document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
1,754
GOV-ZA.6342.2010-03-24.af.txt
25,655
Indien u 'n nuwe besoeker by die kliniek, sekondêre of tersiêre hospitaal is, sal u gevra word om 'n vorm in te vul, waarna 'n lêer vir u oopgemaak sal word. U moet onthou om u ID-boek saam te bring. Wanneer u 'n hospitaal besoek, word 'n verwysingsbrief van die kliniek vereis. Die hospitaal vereis ook u mees onlangse salarisstrokie of inkomste-aanslag (IRP5). Indien u reeds by die hospitaal geregistreer is, bring u hospitaalkaart saam.
1,754
GOV-ZA.6342.2010-03-24.af.txt
25,656
Gratis, maar daar is koste verbonde aan hospitaalbesoeke. Dit word volgens die hospitaal se tariefskaal gebaseer op die pasiënt se verdienste, en op die getal afhanklikes van pasiënte. Daar was planne om alle hulptoestelle van 1 Julie 2003 af gratis te voorsien.
1,754
GOV-ZA.6342.2010-03-24.af.txt
25,657
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,659
'n Persoon wat wil vasstel of hulle met MIV geïnfekteer is, kan na 'n kliniek of enige openbare gesondheidsfasiliteit gaan vir Vrywillige Toetsing en Berading (VTB). "Vrywillig" beteken dat die persoon self besluit om die toets te ondergaan. Niemand kan gedwing word om 'n MIV-toets te ondergaan nie.
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,660
Die drie hoofstappe wat gevolg word, is voortoetsberading, toetsing en natoetsberading.
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,661
Voortoetsberading word voor die MIV-toets deur 'n dokter, verpleegsuster of opgeleide lekeberader gegee om seker te maak dat die persoon genoeg weet om 'n ingeligte besluit oor 'n MIV-toets te neem. Die gesprek is privaat en vertroulik en sluit inligting oor MIV-vigs en die toets in. Die persoon kan ná voortoetsberading nog steeds die MIV-toets weier. Indien die persoon besluit om die toets te ondergaan, moet hy of sy 'n toestemmingsvorm onderteken.
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,662
Toestemming kan ook deur volmag gegee word. Dit beteken dat een persoon wetlik geregtig is om namens 'n ander persoon toestemming te gee. 'n Ouer of voog van 'n kind jonger as 14 jaar kan byvoorbeeld toestemming gee vir 'n MIV-toets op die kind. Kinders wat 14 jaar of ouer is en toestemming gegee het vir 'n MIV-toets, moet self hulle toetsuitslae ontvang. Die inligting mag nie sonder hulle toestemming aan hulle ouers verskaf word nie.
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,663
MIV-toetsing vir 'n werknemer by die werkplek word verbied tensy dit deur 'n bevel van die Arbeidshof ooreenkomstig die Wet op Diensbillikheid, Wet 55 van 1988 (Artikel 7(2)) geregverdig word.
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,664
Die MIV-toets is 'n akkurate wetenskaplike toets wat aantoon of 'n persoon met MIV geïnfekteer is en word gewoonlik op 'n bloedmonster van die persoon uitgevoer. Die meeste klinieke gebruik 'n sneltoets, wat beteken dat die resultate binne sowat 20 minute beskikbaar is.
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,665
Die sneltoetsresultate word tydens die natoetsberading aan die persoon gegee. Die sessie is vertroulik en dit is onwettig vir enige gesondheidswerker of berader om 'n negatiewe of positiewe toetsresultaat sonder die toestemming van die persoon wat getoets is aan enige ander persoon bekend te maak. 'n Persoon wat MIV-negatief is, sal berading kry oor die gevare van riskante seksuele gedrag en ingelig word oor veilige sekspraktyke, soos die gebruik van kondome.
