document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
1,745
GOV-ZA.6072.services.11441.11441.2010-03-24.af.txt
25,546
Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede.
1,745
GOV-ZA.6072.services.11441.11441.2010-03-24.af.txt
25,547
Die Personeelontwikkelings- en Opleidingsbiblioteek by die Karl Bremerkompleks in Bellville verskaf spesiale biblioteekdienste aan personeel van die Provinsiale Regering, studente en opleidingsfasiliteerders.
1,745
GOV-ZA.6072.services.11441.11441.2010-03-24.af.txt
25,548
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,746
GOV-ZA.6080.2010-03-24.af.txt
25,550
Die Direktoraat se kernbesigheid is om 'n omvattende primêregesondheidsdiens te lewer, hoofsaaklik aan die laerinkomstegroepe. Die Direktoraat streef daarna om bekostigbare, toeganklike en doeltreffende gesondheidsdienste van 'n hoë gehalte aan al die mense in die Boland-Overberg-streek te lewer.
1,746
GOV-ZA.6080.2010-03-24.af.txt
25,551
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,747
GOV-ZA.6086.2010-03-02.af.txt
25,553
Die Direktoraat se kernbesigheid is om 'n omvattende primêregesondheidsdiens te lewer, hoofsaaklik aan laerinkomstegroepe.
1,747
GOV-ZA.6086.2010-03-02.af.txt
25,554
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,748
GOV-ZA.6124.2010-03-02.af.txt
25,556
Die Direktoraat MIV-vigs en TB streef daarna om die publiek bewus te maak van MIV-vigs en TB en om gesondheidsorg aan diegene wat met hierdie siektes besmet is, te optimeer.
1,748
GOV-ZA.6124.2010-03-02.af.txt
25,557
die TB-program te ontwikkel, te moniteer, te evalueer en te koördineer, en vigs-opleiding, -inligting en -berading aan die Departement te lewer.
1,748
GOV-ZA.6124.2010-03-02.af.txt
25,558
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,560
Ons het beslis rede om fees te vier. Daar was nog nooit 'n beter tyd om 'n Suid-Afrikaner te wees as nou nie, en daar is geen beter plek in Suid-Afrika om te bly as hier in die Wes-Kaap nie.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,561
Dink 'n bietjie waar ons tans staan, en hoe vinnig ons beweeg het. Tien jaar is skaars genoeg tyd vir die veroudering van 'n goeie wyn; dis minder tyd as wat dit neem vir 'n kind se skoolloopbaan; dit verteenwoordig een tagtigste van die ouderdom van die reuse- outeniekwa-geelhout wat bokant die Tsitsikamma-woud uittoring. Nogtans het ons in die eerste tien jaar van Suid-Afrikaanse demokrasie meer gedoen om die menswaardigheid van miljoene mense te verbeter as wat in die voorafgaande tien dekades gedoen is.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,562
Ons het aanskou hoedat gemeenskappe herenig is, hoedat hoop herstel is, en hoe nuwe krag gegenereer is uit ons vasbeslotenheid om ons toekoms saam te bou.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,563
Die Wes-Kaap se krag lê in die karakter en inbors van sy mense. Deur die ontberings en suksesse in ons geskiedenis is ons mense gevorm om stamina te hê, 'n vasberadenheid om te oorleef en te leef, en met wortels wat hulle met diep lojaliteit in ons provinsie en land anker.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,564
Eeue lank het diamante onder die waaisandduine by Kleinsee en Alexanderbaai begrawe gelê, verskuil vir geslagte mense wat geen benul gehad het van die rykdom onder hul voete nie. Soos daardie diamante het die verskuilde potensiaal van ons mense vir dekades onbenut gelê. Daar was opflikkeringe van hoop, en ook diegene wat van tyd tot tyd bokant hul beperkte geleenthede uitgestyg het. Dit was egter eers in die afgelope tien jaar van ware vryheid, en in die jongste twee jaar waarin ons koalisie oor al die gemeenskappe van die Wes-Kaap geregeer het, dat die potensiaal van ons mense werklik aan die lig gekom het. In ons verbintenis tot die bou van 'n provinsie van wêreldgehalte is ons besig om die glans van ruwe diamante in gemeenskappe en gebiede soos Khayelitsha, Mitchells Plain en die Karoo te ontdek en te ontsluit. Vir die eerste keer word die talente van al ons mense nou in hierdie bouproses ingespan, en dis 'n skat wat ons met groot sorg moet koester.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,565
Speaker, die mense van die Karoo en Namakwaland verstaan die gevolge van droogte. Hulle weet ook dat net onderkant die oppervlak van die aarde daar saad lê waarin die sluimerende potensiaal van hul streek opgesluit lê. Met die eerste reën ontkiem hierdie saad, selfs na jare van droogte, en word hierdie wêreld wat so droog en sonder lewe was, 'n tuin van lewenskrag wat sorg vir sy mense.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,566
En dit is hoe die mense van die Wes-Kaap is. Ons mense se karakter en inbors het hulle dor tye en ontberings laat deurleef. En met die eerste reëns het daardie potensiaal van ons mense en ons provinsie ontsluit in iets wat sterk groei, waarin almal deel het, en wat net nuwe hoogtes kan bereik. Maar dit is nog maar die begin van die bloeiseisoen, en noudat die reën begin val, moet ons sorg dat niks die oes bederf nie.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,567
