document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
1,772 |
GOV-ZA.6451.2010-03-24.af.txt
| 25,873 |
Opvoeding, inligting en berading oor voeding word op alle vlakke van sorg aangebied vir mense wat beroerte gehad het, aan hoë bloeddruk, diabetes, MIV/vigs en tuberkulose ly.
|
1,772 |
GOV-ZA.6451.2010-03-24.af.txt
| 25,874 |
Die voedingsprogram vir primêre skole is beskikbaar by subekonomiese skole wat spesifiek geïdentifiseer is. Hierdie skemas word tans saam met die Departement van Onderwys aangebied. Die provinsiale regering streef daarna om teen 2004 125 000 kinders by 847 primêre skole in die Provinsie te bereik met die voedingsprogram by skole.
|
1,772 |
GOV-ZA.6451.2010-03-24.af.txt
| 25,875 |
Die Geïntegreerde Voedingsprogram dra ook by tot die institusionele versorging van kliënte deur voedseldiensstelsels vir die voorsiening van gebalanseerde voeding.
|
1,772 |
GOV-ZA.6451.2010-03-24.af.txt
| 25,876 |
Persone wat die kliniek, sekondêre of tersiêre hospitaal vir die eerste maal besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir die pasiënt oopgemaak word. Bring jou ID saam. 'n Verwysingsbrief van die kliniek sal verlang word wanneer 'n hospitaal besoek word. Hospitale sal jou mees onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) verlang. Bring jou hospitaalkaart saam indien jy voorheen by die hospitaal geregistreer het.
|
1,772 |
GOV-ZA.6451.2010-03-24.af.txt
| 25,877 |
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
|
1,772 |
GOV-ZA.6451.2010-03-24.af.txt
| 25,878 |
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
|
1,773 |
GOV-ZA.6459.2010-03-24.af.txt
| 25,880 |
Fisies en/of geestelik gestremde volwassenes en kinders kan gehelp word om hulle optimale fisiese, sensoriese, intellektuele, psigiatriese en sosiale funksievlakke te bereik en te handhaaf.
|
1,773 |
GOV-ZA.6459.2010-03-24.af.txt
| 25,881 |
Die diens is baie belangrik, maar is nie omvattend nie en slaag weens 'n tekort aan hulpbronne nie daarin om talle behoeftige mense te bereik nie. Die meeste openbare sektordienste is by hospitale en spesiale skole gesetel, onderwyl beperkte dienste op gemeenskapsvlak beskikbaar is. Die meeste dienste word in stedelike omgewings aangetref en slegs 19% of minder van die rehabilitasiepersoneel bied dienste in landelike gebiede buite die Kaapse Metropool aan.
|
1,773 |
GOV-ZA.6459.2010-03-24.af.txt
| 25,882 |
Rehabilitasiedienste op primêre vlak is beperk tot sekere gemeenskapgesondheidsentrums.
|
1,773 |
GOV-ZA.6459.2010-03-24.af.txt
| 25,883 |
Alle klinieke doen egter geroetineerde toetsings van babas en kleuters se ontwikkeling. Wanneer daar 'n vermoede bestaan dat die kind 'n geestes- of fisiese gebrek het, word hy/sy na 'n gespesialiseerde kliniek op sekondêre of tersiêre vlak verwys. Terselfdertyd sal die kind, waar moontlik, verwys word na 'n rehabilitasiekundige bv. fisioterapeut of arbeidsterapeut op primêregesondheidsvlak. Benewens aanvanklike toetsings en daaropvolgende verwysing, fokus rehabilitasie op hierdie vlak hoofsaaklik op die bestuur van akute toestande, tuisgebaseerde besoeke, die opleiding van familielede en versorgers, assessering vir ongeskiktheidstoelaes en beraadslaging met NRO's, ondersteuningsgroepe, skole en kleuterskole.
|
1,773 |
GOV-ZA.6459.2010-03-24.af.txt
| 25,884 |
Rehabilitasiedienste op sekondêre vlak is vir mense met 'n tydelike/meer permanente ongeskiktheid en word in 'n beperkte mate by verskeie streek- en distrikhospitale aangebied. Die Spinale Eenheid (akute sorg) in die Wes-Kaap is van die Conradie Hospitaal in Pinelands, Kaapstad, verskuif en die diens word nou by die Groote Schuur Hospitaal aangebied.
|
1,773 |
GOV-ZA.6459.2010-03-24.af.txt
| 25,885 |
Rehabilitasie van mense wat beroertes, amputasies of spinale beserings gehad het, is steeds beskikbaar by die Stedelike Streekrehabilitasiesentrum wat tans op die terreine van die Conradie Hospitaal asook die Karl Bremer Hospitaal bedryf word. Volgens skedule sal 'n verskuiwing vanaf hierdie hospitaalterreine na Lentegeur Hospitaal in November 2003 plaasvind.
