonder om kleinlik te wees, dit was nie regtig 62% nie, ons het nie regtig net 20 gekry nie, as al die skelm stemme en dubbel stemme ens afgetrek word dink ek die die uitslag was nader aan omtrent 56 teenoor 28. Maar nogtans, 'n oorweldigende meerderheid. Die vraag is wie gaan hier die ANC wat 'n gevaarlike party is, wat 'n party is wat nie 'n vaste filosofie grondslag het nie. Sy folosofiese grondslag was of wat genoem was die wit rassisteise minderheidsregering om ver te werp. Sy doel in die lewe was om 'n einde aan apartheid te bring. Hy soek nog 'n nuwe doel. Hy huisves op die oomblik onder sy sambreel, herde kommuniste wat glad nie glo aan die ekonomiese beleid van die Regering van Nasionale Eenheid nie. Hy huisves nog in sy geleerde radikaliste wat steeds sê ons sal nie rus voordat hier 'n eenparty staat is nie. Hy huisves nog in sy geleerdere selfs die pensioenes wat weier om hulle wapens oor te gee, en wat steeds besig is met politieke geweld. Iemand moet hierdie party aanvat, en dit is net die Nasionale Party wat ek op die politieke horison sien wat dit met sukses, relatiewe sukses gedoen het en met groter sukses in die toekoms kan kyk.
88
190995000.txt
4,101
Ek is nie hier vannaand om ander partye sleg te maak nie, maar as ons kyk na die politieke toneel, watter ander party is daar wat die ANC kan aanvat en veelparty demokrasie en magsbalans in Suid-Afrika kan bou. Daar is die IVP, die IVP is a streekparty, dit is 'n etnies gebasserde party, hy is vasgevang en hy raak al hoe meer vasgevang en sy jas dra hy al hoe meer vas, bloot in harde Zoeloe politiek. Ek sê nie hy het nie 'n bestaansreg, maar die IVP dink eerste aan KwaZulu-Natal, en aan Zoeloe politiek, en is nie werklik besig met betrokkenheid en is nie 'n party wat reeds die vermoë het om Nasionale tentakels te hê wat by elke stembus dwarsdeur die land soos die Nasionale Party reeds ondersteuning geniet het. Waardesgewys, beleidsgewys is die verskille tussen ons en die IVP en dieselfde geld vir die Demokratiese Party nie so groot nie. Daar is baie sake waar ons kan saamwerk. Die Nasionale Party is besig met inisiatiewe om te sê kom ons identifiseer dit en kyk hoe kan ons saamwerk oor daardie sake. Maar uiteindelik is dit die Nasionale Party wat die Nasionale ondersteuningsbasis reeds gevestig het as 'n nuwe 'n Nasionale Party, as 'n nie-rassige party, as 'n party wat reeds meer as 50% van sy ondersteuning getrek het uit Suid-Afrikaners van kleur. 'n Party met 'n nuwe hart, die party was self apartheid nek om gedraai het en begrawe het, is die Nasionale Party wat die ANC kan aanvat. Die Vryhgeidsfront wil hom nie aanvat nie, hulle het ewens 'n redelike onheilige vryery met mekaar aan die gang tussen die ANC en die Vryheidsfront.
88
190995000.txt
4,102
Die engiste party in die Parlement wat rasgebasseerd is, hulle ontken dit, maar hulle sê 'n Afrikaner Volkstaat, en as jy sê wie is die Afrikaner dan kom dit daarop uit dat meeste van u sal kwalifiseer, maar meer as 50% van die mense wat Afrikaans praat en Afrikaans liefhet sal nie kwalifiseer nie omdat hulle kleur verkeerd is. Die DP het 'n magsbasis slegs in die ryke woonbuurtes van die groter stede. Vir die wat nie kan praat nie, hulle is 'n rykmansparty. Wat nie allerande verstaan soos die Nasionale Party nie. Wat nie die worstelling van mense wat swaarkry by afterstande werklik verstaan nie. Wat nie die hartklop ook daar in elke hoekie selfs van elke pondokkie regtig kan verstaan nie. Daarom is dit die Nasionale Party wat die ander pool in die politiek is en as ons veelparty demokrasie wat een van die voorvereistes wat langtermyn voorspoed en stabiliteit in Suid-Afrika, as ons dit will verseker, dan moet die Nasionale Party dit doen. Maar dan belangriker as dit, die Nasionale Party staan vir bepaalde waardes, en beginsels. Hy het 'n etos, by het 'n waarde sisteem, hy grond sy bepaalde lewensuitkyk op vaste uitgangspunte wat hom anders maak as sy hoofopponent die ANC. En ek wil wanneer ek van hierdie waardes en beginsels en uitgangspunte met u behandel vanaand, wil ek dit doen deur telkens dit te doen in kontras met wat die ANC oor dieselfde sake sê?
88
190995000.txt
4,103
Nie om hulle af te kraak nie maar om die persepsie te vernietig dat die Nasionale Party eintlik op sleep tou geneem is deur die ANC. Wat ons eitnlik in die ANC se sak bring. Ons hoor partykeer mense sê "Whats the diffs". En baie dividende in die media bou hierdie deel van 'n Nasionale Party wat eintlik nie meer 'n bestaansreg het nie?