Die mense van die Karoo weet dat jy in daardie streek die agtdaegras kry. As dit vandag reën, kan jy weet agt dae later groei die agtdaegras welig. En die skape het weer hoop en hardloop hulle moeg agter die nuwe groenigheid aan. Maar die mense van die Karoo weet ook dit is 'n valse hoop, want hoewel die agtdaegras mooi lyk en groen is, is sy voedingswaarde maar min en is die gras is nie blywend nie.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,568
Dan kry mens in die Kalahari die N'abbas. Dit is 'n Nama woord vir 'n sampioenagtige uitsoekkos. Hy bly verberg onder die grond terwyl hy wag vir die regte omstandighede om te groei en geoes te word. Anders verdwyn hy weer vir jare. As die N'abbas nie in Maart reën kry nie, breek sy lewenskragtigheid nooit deur die oppervlak nie. En as hy nie vroeg in die winter geoes word nie, ryp hy dood.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,569
Dan is daar in die Karoo en Namakwaland ook die gannabos. Hierdie bos is rateltaai en het 'n hoë voedingswaarde. Die gannabos kan ook vergelyk word met die simbool van die Griekwavolk, die kanniedood - 'n simbool van hierdie volk se vermoë om te bly groei en sterker te word ten spyte van swaarkry. In die droogte lyk die bos verstok en dood, maar as die reën begin val, verdwyn die leweloosheid. In die tye van swaarkry verloor hy sy fleur, maar sy wortels is so stewig geanker in die aardbodem dat hy in die regte omstandighede jaar na jaar herrys.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,570
In die Wes-Kaap is ons besig om soos die gannabos en die kanniedood ons karakter te wys. Noudat die reën begin val en die regte omstandighede daar is, is die pad wat ons kies nie die een wat vir ons mense net agtdaegras - dit wil sê tydelike verligting en valse hoop - sal bring nie. Ekonomiese groei sonder werkskepping en volhoubaarheid is nie vir ons mense goed genoeg nie. Deur die regte planne op die regte tyd in te stel en met dissipline te implementeer, sit ons vir ons mense N'abbas - die beste uitsoekkos - op die tafel. Ons planne is gemik op die skep van stabiliteit en volhoubaarheid - menswaardigheid vir al ons mense - geanker met lewenskragtige wortels soos dié van die gannabos en kanniedood.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,571
Speaker, ons Regering verteenwoordig al die mense van die Wes-Kaap. Ons is nie langer verdeel nie. Vandag het ons 'n regering in die Wes-Kaap wat regeer vir al die mense van hierdie provinsie. Ons is besig om te wys dat bruin, wit, swart en Indiër-Suid-Afrikaners ten beste slaag wanneer hulle in vennootskap werk en bou aan ons gedeelde toekoms.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,572
Ek was vanoggend besonder geroer om deur soveel kinders uit elke gemeenskap van die Wes-Kaap ingewag te word - hul stemme verenig in sang, hul gesiggies verenig in hoop, en hul toekoms verenig in en deur Suid-Afrika. Op tien jaar is hulle ons vrygebore geslag - die mees konkrete en kragtige uitdrukking van hoe ver ons gekom het in die eerste dekade van Suid-Afrikaanse demokrasie.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,573
Februarie verlede jaar het ek ons Regering daartoe verbind om 2003 'n jaar van toepassing en dienslewering te maak en so die grondslag te lê vir die vind van oplossings vir sowel ons korttermynuitdagings as hul langtermynoorsake. Ons het iKapa eliHlumayo bekend gestel om groei in die Kaap te bevorder sodat almal daarin kan deel - die beste instrument om ons beleid en ons optrede vir die volgende dekade te dryf. iKapa eliHlumayo is ons voertuig om elke gemeenskap saam met ons te neem op die pad om 'n provinsie van wêreldgehalte te wees. Dit is ons opdrag om te bewaar.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,574
Gedurende die afgelope twee jaar het ons Koalisie van Hoop 'n stabiele platform in die Wes-Kaap geskep. Hierdie koalisie is 'n anker wat sekerheid vir buitelandse en plaaslike beleggers skep - beleggers wie se vennootskap ons besonder waardeer in die groei en ontwikkeling van ons ekonomie sodat ons werk vir ons mense kan skep.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,575
Afgesien van stabiliteit en die afbreek van die skeidsmure tussen ons gemeenskappe was die grootste bydrae van hierdie Regering tot die toekomstige sukses van ons provinsie, die instelling van 'n langtermynbeplannings-horison - die opstel van 10- en 15-jaarplanne om aandag te gee aan die onderliggende oorsake van talle van ons ernstigste uitdagings.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,576
Dit is gepas dat ons hier berig dat in die laaste twee jaar van die eerste dekade van demokrasie ons uitgeblink het met die lê van stewige fondamente vir die uitbreiding van ons dienslewering en die vestiging van blywende menswaardigheid in die volgende dekade.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,577
