document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
84
164773_1.txt
3,685
Die Leier van die Opposisie (DA) (bl 3)--President van die Republiek.
84
164773_1.txt
3,686
Die Leier van die Opposisie (DA) (bl 3)--President van die Republiek.
84
164773_1.txt
3,687
Die Leier van die Opposisie (DA) (bl 37)--Presidensie (Nasionale Beplanningskommissie).
84
164773_1.txt
3,688
Die Leier van die Opposisie (DA) (bl 37)--Presidensie - Prestasiemonitering en evaluering asook Administrasie in die Presidensie.
84
164773_1.txt
3,689
Me B C Blaai (Cope) (bl 39)--Korrektiewe Dienste.
84
164773_1.txt
3,690
Die Leier van die Opposisie (bl 95)--Finansies.
84
164773_1.txt
3,691
Die Leier van die Opposisie (DA) (bl 95)--President van die Republiek.
85
170000_1.txt
3,693
Dui vertaalde weergawe van die vraag aan.
85
170000_1.txt
3,694
Dui 'n vraag vir mondelinge beantwoording aan.
85
170000_1.txt
3,695
Dui 'n skriftelike vraag aan wat vir mondelinge beantwoording oorgeplaas is op versoek van die betrokke lid (Reël 117).
85
170000_1.txt
3,696
Dui 'n vraag vir skriftelike beantwoording aan wat nog nie beantwoord is nadat 10 werkdae verstryk het nie.
85
170000_1.txt
3,697
InhoudsopgawePresident van die Republiek 194Adjunkpresident... 169Minister van Arbeid ... 172, 179, 191Minister van Basiese Onderwys... 171, 176, 184, 188Minister van Binnelandse Sake... 190Minister van Ekonomiese Ontwikkeling ...183, 189Minister van Energie... 171, 189Minister van Finansies ...171, 173, 176, 185, 189, 190Minister van Gesondheid ...169, 176, 181, 182, 189, 194Minister van Handel en Nywerheid ... 178, 179, 180, 183, 192Minister van Hoër Onderwys en Opleiding ... 190Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ... 190Minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling ...172, 173, 176, 183, 184, 190, 194Minister van Kommunikasie... 186, 188Minister van Korrektiewe Dienste ... 184, 189, 194Minister van Kuns en Kultuur ... 170, 179, 186, 188Minister van Landbou, Bosbou en Visserye ... 176, 188Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming... 170, 172, 185, 191Minister van Maatskaplike Ontwikkeling... 177, 178, 179, 180, 192Minister van Menslike Nedersettings ... 175, 185, 190, 193Minister van Mynwese ... 184, 191Minister van Openbare Ondernemings ... 174, 175, 186, 191, 194Minister van Openbare Werke ... 180, 191Minister van Polisie...170, 172, 173, 177,181, 183, 184, 186, 191Minister in die Presidensie: Nasionale Beplanningskommissie... 187, 199Minister in die Presidensie: Prestasiemonitering en -evaluering asookAdministrasie in die Presidensie... 187, 188, 203, 204Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake... 174, 189, 195, 199Minister van Sport en Ontspanning ... 171, 192Minister vir die Staatsdiens en Administrasie... 191Minister van Staatsveiligheid... 173, 192Minister van Toerisme ... 192Minister van Verdediging en Militêre Veterane ... 179, 187, 188, 189, 197Minister van Vervoer...172, 173, 174, 175, 182, 186, 193Minister van Wateren Omgewingsake ... 178, 182, 190, 193Minister van Wetenskap en Tegnologie ... 169, 170, 192Opsomming van vrae vir skriftelike beantwoording...
85
170000_1.txt
3,698
hoeveel geld in elke boekjaar sedert die sluiting van die Kempton Parkhospitaal op (a) sekuriteit en (b) ander dienste bestee is?
85
170000_1.txt
3,699
of sy departement.
85
170000_1.txt
3,700
of enige ondersoek in elke sodanige geval gedoen is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,701
of daar in die afgelope 15 jaar enige stappe gedoen is om die lewering te verhoog; so nie, waarom nie; so ja, watter stappe?
