document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,341
Institusionele - en Ontwikkelingsparadigma o Leierskap ten opsigte van 'n Ontwikkelingsparadigma: Daar is 'n behoefte aan 'n nuwe denkrigting ten opsigte van ontwikkelingsbeplanning en omgewingskwessies. Dit behoort tot innoverende oplossings te lei vir vele van die ruimtelike nalatenskappe van apartheidsbeplanning, bv. deur die integrasie van gefragmenteerde nedersettings en regverdige toegang tot grond.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,342
o Parameters ten opsigte van geïntegreerde ontwikkeling: Tekortkominge word ervaar met betrekking tot vestigingspatrone (groeiende digtheid, stedelike uitgestrektheid, oorvol menslike nedersettings, ens.) en die vernietiging van die natuurlike omgewing en produktiewe landbougrond. Om die integrasie van menslike nedersettings te realiseer, is daar 'n behoefte om werk nader aan die die mense te bring en vir toekomstige ontwikkeling behoort die fokus nie net op ekonomiese tros-behuising te val nie. Daar is tans min debattering (in die plaaslike konteks) oor die vorm van integrasie van nedersettings. Die uitdaging vir die Departement is om beleide, strategieë en riglyne te ontwerp om hierdie tekortkominge aan te spreek ten einde volhoubare menslike nedersettings daar te stel. Daar is ook 'n tekort aan geskikte bekwaamheid binne die regering om hierdie kwessies op te los.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,343
o Die bevordering van koöperatiewe regeringsbestuur: Dít is 'n prysenswaardige doelwit van die regering, maar baie moeilik in die praktyk. Koöperatiewe regeringsinisiatiewe sal die sukses van 'n ontwikkelingstaat moet verseker. Om hieraan uitvoering te gee, sal die Departement sy rol binne die vennootskappe moet identifiseer, inter-regerings-beleidsraamwerke en riglyne vir munisipaliteite oor ruimtelike beplanning, stelsels en beplanningsgereedskap moet ontwikkel. Daar is 'n wedersydse gebrek aan samewerking tussen provinsiale departemente en plaaslike regering. Daar is 'n behoefte aan nouer samewerking, geïntegreerde beleidmaking en dienslewering. Elke provinsiale departement behoort riglyne op te stel vir plaaslike regering-samewerking en ondersteuning.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,344
o Grondbeskikbaarheid vir geïntegreerde menslike nedersettings: Die behoefte bestaan om pro-aktiewe maatreëls op te stel, soos die identifisering van grond vir toekomstige menslike nedersettings. Tans is daar 'n gebrek aan riglyne vir plaaslike regering om menslike nedersettings te integreer en seker te maak dat dit in hul Geïntegreerde Ontwikkelingsplanne aangespreek word.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,345
o Wetgewingsvereistes: Die gebrek aan geïntegreerde wetgewing om die erfenis van die verlede aan te spreek en geïntegreerde besluitneming te bevorder.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,346
o Skuif van inset-gebaseerde na resultaat-gebaseerde begroting. Om die begroting op só 'n wyse te bestee dat die doelwit van geïntegreerde menslike nedersettings wat gelykheid, waardigheid en vooruitgang sal verseker, bereik sal word.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,347
Maatskaplik o Hierdie Provinsie het die hoogste Gini-koëffisiënt, d.i. die gaping tussen ryk en arm. Die armes het verbeterde stedelike omgewings nodig om hul lewensomstandighede te verbeter. Die gevolg is 'n ernstige agteruitgang in die gesondheids-, opvoedings-en welvaartaanduidings vir hierdie gemeenskappe. In terme van regverdigheid, moet die gedrag en sienswyse van die meer welgesteldes, sowel as dié van almal binne die gemeenskap, verander om hierdie probleme op te los.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,348
o Toegang tot die oorvloedige natuurlike bronne in hierdie Provinsie is beperk tot die welgesteldes. Eienaarskap-regte en ander maatreëls tot toegang sal oor die volgende vyf jaar 'n uitdaging bied.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,349
o Daar word van amptenare verwag om hul pligte buite normale werksure te vervul en afgeleë terreine te besoek. Swak veiligheids- en sekuriteitsmaatreëls lei tot onderprestasie in die uitvoer van hul pligte.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,350
Polities o Die Provinsie is polities stabiel en verbind tot sy groei- en ontwikkelingstrategie, iKapa Elihlumayo.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,351
o Die Departement word in die gesig gestaar deur botsende belange ryk/arm, swart/wit, stedelik/landelik, ens..