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,666
'n Persoon wat MIV-positief is, sal berading kry oor hoe om die nuus te verwerk, en ook inligting oor veilige sekspraktyke en voeding. Die persoon mag deurlopende berading kry of na 'n ondersteuningsgroep of organisasie verwys word. 'n Swanger vrou wat positief getoets word, sal die opsie kry om by die Program vir die Voorkoming van Moeder-na-kind-oordrag aan te sluit.
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,667
Lekeberaders in die provinsie word deur 'n vigsopleidingsentrum, Weskaap VIGS Inligting- Raadpleging- en Opleidingsentrum (VIROS), in Plumstead, Kaapstad, opgelei. Slegs vrywilligers wat saam met NRO's op die gebied van MIV-vigs werk, kan vir opleiding aansoek doen.
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,668
Indien u enige vrae oor MIV-vigs het, skakel die gratis 24-uur-vigshulplyn by 0800 012 322.
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,669
Weskaap VIGS Inligting- Raadpleging- en Opleidingsentrum (VIROS): Tel.
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,670
National Association of People Living with HIV-aids (Napwa): Tel.
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,671
Treatment Action Campaign (TAC): Tel.
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,672
Aids Law Project (ALP): Tel.
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,673
SA Menseregtekommissie (SAMRK): Tel.
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,674
Vrywillige toetsing en berading is by die meeste klinieke en gemeenskapsgesondheidsentrums beskikbaar. Indien 'n gesondheidsfasiliteit nie hierdie diens kan lewer nie, moet die persoon verwys word na 'n beradingsagentskap of ander fasiliteit met die vermoë om voor- en natoetsberading te verskaf. Indien u 'n nuwe besoeker aan die kliniek of gemeenskapsgesondheidsentrum is, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en sal 'n lêer sal vir u oopgemaak word. Bring u ID-boek saam.
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,675
Sleutelpunte oor MIV-vigs (Openbare Inligting) (File type: pdf; size: 1.
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,676
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,755
GOV-ZA.6358.2010-03-24.af.txt
25,677
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,679
Anti-retrovirale is medisyne wat gebruik word om mense te behandel wat MIV(Menslike Immuniteitsgebrek Virus) positief is.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,680
MIV of die Menslike Immuniteitsgebrek Virus , veroorsaak MIV infeksie. Waneer 'n persoon geïnfekteer is met die virus is dit vir die res van hul lewe. MIV veroorsaak op die lang temyn Vigs (Verworwe Immuniteits Gebrek Sindroom). Vigs mag slegs ontwikkel na jare se infeksie met MIV.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,681
Die MIV word oorgedra van persoon tot persoon deur liggaamsvloeistowwe. Die mees moontlikste manier om met die virus geinfekteer te word is om aan 'n MIV positiewe persoon se seksuele vloeistowwe blootgestel te word gedurende seksuele omgang. Een in elke ses persone in Suid Afrika is MIV positief. 'n Persoon hoef nie baie seksmaats te hê of gereeld seks te beoefen om met MIV geïnfekteer te word nie.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,682
MIV kan ook oorgedra word deur bloed of deur 'n geïnfekteerde moeder na haar baba tydens swangerskap, geboorte of borsvoeding. Dit kan nie oorgedra word deur soen, deur die deel van eetgerei of deur dieselfde toilet te gebruik nie.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,683