85
170000_1.txt
3,702
Of haar departement beoog om (a) te verseker dat alle rekenaars wat deur die Regering gebruik word ingestel word om SuidAfrikaanse Engels te gebruik, in die lig van die nadelige invloed van woordverwerkingsprogramme met VSAspelling en grammatika as verstekstelling, (b) dit ook buite regeringskantore te bevorder en (c) te vereis dat woordverwerkingsprogramme wat in SuidAfrika verkoop word vooraf op SuidAfrikaanse Engels ingestel word; so nie, waarom nie, in elke geval; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,703
Watter stappe gedoen word om te verseker dat die vervaardiging van die Jouleelektriese motor in Suid Afrika eerder as in 'n ander land geskied?
85
170000_1.txt
3,704
of daar enige aansporingsmaatreëls vir opgeleide beamptes is om in die diens van die OKD aan te bly nadat hul opleiding voltooi is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,705
wat die gemiddelde (a) getal sake per ondersoekbeampte tans by die (i) hoofkantoor en ii satellietkantore is en b salaris van 'n ondersoekbeampte is?
85
170000_1.txt
3,706
wat die eenheid se beoogde prestasieaanwysers aangaande (a) 'n dokumentasiebeheerstelsel, (b) voldoening aan voorskrifte van die Nasionale Tesourie en c die opleiding van provinsiale personeellede in batebeheer is?
85
170000_1.txt
3,707
a hoeveel van dié plase onproduktief is, b wat die redes is dat dié plase in 'n onproduktiewe toestand verval het en c watter stappe teen dié boere gedoen word wat hul plase in dié toestand laat verval het?
85
170000_1.txt
3,708
met betrekking tot die bogenoemde skuldlaste, wat die (a)(i) beoogde bron en (ii) tydraamwerk vir terugbetaling is, (b)(i) gemiddelde rentekoers en (ii) uitkeerdatum is van voormelde effekte wat tans nog bestaande is en (c) wie die geregistreerde houers van die voormelde nogbestaande Staatseffekte en kredietwaarborge is?
85
170000_1.txt
3,709
of sy 'n verklaring oor die aangeleentheid sal doen?
85
170000_1.txt
3,710
of daar 'n forum bestaan waar arbeidsektor, die Regering en konstruksiemaatskappye op gereelde grondslag bymekaar kom om tersaaklike aangeleenthede te bespreek; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,711
of daar maatreëls bestaan om te verseker dat daar geen kragtekorte tydens die Wêreldbekertoernooi in 2010 sal wees nie; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,712
Of 'n oplossing gevind is vir die probleem met die Durbanse busvervoerstelsel wat sedert einde Junie 2009 nie meer funksioneer nie; omdat die operateur (naam verstrek) sy werksaamhede gestaak het, so nie, waarom nie; so ja, (a) wat die tersaaklike besonderhede is en (b) wanneer die busdiens weer ten volle in werking sal wees?
85
170000_1.txt
3,713
Of sy departement enige bystand sal verleen om die Mzintorivierbrug op die R102 in KwaZuluNatal te herstel; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,714
Of 'n nuwe polisiekantoor in Umkomaas, KwaZuluNatal, gebou sal word; so nie, waarom nie; so ja, (a) wanneer bouwerk 'n aanvang sal neem en (b) wanneer dit na verwagting in werking sal wees?
85
170000_1.txt
3,715
a Hoeveel grondeise tussen 1 Maart 2008 en 30 April 2009 in KwaZuluNatal afgehandel is, b watter individuele bedrae uitbetaal is om elk van dié eise af te handel en c wat die name van die begunstigdes is wat vergoeding ontvang het?
85
170000_1.txt
3,716
of die departement 'n ondersoek na die gemelde persoon se vermeende oneerlike gedrag van stapel sal stuur; so nie, waarom nie; so ja, (a) wanneer en (b) wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,717
Of die Italiaanse regering of enige van sy instrumente of agentskappe . aansoek om die uitlewering van.
85
170000_1.txt
3,718
of die bilaterale ooreenkoms tussen Italië en SuidAfrika wat uitleweringskwessies betref, nóg van krag is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,719
hoeveel keer in die afgelope vyf jaar waarvoor inligting beskikbaar is die NVG (a) nie oortreders vervolg het nie of (b) 'n kriminele aanklag laat vaar het omdat die slagoffer privaatregtelike aksie tot sy/haar/dit beskikking het in verband met die optrede wat die misdaad beliggaam?