Om die toekoms vir die volgende geslagte te verseker, vereis dat ons ernstig en dringend aandag skenk aan die kwessies van werkloosheid en armoede. Ons provinsie se bevolking het toegeneem van net onder 4 miljoen in 1996 tot ver oor die 4,5 miljoen volgens Sensus 2001 - hoofsaaklik as gevolg van migrasie uit ander provinsies. Dit beteken dat ons provinsiale bevolking gegroei het met omtrent 2,9% per jaar, vergeleke by die nasionale bevolkingsgroei van sowat 2,1%. Wat egter belangriker is, is dat die ekonomies aktiewe bevolking in ons provinsie byna twee keer so vinnig aangewas het as in Suid-Afrika as geheel.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,578
Onder die belangrikste kwessies waaraan by ons jongste Kabinetsbosberaad aandag gegee is, was die behoefte om met ons maatskaplike vennote ooreen te kom oor mikro-ekonomiese strategieë vir die provinsie om ons doelwitte te bereik. Binne vyf jaar gaan ons R5 miljard se nuwe beleggings en ten minste 100 000 nuwe werksgeleenthede verseker. Ons streef ook daarna om teen 2008 deur middel van uitgebreide openbarewerke-programme 120 000 werk- en opleidingsgeleenthede oor die kort termyn te skep.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,579
Geagte Speaker, Minister Rasool en sy departemente het ons voorsien van 'n gefokuste en prioriteitsgerigte begroting wat ons besteding konsentreer op die implementering van iKapa eliHlumayo. Ons begroting is gemik op sowel doelgerigte armoedeverligting as die ontwikkeling wat die Wes-Kaap nodig het vir volgehoue ekonomiese groei en werkskepping. Ons begroting is ingestel op werklike fiskale dissipline.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,580
Ons sal nie die toekoms van ons vrygebore geslag verpand vir korttermynvoordele nie. By die wegruiming van die agterstande van die verlede het hierdie Regering in sy Mediumtermynbegrotings-beleidsverklaring die begrote tekort afgebring van meer as R434 miljoen in 2003/04 tot R366 miljoen in 2004/5.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,581
Onder die leiding van ons Provinsiale Minister van Gesondheid, Piet Meyer, is Gesondheidsorg 2010 verlede jaar in Maart deur die Provinsiale Kabinet goedgekeur. Gesondheidsorg 2010 is ontwerp om seker te maak dat die mense van die Wes-Kaap teen 2010 in plaas van R1 miljard se gesondheidstekort verbeterde dienste sal beleef. Die eindresultaat word weerspieël as 'n toename in ons vermoë by wyse van 'n bykomende 2 miljoen primêre gesondheidsbesoeke per jaar teen 2010.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,582
Onder die vele ander suksesse op die gebied van gesondheidsorg oor die afgelope jaar was die beginselgoedkeuring van tot US$66 miljoen oor vyf jaar van die Wêreldfonds vir die Bekamping van MIV-vigs, en die bekendstelling van veldtog vir die voorkoming van moeder-na-kind-oordrag van vigs onder alle swanger vroue wat openbare gesondheidsklinieke bywoon.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,583
Dit is belangrik, geagte Speaker, dat ons verstaan wat die omvang van die uitdagings en die begrotingsdruk is waarvoor Minister Meyer en Minister Fransman en hul departemente te staan kom. Dit is deels as gevolg van migrasie, deels vanweë die herstrukturering van gesondheidsorg, and deels vanweë die uitgebreide behoefte aan maatskaplike toelaes.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,584
Die getal bevoordeeldes wat maatskaplike toelaes ontvang, het toegeneem van omtrent 362 000 in Desember 2001 tot meer as 502 000 hierdie maand - en daar word verwag dat die getal aanstaande jaar op 550 000 te staan sal kom. Die enkele grootste drywer van hierdie groei is die toename in kinderondersteunings-toelaes. Hierdie maand het ons alreeds 42 479 kinders tussen die ouderdomme van 8 en 9 wat hierdie toelaes ontvang. Dit is ons oortuiging dat daar teen die einde van die volgende boekjaar meer as 93 000 kinders oor die ouderdom van 7 sal wees wat uit hierdie toelaes voordeel sal trek.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,585
Soortgelyke uitdagings word ondervind in ons lewering van gesondheidsdienste - terwyl migrasie na die provinsie alleen die oprigting van tot drie nuwe klinieke elke jaar noodsaak. Afgesien daarvan, en die feit dat 'n ontleding deur die Nasionale Departement van Gesondheid toon dat verhoogde finansiering - in die omgewing van R150 miljoen per jaar - vir die Wes-Kaap geregverdig is, sal die ál kleiner voorwaardelike toewysing vir tersiêre gesondheidsdienste waarskynlik uitloop op 'n tekort van omtrent R160 miljoen in reële terme.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,586
Minister Hangana en haar Departement van Behuising staar ewe groot uitdagings in die gesig. Ten spyte daarvan dat ons die Behuisingsbegroting van R271 miljoen in 2001 tot R514 miljoen verlede jaar verhoog het, is ons nie in staat om tred te hou met die vraag nie. In die Stad Kaapstad alleen neem die vraag jaarliks toe met omtrent 20 000 eenhede. Hiervan is omtrent 9 000 die gevolg van die vorming van nuwe gesinne, terwyl 11 000 die gevolg is van migrasie uit ander provinsies.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,587