Voorkoming en bewustheid bly die hoeksteen van die Departement van Gesondheid se benadering tot die behandeling van MIV/Vigs.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,684
Onthouding van seks - Dit is die enigste onfeilbare beskerming teen MIV-infeksie.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,685
Wedersydsegetrouheid - Seksmaats moet aan mekaar getrou bly. Hulle moet vry wees van MIV en ander seksueel oordraagbare siektes en met niemand anders seks he nie.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,686
Gebruik konsekwent 'n kondoom- Gebruik dit elke keer tydens seksuele omgang en gebruik dit reg.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,687
Jou liggaam het 'n immuun stelsel wat dit beskerm en wat jou gesond hou. MIV val die "soldate" in die immuun stelsel(genoem CD4 selle) aan en maak hulle dood. Sonder hierdie CD4 selle kan jou liggaam nie homself beskerm teen kieme nie.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,688
Dit neem die MIV baie jare (tussen 3 en 20) om al die CD4 selle te vernietig, dus neem dit 'n lang tyd voor dat daar te min is om die liggaam te beskerm. Dit is baie jare na infeksie wat 'n persoon gesond kan bly.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,689
Stadium 1: Gedurende hierdie periode is die "soldate" nog redelik sterk. 'n persoon met stadium 1 MIV lyk en voel gewoontlik goed. Kliere wat opswel in die nek en lieste is normaal - dit is 'n teken dat die immuun stelsel die MIV beveg.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,690
Stadium 2: Soos die CD4 telling daal sal minder erenstige siektes ontwikkel, soos vel uitslag en diarrhoea. Mense met Stadium 2 infeksie kan gewig begin verloor.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,691
Stadium 3: Tuberkulose is 'n algemene stadium 3 in die Wes-Kaap. Mense met stadium 3 siekte kan sproei in hulle monde opmerk. Meer gewigsverlies en diarrhoea kan voorkom tydens stadium 3 voorkom. Ander infeksies soos longontsteking kan voorkom. Mense met Stadium 3 MIV moet medisyne , genoem co-trimoxazole, elke dag drink. Dit help om bors infeksies en diarrhoea te voorkom.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,692
Stadium 4: 'n Persoon met stadium 4 MIV infeksie staan gevaar om opportunistiese infeksies te ontwikkel. Hierdie infeksies kom net voor in mense met baie swak immuun stelsels(CD4 tellings van minder as 200 selle/mm3). Wanneer een van hierdie siektes voorkom, word daar gese dat die persoon Vigs het.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,693
Baie siektes wat MIV geinfekteerde persone ontwikkel kan behandel word, veral waar dit vroegtydig gediagnoseer word. Party ander siektes kan voorkom word. Dit is baie belangrik dat MIV geinfekteerde persone hul verpleegster of dokter gaan spreek indien hulle ongesteld raak, sodat die probleem vroegtydig behandel kan word.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,694
Anti-retrovirale is medisyne wat vir mense met MIV gegee word om die virus in die bloed te onderdruk. DIT GENEES NIE MIV/Vigs NIE. Dit velaag net die vlakke van die virus in die bloed. Dit laat die immuun stelsel toe om te herstel(die CD4 telling kan toeneem). Mense wat anti-retrovirale middels neem mag vind dat hulle eetlus verbeter, hulle tel gewig op en probleme soos diarrhoea of vel uitslae verbeter.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,695
Indien anti-retrovirale middels gereeld en korrek geneem word, kan die medisyne die virus in die bloed verlaag tot 'n vlak waar dit nie meer gemeet kan word nie (onopspoorbaar).