88
190995000.txt
4,104
Die teenoorgestelde is waar en ek hoop ek gaan dit vir u antwoord. Samewerking ter wille van die beste belang van almal in Suid-Afrika. Opbouende medewerking binne Regerings van Nasionale en Provinsiale eenheid om te verseker dat ons in hierdie potensieël onstabiele prominente doelwitte soos versoening van die bitterheid van die verlede vir eens en vir altyd agter ons te sit. Die feit dat ons dieselfde samewerking voorkeur gee aan 'n gesamentlike ooreengekome program soos die Heropbou en Ontwikkelingsprogram wat ons uitreik, en 'n beter lewe vir alle Suid-Afrikaners op 'n verstandige en bekostigbare wyse wil verseker moet nie verwar word met vennootskap, alliansie, net in die sak te wees nie. Ons werk saam van uit 'n bepaalde beginsel en by elke verkiesing en tussen alle verkiesings sal ons daardie die doodlike verskille wat tussen ons bestaan ook uitlig want u het 'n keuse. En elke Suid-Afrikaner het 'n keuse telkens 'n herhalende keurse, en hierdie party sal nie rus voordat hy weer die grootste party in Suid-Afrika is nie.
88
190995000.txt
4,105
Ek, en mnr Piet Marais en dr Kraai ons jobs will hou, maar omdat ons oortuig is dat slegs as hierdie waardes sisteem van ons die grondslag vorm waarop die nuwe Suid-Afrika gebou word, slegs dan sal u as jongmens 'n veilige toekoms vir Suid-Afrika hê, slegs dan sal die geleenthede ontvou, sal die werkgeleenthede vir mendigvuldit word van jaar tot jaar sodat daar goeiende bevolking werk sal wees. As ek van hierdie waardes, beginsels en uitgangspunte praat kom ons begin, kom ons begin by dit waarmee u besig is en waarmee u betrokke is, die Onderwys, die Universiteitswese, die folosofiese siening ten opsigte van die Maatskaplik.
88
190995000.txt
4,106
Die Nasionale Party sê dat Onderwys nie maar net die oordrag van kennis is nie, dat Onderwys 'n dissipline is van opvoeding, en dat Onderwys daarom ook geworpe is in gemeenskappe en individue se lewens en wêreldbeskouing, se filosofiese siening van die lewe, se kultuur basis, se taal en daarom het ons geveg tot ons arms stompies was en met sukses kan sê, dat die beginsels in die Handves van Regte ingeskryf word wat hierdie verkeerde uitgangspunte bevoeg. Die reg van elke taalgemeenskap in Suid-Afrika waar dit enigsins prakties uitvoerbaar is, wat dit wil hê op moedertaalonderwys.
88
190995000.txt
4,107
Die reg van elke Universiteit om sy eie karakter te bekom, die erkenning van die outonomie van elke Universiteit. Die Nasionale Party glo onwrikbaar vas dat as ons aan die akademiese vryehdi van ons Universiteite en Tersiêre instellings sou vat, en as ons Onderwys sou misbruik om mense te manipuleer in hulle denke, en as daar voorskriftelikheid sou wees van Regeringskant om Onderwys in bepaalde rigtings te stuur en inspraak van ouers, die kerk en die gemeenskap in die Onderwys wat hulle wil hê, te ondermyn, dan stuur ons op 'n ramp af in Suid-Afrika. Dan ondermyn ons die kwaliteit van opvoeding, en dan tas ons die wetenskapsbeoefening in sy wese aan. Ons moes in die skryf van die nuutste Onderwys-witskrif, in die nuwe bedeling voortdurende aksies voer en mnr Piet Marais hier vanaand het 'n reuse rol gespeel en ek wil hulde aan hom bring, saam met Renier Schoeman, saam met Andre in die Parlement om te verseker dat totale onaanvaarbare uitgangspunte wat die ANC se Advisears veral wil inhê, nie in daardie Witskrif en nie in daardie beleidsdoelwitte verskyn nie. Maar die gevaar is nog nie verby nie, hierdie denkstroom loop in die ANC, en as die ANC alleen Onderwysbeleid moet bepaal dan sou hy bepaal, drastiese inmenging in die sake van Universiteite en Tersiêre instellings. Dan sou hy voorskriftelik wou wees, dan sou hy wou afwyk van die ewehandige hantering van subsidies en sou hy aan sekere Universiteite 'n beter finansiële bedeling wou gee as ander wat nie heeltemal met hom wil saamwerk nie. Met visie kom dit saam, die Nasionale Party omdat ons daar is maak dit 'n verskil. As hierdie beginsels vir u belangrik is, dan moet u weet, u kan dit toevertrou aan die Nasionale Party, want dit is ons dieptste oortuiging.
88
190995000.txt
4,108
Weer 'n voorbeeld van die verskil: hoe moet kultuurverskeidenheid akkommodeer word in Suid-Afrika Die volleerde filosofie van die ANC as u na sy werklike party politieke uitsprake kyk, is een van onsensitiwiteite vir ons kultuurrespek - is een van min begrip oor die werklike magte en kragte was dit in 'n land loslaat - is een van so vasgevang te sit in pogings om apartheid aan die lewe te hou om hulle ondersteunerskorps te bly mobiliseer. Dat elke vorm van sinvolle bydrae oor die kwessie dat ons in die Nuwe Suid-Afrika kultuurverskeidenheid sinvol moet akkommodeer, afgemaak word as 'n verskuilde vorm van apartheid. As ons gaan kyk na Bosnië, het Naroanda Maruti en Srilanka en na al die gebiede dwarsdeur die wêreld waar mense sterf, waar geweld hoogty vier, waar demokrasie nie bestaan nie, waar daar voortdurende voortgesette growwe inbreak gemaak word op basiese menseregte, dan is dit in die gemeenskappe wat nie 'n resepte oor hoe om kultuur en geloof die meeste verskeidenheid sinvol te akkommodeer nie?