|
1,773 |
GOV-ZA.6459.2010-03-24.af.txt
| 25,886 |
Booth Hospitaal in Kaapstad maak voorsiening vir die rehabilitasie van bejaarde mense, onderwyl dienste vir kinders by die huishospitale Sarah Fox en Maitland Cottage, ook in Kaapstad, beskikbaar is.
|
1,773 |
GOV-ZA.6459.2010-03-24.af.txt
| 25,887 |
Rehabilitasiedienste op tersiêre vlak word by Tygerberg, Groote Schuur en die Rooi Kruis Kinderhospitaal en die psigiatriese hospitale (Stikland, Lentegeur, Valkenberg en Alexandra Hospitaal), almal in Kaapstad, aangebied.
|
1,773 |
GOV-ZA.6459.2010-03-24.af.txt
| 25,888 |
Arbeidsterapie-afdelings by Tygerberg, Groote Schuur, Stikland en Lentegeur Hospitale bied 'n mate van beroepsrehabilitasie aan. Dit behels in hoofsaak arbeidsevaluering wat 'n pasiënt se gereedheid toets om weer na 'n besering of siekte tot die ope arbeidsmark toe te tree. Indien hulle gereed is, sal hulle by die hospitaal se beroepsprogram ingesluit word wat hulle ten opsigte van basiese werkvaardighede sal voorberei. Indien hulle nie gereed is nie, sal die personeel aanbeveel dat hulle by 'n beskermde werkswinkel (beskutte arbeid) geplaas word en wat onder die provinsiale Departement van Maatskaplike Dienste en die nasionale Departement van Arbeid ressorteer.
|
1,773 |
GOV-ZA.6459.2010-03-24.af.txt
| 25,889 |
Daar is beperkte binne- en buitepasiëntdienste beskikbaar vir pasiënte met mediese, postchirurgiese, posttroumatiese, neurologiese, ortopediese, muskuloskeletale en ander toestande. Hierby ingesluit is brandwonde, kopbeserings, beroerte, trouma, handbeserings, amputasies, asemhalings-, hart- en ander afwykings, ens.
|
1,773 |
GOV-ZA.6459.2010-03-24.af.txt
| 25,890 |
Gespesialiseerde en Akademiese Rehabilitasie: Daar is slegs een binnepasiëntrehabilitasie-eenheid in die hele Wes-Kaap, naamlik die Metropolitaanse Streekrehabilitasiesentrum wat by sowel Conradie Hospitaal (Pinelands) en Karl Bremer Hospitaal (Bellville) in Kaapstad gesetel is. Die dienste sluit in 'n tuisrehabilitasiediens vir fisies gestremde volwassenes. Daar is 'n buitepasiëntkliniek vir eenstopassessering van die kliënt se rehabilitasiebehoeftes, opvolgbesoeke en assessering vir ongeskiktheidstoelaes. 'n Span wat by die Karl Bremer terrein gestasioneer is, gee uitreikasseserings by klinieke in die gemeenskap en help kliënte om die mees geskikte hulptoestel (rolstoel of oop karretjie) ooreenkomstig hul behoeftes te bekom. Die span help ook rehabilitasiepersoneel in ander gebiede om indiensopleidingservaring op te doen.
|
1,773 |
GOV-ZA.6459.2010-03-24.af.txt
| 25,891 |
Mense wat 'n fisiese of geestesongeskiktheid het, moet eers seker maak of daar 'n diens op primêre gesondheidsorgvlak is. Waar nodig sal hulle verder verwys word. Diegene wat die kliniek of sekondêre of tersiêre hospitaal die eerste maal besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal oopgemaak word. Bring u ID. 'n Verwysingsbrief van die kliniek word benodig wanneer 'n hospitaal besoek word. Hospitale sal vra om u mees onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) te sien. Bring u hospitaalkaart indien u vantevore by die hospitaal geregistreer het.
|
1,773 |
GOV-ZA.6459.2010-03-24.af.txt
| 25,892 |
Gratis op primêregesondheidsvlak. Na aanleiding van Gesondheidsminister Manto Tshabalala-Msimang se aankondiging dat 'n gratis gesondheidsorgbeleid vir mense met gestremdhede op 1 Julie 2003 in werking tree, behoort hierdie dienste gratis te wees. Dit dek besoeke aan die buite-afdeling en toelatings tot hospitale, en sluit ongeskiktheidshulpmiddels soos rolstoele en gehoortoestelle in. Die gratis diens behoort mense met permanente gestremdhede in te sluit wie se vermoë om 'n normale lewe te lei, taamlik tot ernstig hierdeur gestrem word, asook ouer mense wat as verswak beskou word, en langtermynpasiënte in inrigtings vir geestesgesondheidsorg. Die maatstawwe vir assessering en die wyse waarop dit toegepas gaan word, word tans ondersoek.