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,696
Mense wat met MIV besmet is hoef nie die ant-retrovirale middles te gebruik terwyl hulle immuun stelsel nog sterk is nie(Stadium 1, 2 en 3). Anti-retrovirale middels moet slegs gebruik word wanneer die immuun stelsel verswak het. Anti-retrovirale behandeling moet oorweeg word wanneer 'n volwasse persoon se CD4 telling Mense wat met MIV besmet is hoef nie die ant-retrovirale middles te gebruik terwyl hulle immuun stelsel nog sterk is nie(Stadium 1, 2 en 3). Anti-retrovirale middels moet slegs gebruik word wanneer die immuun stelsel verswak het. Anti-retrovirale behandeling moet oorweeg word wanneer 'n volwasse persoon se CD4 telling 200 selle, of indien hulle 'n erenstige Stadium 4 siekte ontwikkel het.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,697
Anti-retrovirale medisyne sal net effektief wees indien dit gereeld en korrek gebruik word. Mense wat anti-retrovirale behandeling oorweeg moet bereid wees om elke dag , twee keer op 'n dag tablette te drink. Mense met 'n dwelmmiddel afhanklikheids probleem, soos alkohol misbruik, vind dit moeilik om medisyne betroubaar te neem elke dag. Dwelm misbruik probleme moet eers aangespreek word voordat daar met anti-retrovirale behandeling begin word.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,698
Kinders benodig anti-retrovirale behandeling wanneer hulle siek word met MIV verwante siektes of indien hulle 'n lae Code4 persentasie het.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,699
Antiretrovirale medisyne(ARMs) maak deel uit van die versorging van MIV positiewe mense. MIV positiewe mense kan 'n gesonde lewe lei vir baie jare voordat hulle ARMs behandeling moet ontvang. Dit is baie belangrik dat mense wat MIV positief is gereeld hulle primêre gesondheidsorg eenheid vir 'n ondersoek gaan. Mense wat MIV positief is moet dadelik na hulle primêre gesondheidsorg eenheid gaan indien hulle siek voel.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,700
Indien u 'n nuwe besoeker by die kliniek, sekondêre of tersiêre hospitaal is, sal u gevra word om 'n vorm in te vul, waarna 'n lêer vir u oopgemaak sal word. U moet onthou om u ID-boek saam te bring. Wanneer u 'n hospitaal besoek, word 'n verwysingsbrief van die kliniek vereis. Die hospitaal vereis ook u mees onlangse salarisstrokie of inkomste-aanslag (IRP5). Indien u reeds by die hospitaal geregistreer is, bring u hospitaalkaart saam.
1,756
GOV-ZA.6374.2010-03-24.af.txt
25,701
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,757
GOV-ZA.6387.2010-03-24.af.txt
25,703
Behandeling is beskikbaar vir opportunistiese infeksies wat, in teenstelling met vigs, meesal geneeslik is. Dit sluit diarree, tuberkulose, pneumonie (longontsteking) en candida (orale of vaginale sproei) in, wat 'n MIV-positiewe persoon maklik kan opdoen omdat hulle immuunstelsels deur MIV verswak word. Die behandeling van opportunistiese infeksies is beskikbaar vir MIV-negatiewe en MIV-positiewe mense. Enigeen met simptome van hierdie opportunistiese infeksies kan na 'n kliniek gaan waar hulle met antibiotika behandel sal word. Daar is reeds bewys dat hierdie behandeling die voorkoms van opportunistiese infeksies in vigs met 50% kan verminder. Die provinsie is ook deel van die Diflucan Vennootskapsprogram, wat die middel by 62 fasiliteite beskikbaar maak, waarvan 39 primêregesondheidklinieke is. Die middel behandel esofageale kandidiase en kriptokokkale meningitis. Onthou dat hoe gouer u 'n kliniek vir 'n MIV-toets besoek, hoe gouer kan u voorkomende behandeling kry om die aanvang van opportunistiese infeksies te keer indien die toetsresultaat positief is vir MIV.
1,757
GOV-ZA.6387.2010-03-24.af.txt
25,704
Behandeling is by alle primêregesondheidklinieke beskikbaar. Indien nodig, sal u na die gespesialiseerde vigs-kliniek by G.F. Jooste Hospitaal in die Metropool-streek verwys word. Daar is ook 20 toegewese vigs-klinieke in die provinsie waarheen u verwys kan word. Nuwe besoekers aan die kliniek of gemeenskapsgesondheidsentrum sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir die pasiënt oopgemaak word. Die pasiënt moet sy of haar ID-boek saambring. Wanneer 'n pasiënt 'n hospitaal besoek, word 'n verwysingsbrief van die kliniek vereis. Hospitale vra pasiënte vir hulle mees onlangse salarisstrokie of inkomste-aanslag (IRP5). Pasiënte wat reeds by die hospitaal geregistreer is, moet hulle hospitaalkaarte saambring.