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,352
o Daar is groot verwagting by gemarginaliseerde gemeenskappe vir spoedige voorsiening van basiese dienste.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,353
Ekologies o Volhoubaarheid van omgewingsbronne en die resultate van beplanning is 'n sleuteloorweging vir die toekoms van ekologiese integriteit.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,354
o Daar is spanning tussen ontwikkelingsbehoeftes en omgewingsintegriteit. Ook is daar belangegroepe wat beide hierdie standpunte verteenwoordig. Kompeterende vereistes maak dit vir die Departement moeilik om 'n balans tussen ekonomiese groei, omgewingsbeskerming en maatskaplike integriteit te handhaaf.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,355
o Oorbenutting van ons natuurlike hulpbronne, die uitwerking van klimaatsveranderings en die bevolkingsgroei, plaas 'n al hoe groter druk op natuurlike bronne. Die inherente fluktuasie van natuurlike bronne, vererger deur die invloed van klimaatsverandering en swak vereiste bestuur van bronne, vererger die herhaling en felheid van rampe'.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,356
o Die Provinsie beskik oor twee "biodiversity hotspots" wat van wêreldbetekenis is. Die Provinsie het 'n verpligting van wêreldbelang om oormatige agteruitgang van sy biodiversiteit te voorkom en sy natuurlike hulpbronne (insluitend eko-sisteme) op só 'n wyse te bestuur dat dit langtermyn volhoubaarheid sal verseker.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,357
Ekonomies o Die impak van oorbenuttingspatrone en agteruitgang van die natuurlike omgewing, het ekonomiese agteruitgang tot gevolg en lei tot werksverlies.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,358
o Die bevordering van die volhoubare gebruik van die Provinsie se natuurlike hulpbronne is 'n uitdaging vir hierdie Departement.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,359
Gedurende die 2003/04 finansiële jaar het die Departement 'n interne herstrukturerings-proses in werking gestel deur die Omgewings- en Ontwikkelingskomponente te integreer.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,360
Nuwe organisatoriese struktuur is op 1 April 2004 geïmplementeer, met die uitbreiding van nuwe poste terwyl 185 poste binne die lyn-komponente blootgestel is aan die volledige pos-evalueringsproses.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,361
Die behoefte aan transformasie om intern 'n 'Tuiste vir Almal' te word: Die Departement staar uitdagings in die gesig, soos regverdigheid ten opsigte van indiensneming; die noodsaaklikheid om regverdigheid in bestuursuitvoering op alle vlakke toe te pas; 'rang beheptheid' te oorkom; 'n leergierige organisasie te kweek; lewendige spanne te bou en waarde te heg aan samewerking, en ontvanklik te wees vir vernuwende werkswyses. Die huidige kultuur binne die organisasie, bv. verhoudings tussen mense, sal 'n groter mate van openlikheid, verdraagsaamheid en respek verg in die proses om 'n tuiste vir almal te bou. Noudat die Departement sy strategiese doelwitte en mikpunte verfyn het, sal hy waar nodig, sy organisatoriese struktuur in lyn moet bring met die oog op beter dienslewering. Die rolle en verhouding van die ondersteuningstrukture en lynfunksionering moet hersien word. Programmatiese samehang en ooreenstemming is 'n sentrale kwessie in hierdie departement. Groter integrasie van die programme bly belangrik in die daarstelling van 'n geïntegreerde volhoubare ontwikkeling. Die onsekerheid en verskillende opvattings binne die organisasie as gevolg van organisatoriese herstrukturering, moet aangespreek word.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,362
Benut verbonde politieke leierskap: Die senior bestuurspan dra die verantwoordelikheid om die nuwe provinsiale visie en strategiese rigting aan te pas na konkrete veranderde bestuursprogramme wat die nuwe paradigma sal bevorder.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,363
Visionêre bestuursleierskap: Om hierdie Departement in lyn te bring met die nuwe provinsiale paradigma, is daar 'n behoefte om weg te beweeg van 'n oorgereguleerde sienswyse en die vrees wat geassossieer word met verandering, en meer verantwoordelike risiko-nemers te word. Bestuur moet vertroue by die personeel kweek, om sodoende intern 'n tuiste vir almal te bou. Voldoende personeel sal senior bestuurders in staat stel om meer tyd aan strategiese kwessies te wy, en 'n middelbestuur te ontwikkel wat aan operasionele sake aandag gee. Groter samewerking met ander provinsiale departemente is noodsaaklik vir geïntegreerde beplanning en volhoubare ontwikkeling. Dit moet versterk word om aaneenlopende dienslewering te bevorder.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,364