88
190995000.txt
4,109
Die Nasionale Party het 'n helder standpunt hieroor, wat niks te doen het met apartheid nie, wat niks te doen het kleur nie, maar wat sê in hierdie land van ons met sy ingewikkelde bevolkingsamestelling is dit fundamenteel, dat ons as ons wil hoofsaaklik nasiebou, as ons alle Suid-Afrikaners wil verenig agter 'n gemeenskaplike doelwit, dat ons ook tergelyker tyd aan al die samestellende kultuur strewe aan ons nasie se gebou, aan al die verskillende tale and kultuurgemeenskap, ruimte moet gee en 'n gevoel van sekerheid moet gee.
88
190995000.txt
4,110
Dat dit wat vir hulle kosbaar en dierbaar is nie vertrap sal word of van hulle weggeneem sal word, of gamnipuleer sal word. Dat hulle taal en hulle tradisies en hulle basiese lewens en wêreldbeskouing in hulle hand gelaat sal word. Dat hulle die reg sal hê om hulle kinders groot te maak in die taal van hulle keuse en volgens die lewensbeskoulike uitgangspunte wat vir hulle belangrik is. Daarvoor staan die Nasionale Party en ons glo dat in hierdie nuwe Suid-Afrika en in die nuwe grondwet ons verder moet gaan as die beskerming wat reeds gegee word in die Handves van Regte.
88
190995000.txt
4,111
Ons glo dat dit moet bewys word deur ook gemanismes te skep waarlangs die weg van vrywillige assosiasie, kultuurgemeenskappe wat dit wil doen en hulle self kan orgeniseer, kom ons noem dit kultuurrade kan stig wat kan op plaaslike vlak en Provinsiale vlak en selfs op Nasionale vlak saamwerk rondom dit wat hulle saam bind, rondom die bevordering, beskerming en uitbouing van besondere tale, besondere kulture, van besonder belange wat daardie kultuur gemeenskap het. Want as die reg moet wees vir sulke kultuurrade om naas advies en naas raadgewing voordat wetgewing wat kultuurgemeenskappe se belange direk mag raak, ook betrokke te raak by die versorging van lede van daardie kultuurgemeenskap, of dit nou is voorskoolse kinders, in chreches en of dit is in tehuise of weeshuise of wat ook al. Om betrokke te raak by die welsyn van hulel families en hulle kultuurgemeenskap. Toenemende rol aan die gemeenskapslewe van alle gemeenskappe aan sulke kultuurrade.
88
190995000.txt
4,112
Die Vryheidfront sê nee, hulle fokus net op die belang van een kultuurgroep en dit is die Afrikaner, en dan will hulle daardie kultuurgroep se belange beveilig deur hulle doel iewers in 'n hoekie in 'n plek waar dit nie prakties uitvoerbaar is waar jy grense trek, dwarsdeur die middel van 'n dorp om net te kan sê hier is 'n bepaalde kultuurmeerderheid in so 'n gebied. Daar wil hulle van die Afrikaner 'n kwynende groep maak, wie se invloed kwyn wat geen werklike invloed het nie, wat in afsondering moet voortbestaan. Dit kan nie werk sonder om rassediskriminasie terug te bring in Suid-Afrika nie. En die Nasionale Party sê nooit weer.
88
190995000.txt
4,113
Ek wil vanaand 'n voorspelling maak, hierdie vryery tussen die ANC en die Vryheidsfront, gaan min of meer op die volgende uitloop; Op die ou end gaan die ANC glad nie voldoen aan al die verwagtinge wat hy op die oomblik by die Vryheidsfront wek nie, skielik gaan hulle sê jammer vir julle volkstaat sê ons definitief nee. Maar ons sal vir julle kutluurrade gee, daardie beleid van die Nasionale Party want ons gaan dit so bewoord, dat dit lyk asof dit jully is wat dit gekry het, want julle bedreig ons mos nie, die Nasionale Party baklei met ons, en ons gaan hierdie toegewings so manipuleer dat ons partypolitieke voordeel daaruit trek. Dit so op 'n voetnotajie en terloops kom ons kyk so oor 'n jaar of twee of ek reg was met my voorspelling.
88
190995000.txt
4,114
Maar dit gaan filosofies dieper, President Mandela het hierdie jaar toe hy die Parlement geopen het, almal het gejuig en gesê daar moet nou 'n einde kom aan hierdie onordelikheid in Suid-Afrika. Daar moet nou orde kom, almal moet werk, maar toe sy eie ondersteuners, en sy eie jeugliga, en verbande organisasie, Universiteite en Tegnikons tot stilstand bring, op tafels dans, meubels breek, krisisse veroorsaak, was daar dissipline Is daar sterk opgetree Neel, maar die ANC is basies sag op goed soos stay aways, en stakings en ontwrigtings en sit-ins. Die Nasionale Party sê die stryd in Suid-Afrika is verby, as ons vertroue wil vestig ook by buitelandse beleggers, moet hier orde kom. Strome mense verlaat nog Suid-Afrika?
88
190995000.txt
4,115
Die Nasionale Party sê as ons praat oor Wet en Orde die wet moet ongeag wie daarby betrokke is, op 'n billike en regverdige wyse hanteer word en almal moet eenders hanteer word.