85
170000_1.txt
3,720
Wat die (a)(i) omvang van die amptelike ontwikkelingsbystand (AOB) vir SuidAfrika in die boekjaar 200809 is en (ii) uit watter bron dit ontvang is, (b)(i) uitgawes van AOB vir die betrokke jaar is en (ii) waar die uitgawes aangegaan is en (c)(i) skaal van onbestede geld was en (ii) bedrag is wat aan die skenkers terugbesorg is?
85
170000_1.txt
3,721
Of daar enige planne is om die aanloopbaan by die Port Elizabethlughawe te verleng ten einde voorsiening te maak vir groter vliegtuie; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,722
Wat die statistiek is ten opsigte van die (a) waarde, (b) tonnemaat van lugvrag wat in elke maand vir die afgelope 12 maande waarvoor inligting beskikbaar is by die Port Elizabethlughawe gehanteer is en (c) getal internasionale passasiers wat Port Elizabeth as hul eerste vertrekpunt of hul laaste toetredingspunt gebruik het?
85
170000_1.txt
3,723
wat die (a) huidige instandhoudingsagterstand vir (i) nasionale paaie en (ii) provinsiale paaie in elke provinsie is, (b) ooreenstemmende begrotingstoekenning vir dié agterstand in elke provinsie is en (c) geraamde tyd is om sodanige agterstand uit te wis?
85
170000_1.txt
3,724
Of daar enige sekuriteitsmaatreëls met betrekking tot inligting in alle staatsdepartemente ingestel is; so nie, waarom nie; so ja, (a) in watter departemente dit gedoen is (b) watter bedrag geld deur elke departement bestee word en (c) wat die totale koste van die beskerming van inligting per departement beloop?
85
170000_1.txt
3,725
wat die totale bedrag geld is wat toegeken is om die administrasie van die SAPDbedrywighede in die Maupa Nagagebou in Pretoria te bedryf (a) in elk van die afgelope vyf boekjare en (b) gedurende die tydperk 1 April tot op die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is?
85
170000_1.txt
3,726
of daar enige kosteimplikasies vir die (a) departement, (b) provinsie en/of (c) stad is; so nie, waarom nie; so ja, wat die aard van dié kosteimplikasies is?
85
170000_1.txt
3,727
Of die SA Lugdiens van arbeidsmakelaars gebruik maak; so nie, waarom nie; so ja, (a) watter arbeidsmakelaars gebruik word en (b) waarom?
85
170000_1.txt
3,728
of prestasiekontrakte met elk van die huidige (a) munisipale bestuurders en (b) hooffinansiële beamptes in elk van die ses metropole onderteken is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede in elke geval is?
85
170000_1.txt
3,729
of die genoemde gebied vir residensiële doeleindes hersoneer sal word; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, of hy 'n verklaring oor die hersonering van landbougrond vir behuisingsen ander doeleindes sal doen?
85
170000_1.txt
3,730
of die spoorlyn tussen die NoordKaap en die Koeganywerheidsone opgegradeer sal word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,731
wat die koste verbonde aan die voorsiening van (a) ekstra subbasisboumateriaal, (b) addisionele verdigtingsmasjinerie en (c) Armcokeermure was?
85
170000_1.txt
3,732
Met verwysing na regshulp wat deur die Regshulpraad in sekere sake (besonderhede verstrek) toegestaan is, (a)(i) wanneer en (ii) waarom regshulp in elke geval toegestaan is en (b)(i) wanneer en (ii) waarom regshulp in elke geval teruggetrek is?
85
170000_1.txt
3,733
of enige vrywaring aan die hoofuitvoerende beampte van die Bank toegestaan is; so nie, in watter omstandighede sodanige vrywaring aan staatsamptenare of -instellings toegestaan sal word; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,734
Of enige geld toegeken is om die vloedskade in Junie 2008 in die UGUdistrik langs die suidkus van KwaZuluNatal te herstel; so nie, waarom nie; so ja, watter bedrag toegeken is?
85
170000_1.txt
3,735
Wat die tersaaklike besonderhede is met betrekking tot die (a) begroting toegewys aan en (b) werklike uitgawe ten opsigte van (i) salarisse, (ii) reis, (iii) verblyf, (iv) drukwerk wat gedoen word en (v) ander werksaamhede van die Ministeriële Komitee vir Vordering na Transformasie en Sosiale Samehorigheid en die Uitskakeling van Diskriminasie in Openbare Hoëronderwysinstellings?