Waardetoevoeging as 'n diensleweringsdepartement: Die Departement het 'n kritieke rol om te vervul ten einde volhoubare ontwikkeling te realiseer en ekonomiese groei te verseker en aan menslike behoeftes te voldoen, sonder om omgewingsintegriteit in te boet.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,365
n Lys van nasionale en provinsiale wetgewing wat 'n wettige mandaat aan die Departement gee, is aangeheg in Deel C.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,366
Om baanbreker-leierskap en vernuwende benadering tot volhoubare omgewingsbestuur en geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning daar te stel.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,367
Om 'n paradigma-skuif te bewerkstellig in die beplannings- en omgewingsbestuur vir die ontwikkeling van mens-gesentreerde stelsels, maatstawwe en prosesse.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,368
Om omgewingsintegriteit en progressiewe vervulling van omgewingsregte te verseker.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,369
Om die lewensgehalte van alle mense te verbeter deur die daarstelling van lewendige, geïntegreerde en volhoubare menslike nedersettings.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,370
Om ruimtelike beplanning te onderneem wat die volhoubare toekomstige ontwikkeling in die Provinsie sal bevorder en lei, en ruimtelike ongelykhede sal aanspreek.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,371
Om geïntegreerde en holistiese omgewings- en grondbestuur te voorsien om hernuwing in ons menslike nedersettings aan te wakker.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,372
FINANSIëLE INLIGTINGSTELSELS In ooreenstemming met die beleidsbesluit van die Nasionale Tesourie, het hierdie Departement op 1 April 2004 suksesvol oorgeskakel van die Finansiële Bestuurstelsel (FBS) na die Basiese Rekeningkundige Stelsel (BRS). Die nuwe eenvormige Standaard-Rekeningtabel is ook op 1 April 2004 geïmplementeer. Die PERSAL-stelsel word gebruik om alle personeel- en salaris- verwante sake uit te voer. Maandelikse Finansiële en Algemene Vergaderings geskied onder voorsitterskap van die Departementshoof, waartydens alle program- en sub-programbestuurders rapporteer en die finansiële prestasie of onderprestasie van die departement evalueer.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,373
o OMGEWINGSIMPAK-BESTUURSDATABASIS: Hierdie stelsel word gebruik om die administratiewe inligting oor impak-evaluerings wat vir ontwikkeling in die Wes-Kaap nodig is, te registreer en te bestuur. Die stelsel sal uitgebrei word om bykomende funksionaliteit, insluitend verbinding met die Departementele Geografiese Inligtingstelsel en skakeling met die nuwe nasionale omgewingspermitstelsels, in te sluit.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,374
o DEPARTEMENTEEL- GEÏNTEGREERDE BESTUURSINLIGTINGSTELSEL (DGBIS): Die Departement is besig met die ontwikkeling en daarstelling van 'n Departementeel-Geïntegreerde Bestuursinligtingstelsel (DGBIS), in lyn met soortgelyke inisiatiewe in ander provinsies, en in die nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme. Die doel van die DGBIS, is om die verskillende inligtingstelsels binne die Departement te integreer, om sodoende werksvloei en dienslewering te verbeter.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,375
o BESOEDELING-EN AFVALBEHEERINLIGTINGSTELSEL: Hierdie provinsiale stelsel sal so ontwerp word dat dit sal skakel met die inligtingstelsel van die nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme en verbind sal wees met alle munisipaliteite in die Wes-Kaap. 'n Operasionele Besoedelings- en Afvalinligtingstelsel sal in 2005 ontwikkel word. Die sleutel-mylpale sal die opleiding van alle gebruikers en die ontplooiing van 'n web-gebaseerde stelsel insluit. Die voortdurende versameling, kontrolering en ontleding van besoedelings- en afvalinligting sal bydra tot geïntegreerde besoedelings- en afvalbestuur.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,376
o STATISTIESE DATABASIS: Hierdie databasis word voortdurend bygewerk en bestaan uit opgawes van demografiese, sosiale en ekonomiese statistieke met betrekking tot die Wes-Kaap.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,377
o GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSEL (GIS): Die Departementele Geografiese Inligtingstelsel bestaan uit meer as 100 ruimtelike datastelle wat 'n verskeidenheid kenmerke van die Wes-Kaap dek. Die datastelle word uit verskillende bronne verkry, in stand gehou en in verskeie digitale en kaartvorms aan departemente, munisipaliteite en konsultante, asook aan die publiek, versprei. Die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad (WKNBR) se GIS word deur alle vlakke van bestuur as beplannings- en besluitnemingsinstrument gebruik om biodiversiteit en bewaring in die Wes-Kaap te bestuur. Die stelsel is aangepas om die gebruik daarvan binne die WKNBR te vergemaklik.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,378
Elk van die drie programme binne die Departement het strategiese beplanningsessies gehou ter voorbereiding van die departementele sessie. Die riglyne van beide die Nasionale en Provinsiale Tesourie is aangeneem.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,379
n Strategiese beplanningsessie is op 5 en 6 Augustus 2004 gehou om die Departement se Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan te formuleer. Die senior bestuur van die Departement en die Minister van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning het die sessie bygewoon en tot die formulering van die Strategiese Plan bygedra. 'n Onafhanklike bestuurskonsultant het die sessie gefasiliteer.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,380
Die konsep Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan is op 26 Augustus 2004 aan die Provinsiale Tesourie voorgelê, en het die basis gevorm vir bespreking tydens die Medium Termyn Uitgawe Raamwerk-besprekings (MTUR) op 15 September 2004.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,381
n Werkswinkel is op 2 November 2004 gehou , om die Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan verder te redigeer en die Jaarlikse Prestasieplan in lyn te bring.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,382
n Kabinet-Lekgotla is op 3 en 4 November 2004 gehou, om die strategiese rigting van die Provinsie aan te dui met betrekking tot bronne beskikbaar oor die daaropvolgende MTUR-periode.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,383
Die tweede konsep Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan, en eerste konsep Jaarlikse Prestasieplan is op 8 Desember 2004 aan die Provinsiale Tesourie voorgelê.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,384
Die finale Vyfjaar Strategiese- en Jaarlikse Prestasieplan sal op 31 Maart 2005 in die Wetgewer ter tafel gelê word.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,385
Die doel van die Program is om die oorhoofse bestuur van die Departement te behartig en 'n korporatiewe ondersteuningsdiens te lewer.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,386
Gedurende 2003 - 2005 was hierdie Program verantwoordelik vir die departementele herstruktureringsproses, insluitend werkstudie-ondersoeke, werwing en keuring, en nuwe aanstellings. Oor die volgende vyf jaar sal hierdie Program 'n sleutel-dryfkrag wees in die ontwikkeling en implementering van 'n veranderde bestuursprogram.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,387
Die proses van Departementalisasie wat op 1 Augustus 2002 ingestel is, het 'n addisionele werklas op die Program geplaas sonder dat bykomende personeel aangestel is. Die herstrukturering van die lynkomponente het 'n daaropvolgende ondersoek vereis na die vermoë van die korporatiewe diens om voldoende en doeltreffende diens aan sy nuwe lynfunksie-kliënte te lewer. 'n Omvattende ondersoek van die poste-struktuur en vestiging van die Korporatiewe Dienste-komponent, is begin gedurende die 2004/05 finansiële jaar en sal deur die Direktoraat Organisatoriese Ontwikkeling van die Departement van die Premier hanteer word.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,388
Die herstrukturering van die lynfunksie-komponente het gelei tot die skep van nuwe poste. Die voorsiening van befondsing vir vakante poste het tot gevolg gehad dat 'n totaal van 287 poste beskikbaar was, wat uiteindelik gevul moes word. Hierdie poste is gevul in ooreenstemming met 'n werwingsplan. Hierdie werwingsplan het deel gevorm van 'n holistiese Menslike Hulpbron-plan wat menslike hulpbron-ontwikkelingsinisiatiewe ingesluit het om verhoogde menslike prestasie te verseker. 'n Ooreengekome Delegasiemodel sal die Diensstandaard-ooreenkomste verseker, in samewerking met die lynbeamptes.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,389