|
1,773 |
GOV-ZA.6459.2010-03-24.af.txt
| 25,893 |
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
|
1,773 |
GOV-ZA.6459.2010-03-24.af.txt
| 25,894 |
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
|
1,774 |
GOV-ZA.6463.2010-03-24.af.txt
| 25,896 |
Die hele Wes-Kaap word deur 'n enkele Ortotiese en Prostetiese Sentrum in Pinelands, Kaapstad, bedien.
|
1,774 |
GOV-ZA.6463.2010-03-24.af.txt
| 25,897 |
Ortotiese toestelle word gebruik om die funksionele beweeglikheid van 'n gestremde persoon te optimeer, bv. skoeninsetsels en enkel-voet-ortose wat gebruik word om die enkel na 'n beroerte te stabiliseer. Hierteenoor vervang prostetiese toestelle 'n liggaamsdeel na die verlies van 'n ledemaat, óf by geboorte óf as gevolg van 'n ongeluk. Die sentrum is verantwoordelik vir die lewering van ortotiese en prostetiese dienste aan al vier die Wes-Kaapse streke, met die uitsondering van die Suid-Kaap/Karoo wat hierdie diens aan 'n private diensverskaffer uitgekontrakteer het.
|
1,774 |
GOV-ZA.6463.2010-03-24.af.txt
| 25,898 |
U moet deur 'n ortopediese chirurg, ortopediese suster, fisioterapeut óf 'n arbeidsterapeut na die Pinelands sentrum verwys word. Personeel verbonde aan die sentrum bied een keer elke drie maande uitreikdienste by satellietklinieke in die onderskeie streke aan.
|
1,774 |
GOV-ZA.6463.2010-03-24.af.txt
| 25,899 |
Ysterbeenstutte is beskikbaar vir mense met polio, neurologiese afwykings, beroerte of lae spiertonus.
|
1,774 |
GOV-ZA.6463.2010-03-24.af.txt
| 25,900 |
Mense wat 'n fisiese of geestesongeskiktheid het, moet eers seker maak of daar 'n diens op primêre gesondheidsorgvlak is. Waar nodig sal hulle verder verwys word. Diegene wat die kliniek of sekondêre of tersiêre hospitaal die eerste maal besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal oopgemaak word. Bring u ID, of in die geval van 'n kind, die Pad na Gesondheid-kaart. U moet na die Pinelands sentrum verwys word.
|
1,774 |
GOV-ZA.6463.2010-03-24.af.txt
| 25,901 |
Na aanleiding van Gesondheidsminister Manto Tshabalala-Msimang se aankondiging dat 'n gratis gesondheidsorgbeleid vir mense met gestremdhede op 1 Julie 2003 in werking tree, behoort hierdie dienste gratis te wees. Dit dek besoeke aan die buite-afdeling en toelatings tot hospitale, en sluit ongeskiktheidshulpmiddels in. Die gratis diens omvat mense met permanente gestremdhede wie se vermoë om 'n normale lewe te lei, taamlik tot ernstig hierdeur gestrem word.
|
1,774 |
GOV-ZA.6463.2010-03-24.af.txt
| 25,902 |
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
|
1,774 |
GOV-ZA.6463.2010-03-24.af.txt
| 25,903 |
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
|
1,775 |
GOV-ZA.6465.2010-03-24.af.txt
| 25,905 |
Baie gestremdhede, insluitend spraak- en gehoorprobleme kom na vore tydens babas en kleuters se roetinetoetse vir ontwikkeling by primêregesondheidsorgklinieke. Die kind sal, indien nodig, na 'n gespesialiseerde kliniek verwys word. Terselfdertyd sal die kind na 'n rehabilitasiekundige bv. arbeidsterapeut op primêregesondheidsorgvlak (waar beskikbaar) verwys word. Volwassenes en kinders wat later probleme met hulle spraak en gehoor ontwikkel, sal hul primêregesondheidsorgkliniek moet besoek waar die omvang van hul gebrek bepaal sal word.
|
1,775 |
GOV-ZA.6465.2010-03-24.af.txt
| 25,906 |
Kinders kan verwys word na 'n spraakterapeut en/of oudioloog by gespesialiseerde klinieke wat in 'n beperkte mate beskikbaar is in die Boland/Overberg streek en in die Weskus/Wynland streek. 'n Diens wat slegs vir binnepasiënte is, is beskikbaar in die Kaapse Metropool by die Booth Gedenkhospitaal en die Brooklyn Borshospitaal. Daar is geen dienste in die Suid-Kaap/Karoo nie.
|
1,775 |
GOV-ZA.6465.2010-03-24.af.txt
| 25,907 |
Diegene wat die kliniek/sekondêre of tersiêre hospitaal die eerste maal besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir die pasiënt oopgemaak word. Indien u 'n hulptoestel soos 'n gehoorapparaat nodig het, moet u vra om die suster vir ortopediese nasorg of fisioterapeut/arbeidsterapeut by die naaste kliniek of gemeenskapgesondheidsentrum/distrikhospitaal te sien. Bring u ID en, in die geval van 'n kind, die Pad na Gesondheid-kaart.