85
170000_1.txt
3,736
Of sy departement inligting verskaf omtrent die huidige situasie ten opsigte van wetgewing en verwante regulasies met betrekking tot stamseloorplantings; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,737
of daar 'n agterstand in die verwerking van sodanige aansoeke is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,738
Of hy 'n staatsnaelstringbloedbank sal stig; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,739
of enige bome vir enige van die opknappings afgekap is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a) watter soort bome afgekap is, (b) hoeveel van elke boomspesie afgekap is, (c) hoe oud elkeen van die bome was wat afgekap is en (d) om watter rede elkeen van die bome afgekap is?
85
170000_1.txt
3,740
of hy in kennis gestel is van enige terugkerende SAPDpersoneellede wat weens gelykberegtigingsdoelwitte weggewys is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,741
a hoeveel bewaarskole in die Vrystaat geregistreer is, volgens munisipaliteite en b wat die naam van elk van dié bewaarskole is?
85
170000_1.txt
3,742
of daar enige navraag omtrent die saak gedoen sal word; so nie, waarom nie; so ja, wanneer die bevindinge van die ondersoek beskikbaar gestel sal word?
85
170000_1.txt
3,743
of al die gefinansierde projekte rekenskap kan gee van die gelde wat hulle ontvang het; so nie, (a) waarom nie, (b) watter projekte nie rekenskap kan gee van al die gelde wat hulle ontvang het nie, (c) wat die totale waarde van die gelde is waarvan nie rekenskap gegee kan word vir elk van die projekte nie en (d) watter stappe met betrekking tot elke situasie gedoen is?
85
170000_1.txt
3,744
wanneer die volgende sensus vir die (a) wit en (b) swart renosterbevolking waarskynlik uitgevoer sal word?
85
170000_1.txt
3,745
a Hoeveel pryse toegeken is en b wat was die totale waarde van die pryse deur die Nasionale Lotery toegeken i in aa 2005, bb 2006, cc 2007 en dd 2008 en ii gedurende die tydperk 1 Januarie 2009 tot op die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is?
85
170000_1.txt
3,746
of die keuringsproses afgehandel is; so nie, wanneer daar verwag word dat dit afgehandel sal wees; so ja, wie die nuwe raadslede is?
85
170000_1.txt
3,747
in elke geval, (a) op watter datum (i) die klagte aanvanklik geopper is, (ii) . ondersoek van stapel laat loop is en (ii).
85
170000_1.txt
3,748
of enige stappe teen die persone gedoen is wat aan korrupsie skuldig bevind is; so nie, waarom nie; so ja, met betrekking tot elke persoon wat skuldig bevind is, (a) wat hul name is, (b) aan watter klagte hulle skuldig bevind is, (c) wat die aanbeveling van die ondersoekverslag was en (d) watter stappe teen hulle gedoen is?
85
170000_1.txt
3,749
Of al die geld wat deur die Nasionale Loterye Verspreidingsfonds beoog was vir verspreiding (a) in (i) 2007 en (ii) 2008 en (b) gedurende die tydperk 1 Januarie 2009 tot op die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is, aan sport organisasies betaal is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is met betrekking tot die bedrag wat aan elke vermelde organisasie toegeken is?
85
170000_1.txt
3,750
wat SuidAfrika se (a) verklaarde bydrae en (b) werklike bydrae tot die Verenigde Nasies se begroting vir vredesbewaring in elk van die afgelope vyf boekjare was?
85
170000_1.txt
3,751
Of, in die lig van kommentaar deur sekere persone (besonderhede verstrek) oor die lewensvatbaarheid en koste betrokke by die inwerkingstelling van die SouthAfricanLanguagesBill, haar departement enige kosteontleding oor die toepassing van die wetsontwerp onderneem het; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is; so nie, of haar department so 'n kosteontleding sal onderneem; so nie, waarom nie; so ja, wanneer?
85
170000_1.txt
3,752
a Om watter redes die programme van die sektorale onderwys en opleidingsowerhede tot stand gekom het, bi watter totale bedrag daarvan bestee is en ii hoeveel persone in elke jaar sedert die totstandkoming van die program opgelei is?