Ons moet werk maak van die onderbesteding van ons Behuisingsbegroting. Dit is 'n landwye probleem vanweë nuwe nasionale wetgewing en regulasies, asook 'n gebrek aan vermoë op plaaslikeregeringsvlak, maar ons moet ook die situasie in die Departement van Behuising regstel sodat elkeen in dieselfde rigting trek.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,588
Teen die agtergond van hierdie dringende begrotingskwessies sal die Wes-Kaapse Regering vanjaar op konstruktiewe wyse met die Nasionale Regering saamwerk aan die opstel van die billikeaandeel- formule, en die omvang van voorwaardelike toelaes wat uit nasionale beleid voortspruit.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,589
Speaker, ons verstaan dat gehalte-onderwys die sleutel is tot werkskepping. In September verlede jaar het Minister Rasool en Minister Gaum 'n taakspan onder die voorsitterskap van dr. Franklin Sonn saamgestel om ons Regering van raad te bedien oor 'n strategie vir mensehulpbron-ontwikkeling en vaardigheidsopleiding ter ondersteuning van iKapa eliHlumayo, en om alle leeraktiwiteite in die provinsie te omvat. Die voortvloeiende verslag en aanbevelings, gekombineer met Minister Gaum en sy Departement se Visie 2020, sal ons help om die sogenaamde 'leer-silo's' af te takel en daardeur klem te laat val op 'n geïntegreerde benadering tot alle provinsiale onderwys, van voor Graad R, deur die formele skoolfase en tersiêre onderwys tot by indiensopleiding, Basiese Onderwys en Opleiding vir Volwassenes, en lewenslange opleiding.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,590
Verlede jaar se styging in die matriekslaagsyfer vir die derde agtereenvolgende jaar tot 'n rekordsyfer van 87,1% is 'n aanduiding dat ons onderwys- en opleidingsinisiatiewe voortgaan om vrugte te dra.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,591
Die Wes-Kaap het baanbrekerswerk gedoen deur in Mei verlede jaar die eerste provinsie te word om 'n konferensie oor swart ekonomiese bemagtiging aan te bied en so die toon aan te gee vir die inwerkingstelling van iKapa eliHlumayo. In die Wes-Kaap moet swart ekonomiese bemagtiging ook bruin ekonomiese bemagtiging insluit.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,592
Die Konferensie oor Swart Ekonomiese Bemagtiging het ook werklike stukrag verleen aan die heel eerste Spitsberaad oor Provinsiale Groei en Ontwikkeling wat ons in November in vennootskap aangebied het. Deur die Regering, die sakesektor (met inbegrip van die landbou), die arbeidsektor en die gemeenskap (waaronder vroue, die jeug en mense met gestremdhede) so byeen te bring het ons nie alleen tot 'n raamwerkooreenkoms as die basis van 'n nuwe sosiale akkoord vir die provinsie gekom nie, maar ook konsensus bereik oor die makro-ekonomiese strategieë vir die provinsie.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,593
Ons Regering besef dat ons groeistrategie gerugsteun moet word deur die nodige fisiese infrastruktuur. Dit is waarom Minister Essop en haar Departement nou die laaste afrondingswerk doen aan ons Strategiese-infrastruktuurplan om ons groeisektore te versterk en ons besteding allereers te rig op die mees kritieke infrastruktuur. Dit sal deur middel van konstruksiewerk ook oor die kort termyn vir werkgeleenthede en vir die oordrag van kennis in ons armste gemeenskappe sorg.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,594
Ons sleutelmikpunt is om die investeringsvlakke in kritiek belangrike sosiale en ekonomiese infrastruktuur te verhoog van die huidige 1,1% van die BBP vir die streek tot 2,5% teen 2008. Ten einde die geraamde agterstand van R1,4 miljard in provinsiale padinfrastruktuur en -instandhouding uit te wis, sal ons ook in oorleg met die Nasionale Tesourie die instelling van 'n brandstofheffing in die Wes-Kaap oorweeg. Die uitvoerbaarheidsverslag is afgehandel en die Provinsie sal 'n proses van oorlegpleging met die nywerheid en belastingbetalers volg deur middel van openbare aanhoring voordat enige finale voorlegging aan die Nasionale Tesourie gemaak word.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,595
Geagte Speaker, ons is tans besig om die getal polisiebeamptes in die Wes-Kaap te vermeerder van 12 000 tot 18 000. Toe ons koalisieregering laat in 2001 aan bewind gekom het, was daar 11 833 polisiebeamptes in ons provinsie. Verlede jaar ons aangekondig that 3 212 nuwe polisierekrute (64% van die nasionale inname) tot die getalle van die SAPD in ons provinsie gevoeg sou word. Daar is tans meer as 16 000 beamptes wat ons gemeenskappe beskerm en ons is goed op dreef met die versterking van hierdie getal tot 18 000 teen die einde van hierdie jaar - 'n toename van meer as 50% in net twee jaar. Aanstaande maand alleen word daar nog 1 700 nuwe rekrute in die provinsie verwag, en nog 900 in Mei. Dit het ons gedoen om die wurggreep wat misdadigers op sommige van ons woonbuurte uitoefen, te verbreek en die strate te beveilig vir ons geslagte wat in vryheid gebore is.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,596