|
1,775 |
GOV-ZA.6465.2010-03-24.af.txt
| 25,908 |
Dienste op primêregesondheidsvlak is gratis. Na aanleiding van Gesondheidsminister Manto Tshabalala-Msimang se aankondiging dat 'n gratis gesondheidsorgbeleid vir mense met gestremdhede op 1 Julie 2003 in werking tree, behoort hierdie dienste gratis te wees. Dit dek besoeke aan die buite-afdeling en toelatings tot hospitale, en sluit ongeskiktheidshulpmiddels soos gehoorapparate in. Die gratis diens omvat mense met permanente gestremdhede wie se vermoë om 'n normale lewe te lei, taamlik tot ernstig hierdeur gestrem word.
|
1,775 |
GOV-ZA.6465.2010-03-24.af.txt
| 25,909 |
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
|
1,776 |
GOV-ZA.64925.2010-03-24.af.txt
| 25,911 |
Vanweë die hoeveelheid werk wat in die Provinsie gegenereer word, is dit in twee streke verdeel, 'n Verantwoordelikheids-bestuurder sal elkeen van dié streke bestuur. Elke streek sal presies dieselfde meetbare doelwitte, prestasie-aanwysers en teikens hê. Die onderstaande is op albei streke van toepassing.
|
1,776 |
GOV-ZA.64925.2010-03-24.af.txt
| 25,912 |
Stel staatsorgane, die Departement intern, ander nasionale en provinsiale departemente en die Minister in staat om dienslewering te verbeter.
|
1,776 |
GOV-ZA.64925.2010-03-24.af.txt
| 25,913 |
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
|
1,777 |
GOV-ZA.6513.2010-03-24.af.txt
| 25,915 |
Wie kan 'n beëindiging kry?
|
1,777 |
GOV-ZA.6513.2010-03-24.af.txt
| 25,916 |
Waar kan mens die diens kry?
|
1,777 |
GOV-ZA.6513.2010-03-24.af.txt
| 25,917 |
Hoe kan mens die diens kry?
|
1,777 |
GOV-ZA.6513.2010-03-24.af.txt
| 25,918 |
Enige vrou (ongeag haar ouderdom) kan 'n wettige aborsie vir 'n ongewenste swangerskap verkry ooreenkomstig die Wet op Keuse oor die BeËindiging van Swangerskap (Wet 92 van1996). Nie-voorskriftelike berading moet voor en na BVS voorsien word. Toestemming van 'n ouer of lewensmaat word nie vereis nie. Vroue word aangeraai om eerder veilige, wettige aborsies te ondergaan as "agterstraat-aborsies" wat hul gesondheid en hul lewens in gevaar kan stel. Lees ook Voorbehoeding (Gesinsbeplanning) vir noodvoorbehoeding.
|
1,777 |
GOV-ZA.6513.2010-03-24.af.txt
| 25,919 |
Om 'n gratis aborsie te verkry, moet die versoek vir 'n BVS by 'n primÊregesondheidsorgkliniek gemaak word, waar die swangerskap bevestig sal word, berading voorsien, 'n afspraak gemaak en 'n verwysingsbrief uitgereik sal word aan 'n fasiliteit waar die prosedure uitgevoer kan word. Nie alle gesondheidswerkers is gewillig om by hierdie diens betrokke te wees nie, maar hulle word wetlik verplig om die kliËnt oor haar regte in te lig en haar na 'n gesondheidswerker of -fasiliteit te verwys waar sy die diens kan ontvang.
|
1,777 |
GOV-ZA.6513.2010-03-24.af.txt
| 25,920 |
Die diens kan ook bekom word deur 'n algemene praktisyn (AP) maar konsultasiegelde sal vereis word. Marie Stopes-klinieke en private hospitale verskaf ook die diens teen vergoeding.
|
1,777 |
GOV-ZA.6513.2010-03-24.af.txt
| 25,921 |
Enige meisie of vrou kan 'n BVS binne die eerste drie maande (12 weke) van swangerskap aanvra. Dit is belangrik om gou op te tree as 'n ongewenste swangerskap vermoed word.
|
1,777 |
GOV-ZA.6513.2010-03-24.af.txt
| 25,922 |
As jy drie tot vyf maande (13-20 weke) swanger is, tree 'n ander stel reëls vir BVS in werking.
|
1,777 |
GOV-ZA.6513.2010-03-24.af.txt
| 25,923 |
die vrou swanger is as gevolg van verkragting of bloedskande.
|
1,777 |
GOV-ZA.6513.2010-03-24.af.txt
| 25,924 |
Die diens moet egter steeds aangevra word by 'n primÊregesondheidsorgkliniek.