1,757
GOV-ZA.6387.2010-03-24.af.txt
25,705
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,707
Moeder-na-kind-oordrag kom voor wanneer MIV, die virus wat vigs veroorsaak, tydens swangerskap, tydens geboorte of tydens borsvoeding van 'n moeder na haar baba oorgedra word.
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,708
Die VMNKO-program beoog om die risiko van oordrag van MIV van die ma na haar baba te verminder.
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,709
Wat is die VMNKO-program?
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,710
Wanneer 'n moeder na 'n kliniek, 'n obstetriese eenheid met vroedvroue aan diens of 'n hospitaal gaan vir haar eerste voorgeboortelike besoek, kry sy voorligting en word sy gevra of sy 'n MIV-toets wil ondergaan. Die uitslag is vertroulik, wat beteken dat net die berader en gesondheidwerkers wat na die moeder omsien, die uitslae sal bespreek.
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,711
As die moeder die toets ondergaan en daar vasgestel word dat sy MIV-positief is, sal sy die keuse hê om haar gratis by die VMNKO-program aan te sluit. As deel van die program sal sy Nevirapine en Zidovudine, wat middels teen MIV is, kry.
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,712
Die ma moet die Zidovudine van die 34ste week van haar swangerskap af neem, en sal Nevirapine gegee word wanneer die geboortepyne begin en sy by die hospitaal of kliniek aanmeld.
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,713
Die medikasie verminder slegs die moontlikheid dat die virus in die moeder se liggaam tydens kraam na die baba oorgedra word. Oordrag tydens kraam is die faktor wat verantwoordelik is vir 60-85% van die oordrag van die virus van die moeder na haar baba.
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,714
Babas wat die virus kry terwyl die moeder swanger is of as gevolg van borsvoeding, sal nie deur die teen-retrovirale medisyne beskerm word nie.
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,715
Die medikasie word slegs gebruik om die baba te probeer beskerm. Dit kan nie die ma van MIV genees nie. Enige ma wat wil weet wat haar MIV-status is kan by enige voorgeboortelike gerief in die Wes-Kaap toegang tot MIV-toetse en -behandeling kry.
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,716
Voorligting en raad oor voeding vir babas van MIV-positiewe moeders is beskikbaar. Ma's kry die keuse om óf vir vier tot ses maande uitsluitlik te borsvoed, óf om uitsluitlik te bottelvoed. Uitsluitlik borsvoed beteken dat die baba slegs borsmelk moet kry, en geen tee, geen water en geen sap nie. Dit verminder die moontlikheid dat die virus in die borsmelk na die baba oorgedra word. Moeders wat egter verkies om te bottelvoed sal vir ses maande gratis melkpoeier kry. Hulle sal by ontslag ná die geboorte twee blikkies melkpoeier kry en sal ook ag blikkies per maand by die plaaslike babakliniek kry.
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,717
Die moeder moet gereeld na die nageboortelike kliniek gaan om die baba te laat weeg en te laat inent, om melkpoeier te kry en Co-trimoxazole, 'n medisyne wat longontsteking voorkom, te ontvang.
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,718
Babas word op 14 weke vir MIV getoets. As die toets negatief is, het die baba nie meer Co-trimoxazole nodig nie. As die baba positief toets, moet daar voortgegaan word met Co-trimoxazole. 'n Baba wat positief toets, sal vir die res van sy of haar lewe spesiale sorg nodig hê.
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,719
MIV kan vir 'n lang tyd (3 tot 10 jaar) in die liggaam leef, al voel die moeder fiks en gesond. Dit is waarom ma's aangemoedig word om gereeld na die kliniek te gaan om medisyne teen opportunistiese infeksies te kry sodat hulle langer gesond kan bly. Die ma word ook aangemoedig om sonder uitsondering 'n kondoom tydens seks te gebruik sodat sy haar en haar maat teen besmetting met die virus kan beskerm, of om te voorkom dat hulle meer van die virus kry as albei maats MIV-positief is.