Dit is waarom ons die veiligste feesseisoen in 'n dekade beleef het. Ek wil graag vir Minister Ramatlakane, Provinsiale Polisiekommissaris Petros, die manne en vroue van die SAPD, ons MND en verkeerspersoneel, en elke vrywilliger wie se harde werk hierdie uitstaande prestasie moontlik gemaak het, gelukwens. Die moordsyfer het met 34% gedaal, roof met 24% en misdaad in die algemeen met 18,2%. Met ander polisiëringsinisiatiewe soos die ingebruikneming van 36 nuwe kringtelevisiekameras teen 'n koste van R11 miljoen in nuwe gebiede soos Mitchells Plain and Khayelitsha, die versterking van ons Kinderbeskermingseenhede oral in die provinsie, en ons planne om vanjaar buurtstraatkomitees op te lei, is ons besig om die stryd teen misdaad te wen.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,597
Sedert Augustus 2001 is meer as 4 400 mense deur grondhervorming in die Wes-Kaap bevoordeel en ons is van plan om hierdie syfer oor die volgende paar jaar op te stoot na 7 000. Minister Gelderblom en sy Departement het, in vennootskap met die Nasionale Regering, ook daarin geslaag om te verseker dat 54% van hierdie bevoordeeldes vroue is en 40% jongmense, wat grondhervorming een van die belangrikste instrumente van direkte bemagtiging in ons provinsie maak. Om te verseker dat hierdie mense oor die lang termyn sukses behaal, het ons ook 'n nuwe landbou-opleidingsentrum op George geopen. Dit word gevolg deur die opening van 'n soortgelyke sentrum op Oudtshoorn vroeg vanjaar, en 'n derde op Vredendal aanstaande jaar.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,598
Speaker, gelei deur Minister Dowry het die Provinsiale Kabinet nou die sakeplanne vir die voortgaande ontwikkeling van Mitchells Plain en Khayelitsha goedgekeur deur die Stedelike Hernuwingsprogram. In vennootskap met die Stad Kaapstad sal ons oor vyf jaar sentrale sakegebiede ter waarde van meer as R580 miljoen in hierdie twee groeipunte ontwikkel. Ons kyk ook met nuwe insigte na landelike ontwikkeling in gebiede soos die Sentrale Karoo om seker te maak dat ons provinsiale groei alle Wes-Kaapse gemeenskappe tot voordeel strek en nie net dié in stedelike gebiede nie. Ons het die afgelope jaar ook goeie vordering gemaak met die verstewiging van die samewerking en koördinering tussen ons Provinsiale Regering en die munisipaliteite van die Wes-Kaap.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,599
Ons pogings tot ontwikkeling en beter geleenthede in gebiede waar dit die nodigste is, was ook die fokus van Minister McKenzie en sy Departement. Deur middel van groot byeenkomste soos die Krieketwêreldbeker-openingsgeleentheid en ook deur grondvlakinisiatiewe soos Sport se "Stepping Stones"-projek gaan ons voort om alle gemeenskappe op die pad na wêreldgehalte te bring.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,600
Ten slotte, geagte Speaker, trap baie van ons wat in die Wes-Kaap woon in die strik dat ons vergeet hoe wonderlik die lewe in ons provinsie eintlik is. Ons vergeet dat die invloei van mense uit alle dele van Suid-Afrika en van oor die wêreld dien as bewys van ons voortgaande sukses. Ons vergeet dat ons met reg trots kan wees op die Wes-Kaap en dat ons daarop trots moet wees om hier te leef en werk. Bygesê, ons moet altyd onthou dat daar nog baie werk voorlê aan die verbetering van die lewenspeil van duisende in ons armste gemeenskappe.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,601
Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om my persoonlike waardering te betuig teenoor die leier van ons koalisievennoot in die Regering, Minister Rasool. Nêrens het dit duideliker na vore gekom hoe positief hierdie koalisie vir die Wes-Kaap is nie as gedurende ons Provinsiale Imbizo-fokusweek en die Presidensiële Imbizo verlede jaar, toe die mense van die provinsie in groot getalle ons Regering onderskryf het en hul waardering uitgespreek het oor ons bereidheid om saam te werk in belang van hul gemeenskappe.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,602
Ek is ook trots op die staatsdiens in ons provinsie onder die leierskap van ons Direkteur-generaal, dr. Gilbert Lawrence, en die onderskeie departementshoofde. Die mense van die Wes-Kaap kan daarop trots wees om ongeveer 68 000 uiters bekwame mans en vroue in ons staatsdiens hê, en namens die Regering en die mense van die provinsie dra ek ons dank aan hulle oor. Ons sal ook vanaand tydens 'n gala-dinee in die Paarl ons staatsdiensamptenare vir hul uitnemende diens tydens die eerste tien jaar van demokrasie vereer.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,603
By geleentheid van ons eerste dekade van demokrasie en gedagtig aan ons eerste vrygebore geslag kinders moet ons ook in gedagte hou dat die uitdagings waarvoor ons nog te staan sal kom, te bowe gekom sal word deur dieselfde sterk vennootskappe wat ons tot hier toe gebring het.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,604
In die woorde van een van die Wes-Kaap se mees gerespekteerde seuns, dr. Franklin Sonn: "Die beste lê nog voor."