|
1,777 |
GOV-ZA.6513.2010-03-24.af.txt
| 25,925 |
Reproduktiewe Regte-Alliansie (RRA): tel. 011 403 2101, [email protected] of [email protected].
|
1,777 |
GOV-ZA.6513.2010-03-24.af.txt
| 25,926 |
Beplande Ouerskapsvereniging, Wes-Kaap: tel. 021 448 7312, [email protected].
|
1,777 |
GOV-ZA.6513.2010-03-24.af.txt
| 25,927 |
Marie Stopes: tel.
|
1,777 |
GOV-ZA.6513.2010-03-24.af.txt
| 25,928 |
As jy vir die eerste keer 'n gesondheidsfasiliteit besoek, sal jy gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lÊer sal vir jou oopgemaak word. Bring jou ID saam, ook jou verwysingsbrief (indien relevant), enige medikasie wat jy gebruik en jou kliniek- of hospitaalkaart, as jy voorheen by die fasiliteit geregistreer het. Jy moet 'n ingeligte toestemmingsvorm invul wat toestemming vir die uitvoer van die BVS verleen. Gesondheidswerkers wat om enige rede nie bereid is om hierdie diens te verskaf nie, moet jou na 'n kollega verwys wat gewillig is om dit te doen, of jou voorsien van 'n verwysingsbrief en 'n afspraak by 'n geskikte streeksfasiliteit.
|
1,777 |
GOV-ZA.6513.2010-03-24.af.txt
| 25,929 |
BVS is gratis by primêregesondheidsorgfasiliteite en wanneer 'n kliënt daarheen verwys is. Ambulansdienste is gratis vir vroue wat 'n aborsie ondergaan.
|
1,777 |
GOV-ZA.6513.2010-03-24.af.txt
| 25,930 |
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
|
1,777 |
GOV-ZA.6513.2010-03-24.af.txt
| 25,931 |
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
|
1,778 |
GOV-ZA.6517.2010-03-02.af.txt
| 25,933 |
Vroue word gewys hoe om hulle borste vir knoppe wat kankeragtig kan wees, te ondersoek. As 'n knop opgemerk word, sal die kliënt vir verdere ondersoek verwys word, wat 'n mammogram kan insluit, die verwydering en toetsing van die knop om uit te vind of dit nie-kwaadaardig (nie-kankeragtig) of kwaadaardig (kankeragtig) is, berading, en behandeling, indien nodig.
|
1,778 |
GOV-ZA.6517.2010-03-02.af.txt
| 25,934 |
Opvoeding in selfondersoek van die borste word in klinieke gegee. 'n Verwysing na die klinieke vir buitepasiënte by streeks- en tersiêre hospitale waar volledige borskankerdienste verkry kan word, is nodig. As jy vir die eerste keer 'n kliniek of hospitaal besoek, sal daar van jou verwag word om 'n vorm in te vul en 'n kliëntelêer sal vir jou oopgemaak word. Bring jou ID saam en jou kliniek- of hospitaalkaart, indien jy voorheen by die fasiliteit geregistreer het, en die verwysingsbrief van die kliniek as jy verwys word na 'n borskankerkliniek by 'n hospitaal.
|
1,778 |
GOV-ZA.6517.2010-03-02.af.txt
| 25,935 |
Dienste by primêregesondheidsorgfasiliteite is gratis vir mense wat nie 'n lid van 'n mediese fonds is nie. As jy na 'n hospitaal verwys word, mag daar kostes wees. Die bedrag sal afhang van jou inkomste en getal afhanklikes, volgens die hospitaal se tarieweskaal. Hospitale sal jou vir 'n onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) vra.
|
1,778 |
GOV-ZA.6517.2010-03-02.af.txt
| 25,936 |
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
|
1,779 |
GOV-ZA.6524.2010-03-24.af.txt
| 25,938 |
Reproduktiewe gesondheid is die gesamentlike verantwoordelikheid van 'n paartjie. Daarom speel mans 'n belangrike rol en behoort hulle hul regmatige deel van die verantwoordelikheid vir voorbehoeding en vir die gebruik van kondome te dra, om sodoende beide ongewenste swangerskappe sowel as die verspreiding van seksueel oordraagbare infeksies (SOI's), insluitende MIV/vigs, te voorkom. Mans en vroue behoort hul lewensmaats te raadpleeg oor die keuse van voorbehoeding en hulle moet oor 'n gemeenskaplik aanvaarbare metode van voorbehoeding onderhandel, asook oor wie die primêre gebruiker moet wees. 'n Vasektomie is byvoorbeeld 'n baie geringe prosedure vir 'n man om te ondergaan.