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,720
Die moeder sal ook voorligting ontvang oor voorbehoeding keuses ná die geboorte. Die gesondheidwerker sal die ma aanmoedig om aan die pa van die baba te sê dat sy MIV-positief is sodat hy ook getoets kan word. Dit kan gedoen word met die hulp van die berader of gesondheidwerker. Dit is belangrik dat die moeder by 'n groep aansluit wat haar sal ondersteun en aan haar inligting sal gee oor voedsame kos en hoe om na haarself en die baba om te sien. Formele steungroepe is beskikbaar en die plaaslike kliniek het meer inligting daaroor.
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,721
Onthou dat seksueel oordraagbare siektes by die ma die risiko van MIV-oordrag verhoog.
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,722
Gaan na 'n obstetriese eenheid met vroedvroue aan diens in stedelike gebiede en na vaste of mobiele klinieke en primêregesondheidsorg sentrums. As jy verder verwys word, sal jy na stedelike of plattelandse streekhospitale of tersiêre hospitale gestuur word.
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,723
Metro-streek: Me. J. Arendse 021 918 1545
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,724
Suid-Kaap/Karoo: Me. I. Reynierse 044 874 217 / 044 803 2700
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,725
Boland/Overberg: Mnr. J. Kruger 023 348 1424
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,726
Weskus/Wynland: Me. A. Herling 022 487 9332
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,727
Iemand wat vir die eerste keer na die kliniek of sekondêre of tersiêre hospitaal gaan, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir die pasiënt begin word. Bring jou ID-boekie saam. 'n Verwysingsbrief van die kliniek word vereis wanneer 'n hospitaal besoek word.
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,728
Die Beplande Ouerskap Vereniging (PPA) Wes-Kaap: tel 021 448 7312, e-pos [email protected].
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,729
Die Alliansie vir Reproduktiewe Regte (RRA): tel 011 403 2101, e-pos [email protected] of [email protected].
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,730
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,758
GOV-ZA.6389.2010-03-24.af.txt
25,731
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,759
GOV-ZA.6392.2010-03-24.af.txt
25,733
Tuisversorging is die verskaffing van basiese verpleegsorgdiens deur formele of informele versorgers aan mense in hulle eie huise. Hierdie diens is beskikbaar vir mense wat geestes-, fisiese, emosionele en sosiale behoeftes het. Onder mense wat vir hierdie versorging tel, is diegene wat beroerte gehad het, wat met MIV/Vigs leef, wat fisies of verstandelik gestrem is, en ook verswakte bejaardes of diegene wat terminaal siek is. Die versorging wat gegee word, is bedoel om die individu se maksimum vlak van gemak, funksionering en gesondheid, met inbegrip van versorging met die oog op 'n waardige dood, te herstel en in stand te hou.
1,759
GOV-ZA.6392.2010-03-24.af.txt
25,734
Wie verskaf tuisversorging?
1,759
GOV-ZA.6392.2010-03-24.af.txt
25,735
Tuisversorgingsdienste in die Wes-Kaap word verskaf deur organisasies sonder winsoogmerk (OSW's) wat deur die provinsiale regering gesubsidieer word en waarvoor hulle ook tender. Pasiënte wat ná ontslag uit die hospitaal voortgesette versorging by die huis benodig, word na 'n gesondheidsfasiliteit op primêregesondheidsorgvlak in die omgewing waar hulle woon verwys. Die verpleegsuster by die kliniek of primêregesondheidsorgsentrum verwys die pasiënt na die OSW-vennoot verantwoordelik vir tuisversorgingsdienste in die omgewing. Die OSW-koördineerder (verpleegsuster) sal die individu se behoeftes in sy/haar huis assesseer en 'n individuele versorgingsplan ontwikkel. Die suster ken dan 'n versorger toe aan die individu. Die versorger sal die diens lewer volgens die instruksies op die versorgingsplan en die suster sal die individu besoek om seker te maak dat die plan uitgevoer word.