85
170000_1.txt
3,753
hoeveel werknemers in diens is van die motormaatskappye wat om finansiële reddingsaksies gevra het?
85
170000_1.txt
3,754
Of sy departement inligting met betrekking tot die huidige Doha (WHO)onderhandelings oor enige toegewings rakende groter marktoegang vir uitvoerders van beesvleis, suiker, druiwe en lemoene sal verskaf; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,755
of huise in parlementêre dorpe aan alle nuwe LPs wat behuising benodig, toegewys is; so nie, (a) waarom nie en (b) aan hoeveel LPs geen huis toegewys is nie?
85
170000_1.txt
3,756
of daar gedurende die evaluasie van die kindertehuise onreëlmatighede geïdentifiseer is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a) wat die onreëlmatighede was, (b) by watter kindertehuis elke onreëlmatigheid geïdentifiseer is en (c) watter stappe gedoen is om die situasie reg te stel?
85
170000_1.txt
3,757
behandelingsprogramme; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,758
Of daar 'n stigtingsdokument vir die voorgestelde nasionale gesondheidversekeringstelsel (NHI) is; so nie, waarom nie; so ja, (a) waarom dit nie vir kommentaar deur die publiek vrygestel is nie en (b) wanneer dit vrygestel sal word?
85
170000_1.txt
3,759
waarom sy departement versuim het om aan die aansoek van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, Wet 2 van 2000, (PAIA), te voldoen wat deur die Demokratiese Alliansie ingedien is?
85
170000_1.txt
3,760
of dié moratorium opgehef sal word; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,761
wat die (a)(i) name en (ii) ampstitels van die personeel is wat die goedkeuring vir die uitvoer van wilde perlemoen in elk van dié jare hanteer het en (b) begroting was wat met die funksie van die hantering van wilde perlemoen verband gehou het?
85
170000_1.txt
3,762
wat die uiteensetting van die getal diere per spesie is wat by elke nasionale park verkoop is (a) in 2008 en (b) gedurende die tydperk 1 Januarie 2009 tot die jongste vermelde datum waarvoor inligting beskikbaar is?
85
170000_1.txt
3,763
wat (a) die Munisipaliteit van eThekwini se geraamde totale waterverbruik in 2008 was en (b) na verwagting die Munisipaliteit van eThekwini se geraamde totale waterverbruik in 2020 sal wees?
85
170000_1.txt
3,764
Of die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC).
85
170000_1.txt
3,765
of die RTMCraad die huurooreenkoms onderteken het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,766
of omkeerpraktisyns voorgeskrewe fooie of op 'n gebeurlikheidsgrondslag betaal sal word; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,767
Of die regering van voorneme is om die huidige arbeidswetgewing te hersien in die lig van toenemende werksverliese van 475 000 gedurende die eerste helfte van die jaar; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,768
Of daar bevind is dat die huidige looneise en die dreigement van stakings deur georganiseerde arbeid . negatiewe uitwerking op toekomstige werkskepping gehad het; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,769
Of enige stappe gedoen is teen diegene wat die beleid oor die gebruik van amptelike voertuie wanneer hulle van diens af is, oortree het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, watter stappe?
85
170000_1.txt
3,770
hoeveel SAPDkantore per provinsie in elke geval nie toegang tot (a) epos en (b) 'n faksfasiliteit het nie?
85
170000_1.txt
3,771
Of die Nasionale Register vir Seksoortreders, daargestel ingevolge artikel 42 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), teen die spertyd van 30 Junie 2009 voltooi en geïmplimenteer is; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,772
Of haar departement enige (a) uitsondering en/of (b) verligting vir die nakoming van die vereistes op die MineralandPetroleumResourcesDevelopmentAct(MPRDA), Act28of2002, (i) ten gunste van of (ii) met betrekking tot (aa) die mynmaatskappy in staatsbesit, African Exploration Mining and Finance Corporation (AEMFC) en (bb) enige ander mynmaatskappy toegestaan het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, in elke geval, wat die (aaa) uitsonderings ten opsigte van die tersaaklike gedeelte van die MPRDA is, (bbb) tersaaklike besonderhede met betrekking tot die uitsonderings en (ccc) redes vir die toestaan van sodanige verwagtinge en/of verligting?