|
1,779 |
GOV-ZA.6524.2010-03-24.af.txt
| 25,939 |
In die lig van wye beriggewing oor jong mans wat sterf as gevolg van onveilige besnydenis, kan jong mans gratis mediese ondersoeke by primêregesondheidsorgklinieke ontvang om seker te maak dat hulle goeie gesondheid geniet voordat hulle na tradisionele inisiëringskole gaan. Veilige, higiëniese besnydenisse kan by primêregesondheidsorgfasiliteite uitgevoer word. Die prosedure kan op pasgebore seuntjies by onderskeie gesondheidsorgfasiliteite uitgevoer word.
|
1,779 |
GOV-ZA.6524.2010-03-24.af.txt
| 25,940 |
Jy behoort na jou plaaslike primêregesondheidsorgkliniek te gaan. Besoekers wat vir die eerste keer na primêregesondheidsorgfasiliteite of hospitale gaan, moet 'n vorm invul en 'n lêer sal vir hulle oopgemaak word. Bring jou ID saam en kliniek- of hospitaalkaart indien jy voorheen by die fasiliteit geregistreer het.
|
1,779 |
GOV-ZA.6524.2010-03-24.af.txt
| 25,941 |
Dienste by primêregesondheidsorgfasiliteite is gratis vir mense wat nie lid van 'n mediese fonds is nie. As jy na 'n hospitaal verwys word, kan daar kostes wees. Die bedrag sal afhang van jou inkomste en getal afhanklikes, volgens die hospitaal se tarieweskaal. Die hospitaal sal 'n onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) vereis.
|
1,779 |
GOV-ZA.6524.2010-03-24.af.txt
| 25,942 |
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
|
1,780 |
GOV-ZA.6529.2010-03-24.af.txt
| 25,944 |
Seksueel oordraagbare infeksies (SOI's) word van een persoon na 'n ander deur seksuele kontak versprei. Hierdie infeksies veroorsaak Seksueel Oordraagbare Siektes (SOS'e) wat algemeen voorkom, wat pyn kan meebring en wat onvrugbaarheid en sterfte kan veroorsaak indien dit nie behandel word nie. Van die algemene SOS'e is gonorree, trigomoniase, Chlamydial-infeksie en sifilis. Genitale vratte word deur die menslike papilloomvirus veroorsaak en sommige subtipes hiervan is vir die meeste gevalle van servikale kanker verantwoordelik.
|
1,780 |
GOV-ZA.6529.2010-03-24.af.txt
| 25,945 |
Die meeste SOS'e kan behandel en genees word. Verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs) en die seksueel oordraagbare virus - Menslike Immuniteitsgebrekvirus (MIV) - wat vigs veroorsaak, kan egter nie genees word nie. MIV kan deur seksuele kontak, deur bloed en deur 'n swanger vrou aan haar kind gedurende swangerskap, geboorte, of borsvoeding oorgedra word. Alhoewel MIV nie genees kan word nie, kan die nagevolge daarvan soms vir 'n tydperk gestuit word.
|
1,780 |
GOV-ZA.6529.2010-03-24.af.txt
| 25,946 |
Dit is belangrik om te onthou dat ander SOS'e soos sifilis en vaginale sproei 'n persoon se kanse om MIV te kry of dit aan ander oor te dra, verhoog. Dit is 'n goeie rede vir mense met SOS'e om dadelik behandeling te kry en indien moontlik getoets te word vir MIV en berading te ontvang. Dit kan by alle primêregesondheidsorgklinieke en -sentrums gedoen word.
|
1,780 |
GOV-ZA.6529.2010-03-24.af.txt
| 25,947 |
Die Direktoraat vir MIV/vigs het 'n SOS-loodsprogram met 'n paar algemene praktisyns (AP's) in die Provinsie begin. Die program maak berading, diagnose en behandeling van SOS'e in 'n alternatiewe omgewing as 'n primêregesondheidsorgfasiliteit beskikbaar. Die AP sal 'n kliniese ondersoek en behandeling vir SOS'e verskaf indien nodig. Die kliënt sal konsultasiegelde moet betaal, maar die medikasie sal gratis verskaf word. Vind by jou plaaslike primêregesondheidsorgfasiliteit uit waar jy een van hierdie AP's kan vind.
|
1,780 |
GOV-ZA.6529.2010-03-24.af.txt
| 25,948 |
BELANGRIK: Jy kan gewoonlik nie merk dat 'n persoon 'n SOS het nie; mense met SOS'e, insluitend MIV-positief, lyk gewoonlik nie siek nie. Dit kan van drie tot tien jaar neem voordat 'n persoon met MIV simptome toon.
|
1,780 |
GOV-ZA.6529.2010-03-24.af.txt
| 25,949 |
Alle primêregesondheidsorgklinieke of -sentrums kan vir SOS'e toets en dit behandel. Indien nodig, kan persone verwys word na hospitale (sekondêre of tersiêre vlak) vir verdere toetsing en behandeling. Persone wat vir die eerste keer die kliniek, sekondêre of tersiêre hospitaal besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir die pasiënt oopgemaak word. Bring jou ID saam. 'n Verwysingsbrief van die kliniek sal vereis word wanneer 'n hospitaal besoek word. Hospitale sal jou vra vir 'n onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5). Bring jou hospitaalkaart saam as jy voorheen by die hospitaal geregistreer het.