88
190995000.txt
4,116
Daar is wesentlike verskille tussen ons oor die kwessie van dissipline, gesag en orde. Dieselfde geld die ekonomie, ons het goeie vordering gemaak, en ek sê dit nie om politieke punte aan te teken nie, om die ANC aan boord te kry van 'n verstandige gebalanseerde ekonomiese doelwit. As u gaan lees wat hulle gesê het voor die verkiesing en u hoor wat sê die Regering van Nasionale Eenheid nou, dan sal die waarheid van wat ek sê vir u duidelike word. Hulle sê ook nou saam met die Nasionale Party dat hulle ekonomiese groei soek, dat hulle 'n beleggersvriendelike klimaat wil skep. Hulle sê ook nou saam met die Nasionale Party dat daar fiskale dissipline moet wees, dat daar goeie beheer moet wees oor Staatsuitgawes, hulle sê ook nou dat daar gefokus moet word op 'n ekonomiese beleid wat die privaatsektor geleentheid gee om wins te maak en sy deel te doen. As u dieper gaan kyk soos weereens soos op die ander onderwerpe, kom die diepliggende verskille tussen die Nasionale Party en die ANC na vore.
88
190995000.txt
4,117
Ek het 'n paar voorbeelde vir u. Die Nasionale Party is entoesiasties en sê die privatisering moet groot aandag geniet. Dit is 'n hoë prioriteit, dit is in elke ander land waar dit toegepas is, het dit gelei tot nuwe geleenthede, tot die stimulering van die ekonomiese groei, tot groter identiteit en tot die beskikbaarstelling van kapitaal, nie om uit te mors op lopende uitgawes, maar kapitaal wat aangewend kan word en wat belê kan word in ander kapitaalstrukture wat nodig is in ons geval om die Heropbou en Ontwikkelingsprogram te ondersteun. Suksesvolle privatisering kan die problematiek rondom agterstande oor skole en klinieke byvoorbeeld in 'n oogopslag omskep. Ons sê net dinamiek moet ons privatisering toepas. Die ANC hoor oor privatisering hoe bang is hy vir COSATU, en oor hy nog nie wil sê privatisering dan is dit duidelik dat daar 'n belangrike beklemtoningsverskil is tussen ons en die ANC. Die ANC sleep sy voete, ons voel sterk oor die beskerming van fundamentele ekonomiese regte binne in die handves in die Temakomitees van die grondwetskrywende proses in die Parlement wil die ANC die huidige beskerming van daardie fundamentele ekonomiese regte afwater, en hulle beswaar of sterk elemente van hulle teen die feit dat privaateiendomsbesit het, nie beskerm nie.
88
190995000.txt
4,118
En dan wil ek hier net afwyk en 'n besondere saak baie kortliks met u hanteer. U het almal in die koerant gelees van 'n nuwe meganisme wat binne in die Kabinet geskep is, 'n taakgroep waarop die President, die twee Adjunk-Presidente, my insluit, Minister Buthelezi en drie Ministers van die Kabinet sal dien. Ek is bly daar is so taakgroep. Ons in die Nasionale Party was menig aandadig aan die feit dat so 'n taakgroep gestig is. By 'n vorige geleentheid toe ek teruggekom het van 'n buitelandse amptelike besoek het ek op die Kabinet se agenda geplaas en gesê, ons huis is nie in orde as dit kom by beleggings werf en beleggings trek nie. Ons moet iets doen daaraan. Dit het aanleiding gegee tot sekere werksaamhede. Dit het aanleiding gegee tot sekere verslae in die Kabinet. Die Kabinet het dit bespreek, nou verlede week in daardie debat het die Nasionale Party tot 'n standpunt gekom wat veral gesê was dat as ons beleggings wil hê kan ons nie net sê ons wil 'n belegginsvriendelike klimaat skep nie, ons moet sê watse spesifieke programme wil ons in die plek skep, om onsself aantrekliker te maak vir beleggers. Want slegs as ons beleggers kry nuwe beleggings van 'n groot omvang sal daar nuwe werksgeleenthede ontstaan wat ons werkloosheidsprobleem kan hanteer. En ek is dankbaar dat daar ook van ander partye in die Kabinet dieselfde punte gekom.
88
190995000.txt
4,119
Dit het uitgeloop op 'n algemene konsensus wat behalwe die breë beplanning en visies wat aan ons voorgehou is, daar spesifieke tussentydse aksieprogramme wat oop is op agt of nege of tien punte wat sê, dit gaan sommer gou gedoen word om beleggers na Suid-Afrika te trek om meer 'n effektiewe koòrdinasie en bestuur te verseker ens. Ons het saamgestem daaroor en nou is ek nie kleinlik nie maar word dit in die pers aangebied asof hierdie hele idee asof die ANC skielik die redder van die ekonomie gaan wees, en bo-op hierdie gesamentlike besluit as 'n beeldbou koop van slegs een van die deelnemers aan die Regering van Nasionale Eenheid. En dit gebeur beslis met ander goed, die Wêreldbekertoernooi wat hier was is misbruik as 'n beeldbou situasie vir slegs een party. As dit nie vir die Nasionale Party was nie was die Wêreldbekertoernooi nie hier nie. Elk rugbyadministrateur het my kom groet en elkeen het dit vir my gesê van elke land in die wêreld, as dit nie vir julle was nie was hierdie wêreldbekertoernooi nie hier nie. En so sal veral wanneer ek vir julle voorbeelde gee oor die verskil wat die Nasionale Party maak wat nie voldoende erkenning kry, en wat nie raakgesien word.