Om die beheer en kontrole oor die beweging van lêers binne die Departement te verbeter, is 'n elektroniese lêeropsporingsstelsel op 1 April 2004 in werking gestel. Die stelsel stel alle gebruikers in staat om die plasing van enige lêer op enige gegewe tydstip elektronies te bepaal en te monitor, om sodoende tydrowende soektogte per hand uit te skakel. Die uitdaging vorentoe sal wees om die huidige stelsel om te skakel in 'n dokument-bestuurstelsel om só 'n stelsel te integreer met die Departementeel-geïntegreerde Bestuursinligtingstelsel (DGBIS). Die Departement het op 1 April 2004 oorgeskakel van die Finansiële Bestuurstelsel (FBS) na die Basiese Rekeningkundige Stelsel (BRS). Die uitdaging sal wees om ander gebruikers van die stelsel ten volle te laat oplei. Aangesien BRS 'n aanlyn-stelsel is, is dit soveel makliker om inligting te bekom, wat die finansiële bestuurstake vergemaklik.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,390
n Nuwe Standaardtabel van Rekeninge is deur die Nasionale Tesourie bekendgestel, wat op 1 April 2004 in werking gestel is en toepaslike opleiding van lynbeamptes behels het.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,391
Die Rekenpligtigde Beampte se Stelsel en afvaardigings vir die voorsieningsketting-bestuur is gefinaliseer en op 1 Januarie 2004 in werking gestel. Die Voorsieningsketting-Bestuurseenheid is op dieselfde dag binne die Departement in werking gestel. Dit stel die Rekenpligtigde Beampte in staat om te sorg vir alle voorsieningsketting- bestuurskwessies, waarna die Provinsiale Tenderraad, wat op 31 Desember 2003 ontbind het, vroeër omgesien het.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,392
Die Provinsiale Tesourie het die Provinsiale Ouditeringsdiens, wat steeds 'n gesentraliseerde funksie is, gedurende die 2003/04 finansiële jaar aan 'n Konsortium uitgekontrakteer. Daar word beoog om 'n mikro risiko-skatting gedurende die 2004/05 finansiële jaar binne die Departement te voltooi. Sodra die mikro risiko-skatting uitgevoer is, sal strategieë ontwikkel word om die hoë risiko-areas te verminder.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,393
Om korporatiewe kommunikasie te bevorder en te verbeter, is 'n Kommunikasiebeleid en Strategie vir die Departement en die Kantoor van die Minister ontwikkel en in werking gestel. Een van die Departement se belangrikste kommunikasie-instrumente, by voorbeeld die nuusbrief, word gebruik om kommunikasie binne die werkerskorps te bevorder.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,394
Die Kommunikasie Komponent het betrokke geraak by verskeie departementele promosie-projekte, wat tot 'n bewuswording van die Departement se kernfunksies gelei het. Die Kommunikasie Komponent illustreer sosiale verantwoordelikheid deur aktief betrokke te wees by gemeenskaps-gebaseerde projekte, en sodoende by te dra tot 'n 'Tuiste vir Almal'.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,395
Die Kommunikasie Komponent is o.a. verantwoordelik vir die gereelde bywerking van die Departementele webtuiste. Hierdie kommunikasie-instrument verseker dat die werkerskorps, sowel as die publiek, op hoogte bly met departementele aktiwiteite.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,396
Om baanbreker-leierskap en vernuwende benadering tot volhoubare omgewingsbestuur en geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning daar te stel.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,397
Om 'n paradigma-skuif te bewerkstellig in die beplannings- en omgewingsbestuur vir die ontwikkeling van mens-gesentreerde stelsels, maatstawwe en prosesse.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,398
Om 'n nuwe dinamiese bestuursbenadering te fasiliteer met die bereiking van verlangde kulturele-, rasse-, geslags- en godsdienstige verdraagsaamheid, ter verbetering van dienslewering.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,399
Om op 'n omvattende, deelnemende wyse beleidsrigtings, prosesse en stelsels op 'n inklusiewe en deelnemende wyse daar te stel, met die oog op 'n bevoegde menslike hulpbron-, finansiële bestuurs- en ondersteuningsdienste-omgewing.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,400
Om 'n goed-ingeligte werkerskorps en publiek deur die bevordering van doelwitte, aktiwiteite en uitsette van die Departement te vestig.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,401
Die herstrukturering van die lynkomponente het die risiko meegebring dat die korporatiewe dienste-komponent nie in staat sal wees om voort te gaan met voldoende en effektiewe dienslewering nie.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,402