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,605
Wanneer swart, wit en bruin mense hande vat en koppe bymekaarsit, het ons die beste kans op sukses met die verbetering van almal se lewens.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,606
Laat ons hande vat om ons provinsie van wêreldgehalte te bou. Saam sal ons vir ons seuns en dogters in die Wes-Kaap 'n regverdige deel verseker.
1,749
GOV-ZA.61258.2010-03-24.af.txt
25,607
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,750
GOV-ZA.61649.2010-03-24.af.txt
25,609
Die Departement van Plaaslike Regering in die Wes-Kaap as deel van ons mandaat om plaaslike regering te versterk, te moniteer en te kapasiteer met 'n fokus op ontwikkelingsgerigte plaaslike regering, het Distriksmunisipaliteite genooi om kandidate te nomineer vir die eerste beurse wat deur die Departement toegeken is.
1,750
GOV-ZA.61649.2010-03-24.af.txt
25,610
Die doel van die beurse is om dit moontlik vir voorheen benadeelde munisipale amptenare te maak vir tersiëre studies in Ontwikkelingsbestuur.
1,750
GOV-ZA.61649.2010-03-24.af.txt
25,611
Dit is met trots dat ek kan aankondig dat die eerste beurs vir deeltydse studie in MPHIL in Volhoubare Ontwikkeling toegeken is aan mnr Ralph Links van die Sentraal Karoo Distriksmunisipaliteit. Mnr Links het reeds sy beurs opgeneem en met studies gedurende Februarie 2004 begin. Hierdie inisiatief is deel van 'n departementele program om vaardighede te kweek in ontwikkelingsgerigte studies in die sfeer van plaaslike regering.
1,750
GOV-ZA.61649.2010-03-24.af.txt
25,612
Dit is in ons gesamentlike belang dat voorheen benadeelde munisipale amptenare die nodige opleiding kry en om hulle toe te rus met die nodige vaardighede tot voordeel van plaaslike regering in die Wes-Kaap. Met hierdie tipe van intervensies om demografiese verteenwoordiging te bereik, soos beurse vir verdere tersiëre studies en uitgebreide sertifikaat opleidingskursusse, spesifiek gemik op senior bestuur by munisipaliteite, met 'n fokus op vroue amptenare op middel/senior vlak, munisipale bestuur leerlingbeamptes, en potensiële munisipale leerlingbeamptes, het die Departement van Plaaslike Regering die verantwoordelikheid geneem om te verseker dat die doel bereik word.
1,750
GOV-ZA.61649.2010-03-24.af.txt
25,613
Dit is deel van ons gesamentlike pogings en word ook gereflekteer in my Ministerie en die Departement se visie, naamlik, "Ontwikkelingsgerigte plaaslike regering deur Vennootskappe en mede-verantwoordelikheid."
1,750
GOV-ZA.61649.2010-03-24.af.txt
25,614
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,751
GOV-ZA.6289.2010-03-24.af.txt
25,616
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,751
GOV-ZA.6289.2010-03-24.af.txt
25,617
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,752
GOV-ZA.6338.2010-03-24.af.txt
25,619
Die provinsiale Omgewingsgesondheidsdiens oudit (moniteer en evalueer), koördineer en ondersteun omgewingsgesondheidsdienste in die provinsie.
1,752
GOV-ZA.6338.2010-03-24.af.txt
25,620
Die formulering van provinsiale omgewingsgesondheidsbeleid, -riglyne, -norme en -standaarde.
1,752
GOV-ZA.6338.2010-03-24.af.txt
25,621
Die versekering dat koöperatiewe regering in samewerking met die toepaslike nasionale en provinsiale departemente en ander belanghebbendes plaasvind.
1,752
GOV-ZA.6338.2010-03-24.af.txt
25,622
Ondersoek na en verslagdoening oor alle ministeriële (nasionale en provinsiale) navrae.
1,752
GOV-ZA.6338.2010-03-24.af.txt
25,623
Fasilitering en koördinering van die reaksie van omgewingsgesondheid ten opsigte van rampbeheer.
1,752
GOV-ZA.6338.2010-03-24.af.txt
25,624
Fasilitering en voorsiening van provinsiale insette oor omgewingsgesondheid ten opsigte van nuwe ontwikkelings en grondbenutting.
1,752
GOV-ZA.6338.2010-03-24.af.txt
25,625
Beheer oor en fasilitering van provinsiale en nasionale voedselveiligheidsprogramme, asook die ondersoek van voorvalle van voedselvergiftiging.
1,752
GOV-ZA.6338.2010-03-24.af.txt
25,626
Ouditering van wetlike nakoming van bestralingsfasiliteite en bestraalde kommoditeite namens die Nasionale Departement van Gesondheid.
1,752
GOV-ZA.6338.2010-03-24.af.txt
25,627
Bestuur van gemeenskapsdiens van OGP's in die provinsie saam met die provinsiale koördineerder vir Gemeenskapsdienste.