88
190995000.txt
4,120
Die laaste voorbeeld behuising: Ons het gehoor van die Slovo-plan, wyle mnr Slovo was verstandig om die plan van 'n Nasionale Party Minister van Behuising, die Louis Shill-plan, op sy tafel te vat, te aanvaar, dit sy eie tienpunte gee en toe gaan verkoop. Ek is dankbaar dat hy dit gedoen het, maar daardie plan, daardie bostuk is basies uitgewerk en beplan deur die Nasionale Party in die tyd voor 27 April 1994. Ek sou nog baie voorbeelde vir u kon noem. Die Nasionale Party maak 'n verskil, en sonder om verwaand te wees, daar waar dit goed gaan met die Regering van Nasionale Eenheid is waar daar ook geluister is na goeie advies wat in die binne beraadslagting gegee is van die Nasionale Party kant. Daar waar dit sleg gaan is waar die individuele Ministers hulle eie ding gaan doen het, en hulle ore gesluit het vir goeie advies.
88
190995000.txt
4,121
Ek wil afsluit met twee laaste voorbeelde, maatskaplike aangeleenthede. Ons en die ANC werk saam aan die Heropbou en Ontwikkelingsprogram. Dit is nie hulle program nie, dit is nie ons program nie, dit is nie die IVP program, dit is die Regering van Nasionale Eenheid se program. Maar as ons dieper gaan kyk dan is daar 'n diep filosofiese verskil tussen die Nasionale Party en die ANC.
88
190995000.txt
4,122
Die ANC is in sy wese sosialisties en sentralisties en sentralisties. Wat my bring by die laaste voorbeeld grondwetlike sake. Nasionale Party staan 'n federale stelsel voor wat balans skep tussen die magsposisie van die Sentrale Regering en die Provinsies, wat 'n duidelike onderskeid trek en sê ten opsigte van die Provinsiale funksies is hulle outonoom, en 'n behoorlike definisie daarvan gee en ten opsigte van Sentrale funksies die Sentrale Regering. Maar ten opsigte van daardie sake waardaar oorvleuling moet wees en waar daarvan jy nie kan ontsnap nie, die mag van die Sentrale Regering, basies beperk tot sake soos standaarde daarstel ten einde eenvormigheid te verseker waar eenvormigheid nodig is en werklike aangeleenthede is. Die ANC sentristies in sy denke, as hulle hul sin kry, dan sal die Provinsies maar net marionette wees van die Sentrale Regering. Maar di alles dames en here kan u aflei en ek het probeer om so objektief moontlik te wees in die motivering van my saak, dat nieteenstaande ons deelname aan die Regering van Nasionale Eenheid, ons duidelik teenoor die ANC staan en 'n duidelike alternatief bied. Dat daar wesenlike en fundamentele verskille is en dit is daardie keuse wat moet deurkom na die kieserspubliek. As ons mense sosialisme wil hê, die wat linkse sosialisme, wat nog sterk beinvloed wword deur die-hard kommuniste, dan moet hulle vir die ANC stem of hulle kan vir die Nasionale Party stem wat staan vir daardie waardes en beginsels wat dwarsdeur die wêreld geslaag het, wat jy grondslag lê van die sukses van elke land, wat kan sê dat hy ekonomies suksesvol is en voorspoed vir sy mense gebring het.
88
190995000.txt
4,123
Die kiesers het 'n keuse, tussen die nuwe Nasionale Party wat homself van binne skoongemaak het, wat gebreek het met die foute van die verlede, wat gebreek het met apartheid, of the ANC wat nog nie die moed het om te breek met ewe stewe, ewe onregverdig, 'n ewe vernietigende ideologie en dit is die kommunisme.
88
190995000.txt
4,124
Ek voel net daar 'n duidelike keuse, en in hierdie proses kan niemand bekostig om op die kantlyn te sit nie. In die nuwe Suid-Afrika kan elke Suid-Afrikaner sy of haar ko hoog lig en sê dit is waarvoor ek staan. Ek het die reg om te glo wat ek wil glo. Ek het 'n vrye keuse, ek het die reg om te sê wat ek wil sê, want vryheid van spraak is bevestig. Ek praat van u as jongmense vanaand hier, om my hand te vat en die hand van die Nasionale Party en ons te help om die Nasionale Party te bou en uit te bou sodat dit weer 'n wenparty kan word. Nie terwille van die Nasionale Party nie, maar terwille van u eie toekoms en die van Suid-Afrika want hierdie land het 'n sterk kragtige lewensvatbare Nasionale Party nodig wat die ANC voor die bors kan vat, wat 'n geldige en geloofwaardige uitdaging aan die ANC kan rig. Dit is wat ons gaan doen. Dit is waarnatoe ons in staat is. Dit is waarvoor ek u ondersteuning vra.
89
2000-04-afr.txt
4,126
WET Om gevolg te gee aan artikel 9 gelees met item 23 van Bylae 6 by die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, om onbillike diskriminasie en teistering te voorkom en verbied; om gelykheid te bevorder en onbillike diskriminasie uit te skakel; om haatspraak te voorkom en verbied; en om voorsiening te maak vir verwante aangeleenthede.
89
2000-04-afr.txt
4,127
Suid-Afrika het ook internasionale verpligtinge ingevolge bin-dende verdrae en gebruiklike internasionale reg op die gebied van menseregte wat gelykheid bevorder en onbillike diskrimina-sie verbied.