85
170000_1.txt
3,773
a Hoeveel aansoeke in die afgelope vyf jaar deur amptenare in haar departement gedoen is om ingevolge artikel 276A van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, gevangenisstraf na korrektiewe toesig te verander en b wat die uitslag van elke aansoek was?
85
170000_1.txt
3,774
Of sy die aanbevelings van die paroolraad en die Nasionale Raad vir Korrektiewe Dienste om 'n sekere persoon (naam verstrek) op parool vry te laat, sal aanvaar; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,775
Of haar departement enige statistieke rakende die ontleding van matriekkandidate in 2008 ten opsigte van ras het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a) hoeveel (i) swart, (ii) bruin, iii Indiër, iv wit, v Asiëren vi ander leerders in 2008 die senior sertifikaateksamen in elke provinsie geskryf het en b hoeveel van dié leerders i gedruip het, ii geslaag het, iii met matriekvrystelling geslaag het, iv met meriete geslaag het en v met onderskeiding geslaag het?
85
170000_1.txt
3,776
Of die President gevra is om 'n datum te proklameer vir die inwerkingtreding van die Wysigingswet op die Regterlike Dienskommissie, Wet 20 van 2008; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, (a) watter datum en (b) watter aanduiding die President gegee het betreffende die datum wat hy verkies vir die inwerkingtreding daarvan?
85
170000_1.txt
3,777
Of 'n sekere saak (besonderhede verstrek) in die Athlone se landdroshof teruggetrek is aangesien dit aan die lig gekom het dat speurders wat aan die SA Polisiedienstak in Manenberg verbind is nog nie hul ondersoek voltooi het; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, hoeveel sake wat van die SAPDtak in Manenberg afkomstig is om dié of soortgelyke redes teruggetrek is?
85
170000_1.txt
3,778
of sy departement sal aanhou om kontrakte met boere te sluit om grond vir (a) vergoeding en (b) herverdeling aan te koop indien die begroting uitgeput is; so nie, wat die posisie in dié verband is; so ja, of die boere van die tydraamwerk vir betaling in kennis gestel sal word; so nie, waarom nie; so ja, wat sal die tydraamwerk wees?
85
170000_1.txt
3,779
Of 'n besluit deur sy departement geneem is wat slegs die koper toelaat om 'n prokureur aan te stel om grondoordragte te hanteer, so ja, (a) waarom, (b) wie die besluit goedgekeur het, (c) hoeveel prokureurs beskikbaar is om met grondoordrag te werk en (d) watter uitwerking dié besluit op die tempo van grondoordrag gehad het?
85
170000_1.txt
3,780
hoeveel eenhede (a) beskikbaar is en (b) tans bewoon word?
85
170000_1.txt
3,781
wat die totale tekort aan inkomsteinvloei teenoor die begroting nou na raming teen die einde van die boekjaar sal wees?
85
170000_1.txt
3,782
Of hy en sy departement 'n program in werking sal stel om die behuisingsagterstand in al die provinsies uit te roei; so nie, waarom nie; so ja, (a) wanneer die program sal begin en (b) wat die vasgestelde mikpunt is wat bereik moet word?
85
170000_1.txt
3,783
of hy dié persone in HOPhuise sal hervestig; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,784
of haar departement enige ander stappe doen om 'n einde aan oneerlike bedrywighede te maak; so nie, waarom nie; so ja, wat die tersaaklike besonderhede is?
85
170000_1.txt
3,785
Of . taakspan aangestel is om "te help om die SABC reg te ruk"; so ja, (a) om watter rede sodanige taakspan aangestel is, (b)(i) uit hoeveel lede dié taakspan bestaan, (ii) wie hulle is, (iii) op watter grondslag hulle aangestel is, (iv) wanneer hul kontrakte verval en (v) wat die (aa) koste vir maatskappye se salarispakkette beloop en (bb) uiteensetting van dié salarispakkette beloop wat aan elke taakspanlid gebied is, (c) wat die (i) verantwoordelikhede en (ii) vereiste resultate van dié taakspan gaan wees, (d)(i) hoe dié taakspan gefinansier gaan word en (ii) wat die totale geraamde eindkoste beloop vir die afhandeling van dié taakspan se vereistes en (e) aan wie dié taakspan verantwoordbaar gaan wees?