1,759
GOV-ZA.6392.2010-03-24.af.txt
25,736
Tuisversorging is nie 'n 24-uurdiens nie en vervang nie die familie as die primêre versorgers nie. Dit is slegs bedoel om 'n aanvullende en ondersteunende diens te wees om te voorkom dat die versorgers wat vir siek familielede moet sorg, ooreis raak.
1,759
GOV-ZA.6392.2010-03-24.af.txt
25,737
Versorgers van die verskillende organisasies moet 'n tuisversorgingskursus wat deur die Departement van Gesondheid gefasiliteer word, deurloop. Voortgesette indiensopleiding word deur die Departement verskaf om bekwaamheid te verseker.
1,759
GOV-ZA.6392.2010-03-24.af.txt
25,738
Daar word van versorgers verwag dat hulle pasiënte en hulle familielede sal help om onafhanklik te leef en reg te kom. Vrywilligers word ook gewerf om die dienste wat deur versorgers gelewer word, aan te vul. Hulle stel hulleself beskikbaar as geselskap, om medikasie te gaan haal, om inkopies te gaan doen, ens.
1,759
GOV-ZA.6392.2010-03-24.af.txt
25,739
Let asseblief daarop dat hierdie diens nog nie in alle gebiede geïmplementeer is nie.
1,759
GOV-ZA.6392.2010-03-24.af.txt
25,740
Nie alle bedekte koste wat deur die OSW-vennote aangegaan word, word voldoende gesubsidieer nie en ten einde 'n afhanklikheidsindroom te voorkom, kan 'n klein vrywillige bydrae aan die OSW-vennoot gemaak word om vir vervoerkoste wat deur hulle vrywilligers aangegaan word, te vergoed.
1,759
GOV-ZA.6392.2010-03-24.af.txt
25,741
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,760
GOV-ZA.6394.2010-03-24.af.txt
25,743
Vroue en meisies wie se maandstonde een of meer weke laat is, word aangeraai om 'n swangerskaptoets te ondergaan. Hierdie toetse word gratis by primÊregesondheidsklinieke en ander gesondheidsfasiliteite gedoen. Hulle is egter nie altyd beskikbaar nie. 'n Toestelletjie waarmee vir swangerskap getoets kan word, kan by 'n apteek gekoop word.
1,760
GOV-ZA.6394.2010-03-24.af.txt
25,744
Die verpleegster sal u om 'n urinemonster vra wat getoets sal word.
1,760
GOV-ZA.6394.2010-03-24.af.txt
25,745
Sodra swangerskap bevestig is, is daar verskeie opsies. Indien die kliËnt die swangerskap wil behou, sal sy na gesondheidsfasiliteite, bekend as obstetriese eenhede met vroedvroue aan diens (OEV's), verwys word. Dit is kraameenhede wat deur vroedvroue in die gemeenskap bedryf word vir primÊregesondheid-sorgpasiËnte. Indien die moeder nie haar swangerskap wil hÊ nie, kan sy vra vir ander opsies, met inbegrip van beëindiging van die swangerskap.
1,760
GOV-ZA.6394.2010-03-24.af.txt
25,746
Indien u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste keer besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lÊer sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik, en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, indien u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is.
1,760
GOV-ZA.6394.2010-03-24.af.txt
25,747
Toetse is gratis by staatsgesondheidsfasiliteite, maar gaan beskikbaarheid na, veral in die plattelandse gebiede.