|
1,780 |
GOV-ZA.6529.2010-03-24.af.txt
| 25,950 |
Sleutelpunte oor MIV-vigs (Openbare Inligting) (File type: pdf; size: 1.
|
1,780 |
GOV-ZA.6529.2010-03-24.af.txt
| 25,951 |
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
|
1,780 |
GOV-ZA.6529.2010-03-24.af.txt
| 25,952 |
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,954 |
Die TB-Beheerprogram se doelstelling is om 80% van mense met TB te identifiseer en om hulle met die eerste poging te genees. Die program is ook 'n poging om die poel mense wat aansteeklik is, te identifiseer.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,955 |
Wat is TB?
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,956 |
TB is 'n bakteriese siekte en is 'n ernstige probleem in Suid-Afrika, veral in die Wes-Kaap. TB is hoogs aansteeklik maar geneesbaar. Een uit elke tien mense ontwikkel die siekte. As dit nie behandel word nie, kan die aansteeklike persoon 20 of meer ander mense binne 'n jaar aansteek.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,957 |
TB versprei wanneer geïnfekteerde mense met pulmonêre TB (of longtering), klein druppeltjies wat TB bevat in die lug in hoes, en ander dit inadem. Mense wat TB in ander dele van die liggaam het, is nie aansteeklik nie. 'n Hardnekkige gehoes van twee of meer weke is die hoofteken van TB; dus hoe gouer die kliënt na die kliniek vir 'n ondersoek gaan, hoe makliker is dit om te genees. Ernstiger tekens is die opspuug van bloed, nagsweet, gewigsverlies, en kortasemigheid.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,958 |
Die kliënt word by 'n primêregesondheidsorgkliniek ondersoek en gevra om 'n sputummonster te gee en 'n tweede een die volgende dag. Hierdie monsters word na 'n laboratorium gestuur en binne 48 uur is die uitslae beskikbaar. Al is slegs een van die twee positief, dui dit reeds op TB-infeksie.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,959 |
As die uitslag positief is, sal die kliënt berading ontvang en ingelig word oor die voordele van die TB-beheerprogram. As beide sputummonsters positief is, vind behandeling dadelik plaas. 'n X-straal kan ook gedoen word maar die sputumtoetse bevestig reeds die diagnose. As die TB-infeksie ernstig is, sal die kliënt na 'n gespesialiseerde TB-kliniek verwys word.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,960 |
TB kan alleen genees word as die volle behandelingskursus, wat van ses tot agt maande kan duur, voltooi word. Mense wat die behandeling staak, loop die gevaar om multi-geneesmiddelweerstand op te bou, wat dit moeiliker maak om die TB te genees. Hierdie gevalle word by gespesialiseerde TB-klinieke behandel, bv. Brooklyn- Borshospitaal. TB kan tot die dood lei as dit nie behandel word nie.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,961 |
In die intensiewe fase word vier verskillende geneesmiddels in tabletvorm vir vyf dae 'n week vir twee tot drie maande lank geneem.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,962 |
Die tweede fase is die voortsettingsfase, waar twee geneesmiddels vir vyf dae 'n week vir vier tot vyf maande lank geneem word. TB-kliënte wat vir die eerste keer behandel word, moet vir ses maande behandeling ontvang, terwyl kliënte wat voorheen TB gehad het, die TB-medisyne vir agt maande moet neem. As daar newe-effekte van die medikasie is, moet die kliënt na die kliniek terugkeer. Sputumtoetse word twee maande na die behandeling begin het, weer gedoen om die vordering te moniteer, en weer vyf of sewe maande later om te bevestig of die kliënt genees is.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,963 |
Kinders met TB ontvang ander geneesmiddels en word slegs vir vier maande behandel. Om TB te probeer voorkom, behoort babas met die BCG-inentingstof geïmmuniseer te word wat gratis by alle primêregesondheidsorgklinieke beskikbaar is. TB-meningitis is 'n ernstige siekte by kinders en kan tot die dood lei. As daar so 'n vermoede is (simptome sluit 'n stywe nek in), moet die kind onmiddellik na die kliniek geneem word.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,964 |
Die Departement van Gesondheid het die Wêreldgesondheidsorganisasie se DOTS-metode (direk waarneembare kortkursusbehandeling) aangeneem om te verseker dat pasiënte die behandeling volhou. DOTS word in die meeste klinieke in die Wes-Kaap toegepas. 'n Belangrike strategiese element is die bystand en aanmoediging wat aan TB-kliënte vir die hele behandelingsperiode van ses tot agt maande gegee word, waar kliënte direk waargeneem word terwyl hulle hul medikasie by die kliniek gebruik.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,965 |