ondersoek. Intussen word die behoefte aan bevoegdheid aangespreek deur die aanstelling van personeel bykomend tot die goedgekeurde diensstaat. Die verwagte resultaat is die herskikking van strukture om die hergestruktureerde Programme te ondersteun.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,403
Daar is geen risiko's verbonde aan die Program, wat sal verhoed dat die meetbare doelwitte en strategiese mikpunte van die Departement behaal word nie.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,404
BESKRYWING VAN BEPLANDE MAATREëLS T.O.V. GEHALTEVERBETERING Om 'n dinamiese bestuursbenadering te ondersteun wat die plan t.o.v. verbeterde dienslewering sal omvat, is die dienste van 'n verskaffer verkry om werkswinkels oor bestuursverandering aan te bied vir al die personeel binne die Departement. Die Korporatiewe Dienste stel dit in die vooruitsig dat mens-gesentreerde beleidsrigtings, -prosesse en -stelsels, gevolglik in konsultasie met die werkerskorps ingestel sal word, en dat diensvlak-ooreenkomste met lynfunksies gesluit sal word om dienslewering te verbeter. Korporatiewe Dienste sal 'n diensstandaard-ooreenkoms met lynfunksie aangaan om dienslewering te verbeter. Sodoende sal die prestasie van Korporatiewe Dienste met lynfunksies ge-evalueer word deur die standaarde wat deur die ooreenkoms gestel is.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,405
n Kundigheidsbestuur Strategiese Plan sal ontwerp word om die kwaliteit van dienslewering te verhoog. Dit sal die oordra van departementele kennis en verworwe kundigheid wat onontbeerlik geword het om bemagtiging en volhoubare ontwikkeling binne gemeenskappe te laat pos vat, oor grense van ras, kultuur, geslag en geloof moontlik maak en vergemaklik.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,406
Opleidingsmoontlikhede sal benut word soos aangebied deur die Kaapse Administratiewe Akademie. Verdere opleidingsgeleenthede sal onderneem word deur diensverskaffers. Hierdie opleidingsgeleenthede sal inskakel by die personeel se Individuele Opleidingsbeplanning.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,407
Sover dit kommunikasie betref, is die doelwit die vorming van 'n gekombineerde Ministeriële en Departementele Kommunikasie-inisiatief. Dit wil sê, die Minister se Media-skakelpersoon (MSP) en die Departementele Kommunikasie Komponent sal saamwerk ten opsigte van verskeie projekte.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,408
Alle poste in hierdie Program word ten volle befonds, maar die werkstudie-ondersoek sal egter moontlik besluit op 'n toename in die hoeveelheid poste, wat dan volgens voorkeur binne die Program befonds sal moet word.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,409
Die doel van die Program is om volhoubare ontwikkeling via geïntegreerde omgewings- en grondontwikkelingsbestuur te bevorder, met die doel om die Wes-Kaap 'n 'Tuiste vir Almal' te maak.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,410
Die dienste verskaf deur hierdie Program ondersteun ten volle die beginsels, doelstellings en mikpunte gestel deur die Provinsiale Kabinet en ander provinsiale inisiatiewe en doelstellings wat geassosieer word met bv. armoedeverligting, werkskepping en die uitgebreide openbare werke-program.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,411
As gevolg van die hoeveelheid werk wat deur die Program gegenereer word, is dit in twee streke verdeel. 'n Verantwoordelikheidsbestuurder bestuur elke streek. Elke streek het presies dieselfde meetbare doelstellings, prestasie-aanwysers en doelwitte. Die volgende inligting, sal van toepassing wees op beide streke en sal dus nie apart beskryf word nie.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,412
Die bestuur van ontwikkeling op 'n omgewingsvolhoubare wyse is van kritieke belang. Die veranderende ekonomiese omgewing, groeiende aanvraag na toerisme-ontwikkeling, bevolkingsgroei, migrasie, behuisingsprojekte en verwante infrastruktuur en dienste, vereis dat duidelike en vernuwende riglyne en beleidsrigtings ontwikkel moet word om die Program in staat te stel om baanbreker leierskap te voorsien en alle kliënte te bemagtig.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,413
Groter openbare bewustheid en belangstelling in die natuurlike en beboude omgewing, sowel as grondwetlike regte, het gelei tot die behoefte aan gevorderde omgewingsbestuur. Verder was daar die afgelope jare 'n aansienlike toename in die getal ontwikkelingsaansoeke (asook 'n toename in hul kompleksiteit).