1,760
GOV-ZA.6394.2010-03-24.af.txt
25,748
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,760
GOV-ZA.6394.2010-03-24.af.txt
25,749
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,761
GOV-ZA.6398.2010-03-24.af.txt
25,751
Moeders kan geboorte skenk by vaste klinieke of by obstetriese eenhede met vroedvroue aan diens, wat deur vroedvroue in die gemeenskap bedryf word vir primêregesondheidsorgpasiënte. Indien daar tydens die geboorte komplikasies ontstaan, kan hulle verder na 'n hospitaal verwys word. Moeders wat MIV-positief is, kan by die Voorkoming van Moeder-na-kind-oordrag-diens aansluit.
1,761
GOV-ZA.6398.2010-03-24.af.txt
25,752
Verwagtende moeders word aangemoedig om 'n geboortemetgesel (man/vriend/familielid), wat in die diens as 'n doula bekend staan, saam te bring om met die geboorteproses by te staan. Daar is vasgestel dat moeders wat deur 'n doula vergesel word, minder pynmedikasie benodig omdat hulle voel hulle word ondersteun. Moeders kan 'n geboorteposisie (bv. hurk) versoek wat hulle die gemaklikste laat voel.
1,761
GOV-ZA.6398.2010-03-24.af.txt
25,753
Die gesondheidsfasiliteit gee aan alle moeders 'n Pad-na-Gesondheid-kaart wanneer die baba gebore word. Hierdie kaart word by die huis gehou en moet aan die suster oorhandig word met opvolgbesoeke aan die kliniek. Die kaart is 'n deurlopende rekord van die kind se gesondheid van geboorte tot op vyfjarige ouderdom.
1,761
GOV-ZA.6398.2010-03-24.af.txt
25,754
Indien u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste keer besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, indien u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is. Bring die kind se Pad-na-Gesondheid-kaart, indien u een het.
1,761
GOV-ZA.6398.2010-03-24.af.txt
25,755
Dienste is gratis.
1,761
GOV-ZA.6398.2010-03-24.af.txt
25,756
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,762
GOV-ZA.6400.2010-03-02.af.txt
25,758
Nageboortedienste raak beskikbaar nadat die moeder en haar pasgebore baba uit die OEV of kliniek ontslaan is. Dit gebeur gewoonlik ses uur ná die geboorte indien die moeder en baba albei in goeie gesondheid verkeer.
1,762
GOV-ZA.6400.2010-03-02.af.txt
25,759
Ná die geboorte moet die klein kindjie se naelstring vir drie dae elke dag tydens opvolgbesoeke aan die kliniek nagegaan word om seker te maak dat dit nie ontsteek raak nie.
1,762
GOV-ZA.6400.2010-03-02.af.txt
25,760
Kliniekpersoneel staan moeders by met borsvoeding of ander voedingsopsies om seker te maak dat die baba genoeg melk kry.
1,762
GOV-ZA.6400.2010-03-02.af.txt
25,761
As die baba 'n lae geboortegewig het, word moeders opgelei in kangaroe-moedersorg (KMS). Hierdie vorm van versorging behels dat die baba in 'n doek en 'n kappie aangetrek word en dan in 'n regop posisie teen die moeder se naakte bors, tussen haar borste en binne-in haar bloese geplaas word en te alle tyd daar gehou word. Indien moontlik moet die baba met moedersmelk gevoed word. Die baba se vordering word gemonitor tydens opvolgbesoeke aan 'n spesiale KMS-kliniek. Die baba se vader of ander lede van die gesin kan ook KMS doen.
1,762
GOV-ZA.6400.2010-03-02.af.txt
25,762
Die moeder se gesondheid word gesien as net so belangrik as dié van die pasgebore baba. Moeders word tydens opvolgbesoeke by die kliniek ondersoek om seker te maak dat die uterus (baarmoeder) na sy oorspronklike posisie teruggekeer het. Die personeel by die kliniek sal ook aanbied om aan moeders voorligting te gee oor beskikbare voorbehoedmiddels/gesinsbeplanningsopsies.