1,752
GOV-ZA.6338.2010-03-24.af.txt
25,628
Beheer oor die invoer, vervaardiging en verkope van gevaarlike stowwe (lisensiëring) en fasilitering van die ondersoek na vergiftiging deur plaagdoders, en landbou- en veemedisyne.
1,752
GOV-ZA.6338.2010-03-24.af.txt
25,629
Fasilitering en koördinering van die omgewingsgesondheidsoptrede ten opsigte van die voorkoms van oordraagbare siektes.
1,752
GOV-ZA.6338.2010-03-24.af.txt
25,630
Ouditering van omgewingsgesondheidstoestande by alle regeringsinstellings Parlement, hospitale, instellings van Korrektiewe Dienste, polisiestasies, ens.
1,752
GOV-ZA.6338.2010-03-24.af.txt
25,631
Nadere besonderhede kan verkry word van die volgende provinsiale gesondheidsbeamptes.
1,752
GOV-ZA.6338.2010-03-24.af.txt
25,632
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,753
GOV-ZA.6342.2010-03-02.af.txt
25,634
Bejaardes het dikwels gespesialiseerde gesondheidsdienste nodig. Hiermee saam is soms ook ander gespesialiseerde dienste soos behuising of vervoer nodig.
1,753
GOV-ZA.6342.2010-03-02.af.txt
25,635
Hoewel die bestuur van Tehuise vir Bejaardes (TB's) 'n funksie van die Departement van Maatskaplike Dienste is, is die Departement van Gesondheid indirek en direk betrokke by die gesondheidsbehoeftes van bejaardes. Bejaarde pasiënte, met inbegrip van bejaardes met chroniese siektes, het op alle vlakke toegang tot gesondheidsorg vir medikasie, rehabilitasie en ander gesondheidsbehoeftes. Pasiënte kan klinieke en hospitale soos nodig op hulle eie besoek, hetsy van TB's of van hulle eie huise of woonplekke af. Vervoer word deur sommige TB's voorsien. Daarbenewens kontroleer die Departement die voedingsgehalte van maaltye wat by TB's voorsien word. Tuisversorging vir bejaardes is ook beskikbaar en kan via gemeenskapsgesondheidsentra in die Metro verkry word. Hierdie diens sal ná Maart 2004 vir bejaardes in plattelandse gebiede beskikbaar wees.
1,753
GOV-ZA.6342.2010-03-02.af.txt
25,636
Mishandeling van bejaardes is 'n ernstige probleem en word gesamentlik deur die Departemente van Maatskaplike Dienste en Gesondheid en soms ook die Departement van Gemeenskapsveiligheid gehanteer. Die nuwe wet op bejaardes omskryf mishandeling van bejaardes en wie die voorkoms daarvan moet aanmeld.
1,753
GOV-ZA.6342.2010-03-02.af.txt
25,637
Die oorsake van mishandeling is veelvoudig, hoewel dit meer waarskynlik sal voorkom indien die bejaarde persoon fisies afhanklik is, onvoldoende inkomste het om selfstandig te wees, en vergeetagtig, besluiteloos of verward is. Ander moontlike faktore is armoede, werkloosheid, ontoepaslike behuising, huweliksprobleme, alkohol- en dwelmmisbruik en swak kommunikasie met of deur die bejaarde persoon. Van die vyf soorte mishandeling (liggaamlik, emosioneel, finansieel, verwaarlosing en seksueel) is liggaamlike mishandeling die skadelikste, en bring dit liggaamlike, emosionele en psigiese pyn en lyding mee.
1,753
GOV-ZA.6342.2010-03-02.af.txt
25,638
Gesondheidspersoneel op alle versorgingsvlakke kan familielede en vriende inlig oor die tekens waarna hulle kan oplet indien hulle mishandeling van 'n bejaarde vermoed, of dit by 'n bejaarde se huis, in 'n TB, ander instelling of woonplek plaasvind. Gesondheidspersoneel hou 'n register van alle gevalle van mishandeling wat aangemeld word.
1,753
GOV-ZA.6342.2010-03-02.af.txt
25,639
Families en die publiek kan mishandeling by hulle naaste Welsynskantoor aanmeld. Daar is ook 'n nasionale hulplyn (0800 0030 81) waar mishandeling aangemeld kan word.
1,753
GOV-ZA.6342.2010-03-02.af.txt
25,640
Deur die maatskaplike welsynsdienste in 'n noodgeval te skakel kan 'n bejaarde persoon in 'n veilige plek by een van 'n paar tehuise vir bejaardes geplaas word totdat verblyf gereël kan word of die probleem opgelos kan word.
1,753
GOV-ZA.6342.2010-03-02.af.txt
25,641
Gesondheidsdienste voorsien hulptoestelle soos rolstoele aan bejaardes om hulle minder afhanklik te maak. Hulle kan ook aangemoedig word om by ondersteuningsgroepe vir bejaardes aan te sluit. Bejaardes moet aangemoedig word om so lank as moontlik met ondersteuning in hulle eie huise te bly. Bejaardes moet hulle regte ken sodat hulle bemagtig kan word om omstandighede aan te meld wat ongewens is.