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,414
kommentaar, sowel as appèlle, aktiwiteite wat sonder magtiging voortgaan en ander oortredings en verbrekings van die "algemene sorgsaamheidsplig"- bepaling in die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, 1998 (Wet 107 van 1998). Dit plaas 'n groot verantwoordelikheid op die Program om leiding binne die regering te gee aan maatskaplike vennote en die korporatiewe sektor met betrekking tot ontwikkelingsake.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,415
Die afgelope jare het die gemeenskap toenemend bewus geword van hul omgewingsregte, sowel as die regsvereistes in verband met omgewings- en beplanningsbesluitneming, wat gelei het tot 'n toename in rapportering van omgewings- en beplanningsoortredings. Dit plaas groter verantwoordelikheid op die Program om te verseker dat alle aansoeke op 'n bevoegde en doeltreffend wyse, wat aan die minimum-vereistes van alle toepaslike wetgewing en algemene omgewingsbeheer voldoen, afgehandel word.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,416
Hierdie Program verskaf 'n Geïntegreerde Omgewings- en Grond-ontwikkelingsbestuursdiens aan 24 Plaaslike Munisipaliteite, 5 Distriksmunisipaliteite, 1 Metropolitaanse Munisipaliteit en ander tersaaklike belanghebbendes. Dit is grondwetlik verplig om beplannings- en omgewingsbestuur in die gees van koöperatiewe bestuur te ondersteun, te monitor en te reguleer, en toenemende bewuswording van omgewingsregte op 'n volhoubare wyse te verseker. Ingevolge die Nasionale Grondwet het munisipaliteite die mandaat om munisipale beplanning uit te voer en die omgewingswet-hervormingsproses sal van munisipaliteite vereis om betrokke te wees by die omgewingsmagtigingsproses. Munisipaliteite ondervind egter beperkinge ten opsigte van finansiële hulpbronne, kapasiteit en kundigheid, wat die doeltreffende uitvoer van hul beplannings- en omgewingsbestuurspligte in die toekoms kan beperk.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,417
Die Wet op Omgewingsbewaring (WOB) en die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (WNOB) word deur sommige belanghebbendes gesien as verouderd en 'n struikelblok in die ontwikkelingsproses. Oor die jare het die Program gepoog om belanghebbendes in te lig, om te verseker dat nakoming van die wetgewing nie net beskou word as 'n bysaak nie, maar 'n geïntegreerde deel van die ontwikkelingsproses behoort te wees. Die Program streef na regverdige oorweging, in alle besluitneming, in ooreenstemming met die beginsels van alle toepaslike wetgewing. In terme van konflik-resolusie, word die meganismes wat in die WNOB beskikbaar is, gebruik, aangesien daar geen soortgelyke meganismes in die WOB is nie.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,418
Die afgelope jare het die Departement verskeie nuwe aansoeke vir die goedkeuring van aktiwiteite in terme van hierdie regulasies , asook oor beplanningswetgewing ontvang, waarvan die meeste binne bepaalde tydraamwerke afgehandel is. Daarbenewens is kommentaar gelewer op beplanningsaansoeke, Omgewingsbestuur-programverslae in terme van die Wet op Minerale en Petroleum Hulpbron-ontwikkeling, Wet 28 van 2002, en ander toepaslike wetgewing. Verder is verskeie aansoeke verwerk ten opsigte van die Veldvoertuig- (VV) regulasies (in terme van die WNOB). Ongeveer 85% van alle aansoeke ontvang ten opsigte van omgewingswetgewing is verwerk en afgehandel.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,419
Daar is 'n merkbare toename in ontwikkelingsdruk, veral aan die kusstreke met betekenisvolle biodiversiteit en unieke kus-habitatkenmerke. Omgewings- en beplanningsbeoordeling van projekte in veral hierdie gebiede, moet besonder deeglik wees en is dikwels baie netelig.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,420
Verskeie nuwe beleide, riglyne, norme en standaarde van toepassing op omgewings- en beplanningsake is opgestel om rigting te gee aan besluitneming in die Provinsie. Dit sluit in beleid/riglyne oor golf-landgoede en polo-velde, windenergie-ontwikkeling, vulstasies, stadsgrense, oorde, toepassingsmonitering en gespesialiseerde omgewingsimpakstudie (visueel, erfenis, geohidrologies, ekonomies, biodiversiteit).