89
2000-04-afr.txt
4,128
Gelykheidshowe en voorsittende beamptes Art 16 vervang deur art 1 van Wet 52 van 2002 miv 15 Januarie 2003.
89
2000-04-afr.txt
4,129
Implementering van Wet Art 31 vervang deur art 3 van Wet 52 van 2002 miv 15 Januarie 2003.
89
2000-04-afr.txt
4,130
menswaardigheid ondermyn; of iii 'n nadelige uitwerking het, van 'n ernstige aard ver-gelykbaar met diskriminasie op 'n grond in paragraaf a, op 'n persoon se gelyke genot van regte en vryhede.
89
2000-04-afr.txt
4,131
geslagtelikheid, geslag, seksuele oriëntasie, of n persoon se lidmaatskap of vermoedelike lidmaatskap van 'n groep wat gekenmerk word deur een of meer van die verbode gronde of 'n eienskap wat met so 'n groep geassosieer word.
89
2000-04-afr.txt
4,132
Datum van inwerkingtreding van art 1: 1 September 2000.
89
2000-04-afr.txt
4,133
om die verdere nakoming van internasionale verpligtinge aan te help, insluitend verdragsverpligtinge ingevolge, onder andere, die Konvensie vir die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasie en die Konvensie vir die Uitwissing van Alle Vorme van Diskriminasie teen Vroue.
89
2000-04-afr.txt
4,134
Datum van inwerkingtreding van art 2: 1 September 2000.
89
2000-04-afr.txt
4,135
die Aanhef, oogmerke en leidende beginsels van hierdie Wet, om daardeur die gees, strekking en oogmerke van hierdie Wet te vervul.
89
2000-04-afr.txt
4,136
vergelykbare buitelandse reg.
89
2000-04-afr.txt
4,137
Enige persoon wat hierdie Wet toepas of vertolk moet die konteks van die dispuut en die doel van hierdie Wet in ag neem.
89
2000-04-afr.txt
4,138
Datum van inwerkingtreding van art 3: 1 September 2000.
89
2000-04-afr.txt
4,139
die ontwikkeling van spesiale vaardighede en vermoëns by mense wat hierdie Wet toepas ten einde die doeltref-fende implementering en administrasie daarvan te verse-ker.
89
2000-04-afr.txt
4,140
Die bestaan van sistemiese diskriminasie en ongelyk-hede, veral ten opsigte van ras, geslag en gestremdheid in alle sfere van die lewe as gevolg van vroeëre en huidige onbillike diskriminasie, veroorsaak deur kolonialisme, die apartheid-stelsel en patriargie; en die behoefte daaraan om op alle vlakke maatreëls te tref om sodanige diskriminasie en ongelykhede uit te wis. Datum van inwerkingtreding van subart : 1 September 2000.
89
2000-04-afr.txt
4,141
Hierdie Wet bind die Staat en alle persone.
89
2000-04-afr.txt
4,142
As enige teenstrydigheid ontstaan ten opsigte van 'n aange-leentheid wat in hierdie Wet behandel word en die bepalings van enige ander wet, behalwe die Grondwet of 'n Wet van die Parlement wat uitdruklik hierdie Wet wysig, moet die bepalings van hierdie Wet geld.
89
2000-04-afr.txt
4,143
Hierdie Wet is nie van toepassing nie op enige persoon op wie, en vir sover as, die Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998) toepassing het.
89
2000-04-afr.txt
4,144
Datum van inwerkingtreding van art 5: 1 September 2000.
89
2000-04-afr.txt
4,145
Nóg die Staat, nóg enige persoon mag onregverdig diskrimineer teen enige persoon.
89
2000-04-afr.txt
4,146
Datum van inwerkingtreding van art 6: 1 September 2000.
89
2000-04-afr.txt
4,147
die weiering van toegang tot geleenthede, insluitend toegang tot dienste of kontraktuele geleenthede vir dienslewering teen betaling, of die versuim om stappe te doen om redelike voorsiening te maak vir die behoeftes van sodanige persone.
89
2000-04-afr.txt
4,148
sistemiese ongelykheid van toegang tot geleenthede vir vrouens as gevolg van die verdeling van arbeid op grond van geslag.
89
2000-04-afr.txt
4,149
om haat te bevorder of te propageer.
89
2000-04-afr.txt
4,150
Sonder benadeling van enige siviele regsmiddele ingevolge hierdie Wet, kan die hof, ooreenkomstig artikel 21 (n) en waar toepaslik, enige saak wat te doen het met die publikasie, propagasie, verkondiging of oordrag van haatspraak soos beoog in subartikel , verwys na die Direkteur van Open-bare Vervolging wat jurisdiksie het oor die instelling van strafsake ingevolge die gemene reg of relevante wetgewing.
89
2000-04-afr.txt
4,151
Geen persoon mag enige persoon aan teistering onderwerp nie.
89
2000-04-afr.txt
4,152
enige advertensie of kennisgewing publiseer, wat redelikerwys vertolk of redelikerwys begryp kan word as sou dit 'n duidelike bedoeling hê om teen enige persoon te diskrimi-neer nie: Met die voorbehoud dat bona fide betrokkenheid by artistieke skepping, akademiese en wetenskaplike navorsing, bil-like en akkurate verslagdoening in die openbare belang, of publi-kasie van enige inligting, advertensie of kennisgewing ooreenkomstig artikel 16 van die Grondwet, nie deur hierdie artikel belet word nie.