Op gemeenskapsvlak word DOTS onderneem deur nie-regeringsorganisasies (NRO's) wat vrywilligers gebruik as "behandelingsondersteuners". TB-NRO's werf en lei gemeenskapslede op om as behandelingsondersteuners vir TB-kliënte te funksioneer en hou toesig oor hulle. Ondersteuners verwys TB-kliënte na die kliniek waar nodig. Die Kaapse Technikon bied opleiding vir mense wat TB-ondersteuners wil wees. Skakel (021) 460 3197 vir meer inligting.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,966 |
Die TB-Sorgvereniging, Santa Kaapstad en Santa Wes-Kaap is die drie NRO's wat gemeenskapsgebaseerde behandeling vir TB-pasiënte in die Provinsie lewer. Die provinsiale regering bied finansiële hulp en ondersteuning aan hierdie NRO's.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,967 |
Die MIV-epidemie het 'n geweldige vermeerdering in die getal TB-gevalle tot gevolg. TB, 'n opportunistiese infeksie, is verantwoordelik vir 'n derde van alle sterftes van MIV-geïnfekteerde persone. Mense met MIV is baie meer vatbaar vir TB-infeksie en is minder in staat om dit te beveg.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,968 |
Die Departement van Gesondheid is besig om 'n geïntegreerde strategie teen TB en MIV/vigs te aanvaar. Tans word vrywillige berading en toetsing (VBT) aan TB-kliënte gebied, met die doel om vroeë sterftes en siekte te verminder. Cotrimoxazole profilakse (middels wat longontsteking behandel) word aan individue gegee wat beide infeksies het.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,969 |
Santa Kaapstad: tel.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,970 |
Santa Wes-Kaap: tel.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,971 |
TADSA (TB-Alliansie Dots Ondersteuningsvereniging): tel.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,972 |
Jy moet na jou plaaslike primêregesondheidsorgkliniek gaan.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,973 |
Mobilising against Tuberculosis: South African Plan for TB Control - Departement van Gesondheid (Strategiese Plan/Sakeplan) (File type: pdf; size: 1.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,974 |
Tuberculosis and HIV/AIDS - Clinical Guidelines (Riglyne/Handleidings en Voorskrifte) (File type: pdf; size: 1.
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,975 |
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
|
1,781 |
GOV-ZA.6531.2010-03-02.af.txt
| 25,976 |
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
|
1,782 |
GOV-ZA.6531.2010-03-24.af.txt
| 25,978 |
Die TB-Beheerprogram se doelstelling is om 80% van mense met TB te identifiseer en om hulle met die eerste poging te genees. Die program is ook 'n poging om die poel mense wat aansteeklik is, te identifiseer.
|
1,782 |
GOV-ZA.6531.2010-03-24.af.txt
| 25,979 |
TB is 'n bakteriese siekte en is 'n ernstige probleem in Suid-Afrika, veral in die Wes-Kaap. TB is hoogs aansteeklik maar geneesbaar. Een uit elke tien mense ontwikkel die siekte. As dit nie behandel word nie, kan die aansteeklike persoon 20 of meer ander mense binne 'n jaar aansteek.
|
1,782 |
GOV-ZA.6531.2010-03-24.af.txt
| 25,980 |
TB versprei wanneer geïnfekteerde mense met pulmonêre TB (of longtering), klein druppeltjies wat TB bevat in die lug in hoes, en ander dit inadem. Mense wat TB in ander dele van die liggaam het, is nie aansteeklik nie. 'n Hardnekkige gehoes van twee of meer weke is die hoofteken van TB; dus hoe gouer die kliënt na die kliniek vir 'n ondersoek gaan, hoe makliker is dit om te genees. Ernstiger tekens is die opspuug van bloed, nagsweet, gewigsverlies, en kortasemigheid.
|
1,782 |
GOV-ZA.6531.2010-03-24.af.txt
| 25,981 |
Die kliënt word by 'n primêregesondheidsorgkliniek ondersoek en gevra om 'n sputummonster te gee en 'n tweede een die volgende dag. Hierdie monsters word na 'n laboratorium gestuur en binne 48 uur is die uitslae beskikbaar. Al is slegs een van die twee positief, dui dit reeds op TB-infeksie.
|
1,782 |
GOV-ZA.6531.2010-03-24.af.txt
| 25,982 |
As die uitslag positief is, sal die kliënt berading ontvang en ingelig word oor die voordele van die TB-beheerprogram. As beide sputummonsters positief is, vind behandeling dadelik plaas. 'n X-straal kan ook gedoen word maar die sputumtoetse bevestig reeds die diagnose. As die TB-infeksie ernstig is, sal die kliënt na 'n gespesialiseerde TB-kliniek verwys word.
|
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.