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,421
WET-HERVORMINGSPROSES: Die doel is om 'n wet-hervormingsproses teen Maart 2006 te voltooi, om omgewings-, beplannings en erfeniswetgewing in een Provinsiale wet te integreer en te implementeer.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,422
VESTIGING EN VERSTERKING VAN VENNOOTSKAPPE: Die vestiging van vennootskappe en koöperatiewe ooreenkomste, wat daarop gemik is om munisipaliteite en ander maatskaplike vennote te bemagtig om hul verpligtinge in terme van alle relevante wetgewing na te kom en volhoubare ontwikkelingsuitdagings aan te spreek ten einde lewenskwaliteit te verbeter.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,423
KAPASITEITSBOU: Ontwikkel kapasiteit om die uitdagings verbonde aan die voorsiening van visionêre leierskap en leiding, die hoof te bied; en spreek kapasiteitsbou-behoeftes aan in terme van toepaslike Omgewings- en Beplanningswetgewing, beleide, riglyne en planne. Dit sluit in die ontwikkeling van nuwe norme, standaarde, riglyne en beleide, asook opvoedings- en bewustheidsprogramme om dienslewering te verbeter en volhoubare ontwikkeling te bevorder ter ondersteuning van die Departementele doelwitte.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,424
INTEGRASIE EN SAKEPROSES-VERBETERING: Die ontwikkeling van organisatoriese stelsels en prosedures om die integrasie van beplannings- en omgewingsfunksies te verseker, om sodoende die administratiewe prosesse te vereenvoudig, om reaksietyd en moniteringsnakoming verder te verbeter met betrekking tot omgewings- en beplanningswetgewing.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,425
BELEIDE, PRIORITEITE EN STRATEGIESE DOELWITTE Die strategiese doelwitte en oogmerke van die Program onderskryf die doelwitte en mikpunte van die Provinsiale Kabinet en die doelwitte van iKapa Elihlumayo.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,426
Om baanbreker-leierskap en vernuwende benadering tot volhoubare omgewingsbestuur en geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning daar te stel.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,427
Om 'n paradigma-skuif te bewerkstellig in die beplannings- en omgewingsbestuur vir die ontwikkeling van mens-gesentreerde stelsels, maatstawwe en prosesse.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,428
Om strategiese besluitneming te ondersteun en ingryping om beplanning en omgewingsbestuur te verbeter.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,429
Om munisipaliteite en ander maatskaplike vennote te bemagtig om hul verpligtinge in terme van toepaslike omgewings- en beplanningswetgewing na te kom.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,430
Om 'n provinsiale wet-hervormingsproses te koördineer en die implementering van die geïntegreerde omgewings-, beplannings-, en erfeniswetgewing te fasiliteer.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,431
Om provinsiale beleide en riglyne ten opsigte van omgewings- en beplanningsaangeleenthede te inisieer en implementeer.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,432
Om die lewensgehalte van alle mense te verbeter deur die daarstelling van lewendige, geïntegreerde en volhoubare menslike nedersettings.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,433
Om geïntegreerde en holistiese omgewings- en grondbestuur te voorsien om hernuwing in ons menslike nedersettings aan te wakker.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,434
Om die effektiewe administrasie en monitering van grondgebruik en omgewingsaanwending te verseker.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,435
Om geskikte vennootskappe te stig en in stand te hou om die beheer van omgewings-en grondgebruikbestuur te verbeter.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,436
Om visionêre leierskap en leiding te verskaf, is dit noodsaaklik dat samewerking binne die Departement en met ander maatskaplike vennote maksimaal uitgebrei word. Om die bogenoemde strategiese doelwitte en mikpunte te behaal, moet die noodsaaklike middele en kapasiteit (finansies, personeel, vaardighede, ens.) beskikbaar wees in die Program, sowel as by die ander maatskaplike vennote. Duidelikheid oor die rol en funksies van die verskillende regeringsfere met betrekking tot beplanning en die omgewing sal verseker dat koöperatiewe beheer realiseer.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,437
o Die provinsiale wet-hervormingsproses wat sal uitloop op 'n nuwe wet, met integrasie van beplannings-, omgewings- en erfeniswetgewing, sal duidelikheid gee ten opsigte van die rolle en funksies van die Provinsie en munisipaliteite met betrekking tot beplanning en ontwikkeling.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,438
o Die implementering van die wysigings op die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (WNOB), 1998 (Wet 107 van 1998) en nuwe Omgewingsimpakraamwerke (OIR) Regulasies, wat deel vorm van die nasionale omgewingswet-hervormingsproses, sal meganismes daarstel om die rolle en funksies van nasionale, provinsiale en munisipale owerhede ten opsigte van geïntegreerde omgewingsbestuur uit te klaar.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,439
Die huidige oormaat omgewings- en beplanningswetgewing met al die prosesse en prosedures daaraan verbonde (bv. die verskillende aansoek-, appèl- en openbare deelnemingsprosesse), die botsende en onsamehangende aard daarvan en Hooggeregshof-uitsprake, bemoeilik die administrasie van aansoeke deur die Program. Dit verleng en frustreer die besluitnemingsproses. Die gevolg is verwarring en onnodige rompslomp wat negatief inwerk op die doelwitte van iKapa Elihlumayo.
1,740
GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt
25,440
o Die implementering van die WNOB-wysigingswet en verwante OIR-Regulasies, sal sekere van hierdie beperkinge aanspreek.