89
2000-04-afr.txt
4,153
moet die respondent bewys, aan die hand van die feite voor die hof, dat die diskriminasie nie plaasgevind het soos beweer is nie; of die respondent moet bewys dat die optrede nie op een van die verbode gronde gebaseer is nie.
89
2000-04-afr.txt
4,154
as een of meer van die omstandighede wat in para-graaf (b) van die omskrywing van "verbode gronde" uiteengesit is, bewys is; en ii tensy die respondent bewys dat die diskriminasie bil-lik is.
89
2000-04-afr.txt
4,155
Maatreëls vir die beskerming of bevordering van persone of kategorieë van persone wat deur onbillike diskriminasie benadeel is, of die lede van sodanige groepe of kategorieë van persone, is nie onbillik nie.
89
2000-04-afr.txt
4,156
of die diskriminasie redelik en regverdigbaar onderskei tussen persone aan die hand van objektief bepaalbare kri-teria, eie aan die betrokke aktiwiteit.
89
2000-04-afr.txt
4,157
aandag te gee die benadeling wat voortspruit uit of verbonde is aan een of meer van die verbode gronde; of ii diversiteit te akkommodeer.
89
2000-04-afr.txt
4,158
Artikel 14 is nie van toepassing op gevalle van haatspraak en teis-tering nie.
89
2000-04-afr.txt
4,159
d die hoof van 'n administratiewe gebied soos beoog in paragraaf c moet, behoudens subartikel 2, skriftelik enige landdros of addisionele landdros aanwys as voorsit-ter van die gelykheidshof.
89
2000-04-afr.txt
4,160
voor die datum van inwerkingtreding van artikel 31; of soos beoog deur artikel 31, en wie se naam ingesluit is in die lys soos beoog in subartikel (a), mag ingevolge subartikel as sodanig aangewysword.
89
2000-04-afr.txt
4,161
met die beskikbare hulpmiddels alle redelike stappe doen om minstens een voorsittende beampte aan te wys vir elke gelykheidshof binne sy of haar jurisdiksiegebied; en sonder vertraging die Direkteur-Generaal van die Depar-tement verwittig van enige regter, landdros of addisio-nele landdros wat 'n opleidingskursus afgelê het soos deur artikel 31 en beoog, of wat ingevolge subarti-kel aangewys is.
89
2000-04-afr.txt
4,162
n opleidingskursus soos beoog in artikel 31 en vol-tooi het; of aangewys is as voorsittende beampte van 'n gelykheids-hof soos beoog in subartikel.
89
2000-04-afr.txt
4,163
n Voorsittende beampte moet die funksies, pligte en magte uitvoer wat kragtens hierdie Wet of enige ander wet aan hom of haar toegewys is.
89
2000-04-afr.txt
4,164
Klerke van gelykheidshowe a Behoudens subartikel 2 en die wette wat die staatsdiens reël, kan die Direkteur-Generaal van die Departement, vir elke gelykheidshof, een of meer beamptes in die Departe-ment aanstel of aanwys, of een of meer persone op die voorgeskrewe wyse en op die voorgeskrewe voorwaardes aanstel, as klerke van die gelykheidshof, wat in die alge-meen die hof waaraan hulle verbonde is moet bystaan in die uitvoering van die hof se funksies, en wat die funksies wat voorgeskryf mag word, moet uitvoer.
89
2000-04-afr.txt
4,165
b As 'n klerk van 'n gelykheidshof vir welke rede ook al nie in staat is om as sodanig op te tree nie, of as 'n klerk nie ingevolge paragraaf a vir 'n gelykheidshof aangestel of aangewys is nie, kan die voorsittende beampte, ongeag subartikel 2, enige bevoegde beampte in die Departe-ment aanwys as klerk vir so lank as wat die genoemde klerk nie in staat is om op te tree nie, of totdat 'n klerk ingevolge paragraaf a aangestel of aangewys word, na gelang van die geval.
89
2000-04-afr.txt
4,166
voor die datum van inwerkingtreding van artikel 31; of soos beoog deur artikel 31, en wie se naam ingesluit is in die lys soos beoog in subartikel , mag ingevolge subartikel (a) as sodanig aangestel ofaangewys word.
89
2000-04-afr.txt
4,167
n opleidingskursus soos beoog in artikel 31 voltooi het; of aangewys is as voorsittende beampte van 'n gelykheids-hof ingevolge subartikel (a).
89
2000-04-afr.txt
4,168
Die Direkteur-Generaal kan, behoudens sodanige voorwaar-des as wat hy of sy mag bepaal, enige bevoegdheid wat deur hierdie artikel aan hom of haar verleen word, skriftelik dele-geer aan 'n beampte in diens van die Departement, maar sal nie daardeur ontneem word van die bevoegdheid wat so gedelegeer is nie, en kan enige besluit van die gedelegeerde in die uitoefening van sodanige bevoegdheid, wysig of ter-syde stel.
89
2000-04-afr.txt
4,169
Die bywoning van getuies en die betaling van getuiegelde in sake wat uit die toepassing van hierdie Wet voortspruit, moet op die voorgeskrewe wyse deur die Minister bepaal word.
89
2000-04-afr.txt
4,170
jurisdiksie, behoudens subartikel , en vir sover geen ander bepaling in die regulasies kragtensartikel 30 van hierdie Wet gemaak is nie.