1,753
GOV-ZA.6342.2010-03-02.af.txt
25,642
Indien u 'n nuwe besoeker by die kliniek, sekondêre of tersiêre hospitaal is, sal u gevra word om 'n vorm in te vul, waarna 'n lêer vir u oopgemaak sal word. U moet onthou om u ID-boek saam te bring. Wanneer u 'n hospitaal besoek, word 'n verwysingsbrief van die kliniek vereis. Die hospitaal vereis ook u mees onlangse salarisstrokie of inkomste-aanslag (IRP5). Indien u reeds by die hospitaal geregistreer is, bring u hospitaalkaart saam.
1,753
GOV-ZA.6342.2010-03-02.af.txt
25,643
Gratis, maar daar is koste verbonde aan hospitaalbesoeke. Dit word volgens die hospitaal se tariefskaal gebaseer op die pasiënt se verdienste, en op die getal afhanklikes van pasiënte. Daar was planne om alle hulptoestelle van 1 Julie 2003 af gratis te voorsien.
1,753
GOV-ZA.6342.2010-03-02.af.txt
25,644
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,753
GOV-ZA.6342.2010-03-02.af.txt
25,645
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,754
GOV-ZA.6342.2010-03-24.af.txt
25,647
Bejaardes het dikwels gespesialiseerde gesondheidsdienste nodig. Hiermee saam is soms ook ander gespesialiseerde dienste soos behuising of vervoer nodig.
1,754
GOV-ZA.6342.2010-03-24.af.txt
25,648
Hoewel die bestuur van Tehuise vir Bejaardes (TB's) 'n funksie van die Departement van Maatskaplike Dienste is, is die Departement van Gesondheid indirek en direk betrokke by die gesondheidsbehoeftes van bejaardes. Bejaarde pasiënte, met inbegrip van bejaardes met chroniese siektes, het op alle vlakke toegang tot gesondheidsorg vir medikasie, rehabilitasie en ander gesondheidsbehoeftes. Pasiënte kan klinieke en hospitale soos nodig op hulle eie besoek, hetsy van TB's of van hulle eie huise of woonplekke af. Vervoer word deur sommige TB's voorsien. Daarbenewens kontroleer die Departement die voedingsgehalte van maaltye wat by TB's voorsien word. Tuisversorging vir bejaardes is ook beskikbaar en kan via gemeenskapsgesondheidsentra in die Metro verkry word. Hierdie diens sal ná Maart 2004 vir bejaardes in plattelandse gebiede beskikbaar wees.
1,754
GOV-ZA.6342.2010-03-24.af.txt
25,649
Mishandeling van bejaardes is 'n ernstige probleem en word gesamentlik deur die Departemente van Maatskaplike Dienste en Gesondheid en soms ook die Departement van Gemeenskapsveiligheid gehanteer. Die nuwe wet op bejaardes omskryf mishandeling van bejaardes en wie die voorkoms daarvan moet aanmeld.
1,754
GOV-ZA.6342.2010-03-24.af.txt
25,650
Die oorsake van mishandeling is veelvoudig, hoewel dit meer waarskynlik sal voorkom indien die bejaarde persoon fisies afhanklik is, onvoldoende inkomste het om selfstandig te wees, en vergeetagtig, besluiteloos of verward is. Ander moontlike faktore is armoede, werkloosheid, ontoepaslike behuising, huweliksprobleme, alkohol- en dwelmmisbruik en swak kommunikasie met of deur die bejaarde persoon. Van die vyf soorte mishandeling (liggaamlik, emosioneel, finansieel, verwaarlosing en seksueel) is liggaamlike mishandeling die skadelikste, en bring dit liggaamlike, emosionele en psigiese pyn en lyding mee.
1,754
GOV-ZA.6342.2010-03-24.af.txt
25,651
Gesondheidspersoneel op alle versorgingsvlakke kan familielede en vriende inlig oor die tekens waarna hulle kan oplet indien hulle mishandeling van 'n bejaarde vermoed, of dit by 'n bejaarde se huis, in 'n TB, ander instelling of woonplek plaasvind. Gesondheidspersoneel hou 'n register van alle gevalle van mishandeling wat aangemeld word.
1,754
GOV-ZA.6342.2010-03-24.af.txt
25,652
Families en die publiek kan mishandeling by hulle naaste Welsynskantoor aanmeld. Daar is ook 'n nasionale hulplyn (0800 0030 81) waar mishandeling aangemeld kan word.
1,754
GOV-ZA.6342.2010-03-24.af.txt
25,653
Deur die maatskaplike welsynsdienste in 'n noodgeval te skakel kan 'n bejaarde persoon in 'n veilige plek by een van 'n paar tehuise vir bejaardes geplaas word totdat verblyf gereël kan word of die probleem opgelos kan word.
1,754
GOV-ZA.6342.2010-03-24.af.txt
25,654
Gesondheidsdienste voorsien hulptoestelle soos rolstoele aan bejaardes om hulle minder afhanklik te maak. Hulle kan ook aangemoedig word om by ondersteuningsgroepe vir bejaardes aan te sluit. Bejaardes moet aangemoedig word om so lank as moontlik met ondersteuning in hulle eie huise te bly. Bejaardes moet hulle regte ken sodat hulle bemagtig kan word om omstandighede aan te meld wat ongewens is.