89
2000-04-afr.txt
4,171
Alle verrigtinge voor die hof moet in 'n oop hof gevoer word, behalwe vir sover die hof anders mag beveel in die belang van die administrasie van geregtigheid.
89
2000-04-afr.txt
4,172
aBehoudens paragraaf b, belet niks in hierdie Wet 'n landdroshof wat as gelykheidshof sit om 'n bevel te gee soos beoog in artikel 212, waarvan die geldwaarde die jurisdiksie van 'n landdroshof oorskry nie, in welke geval die bevel op die voorgeskrewe manier vir bekragtiging voorgelê moet word aan 'n regter van die Hoë Hof wat jurisdiksie het.
89
2000-04-afr.txt
4,173
b Die werking van paragraaf a, ten opsigte van die bekragtiging van 'n bevel, word opgeskort totdat enige appèl soos beoog in artikel 23 afgehandel is.
89
2000-04-afr.txt
4,174
die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, of die Kom-missie vir Geslagsgelykheid.
89
2000-04-afr.txt
4,175
n Persoon wat ingevolge hierdie Wet geregtelike stappe wil instel, moet op die voorgeskrewe wyse die klerk van die gelykheidshof in kennis stel van sy of haar voorneme om dit te doen.
89
2000-04-afr.txt
4,176
a Die klerk van die gelykheidshof moet, binne die voorge-skrewe tydperk vanaf die ontvangs van sodanige kennis-gewing, die saak na 'n voorsittende beampte van die betrokke gelykheidshof verwys, en dié moet, binne die voorgeskrewe tydperk, besluit of die saak in die gelyk-heidshof verhoor moet word, en of dit verwys moet word na 'n ander toepaslike instelling, liggaam, hof, tribunaal of ander forum hierna alternatiewe forum genoem wat, na die mening van die voorsittende beampte, die saak meer toepaslik sal kan behartig ingevolge daardie alterna-tiewe forum se bevoegdhede en funksies.
89
2000-04-afr.txt
4,177
b As die voorsittende beampte besluit dat die saak in die gelykheidshof verhoor moet word, moet die voorsittende beampte die saak verwys na die klerk van die gelykheids-hof, wat binne die voorgeskrewe tydperk vanaf sodanige verwysing 'n verhoordatum aan die saak moet toeken.
89
2000-04-afr.txt
4,178
die menings van die betrokke amptenaar by enige alter-natiewe forum wat oorweeg word.
89
2000-04-afr.txt
4,179
a As die voorsittende beampte besluit dat die saak na 'n alternatiewe forum verwys moet word, moet hy of sy op die voorgeskrewe manier beveel dat die klerk van die gelykheidshof die saak moet oorplaas na die alternatiewe forum wat in die bevel genoem word.
89
2000-04-afr.txt
4,180
b Wanneer 'n bevel soos beoog in paragraaf a gegee word, kan die voorsittende beampte enige kommentaar aanheg wat hy of sy onder die aandag van die alternatiewe forum wil bring.
89
2000-04-afr.txt
4,181
By ontvangs van 'n bevel soos dié waarna in subartikel verwys is, moet die klerk van die gelykheidshof die saak oor-dra en die partye tot die saak op die voorgeskrewe manier van die oordrag in kennis stel.
89
2000-04-afr.txt
4,182
By ontvangs van 'n saak wat aan hom oorgedra is, moet die betrokke alternatiewe forum die saak spoedig afhandel inge-volge sy bevoegdhede en funksies.
89
2000-04-afr.txt
4,183
nalaat om die saak binne 'n redelike tydperk in die omstandighede af te handel; of nie in staat is om die saak tot bevrediging van een of albei partye by te lê nie, en op versoek van een of albei partye, moet die alternatiewe forum die saak op die voorgeskrewe wyse terugverwys na die gelykheidshof waarvandaan dit oor-geplaas is, vir beregting binne die voorgeskrewe tydperk vanaf die datum waarop dit na die gelykheidshof terugge-stuur is.
89
2000-04-afr.txt
4,184
Die Staat en grondwetlike instellings moet, so ver as redelik moontlik, enige persoon bystaan wat ingevolge hierdie Wet geregtelike stappe wil instel, onder andere deur te verseker dat die persoon verwys word na die toepaslike amptenaar vir die nodige optrede om die betrokke saak te bevorder.
89
2000-04-afr.txt
4,185
Die gelykheidshof waarin geregtelike stappe ingestel word ingevolge of kragtens hierdie Wet moet op die voorgeskrewe wyse ondersoek instel om te bepaal of onbillike diskrimina-sie, haatspraak of teistering, na gelang van die geval, plaasge-vind het soos beweer.
89
2000-04-afr.txt
4,186
n bevel wat onbillik diskriminerende praktyke belet of bepaal dat spesifieke stappe gedoen word om die onbil-like diskriminasie, haatspraak of teistering stop te sit.
89
2000-04-afr.txt
4,187
n bepaling wat vereis dat die respondent gereelde vorde-ringsverslae ten opsigte van die uitvoering van die hof se bevel voorlê aan die hof of aan die relevante grondwet-like instelling.
89
2000-04-afr.txt
4,188
n bevel om aan enige bepaling van die Wet gehoor te gee.
89
2000-04-afr.txt
4,189
n Bevel wat ingevolge hierdie Wet deur 'n gelykheidshof gemaak is, het, waar toepaslik, die werking van 'n bevel wat daardie hof in 'n siviele geding gemaak het.